Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction

Fiksie | Fiction


<< 1 2 3 4 14 >>

''Tydlose liefde''-kompetisie: Amsterdam, 2011
Annalien Burger - 2011-09-02
Maak nie saak hoe groot ek my oë gerek het nie, ek kon nie jou gloeiende, intense teenwoordigheid met een oogopslag inneem nie. Sonder inhibisies het jy jou intiemste skoonheid aan my starende blik ontbloot en jou dans met my gedans. Al was dit donker, het jy die nag gebruik om die oorweldiging van jou vuur ten toon te stel. Passievolle, brandende, bruisende en afsydige skoonheid, en ek was oorrompel, verdwaas en verdwaal. ’n Strompelende slaaf, hopeloos verlore en verdoem tot...

''Tydlose liefde''-kompetisie: Skoolgrond, MX 2000
Amandel Ross - 2011-09-01
Hy is ’n alleenwolf. Sy is almal se pel. Hy weet wie is André P Brink. Sy maak asof sy nie weet nie. Hy hou haar dop. Sy hou haar besig met enigiets behalwe met dit wat saak maak. Sy wens hoërskool wil eindig. Hy weet hoërskool eindig nooit. Sy soek na meer. Hy wens hy kan kry wat hy soek. Aande as sy alleen is, verlang sy na mense wat sy nie ken nie. Hy is ’n niemand en sy verlang na ’n iemand. ’n Jaar en ’n half laas het ek ’n blazer gedra....

''Tydlose liefde''-kompetisie: Planeet Ons, 2011
Reinette Davis - 2011-09-01
Jy was maar altyd daar. Van my vroegste gewaarwordinge toe ek skreeuend protesteer het omdat my wiegie nou nie meer in die hoofslaapkamer geduld gaan word nie, was ek bewus van jou teenwoordigheid. Empaties, nuuskierig, geamuseerd. Met my eerste skooldag, toe die Brenkman-boelies my splinternuwe tassie in die deurloop gooi, poskantoorboekie en al, het jy my snot en trane afgevee, rooi sand in hulle oë gestrooi, en breëbors vir Pa gaan wys waar die kolkende water die tassie meegesleur...

''Tydlose liefde''-kompetisie: Houtbaai, 2011
Lettie Beare - 2011-09-01
Melanie voel allesbehalwe perdgerus. Haar hart klop onbeheerst in haar keel. Dit maak spronge en steier tegelyk en dit voel asof sy enige oomblik van ’n perd gaan afval. Vandag is die dag. Sy sal vir Kloppies die waarheid moet vertel. Hulle loop al ’n lang pad saam. Albei pas vyf jaar oud toe hulle mekaar die eerste keer ontmoet het. Eers was hulle skaam en bang vir mekaar. Later was hulle beste maats en onafskeidbaar. Vyftien jaar later was hy steeds haar ridder. Deesdae kyk sy met...

''Tydlose liefde''-kompetisie: Maanbasis, 2260
ewas - 2011-09-01
My diensbeurt is amper klaar. Voor die venster sien ek die blou van die aarde inskuif. Die hele planeet is feitlik onder water. Dit bly asemrowend mooi van ver af. Sesuur stap my aflos in. Daar is niks om oor te gee nie. Dit was ‘n vervelige ses uur van niks. Tot die blou planeet se koms was daar niks. Net die donker in die skadu, die maan. Ek stap woonkwartiere toe. My liggaam smag na liefde. Dit bruis deur my bloed en my onderlyf voel warm. Ek draai weg na die plesierkwartier. Vroegoggend...

''Tydlose liefde''-kompetisie: Malvern, 1967
Amanda Claassens - 2011-09-01
Die dubbeldekker kom aangeskommel met Julesstraat langs, te stadig na Barbara se smaak. Die wind sny deur haar ligte baadjie en mors met haar kapsel. “Môre Dametjie, vol bo,” groet die kondukteur vriendelik. Nog 'n minus vir hierdie dag. Sy gewaar 'n oop staanplek of twee en wriemel verby die lywe wat die gang volstaan. Sy vat die naaste beskikbare leerhandvatsel stewig vas, kry haar staan vir ’n wankelrige rit Johannesburg middestad toe. ...

''Tydlose liefde''-kompetisie: facebook, 2011
Marike Snyman - 2011-09-01
Werner Struwig: To all the girls I’ve loved before … 6 ure gelede Hou hiervan Deel Lewer kommentaar 7 persone hou hiervan Vertoon al 11 opmerkings Elmien Botha: Dink jy darem nog aan my? 5 ure gelede Hou hiervan Zarah Lightfoot: Don’t tell my heart, my achy breaky heart :( 4 ure gelede Hou hiervan Babs Binneman: Ai Werner, jou Don Juan! Wanneer drink ons weer ’n koffie – of iets sterkers ;-) 4...

''Tydlose liefde''-kompetisie: Potchefstroom, 1986/Pretoria, 2005
Elsie van de Venter - 2011-08-31
Potchefstroom, 1986 Die saal is groot en dof verlig. Sy is laat vir die koshuisaksie. Skreefoog om haar vriendinne in die skemer te vind. Sy voel ongemaklik in die temadrag: liggeel sweetpakbroek, swart lapskoene, geleende hemp met Sjinese letters. Geel plastiekoorbelle. Oë amandelvormig omlyn. Esther druk ’n polistireenglas in haar hand. Sy proe versigtig, ril. Lemoensap met baie onbekende alkohol. Sit dit onder haar stoel. Hy staan skielik voor haar. “Ek wil met jou dans.”...

toets
2011-08-31
Thomas@rock-ster.net Carina Diedericks-Hugo Uitgewer: LAPA ISBN: 9780799350807 Prys: R80.00 “Experience has taught us that we have only one enduring weapon in our struggle against mental illness: the emotional discovery and emotional acceptance of the truth in the individual and unique history of our childhood.” – Alice Miller in The drama of the gifted child (1979:3). I By die lees van Carina Diedericks-Hugo se bekende én suksesvolle Thomas@-reeks word...

''Tydlose liefde''-kompetisie: Clanwilliam, 1939
Bianca Nicholson - 2011-08-31
I. Haar naam is Liesbet en haar bene hang oor ’n stoel. Hy onthou haar nou: Liesbet met die bont rok. Liesbet met die gesneuwelde knopknieë. Liesbet agter die grand piano. Liesbet met haar lang vingers in die lug: sy het altyd al die antwoorde. Sy kyk op; haar oë skugter, maar haar mond breed. “Het jy verdwaal, Jan Francois?” Natuurlik het hy nie, hy het haar kom soek. “Kan ek ’n sigaret saam met jou rook?” Hy volg die kooltjie van haar sigaret op na...

''Tydlose liefde''-kompetisie: Valhalla, 1974
Annemari Coetser - 2011-08-30
Gert skakel die Volla reeds aan toe Annie by die kafeedeur uitkom. Hy jaag die kar se revolusies op, sodat sy te haastig die deur agter haar toemaak en haar maksirok se een punt vasknyp. Terwyl sy sukkel om dit los te kry, sê hy: “Jy’t die hele spektakel gemis.” “Watse spektakel?” “By daai huis het ’n vrou uitgeloop gekom met ’n suitcase in die hand.” Hy wys na ’n huis oorkant die parkeerterrein. “Jonk! Huil snot en trane....

''Tydlose liefde''-kompetisie: Dwarskersbos, 1999
Jeannè-Maree Visser - 2011-08-30
Die kronkelpaadjie waarin ek afstap, lê voor my uitgestrek. Dit voel of ek al ’n ewigheid loop, maar ek weet ek moet. Ek weet iets goeds wag vir my aan die einde van hierdie lang kronkelpad. Ek sien ’n figuur in die verte. Dis jy! Soos ek jou altyd sal onthou. Broos, weerloos, foutloos. Ons hande raak aan mekaar, sonder enige woorde ... woorde is nie nou nodig nie. Ons stap na die rots waarop ons as jong verliefdes gesit het. Jy sit jou arm om my skouers, trek my nader en hou...

''Tydlose liefde''-kompetisie: Planeet Aarde, 2012
jnette - 2011-08-30
“Oe … ek kry so die blikkerasies,” dink Bidi terwyl sy skelm na Didi loer. “Bidi, weet jy, jou sensors skyn darem vandag baie helder. Seker die nuwe battery.” “Regtig Didi?” sê sy skaam en dink: Hoe kan hy tog so onnosel wees! Ons staan al vir ses jaar hier langs mekaar, eintlik op dieselfde rak, en hy sien net my “helder sensors” raak. “Ek het gewonder … noudat ons bietjie ‘ge-upgrade’ is ... dink jy ons kan...

"Tydlose liefde"-kompetisie: Kenia, 1412
Isabel Mac Donald - 2011-08-26
Untitled Document Die gebrul van ’n leeu hier naby hom laat Ennamu regop sit. Vandag is hy weer ’n man. Hy voel in sy hart sterker as die leeu wat daar brul. Hy voel vinniger as die bokke wat in die verte wei en groter as die trop olifante wat vanoggend vroeg langs hom verby gestap het. Die harde donderweer en reuk van reën in die lug help elke stukkie van sy siel om wakker te vibreer. Hy sit vandag eenkant, maak self kos. Hasie-sop. Heeldag het hy gesoek na al die beste blare...

Damwal
Willem de Vries - 2011-08-25
Untitled Document Dis seker moegheid wat my die aand van ’n plek ver van die stadsgeruis laat droom het. Ver van waar ek beroof is; waar die rooi liggie van ’n polisieskut op my gerus het toe dit ’n dief gevolg het; waar vier mans later sy mes by hom afgeneem het in die middestad oor etensuur. My kop moes net kussing gevat het, toe is ek in ’n voorkamer van ’n plaashuis. Dit ruik na die doringbome en die stof van die Klein Karoo, maar ek ken nie die huis nie. ’n...

Watteau
Hennie Aucamp - 2011-08-25
Untitled Document Die hele ding het in ’n droom tot my gekom en daarom sal dit wel waar wees. Ek droom ek reis deur die land met ’n slank, bleek man in my geselskap; ’n Europeër op besoek. In die motor speel hy met iets wat hy iewers opgetel het. ’n Veer, sê ek wysneusig. ’n Varing, sê die Europeër koppig. ’n Varing sou al lankal verwelk het, kap ek teë. ’n Veer is nie groen nie, sê die Europeër. Die ding wat ’n...

"Tydlose liefde"-kompetisie: Huis Herfsblaar, 2031
Trisa Hugo - 2011-08-25
Untitled Document Die sleutel haak effens as ek dit vir die eerste keer in die slot draai voordat dit skietgee en sag toeklik. Die kamer lyk skielik kleiner as netnou, asof die meubels nou nader aan mekaar is. Marien het gesukkel om die bed op te maak, met dié dat die bedkassie te ná aan die bed staan. Sy het niks gesê nie, maar ek het gesien hoe sy na my kyk toe sy aan die kassie probeer skuif het. Dalk het sy gewonder hoe ek met my knokkelvingers die bo-laken elke dag om...

Onder ’n moerbeiboom
Marlise Joubert - 2011-08-25
Untitled Document Só is dit dan! Hier staan ek. In die tou van die werkloses. ’n Lang tou wat lui om die kantoorhoeke afslang na die sykant van die landdroshof – die afgedanktes, die pakkettiele, die geraktes. Ek staan ingedruk tussen ’n onbekende bruin vrou voor my en ’n man agter my. Leun teen die kalkwit koeltes van die gebou en neem my nuwe afgelegde status weer in oënskou. Anderkant die smal klipsteeg, op die oorkantste sypaadjie, staan ’n massiewe...

Eerste hoofstuk: Piekniek by Hangklip
Kerneels Breytenbach - 2011-08-24
Piekniek by Hangklip Kerneels Breytenbach Uitgewer: Human & Rousseau ISBN: 9780798156035 Prys: R220.95Beskikbaar vanaf 12 September 2011 Oor Die Tragiese Gebeurde In Gauteng Wat Ons Verhaal Voorafgegaan Het Prent jou dit in: Joshua Gumbo voer vroeg in April ’n opdrag van die Lucky Thirteen-sindikaat uit om ’n luukse rooi 4x4 van Japanse fabrikaat af te neem by Sonja Griessel. Hy is senuagtig. Sy woon by haar ouers. En die plek is nie soos hy verwag het dit sou wees nie. Die...

"Tydlose liefde"-kompetisie: Pretoria, 2007
Margaretha du Plessis - 2011-08-24
Untitled Document Toe sy later die aand uitgeput op die bank in haar sitkamer afsak, dink sy eers weer aan die rampspoedige oggend. Hoe het hy haar opgespoor? Sy het doodseker gemaak dat niemand haar ooit kan opspoor nie, maar wag, ons praat mos nou hier van die magtige sakeman Ewald Jordaan. As hy iets vra, dan spring almal om dit gedoen te kry. Toe sy nog so besig is om te bespiegel, lui die deurklokkie. Met die slapende Sylvia in haar arms loop sy vinnig na die oorsaak van die treiterende geluid...

"Tydlose liefde"-kompetisie: Pretoria, 14 Februarie 2010
Ivan Bee - 2011-08-24
Untitled Document Toe die selfoon lui, is hy summier vies. Nie nóú nie. Maar antwoord tog toe hy sien wie dit is. “Pa, hoe laat gaan Pa terug wees?” “Weet nie, Seun, maar dit sal láát wees.” Die jong stem huiwer: “Pa, ek wil net weet ... ek kry ’n spesiale ... gas ... vanaand, Pa ... ’n meisie ... ” Hy druk met sy palm op sy bors waar hy sy hart voel ruk. Sy seun, sy jongste, het vlak onder sy oë man geword. ...

"Tydlose liefde"-kompetisie: Langebaan, 2002
Ivan Bee - 2011-08-24
Untitled Document Die bittereinders begin gereed maak om terug te gaan, maar eers kry elkeen ’n slukkie mampoer by die restauranteienaar. Dan bondel ons sing-sing by die deur uit. Ek en hy is die eerstes van die laastes uit. Net voor ons oor die lae terrasmuurtjie tree, hou ek aan sy skouer vas en trek my sandale uit. Ons stap oor die sagte sand in die rigting van die groot ronde rotse. Daar is niemand meer om ons nie en ons gaan sit op ’n rots om die mooi uitsig te geniet. ’n...

"Tydlose liefde"-kompetisie: Hospitaal, 2011
Marike Snyman - 2011-08-24
Untitled Document Ek boek myself in vir nog ’n niersteenprosedure. Teen hierdie tyd weet ons al dis nie ’n groot ding nie, geen rede waarom my man se werksdag of kinders se aandroetine omvergegooi moet word ter wille van my nie. Die wortelkoek by die kafeteria vang my oog, maar helaas is dit nul per mond vir my tot ná die mediese kwessie aangespreek is. Dis donker wanneer ek uiteindelik weer effens wakker word. Ek het vergeet van die tranerigheid wat my vang ná narkose,...

"Tydlose liefde"-kompetisie: Kampus, 1998
Marike Snyman - 2011-08-24
Untitled Document Die dorp wemel van eerstejaars. By die koshuise arriveer hulle saam met hulle ouers vir middagete en daarna ’n tranerige afskeid voordat “oriëntering” in alle erns afskop. “Platteland” kon nie duideliker op my voorkop gestaan het nie. My pastoriemoeder met haar A-lyn-romp, wapperende bloes bo-oor die bypassende T-hemp, my predikantpa met sy chino’sen geruite hemp, my selfgemaakte rok wat tot by die enkels hang en alles aan die verbeelding...

"Tydlose liefde"-kompetisie: Die plaas, 2011
Taki - 2011-08-24
Untitled Document Liewe Koolkop Ek is bly dat ek in die wydheid van ’n wakkerlê-nag my hand op jou kan sit en in jou slaap in kan praat: "Luister Kolie, ek hoor die reënpaddatjie roep. Dit gaan kom reën ..." Dat jy dan jou groot arm oor my vou en ’n plekkie maak waar die droogte of niks my vir ’n rukkie lank kan traak nie.Jou plaasbakkie se kajuit is my "breekwater teen die lewe". Waar ek nes kan skrop met ’n koffiebottel en ’n broodjie. Waar ek jou...

"Tydlose liefde"-kompetisie: Voortrekkerhoogte, 1989
Ansia van Schalkwyk - 2011-08-24
Untitled Document Coke-bottels kan so ontplof. Ek weet – Charles-hulle het dit mos eenkeer tydens pouse gedoen tussen die skool se werkswinkels toe hulle in standerd 7 was. Dit was ’n helse storie. Charles en sy pelle, die prefekte, hoof en van die ouers het ’n skreewedstryd in die personeelkamer gehou. Weet nou nog nie wie die wenner was nie. By die bus is ek beloon vir my lojaliteit met een van sy master smiles. “Jislaaik, het jy gecheck hoe hoog daai Coke-bottel opgegaan...

First chapter: Bitter Pill
Peter Church - 2011-08-23
Untitled Document Bitter Pill Author: Peter Church ISBN: 9781920137359 Price: R165.95 Click here to buy a copy from Kalahari.net. The Pick-up Ten to ten in the Mother City, and the bars on the Claremont strip are a blur of action, booming music and heaving students shouting to be heard. ‘Shots! Come on!’ It’s Rick, with the puka-shell necklace and Dirty Skirts T-shirt. He’s a madman after one tequila, now he’s onto his third. On one hand he balances a tray sloshing...

"Tydlose liefde"-kompetisie: Albertskroon, 1964
Michelle du Plessis - 2011-08-17
Untitled Document Sy sit en staar na niks. Voor haar oë sien sy drogbeelde van ontoereikende gesigte, afkeer, amper haat. Dit kan nooit werk nie! Gaan hy kom? Haar gedagtes vloei terug na daardie eerste ontmoeting: glimlaggend sit hy by die tafel, sy bedien hom, hy glimlag ... Sjoe, kyk daai dimpels! Waar is daardie man nou? Gaan sy hom ooit weer sien? Die kelner vra haar iets, sy ignoreer hom, nie gepla oor wat hy dink nie. Skielik sien sy hom. Hy staan by die deur, staar na haar. Sy lees...

''Timeless Love'' Competition: Potchefstroom, 1971
Taki - 2011-08-17
Untitled Document Dear Rodney When I came upon the note under the windscreen wiper of my car I was thrilled in a manner that sent a quiver through my body. The piece of paper had an irregular shape as if it had been torn hurriedly from a notebook. It read: Please do not bend so low in the lab. Your legs are intoxicating. At first those words came home as a kind of compliment. Yet on second thoughts they made me feel abashed about not having given better attention to what I was doing with...

Die slagding
Nini Bennett - 2011-08-16
“Hierdie slagdingetjie bêre ek vir Kersfees,” sê mevroudominee en lig die kisvrieskas se deksel. In die skemerlig van die garage kyk ek na die skapie, verwerk en verseël in groot snitte. Daar is ysdonsies op die plastiek. “Ek het hom gistermiddag ingesit,” en sy druk die deksel ingenome toe. “Een van my pasiënte – nou ’n goeie kennis van my – het dit gebring. Jy weet, toe my man nog in die bediening was, het die gemeente ons...

''Tydlose liefde''-kompetisie: Stad Johannesburg, 2011
Waldemar Gouws - 2011-08-16
Untitled Document Hoofpyn, eerste kennis van die oggend. En toeneus. Dan jou stem van gisteraand net bokant my oor: “Wanneer kom ons bietjie weg? Die plek is so vol mense.” Jy het die helfte van jou hand in my hempsak laat afsak toe jy reg agter my kom staan het waar ek by die restauranttafel op die systoep gesit het. Jou vingers het dadelik gevind wat hulle wou voel. Een van die twee blonde vrouens by die koppelaar se tafel langesaan het van Kafka gepraat en van ’n lang gang met...

‘‘Tydlose liefde’’: Blitsfiksie-kompetisie-riglyne
2011-08-09
Tydlose oomblikke, tydlose liefde • Skep ’n kort fiktiewe liefdesverhaal tussen 100 en 500 woorde wat in enige jaartal, op enige plek afspeel. Die titel van die verhaal moet uit die pleknaam en jaartal bestaan. ’n Storie wat tydens die Franse Revolusie in Frankryk afspeel, sal dus byvoorbeeld ’n titel soos die volgende hê: “Parys, 1789”; ’n verhaal wat in die toekoms op die maan afspeel, “Maanbasis, 2164”; en ’n verhaal in antieke...

Sonja se nighty
Izak de Vries - 2011-08-02
Untitled Document Hy draf nou al vier jaar hier deur townships van Venda. Drie van daardie jare se alternerende weeksdae behoort om 05h30 aan Sonja. Hy onthou nog die eerste keer. Dit was ’n koue dag en die mis het oor die vallei gelê. Daar, voor die son nog op is, staan sy in haar uitgewaste nighty. In haar linkerhand hou sy ’n 25 liter drom waarin die water stroom uit ’n gemeenskaplike kraan se bek. Die regterhand keer onwillekeurig oor die borste, haar bene knak en vou...

Onderbelig
Willem de Vries - 2011-07-28
“Onthou jy die eerste keer toe ons gaan fliek het?” vra sy toe hulle al sit. Die ligte is nog aan en die voorskoue het nog nie begin nie. “O ja,” antwoord hy. “Ek het die hele tyd net aan jou sit en dink.” “Wat was die naam van die fliek tog?” dink hy hardop. “Hoor jy wat ek sê?” vra sy. “Dit was so lank gelede.” Hy sê niks verder nie. Sy wou nog iets sê, maar die ligte is reeds verdof. Eers is daar net...

Die man en die wolf
Pienkes du Plessis - 2011-07-12
Untitled Document Dit het alles op ’n besonderse aand gebeur, dieselfde aand dat doktor Markus die erepenning kry. Die Staatspresident gee dit vir hom. Die man wie se naam Barend is en wat ’n beleefde bediende is en wat vir doktor Markus werk, wat, soos almal weet, ’n baie geleerde en vername man is, sê op die besonderse aand vir doktor Markus ’n wolf het uit die dieretuin weggeraak, en dat dit ’n wit wolf is en nie ’n gewone grys wolf nie. Dis maar dieselfde...

Persian Pleasures – Part III
Richard Jurgens - 2011-06-29
Untitled Document Read "Persian Pleasures – Part II" here. Usually Hilton liked to put a story out of his mind when he’d finished it. The next day, though, he found himself still thinking about the Persian Tea House Café. It came down to this: the encounter with Agha Jon Achmad and Ravan had presented him with intimations of a culture about which he had known virtually nothing. During the past week he’d flown over huge swathes of human history – Elamites, Medes,...

Genre-bashing on National Short Story Day: Chain by The Edge of Things writers
Colleen Higgs - 2011-06-17
In celebration of National Short Story Day (21 June), LitNet invited The Edge of Things short story writers to bash genres. Authors’ brief, by Janet van Eeden “Each person’s contribution must take its lead from the previous piece while changing his/her paragraph to another genre completely. Some examples of genres which I’ve nicked from film as well as literature are: Action, Adventure, Comedy, Urban (Dystopia), Thriller, Horror, Romantic comedy, Chick lit, Drama,...

Persian Pleasures – Part II
Richard Jurgens - 2011-06-15
Untitled Document Read "Persian Pleasures – Part I" here. When he’d started, Hilton had imagined that his duties as a columnist would be simple. But writing about food had turned out to be quite different from eating it. It took a lot longer, for one thing. During those hellish early days, La Traviata had treated herself to some choice Mad Scene arias on the subject of Hilton’s lack of professionalism. Since then Hilton had written a hundred and forty-nine reviews, and he’d...

Persian Pleasures – Part I
Richard Jurgens - 2011-06-08
Untitled Document That was the thing about the Net ‐ it could take you anywhere, and it frequently did. Hoping to find out some background information for the article he was writing, Hilton Ellis had typed in “Persian princess”. The search terms had taken him straight to the Urban Dictionary: A woman of Iranian descent, typically residing in Beverly Hills, CA, who believes she is entitled to the world simply because she is beautiful, has a perfect body, and her pussy tastes better...

Voelers
Marius Ackermann - 2011-06-01
Untitled Document Die weersiens was onverwags. Skaars drie maande na sy dood, en veel gouer as wat Huberta gedink het dit sou wees. Daar was ook ’n element van skok. Nadenke oor reïnkarnasie was nie juis deel van haar pligstaat as sekretaresse in die Departement Dierkunde en Entomologie nie. Toe sy een oggend weer die Departement se stoorkamer binnegaan, sit die kakkerlak haar ewe hups op heuphoogte en betrag. Sy het hom aan die voelers herken, die skraal, sensitiewe vingers wat...

Die man sonder foute
Pienkes du Plessis - 2011-05-12
Untitled Document Daar was eendag ’n man wat niks verkeerd kon doen nie. Tot eendag. Hy het baie dinge ook vooruit geweet. Ook tot eendag. Dit was dieselfde dag. Sy naam is nie ter sake nie, maar ter wille van volledigheid kan gemeld word dat die naam Jakob Versteegh op al sy tersaaklike dokumente staan. Byvoorbeeld op sy doopseel van die kerk en op sy skoolrapporte en op sy troupapiere en ook op sy werkspapiere by meneer Ter Braak se fabriek waar hy in die agterste stoorkamer die papiere...

Dit reën saggies op haar
Reney Warrington - 2011-04-26
Untitled Document Lize staan doodstil. So ook Nina, Henk, JP en Philip, almal netjies in ’n rytjie en vrek ver van die Landcruiser , die fotograaf en die veldgids met sy geweer af. Niemand chirp niemand nie. Daar word skaars, deur geklemde kake, asem gehaal. Die ding is, hulle word bekruip deur Fransien en Fransien was nog haar hele lewe lank onvoorspelbaar. Sy het eers probeer wegkruip agter ’n boom ’n kwart van haar grootte, terwyl die ster, haar broer, van wie sy onafskeidbaar...

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: 2050
Coennie Boshoff - 2011-04-07


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Die jaar 2020
Petronella Basson - 2011-04-07


Leopard’s Leap 60 words competition
Amy von Buddenbrock - 2011-04-06


Leopard’s Leap 60 words competition: Fracking in the Karoo
Cora Botha - 2011-04-05


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie
Reinette Davis - 2011-04-05


Leopard’s Leap 60 words competition: Monkey business
Chris Voysey - 2011-04-05


Leopard’s Leap 60 words competition: Dodgy walk
Chris Voysey - 2011-04-05


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie
Yolandi Nel-Ferreira - 2011-04-05



<< 1 2 3 4 14 >>