Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Resensies | Reviews > Afrikaans

Afrikaans


<< 1 2 3 4 >>

Louoond: hierdie klein novelle laat haar nie maklik vasvat nie
Louise Viljoen - 2009-12-01
Uitgewers: Protea Boekhuis ISBN: 9781869193072 Klik hier om jou kopie by kalahari.net te koop! Jeanne Goosen se novelle Louoond,wat vir die eerste keer in 1987 verskyn het, word allerweë erken as een van die klassieke tekste in die vroulike kanon van die Afrikaanse letterkunde. Saam met Die kremetartekspedisie van Wilma Stockenström en Klaaglied vir Koos en Erf van Lettie Viljoen, ook uit die tagtigerjare, is dit van die eerste voorbeelde van die sogenaamde vroulike skrywing waarin...

Dié swartskaap vergeet jy nie gou nie
Marlies Haupt - 2009-12-01
Titel: Swartskaap Outeur: Odette Schoeman Uitgewer: Kwela Boeke Bladsye: 377 Handelsprys: R190 ISBN: 978-0-7957-0285-3 Publikasiedatum: Augustus 2009Klik hier om jou kopie by kalahari.net te koop! Odette Schoeman se debuutroman, Swartskaap, het onlangs by Kwela Boeke verskyn en is ’n absolute móét vir enige leser wat nog altyd gewonder het wat anderkant die railway tracks gebeur ... Die roman begin met ’n proloog waarin die hoofkarakter, Claudie...

Charlize – Ek leef my droom getuig van ’n gesoute vakmanskap
JB Roux - 2009-12-01
Charlize – Ek leef my droom deur Chris KarstenHuman & Rousseau, Kaapstad en Pretoria Sagteband, 300 pp, R250 ISBN 9780798150279 Ook in Engels beskikbaar as Charlize: Life’s one helluva a rideKlik hier om jou kopie by kalahari.net te koop! Glans, glorie, onmeetlike rykdom. ’n Vinnige lewe waarin alles duur en smaakvol en almal beeldskoon is: partytjies, premières, roekelose inkopietogte. Sjampanje, kaviaar; ’n lang, slap motor wat jy nie self hoef...

Die lang generaal: ’n samevoeging van samesweringsteorieë
Jan-Jan Joubert - 2009-11-26
Titel: Die lang generaal: Die duistere politieke sluipmoorde van die ou Suid-Afrika Outeur: Alan D Elsdon Uitgewer: Random House/Struik, Umuzi. ISBN: 978-1-4152-0092-6 Hierdie boek is ’n samevoeging van samesweringsteorieë, feite en versinsel wat eerder nooit gepubliseer moes gewees het nie. Die voorblad sê "Gebaseer op feite", maar klein op ’n binneblad vind jy die verontskuldiging: "Hierdie werk is fiksie gebaseer op historiese feite en ...

Santa Gamka dra by tot die literêre diskoers rondom postapartheid
Annemarié van Niekerk - 2009-11-26
Eben Venter: Santa Gamka Tafelberg Uitgewers, 2009 284 bladsye ISBN 978 0 624 04813 8 Met Eben Venter se nuwe roman Santa Gamka wil hy kompenseer vir die besware van somberheid wat teen sy vorige roman, Horrelpoot, ingebring is - aldus Venter in ’n onderhoud tydens die bekendstelling van sy sesde roman. Venter is ’n skrywer wat dit tot dusver reggekry het om ’n bestendige publikasiefrekwensie vol te hou: elk van sy romans is losweg drie jaar uit mekaar gepubliseer,...

Louise Viljoen se Ons ongehoorde soort boeiend en stimulerend
Heilna du Plooy - 2009-11-25
Ons ongehoorde soortLouise Viljoen SUN PReSS, Stellenbosch Sagteband 240 bladsye R175 ISBN: 9781920109981 Louise Viljoen is nie net ’n erkende en gerekende akademikus nie, sy word ook allerweë beskou as ’n kenner van die poësie in die algemeen en van die werk van Antjie Krog in besonder. Sy is bekend as iemand wat goed nadink en oorwoë skryf, sowel in inhoud as in formulering, maar sy is ook teoreties uitstekend onderlê en ’n baie goeie interpreteerder....

Die lenige liefde: Hugo vind die onsigbare kraak waarin ’n oplossing lê
Charl-Pierre Naudé - 2009-11-13
Die lenige liefde Herman de Coninck Uit Nederlands vertaal deur Daniel Hugo Protea Boekhuis 132 pp ISBN: 9781869193027 Daniel Hugo het in 1988 vorendag gekom met Liefde miskien, ’n voortreflike keur vertalings uit die Vlaamse gedigte van Herman de Coninck. Nou is daar Die lenige liefde, ’n keur uit al De Coninck se bundels. Weer is die vertaling voortreflik: vindingryke alternatiewe word deurgaans gevind waar regstreekse vertaling nie moontlik is nie (en dis nogal heel dikwels),...

Annelie Botes thula nie oor bloedskande
Solette Stander - 2009-11-05
Titel: Thula-thula Outeur: Annelie Botes Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624046851 Bladsye: 330 Prys: R165 Klik hier om jou eksemplaar van Thula-thula by kalahari.net te bestel. “Want as daar ’n man van onkreukbare integriteit is wat dit nié aan sy dogter sou doen nie, is dit Abel Strydom.” (11) Thula-thula vertel die skokkende verhaal van ’n pa wat twee en twintig jaar lank sy dogter molesteer, sodomiseer en verkrag en selfs ’n kind by haar...

’n Kort biografie van Afrikaans: Halala Afrikaans
Christo van Rensburg - 2009-10-23
Halala AfrikaansSaamgestel deur Daniel Hugo Sagteband ISBN 9781869192921 Uitgewer: Protea R160 176 bladsye 1 ’n Bondige oorsig oor Afrikaans Halala Afrikaans is ’n “bondige oorsig (...) van waar Afrikaans vandaan kom, wie dit praat, skryf, gebruik en misbruik” (12). Hierdie bespreking meet Halala Afrikaans veral aan die karakterisering van ’n bondige oorsig, maar hou ook die doelwitte wat op die voorblad in die vooruitsig gestel is, in gedagte:...

Poort 2009: Waar is die dae toe ons water uit die badkamerkraan gedrink het?
Shané Kleyn - 2009-10-19
Poort is ’n projek van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat ten doel het om Afrikaanse skeppende skryfwerk by hoërskoolleerders aan te moedig. Nadat onderwysers belowende graad 10-, 11- en 12-leerders identifiseer en hul gedigte, prosa- of dramatekste instuur, besluit ’n keurkomitee van die Letterkundekommissie watter bydraes in die bundel opgeneem word. Die twee beste inskrywings ontvang elk ’n kontantprys van die PUK-Kanselierstrust. Die Poort-tradisie bestaan...

Pippie Langkous: “Superheld” uit eie reg
JB Roux - 2009-10-14
Ons ken haar almal: die onnutsige rooikopmeisiekind met vlegsels en sproete, so sterk soos Superman, wat met haar perd en apie in Huis Winderuis woon en basies maak soos sy wil. Pippie Langkous het ’n anargistiese streep wat baie ouers koue rillings laat kry en kinders laat gil van die plesier. Sy het baie mag, maar soos Pippie se skepper self gesê het: “Pippie het nooit haar mag misbruik nie.” Sy het eerder, soos ’n mens van ’n superheld sou verwag, haar bonatuurlike...

John Miles se Voetstoots. ’n Episode ’n toeganklike, verweefde roman
Louise Viljoen - 2009-09-16
Voetstoots: ' n Episode John MilesUitgewer: Human & RousseauISBN: 9780798150804Prys: R195 John Miles is 'n bekende en vereerde naam in die Afrikaanse letterkunde. Na sy debuut met die kortverhaalbundel Liefs nie op straat nie in 1970 het hy hoofsaaklik romans geskryf en veral met Kroniek uit die doofpot van 1992 groot indruk gemaak. Sy werk fokus dikwels op die wyse waarop gewone mense vasgevang is in gewelddadige sisteme, maar ook op die probleme wat die skrywer ondervind met die...

Pieter W Grobbelaar se Kinders van konings van hoogstaande gehalte
Matilda Burden - 2009-09-11
Titel: Kinders van konings Outeur: Pieter W Grobbelaar Uitgewer: Protea Boekwinkel Publikasiedatum: Mei 2009 ISBN: 9781869192082 CJ Langenhoven het gesê: “Hoe weelderiger woord, hoe skraler gedagte …” Dit laat ’n mens tog so lekkerkry, Kerneels se steke na die pretensie van die akademie. In dieselfde trant is Pieter W Grobbelaar self bekend vir sy soms ongeërgde verwysings na die sogenaamde geleerdes, en daarom sê hy in sy voorwoord van Kinders...

Dot Serfontein se Vrypas verdienstelik maar nie sonder foute nie
Andries Visagie - 2009-08-13
Titel: VrypasSkrywer: Dot SerfonteinUitgewer: Protea BoekhuisISBN: 9781869192976Aantal bladsye: 352 Klik hier om 'n kopie van Vrypas op kalahari.net te gaan koop. Dit wil voorkom asof 2009 ’n goeie jaar vir die publikasie van lewensverhale en memoires gaan word. André P Brink, Izak de Villiers en ook Dot Serfontein het vanjaar reeds hulle memoires gepubliseer en daar is gerugte dat Elsa Joubert die tweede deel van haar outobiografie reeds voltooi het. In Rapport noem Hennie Aucamp...

Teenstrydige gesigte van ʼn nukkerige voetsoldaat – IL de Villiers se Strooidak en toring
Kerneels Breytenbach - 2009-08-05
Titel: Strooidak & toring: van mense en my tyd Skrywer: Izak de Villiers Uitgewer: Umuzi ISBN: 9781415200148 Publikasiedatum: Julie 2009 Aantal bladsye: 304 Klik hier om jou kopie van Strooidak en toring te bestel van kalahari.net I IL de Villiers (30 Julie 1936) is ʼn Paarliet. Hy het gematrikuleer aan Paarl Gimnasium en het al sy studies aan die Universiteit van Stellenbosch (BA, BA Hons, MA en Lisensiaat in Teologie) cum laude verwerf. Hy was die herder van drie gemeentes –...

Partytjies is Pret
Ilse Reuter - 2009-07-29
Kalahari.net Titel: Partytjies is pret 2 Outeurs: Arina du Plessis en Bernice van der Merwe Uitgewer: Tafelberg Aantal bladsye: 128 ‘n Kinderpartytjie is daardie een-keer-‘n-jaar, wow dag wat ogies laat blink. Deesdae moet mens egter nogal kopkrap om ‘n prettige en bekostigbare okkasie te reël en is dit beslis ‘n fyn kuns om te onderskei tussen “spesiaal” en "totaal en al oorboord gaan”. Beplan, begroot, bak en (ver)brou ... dit alles...

Albie Sachs se The Strange Alchemy of Life and Law
Jaco Barnard-Naudé - 2009-07-22
Klik hier en koop The Strange Alchemy of Life and Law nou by kalahari.net Woensdagaand staan ek en die bekende akademikus tannie Meisie in die Book Lounge. Dit is stampvol en ons was te laat vir sitplek. Dit is die bekendstelling van Albie Sachs se boek The Strange Alchemy of Life and Law. Prof Kader Asmal voer ’n onderhoud met regter Albie ter viering van hierdie belangrike gebeurtenis. Die regter is bekend daarvoor dat hy ’n storie kan vertel – met die klem op "vertel"....

Rooiwyn uit Stellenbosch: deel XIII van die WAT
Phillip Louw - 2009-07-22
Laat ek nou maar van meet af my hand verklaar – ek is versot op woordeboeke. Op my woordeboekrakke vind jy enigiets vanaf 'n heruitgawe van die Patriotwoordeboek tot 'n Buffy the Vampire Slayer-woordeboek wat onlangs verskyn het. Maar daar is bykans geen ander woordeboekgeleentheid wat my so opgewonde maak soos die verskyning van 'n nuwe deel van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) nie. Daar is baie redes vir my opwinding. Ons vorder stapsgewys nader na die voltooiing...

Briewe van Peter Blum: Deeglike werk deur JC Kannemeyer en sy span oor ʼn voorganger van Breyten Breytenbach
Ampie Coetzee - 2009-07-01
Titel: Briewe van Peter BlumRedakteur: JC KannemeyerUitgewer: Hemel en See BoekeISBN: 9780620426954Formaat: HardebandAantal bladsye: 346Klik hier om jou kopie van Briewe van Peter Blum te bestel. Peter Blum – gebore 1925 in Wene, gesterf 1990 in Middlesex – het twee digbundels geskryf: Steenbok tot Poolsee (1955) en Enklaves van die lig (1958). Die tweede is aanvanklik geweier vir publikasie, omdat dit te radikaal en die taal te "onsuiwer" was vir keurders en uitgewers in die...

Is Geloof in Aksie-Bybel 'n eensydige aanvulling tot die Bybel?
JB Roux - 2009-06-24
Titel: Geloof in Aksie-BybelSamestellers: Jan van der Watt, Stephan Joubert, Johan SmithUitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy, VereenigingISBN: 9781770005525Bladsye: 1 703 Dis my aangebore liefde vir boeke, glo ek, wat my as tjokkertjie reeds ontvanklik gemaak het vir die Evangelie. My eerste kennismaking met stories was die besielende verhale uit ’n reeks kinderbybels. En waar is daar ’n mooier boek as ’n goeie, duursame Bybel? Verkieslik in leer gebind, met Die Bybel in goud...

Trevor Manuel - ʼn Lewensverhaal: deeglik, breedvoerig en empaties
Coenraad Bezuidenhout - 2009-06-18
Titel: Trevor Manuel – ‘n LewensverhaalSkrywer: Pippa GreenUitgewer: TafelbergISBN: 9780624047247Prys: R320 Klik hier om jou kopie van Trevor Manuel – ’n Lewensverhaal by kalahari.net te bestel. Dit moes in 2006 tydens sy antwoord op die begrotingsdebat gewees het dat Trevor Manuel ‘n opposisielid in die parlement giftig toegesnou het dat die staat nie bereid is om sy huishulp se salaris vir hom te subsidieer nie. Dit het nie gegaan oor ‘n koste-eise-skandaal...

Met Die Evangelis van Kaggelsberg bevestig Abraham Phillips sy onmisbare plek in die Afrikaanse letterkunde
Theo Kemp - 2009-06-18
Titel: Die Evangelis van KaggelsbergOuteur: Abraham PhillipsUitgewer: LAPA-uitgewersISBN: 9780799344394Bladsye: 176 bladsye Klik hier en bestel Die Evangelis van Kaggelsberg nou by kalahari.net! In die vroeë negentigerjare het Abraham Phillips met die verskyning van sy debuutroman, Verdwaalde Land, ‘n belangrike stem in die Afrikaanse letterkunde geword. Met dié oënskynlik beskeie boekie het Phillips stem gegee aan die stemloses; aan bruin mense wat deur ‘n apartheidsregering...

Sondes in die sonskyn – Theunis Engelbrecht oor Yolanda Barnard se Die ponies galop – Seks en skandale van die sterre onthul
Theunis Engelbrecht - 2009-06-03
Titel: Die ponies galop – Seks en skandale van die sterre onthul Outeur: Yolanda Barnard Uitgewer: Griffel Media Formaat: Sagteband ISBN: 978-0-9814177-9-0 Aantal bladsye: 250 Prys: R160.00 Die boek kan aanlyn bestel word by Griffel Media: http://www.griffel.co.za/ponies.htm 1. Die hare waai … Joernaliste is die luise op die skaamhare van die samelewing, het die ontslape skrywer en joernalis Barrie Hough op ’n keer gesê. ’n Mens moet bysê jy kry...

Die voeë en nate van André P Brink se lewe en werk boeiend tot stand gebring in memoir
Louise Viljoen - 2009-05-27
Titel: ’n Vurk in die pad Outeur: André P Brink Uitgewer: Human & Rousseau ISBN: 9780798149969 Klik hier en bestel ’n Vurk in die pad nou van kalahari.net! Die teoretikus Roland Barthes het ons geleer daar is nie iets soos ’n onskuldige leser nie. Daarom is dit dalk goed om reeds aan die begin van ’n resensie soos dié oor André Brink se outobiografie ’n Vurk in die pad jou kaarte as leser op die tafel te sit. Ek moet dus vooraf...

Elita en haar lewe met FW de Klerk voor die voet aanbeveel
JB Roux - 2009-05-19
Martie Retief Meiring Tafelberg ISBN: 9780624044239 (A) 9780624043560 (E) Klik hier en koop Elita en haar lewe met FW de Klerk nou by Kalahari.net! Dit was genoeg om enige rasegte Afrikaner in jou rooibostee te laat stik: dié Afrikaner, ’n “Dopper” met Afrikanerwortels wat terugstrek tot by die Hugenote, ’n geleerde en gesiene man – hy was staatspresident, verdomp! – gaan van sy ewe stoere Afrikanervrou skei. Dis nie al nie: Daar is ’n “ander...

Dido se Diversity is Power is maar bra power
Marius Crous - 2009-05-04
Titel: Diversity is PowerRedakteur: EKM DidoUitgewer: Writers in ExchangeISBN: 978 0 620 42362 5Formaat: SlapbandAantal bladsye: 300Die titel van hierdie keurige uitgawe van die samewerking tussen Suid-Afrikaanse en Surinaamse skrywers kan tweërlei geïnterpreteer word: enersyds illustreer dit die mag van kulturele diversiteit, maar andersyds illustreer dit ook vir ons die Afrikaanse weergawe van die woord power is al sy nuanses: wat weinig lewer, aanbied, armoedig, gering (aldus die HAT).Veral...

Anton F Prinsloo se Annerlike Afrikaans stig dink- en gevoelsreaksies aan
Hennie Aucamp - 2009-04-30
Titel: Annerlike Afrikaans: Woordeboek van Afrikaanse kontreitaalSamesteller: Anton F PrinslooUitgewer: Protea BoekhuisFormaat: SlapbandISBN: 978-1-86919-265-5 Hierdie leser se eerste werklike ervaring van "annerlike Afrikaans" was Die Grikwas (sic) en hul bure (1943) van JF Jacobs in die Nasionale Pers se nooit volprese reeks Kennis vir almal. Het dit nie tyd geword om van hierdie titels vir herpublikasie te oorweeg nie?Ons gesin, Pa vooraan, het Griekwa-uitdrukkings in ons spraak opgeneem,...

Van Volksmoeder tot Fokofpolisiekar: Interessante poging tot selfdefiniëring van die Afrikaner
Schalk D van der Merwe - 2009-04-30
Titel: Van Volksmoeder tot Fokofpolisiekar: kritiese opstelle oor Afrikaanse herinneringsplekke Samestellers: Albert M Grundlingh en Siegfried HuigenUitgewer: SUNPReSSISBN: 978-1920109-54-7)Publikasiedatum: Desember 2008Aantal bladsye: 217Klik hier om jou kopie van Van Volksmoeder tot Fokofpolisiekar te bestel.Aangesien ek onlangs by die jaarlikse KKNK was, is my geheue nog vars gebombardeer deur die amper onnatuurlike dosis "Afrikanerismes" waaraan mens elke jaar daar blootgestel word....

Hierdie Work Diva hou verby die harde realiteite van die sakewêreld
Emile Joubert - 2009-04-01
Titel: Work diva – how to climb the corporate ladder without selling your soulOuteur: Kim MeredithISBN: 9781770200838Prys: R119.96Klik hier en bestel Work Diva nou van kalahari.net! Om ’n handleiding tot korporatiewe sukses in hierdie tye ernstig op te neem is bietjie soos om ’n seksgids te besigtig terwyl jy in ’n klooster woon. Want Work Diva is een van die honderde duisende titels wat die afgelope dekade verskyn het om te vertel hoe die professionele individu sukses...

'Spiere onder die vel van die alledaagse' - André P Brink se ʼn Vurk in die pad
Desmond Painter - 2009-04-01
Titel: ʼn Vurk in die padOuteur: André P BrinkUitgewer: Human & Rousseau ISBN: 9780798149969Prys: R248Klik hier en bestel ʼn Vurk in die pad nou van kalahari.net! I Ek het André P Brink se boeke ontdek toe ek in die destydse standerd 6 was. Dit was 1988. Die eerste boek was Kennis van die aand (1973). Ek was ʼn strydlustige, argumentatiewe jong seun, veral oor politieke sake, en my ma het dit goedgedink om hierdie eertyds verbode roman, wat sy glo in die vroeë 1970's...

Om Eybers te kan hoor
Ampie Coetzee - 2009-04-01
Titel: Klinkklaar (Bloemlesing met CD)Outeur: Elisabeth EybersUitgewer: Human & RousseauISBN: 9780798150576Prys: R300 Klik hier en bestel Klinkklaar nou van kalahari.net! Kan Elisabeth Eybers vandag nog as 'n "belangrike digter" binne die geskiedenis van die Afrikaanse poësie beskou word? Sy is belangrik omdat sy deel was van die vernuwing van die Afrikaanse poësie: die Dertigers. Sy is die eerste vrouedigter in ons letterkunde wat gepubliseer het (Belydenis in die...

Verbrande Paradys: verwikkelde verhoudings in 'n gemaklike vertelstyl
Cari Coetzee - 2009-03-25
Titel: Verbrande Paradys Skrywer: Hans du Plessis Uitgewer: Lapa Formaat: Sagteband ISBN: 978 0 7993 4313 7 Publikasiedatum: 2009 Aantal bladsye: 406 Klik hier en koop Verbrande Paradys nou by Kalahari.net � Hans du Plessis se jongste roman, Verbrande Paradys, is �n fiktiewe verhaal oor die hedendaagse probleme waarmee die plaaseienaars van Vredefortkoepel worstel. Die Koepelaars se liefde vir die omgewing staan in hierdie roman voorop, en daar word algaande besef dat die toekoms...

Humor en taalplesier is vertellings se hoekstene
Karen Schutte - 2009-03-18
Spekskiet Samesteller: Dineke Volschenk Kategorie: Fiksie: Humor Formaat: Sagteband; 152 x 222 mm Bladsye: 304 ISBN: 9780799342611 Klik hier en bestel Spekskiet nou by kalahari.net “Hierdie boek skiet nie spek nie, hy gooi met heel varke,” sê my 70-jarige pa. Ek het Dineke Volschenk se versamelbundel eers vir hom aangegee omdat hy uit ’n vorige geslag kom waar grootlieg ’n algemener kuns was. Ek het verwag dat die meeste...

Kinders grootmaak: dis nie sommer vir foeter nie
Kabous Verwoed - 2009-03-12
Kinders grootmaak: Wat niemand jou ooit vertel het nie Jane Jarvis en Debbie de Jong Uitgewer: Struik Publishers ISBN: 9781770076648 R159.95 Klik hier en koop Kinders grootmaak: Wat niemand jou ooit vertel het nie nou by Kalahari.net! As iemand selfs so kort as drie jaar gelede vir my gesê het dat ek vroeg in 2009 ’n resensie van ’n boek oor kindergedragsmodifikasie (in kort, hoe om op te voed sonder om te foeter) gaan skryf, sou ek in alle waarskynlikheid...

Anekdotes van 'n dirigent: David Tidboald se People I made music with
Louis Heyneman - 2009-03-05
Titel: People I Made Music With; Candid musical memoirs Uitgewer: UmuziISBN: 9781415200551Bladsye: 143Prys: R150Klik hier om People I Made Music With; Candid musical memoirs nou van kalahari.net te bestel! Daar is geen vaste formule om ’n outobiografie of memoires te skryf nie. Solank dit interessante leesstof is, het dit meriete. In die Suid-Afrikaanse musiekwêreld is die dirigent David Tidboald ’n openbare figuur, maar sy lewe weg van die orkespodium was altyd diskreet privaat...

An African Cameo: die pyn van ongewenste liefde
Riette Rust - 2009-02-25
Titel: An African CameoOuteur: Naka PillmanUitgewer: Joho!ISBN: 9780980275469Bladsye: 197Prys: R159 Klik hier om An African Cameo nou van kalahari.net te bestel! Hierdie roman is ’n ware verhaal, een wat net vertel móés word. Reeds in die voorwoord sê die skrywer egter die name van karakters is verander om "diegene wat anoniem sou wou bly, te beskerm".Die Suid-Afrikaanse skrywer Naka Pillman ontmoet ’n Japannese kunstenaar van antieke sumi-e-kuns (brush...

Dirk Nagtegaal kook
Braam van der Vyver - 2009-02-17
Kok en Skinker Skrywer: Dirk Nagtegaal Uitgewer: Joho ISBN: 9780980275407 Klik hier en koop Kok en Skinker nou by kalahari.net! Dirk Nagtegaal is ’n man met vele talente. Nie net is hy ’n regsgeleerde van formaat nie, maar hy is ook ’n sakeman, teaterfilantroop, uitgewer en skrywer uit eie reg. As gesinsman blink hy deesdae ook uit as oupa van klein Dirkie. Dit was vir my geen verrassing toe ek op die Suidoosterfees se program sien dat Dirk...

Dana is Weg: ’n Ondersoekende skrywe oor ’n soekende skrywer
Gerrit Rautenbach - 2009-02-11
My foon lui en ek doen wat ’n mens gewoonlik doen as jou foon lui. Nee, ek tel nie op nie. ’n Mens doen dit lankal nie meer nie. Wel, ek tel die foon op, maar dis nou die hele selfoon. Ek druk die groen knoppie. “Hallo, dis Naomi van LitNet hier,” sê die masjien in my hand en skielik verlang ek na plaaslyne. Nou nie dat Naomi of LitNet so argaïes soos drie kortes en ’n lange is nie, dis maar net skielik die moderne stuk tegnologie in my hand wat my laat...

’n Blik op ’n blik vol verse
Willie Burger - 2009-02-05
1 Groot Verseboek (in blik) André P Brink Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624047155 Prys: R595 Klik hier en koop jou eksemplaar van Groot Verseboek nou van Kalahari.net! Om ’n resensie van Groot Verseboek te skryf is nie dieselfde as om enige ander resensie te skryf nie. Om die resensie te skryf nadat daar al ’n debat daaroor gevoer is, nadat daar al hard deur sommige joernaliste probeer is om die verskyning van Groot Verseboek...

Inseklopedie van Suider-Afrika: 'n treffer
Henk Geertsema - 2009-01-28
Inseklopedie van Suider-Afrika Erik Holm Uitgewer: LAPA Kategorie: Natuur / Naslaan Formaat: Sagteband; 156 x 222mm, 384 pp ISBN: 9780799342727 Prys: R225 Die raak titel, Inseklopedie …, vang dadelik mens se oog en wek belangstelling vir die boek. Dit is nie ’n veldgids vir die uitkenning van insekte nie, maar eerder ingestel om deur ’n beknopte oorsig van die algemene biologie van insekte die leser ’n...

Komplekse verhoudinge en wrang ironie in Tim Keegan se My Life With The Duvals
Cari Coetzee - 2009-01-13
Titel: My Life With The DuvalsSkrywer: Tim KeeganUitgewer: UmuziFormaat: SagtebandISBN: 9781415200476Publikasiedatum: Maart 2008Aantal bladsye: 320Click here to purchase My Life with the Duvals from kalahari.net now! Wrang ironie deurtrek Tim Keegan se derde roman, My life with the Duvals, uitgegee deur Umuzi. Dié voormalige geskiedenisprofessor se jongste roman, wat volg op Waiting for the Moon (2005) en Tromp’s Last Stand (2007), ondersoek die komplekse verhoudinge wat binne...

Dié bul van ʼn boek waarborg ʼn vonkel en ʼn traan in elke rugbyliefhebber se oog
Braam van der Vyver - 2008-12-19
Titel: Blou Bulle: 70 GloriejareSkrywers: Wim van der Berg en Gerhard BurgerUitgewer: Penguin South AfricaISBN: 9780143025863Publikasiedatum: November 2008 Klik op die boek se omslag om jou eksemplaar by Kalahari.net te bestel. My hart het warm geklop toe ek die boek met sy kleurvolle blou buiteblad met ʼn foto van ʼn seëvierende Bulls-span in die pos ontvang. Ek is nie verniet al vir 46 jaar ʼn geswore ondersteuner van die Ligbloues nie - let wel: ek het die ou Noord-Transvaal die...

Reuk van die dood voldoen nie aan die verwagtinge nie
JB Roux - 2008-12-18
Riana Mouton ISBN:9780799342406 Formaat:Sagteband, 152 x 222 mm; 329 pp Kategorie: Speurroman Handelsprys: R130,00 Klik hier en bestel Reuk van die dood nou by kalahari.net LAPA-Uitgewers beïndruk gereeld met publikasies van uitstaande gehalte, en die verwagting is groot wanneer ’n mens Reuk van die dood deur Riana Mouton oopslaan. Dié boek is besonder mooi uitgegee, met ’n treffende omslagontwerp deur Flame Design (die omslag beloof ook – in beskeie wit lettertjies...

Songs of the Veld and other Poems
Joan Hambidge - 2008-12-18
Ingelei deur Marthinus van Bart Cederberg Publishers ISBN 978 0 620 39432 1 134 bladsye, hardeband R285 Africana / Boereoorlog Klik hier en bestel Songs of the Veld and other Poems nou by Kalahari.net I Die Anglo-Boereoorlog – of verder dan die ABO – bly een van die mees omstrede oorloë nog. Dit was ’n oorlog met ernstige menseregte-vergrype en indien ’n mens luister na die uitsprake van veral Britse historici in daardie meesleurende Scorched Earth van...

Steeds op die Parlementêre Kolfblad completes Japie Basson's insightful trilogy of memoirs
Paul Murray - 2008-12-08
Title: Steeds op die Parlementêre Kolfblad: Met Insigte oor die Afrikaner en AfrikaansAuthor: Japie BassonPublisher: PolitikaISBN: 9780620409063Pages: 204 Steeds op die Parlementêre Kolfblad: Met Insigte oor die Afrikaner en Afrikaans completes the trilogy memoirs of politician Japie Basson. Its predecessors are Raam en Rigting in die Politiek en die Storie van Apartheid (Politika 2004) and Politieke Kaarte op die Tafel (Politika 2006). A separate publication appeared earlier this year...

Die liefde in al die fasette: Izak de Vries se Byna liefde
Elbie Adendorff - 2008-12-08
Titel: Byna liefdeOuteur: Izak de VriesUitgewer: TafelbergISBN: 9780624046844Bladsye: 196Klik hier en bestel Byna liefde nou van kalahari.net! Byna liefde is Izak de Vries se jongste kortverhaalbundel en soos sy debuutbundel, Kom slag 'n bees, is dit die moeite werd om te lees. Byna liefde handel oor twee temas, die liefde (en meer spesifiek die erotiese liefde) en die skryfproses, veral hoe om oor die liefde te skryf, soos dit verwoord word in die kortverhaal "Ars Poetica": "Die...

Antoinette Pienaar se Kruidjie roer my ʼn ryk toevoeging tot ons kontreigeskiedenisskat
Dawie van Velden - 2008-12-08
Titel: Kruidjie roer mySkrywer: Antoinette PienaarUitgewer: UmuziISBN: 9781415200599Publikasiedatum: September 2008Aantal bladsye: 160Klik hier om Kruidjie roer my nou by kalahari.net te koop! Kontreiverhale is besig om hulle kop uit te steek in die Afrikaanse letterkunde, en verwoord die ryk erfenis van ons land en sy mense se gebruike en lewensfilosofie. Hierdie boek van Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres en aktrise, is nog ʼn toevoeging tot hierdie genre en boekstaaf die helingskuns...

Oulap se blou herinner mens waarom die lees van Afrikaans ’n genot is in stede van ’n verpligting
Emile Joubert - 2008-12-05
Titel: Oulap se blou Skrywer: Chris Barnard Uitgewer: Umuzi ISBN: 9781415200667 Aanbevole prys: R125 Klik hier om Oulap se blou nou by kalahari.net te koop! Voor ek na die teks blaai, tref dit my soos ’n voorhamer tussen die oë. Daardie foto van Chris Barnard op die binne-omslag van Oulap se blou, geneem deur Anneri van der Merwe. Dis maar net ’n klein blokkie van ’n foto. Volkleur. ’n Kiekie van Chris Barnard self. Bruingebrande bles. Kenmerkende kort wit...

30 nagte in Amsterdam: Vernuftig én verbeeldingryk
Thys Human - 2008-12-03
Titel:30 nagte in Amsterdam Skrywer: Etienne van Heerden Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624047070 Publikasiedatum: Oktober 2008 Aantal bladsye: 352 Klik hier en koop 30 nagte in Amsterdam nou by Kalahari.net! I Verbasend kort op die hakke van Asbesmiddag (2007), wat vanjaar met die M-Net Literêre Prys bekroon is, volg Etienne van Heerden se agtste vollengte-roman, 30 dae in Amsterdam (2008) – ’n oorrompelende, gewaagde boek met ’n meesleurende vaart...

Fred de Vries se Interviews bied ʼn eerlike, leersame blik op interessante individue
Joan Hambidge - 2008-12-03
Titel: The Fred de Vries Interviews: From Abdullah to ZilleSkrywer: Fred de VriesUitgewer: Wits University PressFormaat: SagtebandAantal bladsye: 325ISBN: 9781868144693Klik hier om The Fred de Vries Interviews: From Abdullah to Zille nou van kalahari.net te bestel! Iʼn Goeie onderhoudvoerder is ʼn buikspreker. Of ʼn puik vertaler. Of ʼn verkleurmannetjie. Daar is waarskynlik nog veel meer metafore om hierdie soort deugsame persoon te beskryf, maar ʼn mens dink byvoorbeeld aan...


<< 1 2 3 4 >>