Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Film > Rubrieke | Columns > André Crous: Nabyskoot

André Crous: Nabyskoot


<< 1 2 >>

Kortaf: Ondine is visueel baie interessant met karakters wat jy sal wil onthou
André Crous - 2010-10-07
Regisseur: Neil Jordan Kamerawerk: Christopher Doyle Rolverdeling: Colin Farrell, Alicja Bachleda, Alison Barry, Stephen Rea Looptyd: 105 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 8 Oktober 2010 Iewers langs die rowwe Ierse kus word ’n beeldskone vrou lewendig in ’n visnet uit die water getrek. Dit is die heel eerste toneel en dit maak my hart warm dat daar nog films daar buite is wat waag om met die deur in die huis te val. Ons weet nie hoe sy moontlik kon lewe nie, of wie sy is nie;...

Greenberg net vir diegene wat regtig gelukkig voel
André Crous - 2010-09-22
Regisseur: Noah Baumbach Kamerawerk: Harris Savides Rolverdeling: Ben Stiller, Greta Gerwig, Rhys Ifans, Jennifer Jason Leigh Looptyd: 105 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 17 September 2010 Greenberg is ’n film wat jy net behoort te kyk as jy regtig gelukkig voel. Al die hoofkarakters het ellende in hulle lewens en die titelkarakter, Roger Greenberg, maak die mense rondom hom keer op keer seer. En tog, ten spyte van sulke absoluut neerdrukkende karakters in pynlike situasies, is...

Kortaf: Dorian Gray is ’n gruwel van ’n film
André Crous - 2010-09-14
Regisseur: Oliver Parker Kamerawerk: Roger Pratt Rolverdeling: Ben Barnes, Colin Firth, Ben Chaplin, Rebecca Hall, Rachel Hurd-Wood Looptyd: 110 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 3 September 2010 Dorian Gray is ’n gruwel van ’n film en dit is seker geen wonder dat ten minste een kopie daarvan (en ek neem aan dat die vertoning wat ek by die Eikestad Mall bygewoon het, nie die enigste van sy soort is nie) digitaal vertoon word eerder as met behoorlike film. Aan die ander kant...

Terugflits (Augustus 2010): Alejandro Amenábar
André Crous - 2010-09-01
Moenie dat sy kort lys rolprente jou flous nie: Alejandro Amenábar is ’n uiters talentvolle filmmaker. Hy kom oorspronklik van Chili af, maar het saam met sy gesin Spanje toe gevlug rondom die tyd toe Augusto Pinochet aan bewind gekom het. Hy het nooit sy filmstudies aan die universiteit in Madrid voltooi nie, maar het fondse bymekaar gekry en in 1996, op die ouderdom van 24, sy meesterlike debuutfilm, Tesis, met groot toejuiging vrygestel. Terloops, die film speel af in die filmdepartement...

Agora sal menige mense se bloed laat kook
André Crous - 2010-08-31
Regisseur: Alejandro Amenábar Kamerawerk: Xavi Giménez Rolverdeling: Rachel Weisz, Max Minghella, Oscar Isaac, Sami Samir, Michael Lonsdale Looptyd: 120 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 27 Augustus 2010 Pedro Almodóvar se Broken Embraces is in Junie in Suid-Afrika vrygestel en is op hierdie webtuiste bespreek. Alejandro Amenábar is, myns insiens, die ander groot Spaanse regisseur wie se films eenvoudig gesien móét word. Hy het in 2004 die verpletterende...

Knight and Day ’n lekker vermaaklike affêre waarmee jy maar jou tyd kan verwyl
André Crous - 2010-08-25
Regisseur: James Mangold Kamerawerk: Phedon Papamichael Rolverdeling: Tom Cruise, Cameron Diaz, Peter Sarsgaard, Paul Dano Looptyd: 105 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 23 Julie 2010 Tom Cruise is glad nie so sleg soos mense dalk mag dink nie. Goed, ek stem ook nie saam met sy vreemde wetenskapfiksie-kultusgeloof nie, maar sy films is gewoonlik regtig heel kykbaar, selfs wanneer hy al weer ’n soort superaksieman speel. Hierdie keer is die film baie selfbewus aksiebelaai...

The White Ribbon kykbaar maar uitputtend
André Crous - 2010-08-03
Oorspronklike titel: Das weisse Band Regisseur: Michael Haneke Kamerawerk: Christian Berger Rolverdeling: Christian Friedel, Burghart Klaussner, Susanne Lothar, Maria-Victoria Dragus Looptyd: 140 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 30 Julie 2010 In ’n klein Duitse dorpie waar die baron die helfte van die inwoners op sy plaas in diens het, vind onverklaarbare tragedies plaas. ’n Stewige draad word laag tussen twee bome gespan en wanneer die dokter in die openingstoneel op...

Inception die beste film van die jaar
André Crous - 2010-07-27
Regisseur: Christopher Nolan Kamerawerk: Wally Pfister Rolverdeling: Leonardo DiCaprio, Joseph Gordon-Levitt, Ellen Page, Tom Hardy, Ken Watanabe, Cillian Murphy, Pete Postlethwaite Looptyd: 145 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 30 Julie 2010 Inception is die beste film van die jaar. Regisseur Christopher Nolan het dit reggekry om ’n projek aan te pak waarvan die idees so kompleks en die begroting so groot is soos destyds se Matrix-films. Die resultaat is ’n volslae meesterstuk...

Pynlik grafiese geweld bederf Antichrist
André Crous - 2010-07-27
Regisseur: Lars von Trier Kamerawerk: Anthony Dod Mantle Rolverdeling: Charlotte Gainsbourg, Willem Dafoe Looptyd: 105 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 30 Julie 2010 Antichrist (’n onsinnige titel) word uitgereik onder ’n wolk van polemiek wat dit sedert die film se première laasjaar by die Cannes-filmfees rondvolg. Regisseur Lars von Trier is lief vir die kalklig en stories oor hom is legendaries, byvoorbeeld sy mishandeling wat aktrise Björk tydens die verfilming...

Terugflits (Junie 2010): Pedro Almodvar
André Crous - 2010-07-02
Aangesien die Spaanse filmmaker Pedro Almodóvar se Broken Embraces op 18 Junie in Suid-Afrika begin draai het, is ’n terugblik op sy werk dalk ’n goeie idee, sodat die kyker ’n voorsmakie kan kry van die omvang van hierdie spelerige regisseur se werk. Almodóvar maak al sedert die jare tagtig films, gewoonlik met gay karakters, maar meer dikwels met vroulike hoofkarakters. Die wêrelde waar sy films afspeel, is perfek belig, maar die melodramatiese inhoud word...

Kortaf: Sex and the City 2 so plat soos ’n loopplankmodel
André Crous - 2010-06-29
Regisseur: Michael Patrick King Kamerawerk: John Thomas Rolverdeling: Sarah Jessica Parker, Kristin Davis, Cynthia Nixon, Kim Cattrall Looptyd: 135 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 28 Mei 2010 Ek resenseer nie gewoonlik films met syfers aan die einde van titels nie en wil ook nie ‘n gewoonte daarvan maak nie, maar ek voel verplig om jou te waarsku oor wat op jou wag as jy sou kies om hierdie film te gaan sien. Dit is pynlik om te aanskou, veral omdat die filmmakers tog so...

Kortaf: Letters to Juliet oppervlakkig
André Crous - 2010-06-24
Regisseur: Gary Winick Kamerawerk: Marco Pontecorvo Rolverdeling: Amanda Seyfried, Christopher Egan, Vanessa Redgrave, Gael García Bernal Looptyd: 100 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 11 Junie 2010 Die baie blonde Sophie en haar verloofde gaan op ‘n wittebrood voor hulle regte wittebrood (!) na Verona, die Italiaanse stad van Romeo en Juliet, maar daar is nie ‘n enkele oomblik van romanse tussen hulle nie. Die verloofde word deur Gael García Bernal gespeel,...

Broken Embraces elegant
André Crous - 2010-06-17
Oorspronklike titel: Los Abrazos Rotos Regisseur: Pedro Almodóvar Kamerawerk: Rodrigo Prieto Rolverdeling: Lluís Homar, Penélope Cruz, Blanca Portillo, Tamar Novas, José Luis Gómez Looptyd: 125 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 18 Junie 2010 Voor jy Pedro Almodóvar se nuutste film begin kyk, behoort jy na jou video-/DVD-winkel te gaan en sy 1988-film, Women on the Verge of a Nervous Breakdown, uit te neem. In Broken Embraces, wat eersdaags in Suid-Afrika...

Die 45ste Karlovy Vary internasionale filmfees
André Crous - 2010-06-16
Karlovy Vary is ’n klein dorpie in die Tsjeggiese Republiek, ongeveer 60 kilometer vanaf die Duitse grens en ’n drie-uurtreinrit wes van Praag, waar een van die belangrikste filmfeeste in die voormalige Oosbloklande jaarliks plaasvind. Hoewel die fees nie heeltemal dieselfde aansien as ander gesaghebbende Europese filmfeeste, byvoorbeeld Cannes of Venesië, geniet nie, is die gebrek aan persgekheid en die toeganklikheid van die geleentheid vir die publiek juis ’n aantrekkingskrag....

Terugflits (Mei 2010): Matt Damon
André Crous - 2010-06-04
’n Mens vergeet maklik dat Matt Damon sy enigste Oscar tot dusver nie vir sy toneelspel ontvang het nie, maar vir sy vermoëns as skrywer van die 1997-film Good Will Hunting. Hy het dié toekenning met sy vriend Ben Affleck gedeel. Hoewel Damon vroeër ook in films verskyn het, was dit sy rol as Will Hunting wat hom oornag bekend gemaak het. In die dekade sedert hierdie rol het hy in talle van die mees geprysde films onder leiding van Hollywood se top-regisseurs verskyn:...

The Messenger treffend
André Crous - 2010-05-31
Titel: The Messenger Regisseur: Oren Moverman Kamerawerk: Bobby Bukowski Rolverdeling: Ben Foster, Woody Harrelson, Samantha Morton, Steve Buscemi Looptyd: 110 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 16 April 2010 The Messenger, Oren Moverman se debuutfilm as regisseur, fokus op twee soldate (gespeel deur Ben Foster en Woody Harrelson) wat een van die moeilikste militêre take op Amerikaanse grond het: Hulle moet besoek aflê by ander soldate se naasbestaandes om hulle in te lig dat hulle...

I Now Pronounce You Black and White oppervlakkig
André Crous - 2010-05-26
Titel: I Now Pronounce You Black and White Regisseur: Oliver Rodger Kamerawerk: Gavin Goodman Rolverdeling: Tyrel Meyer, Astara Mwakalumbwa Looptyd: 80 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 14 Mei 2010 I Now Pronounce You Black and White het sy komiese oomblikke, maar die filmmakers het nog heelwat om te leer voordat hulle enigsins ’n film aanmekaar kan sit wat selfs as gemiddeld bestempel sou kon word. Die gegewe situasie waaruit die res van die storie ontwikkel, is die verlowing tussen...

Green Zone verdien lof
André Crous - 2010-05-25
Titel: Green Zone Regisseur: Paul Greengrass Kamerawerk: Barry Ackroyd Rolverdeling: Matt Damon, Khalid Abdalla, Brendan Gleeson, Greg Kinnear Looptyd: 115 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 28 Mei 2010 Green Zone bevestig al ons vermoedens dat die regering van George W Bush doelbewus intelligensie gefabriseer het om hulle inval in Irak te regverdig en hoewel die film nie ’n dokumentêr is nie, is Greengrass baie bekwaam in die uitbeelding van sowel feite as aksie op die skerm. Die...

Kortaf: A Serious Man heerlik
André Crous - 2010-05-12
Titel: A Serious Man Regisseur: Joel Coen & Ethan Coen Kamerawerk: Roger Deakins Rolverdeling: Michael Stuhlbarg, Sari Lennick, Fred Melamed, Richard Kind Looptyd: 105 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 14 Mei 2010 A Serious Man is een van die Coen-broers se mees volwasse films en is my gunsteling uit die films wat vanjaar in die kategorie vir beste film by die Oscars genomineer is. Aan die einde van die 1960’s, in ’n woonbuurt iewers in Minnesota, is fisikadosent Larry Gopnik...

Kortaf: Taking Woodstock vermaaklik genoeg
André Crous - 2010-05-10
Titel: Taking Woodstock Regisseur: Ang Lee Kamerawerk: Eric Gautier Rolverdeling: Demetri Martin, Jonathan Groff, Imelda Staunton, Emile Hirsch, Eugene Levy, Liev Schreiber Looptyd: 120 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 30 April 2010 Ang Lee se nuutste film is mooi, vermaaklik en genotvol, maar eintlik relatief oppervlakkig as ’n mens die epiese musiekgebeurtenis waartydens die storie afspeel (Woodstock, 1969!), in ag neem. Demetri Martin, beter bekend as ’n komediant wat dikwels...

Terugflits (April 2010): Die Coen-broers
André Crous - 2010-05-04
Op 14 Mei word een van my gunstelingfilms onder die tien nominasies vir beste film by vanjaar se Oscars in Suid-Afrika uitgereik: A Serious Man. Die film is deur die bekendste regisseursbroers in die bedryf geregisseer: Joel en Ethan Coen. Die Coens se films word gewoonlik as “aweregs” of “eienaardig” bestempel. Dit is waar, maar hulle werk borrel eenvoudig oor van kreatiwiteit en daar is min ander regisseurs wat donker materiaal en ligte dialoog met soveel sukses kan saamsmelt....

Date Night skreeusnaaks
André Crous - 2010-04-29
Titel: Date Night Regisseur: Shawn Levy Kamerawerk: Dean Semler Rolverdeling: Steve Carrell, Tina Fey, Mark Wahlberg, James Franco, Mark Ruffalo Looptyd: 85 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 9 April 2010 Ek was nog nooit ’n groot aanhanger van die televisieprogram Saturday Night Live nie, maar vandeesmaand het twee aktrises wat dikwels in die kort komiese sketse van hierdie program optree, gewoonlik met ’n graad van komedie wat wipplank ry, my werklik verbaas. In Away...

Kortaf: Vermy Leap Year
André Crous - 2010-04-28
Titel: Leap YearRegisseur: Anand TuckerKamerawerk: Newton Thomas SigelRolverdeling: Amy Adams, Matthew GoodeLooptyd: 100 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 16 April 2010 Ons is tans in die middel van twee skrikkeljare, so ek weet nie wanneer hierdie film afspeel nie, maar dalk is dit goed dat die film daaroor swyg, want die logika agter die hoofkarakter se aksies hoort eintlik iewers in die middel van die vorige eeu. Die ambisieuse Anna (Amy Adams) se oninteressante kêrel van vier jaar...

Away We Go verras
André Crous - 2010-04-21
Titel: Away We Go Regisseur: Sam Mendes Kamerawerk: Ellen Kuras Rolverdeling: Maya Rudolph, John Krasinski, Chris Messina, Maggie Gyllenhaal, Allison Janney Looptyd: 95 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 9 April 2010 Wat ’n aangename verrassing! Hierdie skreeusnaakse komedie roer die hartsnare danksy die aantrekkingskrag van die twee hoofkarakters, wat effens uit plek is in die samelewing, maar nooit naïef of pateties voorkom nie. Burt en Verona is ’n ongetroude paartjie...

Kortaf: A Prophet fassinerend
André Crous - 2010-04-14
Titel: A Prophet Oorspronklike titel: Un Prophète Regisseur: Jacques Audiard Kamerawerk: Stéphane Fontaine Rolverdeling: Tahar Rahim, Niels Arestrup, Adel Bencherif Looptyd: 150 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 9 April 2010 In Parys word die negentienjarige Malik vir ses jaar opgesluit nadat hy ’n polisieman aanrand. Hy is Arabies, effens skaam en natuurlik bang vir sy nuwe omgewing. Hy ken niemand in die tronk nie, en kort voor lank word hy deur César Luciani, ’n grootkop...

Kortaf: The Blind Side verdien aandag
André Crous - 2010-04-14
Titel: The Blind SideRegisseur: John Lee HancockKamerawerk: Alar KiviloRolverdeling: Sandra Bullock, Quinton Aaron, Tim McGraw, Kathy BatesLooptyd: 135 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 19 Maart 2010 Hierdie ware verhaal oor ’n ryk wit vrou van Tennessee wat haar oor ’n daklose jong swart seun ontferm en hom in so ’n mate ondersteun dat hy ’n beurs kry danksy haar vasberadenheid en sy vernuf op die voetbalveld, het Sandra Bullock ’n welverdiende Oscar-beeldjie...

Kortaf: Valentine’s Day hoogs vergeetbaar
André Crous - 2010-04-06
Titel: Valentine’s Day Regisseur: Garry Marshall Kamerawerk: Charles Minsky Rolverdeling: Jessica Alba, Kathy Bates, Jessica Biel, Bradley Cooper, Patrick Dempsey, Hector Elizondo, Jamie Foxx, Jennifer Garner, Topher Grace, Anne Hathaway, Ashton Kutcher, Queen Latifah, Shirley MacLaine, Taylor Lautner, Julia Roberts Looptyd: 120 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 12 Februarie 2010 Hierdie boerpot van ’n Valentynsdagfilm is oulik en het geen gebrek aan aantreklike sterre nie,...

Kortaf: Alice in Wonderland ’n Smartie-kleurige avontuurrit
André Crous - 2010-04-06
Titel: Alice in WonderlandRegisseur: Tim BurtonKamerawerk: Dariusz WolskiRolverdeling: Mia Wasikowska, Johnny Depp, Helena Bonham Carter, Anne HathawayLooptyd: 105 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 12 Maart 2010 Tim Burton se Smartie-kleurige weergawe van Lewis Carroll se verbeeldingryke verhaal vol vreemde skepsels is ’n lekker avontuurrit deur die onderwêreld, waar konyne onderbaadjies dra en horlosies ongeduldig dophou, ’n Wit en ’n Rooi Koningin om die ryk meeding...

Terugflits (Maart 2010): Tim Burton
André Crous - 2010-04-06
Met die onlangse vrystelling van die eerste post-Avatar-film wat ook in drie dimensies vertoon word, Alice in Wonderland, het ek besluit om vandeesmaand op hierdie film se regisseur, Tim Burton, se werk te fokus. Eerstens ’n belangrike punt: Hoewel die 1993-film genaamd Tim Burton’s The Nightmare before Christmas al kultusstatus bereik het, was Burton slegs die skrywer-vervaardiger en nie die regisseur van die film nie. Dit is Henry Selick (Coraline) wat die regie behartig het. Burton...

Kortaf: Spread is pure hedonisme
André Crous - 2010-03-26
Titel: SpreadRegisseur: David Mackenzie Kamerawerk: Steven Poster Rolverdeling: Ashton Kutcher, Anne Heche, Margarita Levieva, Sebastian Star Looptyd: 95 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 19 Maart 2009Nikki het nie sy eie woonplek nie, maar hy weet hoe om meisies en veral ouer vroue te verlei en slaap só sy pad tot in die beste huise in Hollywood. Anders as ’n prostituut, word hy nie uitgeskop met ’n paar dollarnote nie: Hy bly aan en verskaf nog meer plesier totdat hy...

A Single Man ’n glanstydskrifweergawe van intiem
André Crous - 2010-03-24
Titel: A Single ManRegisseur: Tom FordKamerawerk: Eduard GrauRolverdeling: Colin Firth, Nicholas Hoult, Julianne Moore, Matthew GoodeLooptyd: 95 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 26 Februarie 2010 Tom Ford is ’n modeontwerper, en nou is hy ook ’n filmregisseur. A Single Man, gebaseer op die gelyknamige roman deur Christopher Isherwood, is sy eerste film, en soos talle resensente al genoem het, is die film se beelde uitsonderlik. Dit roep egter ’n vraag op wat nie genoeg...

Shutter Island swak uitgevoer
André Crous - 2010-03-23
Titel: Shutter IslandRegisseur: Martin ScorseseKamerawerk: Robert Richardson Rolverdeling: Leonardo diCaprio, Mark Ruffalo, Michelle Williams, Ben Kingsley, Max von Sydow Looptyd: 135 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 12 Maart 2010 Shutter Island het ernstige terapie nodig. Hierdie is ’n film wat so graag aan dieselfde klas as onder andere Psycho, Fight Club, Vanilla Sky en Identity wil behoort, maar dit is baie swak uitgevoer en het my amper nie ’n oomblik vir enige karakter...

Terugflits (Februarie 2010): Die laaste vyf “beste film”-Oscarwenners
André Crous - 2010-03-03
Die jaarlikse seremonie waarby die bekende goue beeldjie bekend as ’n Oscar (of ’n Academy Award) aan films wat dit verdien, uitgedeel word – of dit nou vir hulle kwaliteit of hulle aggressiewe bemarkingveldtogte is – is weer op hande. Vanjaar se geleentheid vind op 7 Maart plaas en sal aangebied word deur Steve Martin, wie se verskyning as seremoniemeester in die verlede rampspoedig was, maar hierdie keer sal hy deur Alec Baldwin bygestaan word. Hierdie maand...

Kortaf: ’n Astrante aweregsheid aan Fantastic Mr Fox
André Crous - 2010-03-02
Titel: Fantastic Mr FoxRegisseur: Wes AndersonKamerawerk: Tristan Oliver Rolverdeling: George Clooney, Meryl Streep, Jason Schwartzman, Eric Anderson Looptyd: 85 minuteDatum van uitreiking in Suid-Afrika: 12 Februarie 2010 Wes Anderson is ‘n brawe koordloper en sy films handhaaf altyd ‘n netjiese balans tussen die oppervlakkige en die menslike. Hierdie is sy eerste animasiefilm, maar dit voel net soos enige van sy vorige films (veral die visuele aanbieding is dieselfde; met ‘n...

Geen ekstase in The Hurt Locker nie
André Crous - 2010-03-02
Titel: The Hurt LockerRegisseur: Kathryn BigelowKamerawerk: Barry Ackroyd Rolverdeling: Jeremy Renner, Anthony Mackie, Brian Geraghty, Ralph Fiennes, Christopher Sayegh Looptyd: 125 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 19 Maart 2010 The rush of battle is often a potent and lethal addiction, for war is a drug. Talle resensies van hierdie film, een van vanjaar se Oscar-grotes, sal verwys na bogenoemde aanhaling, waarmee die film open. Ongelukkig is die woorde teenstrydig met die res van die...

Kortaf: The Lovely Bones beeldskoon dog sentimenteel
André Crous - 2010-02-24
Titel: The Lovely BonesRegisseur: Peter JacksonKamerawerk: Andrew LesnieRolverdeling: Saoirse Ronan, Mark Wahlberg, Stanley Tucci, Rachel WeiszLooptyd: 135 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 19 Februarie 2010 In die vroeë 1970’s word die 14-jarige Susie Salmon in die deelstaat Pennsilvanië deur die grillerige George Harvey vermoor. Sy gaan hemel toe, maar kan nie rus voordat haar gesin haar dood aanvaar het en die moordenaar ontmasker is nie. Stanley Tucci is uitstekend in sy...

’n Paar oomblikke van onnodige turbulensie in Up in the Air
André Crous - 2010-02-22
Titel: Up in the AirRegisseur: Jason Reitman Kamerawerk: Eric Steelberg Rolverdeling: George Clooney, Vera Farmiga, Anna Kendrick, Jason Bateman Looptyd: 105 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 29 Januarie 2010 Ryan Bingham is ’n vriendelike haai. Hy blits van een staat na die ander om personeel by maatskappye af te dank waar die baas nie self daarvoor kans sien nie. Hy sien homself as ’n fasiliteerder tussen die baas en die werknemers wat om ’n verskeidenheid redes in...

Kortaf: Paranormal Activity laat die hare regop staan
André Crous - 2010-02-22
Titel: Paranormal ActivityRegisseur: Oren PeliKamerawerk: Oren PeliRolverdeling: Katie Featherson, Micah SloatLooptyd: 90 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 11 Desember 2009 Soms is dit onbekende geluide in die nag – ’n doef-doef hier of ’n kraak daar – wat jou hare orent laat staan of jou ’n knop op die maag gee. Dalk beteken die geluide niks nie. Of dalk wel. Katie en Micah (’n man, indien jy wonder) word stadig maar seker deur die onbekende geterroriseer,...

Terugflits (Januarie 2010): Alfred Hitchcock, meester van spanning
André Crous - 2010-02-02
’n Mooi boek oor Hitchcock se lewe, Mr Hitchcock, geskryf deur Quentin Falk, is nou by die Exclusive Books Summer Sale beskikbaar en dit bied my die geleentheid om vinnig te kyk na ’n paar van sy films wat almal ’n kyk werd is. Met 53 films onder sy blad was dit vir my moeilik om te bly by die beperking van vyf wat ek myself in hierdie afdeling oplê. In hierdie aflewering van Terugflits is daar drie films in die besonder wat ek ongelukkig moet oorsien: Strangers on...

Mr Hitchcock ’n heel onskuldige en toeganklike inleiding tot Hitchcock se films
André Crous - 2010-02-02
Outeur: Quentin Falk Uitgewer: Haus Publishing ISBN: 9781904950752 Formaat: HardebandBladsye: 200 Daar is min regisseurs wie se name vir die gemiddelde kyker net so bekend is soos hul films. Steven Spielberg en Alfred Hitchcock is bo-aan daardie lys; deesdae is Quentin Tarantino waarskynlik op hul hakke. Hitchcock gaan die verste terug – Psycho, reeds sy 47ste vollengtefilm as regisseur, is in 1960 vrygestel. Quentin Falk se boek bespreek al die produksies waarby Hitchcock...

Kortaf: Basquiat ’n indrukwekkende skets
André Crous - 2010-01-27
Regisseur: Julian SchabelKamerawerk: Ron FortunatoRolverdeling: Jeffrey Wright, Benicio Del Toro, David BowieLooptyd: 105 minuteIn die film se openingstoneel, in tyd verwyder van die res van die verhaal, maar in emosie net so ryk soos die hoofkarakter se verbeelding, sien Jean-Michel Basquiat as kind Picasso se Guernica . Geen woorde nie – net Leonard Cohen se “Hallelujah” (hier gesing deur John Cale), en trane in sy ma se oë. Dit is een van die aangrypendste tonele wat...

The September Issue ’n mooi skelet sonder vleis
André Crous - 2010-01-19
Regisseur: RJ Cutler Kamerawerk: Bob Richman Rolverdeling: Anna Wintour, Grace Coddington, Tonne Goodman, Thakoon Panichgul Looptyd: 85 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 8 Januarie 2010 The September Issue voel soos ’n episode van ’n realiteitsprogram, maar sonder die drama. Dit is ’n dokumentêr wat fokus op Anna Wintour, die redaktrise van die Amerikaase uitgawe van die modetydskrif Vogue, en op die voorbereidings vir die tydskrif se grootste uitgawe ooit: die 840...

Kortaf: Sherlock Holmes nie geslaagd
André Crous - 2010-01-15
Regisseur: Guy Ritchie Kamerawerk: Philippe Rousselot Rolverdeling: Robert Downey jr, Jude Law, Rachel McAdams Looptyd: 120 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 8 Januarie 2010 Het Guy Ritchie werklik gedink hierdie sou ’n nuwe reeks films afskop? Robert Downey jr, as die vernuftige (en effens koekoe) speurder Sherlock Holmes, en Jude Law, wat die rol van Holmes se handlanger Watson vertolk, hou kop bo water met ’n hele paar toertjies, maar die film se mengelmoes van toorkuns en...

Avatar ’n asemrowende reis deur die onbekende
André Crous - 2010-01-13
Regisseur: James Cameron Kamerawerk: Mauro Fiore Rolverdeling: Sam Worthington, Zoe Saldaña, Sigourney Weaver, Stephen Lang Looptyd: 160 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 18 Desember 2009 In The Last Samurai, ’n 2003-film met Tom Cruise wat ek andersins verpes, was daar ’n treffende toneel waar die samoerai, daardie vegters wat kan tower met ’n swaard, te staan kom teen die Japannese weermag wat uitgerus is met moderne kanonne. Al is jy ook hóé goed,...

Terugflits (Desember 2009): Taal in sy talle vorme
André Crous - 2009-12-17
Elke maand gaan ’n ander tema, styl of regisseur gebruik word as basis vir die keuse van vyf soortgelyke films om te kyk (of om te vermy). Ter aansluiting by LitNet se huidige vertalingseminaar, handel die films van “Terugflits” se eerste aflewering om dieselfde tema. Taal in sy talle vorme (verbaal, geskrewe of met gebare) speel ’n rol in elk van die uiteenlopende films hieronder en die belang daarvan in kommunikasie, in die fiktiewe wêreld sowel as tussen film en...

Kortaf: 2012 ’n spektakel soos min
André Crous - 2009-12-17
Regisseur: Roland EmmerichKamerawerk: Dean SemlerRolverdeling: John Cusack, Chiwetel Ejiofor, Oliver Platt, Amanda Peet en Danny GloverDraaityd: 158 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 4 Desember 2009 Roland Emmerich, wat die poppespeler van Independence Day was, se nuutste einde-van-die-wêreld film is ’n spektakel soos min, maar nie heeltemal ontbloot van tonele wat die adrenalien laat pomp nie. Die dialoog is houterig, by tye lagwekkend, en ’n hele klomp visuele effekte...

André Crous se top tien flieks van 2009
André Crous - 2009-12-17
1. 4 Months, 3 Weeks, 2 Days 2. Inglourious Basterds 3. Revolutionary Road 4. Gran Torino 5. Milk 6. Up 7. Changeling 8. Persepolis 9. Frost/Nixon 10. Invictus 1. 4 Months, 3 Weeks, 2 Days ’n Aborsie word in die laaste dae van Ceauşescu se Roemenië in die geheim uitgevoer, en die vriendskap tussen twee jong meisies word op die proef gestel in hierdie uitmergelende, maar aangrypende film. Die tonele bestaan telkens uit net een skoot en duur dikwels etlike minute, nes...

Invictus sal Suid-Afrikaner én buitelander boei
André Crous - 2009-12-11
Regisseur: Clint Eastwood Kamerawerk: Tom Stern Rolverdeling: Morgan Freeman, Matt Damon, Marguerite Wheatley en Adjoa Andoh Speeltyd: 130 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 11 Desember 2009 Blykbaar vind buitelandse toneelspelers die aksent van Afrikaanssprekendes wat Engels praat een van die moeilikstes om te bemeester. Ek weet nie hoeveel waarheid daarin steek nie, maar ek weet dat ek dit nog nie met volslae sukses uitgebeeld gehoor het nie. Thomas Jane in Stander was nie heeltemal...

Amateurwerk werp vrugte af in The Class
André Crous - 2009-12-07
Oorspronklike titel: Entre les murs Regisseur: Laurent Cantet Kamerawerk: Pierre Milon Rolverdeling: François Bégaudeau, Rachel Regulier, Franck Keïta, Esmeralda Ouertani, Jean-Michel Simonet Looptyd: 124 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: Onbekend Nes City of God en die films van Ken Loach, bewys hierdie 2008-wenner van die Goue Palm (die Cannes-filmfees se hoogste eer) dat behoorlike werk met amateurs, wat in ’n mate hulself vertolk, kwaliteit vrugte kan afwerp....

Where the Wild Things Are nie kinderspeletjies
André Crous - 2009-12-02
Regisseur: Spike JonzeKamerawerk: Lance AcordRolverdeling: Max Records, Catherine Keener, James Gandolfini (stem), Lauren Ambrose (stem), Chris Cooper (stem) en Catherine O’Hara (stem)Looptyd: 92 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 11 Desember 2009 Where the Wild Things Are is Spike Jonze se derde vollengte-film as regisseur, maar sy eerste sonder ’n draaiboek deur Charlie Kaufman, wie se vrugbare verbeelding die wêreld op intelligente en avontuurlustige wyse verdraai het. Kan...


<< 1 2 >>