Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing

Nuwe skryfwerk | New writing


<< 1 2 3 4 49 >>

Melville Poetry Festival
Adriaan Coetzee - 2011-10-20
Untitled Document Melville Poetry Festival Note the plastic chairs in neat rows for a poetry reading Deduce from their dirty laps something beyond the fact that minutes ago they were still stacked outdoors The dirt is a metaphor The sponsor’s logo perhaps The sandy scalps of Wopko Jensma Dry pans with bullfrogs beneath the crust awaiting a shower Consider the gallery’s word art lost on the walls and our eternal audience yet again, smudged within the greater frame, recall the...

Hotelbed: ’n meditasie
Joan Hambidge - 2011-10-20


nog boomkwatryne
Gerhard Bothma - 2011-10-19


Help RSG, Leserskring en By om die gewildste gedigte in Afrikaans te kies
2011-10-18
Untitled Document Watter is die gewildste gedigte in Afrikaans? Ingrid Jonker, Breyten Breytenbach, Antjie Krog, Louis Leipoldt, Totius, Eugène Marais. DJ Opperman, NP van Wyk Louw, Adam Small, Peter Blum, Ronelda Kamfer, Loftus Marais en Jasper van Zyl. Soveel stemme, soveel onvergeetlike gedigte – en dit alles in Afrikaans. Dis tyd om die Afrikaanse digkuns te vier en hulde te bring aan die woorde wat ons oor dekades heen bybly. Leserskring, RSG en By is op soek na die gewildste...

Uit Blou Maandag: Ek en my hond op ’n Maandagoggend
Erns Grundling - 2011-10-18
Ek is ’n linkshandige Skerpioen, gebore op 12 November 1979. ’n Maandag. Dieselfde jaar was die Boomtown Rats se popliedjie “I Don’t Like Mondays” ’n treffer. Later jare sou ek die liedjie dikwels hoor op Radio Algoa, die radiostasie waarmee ek op Uitenhage in die Oos-Kaap grootgeword het. Maar eers onlangs het ek ontdek Bob Geldof se inspirasie vir die lirieke was ’n 16-jarige meisie, Brenda Ann Spencer, wat op 29 Januarie 1979 by die Cleveland Elementary...

Uit Blou Maandag: ’n Maniese Maandag
Deborah Steinmair - 2011-10-18
Untitled Document and the lesson today is how to die and then the bullhorn crackles and the captain tackles with the problems and the hows and whys and he can see no reasons ’cos there are no reasons what reason do you need to die? – “I don’t like Mondays”, The Boomtown Rats Die nag voor die moord het ek diep en behaaglik geslaap. Dit was die laaste goeie nagrus van my lewe. Die volgende dag, Maandag, sou ’n rustige dag wees. My voorbereiding vir Dinsdag...

RHS Write a Non-Fiction Story course
2011-10-14
Course information Registrations close: 21 October 2011 Course begins: 31 October 2011 Course fee: R6,800 (excl. VAT) LitNet readers will receive a R500 discount on the course fee. Simply quote the word "LitNet" when registering for the course. The course in a nutshell Learn the principles of writing a non-fiction story including biography, memoir, travel, adventure or even historical account Be guided and mentored through your journey of compiling a 10-page non-fiction story 16-week...

Buig die boompie
Bibi Slippers - 2011-10-14
Die week in woorde Ek onthou ’n boekie waarmee ek as kind ’n hegte band gehad het. Die hoofkarakter in hierdie sage (gedruk op pofferige plastiekbladsye en boonop waterdig) was Pikkie Pikkewyn. ’n Vinnige search op Google Books lewer die volgende op: Title Pikkie Pikkewyn Author Jalna Schumann Publisher Human & Rousseau, 1984 ISBN 079811648X, 9780798116480 Length 10 pages Ek was een jaar...

Verras-vers: jy met jou verkleurmannetjiebroek
Carina van der Walt - 2011-10-14


die weerligvoël
Petra Courtney - 2011-10-14
die weerligvoël hoekom sirkel die weerligvoël vannag al om my hut, my dogter? hoekom klap hy sy donderende vlerke oor my woonplek? hoekom spoeg hy gevurkte vuurtonge wat sissend diep vore om my buitemure skroei? ek sien helder verwondering in jou oë, my dogter jou hande wat huiwerig uitreik na iets wat vaag bekend is jy bondel nie verskrik saam met ons in die verste, donker hoekie nie jy kniel nie vreesbevange saam met die res van jou familie en roep na die voorvadergeeste nie ek...

boomkwatryne
Gerhard Bothma - 2011-10-14


Praatjie by geleentheid van eretoekenning aan Floris Abraham Brown deur die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans
Charles P Beukes - 2011-10-13
Ek sit een laat somermiddag in die bovertrek van ’n gastehuis in Aucherareder, ’n dorpie in Skotland, naby die wêreldberoemde Glen Eagles Hotel, waar my dogter haar praktika doen, en begin skryf oor Floris Brown. Sommer net want ek oorweeg ’n artikel in een of ander publikasie. Nooit het ek kon dink dat daardie stukkie spontane werk beslag sou kry by vandag se verrigtinge hier by die US, waar Brown vereer word deur die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans nie. Vir my is...

Dankbaarheid teenoor God en my medemens
Floris A Brown - 2011-10-13
Toespraak deur Floris Abraham Brown tydens sy huldiging by die Woordfees Versindaba aangebied deur die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans op 24 September 2011 te Stellenbosch Goeiemôre dames en here Ek sluit graag die woord “Repliek” in ’n kassie weg en bring my boodskap onder die tema: “Dankbaarheid teenoor God en my medemens”. Ek wy ook vandag aan my oorlede pa en ma, Johnny en Maggie Brown, en my skoonouers Hendrik en Sophia Bailey toe. Wanneer Gio...

Learning about Rhyming Couplets
Simon Verster Du Toit-Kombuis - 2011-10-13


As stilbly ’n manier van praat is: Die lewe en werk van Adam Small bespreek
Bibi Slippers - 2011-10-13
Untitled Document ’n Simposium oor die lewe en werk van Adam Small is op Vrydag 8 Oktober by die UWK aangebied. Small sal in Desember vanjaar sy 75ste verjaarsdag vier, en akademici met persoonlike en professionele bande met Small het van hierdie geleentheid gebruik gemaak om te besin oor Small se bydrae as digter, dramaturg, filosoof en mens. Tydens die oggendsessie het Jakes Gerwel, Francois Cleophas en Michael Cloete persoonlike herinneringe en benaderings tot sy werk uit verskillende...

New York, ’n meditasie
Joan Hambidge - 2011-10-12
Untitled Document Tydens ’n slapelose nag in die stad-wat-nooit-slaap flikker ’n advertensiebord ’n beeld van ’n stappende mannetjie. Vannag onthou ek die vele mense met roet oor hul gesigte op die Brooklyn-brug, weg van die gemaal én twee geboue. Eers die werklike gebeurtenis, dan die vele voorstellings. Uit verskillende hoeke afgeneem, weergegee en vermenigvuldig. ’n Vuur bly brand ter herdenking; foto’s teen mure, blomme, kruise, onderhoude met naasbestaandes,...

As die skoen pas
Bibi Slippers - 2011-10-06
Die week in woorde Ek is nie die oppervlakkige tipe wat mense ooit op hul baadjies takseer nie. Maar boetie – hulle skoene! By die onlangse Open Book Festival het ek honderde foto’s van skoene geneem. Lesers se skoene, skrywers se skoene, organiseerders se skoene. Ghrênd skoene, sandale met sokkies, sexy hakskoene en winterstewels. Dit wil voorkom of die broeder-en-susterskap van die boek nie noodwendig voorkeur gee aan ’n sekere soort skoen nie ... hul voete word...

A Tale to Tell
Gail Dendy - 2011-10-06
Untitled Document A Tale to Tell I’m sure the tale had been known before, the one that jumps the gap of disbelief before flattening out beneath the tongue. But for now, it has inexplicably stopped a foot or two beyond the garden gate, and takes a long, last look at Hansel and Gretel and their dear papa vanishing into the forest’s maw. This story must’ve sat in the loft for a year like an injured bird. Still, when the rumours started of its coming here, it seemed almost familiar,...

A Cat named Ollie
Gail Dendy - 2011-10-05
Untitled Document A Cat named Ollie Monkey expression, and a temperament almost to match, Ollie lies paws up, the crest of his nose baby-pink and lightly glistening. In a flash, as they say, he’s barrelled around and attacked the stitching on the duvet. Then hunts his sibling awhile (a girl, all calico and white), and then, enough, he’s out for the count, wondering why cat dreams are sweeter than most, why they hang about his neck like butterflies he’ll never catch, why they’re...

SMS-aubade
Johann de Lange - 2011-10-05


Verras-vers: Die kamer 1 & 2
Wilma Barry - 2011-10-04


Verras-vers: Vir see
Louis Roux - 2011-10-04
Untitled Document Vir see dit het gereën hier vir dae en dae aanmekaar dit was of god ons weer wou wegwas en oor begin en vandag het dit opgehou en die lug was blou die amper-deurskynende blou van jou oë en die wolke het gelyk soos die stukkies watte wat kleuters op hulle arts+crafts-projekte plak (en ek het uiteindelik verstaan hoekom kinders altyd vir die heilige soek in die lug) en die landskap wat agter die karvenster verbygeflits het was groen die groen van lig ...

Verras-vers: ô'se Aram
Monty Isaacs - 2011-10-04
Untitled Document ô'se Aram op die vlakte net buitekant die kaap daar het jy die kaapse inslag gevind gee jy ’n stem aan die vergetenes besing jy hulle sukkel wel en wee in hulle swaarkry-dae vind jy ’n lag hul kaapse soet tong laat jou jubel sing durf jy die establishment met radbraak aan straatpraat, vanuit die lekker kaapse gopse laat jy die honde uit die townships los wek jy hulle op tot hoër hoogtes nou eindelik dat moedertaal onder beleg is kom erkenning wat toeka al...

Keerweer
Joan Hambidge - 2011-10-04
Untitled Document Keerweer Op die hoek van Dunbarton en Wisconsin, Washington verloor ek ’n gedig oor Chicago. Daardie gedig, dit weet ek, sal my agtervolg soos ’n slegte gewete of ’n droom van iemand, iewers op ’n hoë gebou wat val en woordeloos roep om hulp. Dit sal terugkeer (soos Eliot waarsku) in ’n ander vorm, langs ’n ander roete, kopsku die opwagting maak: “Hier’s ek.” Dalk het daardie vers beland op ’n ander busroete of dalk...

Farce poetica
Izak du Plessis - 2011-10-04


duiwedrek
Andries Samuel - 2011-09-28


My lyf
Joan Hambidge - 2011-09-28
My lyf My lyf is soos die naakmodel in ’n Lucian Freud-skildery: skrynend vol hompe en hobbels en heuwels soos in Yerba Buena, oftewel San Francisco soos in soos in soos in ’n vergelyking wat nie opgaan. Soma ook South of Market in hierdie stad van soveel vergelykings waar die lyf soos slaggoed opgeveil word. Die lyf verraai die psige, waarsku Lacan, iewers in een van sy lesings, opgeteken, vertaal en dalk ook verfomfaai deur Alan Sheridan. Is dit egter wat hy sou gesê...

Epilepsie
Anne-Ghrett Erasmus - 2011-09-27
Untitled Document Epilepsie “the moon has lost her memory” – TS Eliot eklips sonsverduistering epilepsie kortsluiting epilepsie van die ingewikkelde sellulietmassa, bepalend van die lê van die son, die maan, die man en ’n pil: wat smak-smak petit mal, die maan laat skadunette hekel oor ’n son en kerf aan die kronologiese verloop van nag en dag en lewe. en vra oor die waar en wanneer, en wat nou in oomblikke van duister. wat met ’n oogrol...

Lonely connect
Fourie Botha - 2011-09-27
Untitled Document Lonely connect Die smart phone is my Psalm drie-en-twintig niks sal my ontbreek nie: I am connected ge-wifi op elke dating site ge-3G Voosboek Grinder Gaydar-mobiel ek slyp my profiel soos ’n skeerlem my foto’s geneem in goeie lig my About Me skerp verkoopskopie. Ek probeer mooipraatjies maak lieg bedrieg my tong plat soos ’n rinkhals die tande gevyl sinne in silwer pakkies toegedraai jy kry gevleuelde woorde my tale staan vir niks verkeerd nie....

Charlotte Mew
Nini Bennett - 2011-09-27
Untitled Document Charlotte Mew “Yes one can bear hard things under the open sky but for weeks now I have seen little of it except through a window.” – Charlotte Mew I. Beaumont Street 37, 15 Februarie. Deur die eenrigtingglas van jou kamer in die gestig het jy gesien hoe die blitse die hemel splyt in spieëls en die dampkring wolke voortasem tot die snelvuur van reguit reën en die grofgeskut van donderweer. Jy het jou naam geskryf teen die vensterruit maar soos asem...

ek wil die weerlig soen
Jasper van Zyl - 2011-09-27
Untitled Document ek wil die weerlig soen ek wil die weerlig soen op ’n aand wat skitter van die ruimtetuie terwyl jy slaap in die metropool in ’n historiese woonstelblok bo-op ’n tektoniese plaat. ek wil vuurvlieë spoeg sodat elke vlerk wat in my mond gloei om jou rose kan swerm. uit die mik van ’n bladhoudende boom hou ek die motors voor jou venster dop ’n deurwinterde speurder met kamera byderhand. die bietjie reën wat ek beheer kan ek eers oor ander...

by die ontvangs van die ingrid jonker – Melt Myburgh se dankwoord en gedig
Melt Myburgh - 2011-09-27
Untitled Document Dames en here van die Ingrid Jonker-pryskomitee, beoordelaars Dit is vir my ’n voorreg om hierdie prys, met sy assosiasie van Ingrid Jonker se uitsonderlike digterlike nalatenskap, in ontvangs te neem. Om dit te ontvang uit die hand van Caro Wiese, wie se ondersteuning van die poësie en geleenthede soos hierdie van voddedraers digters maak, is ’n voorreg des te meer. Vir my suster Karen en haar kinders, Janke en Hugh, wat vanaand hierdie geleentheid met my deel:...

''Who lives in a pineapple under the sea?''
Bibi Slippers - 2011-09-22
Die week in woorde Dis nie gereeld dat ek wens dat ek eerder ’n spons was nie, maar vandag sou dit beslis nuttig gewees het. Dis onmoontlik vir enige gewone mens om alles in te neem wat dié week in die woordwêreld aangaan. Ek is behoorlik deurdrenk deur alles wat ek tot dusver by die Open Book Festival gesien en gehoor het, en dit was maar nog net dag een! Poësievoorlesings, boekbekendstellings, gesprekke oor boeke en skrywers – dit is sowaar die grootste...

Myself met ’n motorfiets
Johann de Lange - 2011-09-21
Untitled Document Myself met ’n motorfiets Motorfiets, die rytuig van langhaargode. My god spog met ’n eikelvormige versierde kroon wat ons ’n valhelm noem, steek sy bene sy lang skene in asuurblou jeans trek swaar stewels aan beslaan met baie goue klinknaels, & snel deur die skemer van purper gode. Juis nou, halfpad op die kliptrappe agter ’n teater, byvoorbeeld, is my god in die middel van ’n bloedgeurende sameswerende gesprek met ander langhaargode....

Tydens ’n ketamien-trip
Johann de Lange - 2011-09-21


Die vierde wedren
Marlise Joubert - 2011-09-20
Untitled Document Ek het die helmet vir Pa aangegee. Voordat hy dit sou opsit, het hy sy kop laat sak, gebid soos altyd: “Omgord my met u krag vir die stryd. Laat my teenstanders onder my buk. Amen.” Toe gee ek die handskoene ook vir hom. Dit was die gewone ritueel. Igor het langs my gestaan. Die res van die pit crew was nog besig met verstellings. “Moenie worrie nie, Dan,” sê Igor. “Ons het die tyres stywer gepomp soos jy gevra het. Vandag is jy weer die...

Die gesing in my ore en ander September-sake
Bibi Slippers - 2011-09-16
Die week in woorde Ek is reeds drie weke terug op kantoor, maar vat vanoggend vir die eerste keer genoeg grond om eers amper te dínk aan ’n snarsie poëtika. Hier by LitNet draai die aarde tans teen ’n reuse-spoed (net om een ding!) en als spin so vinnig verby dat my ore sing. Of dalk is die geluid wat ek hoor, die lirieke wat instroom vir ons liriekkompetisie Sing ’it wat verlede week begin het? Ieder geval, as jy een van die drie mense in die land is...

’n Bietjie meer regs, baas Jack
Marius Ackermann - 2011-09-16
Selfs die CIA se enigsins oningewyde snuffelaars kon onmiddellik agterkom waar Fanie Verspuy se hart sit. Stapels lêers en ’n verweerde mat kry jy in elke staatsdienskantoor, maar hier is dit die mure wat praat: ‘n jeugdige Naas Botha wat die leerbal sool, ‘n lugfoto van die Uniegebou en ‘n landsvlag wat in drie kleure waai, ’n bebloede Thys Lourens wat die Curriebeker omhoog hou en, in die ereplek, ’n ou foto wat bevestig dat wat verbrou is, is verbrou:...

Oudisie
Johann de Lange - 2011-09-15


Eden
Johann de Lange - 2011-09-15


''Tydlose liefde''-kompetisie: Kampsbaai, 28 November 1999
Sonja Cilliers - 2011-09-15
(liefde in die tyd van bomme) St Elmo’s Pizzeria. Hy is eerste hier. Staan solank nader. Table for two please. Sy hand voel so oor sy baadjiesak. Ja, dis nog daar. Dan: hy voel arms om hom glip, net so onder sy naeltjie verby. ’n Effense, hemelse blommegeur meng met die rokerige warm kaasdrifsels van binne. Dis sy. Beskermend glip sy binnevoorarm oor sy baadjiesak en vat hy haar polse vas in die omdraai na haar toe. Hallo. Parkering was nag, die plek is besig vir ’n Sondagmiddag....

''Tydlose liefde''-kompetisie: Zentron – Derde-kwadrant buiteruimtelike platform, 23 Julie 2211
Oemdhan Pieterse - 2011-09-15
Hoofopskrifte in alle supersoniese hologrammatiese nuusflitse: “Verstommende nuwe ontdekking ruk die mensdom in sy fondamente.” “Opgrawings van oerkompakskywe werp lig op menslike evolusie.” “Planeet Aarde bestaan wel: Twee miljoen ligjare ver.” Die aap is uit die mou. Bewyse is gevind dat die planeet aarde wel bestaan het. Ook dat dit vroeër deur onderontwikkelde menslike wesens bewoon was. Interplanetêre deurbraak vir die wetenskaplikes. Onbeantwoorde...

'Timeless Love' Competition: Spain, 1865
Tez Colloty - 2011-09-15
It didn’t feel right. Having the black silk pulled over my head and feeling it coldly clinging to my skin. I inhaled a shaky breath as I adjusted the net over my face. I glanced at your candle, still as bright as the day I lit it. They’re lying to me. It’s not true. I know it isn’t. I slip the gloves on and put on the diamond ring you gave me the day you vowed your eternal commitment and love to me. I glance in the mirror a final time before I head down the twirling staircase....

''Tydlose liefde''-kompetisie: Bloemfontein, 1988
Douwlina - 2011-09-15
My vriend Dit is al wat ek jou nog noem. Die seer van ons skeiding is jare reeds vergewe, maar die liefde bly. Vreemd is dit nie vir my nie, want ek het altyd geweet dat ek een van daardie mense is wat slegs een keer waarlik kan liefkry. Daarom is die liefde ook nie vir my ’n verleentheid of ’n straf om te dra nie. Ná al die lelik wat om dit kom kleef het, dit omspoel het en dit byna verberg het, was dit maar altyd daar soos ’n gladde koel albaster. Net tydelik versteek...

''Tydlose liefde''-kompetisie: Bloemfontein, 1999
Maritza Meiring - 2011-09-15
Op die verhoog het jy met kitaar in die hand gerock! Jou rasperstem ’n magneet wat my hele wese binnedring. My hart klop vining. Te vinnig. My hande sweet en my heupe het ’n mind van hul eie. Hul beweeg, asof in ’n dwaal, op die ritme van die musiek wat jy maak. “I wanna touch you, but I’d better stop. You’re poison …” Ja, jy is gif. Giftig vir my. Ons oë ontmoet. En vir enkele sekondes beleef ek die hemel. Sien ek my ... nee, ons kinders, ons...

''Tydlose liefde''-kompetisie: Carnuntum, 204 vC
Liza Louw - 2011-09-15
Die skare juig en hits. Hulle dors na bloed. Die stof staan op uit die donderende hout-amfiteater en hang in die lug bokant ons Ryk-dom hier op die amberroete. Buite die houtmure van ons nedersetting lê die heuwels woudgroen en sing voëls sekerlik in die bome. Ek verseker jou, my duifie, ek was voorbereid op Aurelius se slinkse taktieke met sy lans, die luis. Die man is grof en massief, ’n gebore krimineel. En wou nou sy pad oopveg na vryheid. Sy teenstander ek, die gevangene....

''Tydlose liefde''-kompetisie: Rosendal, 2020
Annemari Coetser - 2011-09-15
Op die koffiewinkel se stoep eet twee meisies ontbyt by die tafel langs myne. “Is hy nog in jou snelmobiel? Voor jy ry, móét ek hom net weer sien!” sê Blondekop. “Sjuut.” Die een met die donker hare kyk om haar rond asof sy dink iemand luister hulle af. Sy dink reg. Maar my oë dartel oor my E-lei asof dit al my aandag verg. Blondekop giggel agter haar hand: “Ek moet sê, hy’s moer weird, maar so cute. Daai skerppuntvingers en webbed...

''Tydlose liefde''-kompetisie: Amasone, 1951
Lelani Fourie - 2011-09-15
Die bloed loop in ’n dun straaltjie vanuit Rita se mondhoek. Sy ignoreer die sny in haar lip en glimlag breed. Johan maak sy arms wyd oop en sy stap in sy omhelsing in. Hy haar styf vas, so asof hy haar nooit weer sal laat gaan nie. Hulle kyk nie eers op toe die Kryger-koningin en haar gevolg net so stilletjies verdwyn as wat hulle hier aangekom het nie. Die immergroen bome van die reënwoud gooi donker skaduwees oor hulle. Prikkels hardloop deur Johan se bene van die uur wat hy soos ’n...

''Tydlose liefde''-kompetisie: Soetkoekiesfontein, 1968 versus Houghton, 2012
Oemdhan Pieterse - 2011-09-15
Desembervakansie 1968. In Ouma se kombuis daar doer in die Vrystaat met sy spierwit gerypte koppies. Vroeg smôrens as die hanslammers moedswillig pomp en stamp aan die louwarm tietiebottels wat ons styf in albei hande vasklem. Die melk en hul spoeg wat skuimborrels blaas om die gulsige, honger lippe. Dan daardie liefdevolle stem wat kamma kwaai oor die halwe agterdeur aanmaan. “Kom eet nou, kinders, ek roep nie weer nie!” Ons jongklomp wat dan uitgelate holderstebolder die kombuis...

''Tydlose liefde''-kompetisie: Mitchell’s Plain, 2011
Haaskalbaas - 2011-09-15
Girl, 56. Geskei. Working ouma, Mitchell’s Plain. Op soek na iemand wat my loneliness sal deel. Bel my as jy 50-60 is en nie uitsoekerig is nie. Vir vriendskap, miskien meer. No chancers please. Guy, 50. Haai, ek’s ’n Malay gent, luking 4 vrou 20-60 met big boobs nd wide hips vir daytime pret. Net MP, asb. Dus, deur Daily Voice (Ons Skrik vir Niks) se “Hot Dates”-kolom vind hierdie twee mekaar. Hy’s natuurlik getroud. Bring blomme. Sy nooi hom in. Sy verpleeg;...


<< 1 2 3 4 49 >>