Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > SeminaarKamer | Seminar Room > LitNet Akademies-gespreksruimte

LitNet Akademies-gespreksruimte


<< 1 2 >>

LitNet Akademies: Cas Vos gesels oor godsdienstige verwysings in koerantberigte oor misdaad en ongelukke
Cas Vos - 2011-05-09
Cas Vos reageer op die artikel “’n Kritiese evaluering van godsdienstige verwysings in berigte oor misdaad en ongelukke in Beeld en Rapport” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Christo Lombaard en Johannes Froneman. Die wêreldbeeld is nie net ’n geslote werklikheid nie, maar daar is ook ruimte vir ’n “poreuse wêreldbeeld” (vgl die filosoof Charles Taylor in dié verband). In sy jongste werke gee die filosoof...

Normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal. Jacques Fourie reageer
Jacques Fourie - 2011-04-26
Jacques Fourie van die metalgroep Mind Assault reageer op die artikel “Vervreemding in die ekstreem: ’n Oorsig oor normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Burgert A Senekal. Ek stem saam met die skrywer. Ek voel byvoorbeeld dat ek myself meer “waar” uitdruk in Afrikaans. Die woorde kom maklik na my wanneer ek in hierdie taal skryf en iets wil uitbeeld of oordra. Dis ’n growwe...

LitNet Akademies: Helené van Tonder gee haar mening oor die veelduidigheid van tekste
Helené van Tonder - 2011-04-11
Helené van Tonder reageer op die artikel “Oor die veelduidigheid van tekste” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Bernard Lategan. Met die lees van Lategan se artikel het ek opnuut stomgestaan voor die wetenskap wat my altyd op my knieë hou (nederig én biddend): hermeneutiek. Die verskillende hoeke waaruit Lategan hermeneutiek benader (taalkundig, literêr-teoreties, historiografies en filosofies), belig weer die beduidende invloed...

LitNet Akademies: Nadia Marais gee haar mening oor die veelduidigheid van tekste
Nadia Marais - 2011-04-11
Nadia Marais reageer op die artikel “Oor die veelduidigheid van tekste” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Bernard Lategan. Fronese1 en die veelduidigheid van tekste Inleiding Bernard Lategan huldig in sy miniseminaar “Oor die veelduidigheid van tekste” die opinie dat die veelduidigheid van tekste “’n onomseilbare gegewe in die huidige opset is”, wat hy bespreek aan die hand van taalkundige, literêre, historiografiese...

YouTube-onderhoud: Hendrik Geyer gesels oor LitNet Akademies
Hendrik Geyer - 2011-03-25
Hendrik Geyer, 'n ereredakteur van LitNet Akademies, gesels oor sy loopbaan en navorsing, die behoud van Afrikaans as wetenskaptaal, en sy visie vir LitNet Akademies se Natuurwetenskappe-afdeling. In Deel 1 beantwoord Hendrik Geyer die vrae: Vertel ons waarvandaan jy kom en hoe dit gekom het dat jy fisika as ’n loopbaan beoefen. Watter interessante dinge het jy al in jou beroepslewe gedoen of ervaar? Vertel ons meer van die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing,...

Normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal. Paul Blom reageer
Paul Blom - 2011-03-23
Paul Blom reageer op die artikel “Vervreemding in die ekstreem: ’n Oorsig oor normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Burgert A Senekal. Metaal-are Met ’n geskiedenis in ekstreme musiek wat tot die vroeë 1980’s terugstrek, sal ek hierdie stuk vanuit ’n meer persoonlike perspektief benader. Met ’n liberale siening en ’n duidelike wete van reg en verkeerd absorbeer...

Normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal. Martjie Bosman reageer
Martjie Bosman - 2011-03-23
Martjie Bosman reageer op die artikel “Vervreemding in die ekstreem: ’n Oorsig oor normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Burgert A Senekal. Burgert A Senekal lewer met hierdie artikel, soos met sy ander bydraes oor Afrikaanse protesmusiek (Senekal 2010; Senekal en Van den Berg 2010), ’n waardevolle bydrae tot die kartering van die steeds uitbreidende Afrikaanse musiektoneel. Die subgenre...

Wat is goeie wetenskap? Braam Roux en Fanie de Beer reageer
Braam Roux - 2011-03-17
Braam Roux en Fanie de Beer reageer op Wieland Gevers/Susan Veldsman en Melodie Nöthling Slabbert se reaksies op hulle artikel “Onderweg na goeie wetenskap 2: Die funksie van strategie, visie en beleid” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling. In die gewaardeerde reaksies op ons artikel “Onderweg na goeie wetenskap: Die funksie van strategie, visie en beleid” het twee perspektiewe uitgekom: een wat met beleidmaking te make het (alhoewel dié “party”...

Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma. Hans Ester reageer
Hans Ester - 2011-03-15
Hans Ester reageer op die artikel “Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma: ’n Verkenning van Verkenning” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Cilliers van den Berg. Die funksie van taal en die rekbaarheid van die begrip trauma Cilliers van den Berg se teks oor die wedersydse betekenisgewing van trauma en postkolonialisme is ’n groot uitdaging vir die geesteswetenskaplike besinning en is besonder waardevol om met kollegas en gevorderde...

Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma. Hennie van Coller reageer
Hennie van Coller - 2011-03-08
Hennie van Coller reageer op die artikel “Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma: ’n Verkenning van Verkenning” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Cilliers van den Berg. My gevraagde kommentaar op die uitstekende artikel van Cilliers van den Berg, “Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma: ’n Verkenning van Verkenning”, sal die vorm aanneem van kanttekeninge. Van den Berg definieer trauma (2) as...

Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma. Philip John reageer
Philip John - 2011-03-08
Philip John reageer op die artikel “Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma: ’n Verkenning van Verkenning” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Cilliers van den Berg. Die oorbodigheid van “traumateorie” Die aanname waarop my bydrae tot hierdie seminaar berus, is dat Cilliers van den Berg se artikel oor Verkenning ’n waardevolle ontwikkeling verteenwoordig van ’n debat wat nou al byna ’n dekade in die Afrikaanse...

YouTube-onderhoud: Jannie Hofmeyr gesels oor LitNet Akademies
Jannie Hofmeyr - 2011-02-24
Jannie Hofmeyr, ’n ereredakteur van LitNet Akademies, gesels oor sy loopbaan, sy liefde vir Afrikaans en die behoud van Afrikaans as wetenskaptaal, en sy visie vir LitNet Akademies se Natuurwetenskappe-afdeling . In Deel 1 beantwoord Jannie Hofmeyr die vrae: Vertel ons waarvandaan jy kom en hoe dit gekom het dat jy biochemie as ’n loopbaan beoefen. Wat beskou jy as die hoogtepunt in jou loopbaan tot dusver? Vertel ons meer oor die navorsingsprojek(te) waarmee...

Wat is goeie wetenskap? Danie Strauss reageer
Danie Strauss - 2011-02-17
Danie Strauss reageer op die artikel “Onderweg na goeie wetenskap 2: Die funksie van strategie, visie en beleid” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Fanie de Beer en Braam Roux. Ek het met belangstelling en met globale instemming die uitvoerige artikel van twee van my jare lange goeie filosofievriende, Fanie de Beer en Braam Roux, gelees. Ter wille van die voortgesette gesprek wat hierdie artikel behoort te genereer wil ek slegs by enkele gesigspunte wat...

Wat is goeie wetenskap? Wieland Gevers en Susan Veldsman reageer
Wieland Gevers - 2011-02-09
Wieland Gevers (hoofskrywer) en Susan Veldsman reageer op die artikel “Onderweg na goeie wetenskap 2: Die funksie van strategie, visie en beleid” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Fanie de Beer en Braam Roux. Die uitgebreide artikel deur Braam Roux en Fanie de Beer getiteld “Onderweg na goeie wetenskap 2: Die funksie van strategie, visie en beleid” is een van die mees deurdagte onlangse bydraes tot wesentlike kwessies rakende wetenskapsbeleid...

Wat is goeie wetenskap? Melodie Nöthling Slabbert reageer
Melodie Neethling Slabbert - 2011-02-09
Melodie Nöthling Slabbert reageer op die artikel “Onderweg na goeie wetenskap 2: Die funksie van strategie, visie en beleid” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Fanie de Beer en Braam Roux. Braam Roux en Fanie de Beer se bespreking oor die strewe na goeie wetenskap in ’n reeks van vier artikels (“Onderweg na goeie wetenskap”), waarvan twee reeds op LitNet Akademies verskyn het, nl “Ewekniebeoordeling: betroubare weegskaal of vyfde...

Jannie Pretorius reageer op die miniseminaar oor sy artikel in LitNet Akademies wat die pedagogiese hoedanighede van ’n goeie onderwyser op waarderende wyse ondersoek
Jannie Pretorius - 2011-02-09
Jannie Pretorius reageer op die miniseminaarbydraes oor sy artikel “’n Waarderende ondersoek na die pedagogiese hoedanighede van Gerhardus P.V. Bosch” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling. Ek wil eerstens my opregte dank uitspreek teenoor LitNet Akademies, Wolhuter en Berkhout vir die waarde wat hulle tot my artikel toevoeg deur die aanlyn-seminaar daaroor. Dit verskaf my onverdunde plesier dat die debat binne die relatief nuwe veld van Waarderende Ondersoek (WO)...

Avatar: ’n Mitologie vir ons tyd? Gustav Barnard reageer
Gustav Barnard - 2010-11-11
Gustav Barnard reageer op die artikel “Avatar: ’n Mitologie vir ons tyd” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Naas Ferreira. Met sy artikel oor Avatar maak Ferreira ’n belangrike toevoeging tot die begrip van die mens op hierdie stadium van sy evolusie. Dit hou verband met sy insigte in mites en hul aard in die algemeen, asook sy kennis van die tegniese en onderliggende werklikhede van films en hul vervaardiging. Dit kwalifiseer hom uniek om diepte...

Avatar: ’n Mitologie vir ons tyd? Christo Lombaard reageer
Christo Lombaard - 2010-11-09
Wat mite kan: Christo Lombaard reageer op die artikel “Avatar: ’n Mitologie vir ons tyd” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Naas Ferreira. Die verklaring vir mites is dat hulle verklaar. Mites – en hier nie die algemene gebruik van “mite” as, plus-minus, “leun” nie, maar die tegniese gebruik van “mite” as, breedweg, “betekenisgewende meta-narratief” – is op ’n manier soos wetenskaplike...

Avatar: ’n Mitologie vir ons tyd? Bert Olivier reageer
Bert Olivier - 2010-11-09
Bert Olivier reageer op die artikel “Avatar: ’n Mitologie vir ons tyd” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Naas Ferreira. Naas Ferreira se artikel is interessant en tydig, vir sover die kerke – alle kerke – myns insiens al lankal uit tred is met die behoeftes van die tyd. Eintlik sou ek sover teruggaan as Nietzsche, en selfs Kierkegaard, in die 19de eeu, wat albei op hul eie manier die irrelevansie van die kerk aangetoon het. Nietzsche se...

“In die vyand se kraal”. Die rol en ervaring van Afrikanervroue in die Women’s National Coalition.
2010-11-05


YouTube-onderhoud: Francis Galloway gesels oor LitNet Akademies
Francis Galloway - 2010-11-05
Francis Galloway, mederedakteur van LitNet Akademies, ’n geakkrediteerde Afrikaanse aanlynjoernaal vir die natuur- en geesteswetenskappe, gesels oor verskillende skrywers van artikels in die Geesteswetenskappe-afdeling en die vakgebiede wat gedek word. Sy deel haar toekomsplanne vir hierdie dinamiese tydskrif en bespreek ook haar eie navorsing oor aanlyn- akademiese joernale. Klik op die skakels vir nog onderhoude op YouTube: Dirk Laurie gesels oor LitNet Akademies Martin Kidd gesels...

YouTube-onderhoud: Jan van Vuuren gesels oor die toepassing van wiskunde in die praktyk en gee raad aan skoliere wat in die wiskundige wetenskappe wil studeer
Jan van Vuuren - 2010-10-20
Alewyn Burger, Martin Kidd en Jan van Vuuren is die skrywers van die eerste Natuurwetenskappe-artikel in LitNet Akademies. Jan, wat aan die Departement Logistiek van die Universiteit Stellenbosch verbonde is, gesels hier oor hoe sy paadjie met die wiskundige wetenskappe gekruis het en vertel meer oor die inhoud van dié interessante artikel. Hy gesels ook oor die tipe werk waarmee wiskundiges en operasionele navorsers hulle besig hou, asook die navorsing waarmee hy self tans besig...

YouTube-onderhoud: Martin Kidd gesels oor Latynse vierkante en gee raad aan skoliere wat in die wiskundige wetenskappe wil studeer
Martin Kidd - 2010-10-20
Alewyn Burger, Martin Kidd en Jan van Vuuren is die skrywers van die eerste Natuurwetenskappe-artikel in LitNet Akademies. Martin gesels hier oor sy agtergrond en belangstelling in Wiskunde, sy meestersgraadtesis en sy toekomsplanne. Hy vertel ook meer oor die toepassing van Latynse vierkante in onder meer die skedulering van sporttoernooie, byvoorbeeld tennistoernooie, en die landbou. As jong wiskundige het hy besondere raad vir skoliere wat graag in die wiskundige wetenskappe wil studeer,...

YouTube-onderhoud: Dirk Laurie gesels oor LitNet Akademies
Dirk Laurie - 2010-10-20
Dirk Laurie, Natuurwetenskappe-redakteur van LitNet Akademies, ’n geakkrediteerde Afrikaanse aanlynjoernaal, gesels oor sy agtergrond en deel sy visie vir hierdie dinamiese tydskrif. Hy bespreek ook die verband tussen wiskunde en rekenaars, waarin hy as wiskundige en rekenaarprogrammeerder ’n intense belangstelling het, en gesels oor die inherente eienskappe van ’n natuurwetenskaplike of wiskundige. • Besoek LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) hier!• Klik hier vir nog...

Dirk Laurie in gesprek met Alewyn Burger, Martin Kidd en Jan van Vuuren
Dirk Laurie - 2010-10-20
Dirk Laurie gesels met Alewyn Burger, Martin Kidd en Jan van Vuuren, die skrywers van die eerste Natuurwetenskappe-artikel in LitNet Akademies. In hulle artikel bespreek dié drie wiskundiges die enumerasie van self-ortogonale Latynse vierkante van orde 10. Vertel ’n bietjie waar kom julle vandaan en hoe dit gekom het dat julle operasionele navorsing as ’n loopbaan beoefen. [Alewyn Burger] Ek het naby Worcester (in die Nuy-vallei) grootgeword. Ek was maar altyd lief vir wiskunde....

Charles Malan gesels met Joan-Mari Barendse oor haar artikel in LitNet Akademies
Joan-Mari Barendse - 2010-10-13
Charles Malan gesels met Joan-Mari Barendse oor haar artikel “Eietydse ridders: ’n Vergelyking tussen Die mugu (1959) deur Etienne Leroux en Die avonture van Pieter Francken (2005) deur Jaco Fouché”. Joan-Mari, eers geluk met jou boeiende artikel met die indrukwekkende navorsing wat dit onderlê. Vir my is dit veral om twee redes belangrik: as ’n bydrae tot die skaars vergelykende studies in Afrikaans met die ondersteunende teorie, en dan omdat ek as jong dosent...

LitNet-akademies onderhoud: Francis Galloway in gesprek met Annemie Stimie
Francis Galloway - 2010-09-22
Francis Galloway stel ’n paar vrae aan Annemie Stimie rondom haar artikel “Die Europese musiektradisie en die ontwikkeling van ’n Afrikaneridentiteit. ’n Oorsig van Afrikaanse musiekjoernalistiek in Die Brandwag (1910-1921) en Die Nuwe Brandwag (1929-1933)”. Waar kom jou belangstelling in die musiekjoernalistiek vandaan en wat het jou opleiding behels? Ten einde die BMus-graad te verwerf (Universiteit van Pretoria, 2006), moes ek, soos alle finalejaarstudente, ’n...


<< 1 2 >>