Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans > Gepubliseerde skrywers

Gepubliseerde skrywers


<< 1 2 >>

Free-range whole bird
Willemien Brümmer - 2008-07-10
UIT: Die dag toe ek my hare losgemaak het Willemien Brümmer Uitgewer: Human & Rousseau ISSN: 978-0-7981-4980-8 R140 In haar hoërskooljare het Mia dikwels gewens sy’s onsigbaar; dat sy van haar lyf ontslae kon wees. Sondagmiddae, wanneer sy deur die slapende strate van Tamboerskloof loop, het sy haar verbeel die mense kyk déúr haar. Die bergies het haar nie vir geld gevra nie, hulle het net dieper in hul kartondose ingekruip. Die ma’s...

Woed teen die uitdoof van die lig
Jaco Kirsten - 2008-04-02
Vanoggend, toe ek wakker word, het ek nog nie 37 jaar oud gevoel nie. Ek het opgestaan en na my ID-boekie gekyk. En daar, in swart, Amptelik/Official-letters het my ID-nommer na my gestaar: 690121 . . . blikslater. Daar kom ’n tyd – en ek kan om die dood nie onthou wanneer dié verandering plaasgevind het nie – dat jy eintlik nie meer na verjaarsdae uitsien nie. Wel, die vieringe en presente is nogal oraait. Maar die fisieke agteruitgang begin pla. My vrou...

Begrafnisse is nie nét sleg nie
Jaco Kirsten - 2008-04-02
Voltaire het opgemerk dat diere ’n paar voordele geniet bo mense: Hulle besef nooit die einde kom nader nie. Hulle sterf sonder enige idee van (of vrees vir) dood. Hulle hoef hulle nie na teoloë te wend vir “waarhede” nie. Hulle laaste oomblikke word nie altyd in beslag geneem deur allerhande seremonies nie en hul begrafnisse kos niks nie. Saam met geboortes en belasting is begrafnisse waarskynlik die enigste ander sekerheid wat jy in die lewe het. En nadat ek...

Langs die Breede
Helena Gunter - 2008-03-19
Die stilte ná Annabelle se begrafnis, dit onthou ek. ’n Stilte waarin jy net die petrolpomp gehoor het, motorbande op los gruis, die klap van ’n luik in die suidoostewind. Nie mense wat voor die winkel roep na mekaar of uitvra na die saaiery nie. Almal het net hul sake afgehandel, stigtelik bedrywig, en vertrek. Selfs oom Datie, wat lief was vir gesels, het op sy kort been agter die toonbank gehink, geld uitgekeer en dan met sy kop beduie vir die volgende een. Dit was eers...

Toe die boeke die show steel
Rachelle Greeff - 2008-03-11
Wit en soet in ’n tuisgemaakte rokkie met ’n bypassende pofbroekie is ek vroeg-1960’s ’n roompofferdogtertjie. Weekliks ry my mamma my in ons koejawelpienk Zephyr na Jennifer Louw se balletklas. Daarna ry ons na die Bellville-biblioteek met sy bruggie oor ’n dammetjie waarin vissies nartjie-oranje glip.Ek het uiteraard nie tóé gewonder hoekom net wit kinders oor die biblioteekbruggie loop nie.In die loop van my sub B-jaar trek ons na ’n plek van plotte...

Alles behalwe die geheim van my whiskies
Rachelle Greeff - 2008-03-11
Nou die skemeraand hang ek vir die drieduisendste maal verveeld oor die kospotte en tel nie my seëninge nie. Ek tel wel met my een hand die whiskybottel op (die ander hand roer die witsous-wat-asseblief-tog-net-nie-moet-vasbrand-nie). En ek lees op die etiket van die bottel wat Arthur Bell sê: I do not usually give the mixture of my whiskies ...Ja, meneer Bell, jy versteek ook maar jou fabrieksgeheime. Nes skrywers.Dis waarom nie een van my skrywerskennisse óóit besig is...

Jy loop altyd vir my weg!
André le Roux - 2008-03-05
“Moenie sulke lang treë gee nie. Jy wéét my bene is kort!” “Hou op móán, man, gee net meer treë per minuut.”“Jy kan maklik praat. Jy’s langer as ek.” “Jy klink soos ’n patetiese poedel.”“En jy, jy klink nie soos ’n poedel nie. Nee, jy klink nie eens soos ’n . . . soos ’n póéphol nie.” Die dwerg soek woorde en vind dit in eenvoudige taal: “Jy IS ’n...

Deur die kombuisvenster
André le Roux - 2008-03-05
Die vrou gewaar hom deur die kombuisvenster.Hy moes deur die voortuin geloop het tot hier, waar hy twee los bakstene aan die kant van die paadjie gesien het. Die paadjie eindig in twee trappies voor die voordeur, met ’n veiligheidshek.Hy staan stil aan die onderkant van die twee trappies. Daar is twee groot vensters links van die voordeur. Dis toe, ook die gordyne is dig.Hy loop verby die twee vensters, óm die sykant van die huis. Daar staan twee ystertafels en vier stoele, ook ’n...

Ou gesprekke
Willem de Vries - 2008-02-18
Robert leun vooroor. Deur die oop venster lyk dit of hy baie fyn na iets kyk of luister. Hy sit aan die tafel in die kombuis. Dit is al lank na die televisienuus. Die res van die huis is donker. Iedereen wat dié someraand verby die venster loop, kan maar aanstap, want Robert se deurmekaar kroontjie sal nie roer as iemand hom groet nie. Die ruit kon net sowel op knip gewees het. Niemand kan deur glas gesels nie. Hy strek een arm uit en raak aan Elsie se oor. Dis ’n leeftyd sy gewoonte....

Woede
Abraham H de Vries - 2008-01-29
12 Junie Amice Die begin van die beloofde verhaal stuur ek nou vir jou. Hoe verder, dit weet ek nog nie. Oor die geskiedenis rondom die storie sal ek jou in briewe inlig. Hoewel die opgekleide mure van die plaashuis op Vadersgawe vier geslagte lank al staande bly teen die strafste winde en die hardste stortreëns, het die lang waenhuis vlak langs die ouhuis verval tot byna ’n ruïne. Wind en weer het lappe pleister van die dik mure laat loskom, later het dit afgereën...

Duursame Tieties
Hannes Steyn - 2007-11-09
Moes hom nie eigentlik laat ompraat het nie, veral nie deur drie opgeskote kleinkinners nie. “Sjeblief Oupsie, ons belowe ons sal tjoepstil wees ... en … en ons sal nie naby die waters kom nie. Groot sjeblief, my enigste, enigste Oups.” Dit was nou die elfjarige krulkoppie wat so smekend voorpraat terwyl haar sussie en stiefsussie hom met mening aan albei arms gepluk het vir bevestiging. “Verdomde liegbekke,” swets hy nou stilweg terwyl hy sy blinkgebruikte...

mik
Tessa Louw - 2007-10-26
Blanks. Hulle lê in jou palm. Jy druk hulle een vir een versigtig met jou duim in die vyf leë kamers in. Dit voel presies soos die laai van ’n normale koeël in die koue oop mondjies; die indruk, die volmaak, die aanskuif totdat al die kamers versadig is en jy die magasyn met jou palm toedruk en vaskliek. Alles reg vir die mik. Die mik van ’n lafaard. Al weer ’n Dinsdagaand. Vlak onder my in die kelder van Cool Runnings, waar ek vanaand alleen sit, hoor ek die...

Tydelike rybewys
Willem de Vries - 2007-07-23
Dit het tyd geword dat ek my rybewys moet laat hernuwe. 'n Sleurtaak wat nog geen tydskrif as leefstylervaring verkoop het nie en wat nog nooit iets anders by mense ingeprent het nie as die treuselgang van 'n lang tou. Dooie tyd. Ek en my vrou het werk toe gery; dit het gereën en rooi remligte het 'n kaart van duisende rooi ligkolle op my voorruit gewys voordat die veërs die ligging van elk gewis het. Ek het haar afgelaai en by die groot winkselsentrum aan die see gaan paspoortfoto's...

Tussen my en jou
Justin Fox - 2007-07-17
Noord van Letaba is ’n brug. ’n Brug oor die Letabarivier. ’n Brug tussen toe en nou. Tussen my en jou. Tyd verander in die dood. Want die gebruik van datums – van minute, ure en jare – verloor gesag. Pa is hier en nou, daar en toe. Herinnering skeer soos klippe oor water en met elke aanraking kring gedagtes verder en verder. Hier, nou. Daar, toe. Ek en Pa staan op die brug. Die lig sprei sag, is meer toegeneë as die skel wit van net minute...

Vaal glas
Jaco Fouché - 2007-06-05
Benjamin Kapp het met sy tweede boek sekere verwagtinge geskep waaraan hy tot dusver nie kon voldoen nie. Die eerste boek, Reën op Pobana (1976), sou ‘n mens kon beskryf as ‘n tipiese debuutpoging, kompleet met outobiografiese raamwerk en die naskryf van ‘n gunsteling-meester (in Kapp se geval natuurlik Karel Anreit, of Kallie Karoo, hoewel dié se meesterskap myns insiens nog steeds onder verdenking is; verwys die polemiek wat gevolg het op verlede jaar se toekenning...

Dis Bennie, Ma!
Hannes Steyn - 2007-05-08
Wat my laat besluit het om Brixton toe te kom vir die begrafnis, weet nugter alleen. En dan nie eens behoorlike familie nie! Ek het hom maar een keer in die grootmenslewe gesien Dit was met Ouboet se begrafnis skaars twee jaar gelede. Ek was in Gauteng vir besigheid, anders sou ek dit vermy het. Ons Smitte was nog nooit familievas nie. Ada het hom aan my kom bekendstel. “Hallo Johan. Goed om jou weer te sien. Onthou jy nog vir Pieter?” “Aangenaam,” het ek...

Lena in die stad
Jaco Fouché - 2007-02-06
Vanmiddag is ek na Lena toe. Sy is twee weke terug in die Bona-blok opgeneem. So twintig oor vyf (hulle eet vyfuur) het ek by die traliehek aan die punt van die gang gestaan en die blok binnegekyk. Die teëlvloer het geblink. Twee vroue in hospitaalklere, die een met ‘n verwilderde kyk, die ander met besonder yl hare, het my aangegaap. ‘n Verpleegster het nader gekom met sleutels en my binnegelaat en ek het in die besoekerskamer gaan sit. Twee meter anderkant die venster het die volgende...

Twee maer mans en ‘n vet vrou
Diana Ferrus - 2007-01-29
Hy was die posman, het briewe afgelewer en het waarskynlik ook geweet wie skuld hoeveel vir watter winkel. Miskien het hy geweet wie vry met wie oor lang afstande, want hy het die liefdeswoordjies agterop die koeverte gelees: “My ink is up, my pen is dry, but my love for you will never die …” Die kinders het hulle deur die venster gesien. Sy posman-baadjie het oor die stoel gehang. Hy het nog steeds sy skoene aangehad, maar verder niks. Onder hom het hulle haar ook gesien....

In die war
Willem de Vries - 2006-10-24
Wat met die drie generasies genante gebeur het, is nie iets wat ek kan versin nie. Al wat ek kan maak, is om verslag te doen van dié dinge wat ek as kind afgeluister het toe my ouers die deur toegetrek en in sagter stemme verder met die kuiermense gepraat het. Ek los die gate in, want ook dít is deel daarvan. Claus I was ’n wetenskaplike en destyds in die Tweede Wêreldoorlog aan die front. Op sy laaste verjaardag was sy hele familie nog saam met hom aan die etenstafel vergader....

''Five Down'', die trein wat met die donker kom
Diana Ferrus - 2006-09-05
Die nag kan net nie gou genoeg verbygaan vir die elfjarige Talitha nie. Sy is bang om nog 'n keer om te draai. Haar suster Hester, wat aan die voetenent van die enkelbed slaap, skop haar elke keer as sy aan haar raak. Talitha is gewoonlik bang vir die donker. Toe sy kleiner was, kon haar ouers nie die kers doodblaas voor sy nie vas aan die slaap was nie. Slapenstyd was 'n ergernis vir die Februarie-gesin van Agterstraat in Worcester. Kleine Talitha het 'n ongewoon diep stem vir 'n meisiekind en...


<< 1 2 >>