Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > LitNet Akademies > LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)


<< 1 2 3 4 >>

'n Lyntekening, ja, maar is hy straight?
2005

Hennie Aucamp - 2007-06-14
Aubrey Beardsley has a beautiful line, but he does not know where to stop it. (Toegeskryf aan Oscar Wilde) Lyntekening deur Johannes Meintjes* Dit is dalk bloot toevallig, maar van die bekendste lyntekeninge van die twintigste eeu is van gay kunstenaars wat heel dikwels die manlike naakt geteken het, soos Cocteau, Andy Warhol en David Hockney. Hierby kan gevoeg word die graffiti-kunstenaar van New York, Keith Haring, alhoewel Haring miskien effens buite die prentjie...

Marjorie Wallace
2005

Amanda Botha - 2007-06-13
Die kunstenaar Marjorie Wallace, eggenote van die Sestiger Jan Rabie, is Sondag 26 Junie 2005 in Onrus oorlede. Kort nadat 'n retrospektiewe uitstalling in 2003 in die US Sasol Kunsmuseum aangebied is wat haar Suid-Afrikaanse werk oor 'n periode van 'n halfeeu gedenk het, het Wallace 'n beroerte-aanval gehad waarvan sy nooit herstel het nie. Amanda Botha het as kurator vir hierdie uitstalling opgetree en behartig sedertdien Wallace se kunsbelange. In hierdie essay bied sy 'n verslag van Marjorie...

Letterkundige polemiek: woord en wederwoord?
2006

Madame Lacoste - 2007-06-13
I Die wandelgange druis. "Het jy gehoor?" "Nee, regtig?" In 'n post-postmoderne era vra 'n mens jou af: 'n klag van plagiaat oor dokumente in die publieke domein? 'n Klag van plagiaat oor 'n Ted Hughes-aanhaling uit Country of my skull, 'n vernuftige stuk faction (vermenging van feit en fiksie) en 'n boek waar karakters paradeer as intellektuele poppe namens die implisiete outeur. Hughes het waarskynlik sy siening van mites gekry by Robert Graves en een van sy eerste geskenke aan Sylvia Plath...

Van armblankes tot voorheen bevoordeeldes
2005

Hermann Giliomee - 2007-06-13
'n Volk red homself? Drie of vier jaar gelede, toe swart ekonomiese bemagtiging net begin momentum kry, het ek aan dr Anton Rupert gevra of hy kan dink aan enige Afrikaanse maatskappy of Afrikaanse ondernemers wat deur 'n Engelse maatskappy bemagtig is. Hy het vir 'n oomblik nagedink en toe gesê: "Nee, ek kan nie aan 'n enkele geval dink nie, en ek is baie dankbaar daarvoor." Ons het vir 'n rukkie gepraat oor Federale Mynbou, 'n maatskappy in die Sanlam-stal wat in 1963 met die steun van...

Mense en grense
2005

Ampie Coetzee - 2007-06-13
Verraaiers en profete: Afrikanerdissidente intussen Gerrit Brand se uitnodiging aan my om deel te neem aan dié gesprek eindig so: Hoe voel dit om 'n dissident te wees? Wat dryf 'n mens daartoe? En is dit die moeite werd? Hoe dink die Afrikanerdissidente van destyds oor die nuwe Suid-Afrika van vandag? Hoe sien hierdie mense die nuwe grense tussen meelopers en buitestaanders? Drie oudstryders is aan die woord. Die woord oudstryders moet maar met 'n knippie sout geneem word. Ons is al...

Wanneer die tyd uit lit is: Aktivisme of apatie?
2005

Bert Olivier - 2007-06-13
Hoe weet mens die tyd is uit lit[1], ont-wrig? Wanneer, ten spyte van mooi beloftes, die gaping tussen ryk en arm lande (asook ryk en arm mense in dieselfde land) al hoe groter word. Wanneer die voortbestaan van al hoe meer van die lewende spesies op ons blou planeet bedreig word omdat die dominante spesie, die "rasionele" wese par excellence - homo sapiens sapiens - nie genoegsaam vir ander lewende wesens omgee om ’n gesamentlike poging aan te wend om dit te voorkom nie.[2] Wanneer meer...

Waar is die nuwe generasie swart Afrikaanse skrywers?
2005

Nèlleke de Jager - 2007-06-13
You can only be a proper grown-up publishing house in this country if you publish the very best of home-grown fiction. – Nicholas Pearson, Britse uitgewer van Vikram Seth se A Suitable Boy en Jonathan Franzen se The Corrections[1] Fred Khumalo, ’n bekende rubriekskrywer en joernalis van Sunday Times, het ’n paar weke gelede ’n hond in die hoenderhok losgelaat met sy vraag: “Waar is die nuwe generasie swart skrywers in Suid-Afrika? Is daar werklik ’n nuwe golf...

HE Bates en die derde stroom
2006

Hennie Aucamp - 2007-06-13
Kan 'n heteroskrywer oor gays skryf? Hennie Aucamp bespreek die werk van HE Bates (1905-1974) Hierdie kritikus moet tot sy verleentheid erken dat hy nie presies kan sê waar hy die sinsnede “third stream of consciousness” raakgeloop het nie. Dit was lank gelede, veertig jaar of verder terug, vermoedelik in die tydskrif English Studies; maar waarop dit slaan, onthou hy nog goed, naamlik ’n buitengewone sensibiliteit vir fenomene wat buite die “normale” patrone lê,...

Dit reën op Rietfontein!
2006

Desmond Painter - 2007-06-13
'n Beskouing oor Eugène Marais se Versamelde Werke, The Soul of the White Ant, The Soul of the Ape en Dwaalstories I Hierdie gesamentlike heruitgawe van Eugène Marais se tweedelige Versamelde Werke, geredigeer en versorg deur sy bekendste biograaf, Leon Rousseau, en drie ander klassieke (Dwaalstories, The Soul of the White Ant en The Soul of the Ape) is maar die jongste oplewing van belangstelling in hierdie skrywer se lewe en werk. Dit is 'n Marais-seisoen en hierdie publikasies...

Die Groot Small - oor die lewe en werk van Adam Small
2006

Steward van Wyk - 2007-06-13
I Baie dankie aan prof Van Zyl en die Woordfees vir die uitnodiging om deel van hierdie program te wees. Ek wil begin deur enkele biografiese besonderhede te noem, waarna ek chronologies na Small se werk sal kyk en ‘n paar temas en vormlike tegnieke sal uitwys. Adam Small is op 21 Desember 1936 op Wellington in die Boland gebore. Sy familie aan vaderskant is Christelik-Gereformeerd en dié van sy moeder Islamities; dié invloede prent by hom vroeg reeds kulturele en godsdienstige...

Die lyf as landskap
2005

Hennie Aucamp - 2007-06-13
Aan die nagedagtenis van Sheila Cussons, wat geen onderskeid getref het tussen sensualiteit en mistiek nie. Die naaktfiguur in die kunste - of wat ons vandag met terugskouende wysheid kunste noem - is so oud soos die mensheid self, en kom voor in kulture wat reeds hul omtrekke in die mis van die tyd begin verloor. Soms word beeldjies opgegrawe wat kennelik met vrugbaarheidsrites geskakel het - wil hierdie beeldjies lewe verheerlik of doodsangs besweer? Sheila Cussons oordeel soos volg in haar...

CJ Langenhoven as kunstenaar
2005

Thijs Nel - 2007-06-13
Langenhoven het gesê: Onsterflikheid kan maar na die dood kom. Onthou dit, o kunstenaar, en wees getroos. [1] In sy volgende spreuk volg hy dit op met: Daar is geen kuns by sukkel nie en geen sukkel by kuns nie. [2] Elders het hy geprofeteer: Ons is ’n volk van woord en daad, min doen, maar baie praat. Wees gewaarsku, vanaand gaan gepraat word. Kuns, kunstenaar en Langenhoven Wat beteken die woord kuns? Wat is ’n kunstenaar? Ek wil probeer uitklaar wat die twee begrippe...

Versoening in die ban van geskiedskrywing as ''memory politics''?
2006

Loammi Wolf - 2007-06-13
’n Paar inleidende opmerkings Onlangs het ’n woordewisseling op SêNet ontstaan oor die gebruik van bepaalde gelaaide woorde soos joiners, hensoppers en etniesesuiwering in die taaldebat. Kort voor lank is ander persone daarvan beskuldig dat hulle “holocaust-ontkenners” is in die huidige taaldebat waar dinge verwar is met die lot van die burgerlike bevolking in Britse konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog. Onder meer het dr Dan Roodt beweer dat 35 persent van...

Was daar 'n Tagtigerbeweging?
2005

Elize Botha - 2007-06-13
My optrede vanaand het 'n preambel nodig. Van groot belang is dit om daarop te wys dat dit nie die bedoeling was dat ek vanaand alleen hier voor u staan nie. My wens was dat Piet Roodt, my eertydse kollega in die Departement Afrikaans van die Universiteit van Pretoria, hier saam met my sou optree. Hy was immers as redaksielid van die Tydskrif vir letterkunde my onmisbare helper deur die hele dekade van Tagtig heen. En dit is in hoofsaak as redakteur van die Tydskrif, 1973-1992, en dus ook gedurende...

Afrikaans: 'n Koalisie van gewilliges is nodig
2004

Chris Brink - 2007-06-13
Inleiding Voorsitter, dames en here, namens die Universiteit, welkom op Stellenbosch. Dankie en geluk aan NTLA met die idee van 'n nasionale taalberaad. Van die universiteit af: ons stem saam dat 'n nasionale strategie vir Afrikaans 'n goeie idee is. Ons voorsien 'n koalisie van gewilliges wat dit sal waar maak. En ons ondersteun ook heelhartig die opdrag wat die sprekers van die organiseerders gekry het: "Hou dit prakties!" In die gees daarvan, dan, bied ek graag 'n paar sobere opmerkings...

Verwyderd die uwe, Henry James
2004

Hennie Aucamp - 2007-06-13
Colm Tóibín is 'n eietydse Ierse skrywer wat in Ierland woon en werk. Sy status as romanskrywer en essayis groei met elke nuwe publikasie, sy seksoriëntasie ten spyt, want die gehalte van sy werk is so onomstootlik dat dit alle burgerlike vooroordele uit die weg vee. Sy bundel essays Love in a Dark Time: Gay Lives from Wilde to Almodóvar blý byvoorbeeld op winkelrakke verskyn, al is dit reeds in 2001 gepubliseer. Sy voorlaaste roman, The Blackwater Lightship, is verfilm,...

Agaat as kultuurdokumentasie vir die toekoms: 'n reaksie op Johann Rossouw se politieke lesing van Marlene van Niekerk se Agaat in Vrye Afr
Andries Visagie - 2007-06-13
Naas Chris van der Merwe se LitNet-resensie van Marlene van Niekerk se boek Agaat is Johann Rossouw se artikel in die Vrye Afrikaan tot dusver die volledigste en interessantste leesverslag van Van Niekerk se magistrale roman. In sy gereelde artikels in die pers en in vaktydskrifte het Rossouw hom oor die afgelope jare bewys as 'n besonder kreatiewe en energieke kultuurfilosoof. Op 'n skerpsinnige manier slaag hy daarin om die idees van Franse denkers soos Régis Debray en Bernard Stiegler toe...

Karnaval van die diere: die skrywende waterkewer eerder as die jollie bobbejaan
2005

Willie Burger - 2007-06-13
Anton van Niekerk het in sy stuk (eers op LitNet en toe in Rapport, 6 Februarie) deeglik gereageer op Johann Rossouw se resensie van Agaat. Dit is altyd goed as daar 'n debat oor enige literêre teks ontstaan. Agaat is boonop 'n roman wat baie aandag behoort te kry en soos die tyd verloop en die besef van die impak en reikwydte van die roman momentum gaan kry, sal daar hopelik 'n baie sinvolle gesprek oor die roman gevoer word. Sowel Johann Rossouw as Anton van Niekerk wys daarop dat die roman...

Taal, landskap en identiteit
2003

Dan Roodt - 2007-06-13
Die kwessie rondom taal is besig om dié aangaande ras te vervang as die belangrikste enkele strydpunt in Suid-Afrika. Selfs gedurende die grondwetlike onderhandelinge tussen die Nasionale Party en die ANC tydens die aanloop tot die 1994-verkiesing het slegs drie vraagstukke hul onderskeie standpunte geskei, naamlik eiendomsreg, die sogenaamde uitsluitingsklousule (waarvolgens ’n werkgewer stakende werkers kon uitsluit), en natuurlik, die reg op, of soos dit geblyk het, die keuse van...

Die subteks van 'n ysberg
2004

Hennie Aucamp - 2007-06-13
Arctic Summer, deur EM Forster Gepubliseer in 2003 112 bladsye, sagteband ISBN: 1843910616 ... it is impossible to communicate emotion: the soul is obliged to keep her secrets whether she wishes to or not. "You try to touch his depths without using your depths, and it can't be done. One subconsciousness must call to another. Which is a clumsy way of saying that there must be affection." ... an Englishman is assumed to be capable of understanding himself. Al drie aanhalings kom uit...

Amerikaanse sielkunde en die liberale ideaal
2003

Desmond Painter - 2007-06-13
Akademiese publikasies soos die artikel “Political Conservatism as Motivated Social Cognition” deur die Amerikaanse sielkundiges John Jost, Jack Glaser, Arie Kruglanski en Frank Sulloway (2003) trek nie gewoonlik veel aandag by die algemene publiek nie. Hiervoor is akademiese tydskrifte te ontoeganklik vir nie-akademiese lesers - en selfs al sou sulke lesers toegang hê tot hierdie tydskrifte, is akademiese skryfstyle, veral in die eksperimentele sielkunde, dikwels nie juis ’n...

Kennis van sensuur
2004

André P Brink - 2007-06-13
Kennis van die Aand Deur: André P Brink Uitgegee deur: Human & Rousseau, 2004 ISBN: 0798142839 Bladsye: 480 Sagteband Met die jongste heruitgawe van Kennis van die Aand in Human & Rousseau se Klassiek-reeks kan ek dit eintlik nie verhelp om terug te dink aan die gedoe rondom die verbod op die boek net mooi dertig jaar gelede nie. Vandag is dit moeilik, selfs vir dié wat dit meegemaak het, om jou in te dink in die buitensporigheid van die hele gedoente - wat nog te sê...

Dryfhout: die ontstaansgeskiedenis
2004

Hennie Aucamp - 2007-06-13
In sellofaan verseël DJ Opperman het gesê hy praat nie oor brood in die oond nie. Dis 'n wyse beleid wat gerus deur ander skrywers gevolg kan word, want die muse is 'n kribbige ou dame wat geheimhouding van haar kliënte eis, en by ontstentenis daarvan, haar dienste summier kan opsê. As ek nou tóg gaan oortree deur oor my manuskrip Dryfhout te praat, kan ek my darem op 'n paar versagtende omstandighede beroep. In die eerste plek is Dryfhout 'n voltooide produk. Om die...

Erotiese verhulling as invalshoek vir outobiografiese prosa
2004

Eben Venter - 2007-06-13
Daar word beweer dat daar 'n storieboek in elkeen van ons steek. Op 'n dag, die dag toe jy jou verstand kry, trek jy 'n laai oop en daar is jou storie in al sy gedaantes en skakerings, aanwesig in 'n veelheid van fasette in tientalle vakkies en afskortinkies. In een van die vakkies, 'n boks. Jy maak die boks oop en daar ontdek jy jou vertellerstem. Skamerig en effe teruggetrokke, dié stem, sodat hy van die lig wegskarrel nes jy die deksel van die boks lig en agter 'n verdere, kleinere boksie...

Hoe dit gekom het dat ek Poppie geskryf het
2004

Elsa Joubert - 2007-06-13
Die Swerfjare van Poppie Nongena Uitgewers: Tafelberg Uitgewers ISBN: 0624023338 Publikasie datum: 1996 Bladsye: 292 Formaat: Sagteband Nou onlangs met 'n besoek aan Namibië staan ek weer langs die gruispad net buitekant Tsumeb waar ek in 1974, dertig jaar gelede, staan en kyk het na die lang konvooie vlugtelinge wat uit Suid-Angola oor die grens die destydse Suidwes-Afrika binnekom. Die tydskrif Sarie het vir my en 'n fotograaf gestuur om verslag te doen oor hierdie totaal nuwe...

'n Skedonk van misterie
2005

Abraham H de Vries - 2007-06-13
Tot verhaal kom Uitgewers: Human & Rousseau (Pty) Ltd ISBN: 0798143533 Publikasie datum: 2003 Bladsye: 128 Formaat: Sagteband Suspended between the choice of pure history and pure fiction, the contemporary writer chooses fiction. With this option, the writer is bound to more acute awareness of himself in the act of creating. The external become diminished, and the writer moves away from objective reality, away from history, away from plot, away from defined character, until the...

'n Koppige relaas
2004

Hennie Aucamp - 2007-06-13
’n Skrywer is nie altyd bewus van die rigting(s) in sy eie werk nie, het Van Wyk Louw gesê, en dis ’n goeie ding, wil ek hieraan toevoeg, want ’n alte bewuste “program” kan die vrye vloei van kreatiwiteit belemmer. Dis eers wanneer ’n skrywer terugkyk op sy werk dat patrone en skemerings van patrone na vore kom. Hierdie terugkyk geskied selde spontaan. Dit word meesal ingegee deur opdragte wat onder meer van uitgewers, boekwinkels en leeskringe kan wees....

Afrikaans-wees in Afrika en die Wêreld
2000

Johan Degenaar - 2007-06-13
’n Ongeëksamineerde Afrikaans-wees is nie die moeite werd om deel van te wees nie. I Inleiding Indien ons die tema ernstig opneem dan lei dit tot vrae oor betekenis. Wat beteken dit om Afrikaans te wees? Wat beteken dit om in Afrika te wees? Wat beteken dit om in die wêreld te wees? En onthou, wanneer dit om betekenis gaan, moet ons besef dat betekenis nie gegee is nie maar geskep moet word. En as ons deurvra tot die wortel toe, dan vra ons verskillende vrae eintlik die algemene...

Hibriditeit, of die baster in ons
2000

Steward van Wyk - 2007-06-13
We should define more clearly the trajectory and the territory of the métis, the baster, the bastard, the hybrid, the creole — Breyten Breytenbach Van die ou Grieke van Athene was daar gesê dat hulle so ’n grootse klomp mense geword het, geestelik, omdat hulle “such bastards” was. Die bastards van die lewe — dis nou ons. In die sin van uitteel, nie inteel nie — Adam Small Inleiding Die voorbrand vir hierdie LitNet-beraad lê ’n verband...

Hibriditeit en die internet
2000

Joan Hambidge - 2007-06-13
Die bestaan van die internet het ’n verregaande uitwerking op ons denke. Kennis kan verkry word deur op ’n enkel knoppie te kliek (search) en van webruimte na webruimte — so dansend tussen die verskillende planetestelsels — word inligting binne ’n ommesientjie aan die leser / ondersoeker bekend gestel. Daar bestaan eweneens vele tekste wat as sogenaamde rigtingwysers fungeer vir die ondersoeker wat dikwels te staan kom voor die uiteenlopende en problematiese kwessie...

Die kaart van ervaring van Japie Bikeur
2000

Hein Willemse - 2007-06-13
Die kaart van ervaring van Japie Bikeur [1] 1 My praktyk as ’n professionele leser van die Afrikaanse letterkunde sou die beste omskryf kon word as ’n soeke na die afwesige en stilte. Die vrae wat ek myself dikwels afvra, is waarom is sekere stemme stil of waarom word bepaalde stemme onderdruk? In die meeste letterkundes word dikwels net die dominante stemme gehoor. So was in die Afrikaanse letterkunde of breër die Afrikaanse kulturele projek vir goed ’n halwe eeu hoofsaaklik...

Kan wit en swart saam 'n toekoms bou?
2003

Hermann Giliomee - 2007-06-13
1 Die gebrek aan ’n ideologie vir samewerking Daar is ’n ontstellende gebrek aan rasionele debat tussen swart en wit in die land. Die Parlement sit natuurlik nog steeds, die vrye pers lewer kommentaar, en by wyse van hoë uitsondering vind daar ’n indringende debat op ’n stasie van ’n toenemend slaafse SABC plaas. Maar wit en swart en bruin en wit praat ontstellend by mekaar verby. Behalwe in die heel hoogste kringe van die sakesektor is daar min aanduidings...

Kies vir jou 'n taal: Engels, liberale ideologie en rassisme
2003

Desmond Painter - 2007-06-13
Deel 1: Agtergrond A. Inleiding In hierdie driedelige artikel eksploreer ek die retoriese en ideologiese interaksie tussen alledaagse liberale konsepsies oor taal en veeltaligheid en wat ek, in navolging van Slavoj Zizek (2000), “refleksiewe” rassisme sal noem. Zizek gee ’n nuttige definisie hiervan in ’n bespreking van die liberale Westerse fassinasie, veral in die vroeë 1990’s, met etniese geweld en volksmoord in die Balkan: Dan is daar “refleksiewe”...

Die oorlewing van die nie-dominante tale van Suid-Afrika
2001

Neville Alexander - 2007-06-13
Hierdie onderwerp word vandag veral rondom die kwessie van die handhawing en oorlewing van Afrikaans as amptelike taal in Suid-Afrika bespreek. Hierdie feit is weer van die geskiedenis van ons land afkomstig, want blanke Afrikaanssprekende mense het tot ’n groot mate en in hul eie bewussyn hul voordele en voorregte reeds i.v.m. die taalstryd, d.w.s. teen die oorheersing deur Engels en Groot-Brittanje, verower. Maar, soos ek netnou sal uitwys, ons sou ’n groot fout begaan as ons in Suid-Afrika...


Helize van Vuuren - 2007-06-13
“One out of ten authors of established reputation plunder recondite, neglected, or forgotten books” - Edgar Allan Poe ”Ein wenig borgen bei einem oder einigen andern zeigt Bescheidenheit; welch eine Ungeselligkeit, sich ganz allein vorwärts bewegen zu wollen!” - Bertolt Brecht Die gesprek tussen literêre tekste Die onttrekking van Wilhelm du Plessis se verhaal uit Die mooiste liefde is verby vra vir ’n verheldering van literêre begrippe soos...

Die dramatiese werk van NP van Wyk Louw: met volk-wees as inspirasie
2002

Luc Renders - 2007-06-13
Inleiding Die kritiek van HF Verwoerd op die opvoering van Die pluimsaad waai ver of bitter begin ter geleentheid van die Republiekfees van 1966 is algemeen bekend. So ook die reaksie van NP van Wyk Louw, wat baie teleurgestel gevoel het. JC Steyn berig uitvoerig oor hierdie voorval in sy biografie Van Wyk Louw ’n Lewensverhaal. Selfs na twee jaar het die kontroverse nog bly smeul en skryf Van Wyk Louw: Dit lyk my ons verset ons teen elke poging […] om ons te laat nadink oor die grondslae...

Die Letterkundige Laboratorium van die Universiteit van Stellenbosch (1960-1984)
2000

Johann Lodewyk Marais - 2007-06-13
Inleiding DJ Opperman was op meer as een vlak by opleiding in skeppende skryfwerk betrokke en het ook ’n betekenisvolle inset tot verskillende soorte opleiding gelewer. Dit het nie-formele individuele opleiding aan skrywers, uitgebreide werk as tydskrif- en uitgewerskeurder en formele opleiding in skeppende skryfwerk aan die Universiteit van Stellenbosch ingesluit. In hierdie artikel val die klem hoofsaaklik op die Letterkundige Laboratorium van die Universiteit van Stellenbosch, wat Opperman...

Die laaste (Afrikaanse) boek?
2003

Nicol Stassen - 2007-06-13
Waar staan die Afrikaanse uitgewersbedryf en skrywers, ook ten opsigte van mekaar? Hoe word die eise van die inligtingsera (Eerste Wêreld-lesers) en onderontwikkeldheid (Derde Wêreld-lesers) in een taalgemeenskap versoen? Teen hierdie tyd is die groot geheim uit: Die laaste Afrikaanse boek is toe nie die laaste Afrikaanse boek nie. Karel Schoeman sê self oor die verskyning van sy tweedelige Armosyn van die Kaap: … dit was duidelik die einde van ’n era in die geskiedenis...

Waar's die nuwe stemme in ons letterkunde?
2002

Willie Burger - 2007-06-13
1. ’n Stilstand in die letterkunde As ons wil praat oor “nuwe stemme”, kan ons dit nie doen sonder om na die “ou stemme” te kyk nie. Hoe sal ons immers ’n nuwe stem herken as daar nie ’n vergelykingsbasis is nie? Dit is tensy ons die “nuwe” slegs (ietwat beperkend?) interpreteer as “debutant” en liefs nog ook ’n debutant van jeugdige ouderdom. ’n Interpretasie van “nuwe stemme” as “jong debutante”...

Die kunste en die (globale) mark
2003

Bert Olivier - 2007-06-13
In Spoke van Marx (1994:56-69) waarsku Jacques Derrida teen premature/vroegtydige triomfalisme, soos byvoorbeeld die van die politieke wetenskaplike Francis Fukuyama, oor die beweerde uiteindelike globale seëviering van die vennootskap tussen liberale demokrasie en die “vrye mark”, oftewel kapitaal. Sodanige triomfalisme is, in die lig van wat Derrida hier sê, gewoon blind vir die feit dat hierdie vennootskap die oorgang van (gewaande) “demokratiese” politieke mag...

'n Nuwe hervorming?
2002

Sakkie Spangenberg - 2007-06-13
Ou Testament UNISA 1 Inleidende stellings Ek wil allereers met ’n belydenis begin. Dis een van die oudste belydenisse in die Bybel, maar dis ’n belydenis wat Jesus van Nasaret nie sou gehuiwer het om uit te spreek nie. Dit lui só: Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en vol liefde. Hierdie belydenis is te vind in Psalm 103:8, Eksodus 34:6 en Jona 4:2. Ek begin met ’n belydenis, omdat daar mense is wat die nuwe hervorming probeer diskrediteer as sou dit...

Hiperteks of hipermark? LitNet en die www
2001

Etienne van Heerden - 2007-06-13
Op soek na ’n naam Bill Gates se brawe uitspraak lui: “Die Web verander alles.” Sedert hierdie stelling legendaries geword het, is ons steeds op soek na taal waarmee ons die Web kan beskryf. Soos die geval is met alle verbeelde ruimtes, is die wyse waarop die mens aan die Internet en die www — wat ek hier tesame die Web sal noem[1] — taal gee, van groot belang. Die Web gaan die name wat ons munt, najaag, en ons verbeeldingsvlugte oor sy moontlikhede en sy invloed...


<< 1 2 3 4 >>