Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > SeminaarKamer | Seminar Room > Nuusbrief: Vrye Woord

Nuusbrief: Vrye Woord


<< 1 2 >>

Vrye Woord aankondiging
2011-10-19
Untitled Document Die redaksie van Vrye Woord kondig hiermee aan dat ons na die onlangse afsterwe van ons sameroeper, Charles Malan, besluit het om Vrye Woord se werksaamhede te beëindig. Ons glo dat Vrye Woord as ad hoc-inisiatief uit Afrikaanse skrywersgeledere bydraes gelewer het om die ruimte vir die vrye woord te beskerm, onder meer in verset teen die onbekookte voorgestelde Inligtingswet en in bewusmaking van wat neerkom op die besnoeiing van Afrikaanse literêre...

Vrye Woord stel verdoeming oor aanval op prof Anton van Niekerk
Charles Malan - 2011-07-21
Untitled Document Terwyl die verontwaardiging oor die persoonlike aanval op prof Anton van Niekerk voortduur, wil Vrye Woord as ’n skrywersgroepering ten gunste van spraakvryheid ons verdoeming van die aanval onomwonde stel. Geweld, intimidasie en ander onbeskaafde maniere om ’n standpunt in te hamer hoort geensins tuis in ’n vrye en demokratiese meningswisseling nie. Die openbare debat toon dat dit nie slegs regses is wat teen prof Van Niekerk se uitlatings...

Vrye Woord-nuusbrief – 16.07.2011: Stuit die inligtingswetgewing nú
2011-07-21
Untitled Document 16.07.2011 Vrye Woord gee volledige steun aan die onderstaande protesskrif deur die opstellers van die oorspronklike petisie teen die beoogde muilbandwette, Nadine Gordimer en André P Brink. Vryheid van Uitdrukking Die “toegewings” wat voorgestel word aan die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting moet sonder oogklappe geëien word as blote skynmaatreëls om te verhoed dat die Ontwerp verwerp word deur media-organisasies,...

Vrye Woord-nuusbrief – 24.06.2011: Inligtingswet heroorweeg, maar geensins geskrap nie
2011-07-21
Untitled Document 24.06.2011 Die groot nuus is dat die ANC hulle inligtingswet gaan heroorweeg. Dit beteken egter nog geensins dat dit herroep gaan word nie. Van hulle voorste besluitnemers weier steeds om toe te gee oor sulke kernklousules soos openbare belang. Wat maak dit immers vir ’n magsugtige party saak terwyl hulle eiebelang tot elke prys najaag? Lees onder dat instansies soos Afriforum met hulle protesplanne voortgaan. Met die afsterwe van oudminister Kader Asmal...

Vrye Woord-nuusbrief – 13.06.2011: Die hernude aanslag: Manyi skreeu: “Money!” as eis vir mediavryheid
2011-07-21
Untitled Document 13.06.2011 Jimmy Manyi, die regering se raserige woordvoerder-keffertjie en nou sommer ook magtige mediamanipuleerder met die geldsak, is besig om te ontluik as een van die grootste bondgenote van diegene wat die ANC se voortgesette aanslag op spraakvryheid beveg. Sy nuwe sleutelposisie as manipuleerder, en veral sy talle rassistiese en arrogante uitsprake, wys beter as kommentaar vir die wêreld waarmee die magsdronk regering/ANC besig is. Lees onder hoe...

Vrye Woord-nuusbrief – 14.07.2011: Slagofferverslae
2011-07-15
14.07.2011 Wikiligni: Slagofferverslae Wie praat vrylik namens die slagoffers van geweldmisdaad? Laat WikiLigni jou storie plaas. Die Nederlanders is bekend vir hulle besonder liberale houding oor spraakvryheid. Vrye Woord het egter onlangs berig dat die dagblad Trouw ’n kompetisie gehad het om te peil wat juis nié in die naam van spraak- en skryfvryheid verwoord behoort te word nie. Xenofobiese aanvalle op immigrante is daar een van die grootste knelpunte. In Suid-Afrika...

Vrye Woord-nuusbrief – 04.06.2011: Weer tyd vir burgerlike verset teen die muilbandwette
2011-06-29
Untitled Document 04.06.2011 Weer tyd vir burgerlike verset teen die muilbandwette Ons veg saam met die versetstryders Vrye Woord was een van die talle organisasies wat van die begin af saam met die pers teen die muilbandwette en –praktyke van die ANC gekant was. Ons het mnr. Zwelinzima Vavi persoonlik gelukgewens toe hy onverskrokke standpunt daaroor teen COSATU se alliansievennoot die ANC ingeneem het en hy het sy waardering betuig. Hoe belangrik sy verset simbolies...

Vrye Woord-nuusbrief – 27.05.2011: Hier gaan ons al weer: spook van muilbandwet weer lewend
2011-06-29
Untitled Document 27.05.2011 Hier gaan ons al weer: spook van muilbandwet weer lewend Uit die geledere van Vrye Woord is daar reeds voor die verkiesing gewaarsku dat die uitgeslape ANC-regering net tot daarna gaan wag om weer met hulle twee muilbandwette vorendag te kom. Profetiese dog voorspelbare woorde. In sy hoofartikel vandag vra Beeld soos talle ander belanghebbendes dringend weer dat die inligtingswet deur gewone mense en burgerlike instellings beveg moet word. Hulle...

Vrye Woord-nuusbrief – 21.05.2011: Dán moet die Steves van SA maar eerder stilbly
2011-06-09
Untitled Document 2011-05-21 Dán moet die Steves van SA maar eerder stilbly Johann Rossouw Toe nagenoeg twee derdes van Afrikaners in die 1992-referendum vir ’n nuwe politieke bedeling gestem het, het hulle dit gedoen ná meer as 40 jaar se beheer oor die Suid-Afrikaanse staat. Staatsbeheer het aan minstens twee geslagte Afrikaners ’n ervaring van veiligheid, goeie openbare dienste en politieke geborgenheid gegee. Bykans 20 jaar ná daardie...

Vrye Woord-nuusbrief – 11.05.2011: Petisie oor omgewingsbewaring en seggenskap
2011-05-17
Untitled Document Hier onder berig Beeld vandag oor die petisie. Vrye Woord versoek almal wat sterk oor die saak voel, om onverwyld hulle name en sommer ‘n opmerking ook te gaan byvoeg, by www.litnet.co.za. Die hof het pas besluit Malema se strydlied is haatspraak – sien die brief in Beeld hier onder. Skrywersgroep begin veldtog teen natuurskade Beeld, 2011-05-15 Elise Tempelhoff Afrikaanse skrywers het hul gewig agter die “groen struggle” gegooi. ...

Vrye Woord-nuusbrief – 09.05.2011: Vrye Woord loods petisie teen die plundering van die omgewing
2011-05-11
Untitled Document 09.05.2011 Geen openbare inspraak of gesprek tel meer nie Talle skrywers en woordwerkers wat die drukgroep Vrye Woord se geveg vir spaakvryheid ondersteun, was ook in verset tydens die era van apartheid en sensuur. Soos Tim du Plessis van Beeld dit stel: dit is egter tans ’n nuwe, groen struggle. Die omgewing word voor ons oë met behulp van die ANC verwoes. Weereens pas die ANC-regering sy bekende muilbandstrategie toe deur belangegroepe se versetstemme...

Vrye Woord-nuusbrief – 03.05.2011: Vrye Woord herdenk Wêreld-persvryheidsdag
2011-05-04
Untitled Document 03.05.2011Vrye Woord herdenk Wêreld-persvryheidsdag Tydens die viering vandag verklaar Vrye Woord graag ons voortgesette toewyding om die onderdrukking van pers- en spraakvryheid te bestry. Lees meer oor die dag in die Engelse berig hier onder. Ons mag nie gerus raak omdat die uitgeslape ANC besef het hulle moet minder luidrugtig oor hulle twee muilbandwette wees nie, veral voor die verkiesing. Hulle het nog geensins hulle drakoniese planne laat vaar nie....

Vrye Woord-nuusbrief – 13.04.2011: ANC teen die media is sy eie grootste vyand
2011-04-14
Untitled Document 13.04.2011 ANC teen die media is sy eie grootste vyand Herman Toerien As Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, korrek is dat die media, veral gedrukte media, die ANC se grootste opposisie in die komende verkiesing is, beteken dit eintlik dat die ANC sy eie grootste opponent is. Dit is immers die taak van die media om die kiesers oor die nuus op die hoogte van sake te hou. Trouens, in ’n veelparty-demokrasie speel die media ’n onontbeerlike...

Vrye Woord-nuusbrief – 06.04.2011: Regeringskoerant – ’n dwase plan
2011-04-14
Untitled Document 06.04.2011 Regeringskoerant – ’n dwase plan Herman Toerien (Vrye Woord het vroeër berig hoe die ANC/regering die hele opvoedkundige bedryf met staatsuitgewery inpalm. Nou het hulle klaarblyklik ook ’n oog op ’n hap uit die persbedryf met ’n eie sogenaamde “staatskoerant”. Die skrywer was in die vroeë 1980’s ’n paar jaar lank redakteur van die regering se koerant, Puisano, met ’n oplaag van...

Vrye Woord-nuusbrief &ndash 19.03.2011: Revolusie wat opdoem, is nie die ANC s’n
2011-03-24
19.03.2011 Revolusie wat opdoem, is nie die ANC s’n (Beeld-briewe, 19 Maart) Charles Malan van Vrye Woord skryf: As een van die baie min denkers in die ANC het Pallo Jordan onlangs nog ons agting verdien toe hy teen sy party se voorgestelde beleid spraakvryheid verdedig het. Dit is dus met ongeloof dat mens in Beeld lees hoe hy nou die ANC se liegpropaganda oor die saak voortsit ("Revolusie in SA nie so regstreeks", 17 Maart). Is hy van bo vir skadebeheer aangespreek of aangestel? Met...

Vrye Woord-nuusbrief – 12.03.2011: Internasionale dag teen kubersensuur
2011-03-17
Untitled Document 12.03.2011 Internasionale dag teen kubersensuur Herman Toerien Vandag, 12 Maart 2011, is dit internasionale dag teen kubersensuur. Kuberkommunikasie het veral vanjaar skerp in die soeklig gekom weens die rol wat dit in die Arabiese opstande gespeel het, en vroeër ná die gekonkel met die Iranse algemene verkiesing. Die kuberruim is duidelik steeds besig om veld te wen. Die meerderheid Nederlanders sal liefs ’n maand sonder ’n gedrukte...

Die ANC se aanslag op skrif – 02/03/2011: Why the Protection of Information bill should err in favour of transparency over classification
2011-03-07
02.03.2011 Why the Protection of Information bill should err in favour of transparency over classification Adv Nikki de Havilland Centre for Constitutional Rights Excerpts The Protection of Information Bill currently being considered by Parliament aims to protect sensitive state information by providing for a system of classification and declassification. It is an extremely important piece of legislation, as the existing legislative framework which governs the protection of sensitive information...

Die ANC se aanslag op skrif – 16/02/2011: Is ouers en uitgewers magteloos?
2011-03-07
16.02.2011 Is ouers en uitgewers magteloos? Wie gaan besluit wat leerlinge mag leer? Vrye Woord se WikiLigni het in die vorige nuusbrief onthul hoe die hele opvoedkundige uitgewerybedryf met al sy vertakkings stelselmatig deur die ANC se beleid van state publishing oorgeneem word, presies volgens die model van talle kommunistiese regimes waar die staat vir die proletariaat se kinders besluit wat hulle moet weet en leer. Beeld gaan nou ook ’n verkorte weergawe daarvan publiseer nadat...

Die ANC se aanslag op skrif – 02/02/2011: Hoe die ANC bepaal wat leerlinge mag weet
Charles Malan - 2011-03-07
22.01.11 Hoe die ANC bepaal wat leerlinge mag weet LitNet: Die boek in krisis Charles Malan op LitNet Die ANC se huidige bedreiging van spraakvryheid met wetgewing oor mediabeheer en inligtingbeperking is maar net die oortjies van ’n vet seekoei wat opvoeding betref. Die magsugtige regime is reeds besig om ’n ystergreep op die beheer van kennis en inligting vir toekomstige geslagte leerlinge te verkry. Is dit vergesog dat skimagtige groepe in Luthuli-huis of waar ook al...

Die ANC se aanslag op skrif – 22/01/2011: Inligting: Wanneer jy twyfel, moenie klassifiseer nie
2011-03-07
22.01.11 Inligting: Wanneer jy twyfel, moenie klassifiseer nie FW de Klerk-stigting (Uittreksel uit NewsAlert, nuusbrief van die FW de Klerk-stigting, 21.01.11) Volgens berigte is mnr Cecil Burgess, voorsitter van die ad hoc portefeuljekomitee wat die Wet op die Beskerming van Inligting oorweeg, steeds vasbeslote dat die Wet op die Beskerming van Inligting van toepassing moet wees op alle staatsorgane, ongeag hul relevansie vir staatsveiligheid en die koste en administratiewe las daaraan...

Die ANC se aanslag op skrif – 14/01/2011: Ontsluit ’n nuwe Afrika
2011-03-07
14.01.2011 Rassisme-seminaar: Ontsluit ’n nuwe Afrika (Die rubriek het in Beeld van 2011-01-12 verskyn.) Charl-Pierre Naudé Verskeie onlangse aantygings van “rassisme” in die media het een ding duidelik gemaak: Dié woord word rojaal gebruik om die ontleding van legitieme kulturele en politieke verskynsels en verskille te systap. En dis veral die ANC-staat wat tans die belhamel daarin is. Helaas, wit sowel as swart mense is skuldig. Wanneer iets wat nie rassisties...

Die ANC se aanslag op skrif – 07/01/2011: Vrye Woord-seminaar – Wat mag en moet oor rassisme gesê word?
2011-01-13
07.01.2011 Agtergrond Deur Charles Malan In Vrye Woord se missie om spraakvryheid met mag en mening te verdedig en bevorder is dit noodsaaklik dat daar openhartig na alle kante van die saak gekyk word. Op die oomblik is die ANC se pogings om die pers en inligtingverspreiding vas te vat uiteraard die belangrikste fokuspunt. Hulle onheilige planne vir 2011 sal duideliker word wanneer die parlement weer op dreef is. ’n Belangrike saak van spraakonderdrukking is egter in veral Afrikaanse...

Die ANC se aanslag op skrif – 02/01/2011: Wanneer moet ons paniekknoppie druk?
2011-01-10
02.01.2011 Wanneer moet ons paniekknoppie druk?Dene Smuts Die bekende voorvegter teen die onderdrukking van spraakvryheid, Dene Smuts, som vandag die aanslag teen spraakvryheid in Rapport Weekliks op. Sy gee besonderhede oor die beoogde wet wat vir ondersteuners van die Vrye Woord van groot belang is. Daarna berig Rapport verder oor die jongste van WikiLeaks. Hier volg uittreksels. Vandeesmaand moet die parlement se ad hoc-komitee oor die omstrede Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting...

Die ANC se aanslag op skrif – 24/12/2010: Die “Rooi Gevaar” vir persvryheid
2011-01-06
24.12.2010 Die “Rooi Gevaar” vir persvryheid: Ope brief aan Jeremy Cronin Beste Jeremy Jy was al in die verlede vriendelik genoeg om persoonlik op Vrye Woord se navrae te antwoord en ons skryf dus graag aan jou persoonlik as digter en denker, al is jy nie die amptelike woordvoerder van die SAKP nie. Dit was nogal ’n teleurstelling dat julle party julle posisie oor ’n mediatribunaal verander het. In julle nuusbrief sê julle die parlement behoort ingryping in die...

Die ANC se aanslag op skrif – 17/12/2010: WikiLigni word bekendgestel
2010-12-21
17.12.2010 ’n “Eie WikiLeaks” vir SA - Beeld WikiLigni word bekendgestel Charles Malan (Beeld van 17 Desember het ’n driekwartbladsy aan die bekendstelling van WikiLigni gewy. Die waarnemende redakteur, Gallie van Rensburg, het boonop welwillend aangebied dat ons die treffende ontwerp hierby as logo kan gebruik.) Die hele wêreld is in rep en roer oor die skandes en geheime wat WikiLeaks onthul het. Nou is daar ook ’n Afrikaanse eweknie: WikiLigni....

Die ANC se aanslag op skrif – 12/12/2010: Plaaslike skrywers verafsku Liu Xiaobo se gevangenskap
2010-12-15
12.12.2010 Vrye Woord wil as ’n skrywersdrukgroep saam met die internasionale gemeenskap die sterkste protes en afsku uitspreek dat die wyd gerespekteerde skrywer en aktivis Liu Xiaobo deur Sjina verhoed is om sy welverdiende Nobelprys vir Vrede te ontvang. Hy is in die tronk gestop en sy vrou, Liu Xia, is onder huisarres. Ons eis, soos die grootste deel van die wêreld, sy vrylating en die opheffing van alle beperkings van spraakvryheid op hom en in Sjina. Suid-Afrika het ’n...

Die ANC se aanslag op skrif – 06/12/2010: Is verset deur drukgroepe futiel teen die ANC se aanslag?
2010-12-08
06.12.2010 Vrye Woord (VW) was al meermale in kleiner kring onder skoot van siniese kritici wat met ons verset spot. Wat kan ons vermag? ’n Bekende skrywer en digter het minagtend in persoonlike skrywes gereageer omdat ons nie ’n bepaalde koerant oor ’n onderonsie met ’n rubriekskrywer (nie Annelie Botes nie!) wou aanvat nie. Ons naam Vrye Woord as ’n drukgroep sê presies waarvoor ons staan: die bevryding van die woord. Geen sensuur en magsbeheer nie. Dit beteken...

Die ANC se aanslag op skrif – 01/12/2010: Wat wil die ANC in die doofpot stop?
2010-12-03
01.12.2010 Verdediging wys hoe dit gedoen moet word Dit wil voorkom asof die fokus nou vinnig van die twee omstrede muilbandwette verbreed moet word om besonderhede te gee oor dit wat die ANC/regering/staat eintlik so graag wil toesmeer met geheimhouding en mediabeheer. Die Departement van Verdediging het so ’n intelligente minister dat sy gereeld vir die hele land wys hoe om selfs die parlement te minag, moeilike vrae te ignoreer of veral sensitiewe inligting as staatsgeheime te bestempel....

Die ANC se aanslag op skrif – 26/11/2010: Hoe lyk die vrye woord – wie het die mag?
Charles Malan - 2010-12-01
26.11.2010 Hoe lyk die vrye woord – wie het die mag? Charles Malan Breyten Breytenbach het in Rapport Weekliks (21 November) geskryf, volgens die opskrif: “Al hoop vir ’n gekwelde en pap volk is die vrye woord.” Hoe lyk hierdie vrye woord vandag in die lig van blitsveranderende tegnologie? Hoeveel seggenskap het Jan en Sarie Alleman? Op die volgende bladsy van die bylae lewer Max du Preez repliek op Nina Overton-De Klerk se professorale intreerede met die opskrif...

Die ANC se aanslag op skrif – 20/11/2010: Breyten – ''Al hoop vir ’n gekweste en pap volk is die vrye woord''
2010-11-23
20.11.2010 Al hoop vir ’n gekweste en pap volk is die vrye woord – Breyten 2010-11-20 Breyten Breytenbach Breyten Breytenbach se artikel beslaan die hele voorblad van Rapport Weekliks. Hy ontleed eers die haglike toestande in die land en het dan bepaalde voorstelle vir Vrye Woord. Hier is uittreksels uit die dele wat die meeste vir Vrye Woord ter sake is. Lees die hele stuk hier. * Jy weet jy vat ’n kans as jy probeer uitklaar waar die land nou staan, al is dit slegs om self...

Die ANC se aanslag op skrif – 11/11/2010: Vavi – ''Crash the walls of division''
2010-11-18
11.11.2010 Zwelinzima Vavi se antwoord aan Vrye Woord. Received 11 November Dear Charles Thank you for a rather heartening letter. I truly appreciate that more and more South Africans are crashing the walls of division that were designed to keep them apart. More importantly, there is a just a set of values accruing from our Constitution that should unite us irrespective of other differences of opinion we will always have, including at the ideological level. Thank you once more. Regards ...

Die ANC se aanslag op skrif – 10/11/2010: Open letter to Zwelenzima Vavi
2010-11-10
10.11.2010 To: The Secretary General, COSATU Mr Zwelenzima Vavi Dear Mr Vavi This is intended as an open letter for free distribution. Vrye Woord/Free Word is a mainly Afrikaans writers’ organisation which fully supports the urgent writers’ petition to campaign for the freedom of speech and expression. We are not yet a trade union, but are considering the options for a future organisational structure. Our views and newsletters appear regularly on LitNet. We wish to express our strong...

Die ANC se aanslag op skrif – 05/11/2010: COSATU slams ANC about freedom of speech
2010-11-05
COSATU slams ANC about freedom of speech Zwelinzima Vavi 04 November 2010 COSATU GS says secrecy law, as currently drafted, would threaten union whistleblowers Excerpts from Zwelinzima Vavi, COSATU General Secretary's, address to the Daily Maverick Conference, Nelson Mandela Square, Sandton, November 4 2010. Read the entire address on Politicsweb here. (...) The Daily Maverick has an important role to play. We will not always agree with you but we urgently need more such unconventional...

Die ANC se aanslag op skrif – 02/11/2010: Polisie loop wet met mag vooruit
2010-11-02
02.11.2010 Polisie loop wet met mag vooruit Almal wat ten gunste van spraakvryheid is, wag in spanning om te sien wat die uiteinde is van die polisie se pogings om ’n koerant se mond te snoer en die appèl teen hulle interdik. ’n Polisie-“diens” wat veronderstel is om vry van politieke beheer te wees, wys reeds hoe bullebaktaktiek uitgeoefen gaan word as die voorgestelde inligtingswet toegepas gaan word. Hulle het dit reeds dramaties gedoen toe hulle ’n hele...

Die ANC se aanslag op skrif – 02/11/2010: First Albie Sachs Freedom Award to crusader against censorship, Piet Westra
2010-11-02
First Albie Sachs Freedom Award to crusader against censorship, Piet Westra Justice Albie Sachs presented new award at LIASA conference LIASA Statement by LIASA (Library Information Association of South Africa) The new Justice Albie Sachs Freedom Award In 2007 Justice Albie Sachs gave an address that everyone who heard it has remembered. Describing his detention as a young advocate under the “90-day law” by the security police in Cape Town in October 1963, he told the audience...

Die ANC se aanslag op skrif – 02/11/2010: Selfs al sing die ANC "Suikerbossie"
2010-11-02
Selfs al sing die ANC “Suikerbossie” Wat doen die party met ons vryheid? Charl-Pierre Naudé Meningstuk in Beeld, 2010-10-28 Oudpresident Nelson Mandela in gesprek met Cyril Ramaphosa, albei van die ANC, by die destydse veelparty-onderhandelinge in Kempton Park in 1992. Die Grondwet is daar onderhandel. Dikwels word gesê Suid-Afrika se demokrasie berus op goeie idees; dis die uitvoering wat misluk. Ons het glo ’n wonderlike Grondwet; net jammer die ANC oortree...

Die ANC se aanslag op skrif – 28/10/2010: Ware stryd lê voor – Vrye Woord
Charles Malan - 2010-10-28
Ware stryd lê voor – Vrye Woord Skrif is verdoemend en dus teiken nommer 1 vir ANC Charles Malan Die optog na die parlement gister is deur 3 000 mense bygewoon. Die skrywerspetisie en ’n memorandum is aan die parlement oorhandig. André Brink het gesê die regering is besig om Nelson Mandela se nalatenskap te verraai. Indien die wetgewing goedgekeur word, raak dit almal, veral skrywers. “Hulle moenie met skrywers fok nie.” Beeld, 27 Oktober 2010,...

Die ANC se aanslag op skrif – 28/10/2010: Skrywerspetisie oorhandig
André P Brink - 2010-10-28
Die ANC se aanslag op skrif André P Brink Woensdag 27 Oktober is die groot optog (hopelik van derduisende) van Keizersgracht in die Kaap na die parlement met die protesskrif van Right2Know teen die dreigende mediatribunaal en die beplande wetsontwerp oor kammakastige Beskerming van Inligting. Ek hoop om ook daar te wees en terselfdertyd die skrywerspetisie te oorhandig wat ek en Nadine Gordimer geloods het. Gegewe die apestreke van die Zuma-bewind tot dusver, kan geen realistiese mens...

Die ANC se aanslag op skrif – 26/10/2010: Woede laai steeds meer op oor geheimhouding
2010-10-28
Woede laai steeds meer op oor geheimhouding Verset is orals aan die toeneem nadat dr Siyabonga Cwele, minister van staatsveiligheid, dit Vrydag duidelik gemaak het dat die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting die wetboek sal haal. Ook in die geledere van Vrye Woord is die woede steeds meer aan die oplaai. Die nieregeringsorganisasies Media Monitoring Africa en Right2Know betreur Cwele se onversetlikheid. Right2Know sal môre protes by die parlement aanteken. Die minister het totaal...

Die ANC se aanslag op skrif – 25/10/2010: ANC minag reg om te weet
2010-10-26
ANC minag reg om te weet25.10.2010 Die ANC toon by die dag meer hulle minagting vir die publiek se reg om inligting oor sake van landsbelang te kry. Berigte hier onder gee die nuutste prentjie. Niemand minder belangrik nie as ’n generaal, Anwa Dramat, het as hoof van die Valke nou finaal die reusagtige skandaal van die wapenaankope in die doofpot probeer stop. Dit is sterk te betwyfel of die pot groot genoeg daarvoor is, maar Helen Zille beskryf dit tereg hier onder as die moeder van alle...

Die ANC se aanslag op skrif – 22/10/2010: Wat het ons om te verloor?
Herman Wasserman - 2010-10-22
Mediavryheid: Wat het ons om te verloor? Herman Wasserman 2010-10-19 Herman Wasserman is professor in die Skool vir Joernalistiek en Mediastudies aan Rhodes-universiteit in Grahamstad. Hier is uittreksels uit sy rubriek. Lees dit volledig in Die Burger hier. Suid-Afrikaners is vandag op Nasionale Mediavryheidsdag bevoorreg om toegang tot ’n tegnologies gesofistikeerde mediabedryf te hê. Maar wat is daar om te vier? Nasionale Mediavryheidsdag is ingestel ter herdenking van die dag...

Die ANC se aanslag op skrif – 21/10/2010: Die mitiese ANC nou ’n malêmarige monster
Breyten Breytenbach - 2010-10-21
Die mitiese ANC nou ’n malêmarige monster Breyten Breytenbach In die nuusbrief is daar al berig oor die vervaging van grense tussen die ANC as party, die staat en die regering. Die opskrif van die nuusbrief stel dit duidelik dat dit die ANC se aanslag op skrif is omdat hulle besluit wat sal gebeur. Hier is Breyten Breytenbach se opsomming van die huidige stand van sake. Waaroor dit op hierdie punt gaan, is dat die ANC-Bond, ten spyte van interne slordigheid, hulle gewaande historiese...

Die ANC se aanslag op skrif – 20/10/2010: Polisiekriminaliteit mét na vervolger gaan
Loammi Wolf - 2010-10-20
Polisiekriminaliteit móét na vervolger gaan– Loammi Wolf 20 Oktober, 2010 In ’n artikel, “Media tribunal: Why access to the courts is important” wat in die nuusbrief opgeneem is, het Loammi Wolf kapsie gemaak daarteen dat die ANC die howe en die staatsaanklaers omseil. Sy berig soos volg oor die jongste stand van sake: Ek het onder meer ook verwys na die wetsontwerp, waarin magsmisbruik en kriminaliteit van die polisie deur die “Independent Police Investigative...

Die ANC se aanslag op skrif – 17/10/2010: South African press now only “partly free”
Liesl Jobson - 2010-10-18
South African press now only “partly free”– Liesl Jobson 15 October, 2010 This article first appeared on Poetry International’s website. Liesl Jobson and Vrye Woord’s Charl-Pierre Naudé represent South Africa on the panel. Note the interesting articles on South African writers, in particular Adam Small, who could not attend performances of his own acclaimed play Kanna hy kô hystoe under apartheid regulations. It was a disconcerting day in late April...

Die ANC se aanslag op skrif – 15/10/2010: Kampvegter vir spraakvryheid bekroon
2010-10-15
Kampvegter vir spraakvryheid bekroonDie redakteursbrief op LitNet berig soos volg oor ’n lid van Vrye Woord se nuusbriefredaksie: Etienne van Heerden is gisteraand bekroon met die Hertzogprys vir sy roman Dertig nagte in Amsterdam. Van Heerden het in sy aanvaardingstoespraak vandag se politieke atmosfeer rondom sensuur en mediavryheid vergelyk met dié in 1989 toe die Hertzogprys aan hom toegeken is vir sy roman Toorberg. Hy het dit beklemtoon dat die pen magtiger as die swaard is en...

Die ANC se aanslag op skrif – 13/10/2010: Pogings tot media- en inligtingbeheer ongrondwetlik
Loammi Wolf - 2010-10-13
Pogings tot media- en inligtingbeheer ongrondwetlik Loammi Wolf Die Algemene Balieraad van Suid-Afrika het reeds tien redes aangevoer waarom die voorgestelde wet op inligtingbeheer ongrondwetlik is. Ten slotte haal hulle die Konstitusionele Hof se uitspraak aan dat "[the] systemic requirements of openness in our society flows from the very founding values of our Constitution, which enjoin our society to establish democratic government under the sway of constitutional supremacy and the rule...

Die ANC se aanslag op skrif – 12/10/2010: Media REEDS onder ANC-beheer
2010-10-13
Media REEDS onder ANC-beheer Vrye Woord het voorheen berig hoe die ANC reeds beheer oor die media, uitgewerye en die beskikbaarheid van inligting oorneem. Die media word orals toegang geweier, soos by die grootste deel van die afgelope NAR-vergadering in Durban. Nog twee voorbeelde is die belaglike weerhouding van ’n vrylik beskikbare dokument van selfs parlementslede (insetsel hier onder) en die afdwing van inligting oor ras selfs op die media. Etienne van Heerden moes as hoofredakteur...

Die ANC se aanslag op skrif – 11/10/2010: Should the ANC silence the Malalas, not the Malemas?
2010-10-11
Should the ANC silence the Malalas, not the Malemas? A fascinating debate is developing between contributors to Times Live and the ANC cadres. Read more, with links, on the Times Live web page: http://www.timeslive.co.za/ and Politics Web: http://www.politicsweb.co.za/. Here are some paragraphs relevant to press and information freedom. The ANC did not set us free By Justice Malala, Oct 3, 2010 (. . .) Meanwhile, the ANC was detaining and then poisoning the young leader Thami Zulu....

Die ANC se aanslag op skrif – 09/10/2010: Vrye Woord vra medewerking
Redakteur, nuusbrief - 2010-10-11
Vrye Woord vra medewerking In die lig van ons nuusbrief se veel wyer leserstal met die plasing op LitNet wil ons graag aan die losse groepering Vrye Woord meer inspraak gee. Die groepering het aanvanklik begin by diegene wat laat weet het dat hulle die skrywerspetisie van Nadine Gordimer en André Brink ondersteun. Almal wat hierdie skrywe ontvang, kan hulself beskou as ten minste betrokke by Vrye Woord, al stem hulle nie saam nie. Daar is nie soos by die ANC “ingeskrewe...

Die ANC se aanslag op skrif – 07/10/2010: Voorgestelde mediatribunaal: Wat van die hof?
Loammi Wolf - 2010-10-11
Voorgestelde mediatribunaal: Wat van die hof? Teenstanders van die ANC se voorgestelde mediatribunaal moet nou reeds besin oor die grondwetlike implikasies van hulle moontlike wetgewing. Die gereelde nuusbrief-medewerker en grondwetkenner Loammi Wolf, wat Democracy for Peace vanuit Duitsland bestuur, vra belangrike vrae oor die rol van die howe. Dit natuurlik teen die agtergrond van die manipulasie wat plaasgevind het sodat die belangrikste aangeklaagde persoon in hierdie land skotvry daarvan...


<< 1 2 >>