Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Kompetisies | Competitions

Kompetisies | Competitions


<< 1 2 >>

"Tydlose liefde"-kompetisie: Voortrekkerhoogte, 1989
Ansia van Schalkwyk - 2011-08-24
Untitled Document Coke-bottels kan so ontplof. Ek weet – Charles-hulle het dit mos eenkeer tydens pouse gedoen tussen die skool se werkswinkels toe hulle in standerd 7 was. Dit was ’n helse storie. Charles en sy pelle, die prefekte, hoof en van die ouers het ’n skreewedstryd in die personeelkamer gehou. Weet nou nog nie wie die wenner was nie. By die bus is ek beloon vir my lojaliteit met een van sy master smiles. “Jislaaik, het jy gecheck hoe hoog daai Coke-bottel opgegaan...

"Tydlose liefde"-kompetisie: Albertskroon, 1964
Michelle du Plessis - 2011-08-17
Untitled Document Sy sit en staar na niks. Voor haar oë sien sy drogbeelde van ontoereikende gesigte, afkeer, amper haat. Dit kan nooit werk nie! Gaan hy kom? Haar gedagtes vloei terug na daardie eerste ontmoeting: glimlaggend sit hy by die tafel, sy bedien hom, hy glimlag ... Sjoe, kyk daai dimpels! Waar is daardie man nou? Gaan sy hom ooit weer sien? Die kelner vra haar iets, sy ignoreer hom, nie gepla oor wat hy dink nie. Skielik sien sy hom. Hy staan by die deur, staar na haar. Sy lees...

''Timeless Love'' Competition: Potchefstroom, 1971
Taki - 2011-08-17
Untitled Document Dear Rodney When I came upon the note under the windscreen wiper of my car I was thrilled in a manner that sent a quiver through my body. The piece of paper had an irregular shape as if it had been torn hurriedly from a notebook. It read: Please do not bend so low in the lab. Your legs are intoxicating. At first those words came home as a kind of compliment. Yet on second thoughts they made me feel abashed about not having given better attention to what I was doing with...

''Tydlose liefde''-kompetisie: Stad Johannesburg, 2011
Waldemar Gouws - 2011-08-16
Untitled Document Hoofpyn, eerste kennis van die oggend. En toeneus. Dan jou stem van gisteraand net bokant my oor: “Wanneer kom ons bietjie weg? Die plek is so vol mense.” Jy het die helfte van jou hand in my hempsak laat afsak toe jy reg agter my kom staan het waar ek by die restauranttafel op die systoep gesit het. Jou vingers het dadelik gevind wat hulle wou voel. Een van die twee blonde vrouens by die koppelaar se tafel langesaan het van Kafka gepraat en van ’n lang gang met...

‘‘Tydlose liefde’’: Blitsfiksie-kompetisie-riglyne
2011-08-09
Tydlose oomblikke, tydlose liefde • Skep ’n kort fiktiewe liefdesverhaal tussen 100 en 500 woorde wat in enige jaartal, op enige plek afspeel. Die titel van die verhaal moet uit die pleknaam en jaartal bestaan. ’n Storie wat tydens die Franse Revolusie in Frankryk afspeel, sal dus byvoorbeeld ’n titel soos die volgende hê: “Parys, 1789”; ’n verhaal wat in die toekoms op die maan afspeel, “Maanbasis, 2164”; en ’n verhaal in antieke...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: DC Joubert gesels met Kaptein Yossarian van Catch-22
DC Joubert - 2010-06-03
Karakter: Kaptein Yossarian Teks: Catch-22Skrywer: Joseph Heller Gesprekvoerder: DC Joubert DCJ: Wat moet ek jou noem: kaptein Yossarian, net Yossarian, of Yo-Yo? Y: Net my vriende noem my Yo-Yo en ek het nie vriende nie. As jy my verafsku, kan jy my Kaptein noem, anders is Yossarian reg. DCJ: Die beroemde insident toe jy tydens ’n medaljeparade kaal in ’n boom gaan sit het – was jou weiering om ’n uniform te dra regtig omdat jy bang was om dit te dra omdat die Duitsers...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Mev Eks se aankoms in SA
B Robby - 2010-06-01
Karakters: Mev Eks en die immigrasiebeampteTeks: Hansie en GrietjieSkrywer: Broers Grimm Immigrasiebeampte - Goeiemôre, dame! U paspoort, asseblief. Mev Eks - Wie is u? - Mevrou, ons is hier op die lughawe van Kaapstad. Ek is die immigrasie-offisier, en u is mevrou ... [kyk op die paspoort] ... mevrou Eks van Duitsland? - Ja, jy kan maar gerus “ou Heks” vir my sê, soos almal. - U ouderdom? - Beslis baie ouer as 'n honderd jaar. - U adres? - Mense sê altyd ek...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Dwaalstories se Nampti, die vaal koestertjie
DW Gouws - 2010-06-01
Karakter: NamptiTeks: Dwaalstories (1927)Skrywer: Eugène MaraisGesprekvoerder: DW Gouws “My magtag, Nampti, is dit jy?” het ek uitgeroep nog voordat ek haar gesig kon eien. Die diep berlynsblou van die Boesmanbaret wat Sonia Rykiel spesiaal vir haar ontwerp het tydens ’n besoek aan Parys was op empiriese vlak genoegsaam om my daar in die konvensionele konvensiesentrum van ’n unieke teenwoordigheid te oortuig. Sy het my stem herken, want toe sy omdraai, lig sy reeds...

Leopard's Leap Fiksiefiësta: Toorberg en Kläppmyrliden – vrae en uitsprake oor twee geskiedenisse
Carina van der Walt - 2010-05-31
Roman: Toorberg Skrywer: Etienne van HeerdenJaar: 1986 Uitgewer: Tafelberg Kortverhaalbundel: De schoonheid van Merab, kortverhaal – “Water” Skrywer: Torgny Lindgren Jaar: 1992 (Nederlandse vertaling) Uitgewer: De Bezige Bij Is dit net jóú verhaal: Noag du Pisani swaksinnige, nuuskierige agie, dupe van die vrugbare lendene van vyf geslagte Moolmans? Was hoogmoed, trots en koppigheid julle kollektiewe skuld? Waarom het StamAbel so bruusk die...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Die herrie in die bergpas
Paul Sorensen - 2010-05-28
"Goeiemiddag, Meneer." "Middag." "Weet jy hoe vinnig jy gery het?" "Jammer, Offisier, ek het nie ’n speedometer nie." "Geen speedometer ... Meneer, ingevolge subseksie nege punt twee van die Nasionale Padvervoerwet 93 van 1996 mag goedere net in die laagste rat teen ’n helling van een in drie vervoer word. Waar is die ratte op hierdie vervoermiddel?" "Jammer, Offisier, my bure het gesê dis olraait so." "Geen ratte ... Meneer, hoe spel jy jou naam?" "L-a-n-g-e-n-h-o-v-e-n,...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Myrtle Theart in digterlike gesprek met Huppel
Myrtle Theart - 2010-05-28
Karakter: HuppelBoeke: Huppel en sy maatsSkrywer: WO KühneOnderhoudvoerder: Myrtle Theart Myrtle Theart in digterlike gesprek met Huppel (nou 58 jaar oud). Die gesprek het plaasgevind by sy huis, Aan-die-Beek, in die middel van die wêreld, wat hy van sy oupa geërf het. Huppel, jy was so eensaam as kind maar gou-gou het jy soveel vriendjies gevind Ja, dit was maar eensaam by my oupa se huis hy gee my toe goeie raad so uit sy vuis So ontmoet ek toe vir Diefman, Fiefman en die res...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Lelani Fourie gesels met die Swart Kat
Lelani Fourie - 2010-05-28
Karakter: Borrie Veldt aka die Swart Kat (35) Skrywer: Chris SasnerOnderhoudvoerder: Lelani Fourie My afspraak was vir vieruur die middag en met niemand anders as Borrie Veldt nie, beter bekend as die Swart Kat. Ek kon nie veel oor sy huidige doen en late uitvind nie, net dat hy een van die beste advokate in die stad is. Ek was kwart voor vier reeds by sy huis, ’n imposante mansion in een van die meer gegoede buurte in Kaapstad. Sekuriteit was streng. Kamera-ogies het elke beweging wat...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Van Wyk Louw se Rondloper haal honderd
DW Gouws - 2010-05-28
Karakter: RondloperGedig: “Rondloper” (Alleenspraak, 1935)Skrywer: NP Van Wyk Louw Ek het heel toevallig onlangs kennis gemaak met die figuur wat Van Wyk Louw in sy gedig “Rondloper” (Alleenspraak, 1935) beskryf. (Dis sonder ’n didaktiese of vervreemdende geneigdheid, onverromantiserend, ten opsigte van ’n verteenwoordiger van die allerlaagste orde denkbaar in die destydse Suid-Afrikaanse sosiale bestel, naamlik die oorblywende Boesmans.) Steynsburg se ouetehuis,...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Frikkie Delport van Die reuk van appels
Gideon Strydom - 2010-05-26
Karakter: Frikkie Delport Boek: Die reuk van appels Skrywer: Mark Behr Die kaal man lê opgekrul in die agterste hoek. Verder is die kamer dolleeg. Dat ons vir mekaar sal doodgaan. Doodgaan. One for all and all for one. By Ma se lewe. Ma se lewe. Ons moet alles vertel. Alles vir mekaar vertel. Die man gryp sy kop met albei hande vas. Vertel. Alles vertel. Marnus, ek’t nie vertel nie. Jou nie vertel nie. Jy’t doodgegaan. Vir my doodgegaan, maar ek’t jou nie vertel nie. Die...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Die lappop praat – after Ingrid Jonker
Grace Kim - 2010-05-26
Character: Lappop Text: “Die lied van die lappop” Poet: Ingrid Jonker Interviewer: Psychologist Fragments from a transcript of a conversation between Lappop* (L) and her psychologist* (P) during a session on 19 July 1967 P: Have you had time to think about what we talked about last time? How are you feeling? L: I … I don’t know. Still betrayed. Hurt. Angry. I don’t know ... It’s really hard, you know – I’ve spent so long not talking about what he...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Open vragen aan Bram Vermeulen
Carina van der Walt - 2010-05-26
Boek: Help, ik ben blank geworden: bekentenissen van een Africa-correspondent Schrijver: Bram VermeulenJaar: 2009 Uitgever: Prometheus / NRC HandelsbladOnderhoudvoerder: Carina van der Walt Bram, in Help, ik ben blank geworden beschrijf je hoe je met tegenzin deel bent geworden van raciale polarisatie in Zuid-Afrika. Dat gebeurde heel geleidelijk gedurende een tijdperk van zeven jaar als verslaggever van het NRC-Handelsblad. Nu zit je in Turkije. 1. Heb je heimwee naar Zuid-Afrika? .......................................................... Tijdens...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Isabelle Nell van Niekerk gesels met Lambert Benade
Isabelle Nell van Niekerk - 2010-05-19
Karakter: Lambert Benade Boek: Triomf Skrywer: Marlene van Niekerk Onderhoudvoerder: Isabelle Nell van Niekerk TV Nuusonderhoud Ons skakel oor na ons verslaggewer, Isabelle Nell van Niekerk. Sy is in gesprek met mnr Lambert Benade. Hy is ’n inwoner van Bethlehem, ’n nedersetting vir armblankes in die weste van Pretoria. Mnr Benade, hoe lank woon u al in hierdie nedersetting? Ek bly al vyf jaar hier saam met oom Treppie – hy’s 83 en ek pas hom op. Ons leef van my...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Fritz Deelman en die Vancouverbende 
Eben van Renen - 2010-05-19
Boeke: Die Fritz Deelman-reeksSkrywer: Leon Rousseau Vrouestem: “Ek sal die soja-latté vat.” Manstem: “Mens sou sweer hulle gooi satania in daardie koffie. Jy’s bepaald verslaaf aan die goed.” Satania? Iemand lees te veel Fritz Deelman-boeke. Ek draai om. Sien hoe die pragtige blondine die man langs haar op die wang soen. Die man se oë, twee stukke blou ys, fokus dadelik op die ou wat voor hulle omgedraai het. Ekke. “Uh ... dag,” kry...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Rachel Froneman uit Diepe water
Blouvrou - 2010-05-19
Karakter: Rachel FronemanBoek: Diepe waterSkrywer: Helene de Kock (met respek) Mevrou Rachel Froneman sit agteroor in haar leunstoel op die stoep van die versorgingsoord in die Boland, waar sy saam met haar suster woon. Sy neem ’n slukkie van haar swart rooibostee, waarin ’n skyfie suurlemoen dryf. “Ja, ek het toe ’n diabeet geword van al die soetgoed daar op Diepwater. Ek het nooit besef dat mens nie met elke teetyd ’n skyf koek of tert kan eet nie, en dat nagereg...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Generaal-majoor Demosthenes H de Goede in gesprek met Henry van Eeden-Silberstein (Deel 2)
Charles Malan - 2010-05-19
Karakter: Henry van Eeden-SilbersteinBoek: Sewe dae by die SilbersteinsSkrywer: Etienne LerouxOnderhoudvoerder: Generaal-majoor Demosthenes H de GoedeLees eers Deel 1.DHdG: Het u nietemin gevind dat daar iets in regter O’Hara-hulle se tweedeling van die malum en die bonum steek wat ons kan help om die aard van die Bose te peil? HvE-S: Die mal-waaat? DHdG: Dit stem immers ooreen met die argetipiese tweedeling van die kollektiewe skadu teenoor die Goeie. HvE-S: Skadu van waaat? Het jy nog...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Generaal-majoor Demosthenes H de Goede in gesprek met Henry van Eeden-Silberstein (Deel 1)
Charles Malan - 2010-05-19
Karakter: Henry van Eeden-SilbersteinBoek: Sewe dae by die SilbersteinsSkrywer: Etienne LerouxOnderhoudvoerder: Generaal-majoor Demosthenes H de GoedeDie generaal ondervra Henry van Eeden-Silberstein tydens sy speurtog na die ware aard van die Bose. Hulle kom byeen in die Shopping Centre Oita, waar die generaal die misterieuse en berugte tycoon Boris Gudenov moes gaan uitsnuffel en aan die lig bring. Henry het nooit gehoor dat Demosthenes H sy seun, Adam Kadmon-Silberstein, in die been geskiet het...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Albert de Vos in gesprek met David Lurie
David Lurie, Albert de Vos - 2010-05-19
Karakter: David LurieBoek: DisgraceSkrywer: JM CoetzeeOnderhoudvoerder: Albert de Vos Ek het David Lurie ná ’n lang soektog opgespoor waar hy in ’n klein woonstelletjie in Kaapstad woon. Ek kon aflei dat hy ’n soort kluisenaar is en het nie veel woorde van sy kant verwag nie. Alhoewel met ’n Engelse aksent, het hy heel gemaklik Afrikaans gepraat. Ek het nie verwag om u hier te vind nie – ek was onder die indruk dat u nog in Grahamstad woon. Ek is al lankal...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Rooiknapie en die doring in slaaptyd se vlees
Susan Hattingh - 2010-05-19
Karakters: Rooiknapie en DoringrosieInspirasie: Rooikappie (Broers Grimm) en Doringrosie (Charles Perrault) Dis ’n mooi somersoggend in die woud. Rooiknapie trek die fyn, wit net oor sy piekniekmandjie reg en huppel verder terwyl hy saggies neurie. Vandag is Donderdag en hy is op pad na sy siek ouma in die woud. Rooiknapie se gelukkige stemming word effens gedemp toe hy die harde dreuning van iets hoor wat van diep binne die woud na hom toe aangerol kom. Hy besluit dadelik om gou agter...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Trisa Hugo gesels met Druppeltjie du Pisani
Trisa Hugo - 2010-05-19
Karakter: Druppeltjie du PisaniBoek: ToorbergSkrywer: Etienne van HeerdenOnderhoudvoerder: Trisa HugoDruppeltjie, dankie dat jy ingestem het tot die onderhoud. Of moet ek jou eerder Noag noem? Antie kan maar Noag sê. Toe ek nog gelewe het, is ek nie geag nie. Waaroor het jy en Kaatjie Danster in die bos gesels? Antie Kaatjie het my die skare engele gewys wat my sou kom haal. Ouma Magtilt was ook by. Wanneer het jy geweet dat jy nie weer uit die boorgat sou kom nie, Noag? Toe die engelskare...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Frederick J Botha in gesprek met Henry van Eeden
Frederick J Botha, Henry van Eeden - 2010-05-19
Karakter: Henry van EedenBoek: Sewe dae by die Silbersteins Skrywer: Etienne LerouxOnderhoudvoerder: Frederick J Botha Tydens jou sewedaagse besoek aan Welgevonden het Jock Silberstein as ’n wyse ou vader opgetree. Wat was jou gevoelens rakende Jock? Jong, in alle eerlikheid was Jock glad nie so wys nie. Hy was niks anders as ’n egosentriese grootprater nie. Noudat ek daaraan dink, baie Eugene Terre’Blanche – net sonder die perd. Hoe het jy gevoel oor die hele kwessie...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Levinia Heks nog steeds net Liewe Heksie!
Theresa Potgieter - 2010-05-19
Karakter: Levinia Heks, BlommelandBoek: Liewe Heksie-reeksSkrywer: Verna VelsOnderhoudvoerder: Theresa PotgieterLevinia Heks is soos gewoonlik laat vir ons afspraak. Uiteindelik sien ek haar aangewarrel kom op haar besem. Twee mislandings later, en sy staan voor my. Besem in die hand en hoed oor die oë getrek. Groottoon wat boor in die grond. Die hoed is egter so ver oor haar oë getrek dat sy niks en niemand raaksien nie. “Hallo, Levinia,” groet ek. Sy wip soos sy skrik....

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Johann de Jager in gesprek met mnr De Bruyn (Deel 4)
Johann de Jager - 2010-05-13
Karakter: Mnr De BruynBoeke: Patrys-hulleSkrywer: EB GrosskopfOnderhoudvoerder: Johann de Jager Deel 1 Deel 2 Deel 3 Gaan die taal sterf? Die rol van volkere deur die geskiedenis is ’n herhaalde “decline and fall of the Roman Empire”, en die Afrikaner se rol lyk asof uitgespeel vir baie. Die taal gaan egter nog langer hou, dink ek. Die Engelse volk se wêreldrol het ook verdwyn in die global village. Hulle taal is darem oorgeneem as die lingua franca van die nuwe...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Johann de Jager in gesprek met mnr De Bruyn (Deel 3)
Johann de Jager - 2010-05-13
Karakter: Mnr De BruynBoeke: Patrys-hulleSkrywer: EB GrosskopfOnderhoudvoerder: Johann de JagerLees eers Deel 1 en Deel 2.En u gebruik steeds suiwer Afrikaans? Ek hoop so. Suiwer water uit ’n goddelike, suiwer bron. Ek reken dat die kennisgebrekkiges, wat in dieselfde juk as God se vyande trek, God self probeer probeer aftakel in die wangeloof dat almal hulle naaste is. Weet hulle dat daar ook geskryf staan dat die Korintiërs hulle van sulke mense moes afsonder, en sommiges selfs ’n...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Johann de Jager in gesprek met mnr De Bruyn (Deel 2)
Johann de Jager - 2010-05-13
Karakter: mnr De BruynBoeke: Patrys-hulleSkrywer: EB GrosskopfOnderhoudvoerder: Johann de Jager Lees eers Deel 1. Linkslê, sê u. En “links” beteken ook liberaal. Nou waar het Afrikaans heen gegroei in daardie tagtig jaar ná die opstel-opdrag? O, sedert dit juis deur hooggeleerdes misbruik is, soos ook sommige Afrikaanse “struggle-skrywers” van die 60's, was daar erge nivellering. Want dié manne is met die hand deur iemand uitgesoek, ’n...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Die ontmoeting van Jorik en Robey Leibbrandt (Deel 2)
Bernd Schaefer  - 2010-05-13
Karakters: Jorik en Robey LeibbrandtTeks: Joernaal Van JorikSkrywer: DJ Oppermann Toneel 1: die duikboot (vervolg van Deel 1) Jorik: In my storie moes ons geweldige donderweer, storms en hemelhoë golwe deurstaan ... Robey: En voor die golwe jou raakslaan, klap jy die staalluik toe en duik af! Jou bangbroek! Ons het die brute geweld oorwin – die oorlog se geweld – daar in Europa. Dáár het die bomme vanuit die vliegtuie langs ons boot ontplof; dáár...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Die ontmoeting van Jorik en Robey Leibbrandt (Deel 1)
Bernd Schaefer  - 2010-05-13
Karakters: Jorik en Robey LeibbrandtTeks: Joernaal Van JorikSkrywer: DJ Oppermann Toneel 1: die duikboot (Deel 1) (voor ’n pikswart agtergrond staan Robey op die toneel) Robey: Jorik! Jy móét hier wees! Waar is jy? Waar kruip jy weg? (’n tweede skynwerper laat nou ’n helder skerm/spieël/muur/wolke sigbaar word, waarop die figuur van Jorik met die koffer te sien is) Jorik: Ek’s hier! Robey: Ag nee, net soos ek verwag het. Jy is net ’n skaduwee!...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Onderhoud met Philip Senekal (52) van Die Uile
Berwick - 2010-05-13
Karakter: Philip Senekal (52)Boeke: Die Uile -reeksSkrywer: Cor DirksOnderhoudvoerder: Berwick Wat doen jy deesdae? Ek besit ’n herwinningsmaatskappy. Daar is geld te maak in elke plastiekbottel of bierblik wat iemand gewoonlik sommer net wegsmyt. En dan is daar natuurlik Die Mens se Verantwoordelikheid teenoor Die Planeet Aarde, as jy weet wat ek bedoel. Gepraat daarvan: Voel jy skuldig oor al die diere wat jy en die ander Uile tydens julle avonture afgemaai het? Soms. Maar Vaatjie het...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Onderhoud met Jakes van Siener in die suburbs
Braam van der Vyver - 2010-05-13
Karakter: JakesTeks: Siener in die suburbsSkrywer: PG du PlessisOnderhoudvoerder: Buks Brink van Finweek Jakes is onlangs aangestel as besturende direkteur van Universal Transport. Die onderhoudvoerder is Buks Brink van Finweek. Brink: Mnr Naudé, met 25 jaar ondervinding in die vervoerbedryf is u aanstelling geen verrassing nie. Jakes: Sê maar so. Brink: Hoekom dink u het die mantel op u geval? Daar is ’n paar ander talentvolle bestuurders op die Direksie. Jakes: Ek is seker...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Verbloemde woordenaar (vir Helena)
Gideon Strydom - 2010-05-13


Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Die ontmoeting
Clari Niemand - 2010-05-13
Karakter: Ayanda NdlovuBoek: Die stoetmeesterSkrywer: Etienne van Heerden Ter agtergrond Ayanda en Max is twee van die karakters in Etienne van Heerden se boek Die stoetmeester, waarin die spanning tussen die afstammelinge van die Britse setlaars en die Xhosa-gemeenskap in die Kei ’n tema is. Die verhaal speel in die laat tagtigs/vroeë negentigs af. Max (ook “Siener” genoem in die boek) is Ayanda se familie se prokureur. Hulle verhouding is professioneel/platonies, maar...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Letter to the Whale Caller
Carina van der Walt - 2010-05-13
Character: Whale CallerBook: The Whale Caller (Farrar, Straus & Giroux; 2005) Author: Zakes Mda Dear Whale Caller In a short span of time you have lost two loved ones. Saluni – the wild one, and Sharisha – the mild one. Together they sparked your life with a strange triangle of passion, longing and shame. Saluni, the drunkard, made your blood rush through your veins. You knew she was bad news. She yelled at you. She manipulated you in all her common ways. You answered her blindly. Sharisha,...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Johann de Jager in gesprek met mnr De Bruyn (Deel 1)
Johann de Jager - 2010-05-13
Karakter: Mnr De BruynBoeke: Patrys-hulleSkrywer: EB GrosskopfOnderhoudvoerder: Johann de Jager Dankie, mnr De Bruyn. As ek ouer en u jonger was, sou ek u dalk op u naam kon noem, soos in Patrys-hulle. Ek wil graag oor dié boek van Groskopf praat, wat u as hoofkarakter daarin destyds so bekend gemaak het. Ja, my enigste claim to fame. U is nou sewe en negentig. Die boek het in 1926 verskyn. Ek is presies vyftig jaar later eers gebore. Dus, met respek liewer “mnr De Bruyn”. Goed...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Brief aan Gesie
Karlien van der Merwe - 2010-05-05
Karakter: GesieBoek: Gesie van SonsigSkrywer: Engela van Rooyen Albertaplaas Pk Serfonteinstasie 1 Mei 1979 Liewe Gesie Moenie die bri Ons twee is Uitgevang! Ek weet nie so heeltemal hoe om te begin nie. Ek is, nes jy, ’n faikonta-kind. My kop bly na tant Bybie en oom Bergh se plaas draf. Dis oor Dries. Dries is eintlik Ouboet se maat, want hy’t al swart hare op sy arms. Ek maak sommer dinge op oor my en Dries. Ma mag nie weet nie, want ek is maar net agt en ek faikonta baie oor my...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: oester chat met Blikkies
oester, Blikkies - 2010-05-03
Karakter: BlikkiesBoeke: Die Trompie-reeksSkrywer: Topsy Smith Onderhoudvoerder: oester Blikkies het verdwyn toe Trompie destyds ingenieurswese by Tuks loop swot het. Trompie is intussen met ’n predikantsdogter van Brits getroud en is nou iewers. Blikkies het basies die lewe gesien, of so beduie hy. "Môre, Blikkies." "Hoezit!" "Sê my, Blikkies, ek het laas gelees hoe julle destyds nog ’n geslote groepie was met vergaderings doer by die bouval ..." "Daai donnerse Trompie...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Chris van der Merwe in gesprek met JM Coetzee
Chris van der Merwe - 2010-05-03
Karakter: JM CoetzeeBoek: SummertimeSkrywer: JM CoetzeeOnderhoudvoerder: Chris van der Merwe JM Coetzee se jongste werk, Summertime, het verlede jaar verskyn. Dit is ’n boek waarin outobiografie en fiksie op ’n baie besondere manier vermeng is. In die boek is daar ’n (gestorwe!) karakter, JM Coetzee, oor wie ’n Engelse letterkundige ’n biografie aan die skryf is. Chris van der Merwe het met die lewende JM Coetzee oor die boek gesels. CvdM: Prof Coetzee, would you...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Normale dag
Dirkie de Villiers, Bennie Griesel - 2010-05-03
Karakter: Bennie GrieselBoeke: 13 uurSkrywer: Deon MeyerOnderhoudvoerder: Inspekteur John Afrika “Dit is inspekteur John Afrika van die polisie. Sersant Bennie Griesel, ons wil graag met jou gesels.” “Hoekom sou jy sê was dit vir jou so belangrik om hierdie meisie se lewe te red?” “Miskien is dit omdat sy my aan my eie dogter herinner het.” Hy dink terug aan die saak tien jaar gelede toe ’n Amerikaanse toeris in Kaapstad vermoor is en ’n...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Saartjie revisited
Nadine Petrick - 2010-04-30
Karakter: Susara Bekker nèe Baumann Boeke: Die Saartjie-reeksSkrywer: Bettie NaudéOnderhoudvoerder: Nadine Petrick “Naam?” “Susara Bekker.” “Ouderdom?” “Wel, op papier is ek regtig al stokoud, maar vir hierdie doeleindes ... sê maar amper 40.” “Waar is jy woonagtig?” “In Victory Park, Johannesburg. Dis ’n Joodse voorstad langs Linden, naby Lynnekom, waar ek grootgeword het. Ek ...” “Beantwoord...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Gideon Strydom praat met Sebastiaan Graaff oor die vermenging van werklikheid en fiksie in sy werk
Gideon Strydom - 2010-04-29
Karakter: Sebastiaan GraaffBoek: AsbesmiddagSkrywer: Etienne van HeerdenOnderhoudvoerder: Gideon Strydom JM Coetzee noem die realistiese roman “a fiction of the truth”. Jou werk word allerweë as ’n baie kreatiewe omgang met die werklikheid beskou. Is die skrywer in jou laaste roman ook Sebastiaan Graaff? Natuurlik nie. Die skrywer ván my laaste roman is Sebastiaan Graaff. Jou vorige roman word as ’n sirkusroman beskryf. Dit is ’n tema wat ook in jou laaste...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Die profeet 
Dirkie de Villiers - 2010-04-29
Karakter: MasikoTeks: “The Prophet” in Mafeking RoadSkrywer: Herman Charles Bosman Ek het nog nooit die profeet Van Rensburg gesien nie, maar ek het ’n ander profeet geken, naamlik Stephanus Erasmus. Dis wonderlik om ’n profeet te wees, en jy kan dit net verstaan as jy baie tyd het om te dink, soos in die Marico-distrik. Om ’n profeet te wees en mag te hê, is maklik, maar ook vreeslik moeilik. Want ’n koning verloor sy mag as sy onderdane dit wegneem,...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Vir Pippie Langkous
Karin Pulles - 2010-04-29
Karakter: Pippie Langkous (en Trompie en Saartjie) Boek: Pippie LangkousSkrywer: Astrid Lindgren Pippelotta Provianda Kruisementa Rolgordyna Efraimsdogter Langkous. Dis hoe ek jou name onthou. Pippie in kort. Jy het my jongmeisielewe met jou absurde, aweregse gedrag en stoutstories kom inspireer. My ma het geen benul van jou inhoudelike gehad nie. Solank ek lees … só het sy sekerlik geredeneer. Jy was moerstout. Dinge wat daai tyd as rabbedoestout of kwaaijongstout afgemaak sou word,...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Johrné van Huyssteen gesels met Kootjie Emmer
Johrné van Huyssteen - 2010-04-29
Karakter: Kootjie Emmer Boek: Oom Kootjie EmmerSkrywer: André P BrinkOnderhoudvoerder: Johrné van Huyssteen Oom Kootjie, was die spoeltoilet die regte stap as Oom terugkyk? Ai, laatie, die oom wonder nou al jare daaroor. Ek het al die jare geweet ontlasting is hier om te bly, en dis waar my probleem lê … of dryf, as ek nou maar diep kan raak hieroor. Hoe dan, Oom? Kyk, die proses is mos maklik. Eerwaarde Stoelstoep het ons jare gelede gewaarsku. Hy het altyd na sy swaer,...

Leopard’s Leap | LitNet Fiksiefiësta-kompetisie
Imke van Heerden - 2010-04-14
Kompetisie-besonderhedeAl gewonder wat Saul Barnard gedink het toe Oupoot in sy nek geblaas het? In watter suburb woon Trompie en Afrikaans se gunsteling-rabbedoe, Saartjie, nou? Is Kobie uiteindelik uit die kas? LitNet daag jou uit om ’n denkbeeldige gesprek met enige fiktiewe boekkarakter uit ’n Suid-Afrikaanse publikasie oor enige onderwerp te voer! Die fiktiewe gesprek kan enige vorm aanneem – ’n vraag-en-antwoord, ’n brief, ’n kortverhaal, ’n opvolgverhaal,...


<< 1 2 >>