Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans

Afrikaans


<< 1 2 3 4 8 >>

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Sal jy my onthou?
Estè du Plessis - 2011-03-02


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Bewaar ons
Lettie du Preez - 2011-03-01


Uittreksel uit die ongepubliseerde roman Wat Emma weet
Dineke Volschenk - 2011-03-01
Emma staan so lank onder die stort , dat Marina aan die deur kom klop en sê: “Onthou, ons het nie baie water hier nie!” “Skies!” roep sy en draai die krane toe. Sy voel verkwik. Dalk vir die eerste keer vandat haar ma dood is, dink sy: weg uit die stad, skoongewas en effe aangeklam. Die chenin blanc in die tuin het haar vinnig aangetas en sy voel haar skouers is los. In haar kamer, terwyl sy aantrek, raak sy bewus van die stilte. Iewers blaf ʼn hond en ʼn opgewarmde...

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: kringdans
Susan Grobler - 2011-03-01
kringdans reënstokke swalk ritmies uur na lange uur eentonige voeteval stuif stofdeeltjies om die vuur donker oë lonker en lag daag al die ruigtes uit tooi witwarm vlamme in vuurspuwende rooitongprag in ’n parket van spiese veilig in die hittekring word dié jaar se water in – weeldedans besing in die stiller skaduwees agter die ritsel van grassade sluip – luiperd geruisloos – honger dors die vors Klik hier vir die kompetisie-besonderhede. Lees...

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: lugspieëling
Jannike Bergh - 2011-03-01
lugspieëling ’n maanhaarleeu flikker in die verte, kom in fokus, word werklik en beweeg. tussendeur growwe oker- en houtskoolhale stap hy nader – die koning van wêreldsend se stowwerige halo beur windstil teen die wolklose blou en verdwyn – snellergou – dae is lank hier. sand sluk ure en herkou, terwyl die laaste maanhaar van damaraland se glasoë blink in ’n bourgeois sitkamer in die buiteland. Met verwysing na dr Flip Stander...

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie
Dionne Crafford - 2011-03-01


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Afrika
Rolien Vos - 2011-03-01


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Die bos
Rolien Vos - 2011-03-01


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Luiperd-bedreiging
Nanette Fourie - 2011-02-24


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Die toeskouers
Nanette Fourie - 2011-02-24


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Koer van die tortel
Sneeuwolf  - 2011-02-24


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Ivoor, so edel
Sneeuwolf - 2011-02-24


Trimalchio se fees – ’n Fragment uit Petronius se Satirikon
Johann de Lange - 2011-02-16
Die derde dag het uiteindelik aangebreek, en daarmee saam die vooruitsig van ’n vry ete. Maar ons was so verinneweerd dat ons eerder wou weghardloop as rus. Terwyl ons bedruk besig was om te beraadslaag oor hoe om die komende storm te vermy, het een van Agamemnon se slawe ons onderbreek. “Wat’s fout? Weet julle dan nie wie’s vandag julle gasheer nie? Dis Trimalchio – ’n uiters elegante man … Hy het ’n waterhorlosie in sy eetkamer en ’n trompetblaser...

Portretjie
Marius Ackermann - 2011-02-09
Hulle aankoms is vol klank en kleur, heeltemal uit pas met die vaal voorstedelikheid van ons buurt. Die woonplek staan al lank leeg, en ten einde raad het die eienaar besluit om maar te verhuur. Dis Saterdagoggend, en ek is in die tuin besig. ’n Rokerige lorrietjie het pas die buurhuis se oprit binnegevaar – ’n oorbelaaide slagskip met stoel- en tafelpote wat soos kanonlope alkante toe wys. Die res van die huisraad volg in ’n selfgemaakte treiler, en ’n brullende, pers...

Hond
Mercia S Burger - 2011-02-03
Mense behandel my anders sedert ek uit die kliniek ontslaan is. Met jammerte, met versigtigheid, met verdraagsaamheid. Asof ek nie meer dieselfde mens is nie. Soms asof hulle bang is vir my en ja, dit is waar, kan ek met sekerheid sê – ’n mens kan vrees ruik. So ’n soeterigheid wat deur sweet en riool breek. Mense praat ook harder met my, stadiger, asof ek doof of dom is. Ek probeer om my nie te veel daaraan te steur nie. Solank as wat ek veilig voel. En ek het mos nou...

Dames en here, Tittewyt Kweelkous!
’n Storie vir Kinders (Deel I)

Johann Schutte - 2011-01-06
Die sangeressie in die bos Diep in die hartjie van ’n groot bos, langs die silwer stroompie net anderkant die miershoop, was die huisie van mejuffrou Tittewyt Kweelkous. Sy was eens op ’n tyd die mees bekende sangeres in die hele bos. Diere en kabouters en feetjies en allerhande goggas het van heinde en verre gekom om na haar pragtige sopraanstem te luister, maar dit was voordat iets verskrikliks gebeur het. Wie is Tittewyt Kweelkous? Nou, kom ek verduidelik: Kyk, Tittewyt Kweelkous...

Die woestyndorp – Deel II
Gerrit Olivier - 2010-11-16
Klik hier vir Deel I. Op die vyfde aand bly die mislaag weg om met die uitsondering van ’n paar verdwaalde wolkies nooit weer sy verskyning te maak nie. Dis asof tyd en ruimte opgehef word in die afwisseling van sterbestrooide nagte en fel sonnige dae. Dit begin vir my voel asof ons al ’n maand hier is, sê Wilhelm die volgende middag, waar hulle tussen die rommel van die vorige aand se partytjies draairoomys koop by ’n geel vragmotor waaruit Duitse schlagers oor ’n...

Die woestyndorp
Gerrit Olivier - 2010-11-09
Deel I Die ouers kom haal hulle op die lughawe. Drie uur later, na ’n middagete by ’n restaurant langs ‘n volgepakte strand waarop twee gespierde knulle toertjies met ’n leë bierbottel aan die oefen was, nader hulle die woestyndorp vanuit die suide, op ’n soutpad vol vierwiel-aangedrewe voertuie. Links lê die blou vlak van die see; regs ’n bleekvaal oneindigheid met ’n reeks berge in die verte. Hier het die gedagte dat sand- en duineveld lewe...

Spookstorie
Kerneels Breytenbach - 2010-11-02
I Daar was ’n tyd, kort voor PW Botha se Rubicon-toespraak, toe koffie nie deel van die problematiek van die Ewige Lewe was nie. ’n Eiendomsontwikkelaar van Lambton gaan egter toe heen en verander dinge. Met argelose daadkragtigheid en minagting vir alles wat metafisies is, sloop hy ’n sinkgebou naby Germiston se stasie. ’n Beneukse poltergeist kom in die proses ’n baie sleg ding oor. Sy het, teen die raad in van ’n hele kekkelende horde van haar susters, gehoop...

Die rustelose siel
Elsa Engelbrecht - 2010-09-14
Ons was moeg die aand toe ons op die dorpie aankom. Het laat weggekom van die vakansieplek en die wind het sterk gewaai op die pad sodat ons nie na wense gevorder het nie. Besluit toe om slaapplek te soek eerder as om verder te ry. Marie het ons reis gereël volgens ’n Getaway -tydskrif wat sy saamgevat het. Ná ’n rondbellery kry ons slaapplek in ’n ou huisie wat opgeknap is om aan reisigers oornagplek te verskaf. Te dankbaar om tot rus te kom, sit ons af na die huisie...

Die begrafnis
Elsa Engelbrecht - 2010-09-08
Die hele dorp is vandag aan’t gesels oor die nuus van tant Jossie se dood. Oral waar mense bymekaarkom, word daaroor gepraat. Alle gebeure rondom die ryk Stofbergs ontlok altyd heilige verontwaardiging of loflike aanprysing; die afsterwe van tant Jossie is ’n nuwe geleentheid om oor die doen en late van die familie te wonder en te skinder. Die dag van die begrafnis breek aan: grou, grys en triestig. Lae wolke hang oor die dorp en dit lyk asof dit enige oomblik kan begin reën. Dit...

Jopie Adam op ’n geel scooter
Marthinus van Loggerenberg - 2010-08-11
Fanie van Rooyen loop kop onderstebo met hulle pasgeskeerde poedel deur die winkelkompleks. Ag toggie tog tog, dink hy by homself, as iemand my nou sien, kan ek maar in ’n pers rok voor die hele skool gaan gedigte opsê en wag dat die eerste rugbyspan my so kom opbliksem dat ek vir weeklikse slaapterapie moet gaan. Hy wou nie eens sy eenjarige niggie in haar pienk pram by die sypaadjie af stoot nie. Hy het maar so eenkant onder die skadu van ’n boom die tyd gaan staan en omwag....

Die visserman
Francois Loots - 2010-05-18
“Kyk,” sê Sannie en trek haar rok op en haar broek af. Ek is uit die veld geslaan, maar buk, net soos sy ’n oomblik gelede voor my gebuk het. En ek voel opgewonde; ek kry dieselfde gevoel as wanneer ek ’n nuwe boek oopmaak. Sus en Daan. Die kinders van die wêreld. Of Arabiese nagte, waaruit Ma soms vir my voorlees. Ek lig my hand op, maar Sannie trek meteens haar broek op, laat haar rok val, draai om en hardloop by die boorde agter die kombuis in. “Vang...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Isabelle Nell van Niekerk berig oor die uitreiking van die rolprent Triomf, gegrond op Marlene van Niekerk se roman
Isabelle Nell van Niekerk - 2010-05-13
Karakter: Mnr Lambert BenadeNuusberig: Rolprentuitreiking Boek: Triomf Skrywer: Marlene van Niekerk Joernalis: Jaques Liebenberg Afrikaanse TV-nuusbulletin SABC 2, 19:00 18/09/2008 19:00 Nuushooftrekke; Aanbieder: Riaan Cruywagen Regisseur van Triomf versprei sy rolprent self 19:10 Stemverslag Die Afrikaanse fliek Triomf het sy sukses by die onlangse internasionale fliekfees in Durban, waar hy as beste Suid-Afrikaanse fliek aangewys is, opgevolg...

Leopard’s Leap Fiksiefiësta: Eugène Marais, die groot verlange
Dirkie de Villiers - 2010-04-29
Skrywer: Eugène MaraisTekste: Verskeie Onthou jy nog die dag toe jy die bobbejane die eerste keer gesien het? Jy het ’n nuwe wêreld ontdek wat vir jou sin gemaak het. Jou eensame bestaan het ’n werklikheid begin aanneem wat later oneindig baie vir ons beteken het. Jy het grootgeword met ’n skildery van Baines teen die muur wat Pretoria en omgewing toon, die dreigende donderstorms bo die klompie grasdakkies van die dorp. Jy sou met slange van allerlei aard en die diere...

Uittreksel uit Marike se laaste dans
Deborah Steinmair - 2010-04-22
Marike se laaste dans Deborah Steinmair Uitgewer: Human & Rousseau ISBN: 9780798151467 Prys: R160 Die verteller, Maud, sien van kleins af dinge wat nie daar is nie. Op ’n dag verskyn Marike, ’n voormalige presidentsvrou, aan haar by ’n robot. Sewe jaar nadat sy vermoor is, wil Marike aanbeweeg ... Vervleg met die vertelling van Maud en Marike se sporadiese ontmoetings, ontvou die verhaal van Maud se “regte” lewe. Magies-realisties, humoristies, verbeeldingryk. Klik...

Blitsfiksie-kompetisie: Noodweer
Corlietha Swart - 2010-03-26
Ek het lank geslyp om die skroewedraaier skerp te kry. Boervrou, alléén op ’n plaas. Steeds mag ’n mens net skiet as jou lewe direk bedreig word. Verlede maand het hulle buurman Peet ná kerk by sy plaashek voorgelê. Die hele gesin ongewapen doodgemartel. Kort daarna het ek die Pep Stores-tekkiespoor by my boonste kamphek gewaar. Toe ek gisteraand glas hoor breek, was ek reg vir hulle. Die hoofskakelaar afgesit en hulle een-een afgemaai danksy my nagsigbril....

Blitsfiksie-kompetisie: In bloedskrif: Ork Adriotti
Floris A Brown - 2010-03-25
Barcelona, 1950. My motorhawe, Da Costa, doen goed, behalwe vir Ork Adriotti, wie se Mercedes Benz ek elke maand gratis moet diens vir beskerming. Hy vloek en skel, breek my af tot in my siel. Almal bewe wanneer hy instap. Ek peuter aan sy remme. Vanoggend se radio- en voorbladnuus: “Ork Adriotti sterf in gru-ongeluk, bergaf.” My gewete pla. Slaap min. Ek wroeg nog oor Pa se moordenaar, wat tot vandag toe nie opgespoor kon word nie. Vanmiddag, net voordat ek kon insluimer, kom Pa...

Blitsfiksie-kompetisie: In bloedskrif: Ork Adriotti
Floris A Brown - 2010-03-25
Barcelona, 1950. My motorhawe, Da Costa, doen goed, behalwe vir Ork Adriotti, wie se Mercedes Benz ek elke maand gratis moet diens vir beskerming. Hy vloek en skel, breek my af tot in my siel. Almal bewe wanneer hy instap. Ek peuter aan sy remme. Vanoggend se radio- en voorbladnuus: “Ork Adriotti sterf in gru-ongeluk, bergaf.” My gewete pla. Slaap min. Ek wroeg nog oor Pa se moordenaar, wat tot vandag toe nie opgespoor kon word nie. Vanmiddag, net voordat ek kon insluimer, kom Pa...

Blitsfiksie-kompetisie: Die politikus
Luisa van der Linde - 2010-03-25
Die gesuis in haar ore is die eerste teken dat die aanval begin. Dit vermeng met die drogbeelde van kindertjies wat huil. Mans probeer verwoed hulle gesinne beskerm. Die ysterstank van vars bloed en liggaamsdele wat met pangas afgekap word, vervaag toe sy die bekende ystervingers om haar nek voel. Sy sien hoe haar oë uit hulle kaste spring en oor die hoofopskrif van die koerant rol: “Julius dreig jeuggroep.” Sy hoor nie eens die naderende voetstappe nie. “Die dokter...

Blitsfiksie-kompetisie: Wildstappie
André Lotz - 2010-03-25
Middernag. Na die kuier in die kroeg lê die pad na die boshutte deur prima leeuwêreld. Kom, en die twee Belgiese meisies volg. ’n Leeu brul links voor, en nog een regs. Hare rys, meisies druk grootoog teen my. Die maanlig wys iets voor in die tweespoorpaadjie. Stop! 9 mm reg. Druk flitsknoppie ... die leeuin staan dwars oor die pad, oë vasgenael op ons. “As julle hol, is ons dood!” Los knoppie. Groot flits reg. Terug ... stadig ... Voetjie vir voetjie ......

Blitsfiksie-kompetisie: Versmoor
Annabelle - 2010-03-23
Pikdonker. Suurstof raak min. Snak na asem ... was net ’n ... speletjie. Hyg. Hy het gedink ... hy het die beste ... wegkruipplek. Het gesukkel ... om ’n goeie een ... te kry! Dofweg ... het hy ... haar hoor tel: 46, 47, 48, 49, 50 ... “Ready or not, here I come!” Hy het vinnig ... rondgeskarrel. Dis tóé dat hy ... die ou vrieskas ... in die hoek van die motorhuis ... raaksien. Gou die deksel oplig. Vinnig inklim. Deksel laat sak. Dit voel of hy ... al ure ......

Blitsfiksie-kompetisie: Klein genade
Tweeling - 2010-03-23
Met sy hoed in gekreukelde hande staan hy buigend voor meneer Kloppers. “Ja Meneer, dis die laaste trippie bokkoms na Transvaal.” “Jan Flap, jy gat nou nie weer staan en gesuip raak nie, nè!” ’”Nee Meneer – nooit Meneer, genuine, ek sallie.” “Jy weet die bokkoms is die trots van onse mense in die Baai.” “Ja Meneer, dié dat ek u nie innie steek sal laat nie.” “En onthou dis Gauteng –...

Blitsfiksie-kompetisie: Roep van die laksman
Luitje Mulder - 2010-03-23


Blitsfiksie-kompetisie: Donker vreemdeling
Elizabeth de Villiers - 2010-03-23


Blitsfiksie-kompetisie: Laaste lig
Tweeling - 2010-03-23
“Hoe voel dit om ’n engel te wees?” vra die driejarige Katinka. “Dit voel soos kindwees – baie lekker,” antwoord hy. “Is jy bang, Katinka?” (Sy antwoord met ’n bewerige stemmetjie.) “Net ’n bietjie – ek is bang Mamma en Pappa verstaan nie en dat Boeta my gaan mis.” “Moenie bang wees nie – ek sal seker maak dat hulle verstaan,” en hy vee die traantjies af. “Hoe?” vra Katinka....

Blitsfiksie-kompetisie: Legkaart
Tweeling - 2010-03-23
Die hotelkamer is donker; onheil hang soos dooie asem in die lug. Hy skrik wakker en staar na die figuur langs hom op die bed. Hy neem sy hand en voel-voel soos ’n blinde. Dan raak hy aan die liggaam en die stukkende vlees. Skielik trek Stefan se rug krom soos die werklikheid deurdring. Stefan Mees weet daar is gemoor, maar sy gedagtes oor die gebeure bestaan uit krom legkaartstukke. Hy onthou die “poppers” wat in die Voëlkopnagklub uitgedeel is, maar is onseker oor alles....

Blitsfiksie-kompetisie: Van Golgotha tot Kalvarie 
Joel Claassen - 2010-03-23
Ek kan geen skadu van meneer Jackson, wat my die afgelope twee jaar klasgee, voor my sien nie. Jenny het voor meneer Jackson se voete geval, haar skoene bloedbedek – het g’n meer ’n glans nie. Terwyl die slagmes deur Faan se nek skeur, skreeu ek om vergifnis. Ek ruk my gesig en palms na bo wanneer ek die nek sien opskeur. Meneer Jackson stap in my rigting. Al wat ek van ons gawe meneer sien, is sy grusame bruin tande en die wit...

Blitsfiksie-kompetisie: Lootjies trek
Murphy - 2010-03-23
“Dis nou agt dae – ons water is op. Hulle gaan ons nie kry nie. Een van ons sal moet stap en hulp soek.” Die drie mans sit platgedruk teen die wrak van die Cessna, ingekruip in die bietjie skaduwee. Om hulle strek die woestyn eindeloos – sand aan alle kante. Toe die kort vuurhoutjie in sy hand lê, weet hy hy het nie ’n keuse nie. Hy kan nie die gesteelde miljoen in sy sak by hulle los nie. Saggies grawe hy die pistool uit die sak, haal dit byna geluidloos oor....

Blitsfiksie-kompetisie: Willie wil nie weer nie
Ben Kruger - 2010-03-23
Willie leun teen die lamppaal aan. Hy wonder of sy sal terugkom. Partykeer bly hulle lank weg. Dan kruip die Mercedes om die hoek en hou stil, en sy klim by háár lamppaal uit. Sy trek haar kort rokkie reg en pluk-pluk aan haar visnetkouse. Die kar suis verder. Willie veg teen die versoeking, maar in sy hand voel hy hoe die jagmes warmer begin word toe hy haar hoerbloed ruik. Hy sny diep in haar maag in. Die mes brand sy hand. Willie wou nie weer nie ... Maar...

Blitsfiksie-kompetisie: Assegaai van vergelding
Annabelle - 2010-03-23
Sy lê vreesbevange onder die wa. Hulle sweet in die koel aandlug. Hoor ’n geritsel agter haar. Keer haarself nét betyds voor sy gil. Haar hele gesin is uitgemoor. Die Xhosas ken geen vrees of simpatie nie. Sy durf nie uit haar skuilplek kom nie ... Sy hoor weer die geritsel, skuifende voete. Die volgende oomblik sien sy ’n paar kaal, swart voete in die lig van die volmaan. ’n Paar donker oë kyk haar vol haat aan toe hy langs die wa hurk. Sy voel hoe iemand haar...

Blitsfiksie-kompetisie: Aan ’n lyntjie ...
Henning Janse van Vuuren - 2010-03-23
Jy het twee weke, Steenkamp. Ek soek my geld! * Sy huiwer. “As jy lief is vir my, sal jy spring.” Ek kyk in haar groen oë. Regaf druis die Zambezi, Mosi-oa-Tunya. Dit is ’n gevestigde polis. “Jy weet ek is ... maar ...” Sy beur terug. “It’s okay,” sê ek vir die Zimbabwiërs en druk my vingers dieper in haar rug. Die ander hou die gordel vas, verberg die diep sny daarin. Ek sluk aan die knop, por met...

Blitsfiksie-kompetisie: Die verdwyning van Konrad Wasserfeld
Johan-Paul Schutte - 2010-03-23
Tweede Wêreldoorlog: Nagtelike lugaanval-alarmfluite gil oor Johannesburg. Die Duitsers sit in Abessinië; mens weet nooit. Die inwoners skakel ligte af. Konrad, sewe jaar oud, stap die sitkamer binne, sien in die dowwe skyn van die radioskyf die geboë figuur van ’n luisterman en stap kinderlik nader. Die skaduagtige figuur kyk op. Die seun huiwer. “Pa?” In die kombuis wonder Konrad se ma oor die wit lig wat om die huis hang. Die donker man strek na die...

Blitsfiksie-kompetisie: Die poets
Yolandi du Toit - 2010-03-23
Bernard gaan trou. Die pêlle besluit hy moet voor Saterdag – die groot dag – eers geïnisieer word. Hulle blinddoek hom en stop hom in ’n diep grot op ’n rantjie naby Pilanesberg. Net om sy siel so ’n bietjie uit te trek. Hy speel saam. Hulle maak hom vas sodat hy nie kan wegloop nie. Daar sal hulle hom los tot vanaand; dan hou hulle party. Maar die hongerte pla – hulle ry gou na die naaste Kentucky vir burgers; kry sommer vir Bernard ook ene. Op pad...

Blitsfiksie-kompetisie: Epiduraal
Danie Grabe - 2010-03-23


Blitsfiksie-kompetisie: Volksmoord
Johrné van Huyssteen - 2010-03-23
Ek stap die kantoor binne. Bolipsweet brand dringender. Daar sit hy, mal soos ’n baas met haat in sy oë. Hy hou elke beweging van my dop, sy aura vloek aanvallend in kopskootrooi. Ek stap bewerig nader terwyl hy stadig opstaan. Sy wapen laat my kognitief versteen. My tyd is verstreke. Die web van swartwit haat het verkleurling tot ’n verskriklike verwarring tussen ons. Hy lig sy arm, strek oor na my toe. “Ek moet hier uit,” is my laaste gedagte as sterwende liberaal....

Blitsfiksie-kompetisie: Grts
Phil - 2010-03-17


Blitsfiksie-kompetisie: Komadood
Niel van Deventer - 2010-03-17
Ek voel seer en swaar toe ek my oë oopmaak ná wat soos jare voel. Laaste onthou ek ’n partytjie en skielik mans met gewere, skote en bloed. Die suster kyk en roep gangaf: “He’s awake; he’s awake.” “Where am I?” vra ek haar. “Biko Hospital, Tshwane,” antwoord sy. “Waar’s my vrou?” skree ek. “I’m sorry, Sir, I don’t understand,” antwoord sy my. “Where is my family, please?”...

Blitsfiksie-kompetisie: Sondag
David Broodryk - 2010-03-17
Sondaggemoedelikheid op die plaaswerf. ’n Lui middagson wat vriendelik glimlag op ouma Ria, Pa en Ma, Gert, Sarah en die aannaaisels. Skaapboud en rys, Nederburg Stein en trifle en kinders wat jil en die dahlias vertrap. Politiek en onsinnighede weggebere. “Pa, Sarah het gehoor daar’s nog enetjie op pad.” Dankie Here, Here wat nooit slaap nie, vir seëninge en die Hande wat die voedsel voorberei het. Onbewus van die swart BMW wat geruisloos nader. ’n...

Blitsfiksie-kompetisie: Die Hel
DC Joubert - 2010-03-16
Die agtien verhoorafwagtende maande in die Harare Hell was ’n nagmerrie. Weke in alleenopsluiting in ’n donker gat. Rotte wat aan jou sere knibbel. Die hongerpyne. Verlange na familie. Uiteindelik die verhoor, en nou die uitspraak. Skuldig aan hoogverraad sal lewenslank in die hel beteken. Hier in die hof het dit na ’n flou storie geklink, maar hy het waaragtig gedink hulle opdrag was om ’n privaatmyn te beveilig. Het niks van groter planne geweet nie. “Will...


<< 1 2 3 4 8 >>