Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Resensies | Reviews > Afrikaans

Afrikaans


<< 1 2 3 4 >>

’n Lewe met boeke: vlug, vlot en boeiend
Hannes van Zyl - 2006-10-24
'n Lewe met boekeKoos HumanHuman & Rousseau ISBN: 0-798-4703-2 176 pp Sagteband met flappe R150 Klik hier om 'n Lewe met boeke by Kalahari.net te koop Koos Human het ná die stigting van Human & Rousseau in 1959 en die uitgee van skrywers soos N P van Wyk Louw, Elisabeth Eybers, André P Brink, Etienne Leroux en ander Sestigers ’n belangrike, eiesoortige plek in Suid-Afrika se uitgewerswese verwerf. Sy pas gepubliseerde herinneringe as uitgewer loop wyd: oor veertig jaar...

Stiltetyd deur Marita van der Vyver:
'n Jaar in die land van verlies

Marita van der Vyver - 2006-10-20
StiltetydMarita van der VyverTafelbergISBN: 0-624-04432-7328 ppSagtebandR160 Klik hier om die boek by Kalahari.net te bestel! ‘n Jaar in die land van verlies. Dit is waarin Hester Human se verblyf in Provence ontaard. Kort voor hulle vertrek na Frankryk, waar haar argitek-man, André, ‘n ou huis wil restoureer, sterf hulle dogtertjie, Manon, op ‘n tragiese manier. Die jaar in Provence, wat veronderstel was om ‘n droom-verblyf te wees, ontaard vir Hester, André...

Buitengewone debuut verwoord buitestanderskap
Daniel Hugo - 2006-10-03
in die buitenste ruimtedeur Danie MaraisUitgewer: TafelbergPrys: R99,95ISBN: 0624044580 Bestel in die buitenste ruimte by Kalahari.net Danie Marais se in die buitenste ruimte is veral om twee redes ’n buitengewone debuut. In ’n era van kort liriese uitbarstings bestaan die bundel grotendeels uit langerige tot heel lang praatverse. (Die langste gedig beslaan ses bladsye!) Verder is Marais die eerste van ’n jonger geslag “expats” wat hulle buitelandse ervaring poëties...

Intertekstuele gesprek vat Suid-Afrikaanse landskap vas
Elbie Adendorff - 2006-10-03
Saamgestel deur Izak de Vries en Karen SimpsonUitgegee deur Bateleur BooksPrys R69,00ISBN 10: 1 86915 565 3ISBN 13: 978 1 86915 565 0Bestel In 'n neutedop by Kalahari.net. 'n Kortverhaalbundel van agtien eg Suid-Afrikaanse verhale wat intertekstueel met mekaar in gesprek tree en wat 'n breë oorsig oor die kortverhaalgenre gee – daarmee kan die samestellers (Izak de Vries en Karen Simpson) geluk gewens word. Die bundel vat, in 'n neutedop, die lewe van Suid-Afrikaners vas – soos...

Sheila Cussons: Versamelde gedigte
Daniel Hugo - 2006-10-02
Dit is altyd ’n uitsonderlike gebeurtenis wanneer die versamelde gedigte van ’n Afrikaanse skrywer verskyn. Afrikaans is ’n kleinerige taal met beperkte publikasiemoontlikhede. Só ’n publikasie is vir enige uitgewer ’n finansiële waagstuk – veral as dit so omvangryk (672 bladsye) en pragtig geïllustreer is soos dié van Sheila Cussons. Daarvoor verdien Tafelberg-uitgewers ons dank en bewondering. Hierdie Versamelde gedigte is nog uitsonderliker...

''‘n Deel van jou sal vir altyd in hierdie woude dwaal''
Desmond Painter - 2006-09-05
EquatoriaTom DreyerTafelbergISBN: 0-620-44443-2160 ppSagtebandR125 Klik hier en koop hierdie boek nou by kalahari.net I Met hierdie kort roman het Tom Dreyer heel letterlik sy oeuvre verdiep. Tot onlangs was sy naam sinoniem met ‘n berekend “oppervlakkige” literêre idioom. Met veel nouer verwantskap aan rolprente (veral dié van Quentin Tarantino) as die literêre kanon, was sy eerste twee romans gekenmerk deur visuele geletterdheid, gestileerde...

Passievol, inspirerend en onpretensieus
Sonia Cabano - 2006-07-21
Sarie 5 Skrywer: Barbara Joubert Human & Rousseau Publikasiedatum: Junie 2006 Prys: R165 Bladsye: 160 pp Sagteband met flappe ISBN: 0798146249Klik hier en koop hierdie boek. Sarie 5 slaan ‘n ses in die Afrikaanse kosboekmark. Dis Barbara Joubert, Sarie-kosredakteur, se eerste eie kookboek, en wat ‘n boek is dit nie! Haar jare as top-kosstilis, kombuistowenaar en voormalige fotoredakteur gee haar die perfekte agtergrond en ervaring vir die skepping van hierdie...


<< 1 2 3 4 >>