Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans > Ongepubliseerde skrywers

Ongepubliseerde skrywers


<< 1 2 >>

Om duskant die Kalahari te seil
Karin Swart - 2008-09-22
“Onse aarde, wat maak jy nou?” het die rooigesig-, boepensmannetjie met die "100% boer"-hemp daar van die hek se kant af geroep. Die 100 persent-boer is Tielman – Tielman Kotze. “Nou wat bedoel jy?” vra Black daar van bo af. “Ons is besig om haar om te draai – sy word gelaai vandag.” Tielman se gesig trek op ’n plooi; hy probeer hard om nie so dom te lyk soos hy voel nie. “Om te draai? Nou hoe so?” Black het nie...

Nagboek
Celesté Fritze - 2008-08-19
Estelle laat die sykouse se kantstroke oor haar bobene gly; glip die hoëhakke aan. Sy talm ’n oomblik voor die spieël. Daar is iets ongelooflik sensueels aan sy op swart kant. Die geur van Lagerfeld se Sun Moon & Stars volg haar terwyl sy voorportaal toe stap om die karsleutel te gaan soek. Sy vleg deur die laatmiddagspitsverkeer in Schoemanstraat, terwyl Dvořák se Tjello-concerto in B-mineur die dag se spanning uit haar streel. Genadiglik kry sy gou ’n parkeerplek...

Naaldwerk
M Labuschagne - 2008-08-05
IDit is ‘n koel Saterdagoggend iewers in Mei en Ewert lê wawyd wakker. Die horlosie op sy bedkassie wys dat dit 04:37 is, heeltemal te vroeg om op te wees op ‘n naweekoggend. Hy voel moeg, maar iets in sy kop wil nie afskakel nie, al is sy lyf lam uitgeput en sy ooglede krapperig.Charmaine haal diep en rustig asem langs hom. Haar swart, gepermde hare lê oor die kussing in golwe. Onder die lakens kan hy haar slank lyf, met die effens aankapknieë, maar smal enkels, uitmaak....

Almal vir een
Henning Janse van Vuuren - 2008-07-21
“… ek het vir God aan die gorrel … praat jou bliksem!” beveel ek spuwend; ek loer vinnig na haar reaksie. Daar volg ’n inskrywing vir haar rekords en ’n terloopse verskuiwing van die brilraam. Linda Kauffman, Psychiatry Today se psigiater van die dekade. Dit is nie hoekom ek hier is nie. Ek is hier want ek is verveeld en het haar in die tandarts se ontvangs raakgeblaai. Toevallig. Op bladsy 26 is daar ’n vollengte-foto. Ek makeer niks. “Is...

'n Gewone man
Etienne Marais - 2008-07-17
Die gedagtes maal onwillekeurig deur sy kop. Dit voel vir hom asof sy hele lewe dramaties skeefloop, tog is hy aanvanklik blind vir die waarheid. Wanneer die kameras ophou skiet, klim hy van sy kruis af en loop pad af na sy motorfiets waar dit al heeldag in die genadelose son staan en bak. Hy hoor iemand sy naam roep, maar as hy omkyk, sien hy net die deurwag wat ingedagte in 'n donkerblou uniform by die rooi trappe sit en teug aan 'n soveelste sigaret. Hy lig die valhelm na sy kop, maar dit...

Die seekoeigat
Elsa Engelbrecht - 2008-07-17
Na al die jare het ek haar vandag in die stad raakgeloop. Ek sou haar nooit herken het nie - sy het so verander – maar sy het my herken en in die verbyloop my naam gesê. “Lientjie, dit is mos jy, nie waar nie?” Ek het haar stom aangekyk, maar uiteindelik die trekke herken en haar vinnig omhels. “Het jy tyd?” het sy gevra. “Dan kan ons vinnig ’n koffietjie drink. Hier is ’n koffiekroeg net om die hoek.” Ek was eintlik haastig op pad...

Fragmente uit Kleinboer se nuwe manuskrip
Kleinboer - 2008-03-26
Die elektroniese maatskappy vir wie my tweelingbroer werk het hom vir twee weke Swede toe gestuur. Hy stuur daagliks vir my ’n e-pos vanaf sy hotel noord van Stockholm, soos: Die vrouens hier is mooi, maar daar is iets van ’n stille meerderwaardigheidsgevoel omtrent hulle. Dalk omdat ek ’n vreemdeling is. Sy volgende boodskap, ook uit Swede, het niks met vroue uit te waai nie. Hy skryf: Ek het ’n seer babelas van relatief min drank. Dit gaan alles oor mens se maag: as jy in...

Die dowe slagter van Bergstroom
Marthinus van Loggerenberg - 2007-10-26
In die oggend as hy oor gebrande veld staar en sy eerste diep teug aan ’n smeulende sigaret gee, voel Ranye nog die slaap vlak in sy agterkop. Dit voel rustig en tevrede om te weet dat die bekende geur van vars vleis netnou weer in sy neusgate gaan opwel.Die sifdeur kraak welkomend oop en die vaal oggendlig gooi nog bleek skadu’s teen die wit teëlmuur. Vlees lê en wag agter gekantelde glasskywe en die saagmasjien blink in die halfskemer.Ou Phinias en Dorkas wag al agter in...

Ek
Charmaine Stemmet - 2007-10-26
Saggies sif die reën teen my gesig; ek druk tussen die menigte mense deur. Regop en sterk stap hy voor my uit. Ek wag dat hy moet weet ek is agter hom. Sy selfoon lui; sy lag sny deur my. Hy stoot sy kantoordeur oop, sit sy tas op die tafel neer. ’n Stomende beker koffie wag. Ek staan by die deur; ek wag dat hy moet weet ek is agter hom. Hy kyk op sy horlosie: Nog net ’n uur, dan gaan hy haar haal. Hy klim in sy BMW X5. Hy sny deur die middagverkeer. Sy kar hou voor die skool stil....

Eens het ek gesing
AJ Krüger - 2007-09-03
“Music was invented to confirm human loneliness.” – Lawrence Durrell, in Clea. Alles verander. Alles vergaan. Alles wat saak maak, gaan verby. Ek’s oud nou, en nie meer wat ek was nie. En ek het nie meer wat ek gehad het nie. Eens was ek jonk en nie onaansienlik nie, en ek kon sing. Regtig sing. Ek’t ’n stroom in my gehad, ’n rivier, ’n vloed. Ek moes dit net tem. Maar as dit deur my gekom het, as dit uit my gekom het, dan moes ek dit net...

Handvatsels
Bianca Turner - 2007-05-23
Iets oor die wil van God, dink ek. Ek probeer weer luister, maar my brein registreer boggherol. As plaaslike verteenwoordiger van God wil ek nogal weet wat die man se verskoning is vir wat hier aangaan. Konsentreer, Jennifer. Vir wat is die plek anyway so koud en donker? Of is dit net ek? Konsentreer. Niks. Die rok wat ek aan het, is te lank en irriteer my geweldig as dit so om my enkels rondflap. Ek skat ek's nie juis 'n rok-girl nie. Ek's bly Vashni is hier. En my baas. Hulle sit weerskante...

Terug op my pad
Trisa Hugo - 2007-03-21
Teresa word yskoud toe sy die pienk huis herken. Sy wil vir Abel sê om te stop, maar sy kry skaars die woorde uit, so het die skrik haar reg voor die bors geklap. “Die huis, die pienk huis, dis die huis in my drome,” sê sy. “Draai om, ek móét gaan kyk.” Abel draai regs by die volgende straat en ry om die blok. “Sê net waar ek moet stop,” sê hy. Teresa wys met haar vinger na die pienk dubbelverdiepinghuis aan die oorkant van...

Kanttekeninge
Alwyn Roux - 2007-01-22
What is the colour of the space between?1Woensdag, 5 September 2001 tot Woensdag, 24 Julie 2002 <1> Wintervrou Die ekspressiewe realisme: In Alkant Olifant2 staan geskryf dat literatuur oor die lewe handel. ’n Skrywer skryf oor iets wat hy persoonlik ervaar het, soos die grensoorlog, sy eie liefdes of sy lewe in die townships of in die tegnologiese eeu wat ons beleef. Sy werk kan net eg en eerlik wees as hy oor dinge skryf wat hy self ervaar het. Ma haal Rilke aan in ’n brief...

Kyk waar lê die skuite
Teresa Moolman - 2007-01-12
Edwina het ‘n manier om dinge eers so bietjie uit te kyk. Mense het mos maar hulle maniertjies. Sommige hol mal in ‘n ding in en bekyk hom dan eers later van agter; ander stap hom so suutjies-suutjies nader en suutjies-suutjies verby sonder om te veel te vat of te doen; en dan weer ander, soos sy, hulle kyk vir hom uit. Hulle kyk vir hom goed uit en dan sal hul besluit wat die beste ding is om te doen. Dis nou al ‘n paar dae wat Edwina die ding met Denver bepeins. Soggens...

Op soek na Persephone
Alwyn Roux - 2006-12-05
pére-la-colique1 “And I have chosen, as the sign beneath which to place them, the entirely floral and subterranean name of Persephone, which is thus extracted from its dark terrestrial depths and lifted to the heavens of a chapter heading.” – Derrida, Margins of philosophy<1> Die tekens op papier word met sagte stem herhaal deur die leser, sterwend vrygespreek van lewe, tog klamp dit veelseggend vas in die duister heerskappy...

Sit terug haar masker
Trisa Hugo - 2006-11-01
Natanja haal die geslypte groen klippie uit haar roksak; hard en koud lê hy tussen die palms van haar hande. Stadigaan gee haar hande hitte aan die klip af en voel sy nie meer die koue nie, maar as sy hom teen haar gloeiende hals druk, dan voel hy weer koud daarteen. Haar hare val vooroor op haar gesig, waar sy op ʼn stomp langs die rivier sit. Sy gooi ‘n ligte string hare terug oor haar skouer. Sy stut haar kaal voete teen ʼn kleiner stomp. Haar ligte katoenrok trek bak om...

Vaaltyn
Chris Spies - 2006-10-31
My oupa het ʼn donkie, Vaaltyn, gehad wat elke oggend melk by die kruising vir die melklorrie moes gaan aflaai. Die “melkstênd” was net daar by die bordjie “Lentelus. JH Spies, C/Sn”. Vaaltyn was baie mooi geleer en het elke oggend dieselfde ritueel gehad: toom opsit, inspan, wag dat die melkkanne op die donkiekar gelaai word, stadig bult af, drafstap op die gelyktetjie, versigtig oor die sementbruggie oor die rivier, swaar trek tot by die kruising, omdraai by die...

Grens toe
Cerneels Coetzee - 2006-10-16
Ons is net na sonuit van die plaas af. Kroonstad toe. Ek moes daar die trein haal army toe. So het die instruksies gesê wat vroeg in Desember die vorige jaar in die pos gekom het. Dit was ’n droë, warm Januarie oggend, kort voor my verjaardag. Nie een het ’n woord gesê in die kar nie. Ek het op die agtersitplek gesit, Pa agter die stuurwiel en Ma langs hom. Toe ons oor die randjie gaan, het ek omgedraai en vir oulaas by die agterruit uitgekyk na die plaas. Ek het bly...

Rancune
Marthinus van Loggerenberg - 2006-10-09
Sy droom van blou perde en word dronk in haar kuns. Snags wanneer die ys tevrede deur haar waai, loop sy oor nat slierte naalde en geel pofbolbessies. Haar swart stewels klak dof op die sypaadjie in die nag. Sy voel hoe haar gesig verstrak in die koue veeg mot. En die vrees en opwinding in die donker soek sy. Dis drie-uur die oggend. Êrens in die verte blaf 'n hond en die wind vroetel aan die donkergroen bosse blare. Sy sluip agter om die ou teater met die Kaapse gewels en af met die trappe...

'n Blik op die Reёnboognasie
Rodney Zeeberg - 2006-10-09
Kak gebeur. Dit wéét hy nou. Nie dat hy onbewus was hiervan nie. Sy oulady het hom maar altyd gewaarsku teen die "euwels" van hierdie wêreld. “Die duiwel loop rond soos 'n brullende leeu, my kind,” sou sy hom beterweterig met een of ander bybelvers vermaan. En hét sy nie 'n hele klomp van hierdie verse gehad nie! Ja-nee wat, hoe skeef en krom die interpretasie van die verse ook al, dit was altyd gemik op sy "goddelose" gedrag. As hy nou...

Die afspraak
Madri Victor - 2006-06-28
Dit is winter. Die reën het saggies begin sif. Sy staan by die venster en kyk hoe die mense met sambrele verby stap. In die verte kan sy die park sien. Sy weet dat die proteabosse en dennebome met die reën groener lyk, die omgevalle boomstompe swaarder, swarter. Dáár binne die heinings is ’n ander wêreld vol voëls en bome en die stilte van wind deur denne. Die groot bergskilpaaie sal stadig kop intrek terwyl die water blink op die spitse van hul dop. Miskien...


<< 1 2 >>