Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Film > Rubrieke | Columns

Rubrieke | Columns


<< 1 2 3 4 >>

Kortaf: Valentine’s Day hoogs vergeetbaar
André Crous - 2010-04-06
Titel: Valentine’s Day Regisseur: Garry Marshall Kamerawerk: Charles Minsky Rolverdeling: Jessica Alba, Kathy Bates, Jessica Biel, Bradley Cooper, Patrick Dempsey, Hector Elizondo, Jamie Foxx, Jennifer Garner, Topher Grace, Anne Hathaway, Ashton Kutcher, Queen Latifah, Shirley MacLaine, Taylor Lautner, Julia Roberts Looptyd: 120 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 12 Februarie 2010 Hierdie boerpot van ’n Valentynsdagfilm is oulik en het geen gebrek aan aantreklike sterre nie,...

Kortaf: Alice in Wonderland ’n Smartie-kleurige avontuurrit
André Crous - 2010-04-06
Titel: Alice in WonderlandRegisseur: Tim BurtonKamerawerk: Dariusz WolskiRolverdeling: Mia Wasikowska, Johnny Depp, Helena Bonham Carter, Anne HathawayLooptyd: 105 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 12 Maart 2010 Tim Burton se Smartie-kleurige weergawe van Lewis Carroll se verbeeldingryke verhaal vol vreemde skepsels is ’n lekker avontuurrit deur die onderwêreld, waar konyne onderbaadjies dra en horlosies ongeduldig dophou, ’n Wit en ’n Rooi Koningin om die ryk meeding...

Terugflits (Maart 2010): Tim Burton
André Crous - 2010-04-06
Met die onlangse vrystelling van die eerste post-Avatar-film wat ook in drie dimensies vertoon word, Alice in Wonderland, het ek besluit om vandeesmaand op hierdie film se regisseur, Tim Burton, se werk te fokus. Eerstens ’n belangrike punt: Hoewel die 1993-film genaamd Tim Burton’s The Nightmare before Christmas al kultusstatus bereik het, was Burton slegs die skrywer-vervaardiger en nie die regisseur van die film nie. Dit is Henry Selick (Coraline) wat die regie behartig het. Burton...

Kortaf: Spread is pure hedonisme
André Crous - 2010-03-26
Titel: SpreadRegisseur: David Mackenzie Kamerawerk: Steven Poster Rolverdeling: Ashton Kutcher, Anne Heche, Margarita Levieva, Sebastian Star Looptyd: 95 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 19 Maart 2009Nikki het nie sy eie woonplek nie, maar hy weet hoe om meisies en veral ouer vroue te verlei en slaap só sy pad tot in die beste huise in Hollywood. Anders as ’n prostituut, word hy nie uitgeskop met ’n paar dollarnote nie: Hy bly aan en verskaf nog meer plesier totdat hy...

Rotten Tomato: Tell No One a rare creature
Reney Warrington - 2010-03-25
Title: Tell No One (Ne le dis à personne)Director: Guillaume CanetDate of release: 2006Language: FrenchRotten Tomatoes score: 96%Reney’s score: 95%Tell No One (2006) is one of those rare creatures: an intelligent suspense thriller that is as emotionally haunting as it is thrilling. It surprised both its creators and cast with the commercial success it achieved. In a nutshell ... Alex’s wife is murdered and for a while he is the prime suspect. Eight years later he still has not...

A Single Man ’n glanstydskrifweergawe van intiem
André Crous - 2010-03-24
Titel: A Single ManRegisseur: Tom FordKamerawerk: Eduard GrauRolverdeling: Colin Firth, Nicholas Hoult, Julianne Moore, Matthew GoodeLooptyd: 95 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 26 Februarie 2010 Tom Ford is ’n modeontwerper, en nou is hy ook ’n filmregisseur. A Single Man, gebaseer op die gelyknamige roman deur Christopher Isherwood, is sy eerste film, en soos talle resensente al genoem het, is die film se beelde uitsonderlik. Dit roep egter ’n vraag op wat nie genoeg...

Shutter Island swak uitgevoer
André Crous - 2010-03-23
Titel: Shutter IslandRegisseur: Martin ScorseseKamerawerk: Robert Richardson Rolverdeling: Leonardo diCaprio, Mark Ruffalo, Michelle Williams, Ben Kingsley, Max von Sydow Looptyd: 135 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 12 Maart 2010 Shutter Island het ernstige terapie nodig. Hierdie is ’n film wat so graag aan dieselfde klas as onder andere Psycho, Fight Club, Vanilla Sky en Identity wil behoort, maar dit is baie swak uitgevoer en het my amper nie ’n oomblik vir enige karakter...

Nine ’n fees vir die sinne
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-03-17
Titel: NineRegisseur: Rob MarshallSpelers: Daniel Day-Lewis, Sophia Loren, Penélope Cruz, Nicole Kidman, Marion Cotillard, Kate Hudson, Judi Dench, Fergie Looptyd: 118 minute Lanklaas het ’n voorprent my soveel laat uitsien na die film, en Nine, ’n navolging van die werk van Federico Fellini, het my nie teleurgestel nie. Inteendeel; hierdie film is ’n fees vir die sinne – ’n (manlike) fantasie uitgedruk in meesleurende sang en dans. Guido Contini, die groot...

Rotten Tomato: After the Wedding beautiful
Reney Warrington - 2010-03-12
Title: After the Wedding (Danish: Efter brylluppet) Director: Susanne Bier Date of release: 2006 Rotten Tomatoes score: 87% Reney’s score: 95% I have seen many great films over the past few years. Some one-liners and plot twists have faded from memory, while other scenes and characters are still clear as day. After the Wedding will be a film that is utterly impossible to forget. In a nutshell ... Jacob does relief work among children in India. He is called back to Denmark...

Rotten Tomato: Let the Right One in a film to sink your teeth into
Reney Warrington - 2010-03-08
Title: Let the Right One in (Swedish: Låt den rätte komma in) Date of release: 2008 Director: Tomas Alfredson Rotten Tomatoes score: 97% Reney’s score: 98% Using an innocent, lonely 12-year-old girl called Eli as your villain is a stroke of genius. It mixes up the vampire genre, but more importantly sets the stage for an emotionally and ethically complex film. Let the Right One in (2008) thus rises above the horror genre and becomes much more than a vampire flick....

Vele snaaksighede in Jozi
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-03-05
Titel: JoziRegisseur: Craig FreimondRolverdeling: Carl Beukes, Lionel Newton, Nick Boraine, Jena Dover, Lindi MatshikizaEk sal my oogtande gee vir ’n goeie Suid-Afrikaanse komedie, maar aangesien dié so skaars soos hoendertande is, is my gebit nog heel. Nou is daar Jozi, deur regisseur Craig Freimond. Die hoofkarakter, James (Carl Beukes), is ’n suksesvolle draaiboekskrywer, maar sy dwelmprobleem is besig om die oorhand te kry. Sy vriende en familie, in samewerking met die Narkotikaburo,...

Terugflits (Februarie 2010): Die laaste vyf “beste film”-Oscarwenners
André Crous - 2010-03-03
Die jaarlikse seremonie waarby die bekende goue beeldjie bekend as ’n Oscar (of ’n Academy Award) aan films wat dit verdien, uitgedeel word – of dit nou vir hulle kwaliteit of hulle aggressiewe bemarkingveldtogte is – is weer op hande. Vanjaar se geleentheid vind op 7 Maart plaas en sal aangebied word deur Steve Martin, wie se verskyning as seremoniemeester in die verlede rampspoedig was, maar hierdie keer sal hy deur Alec Baldwin bygestaan word. Hierdie maand...

Kortaf: ’n Astrante aweregsheid aan Fantastic Mr Fox
André Crous - 2010-03-02
Titel: Fantastic Mr FoxRegisseur: Wes AndersonKamerawerk: Tristan Oliver Rolverdeling: George Clooney, Meryl Streep, Jason Schwartzman, Eric Anderson Looptyd: 85 minuteDatum van uitreiking in Suid-Afrika: 12 Februarie 2010 Wes Anderson is ‘n brawe koordloper en sy films handhaaf altyd ‘n netjiese balans tussen die oppervlakkige en die menslike. Hierdie is sy eerste animasiefilm, maar dit voel net soos enige van sy vorige films (veral die visuele aanbieding is dieselfde; met ‘n...

Geen ekstase in The Hurt Locker nie
André Crous - 2010-03-02
Titel: The Hurt LockerRegisseur: Kathryn BigelowKamerawerk: Barry Ackroyd Rolverdeling: Jeremy Renner, Anthony Mackie, Brian Geraghty, Ralph Fiennes, Christopher Sayegh Looptyd: 125 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 19 Maart 2010 The rush of battle is often a potent and lethal addiction, for war is a drug. Talle resensies van hierdie film, een van vanjaar se Oscar-grotes, sal verwys na bogenoemde aanhaling, waarmee die film open. Ongelukkig is die woorde teenstrydig met die res van die...

Rotten Tomato: 2 Days in Paris spontaneous
Reney Warrington - 2010-02-24
Title: 2 Days in ParisDirector: Julie DelpyDate of release: 2007Runtime: 96 minutesRotten Tomatoes Score: 85%Reney’s score: 80%2 days in Paris is not what I would call a romantic comedy. Yes, there is romance and there is comedy, but there are also fear, loss, rejection and sexual politics. In a nutshell … After a two week holiday in Venice, Jack (a New Yorker) and Marion (a Parisienne) spend two days in Paris on their way home to New York. Jack is introduced to Marion’s parents...

Kortaf: The Lovely Bones beeldskoon dog sentimenteel
André Crous - 2010-02-24
Titel: The Lovely BonesRegisseur: Peter JacksonKamerawerk: Andrew LesnieRolverdeling: Saoirse Ronan, Mark Wahlberg, Stanley Tucci, Rachel WeiszLooptyd: 135 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 19 Februarie 2010 In die vroeë 1970’s word die 14-jarige Susie Salmon in die deelstaat Pennsilvanië deur die grillerige George Harvey vermoor. Sy gaan hemel toe, maar kan nie rus voordat haar gesin haar dood aanvaar het en die moordenaar ontmasker is nie. Stanley Tucci is uitstekend in sy...

Up in the Air aweregs en skerp in sosiale kritiek
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-02-24
Titel: Up in the AirRegisseur: Jason Reitman Kamerawerk: Eric Steelberg Rolverdeling: George Clooney, Vera Farmiga, Anna Kendrick, Jason Bateman Looptyd: 105 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 29 Januarie 2010Van die regisseur Jason Reitman kan jy altyd iets aweregs verwag. So het Thank You for Smoking die skynheiligheid van die tabakbedryf ontbloot, terwyl Juno ’n tienerswangerskap as tema het. Sy nuutste is nie minder skerp in sy sosiale kritiek nie. Ryan Bingham (George Clooney)...

’n Paar oomblikke van onnodige turbulensie in Up in the Air
André Crous - 2010-02-22
Titel: Up in the AirRegisseur: Jason Reitman Kamerawerk: Eric Steelberg Rolverdeling: George Clooney, Vera Farmiga, Anna Kendrick, Jason Bateman Looptyd: 105 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 29 Januarie 2010 Ryan Bingham is ’n vriendelike haai. Hy blits van een staat na die ander om personeel by maatskappye af te dank waar die baas nie self daarvoor kans sien nie. Hy sien homself as ’n fasiliteerder tussen die baas en die werknemers wat om ’n verskeidenheid redes in...

Kortaf: Paranormal Activity laat die hare regop staan
André Crous - 2010-02-22
Titel: Paranormal ActivityRegisseur: Oren PeliKamerawerk: Oren PeliRolverdeling: Katie Featherson, Micah SloatLooptyd: 90 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 11 Desember 2009 Soms is dit onbekende geluide in die nag – ’n doef-doef hier of ’n kraak daar – wat jou hare orent laat staan of jou ’n knop op die maag gee. Dalk beteken die geluide niks nie. Of dalk wel. Katie en Micah (’n man, indien jy wonder) word stadig maar seker deur die onbekende geterroriseer,...

Rotten Tomato: The Hurt Locker suspenseful
Reney Warrington - 2010-02-12
Director: Kathryn BigelowDate of release: 2009Runtime: 131 minutesRotten Tomatoes Score: 97%Reney's score: 90%The Hurt Locker (2009) opens with a quote that says war is a drug. From then on you are glued to the screen. In a nutshell … The American bomb squads who defuse bombs in Iraq live dangerous lives. They become addicted to the adrenaline up to a point where nothing else matters, not even their wives or newborn children. They only feel alive when they are “at work”....

Rotten Tomato: Seven Samurai spellbinding
Reney Warrington - 2010-02-11
Director: Akira KurosawaDate of release: 1954Language: JapaneseRotten Tomatoes score: 100%Reney’s score: 100%Seven Samurai (1954) has been labelled as one of the most influential films ever made. I believe this. It was released in 1954, but still had me spellbound in January 2010. In a nutshell ...A group of farmers needs to hire exactly seven samurai to protect their village from marauding bandits. This is not an easy task, given that samurai were soldiers who could be hired at the end of...

Flikker: An Education ’n stil, stadige film
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-02-08
Titel: An EducationRegisseur: Lone ScherfigLooptyd: 95 minGrootwordfilms is ’n bekende genre, en tog is dit altyd verfrissend om ’n jongeling se deurgangsrite dop te hou. Hierdie verhaal speel af in Londen in die 1960’s, met die matriekmeisie Jenny Miller wat voorberei vir toelating tot Oxford. Dis hoofsaaklik op haar pa (voortreflik gespeel deur Alfred Molina) se aandrang, dus word Jenny se voete maklik onder haar uitgeslaan deur die veel ouer Peter (Peter Saarsgard). Saam met...

Terugflits (Januarie 2010): Alfred Hitchcock, meester van spanning
André Crous - 2010-02-02
’n Mooi boek oor Hitchcock se lewe, Mr Hitchcock, geskryf deur Quentin Falk, is nou by die Exclusive Books Summer Sale beskikbaar en dit bied my die geleentheid om vinnig te kyk na ’n paar van sy films wat almal ’n kyk werd is. Met 53 films onder sy blad was dit vir my moeilik om te bly by die beperking van vyf wat ek myself in hierdie afdeling oplê. In hierdie aflewering van Terugflits is daar drie films in die besonder wat ek ongelukkig moet oorsien: Strangers on...

Mr Hitchcock ’n heel onskuldige en toeganklike inleiding tot Hitchcock se films
André Crous - 2010-02-02
Outeur: Quentin Falk Uitgewer: Haus Publishing ISBN: 9781904950752 Formaat: HardebandBladsye: 200 Daar is min regisseurs wie se name vir die gemiddelde kyker net so bekend is soos hul films. Steven Spielberg en Alfred Hitchcock is bo-aan daardie lys; deesdae is Quentin Tarantino waarskynlik op hul hakke. Hitchcock gaan die verste terug – Psycho, reeds sy 47ste vollengtefilm as regisseur, is in 1960 vrygestel. Quentin Falk se boek bespreek al die produksies waarby Hitchcock...

Kortaf: Basquiat ’n indrukwekkende skets
André Crous - 2010-01-27
Regisseur: Julian SchabelKamerawerk: Ron FortunatoRolverdeling: Jeffrey Wright, Benicio Del Toro, David BowieLooptyd: 105 minuteIn die film se openingstoneel, in tyd verwyder van die res van die verhaal, maar in emosie net so ryk soos die hoofkarakter se verbeelding, sien Jean-Michel Basquiat as kind Picasso se Guernica . Geen woorde nie – net Leonard Cohen se “Hallelujah” (hier gesing deur John Cale), en trane in sy ma se oë. Dit is een van die aangrypendste tonele wat...

Hellboy II as the new art film
Reney Warrington - 2010-01-26
Many moons ago, as the manager of a photographic gallery, I naively thought if I opened both of the gallery doors and put up the "open" sign it would be obvious to the general public that they would be welcome. Still, they hovered at the entrance and asked permission to come in! They were intimidated by what they perceived as a white cube filled with "highbrow art concepts". Art films are perceived in a similar way. They are seen as either boring or "highbrow", impossible...

Flikker: Rainbow Skellums ’n taamlike flou poging
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-01-19
Regisseur: Andre ScholtzRolverdeling: Alexa Strachan, Kevin EhrenreichUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 23 Desember 2009Rainbow Skellums was my patriotiese bydrae so vroeg in die jaar, maar dis ’n taamlike flou poging van die steelkameras. ’n Mens besef net weer hoe goed regte komedie gedoen word, want hoewel al die situasies in die fliek snaaks is (het ek weer besef toe ek dit na die tyd vir iemand beskryf), kon dit vir bitter min uit-die-maag-laggery sorg. Dis ’n riem onder die...

Flikker: Every Little Step hoofsaaklik vir aanhangers
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-01-19
Regisseurs: Adam Del Deo en James D SternGenre: Dokumentêr Looptyd: 92 minuteEvery Little Step, die dokumentêr oor die oorspronklike Broadway-opvoering A Chorus Line, gekombineer met die herlewing daarvan in die huidige tyd is hoofsaaklik vir aanhangers. Honderde hoopvolles het opgedaag vir die oudisies, en die kyker sien hoe hulle in groepe beoordeel en gesif word, tot die uiteindelike finale oudisies en die aankondiging van wie geslaag het. Dis net eenvoudig verstommend om te sien wat...

Flikker: Where the Wild Things Are ’n vreemde fliekervaring
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-01-19
Regisseur: Spike JonzeKamerawerk: Lance AcordRolverdeling: Max Records, Catherine Keener, James Gandolfini (stem), Lauren Ambrose (stem), Chris Cooper (stem) en Catherine O'Hara (stem)Looptyd: 92 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 11 Desember 2009Where the Wild Things Are, die film gegrond op die beroemde kinderboek deur Maurice Sendak, is ’n vreemde fliekervaring. Die monsters, getrou aan Sendak se prente, is iets besonders en die seunskarakter se spel is absoluut natuurlik. Tog kon...

The September Issue ’n mooi skelet sonder vleis
André Crous - 2010-01-19
Regisseur: RJ Cutler Kamerawerk: Bob Richman Rolverdeling: Anna Wintour, Grace Coddington, Tonne Goodman, Thakoon Panichgul Looptyd: 85 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 8 Januarie 2010 The September Issue voel soos ’n episode van ’n realiteitsprogram, maar sonder die drama. Dit is ’n dokumentêr wat fokus op Anna Wintour, die redaktrise van die Amerikaase uitgawe van die modetydskrif Vogue, en op die voorbereidings vir die tydskrif se grootste uitgawe ooit: die 840...

Flikker: Sherlock Holmes hoog aanbeveel
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-01-18
Regisseur: Guy RitchieKamerawerk: Philippe RousselotRolverdeling: Robert Downey Jr, Jude Law, Rachel McAdamsLooptyd: 120 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 8 Januarie 2010Januarie se laaste stukkie vakansietyd was ’n geval van: soveel tyd vir fliek, so min goeie flieks! Daar is darem wel een wat hoog aanbeveel kan word: Guy Ritchie se Sherlock Holmes, met die allerpragtige Robert Downey Jr as Holmes, saam met Jude Law as Dr Watson (wat toe ’n regte mediese dokter is). Ek het nie...

Flikker: The September Issue bied stof tot besinning
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-01-18
Regisseur: RJ CutlerKamerawerk: Bob RichmanRolverdeling: Anna Wintour, Grace Coddington, Tonne Goodman, Thakoon PanichgulLooptyd: 85 minute ’n Fliek wat ek kan aanbeveel, maar net vir kykers wie se belangstelling dit is, is The September Issue, ’n dokumentêr oor die gevreesde en magtige Vogue-redakteur Anna Wintour. Dis my vermoede dat Wintour dit nie kon verdra dat sy geparodieer is met The Devil Wears Prada nie, gevolglik het sy gesorg dat die régte Vogue-storie vertel...

Kortaf: Sherlock Holmes nie geslaagd
André Crous - 2010-01-15
Regisseur: Guy Ritchie Kamerawerk: Philippe Rousselot Rolverdeling: Robert Downey jr, Jude Law, Rachel McAdams Looptyd: 120 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 8 Januarie 2010 Het Guy Ritchie werklik gedink hierdie sou ’n nuwe reeks films afskop? Robert Downey jr, as die vernuftige (en effens koekoe) speurder Sherlock Holmes, en Jude Law, wat die rol van Holmes se handlanger Watson vertolk, hou kop bo water met ’n hele paar toertjies, maar die film se mengelmoes van toorkuns en...

Avatar ’n asemrowende reis deur die onbekende
André Crous - 2010-01-13
Regisseur: James Cameron Kamerawerk: Mauro Fiore Rolverdeling: Sam Worthington, Zoe Saldaña, Sigourney Weaver, Stephen Lang Looptyd: 160 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 18 Desember 2009 In The Last Samurai, ’n 2003-film met Tom Cruise wat ek andersins verpes, was daar ’n treffende toneel waar die samoerai, daardie vegters wat kan tower met ’n swaard, te staan kom teen die Japannese weermag wat uitgerus is met moderne kanonne. Al is jy ook hóé goed,...

Terugflits (Desember 2009): Taal in sy talle vorme
André Crous - 2009-12-17
Elke maand gaan ’n ander tema, styl of regisseur gebruik word as basis vir die keuse van vyf soortgelyke films om te kyk (of om te vermy). Ter aansluiting by LitNet se huidige vertalingseminaar, handel die films van “Terugflits” se eerste aflewering om dieselfde tema. Taal in sy talle vorme (verbaal, geskrewe of met gebare) speel ’n rol in elk van die uiteenlopende films hieronder en die belang daarvan in kommunikasie, in die fiktiewe wêreld sowel as tussen film en...

Kortaf: 2012 ’n spektakel soos min
André Crous - 2009-12-17
Regisseur: Roland EmmerichKamerawerk: Dean SemlerRolverdeling: John Cusack, Chiwetel Ejiofor, Oliver Platt, Amanda Peet en Danny GloverDraaityd: 158 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 4 Desember 2009 Roland Emmerich, wat die poppespeler van Independence Day was, se nuutste einde-van-die-wêreld film is ’n spektakel soos min, maar nie heeltemal ontbloot van tonele wat die adrenalien laat pomp nie. Die dialoog is houterig, by tye lagwekkend, en ’n hele klomp visuele effekte...

André Crous se top tien flieks van 2009
André Crous - 2009-12-17
1. 4 Months, 3 Weeks, 2 Days 2. Inglourious Basterds 3. Revolutionary Road 4. Gran Torino 5. Milk 6. Up 7. Changeling 8. Persepolis 9. Frost/Nixon 10. Invictus 1. 4 Months, 3 Weeks, 2 Days ’n Aborsie word in die laaste dae van Ceauşescu se Roemenië in die geheim uitgevoer, en die vriendskap tussen twee jong meisies word op die proef gestel in hierdie uitmergelende, maar aangrypende film. Die tonele bestaan telkens uit net een skoot en duur dikwels etlike minute, nes...

Invictus sal Suid-Afrikaner én buitelander boei
André Crous - 2009-12-11
Regisseur: Clint Eastwood Kamerawerk: Tom Stern Rolverdeling: Morgan Freeman, Matt Damon, Marguerite Wheatley en Adjoa Andoh Speeltyd: 130 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 11 Desember 2009 Blykbaar vind buitelandse toneelspelers die aksent van Afrikaanssprekendes wat Engels praat een van die moeilikstes om te bemeester. Ek weet nie hoeveel waarheid daarin steek nie, maar ek weet dat ek dit nog nie met volslae sukses uitgebeeld gehoor het nie. Thomas Jane in Stander was nie heeltemal...

Amateurwerk werp vrugte af in The Class
André Crous - 2009-12-07
Oorspronklike titel: Entre les murs Regisseur: Laurent Cantet Kamerawerk: Pierre Milon Rolverdeling: François Bégaudeau, Rachel Regulier, Franck Keïta, Esmeralda Ouertani, Jean-Michel Simonet Looptyd: 124 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: Onbekend Nes City of God en die films van Ken Loach, bewys hierdie 2008-wenner van die Goue Palm (die Cannes-filmfees se hoogste eer) dat behoorlike werk met amateurs, wat in ’n mate hulself vertolk, kwaliteit vrugte kan afwerp....

Where the Wild Things Are nie kinderspeletjies
André Crous - 2009-12-02
Regisseur: Spike JonzeKamerawerk: Lance AcordRolverdeling: Max Records, Catherine Keener, James Gandolfini (stem), Lauren Ambrose (stem), Chris Cooper (stem) en Catherine O’Hara (stem)Looptyd: 92 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 11 Desember 2009 Where the Wild Things Are is Spike Jonze se derde vollengte-film as regisseur, maar sy eerste sonder ’n draaiboek deur Charlie Kaufman, wie se vrugbare verbeelding die wêreld op intelligente en avontuurlustige wyse verdraai het. Kan...


<< 1 2 3 4 >>