Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans

Afrikaans


<< 1 2 3 4 8 >>

Blitsfiksie-kompetisie: Die redding
Gideon Strydom - 2010-03-12


Blitsfiksie-kompetisie: Geskend
Gideon Strydom - 2010-03-12


Blitsfiksie-kompetisie: Vorsprung durch Technik
Gideon Strydom - 2010-03-12


Blitsfiksie-kompetisie: Nagstraat
Landi Cordier - 2010-03-12
Elke tree van haar kom vinniger. In ’n nagstraat op, draai links, verdwaal. Sy voetstappe kom rustig nader; hy weet waar sy is. Hy ken die plek – dis sy valley dié. Draai links … doodloop. ’n Grys muur strek teen skadu’s op; ’n uil in die agtergrond, dromme teen sement, naggeluide, swart ruimte, karre in verbygaande strate laat hulle motors hoor, en iewers, as jy mooi tussen alles deur luister, hoor jy haar asem wat hygend om hulp fluister. Dan stop...

Blitsfiksie-kompetisie: Jammer, Meneer
Marietjie Holloway - 2010-03-12
Meyer, hoof van ’n sindikaat, se lewe draai om sy tweelingdogters en geld. “Dankie, Pappa! Die Benz is pragtig! Ek en Cara gaan nou stad toe met hierdie pragtige vuurwa,” sê Jana en soen haar pa. “Pappa,” sê Cara, “kan ek net so een kry? Asseblief!” “Cara, dalk môre! Ry versigtig, julle twee!” Later bel hy: “Ek soek nog een – presies dieselfde. Maak gou!” Twee uur later lui die selfoon. “Ons het een...

Blitsfiksie-kompetisie: Die kansvatter
DC Joubert - 2010-03-12
Sy natuurlike avontuurlus aangevuur deur te veel shooters, het Zak sowat ’n uur gelede vir die gemoedelike Nigeriër gevra waar ’n man ’n bietjie zol kan score. Sy meisie, Lanie, het senuagtig-opgewonde saam met hom en Werner agter in die kar geklim. Nou is Werner dood, en moes hy die uitdaging vir Lanie se vryheid aanvaar. Met die rewolwer se loop teen sy slaap, omring deur die groep dreigende, wilddronk buitelanders, bereken hy, tipies ingenieurstudent, sy kans op oombliklike...

Blitsfiksie-kompetisie: Vreemd
Annemari Coetser - 2010-03-12
By Rosendal eet twee meisies langs my ontbyt. “Is hy nog in jou kar? Voor jy ry, móét ek hom net weer sien,” sê Blondekop. “Sjuut!” Swartkop kyk om haar rond. “Hy’s moer weird, maar so cute. Daai skerppuntvingers en webbed ...” “Hy’t agterna pienk geword! Net sy kop is nog groen. Die kar is vol skubbe. Sê nou hy vrek? Of sterf?” “Jy moet die polisie vertel.” “Seker. Hoekom het...

Blitsfiksie-kompetisie: Genadedood
Annemari Coetser - 2010-03-12
Voor hulle troue het haar tante dié raad gegee: “Moet nooit jou man weier nie.” Marie het gelag: “Hóm weier? Natuurlik nie. Deon is dan so ’n liewe, sexy man.” Hy’t haar liefgehad en haar alles gegee wat haar hart begeer het: kinders, geld, ’n loopbaan, vakansies. Daar was nie ’n lykskouing ná Deon se dood nie. Dit was logies. “Natuurlike oorsake,” het die dokter op die doodsertifikaat geskryf. Sy siekte...

Blitsfiksie-kompetisie: Die mal prins
FJ Kapokhaan - 2010-03-12
Prins Charming op sy troontjie by die valbyl. Uiteindelik tog maar sy dierbaarste Cinderella ook laat kom. Daar’s sy nou. Haar lang rok is agter opgelig tot oor haar kaal boude, soos hy beveel het. Sy struikel elke paar treë uit ’n glasskoen en buk-buk met hemelse boude omhoog wanneer die kabouters haar terugkarwats in die belaglike skoene. Die prins gruwel-grinnik. “Só, het ek altyd gedink toe ek nog ‘normaal’ was, só sal ek my gruwellaggie pruil...

Blitsfiksie-kompetisie: Kuikenmoord
Lewies - 2010-03-09
“Daar’s weer kuikens dood; kop afgebyt.” “Vreemd, hulle is nie opgevreet nie.” “Ek verstaan dit nie. Ek ken nie ’n dier wat dít doen nie.” “Kiepie dood, kiepie dood.” Die kind kom nader, ’n afkopkuiken in haar hande. “Here, Willem! Kyk!” Die vrou skreeu histeries. Om die kind se mond sit geel kuikenveertjies. ’n Bloeddruppel biggel op haar lip.Klik hier vir die kompetisie-riglyne. Klik hier vir...

Blitsfiksie-kompetisie: Karoonag
Llewellyn Abdoll - 2010-03-09
Dit was ’n broeiende Karoonag. Almal het besluit om in die koel aandlug lafenis te gaan soek. ’n Verhaal oor die makabere het my aandag vasgenael en ek het nie opgelet dat almal weg was nie. Later het die kamer te benoud geraak. Iets het my ook onrustig gemaak (miskien was dit die boek ...). Soos ek uitstap stoep toe, kom my effens “vreemde” neef asof in ’n beswyming verby my en prewel: “Hulle pla ’n ou so nou en dan, nè?” Klik hier vir die...

Blitsfiksie-kompetisie: Hemel ůf hel
Dewald Alberts - 2010-03-09
Ek staan op en beweeg om die bed badkamer toe. Ek gaan sit en voel die verligting van blaas leegmaak, maar toe ek na die spieël kyk, sien ek niks ... Ek skrik en loer bed toe, en sien Dolf lê en snork saggies. En ek lê langs hom – oop oë wat staar, met ’n nat kol by my bobene wat stadig groei ... My Bybel lê oop op die bed. Ek word skielik weggesuig deur die dak – alles word kleiner daar onder: my huis, die dorp, die aarde ... Ek is tussen die sterre...

Blitsfiksie-kompetisie: My boei –¬†laaste rus
Oemdhan Pieterse - 2010-03-09
Oogwink. Gly en val. ’n Slag. Ek, ’n hangende vlieër tussen hemel en hel van rots. Gapende afgrond se taai, klewerige vingers probeer my aftrek. Losskeur van die gladde mosbedekte rotspunt. My hande begin stadig skietgee. My tong flenters. Ek proe die dood. Vrank smaak, droë rooi. Iemand skreeu, roep my naam. Ek kan nie meer nie. Ek wil bid, maar het nie woorde nie. Kan ek dalk vlieg? Op wáter loop? Hande vat om my lyf. Hulle werskaf. Ek is so moeg....

Blitsfiksie-kompetisie: Tweede kans?
Oemdhan Pieterse - 2010-03-09
Desember 2007. Swart oopbek volg my. 44 Magnum. Ek kyk verby die gat. ’n Sykouskop. Krapperige stem vol haat. “Vrek, vuil hond!” Warm, nat druppels spat op my. Iets gooi my om. Stamp en ruk aan my. “Vrek, vuilgoed!” Oorverdowende slae; my ore tuit. Ek sluk. Dis warm. My oë traan. ’n Vrouestem bid hardop. “Vader in die hemel, vergewe hulle asseblief.” Nog ’n slag. Haar stem is stil. Hulp daag op. Ek begrawe my...

Blitsfiksie-kompetisie: Jy!
Swerwer - 2010-03-09
In die hand van haar moordenaar blink die lem dofweg. Rooi roeskolle wys dit is ’n ou mes, een wat weet hoe en waar. Met stadig swiepende bewegings mesmerize hy haar, hou hy haar blik gevange op sy groter wordende beeld. Die hand is slegs ’n instrument – dis hy, die lem wat moor. Sy voel hom teen haar druk, net onder die naeltjie. Sy snak en voel sy sadisme wanneer hy ingly. Weer snak sy, en onwillekeurig swik haar voete. Sy voel hom binne haar draai, en die vog wat teen haar...

Blitsfiksie-kompetisie: Sneeu
Douwleen Bredenhann - 2010-03-09
Dit sneeu vandag in Nederland. Nie genoeg dat die kanale toe-ys nie. Maar genoeg dat die parkeerruimtes langs die kanale seepglad is. Inneukglad. Nou moet ék, ’n onervare Suid-Afrikaner, die besoekende professor se spogmotor langs ’n kanaal parkeer! Ek sweet, ril, loer in afgryse tussen my vingers deur. Ek kán nie! Oop deur, stadig, slakstyl, voetrukkend agteruit. My sluimerende bewegingsiekte breek los en saai verdere chaos in my kop. Al nader, suutjies....

Blitsfiksie-kompetisie: Die inval
Gideon Strydom - 2010-03-09
“Nee! Nee, Dirk, jy kan nie!” Haar skouer tref die deur met ’n pynigende slag. Hy is te sterk. Soveel keer het sy al speels vir hom gefluister: “O Dirkie, jy’s so sterk!” “Dirk, jirre, asseblief!” Haar gil word ’n skor fluistering. Sy oë huiwer ’n oomblik op hare voordat hy die deur toestamp. “Ek ís sterk, Anette. Dis nodig dat die sterkes oorleef.” Sy sak snikkend neer. Die deur druk teen haar rug. Skaars...

Blitsfiksie-kompetisie: Loervink
Helene Louw - 2010-03-09
Skielik is daar donker figure saam met die stoom in die badkamer en ru stemme praat. Eers toe hy sy vrou se uitroepe en kermgeluidjies hoor, besef hy wat gebeur het! Hy loer tog, soos hy die afgelope tyd doen. Haar geboë skouers en die kromming van haar arms wys dat sy vergeefs probeer om haar naaktheid te bedek. Krete weerklink uit die slaapkamer en die loervink begin terugsluip. ’n Skoot weerklink en skielik peul hulle by sy studeerkamerdeur uit en verdwyn in die bosse. Dit word eers...

Blitsfiksie-kompetisie: Tolpad
Oemdhan Pieterse - 2010-03-09
Tree vir tree. Seepgladde kortpaadjie wat net die grootmense mag loop. Hy is laat. Die gewone paadjie gaan agterom die berg. Twee uur as mens wikkel. Die kortpaadjie net dertig minute. “Halfuur van pure hel.” Geliefde gesegde van Oupa. Hy is bang. Die wind waai sterk. Twee keer al amper gegly. Sweet pêrel op sy voorkop. Bergbewoners noem dit die “kortpad na jou dood”. Loodregte kranse wink. Sy familiebloed het al die hoogste tol betaal. Sy eie pa, oudste...

Blitsfiksie-kompetisie: Stilte … gevaar
Henry Luyt - 2010-03-09
Met elke beweging raas die water. Omtrent tweehonderd meter vorentoe hoor hulle water saggies druis en hulle weet dis waar hulle uitkoms is. Dit is stikdonker en doodstil. Hulle bibber van die koue waar hulle so sag moontlik deur die ses duim diep water in die pyp voortkruip. Agtertoe is die pyp reguit en nie ver agter hulle nie kan hulle die mans, gewapen met masjiengewere, hoor naderkom. Elke geluidjie weergalm. As die mans hulle hoor, hoef hulle net reguit vorentoe te vuur ... “Willemien,...

Blitsfiksie-kompetisie: Dit spook daar!
Oemdhan Pieterse - 2010-03-09
“Kom nou, man! Moenie ’n verdekselse sissie wees nie.” “Dis ... donker!” Geïrriteerd. “Moet ek jou handjie kom vashou?” Bang stem. “Frik ... ek sê jou ... hier’s iets.” “Spaar my dit tog! ’n Uitgevrete lummel soos jy bang vir ouvroustorietjies!” Angstige fluisterstem. “Daar’s dit weer ... hoor jy?” “Ek loop nou!” As nagedagte: “Nie tyd vir...

Blitsfiksie-kompetisie: Uit die bloute
Lewies - 2010-03-09
“Kry dit in jou fokken kop! Ek is klaar met jou! Jy was net goed vir seks – ek voel niks vir jou nie! Niks!” Die telefoon suis in haar oor. Sy woorde tref haar hard en genadeloos; die reën en donderblitse daar buite temper niks. “Los my nou uit! Ek wil fokol van jou weet nie!” “Ek wens jy vrek,” fluister sy. “Vrek, vrek, vrek!” gil sy dan bo die stormlawaai uit. Sy sien eers die yswit blits, hoor dan die donderklap. Sy hoor hom gil aan die...

Blitsfiksie-kompetisie: Nagstilte
Lelani Fourie - 2010-03-09
Die ligte het eerste afgeskop. Die generator klak-klak ’n rukkie voor dit ook stil word. Dis pikdonker op die plaas. Nie eers die maan skyn nie. Die ligte by die arbeiders se huise is ook af. Die stilte kruip oor die plaas. Pa gaan haal sy haelgeweer uit die kluis. Almal sit om die tafel. Tjoepstil. Hulle asems opgehou, oë starend, al wagtende. Die skril tik tok tik tok van die horlosie dawer deur die huis. Die honde is doodstil. Alles is stil – almal wag. Dan vlieg...

Blitsfiksie-kompetisie: Web van die tregterspinnekop
Willa LinstrŲm - 2010-03-09
Sy’s teen dagbreek uit die donker huis. Tipies Lukas om haar gisteraand so te spook met sy absurde verbeeldingstories. Alles deurmekaar: Einstein, gebeurlikheidshorison, Lewis Carroll … Alice, terwyl hy kruisoog aan die hubbly bubbly suig. Vanoggend is hy skoonveld. Lê seker iewers in dié ou kasarm sy roes en afslaap. Die goue sonstrale maak die verwaarloosde tuin bedrieglik welig. Sy gewaar ’n tregterspinnekopweb vlak langs die stoep – skitterende doudruppels...

Blitsfiksie-kompetisie: Ek hou nie van rillers nie
Douwlina du Plessis - 2010-03-09
“Wat doen jy?” vra Marie toe sy die slaapkamer intrippel in haar fyn, amperniks slaapklere. “Lees,” sê Vickus met sy rug na haar. “Ag hemel, Vickus, jy lees ons huwelik om.” “Ek hou van lees.” “Verdomde rillers.” “Ek hou van rillers.” Hy kyk nie van sy boek af op nie. Marie draai om, huil ’n bietjie in die gang op pad kombuis toe. Sy maak snuiwend tee en sny vir hulle brood. Terug kamer toe. “Wat wil jy...

Blitsfiksie-kompetisie: Die prop
Naas Viljoen - 2010-03-09
Dis te verskriklik. Die mooi Yank het hom om haar pinkie gedraai om hom as gids te bekom. Glad lieg sy by oor haar wêreldprestasies. Die bedompige lug verdik met die klank van sweet, urine en ontlasting afkomstig van die gespartel daar bo. Gepaard met ’n gevloek, rou angskrete en diepkeelgeroggel. Haar aanhoudende geprewel – sy’s seker ’n boeddhis – meng met onaardse gille en droewige huilbuie. Skielik breek ’n rots rakelings verby hom. Soos ’n...

Blitsfiksie-kompetisie: Farewell
Richard Jones - 2010-03-09


Blitsfiksie-kompetisie: Die White Horse-ridder
Hanna - 2010-03-09
Soos elke ander aand sukkel hy om die sleutel in die voordeur se slot te kry. Haar “ridder op die wit perd” strompel leepoog en sleepvoet in, vol “White Horse” in sy afgeleefde lyf. “Jy’sh glad nie so f*kken oulik as wat die mense sê nie ... F*k jou!” Hy pluk steierend die messelaai oop. Die messe spat oor die eetblad. “Kiesh vir jou een ... Kom shteek my – jy wou nog altyd.” Sy kies. Die badkamerspieël...

Blitsfiksie-kompetisie: Aanval op ontdekking
Johan-Paul Schutte - 2010-03-09
Onder my lessenaar, roggelend. My ontdekking weggesteek in my rekenaar se labirint. Naarheid en bewusteloosheid kring swewend in newels nader ... Magriet het gesê: “Kry dit tog net gepubliseer!” Wie sou die vark wees wat my hier kom steek het? Magriet skreeu uit die donker wolke: “Die hele mensdom wag daarvoor!” My uitvinding wat ’n miljoen mense meteens werk sal gee! My magtig, het die WNNR gesê: Jy het waaragtig iets groots hier beet ... groots hier beet...

Blitsfiksie-kompetisie: Die wasgoedmandjie
Nalam Einad - 2010-03-08
Deur die skrefies in die gevlegte wasgoedmandjie – sy enigste onmiddellik beskikbare wegkruipplek – loer die inbreker na die jong, goed gevormde vroutjie wat pas haar badwater ingetap het en besig is om uit te trek. Sy knyp haar laaste stukkie kantversierde broekie tussen haar tone vas en gooi dit met ’n netjiese linkervoetswiep bo-op die mandjie. Instinktief koes hy, verloor hy sy balans en tuimel hy om met mandjie en al. Op haar angswekkende gil bars haar man deur die badkamerdeur...

Blitsfiksie-kompetisie: Winternag
Paul Sorensen - 2010-03-08
Stefaan hou by die Caltex-garage op Beaufort stil. Hy klim stywebeen uit die Volksie en klap die deur toe. “Maak vol,” sê hy vir die vaak petroljoggie. Die toilette is agter ’n skansmuur met ’n verweerde vlieënde Caltex-perd daarop. Van die twee stalletjies is een beset. Hy staan voor die urinaal en lig sy kortbroek se pyp. “Relief of Mafeking.” Hy glimlag vir sy oorlede pa se flou grap. Hy was sy hande. Waar’s die handdoek? Ingedagte...

Blitsfiksie-kompetisie: ’n Engels-Duitse hond
Nalam Einad - 2010-03-08
By die St Lucia-vakansiehuis haal ek ’n ondoeltreffende plafonwaaier uitmekaar en soek ek ’n elektrisiën. Daar is ’n kennisgewingplaatjie aan die hek: “Beware of the dog”. Nêrens ’n klokkie nie! Ewe braaf seg ek vir Dawie: “’n Karnivoor het mos geen reg om ’n gesalfde des Herren te byt nie.” ’n Duitse herdershondteef kom op my afgestorm. Sy verstaan klaarblyklik nie Afrikaans nie en bytgryp my aan die bobeen – neffens...

Blitsfiksie-kompetisie: Insomnie kan gevaarlik wees
Nalam Einad - 2010-03-08
Rustelose bene is nou maar eenmaal ’n moeilik beheerbare familiekwaal. Daar’s min medikamente wat regtig daarvoor help. Boonop ly die uwe aan insomnie. Gevolglik bly ek gedurig en voortdurend besig. So ontdek ek een laataand in die Morgans se St Lucia-vakansiehuis dat die gordynkappe hakies en wieletjies kortkom. Pas besig met die nagtelike herstelwerk, kom die kosterspaar wat saam by die see gaan afpak het, Dawie en Alta, in hulle nagkabaaie uit hulle slaapkamer – oorgehaal en...

Blitsfiksie-kompetisie: Vry op jou eie naam!
Nalam Einad - 2010-03-08
Twee Amerikaanse boesemvriende, John en Jack, toer met ’n gehuurde motor deur Suid-Afrika en oornag ná ’n pap wiel by ’n behulpsame ryk jong weduwee in die Laingsburgdistrik. Nege maande later – terug in Michigan – nooi John sy vriend oor vir ’n kuiertjie. Ná ’n biertjie of twee speel hy oop kaarte: “Jack, jy’t destyds by daardie mooi weduwee gaan ‘inkruip’, maar vir haar gesê jy is John, nè?” ...

Blitsfiksie-kompetisie: Barney
Vega - 2010-03-08
Estie wag vir Sunette terwyl sy hande was in die seniors se badkamers. “Jis, maar Kristel is ’n bitch! Het jy gehoor wat sy geskryf het?” “Ja, ek kan haar nie vat nie. Het jy gesien hoe flippen scary lyk haar ou?” “Dink jy sy’t anoreksie? Sy dra altyd sulke los truie en sy lyk …” Estie skrik haar boeglam toe Chloe, Kristel se beste vriendin, uit een van die hokkies kom. Ná skool loop Sunette na haar pa se kantoor toe en Estie loop...

Blitsfiksie-kompetisie: Rust-en-Vrede No 4
Hanlie Coetzee - 2010-03-05
“Wat was dit?” Haar oë sper oop. Vir ’n oomblik is sy oortuig dat sy beter kan hoor met haar oë oop. Sy maak haar oë nog wyer oop sodat meer lig op die diafragma weerkaats en probeer deur die swart muur van die nag kyk. Alle moontlike redes vir die kraakgeluid flits in ’n proses van eliminasie deur haar brein. Die forensiese span stoot ’n wankelrige trollie by nommer 4 uit. “Vroulik, veelvuldige steekwonde.” Die wiel haak vas en met ’n...

Blitsfiksie-kompetisie: Huh?
Mario Brown - 2010-03-05


Blitsfiksie-kompetisie: Die mol
Tina Saunders - 2010-03-05
Doef-doef, doef-doef klop sy hart. Hy storm die huisie binne en syg bibberend voor haar neer. “Wat is verkeerd?” vra sy. Hom nog nooit só bang gesien nie. “Aardbewing…! Gang… inmekaar… G’n kos… gee water,” hyg hy. “Wat het gebeur? Jy bloei…” “Gesoek… ’n Helse slag… gangetjie se dak tuimel… skerp blink ding steek-steek na my… stem wat sê: Genóég! Ek hardloop...

Blitsfiksie-kompetisie: Vergetelheid
Anzel Gerber - 2010-03-05
Tik tik tik. Ek frons. Wat maak so? Tik tik tik. Daar is dit weer. Ek hoor dit. Iets is hier. Ek voel dit. Hoendervleis slaan op my vel uit. Ek ruik dit. Dit ruik soos muf. Vrot vis. Dood. ’n Harde slag. Ek gil. Stilte. Ek hoor my hart se klop in my ore. My asemhaling die enigste ander geluid. Iets beweeg. My hart mis nog ’n slag. Ek soek. My lyf voel lam. Ek kan nie beweeg nie. My tong is vasgebind. My keel droog. “Wat gaan aan?” prewel ek vir myself. Dis...

Blitsfiksie-kompetisie: Vliegvrees
GrysKlip - 2010-03-05
My vrees vir vlieg is nie uniek nie. Dalk tog die nagmerries wat my nagte onplesierig maak en die kere wat ek móét vlieg, uiters traumaties maak. Ek droom dat ek slaap en dan wakker skrik wanneer iemand my arm gryp en skreeu: “Ons gaan val!” Pas weer. Die dame langs my ruk my uit my kalmeerpilgeïnduseerde slaap, gil: “Hou my vas – ons sterf!” Déjà vu. As ’n droom daarvoor kwalifiseer. Die loods klink paniekbevange; die bloed...

Blitsfiksie-kompetisie: Vrees
Johan Blignaut - 2010-03-05
Ek hoor hulle praat in Zoeloe. Dit is duidelik dat hulle ’n span is. Dis nie die eerste keer dat hulle hierdie ding doen nie. Hulle verstaan mekaar. Elke beweging is ekonomies, berekend. Hoe wit is die wit van hulle oë. Die maskers se asems bol uit en in.My eie asem vloei vlak oor my natgeswete bolip.Ek lê magteloos op die naat van my rug.Die een gemaskerde gesig kom so naby dat ek die rooi aartjies in die wit van sy oë kan sien.“Is jy bang?” vra hy.Vir narkotiseurs...

Blitsfiksie-kompetisie: Peleton
Daniel Horn - 2010-03-05
Die man voor hom geblinddoek, bewend maar stil. Wapen in die hand; reg vir die taak. Daar is dalk geen patroon in die kamer nie, dink hy – sy enigste troos. Hy wil nie, maar hy moet. Elke toets vir brawade is anders. Vandag moet sy skoot dood. Al wat hom nou kan red, is sy gewete. Dalk is die kamer leeg, dink hy weer. ’n Metaalklik, swaar en doelgerig. Oorgehaal, oorgemaal. Die vuurpeleton brand los. Een skoot, op die man af. Dood. Die man sak inmekaar. Skuld betaal. Die skut draai...

Blitsfiksie-kompetisie: Geheelonthouer
Daniel Horn - 2010-03-05
“Dubbel Klippies en Coke, asseblief.” Hoeveel kere het hy nie daardie einste woorde geuiter nie, maar vandag is hy aan die ontvangkant. Sou iemand hom vir ’n enkel vra, voeg hy soms skertsend by: “Sorrie, die enkels is uitverkoop.” Hy kan sy laaste Klippies goed onthou, deels onthou, geheelonthou. Wat ’n fênsie woord vir so ’n moeilike ding. Hy folter homself daagliks, omring deur bottels. Masochisties. Sy laaste bottel vier jaar terug gekoop, nog...

Blitsfiksie-kompetisie: Losprys vir ’n slet
Naas Viljoen - 2010-03-05
Haat verteer sy benewelde brein. Nie vir haar met haar dwelmbaas-lover nie, maar vir hulle kind hang hy hier. Die struweling op die platform daarbo was pateties, eensydig. Kon sy vlug of is sy dood? Hy volg die woestaard wat heen en weer op soek is na hom – meedoënloos al hoe nader. Waansin vlam deur die geswets. Skielik stilte. O Here … Opeens verskyn die wrede gesig bokant hom. ‘n Skoot klap. Hy val … nie hy nie … Die skreeuende wese plof tot...

Blitsfiksie-kompetisie: Menkaure se wraak ...
Henning Janse van Vuuren - 2010-03-05
“Vyftien jaar, huh Hendri? Vyftien jaar al snuffel ons deur hierdie godverlate grafte onder die piramides.” “Prof! Kan dit wees?! Ek is skoon bewerig.” “Wag ... daar is ’n inskripsie op die deksel; stof af ... Versigtig nou, Hendri.” “Merkwaardig, Prof – as die pers darem ...” “Geduldig nou; laat ek ontsyfer. Um ... vervloek die vlees ... sal verdor ... ewige verdoemenis, iets van skedelholtes ... Maggies, Hendri, hierdie lyk na...

Blitsfiksie-kompetisie: Polisieman se vrugte?
Oemdhan Pieterse - 2010-03-05
Verstrengel inmekaar lê ons klouend naak. Wiegeliedere wat ritmies tydhou op die liefdespel se maat. Genestel tussen vlees en begeerte wat dikpens aan ons wellus suip. “As jou man ooit moet uitvind …” Slanke vingers streel my lippe. “Ontspan. Hy’s by sy polisiepêlle.” Perderuiters jaag bloots oor wuiwende grasvlaktes. Vulkaniese uitbarstings verdoof die sleutel wat in die slot kras. Uitroep. “Amanda!” Afgronde gryp my. Atoombomme...

Blitsfiksie-kompetisie: Oos wes
Willem Jansen - 2010-03-04
Ek grou deur die dagboek. 5 Maart. Ja, daar staan dit. 11:15: Martin, Anna se gastekwartiere. Hy mag nie oorleef nie!Ek vryf oor die sny oor my wang; my nek is styf. Daar is vars bloed oor my hemp. Ek steier terug na die kombuis. Sy lyk lê dwarsoor die tafel. Ek trek sy oë toe.Sy selfoon lui. "John, my kind! Ek hoop nie ek is te laat nie ... Daar is dalk 'n ander uitweg ...""Dis Martin hier, Ma. Julle plannetjie het misluk."Ek trap die foon stukkend. Vandag...

Blitsfiksie-kompetisie: Thula
Alex B Broadway - 2010-03-03


Blitsfiksie-kompetisie: Gereelde gas
Sue - 2010-03-03
“Ontvangs, goeiemiddag.” “Lisa, dis Terry. Het jy die gas in kamer 819 gesien?” “Nee.” “Môre, Meneer. Wanneer laas het u die gas in 819 gesien?” “In Oktober laas – hoekom?” “Ek dink hy is weg.” Die brandtrap lei ons die gang in. Kamerdeur staan oop. Die kamerbediende is besig om af te stof en beddegoed reg te trek. In die bed lê die man. Oë oop. Donkerbruin hare en ’n snor. Vel bruingebrand...

Blitsfiksie-kompetisie: Die groen kamer
Vega - 2010-03-03
Sy’t gesê hy moet in die groen kamer slaap. Buite ritsel die vyeboomblare. Hy hoor hoe die takke teen die venster skraap. Hy’s onrustig. Dit voel asof hy nie alleen is nie. Die gordyne beweeg liggies. Hy skrik regop. Dis die groen kamer waar die baba in sy slaap dood is! Hy hoor ’n kreun. Dan’s dit stil. Sy hart klop in sy keel. Skielik spring iets op die dak. Hy vlieg uit die bed en nael kombuis toe. Hy sien haar nota op die tafel: “Moenie skrik...


<< 1 2 3 4 8 >>