Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans

Afrikaans


<< 1 2 3 4 8 >>

Blitsfiksie-kompetisie: Moord in die gang
Elmarie Schultz - 2010-03-16
Die gang is donker. Haar voete trap outomaties versigtig. Die bekers koffie in haar hande is brandwarm. Dan stol haar treë. ’n Teenwoordigheid vul die leë gang. Haar kopvel krimp in ’n yskoue rilling. Iets, iets streel chiffonsag oor haar hare. Instink ruk haar nek vorentoe. Balanseer die koffiebekers. ’n Sagte suigsug voor haar bors druk die skreeu in haar keel terug. Die kamerlig klik aan. “Kan jy sien?” vra hy besorg. Warm koffie spat saam met haar...

Blitsfiksie-kompetisie: Die oë
Kryger - 2010-03-16
Die man voor hom hou ’n geweer teen sy slaap. Hy is bang. Die man se oë is bloedbelope met kringe van slapelose nagte. Die oë is leeg. Dit is oë wat veroordeel, wat vasbeslote is om hom tereg te stel. Hy weet hy kan die oë nie keer nie. Dit is die oë van iemand wat reeds besluit het om die sneller te trek. Die vonnis is voltrek. Hy het geen uitkoms nie. Sy skuld kan nie meer vereffen word nie. Dan trek die oë die sneller. ’n Stem roep: “Pa het homself...

Blitsfiksie-kompetisie: Die nagwag
Kryger - 2010-03-16
Die nagwag klik sy flitslig aan. Die ligstrale swaai deur die donker wat soos ’n net om hom vou. Als lyk vreemd – soveel anders as in die dag. Hy hoor ’n geskuifel. Sy flits se ligstraal soek daarna. Hy sien niks, maar hy weet daar is iemand. Stadig tree hy vorentoe, die flits vlietend op soek na die boef. ’n Geluid agter sy rug laat hom skrik. Hy swaai om. ’n Hou tref hom teen die agterkop. Hy is dood voordat sy flits die grond tref. Die boef skrik toe die alarm weergalm....

Blitsfiksie-kompetisie: Dokter Dood
Kryger - 2010-03-16
Die dokter sny deur die borsvel. Bloed sypel oor die kaal bolyf. Hy vlek die vel oop, steek sy hande in. Hy vroetel. Monitors piep reëlmatig. Hy haal die hart uit. Dit pols in sy palm. Hy lek daaraan, hou dit dan sodat die suster ook kan proe. Sy lek. Bloed versprei oor haar lippe soos gesmeerde lipstiek. Sy lag. Die monitors kry meteens lewe. Die pasient se oë gaan oop. Hy gil. Die dokter druk sy hand oor die pasiënt se neus en mond. Hy ruk dood. Die dokter sit die hart in sy...

Blitsfiksie-kompetisie: Uitkoms
Kryger - 2010-03-16
Kryger hang aan sy vingerpunte, twintig verdiepings bo die stadsgeraas. Sy vingerpunte raak vinnig lam. Hy besef dat dit net sekondes is voordat hy sy greep sal verloor. Hy roep, maar daar is niemand wat sy noodkrete kan hoor nie. Sy regterhand glip los. Hy swaai vir lang, ewige oomblikke met net sy linkerhand wat krampagtig aan die beton klou. Hy voel hoe sy vingers stadig hulle greep verloor. Hy voel hoe sy lyf millimeter vir millimeter sak. Meteens voel hy iets onder sy voete. Daar is ’n...

Blitsfiksie-kompetisie: Vryheid
Kryger - 2010-03-16
Kryger se longe brand. Sy bene is lam. Tog hou hy aan met hardloop. Hy durf nie stop nie. Hy struikel, maar herwin sy balans betyds om te keer dat hy neerslaan. As hy nou sou val, is dit klaarpraat. Hy kan steeds die gille en voeteval agter hom hoor. Hy swenk in ’n stegie in. Moegheid ten spyt, versnel hy sy pas. As hy híér vasgekeer word, hét Wessels hom. Eers ’n paar honderd meter nadat hy deur die stegie is, stop hy. Daar is niemand meer agter hom nie. Hy het ontsnap....

Blitsfiksie-kompetisie: Die indringer
Kryger - 2010-03-16
Die man hoor geluide en voeteval buite. Iets stamp die voordeur. Daar is ’n indringer in die nag. Hoekom blaf Wagter nie? Die man spring op, gryp die geweer. In die voorkamer sien hy beweging in die maanlig. Hy roep: “Staan! Ek sal skiet!” ’n Figuur beweeg dreigend nader. Hy skrik, skiet. Die indringer gil, plof teen die vloer. Hy beweeg nader en sien die blonde hare. Sy lyf verstar. Hy roep uit, druk die geweer dan teen sy kop. Hy skiet. Hy val bo-op sy dogter se...

Blitsfiksie-kompetisie: Die rolstoel
André Kotzé - 2010-03-16
“Stoot my asseblief vandag nader aan die krans se punt.”“Ek het jou mos gesê: Ek is bang vir hoogtes.”“Jy was. Maar ek het my testament verander. Jy is nou my enigste erfgenaam.”“Ja. Nou maak jy dit vir my makliker.”“Om my van die krans af te stoot?”“Ja. Dis mos hoekom jy ...?”“Ja, ek is so magteloos – ek kon nie eers my eie ...”“Selfmoord pleeg nie?”“Ek moes dit vir jou ... die moeite...

Blitsfiksie-kompetisie: Nat kol teen die muur
Gloria Brown - 2010-03-16
Kan die gefluister nie meer vat nie. Elke keer in die na-ure van die nag. Sweer dis ’n komplot wat gesmee word. Skakel lig aan. Sien net ’n nat kol teen die muur. So hou dit aan. Nag na nag. Skrik weer wakker van die gefluister. Net ’n nat kol teen die muur. Druk daarteen. Dit bars! Wat sal ek sien? Drie geraamtes, gebukkend oor ’n diagramskets van my liggaam. Bespiegel waar om die mes in my liggaam te druk. Ek gil! Skreeu! Hulle grynslag. Val flou in die arms van ’n...

Blitsfiksie-kompetisie: Wegkruiper
Phil - 2010-03-16
Skadudans die donker. Nattigheid op haar lip. Water? Bloed? Versigtig vee sy. Die lem was koud. Struikelend hakkel die maanlig verby. Hy soek haar steeds. Sy vries. Don’t move! Ys in my rug. Sweet oral op my. Hoe lank kan ek onsigbaar bly? Byt, my pop, byt vas! Hy draai. Ek weet. Die maanlig kom weer terug. Die oomblik stol. Byt! Die skadu stop. In haar gesig. Rek die rek. Trek die tyd. Swart is tydloos as jy wag. Dit laai. Dit span. Dit mergel. Wie gaan breek? Sy? ...

Blitsfiksie-kompetisie: Elfde gebod
Oemdhan Pieterse - 2010-03-16
Vandag wil ek eerder net hier sterf. Geen uitkomkans. Slu in geel bloedbelope poele swem dofswart gate. Daggapyp trek lang rooikool van die driftige teue. Deur magshonger en wellus omtower tot berserkte woeste diere. Drie gryp my vas. Growwe hande kneus en knyp. Een druk my hardhandig af. Hulle groepleier grynslag met vuil, stomp tande. Maak sy gordel los. Afsku verswelg my oor sy bruuskheid. Verblindende pyn meng met haat, woede en walging. Hulle gesigte in my siel ingebrand. Dood genadiger...

Blitsfiksie-kompetisie: On-heil
DC Joubert - 2010-03-16
Stefan skrik wakker in yskoue sweet. 02:15. Iemand in die sitkamer. Sanette slaap vas. Hy stap stadig nader. Dis Pieter. Hy staar met siellose oë na Stefan. Stefan herken die koeëlwond in die middel van sy voorkop. Sý werk. Geen keuse gehad nie – Pieter het uitgevind van sy transaksie met die Chief. “Pieter ... ek ... ek moes ...” hoor Stefan homself stamel. Meteens is Pieter weg. Stefan weet daar’s nog iemand agter hom. Dis koud. Hy draai stadig om...

Blitsfiksie-kompetisie: Twaalfuur
Oemdhan Pieterse - 2010-03-16
Twaalf jaar sonder een enkele fout. Senior tegnikus by die SA Bloedbank. Nalatigheid. Ek ...? Wat altyd so versigtig is. My vinger klop by die oop naaldwond. My kans glo vyftig-vyftig in gewone omstandighede. My ma se fobie oor bloed spook by my. Doodsgevaarlike werk. Uitslag kom vanmiddag. Tel die ure af. Wat as ek vigs het? Of sifilis, of herpes ... soveel siektes verskuil in die rooi lewensvog. Op die etiket die trooswoorde: Mevrou Anna Cornelia Johanna Potgieter. Goeie Afrikaanse name....

Blitsfiksie-kompetisie: Inbraak
Dot Vorster - 2010-03-16
Die voetspore lê dwarsdeur my erf – indringend intiem, uitdagend, tuis. Ons wéét van jou; ons kén jou; ons kom! My vel kriewel terwyl ek die nag herleef. Die skoot klap hier bý my. Ek is oombliklik helder wakker. Nog een. Nee, dis nie ’n skoot nie. Dis my kamervenster. Iemand probeer my ruit stukkend kap. Ek vlie op – vol adrenalien, woedend, bang! Iemand gil. Die gedaante smelt weg in die donker. Dreigende donker stilte. Elke haar op my lyf...

Blitsfiksie-kompetisie: Kloon?
Leoni Jooste - 2010-03-16
Die eerste klip trek. ’n Venster groet. Geweerlope blits in die son. Stemme. Kwaai, ongenadig en naby. Ek is weke al alleen. Meng jou met die semels … Die rewolwer ’n metronoom. Kop. Bors. Kop. Bors. “Jy’t die gespuis opgesteek om die lab af te brand!” Ek is toevallig aan hulle kant. “Kom uit, kloonboetie!” ’n Professor se hare natgesweet langs sy slape. Kop, bors, kop, bors. Koerantopskrifte flits deur my gedagtes. “Mens...

Blitsfiksie-kompetisie: Subjektief
Leoni Jooste - 2010-03-16
Ek hoor dit toe ek aan die ligskakelaar raak. ’n Geskuifel, iewers in die kamer. Sy gaan weet ek staan in die deur, terwyl ek verblind gaan wees en nie gaan weet waar sy is nie. ’n Gesuis in my kop. My arm raak lam met my swartleervinger op die skakelaar. Ek is al so moeg. Die masjiengeweer is swaar. Bedliggie aan. Ek spring na binne. Ons staar met groot oë na mekaar. Die ou vrou in my bed. “Liefie, moet jy nie maar die psigiater gaan sien nie?” Haar tande skerper...

Blitsfiksie-kompetisie: Sekelmaan
Phil - 2010-03-16


Blitsfiksie-kompetisie: Binneskreeu
Hettie Brittz - 2010-03-16
Ek knik ’n verleidelike dankie, probeer agtien lyk, en sluk. Die skitterbal en disko-lywe swaai al wilder, steek my oë, verdof dan rukkerig. Ek plons … swem … nee, sleep … Deur lam ooglede voel ek straatligte verbypols. Hulle hou stil en plak my lyf oor ’n kattebak. My suisende ore sif die glottale klanke. Arabies? Die drankiekoper kibbel: “But she’s a virgin!” Vreemde vingers. Pappa! My binneskreeu versmoor in ’n mishoringroep. Die...

Blitsfiksie-kompetisie: Jy moet kom as ek roep
Malene Breytenbach - 2010-03-16
“Jy moet kom as ek roep. Waar is jy?” Die lig van haar klein flitsie wip heen en weer, verlig kolletjies in die stikdonker. Sy ruik die soetsiek stank voordat sy oor die roerlose lyfie struikel. Op die pels blink die donker van bloed, en die oë blink doods in die lig van die flits. Nee! Sy hurk, haar hand uitgestrek. ’n Ander reuk, van mens, ’n ander blink in die hoek van haar oog. Iemand ruk haar aan die hare. Die angsgil uit haar keel smoor in brandpyn. ...

Blitsfiksie-kompetisie: Sondag
Naomi van Niekerk - 2010-03-16
Sondagkerk op die radio. Die glasoog loer skeef terwyl hy die skaapboud sny. Dora het die nagereg gemaak. Liewe Dora. Dora se hare is op al die kussingslope in die huis. Glasoog-Oupa soek iets. Die opskeplepel? Blouoogkleinkind-dogtertjie gee die opskeplepel aan en vra haar Oupa of hy nog vanmiddag die melk by die kraal gaan haal. Glasoog wil eers rus. Ouma knik en vra die seën. Niemand weet hoe lank die pofadder sy nes onder die bakkie se sitplek gehad het nie. Die bakkie se wrak lê...

Blitsfiksie-kompetisie: Die nagsluiper
Ludwig Heuer - 2010-03-16
Blitse verlig die donker huis. Sy weet hy is hier; sy kan hom voel. Sy is bang. Hoekom moes die krag juis vanaand afgaan? Sy klem die mes vas. ’n Venster breek. Hy is in die huis. Met haar rug styf teen die muur en trane in haar oë staan sy en wag. Sy kan hom hoor asemhaal. Hy is amper by die deur. Stadig lig sy die mes bokant haar kop. Sy kan hom ruik. Iets bekends aan die reuk laat haar huiwer. Donderweer verswelg ’n gil. Klik hier vir die kompetisie-riglyne. Klik hier vir nog...

Blitsfiksie-kompetisie: ’n Koeël vir ’n moordenaar
Ludwig Heuer - 2010-03-16
Die sluipmoordenaar lê en kyk deur sy teleskoop na die balkon. Vlieë kom sit op hom. Hy kom dit nie agter nie. Sy vinger is op die sneller. Op die balkon kom staan ’n man en koffie drink. In sy nagklere lyk hy nie soos ’n slegte mens nie. Sy vinger druk stywer op die sneller. Die man draai om en ’n kind kom op die balkon staan. Die kind lag en omhels die man. Die sluipmoordenaar maak sy oë toe en laat sak sy kop. ’n Skoot breek die oggendstilte. Klik hier...

Blitsfiksie-kompetisie: Die laaste klim
Ludwig Heuer - 2010-03-16
Stefan soek met sy regterhand na ’n geskikte vashouplek. Aan sy linkerhand hang hy ver bokant die grond. Dié deel is die moeilikste. Jy moet jou lyf op probeer swaai om oor die lysie te kom. Hy vryklim nou al jare. Die dokters het hom gewaarsku om op te hou. Onwillekeurige spierspasmas was die diagnose. In die afgelope maand het dit vererger. Hierdie is die laaste keer dat hy gaan klim. Sy regterhand kry ’n vashouplek en hy swaai sy lyf boontoe. Dan voel hy hoe sy duim begin bewe....

Blitsfiksie-kompetisie: Sewe mooi meisies agter maskers
Floris A Brown - 2010-03-16
Trek ’n volhuis in “Kunstegrot”. Blitsig op rolskaatse. Boetie uit gestig, sweer wraak. Amanda, ’n rolspeler, het hom gelos vir Mustapha. Hy oefen rolskaatse; teiken met sewe dolke. Drama eindig. Al sewe langs mekaar, arms omhoog, gevries! Eenderse klere, maskers. Boetie vliegskaats op die verhoog. Verward! Amanda?! Steek ’n dolk in elkeen se hart soos hy verbyskaats. Die skare gaan mal. Onder ’n oorverdowende staande ovasie gil hulle, sak al sewe inmekaar. Boetie...

Blitsfiksie-kompetisie: Die gholfballetjie
Floris A Brown - 2010-03-16


Blitsfiksie-kompetisie: Oubaas Kotie se stoomkoptrein van die Namibwoestyn
Floris A Brown - 2010-03-16
Ons wintervakansie. Wendy staan in die Namib. Bolandse winterkoue te koud vir skoonma Angy. 11:00 nm. Ek roep my vrou, Ma, om na die aan-af rooi lig in die kaktusplant te kom kyk, vyftig treë van ons huis. Elke Vrydagaand, gepaardgaande met ’n ligte trilling onder ons voete. ’n Ou Indiaan fluister in die kroeg in my oor: “Skuif julle huis vyftig treë terug.” Ons doen dit. Dié Vrydagaand om elfuur hoor ons vir die eerste en laaste keer ’n stoomkoptrein...

Blitsfiksie-kompetisie: Die laken
Floris A Brown - 2010-03-16
3:30 vm. Bellville Onderwyskollege, 1983. Ek wag angstig met spierwit laken oor die kop in stikdonkerte agter die toiletdeur. Die ligte lankal gesteel. Dis vier rye vorentoe en tien terug. Aan deure word gekap. Die blok word wakker geraas. Die berugte sewe, altyd steurend ontwrigtend, kom water afslaan. Ek wag dat hulle in gelid staan en skerts by die spoelbak. Geruisloos beweeg ek en tik aan twee se skouers, gil hoog-uit, onnatuurlik! Twee val flou. Vyf gil, val, vlug, hardloop oormekaar: “O...

Blitsfiksie-kompetisie: Comrade
Lewies - 2010-03-16
Sy voetval ritmies op die teerpad. “Ek is gereed – Comrades se moer!” Triomfantelik. Op die straathoek ’n koerantplakkaat: “Hond verskeur drawwer.” Onvermoeid draf hy, kilometer na kilometer. Hy voel die hond se warm asem teen sy bene voordat hy hom sien. Hy skrik, hardloop vinniger, maar die hond bly op sy hakke – ’n spiergebondelde Staffordshire. Oopbek, flitsende tande, die rooi tong wapperend. Hy struikel, val, die hond bo-op hom. Die...

Blitsfiksie-kompetisie: Hibiskuslaan 17
Herman Jonker - 2010-03-16


Blitsfiksie-kompetisie: Moordenaarsdrif
Willa Linström - 2010-03-12
Die ou gebou is grafstil; net die Waschkamer Voor Dames se lig brand. Haar kantoor lyk skielik te donker, met net die flikkerende rekenaarskerm in die ligkol van die groen leeslampie. Sy voel na die geelkoperpennetjie van die skakelaar by die deur. Toe trek die helder verligte muurskildery van die Zoutpansbergweg haar aandag. ’n Perdekar?! En ... daar wag ’n vreemde man langs haar lessenaar ... Die skimmelperd snork toe die swepie klap. “Geen leidrade nie,”...

Blitsfiksie-kompetisie: Donkermaan
Lewies - 2010-03-12
“Sy was maar twintig. Hy het haar hier onder die stinkhoutboom verwurg. Die dag voor haar troue. Jaloers omdat hy haar nie kon kry nie.” Donkermaan. Die hond tjankblaf bang. Glimmend sweef die lykswa nader, versier met troulinte en balonne. Niemand agter die stuur nie. ’n Jong vrou in bruidsgewaad doem wasig onder die stinkhoutboom op. Die lykswa se deur gaan oop; ’n skraal, bleek hand ontbied haar. Sy kyk om, kyk my pleitend aan, ’n oneindige hartseer in haar...

Blitsfiksie-kompetisie: Gis – 1948
Floris A Brown - 2010-03-12
Koningin Dorothea en haar man van Oknistan sit saam met my aan tafel in my herehuis, Brukka, op my plaas, Wrukka. Brood gebak met drie jaar oue moskonfyt uit ’n fles: ons voorgereg. Met my eerste hap voel ek die voorste lit van ’n pinkie en ’n skerp nael wat my verhemelte krap. Verskoon! Bloedrooi bokspring ek na die toilet. Jonas het drie jaar gelede in my wyngistingstenk versmoor. As slaaf moes hy heelnag werk. Die storie? Jonas is Amerika toe. Hoër-op studeer. Nóóit...

Blitsfiksie-kompetisie: Dop en dam
Oemdhan Pieterse - 2010-03-12
Geopende hemelsluise. ’n Oorverdowende bombarie. In die halfvol gesuipte duikweg wag Apollion** op sy volgende huisbesoek. Misvormde straatlampweerkaatsings bibber in die donker waterspieël. Dorstige Cortina storm oorhaastig nader. Verdwyn geruisloos voor geskokte omstanders. Binne sy ingewande baklei ’n jong paartjie, vol Bacchuswysheid. Minute kom op soos kakiebos. Hoe lank kan mens asem ophou? Niemand sê of doen iets nie. Tien minute begin saadskiet. Dertig. Twyfel kom groet....

Blitsfiksie-kompetisie: Die rolstoel
Floris A Brown - 2010-03-12
Dis 1969, Onderwyskollege Hewat. Almal lê wakker. Mansblok, derde verdieping. 4:00 vm. Die rolstoel. Eers stadig, dan met ’n helse spoed. Doef teen die einde van die gang. Bolmakiesie trappe af. ’n Harde slag. Grafstil. Aan die ontbyttafel: “Wanneer stop die stoel?” ’n Doekom uit Maleisië kon nie help nie. Uit woede het die rolstoel vannag alle deure gestamp. Willem moes die wiel noodgedwonge bang gaan oppomp. Lank gelede het Chrisjan Spyker uit woede verby...

Blitsfiksie-kompetisie: Tussen lyke
Floris A Brown - 2010-03-12
Die stank van lyke slaan my reg tussen die oë toe ek die trapdeur onder die mat oopmaak. Ek druk dit vinnig toe. Met nat sakdoek om my neus gaan ek na benede. Sprinkel paraffien en sit sigarette, vuurhoutjies en ’n lantern op ’n kassie. Gerry die slaapwandelaar is vannag weer na onder met ’n lyk oor sy skouer. Sy reukorgane lankal dood. Met goedjies gepak gee ek vinnig pad. In Mexico met sigaar in die hand (nuwe identiteit) lees ek die voorbladnuus in De Tjorrie: Ons huis,...

Blitsfiksie-kompetisie: Kamer 13
Floris A Brown - 2010-03-12
’n Derde vrou val haar te pletter vanuit die 19de verdieping van die “Ugh-UGH”-wolkekrabber op Voëlklip Eiland. Ek haas my na kamer 13. Almal bly op ’n afstand. ’n Verblindende ligstraal verlig die deur. Elektriese trillings duidelik hoorbaar. Skielik is alles stil. Die spanning slaak ’n sug van verligting. Niemand roer of waag dit om in te gaan nie. Nie eens “Rambo”, ons dapper speurder nie. Lettie, die waaghalspolisievrou, storm in. Die deur...

Blitsfiksie-kompetisie: Twee pennies
Floris A Brown - 2010-03-12
1:15 vm. Die rottangwiegstoel kraak, beweeg. “Oupa, Ouma is hier.” Dis Kobus, my agtienjarige kleinseun, vanuit sy kamer. 1:45 vm: stil. Vir drie maande aaneen. Hettie kom snags, op soek na haar twee pennies wat ek beloof het om met haar begrafnis op haar oë te sit. Ek wou dit vir so lank moontlik hou, dan inruil om die plaas op te knap. Laatskemer sit ek die pennies op haar oë in ons familiebegraafplaas hier op die plaas Skewehoek. 1:15 vm tot 1:45 vm: doodstil. Niks gebeur...

Blitsfiksie-kompetisie: Point blank
C Combrink - 2010-03-12
Wat was dit? Lekker muf en deur die mis. Het net in die diep slaap weggeraak. Iets het my wakker gemaak! .38 special met dum dums, oorgehaal. Geen ligte aansit nie. Beweeg blind. Iemand sluip hier voor my, voel-voel in die donker gang. Silhoeët vaagweg sigbaar. Haal saggies asem, doodstil in die donker nag. Adrenalien pomp; bloed suis in my ore. Twee treë nog en ek daag hom: “Wie is jy?” Dan kom dit sag: “Dit is ek, Pappa!” Klik hier vir die kompetisie-riglyne....

Blitsfiksie-kompetisie: Om die kampvuur
Dirk Schenck - 2010-03-12
Die donker van die maanlose nag omring alles. Die geluide van die bosveld genoeg om hom van sy sinne te beroof. ’n Geritsel hier en geruis daar, dan die roep van ’n uil. Jakob kruip weg, so goed as wat hy kan, agter die bossies langs die kampvuur waar hulle oomblikke gelede nog gesels het. Hy onthou die skote en die gille, sy meisie, Linda, wat reg langs hom neerplons en nou leweloos daar lê. Waarheen is die boewe? ’n Koue rilling gly teen sy nek af; dan voel...

Blitsfiksie-kompetisie: Geld praat
AM Smit - 2010-03-12
Ben loer versigtig deur die sleutelgat van die gekraakte deur. Jen sit vasgemaak, hare deurmekaar, bloes geskeur … Een man by die deur, een by die tafel. Die nagklub klop onder Ben terwyl hy die deur saggies oopmaak en sy hand teen die muur op gly tot by die ligskakelaar … Sy weermagmes stry tot binne die knie van die man by die deur, wat dadelik val en skreeu; steek nommer twee maak hom stil. Die man by die tafel se pistool begin wild vuurflits in die donker kamer. Net ’n...

Blitsfiksie-kompetisie: Die aanslag
Phil - 2010-03-12
Hy het geweet dit gaan kom. Daardie oomblik van besef dat dit nie bloot ’n nagmerrie is nie. Geen uitkomkans hier nie. Die laaste jaar flits deur sy bewussyn. Wanhopig. Verniet. Nou skreeu iets uit sy binneste. Sy asem raak vlakker en vinniger. Gaan hy dit oorleef? Stadig, baie stadig, skuif sy hand vorentoe. Hy moet dit doen, en nou. Die papieromhulsel voel kil en dood. Stadig stroop hy dit af en kyk met angs na die ontbloting. Die oomblik. Dit wag daar, soos ’n doodsvonnis:...

Blitsfiksie-kompetisie: Moera steek haar in die rug
Phil - 2010-03-12


Blitsfiksie-kompetisie: Die einde is naby
Dirk Schenck - 2010-03-12
Die einde is naby ... Sara klou styf aan haar sitplek vas. Haar kneukels wit van angs, haar wange vaal. Mense rondom haar kots in die nou gangetjie van die vliegtuig. Sy ruik dit: die dood in die reuk van braaksel. Ewe skielik skeur die liggaam van die ystervoël oop. Die wind skree deur haar ore, en die trane loop soos ’n stortvloed oor haar gesig. Sy hoor die gille van mense wat in die donkerte deur die wind verorber word. Sy weet dit nie, maar die stoel waarop...

Blitsfiksie-kompetisie: Uitkoms
Wilhelmina Potgieter - 2010-03-12
Bliksemstrale klief deur die lug. Slaan met oorverdowende slae naby haar vas. Sy kyk om. Woede is duidelik op sy bebloede gesig waarneembaar. En die byl in sy hand. Doringtakke skaaf; harde reëndruppels piets meedoënloos, maar sy voel niks. Daar voor blink die teerpad. Uitkoms! Verskrik hardloop sy in die wildsheining vas en slaan neer. Stuit die gil met haar vuis, luister. Doodstil. Blitse verlig die veld. Kruipend beweeg sy na die naaste skaduwee. Dit beweeg! Met ’n onaardse,...

Blitsfiksie-kompetisie: Pak!
Chris Marnewick - 2010-03-12


Blitsfiksie-kompetisie: Diep in die fles
Daniel Horn - 2010-03-12
Die Bulls is op die oorlogspad. Die laaste dubbel was dalk een te veel, maar wat de donner – die Merc ken mos die pad huis toe. My Bulls en my Benz, dink hy by homself. Wydsbeen oor die middellyn – amper daar. Jy moet die lyn van die draai ken as jy hom teen 100 km/h wil vat, pappie! Die 230E sit soos ’n tenk, sekuur en reg vir sports. Wit ligte in sy truspieël. Kom ons kyk. Oeps. Klaar gepraat. “Nog ’n dronkgat het die brannewyndraai...

Blitsfiksie-kompetisie: ’n Adder aan die bors
Daniel Horn - 2010-03-12
Pofadder so dik soos sy voorarm, knus opgepof in die hoek. Wakker. Wagtend. Hy wil gaan lê, maar durf nie nou nie. Hy voel die gif, polsend deur sy are. Twee netjiese gaatjies in sy bors, nou dik en swellend. Duiselig nou. Hy sien die hok: voor hom, rondom hom, in hom. Hoe lank het hy? Dowwe stemme, soos vanuit ’n lang, hol pyp. Hy sien die lig aan die einde daarvan. Verblindend wit, soos magnesium wat brand. Die slang pik woedend weer; dit voel soos ’n vuis. Een dag...

Blitsfiksie-kompetisie: Moordbende
EMEX - 2010-03-12
’n Geritsel, sag dog onheilspellend. Was dit ’n dier of sy agtervolger? Met sy asemhaling vlak en sag luister hy in die stikdonker vir ander geluide. Moet hy langer stil lê of moet hy probeer wegkom en dalk sy posisie verklap? Koue angs laat sweetdruppels teen sy gesig en nek afloop. Weer ’n versigtige skuifelgeluid. Hy besef met paniek dat dit nie ’n dier is nie. Soos ’n donderslag kom ’n skoen op sy rug te lande. Beangs kyk hy om en sien...

Blitsfiksie-kompetisie: Die transaksie
Henning Janse van Vuuren - 2010-03-12
“Fokken shut up net! Luister sus, ons stop. Ek gee die geld. Hy gee die coke aan en dan gaan laai ek jou af.” ’n Motor hou aan my kant stil. Koppe knik. “Hier. Gee die geld eers wanneer jy die sakkie het.” “SJ, ek wil niks ...” “Jissis!” Kontant verwissel; die dealer knipoog en verdwyn in die nag. “Fokkit! Cops!” SJ pluk die ratte, ’n dowwe slag volg en ’n liggaam rol oor die enjinkap. Hy jaag....

Blitsfiksie-kompetisie: Tussen treine
Dirk Schenck - 2010-03-12
Daniël skrik wakker met ’n gerunnik van perde en die gedreun van hoewe op die grond. Stof kleef in sy oë en die smaak van bloed skree pyn op sy lippe. Waar de fok is hy? Laasnag was hy salig in sy bed in sy eie huis en nou is hy êrens in die wilde weste. Hy’s vuil en moeg. Sy oë fokus skrefies op die son wat hom skroei, terwyl hy stadig maar seker sy bewussyn herwin. Hy hoor treine naby hom fluit. Te naby … Hy kyk af. Sy bene – dis weg …Klik...


<< 1 2 3 4 8 >>