Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Onderhoude | Interviews

Onderhoude | Interviews


<< 1 2 3 4 13 >>

Maggie Marx gesels met Paul Loots oor sy hoofrol in Roepman
Maggie van Eeden - 2011-05-23
Is Roepman die eerste film waarin jy speel? Ja. Hoe het die rol van Timus oor jou pad gekom? Esther Bredenkamp ('n drama-onderwyseres van Pretoria) het my tydens 'n kunstefees beoordeel. Sy het van die oudisie vir Timus gehoor en my ma gevra of ek sou belangstel. Toe ons die teks lees, het dit ons aangegryp en na 'n lekker uitdaging gelyk. Ek het toe vir die oudisie gegaan. Skool of toneelspel? Hoe balanseer jy die twee? Ek kies toneelspel. Op hierdie stadium is dit nog maklik om die twee...

Die digkuns van stemdikmaak – Bibi Slippers gesels met Carla Potgieter oor Letter to South Africa
Bibi Slippers - 2011-05-20
Carla, baie dankie dat jy ingestem het tot ’n onderhoud. Sal jy asseblief, net ter agtergrond, vertel wat die aanloop tot die uitgee van die boek was, en julle hoof-oorweging by die seleksie van die gedigte wat in die boek opgeneem is? Tydens die 2010-Versindaba in Stellenbosch het Marlene van Niekerk ’n kollokwium, “Brief aan Suid-Afrika”, namens die Departement Afrikaans en Nederlands aangebied. Verskeie Afrikaanse digters is gevra om ’n antwoord, variasie of herdigting...

Independent publishers: How do they survive?
Janet van Eeden - 2011-05-20
For some years I’ve wondered how on earth publishers survive in this less than literary country. Perhaps the one or two bestsellers like Spud can make up for the years of publishing books which won’t necessarily do as well. Then I began to think about independent publishers. How on earth do they manage to make ends meet when they have no back-up or a large stable of books to carry them through the tough times? I decided to ask a few of this country’s most indomitable publishers...

LitNet Akademies-onderhoud: Hennie van Coller in gesprek met Carla-Marié Spies oor vertaalteorie en die vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis
Hennie van Coller - 2011-05-17
Hennie van Coller gesels met Carla-Marié Spies oor haar artikel “Funksionaliteit van die parateks in Lina Spies se vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis, in Afrikaans” in LitNet Akademies. Dink jy dat daar iets soos ’n “ideale” vertaalteorie bestaan? Dit is eintlik onmoontlik om ’n ideale vertaalteorie te bepaal, aangesien verskillende vertaalteorieë verskillende aspekte van vertaling uitlig. Van hulle postuleer...

Writer/director of the recently released feature film Paradise Stop, Jann Turner, in conversation with Janet van Eeden
Janet van Eeden - 2011-05-17
Jann, this is the second film you've co-written and directed with many of the same cast who were with you for White Wedding. How did you find this experience compared with the last one? What lessons did you learn in White Wedding which you put to use in Paradise Stop? Was it a better experience as a result of your previous film? Does film-making become easier each time? With the exception of Rapulana and Kenneth, Paradise Stop has a completely new cast and is quite different from White Wedding....

Roepman: Maggie Marx gesels met John-Henry Opperman
Maggie van Eeden - 2011-05-13
Beskryf die Roepman-ervaring. Hoe het alles begin? Ek het Roepman jare terug op toer gelees. Ek het agter op ’n bakkie gelê ná optredes in die Oos-Kaap. Dit het vreeslik gereën en ek het ’n gaar matras met ons drummer gedeel. Dit was ’n aaklige trip, maar ek was in die hemel weens die magiese boek. Ek het die hele boek gelees agter op die bakkie en toe ons by Grasmere rond aankom, was ek klaar daarmee. Ek was só meegevoer dat ek daar en dan my notaboek...

Independent Publishers: How do they survive?
Colleen Higgs - 2011-05-13
For some years I’ve wondered how on earth publishers survive in this less than literary country. Perhaps the one or two bestsellers like Spud can make up for the years of publishing books which won’t necessarily do as well. Then I began to think about independent publishers. How on earth do they manage to make ends meet when they have no back-up or a large stable of books to carry them through the tough times? I’ve put some questions to Colleen Higgs, the sole proprietor of Modjaji...

Rugby in our blood
2011-05-11
Click on the highlighted words below for a multitude of links to videos, rugby facts, profiles and more... RUGBY – LOVE OR ADDICTION? There’s little doubt that South Africans are mad for rugby. In this book some of the country’s most famous rugby fans, and a Springbok or two, put into plain words what the game means to them. In the...

Jasper van Zyl gesels met Bibi Slippers oor die voordele en ‘pitfalls’ van ’ ''jong'' debuut
Bibi Slippers - 2011-05-05
Untitled Document Haai Jasper. Ek het op my vingers getel en reken jy is nou so 24 of so. Is dit reg? Dit maak sekerlik van jou een van die jongste debutante in onlangse dae. Jy sê in ’n ou artikel op LitNet: “Poësie, my enigste ware vriendin, kan nie meer in die hande van die oues gelaat word nie. Dit is moord.” Wie sou jy sê is die jong geslag digters wat die fakkel by die oueres moet oorneem? Kan jy enige jong digters uitsonder? Wat is dit in hulle werk wat...

Piet de Jager gesels met Maggie Marx oor die vervaardiging van Roepman
Maggie van Eeden - 2011-05-05
Untitled Document Piet de Jager op die stel van Roepman Jy is ’n praktiserende senior advokaat. Hoe het jy betrokke geraak by filmvervaardiging, en hoe kombineer jy dié twee passies van jou? As laerskoolkind het ek en die Cronjé-seuns van Kimberley hulle pa, oom Jan, die projektor-operateur van die Kimberley-inry, oor naweke geassisteer. My droom om films te maak het daar posgevat en net nooit verdwyn nie. Ongelukkig het dit my 50 jaar geneem om dit te...

Paul Eilers gesels met Maggie Marx oor die Roepman-ervaring
Maggie van Eeden - 2011-05-05
Untitled Document Paul Eilers op die stel van Roepman As my navorsing korrek is, is Roepman die eerste film in ’n hele klompie jare waarby jy betrokke is en die eerste een in die swart regie-stoel. Vertel ons van die belewenis. Die maak van Roepman was ’n onvergeetlike ervaring. Die jong span wat bymekaargekom het, was net eenvoudig die beste tegnici met wie ek deur meer as 40 jaar gewerk het. Dit was vir my ’n droom wat waar geword het. Wat het jou laat...

Independent Publishers: How do they survive?
Janet van Eeden - 2011-05-05
Untitled Documen For some years I’ve wondered how on earth publishers survive in this less than literary country. Perhaps the one or two bestsellers like Spud can make up for the years of publishing books which won’t necessarily do as well. Then I began to think about independent publishers. How on earth do they manage to make ends meet when they have no back-up or a large stable of books to carry them through the tough times? I decided to ask two of this country’s most indomitable...

Reney Warrington gesels met span van Bloedsuiers – ’n g’n blink-in-die-son, spalk-skiet-en-donner vampier fliek!
Reney Warrington - 2011-04-13
Untitled Document Francois van Coke as die vampier. Kom nou, ’n Afrikaanse vampierfliek wat gedeeltelik in die Klein-Karoo afspeel, met onder andere Inge Beckman as die tawwe vampierjagter Lizelle (nogal), en Francois van Coke as Ettiene – ja, wag daarvoor, ’n vampier – kan verseker net gatskop. As julle ook so dink, haas julle na www.bloedsuiersmovie.com en help met die maak van die fliek. Ja, vir so min as R30,00 kan ons besluit watse films ons wil sien....

Photographer Roger Ballen on inspiration, the common cold and Die Antwoord
Reney Warrington - 2011-04-12
Untitled Document With the republication of Dorps I had the opportunity to sit down with Roger Ballen and ask him a few questions. Wall, labourer's cottage, Carnarvon, 1984 I have heard this urban legend about how you got started in the industry. You took your first body of work and persistently went from gallery to gallery, introducing yourself and your work? I was already 47 years old when I did Platteland. It became a well-known book in ’94, ’95, here and...

“My agenda is toeganklikheid sonder om diepte prys te gee” – Kerneels Breytenbach gesels met die nuwe nasionale boekeredakteur, Elmari Rautenbach
Kerneels Breytenbach - 2011-04-08
Media24 het die Afrikaanse boekewêreld onlangs in rep en roer gehad toe dit bekend word dat die drie boekeredakteurs van hulle oggendkoerante (Beeld, Die Burger, Volksblad) vervang gaan word met een nasionale boekeredakteur wat ’n gemeenskaplike boekeblad vir dié drie dagblaaie sal versorg. Uit skrywersgeledere was daar groot kritiek, omdat die kritiese reaksie op Afrikaanse publikasies hierdeur verminder word. Uit die geledere van Media24 is daar geantwoord dat die nuwe...

LitNet Akademies-onderhoud: Hubertus Bargenda in gesprek met Danie Strauss oor wysgerige perspektiewe op die uniekheid van getal
Hubertus Bargenda - 2011-04-05
Die Duitse wiskundige Hubertus Bargenda gesels met Danie Strauss oor sy artikel “Wysgerige perspektiewe op die uniekheid van getal”, wat onlangs in LitNet Akademies verskyn het en aan die nagedagtenis van Ben de la Rosa opgedra is. Waarom het die Griekse wiskunde die meetkunde sentraal gestel en gevolglik die getalleleer as deel van die geometrie behandel? Die oorspronklike strewe van die Pytagoreërs was om die oortuiging te verdedig dat “alles getal is”. Die ontdekking...

Jasper van Zyl in gesprek met Jan Lochner oor die nuwe Woordeboek vir die Gesondheidswetenskappe / Dictionary for the Health Sciences
Jan de Villiers Lochner - 2011-03-30
Woordeboek vir die gesondheidswetenskappe / Dictionary for the health sciences Uitgewer: PHAROS ISBN: 9781868901135 Uitgawe: 2e Bladsye: 790 Jasper van Zyl van TBAK (Tygerbergers vir die Behoud van Afrikaans in die Klaskamer) gesels met Jan de Villiers Lochner oor die nuwe Woordeboek vir die Gesondheidswetenskappe / Dictionary for the Health Sciences (Pharos, 2011), wat onder sy leiding bygewerk en uitgebrei is en onlangs bekendgestel is. Laat ek jou sommer uit die staanspoor gelukwens met die...

Ian Roberts, Actor, Writer and Director, in Conversation with Janet van Eeden
Janet van Eeden - 2011-03-30
Ian Roberts on set of "Everyman’s Taxi" Ian Roberts is well known to South African audiences as an actor. In the ‘80s and early ‘90s he starred in seminal series such as Arende and played iconic roles, such as that of Alan Paton in Cry the Beloved Country opposite James Earl Jones and Richard Harris. He was also the only white actor in the Oscar-winning Tsotsi. In fact, there was almost an unwritten rule that no international movie could be made without the presence of...

LitNet Akademies-onderhoud: Elsje Cronjé in gesprek met Jan Bodenstein en Awie Greeff oor pa’s se betrokkenheid by hulle seuns
Elsje Cronjé - 2011-03-29
Elsje Cronjé gesels met Jan Bodenstein en Awie Greeff oor hulle artikel “Persepsies van hoe pa’s by hul seuns betrokke behoort te wees” in LitNet Akademies. Julle navorsing vul beslis ’n leemte in die kennis oor ouerskap en spesifiek oor pa-skap. Aangesien daar nog baie leemtes bestaan in ons kennis oor hierdie onderwerp, wil ek graag weet of hierdie spesifieke stuk navorsing deel is van ’n groter navorsingsprojek oor ouerskap. Is jul besig...

Carina Diedericks-Hugo praat met Maggie Marx oor haar polisiespeurroman vir tieners
Maggie van Eeden - 2011-03-17
Carina Diedericks-Hugo is in Maart aangewys as een van die naaswenners in Lapa se Jeugromanwedstryd en het met R15 000 prysgeld weggestap. Maggie Marx vind uit wat dié toekenning vir haar beteken. Wat beteken die Lapa-prys vir jou? Dit is ’n enorme aansporing! Dink jy die uitgewersbedryf is in gevaar met Media24 wat nou slegs een nasionale boekeredakteur wil aanstel? Ek dink die hele literêre bedryf en sisteem is in gevaar. Daar is al baie uitstekende argumente teen die besluit...

Fanie Viljoen gesels met Maggie Marx
Maggie van Eeden - 2011-03-17
Fanie Viljoen is ’n gewilde skrywer van kinder- en jeugromans en is onlangs as naaswenner in Lapa se Jeugroman-kompetsie 2010 aangewys. Hier vertel hy wat hy met sy R15 000 prysgeld gaan maak en spreek sy kommer uit oor die boekeredakteur-kwessie. Wat beteken die Lapa-prys vir jou? Dit voel goed om erkenning te ontvang vir my skryfwerk. Om te skryf is maar ’n eensame werk. Die prys herinner my net weer daaraan dat daar iets groter kan kom uit die alleen-ure. Dink jy die uitgewersbedryf...

Nanette van Rooyen gesels met Maggie Marx oor haar nuutste pennevrug
Maggie van Eeden - 2011-03-17
Nanette van Rooyen het onlangs met die eerste prys vir Lapa se Jeugroman-kompetisie weggestap vir haar jeugroman, Ek was hier. Sy gesels oor die prys en haar wen-jeugroman. Wat beteken die Lapa-prys vir jou? Ek bedoel dit nie as ’n cliché wanneer ek sê dat dit ’n enorme eer is nie. Ook geheel en al ’n onverwagte beloning. Maar bowenal is hierdie toekenning ’n bevestiging dat ’n mens jouself moet toelaat om soms op ongemaklike plekke in te beweeg. Die...

Debuutskrywer Marinda van Zyl gesels met Maggie Marx
Maggie van Eeden - 2011-03-16
Debuutskrywer Marinda van Zyl is die naaswenner in Lapa se onlangse Romankompetsie. Sy het prysgeld van R50 000 ontvang en haar roman sal deur Lapa uitgegee word. Wat beteken die Lapa-prys vir jou? Ek was verheug om as naaswenner van die Lapa-prys aangewys te word, want dit verseker dat my manuskrip gepubliseer sal word en gee ook blootstelling aan die roman wat dit andersins nie sou kry nie. Vir ’n debuutskrywer is dit ’n reuse-bonus. Dink jy die uitgewersbedryf is in gevaar met...

Fransi Phillips gesels oor haar Lapa romankompetisieprys en die gevolglike goeie nagrus
Maggie van Eeden - 2011-03-16
Fransi Phillips het op 4 Maart 2011 weggestap met die eerste plek in Lapa se Romankompetisie met haar nuutste roman, Net ’n lewe. Sy het R100 000 as prysgeld ontvang en die roman gaan deur Lapa Uitgewers uitgegee word. Wat beteken die Lapa-prys vir jou? Ek is tussen jobs, so ek kan doen met ’n paar rand. En ek voel nou minder soos ’n fok-op. Dink jy die uitgewersbedryf is in gevaar met Media24 wat nou slegs een nasionale boekeredakteur wil aanstel? Nee, ek dink nie die uitgewersbedryf...

LitNet Akademies: Ernst Wolff in gesprek met Johann Rossouw oor Zen-Boeddhisme en tegniekfilosofie
Ernst Wolff - 2011-03-16
Ernst Wolff gesels met Johann Rossouw oor sy artikel “‘’n Mens se plig lê altyd in die hede’: ’n Zen-Boeddhistiese aanvulling tot Bernard Stiegler se rolprentmatige fenomenologie van die tyd en die bewussyn”. Jou artikel is die jongste bydrae tot twee temas waarvoor jy in Suid-Afrika bekend is, naamlik tegniekfilosofie en Zen-Boeddhisme. Ter wille daarvan om ons begrip van jou werk nog ’n stappie verder te vat, wil ek graag vier vrae aan jou stel....

Woordfees-onderhoud: Bibi Slippers gesels met Martina Klopper oor die toonkleur van haar digterstem
Bibi Slippers - 2011-03-03
Martina, as mens jou google, is die eerste blad waarop mens afkom, jou gedig “besoek”. As motto haal jy ’n reël van Neruda aan: “Poetry arrived in search of me.” Hoe en waar het die digkuns jou gevind? In Pretoria van alle plekke! Ek het daar studeer en begin skryf ná ’n liefdesteleurstelling. Hierdie gedigte is uiters power – ek hoop nie enigiemand kry dit ooit onder o‘ nie. Die digkuns moet jou tog op een of ander manier vind. Ek het...

Woordfees-onderhoud: Cari Coetzee gesels met Johan de Villiers, dirigent van die Stellenbosch Libertaskoor
Cari Coetzee - 2011-03-01
Foto deur Cyril Prinsloo Waar ook al die Stellenbosch Libertaskoor optree, word julle bewonder vir julle besondere harmonieuse veelrassigheid, en die absolute vreugde waarmee julle optree. Waaraan kan jy hierdie besondere verhouding toeskryf?Musiek transendeer verskille tussen mense; deur dit as groep saam te beoefen, bereik die koorlede ’n onvergelykbare kameraderie en ’n voortspruitende vreugde wat uniek en spesiaal is.Sedert die koor se eerste optrede in 1989 in Stellenbosch...

Woordfees-onderhoud: Annemarie de Villiers gesels met Johannes Bertus de Villiers oor sy boek Agter die somber gordyn. ’n Onthullende studie oor die vergete geskiedenis van die Afrikaanse spiritisme
Annemarie de Villiers - 2011-03-01
Wie beskou jy as die teikenlesers van Agter die somber gordyn? Dink jy daar is wêreldwyd ’n hernude belangstelling in die geestelike in al sy fasette? (Hierdie stelling is deur Piers Morgan gemaak in sy onlangse onderhoud met Anthony Hopkins oor sy jongste fliek, The Rite.) Oor teikenlesers: ek dink daar is baie mense wat nogal – soos ek – in hulself ’n openheid beleef vir iets wat as “esoteriese spiritualiteit” beskryf kan word, mense wat glo dat die...

Woordfees-onderhoud: Lucille Kirsten gesels oor die Slenterfees
Bibi Slippers - 2011-02-24
Hoe het julle by die Woordfees betrokke geraak, en wat was die motivering om die Slenterfees aan te bied? Ek het met ’n trommel vol kreatiewe, ietwat deurmekaar gedagtes vir De Plate Kompanje genader en Alette en Bertie het voorgestel dat ons die Woordfees as platform vir die Slenterfees gebruik. Hul entoesiasme vir die projek was ’n groot aansporing en hulle het die kunstenaars vir my gevind en elkeen met ’n Slenterfees-plakker gemerk. Ek is ’n slentermens en raak...

Woordfees-onderhoud: Alida Bothma gesels met Bibi Slippers oor die vreugde van versbundel-illustrasies
Bibi Slippers - 2011-02-24
Alida, jy is baie ervare met die tekengoed, en het al meer as 150 boeke geïllustreer. Waar kom hierdie passie vir illustrasie vandaan? Vandat ek kan onthou was ek altyd aan die teken. Ek het van kleins af geweet ek sal iets met kuns te doen hê. Nadat ek kuns in Kaapstad studeer het, was ek eers in die advertensiewese betrokke, en het kinderboeke heel “toevallig” oor my pad gekom. Jurgen Fomm, wat destyds by Tafelberg Uitgewers gewerk het, het van my werk iewers te sien gekry...

Woordfees-onderhoud: Bibi Slippers gesels met digter Pieter Strauss oor sy aandeel in Rymreise
Bibi Slippers - 2011-02-24
Pieter, jy is onderwyser, kortverhaalskrywer en self ook digter. Wat was vir jou as digter die grootste uitdaging met die samestelling van Rymreise? In die algemeen was dit vir my belangrik dat verse opgeneem moes word wat tot die moderne kind se psige sal spreek. ʼn Gesonde balans moes dus deurgaans gehandhaaf word tussen die teenwoordigheid van enkele ouer, meer gekanoniseerde tekste (waarvan leerders beslis ook kennis behoort te neem) en nuwe, kraakvars, sprankelende stemme – sommige...

Onderhoud: Annemarie de Villiers gesels met sangeres Nianell
Annemarie de Villiers - 2011-02-23
Op jou webtuiste word daar na jou verwys as “proudly South African”. Jy is egter in Namibië gebore. Hoe, indien wel, verskil jou verhouding met die twee lande? Watter een sou jy jou hartsland noem? Jy weet, die persoon wat my bio geskryf het, het die frase “Proudly South African” gebruik. Ek is trots op Suid-Afrika én op Namibië. Al twee lande is in my hart en ek sien hulle nog al die jare as een plek, sonder grense. Toe ek grootgeword het, was Suidwes nog...

Woordfees-onderhoud: Adinda Vermaak gesels met Bibi Slippers oor Rymreise
Bibi Slippers - 2011-02-22
Jy is passievol oor lees en sien dit as jou roeping om leeslus by leerders aan te wakker en leerders met leesprobleme te help. Watter rol speel die lees van poësie in beide hierdie opsigte? In die eerste plek is ’n gedig ’n lekker kort teks om te lees. ’n Hele storie in ’n klompie woorde. Dit rym gewoonlik en het gewoonlik ’n vaste ritme, wat dit ook makliker maak om te onthou. Die meeste kindergedigte (die goeies, in elk geval) speel ook met woorde en selfs worstelende...

Woordfees-onderhoud: Cari Coetzee gesels met digter Andries Samuel
Cari Coetzee - 2011-02-17
Tydens die Woordfees tree jy in gesprek met Joan Hambidge oor jou debuut-digbundel wanpraktyk wat in 2011 verskyn. Sien jy uit daarna om oor jou skryfwerk en skryfprosesse te praat, of is die kreatiewe impuls eerder vir jou iets wat “agter toe deure” gebeur en privaat behoort te bly? kreatiwiteit is een van die mees fassinerende prosesse in die lewe - veral dit wat die kreatiewe proses dryf by verskillende mense. ek het nie ’n probleem om daaroor te praat nie, maar ek sien nie...

Ingrid Wolfaardt gesels met Louis Jansen van Vuuren oor Tempermes en visuele kuns
Ingrid Wolfaardt - 2011-02-16
Louis Jansen van Vuuren, kunstenaar met verf en woord, sit onner Lanzerac se koel bome, en sweet. Hy, met ’n fyn kwas van ’n sigaar innie hand (een wat hy nooit aansteek nie weens die gesels) en ek met sy boek van gedigte, Tempermes, hier voor my, met ’n buiteblad van die mooiste blou, die kleur van gees en vlees, die blou van hemel en aarde en alles tussenin. Blou, die naam van sy enigste kind. “Droom jy in Frans?” trek ek sommer weg. “Ja, Afrikaans en Frans,...

Woordfees-onderhoud: Melt Sieberhagen is ’n Danie Marais-dissipel (...en Oopmond-skeidregter Hoerneef )
Bibi Slippers - 2011-02-16
Skeidsregter Hoerneef bewaar die vrede tydens die Oopmond-bekgeveg. Melt, jy is eintlik ’n komediant wat deur ’n “comedy of errors” by Oopmond betrokke geraak het. So – is jy intussen bekeer tot die digkuns? Ek is al lank ’n aanhanger van die digkuns – het dit selfs gepleeg as student en so nou en dan as die liefdeslewe weer sy streke begin uithaal, maar te danke aan die betrokkenheid by Oopmond is ek opnuut begeesterd oor die Afrikaanse poësie...

Woordfees-onderhoud: Energie is in die gene – Joan Hambidge in gesprek met Bibi Slippers
Bibi Slippers - 2011-02-16
Haai Joan. Dankie dat jy ingestem het tot ’n onderhoud. Ek staan telkens verbaas oor hoe verskriklik baie jy gedoen kry – jy publiseer, doseer, resenseer, en ek hoor by heelwat van die studente wat onder jou studeer dat een van die belangrikste dinge wat hulle by jou geleer het, die dissipline is om die digwerk gedoen te kry. Waar kom hierdie geweldige werkdrif van jou vandaan, waar kry jy die energie om dit vol te hou, en tussen alles, wanneer slaap jy? Dissipline is die wagwoord. Ek...

Woordfees-onderhoud: Om ’n wilde perd te vang – Tom Gouws in gesprek met Bibi Slippers
Bibi Slippers - 2011-02-16
Foto: Annie Klopper Dag Tom! Ek waardeer dit so baie dat jy die tyd neem om met my te gesels. En ek wil sommer onmiddellik met die tema van tyd in die huis val. Ek sien in Ligloop is daar gedigte opgeneem wat so lank gelede as 1996 geskryf is, terwyl Syspoor in 2002 verskyn het. Hoe lank het dit geneem om Ligloop die lig te laat sien, en kan jy ons ’n bietjie meer vertel oor die proses van bundel-maak – werk jy aan meer as een projek gelyk, of bundel jy bloot gedigte rondom ’n...

Woordfees-onderhoud: Annemarie de Villiers gesels met Dowwe Dolla en haar skepper, Margit Meyer-Rdenbeck
Annemarie de Villiers - 2011-02-15
Foto: Jacques Ensink Dowwe Dolla is al meer as ’n dekade met ons en het eie geword aan Suid-Afrikaanse komedie. Het jy aanvanklik gedink sy sou ’n meer tydgebonde karakter wees? Wat is Dolla se geheim om steeds groot gehore te lok? Ek het Dowwe Dolla in 1995 geskep as kamee-karakter in ’n kabaret en toe het sy so “demanding” geraak dat sy in 1998 haar eie eerste vollengte show gekry het – Dowwe Dolla: Staatslet. Ek het gedink dit gaan ’n show wees...

Woordfees-onderhoud: ’n 5-jaar-plan vir goeie poësie – Danie Marais en Loftus Marais gesels met Bibi Slippers
Bibi Slippers - 2011-02-10
Hallo, menere Marais. Dankie dat julle tyd maak om met my te gesels. Sedert julle gesamentlike debuut in Nuwe Stemme 3 het daar tussen julle heelwat water, drie digbundels en ’n string letterkundige pryse in die see geloop. Ek lees nou die dag iets wat Johann de Lange eenmaal gesê het: “Kyk, digters, net soos vroue, kan nooit werklik vriende wees nie. Hulle is afgunstig op mekaar ... Die afwesigheid van afguns is die Kainsmerk van ’n mindere digter.” Is julle vriende...

Woordfees-onderhoud: Cari Coetzee gesels met Albert Blake oor sy boek Boereverraaier
Cari Coetzee - 2011-02-10
Jy het meer as een meestersgraad in geskiedenis en is ook ’n regsgeleerde van beroep. Stel jy al lank in die Anglo-Boereoorlog belang, of waarom het jy besluit om juis oor hierdie tema te skryf? Die rede vir my besluit gaan dieper as ’n blote intense belangstelling in die geskiedenis. Ek behoort waarskynlik ook tot daardie garde Afrikanermans wat aan ’n soort Boetman-sindroom ly (was op die Grens; is deur die dramatiese gebeure van die afgelope paar dekades ontnugter en verwar,...

Woordfees-onderhoud: Cari Coetzee gesels met Leon Albert oor sy vertoning Goue Eeue
Cari Coetzee - 2011-02-10
Verlede jaar verskyn Goue Eeue, jou album met kontemporêre toonsettings van Uys Krige se gedigte. Jy beskryf jou album as ’n huldeblyk aan Krige. Is dit grotendeels sy gedigte wat jou aangegryp het, of bewonder jy hom ook as mens? Dit was asof die album altyd bestem was om te gebeur, want die naam Uys Krige het oor my pad gekom presies ’n eeu na sy geboorte. Toeval het dus ’n rol gespeel, maar dit was sy gedigte wat met my gepraat het. So by so, dat die ek 32 toonsettings...

Woordfees-onderhoud: “Mens moet nooit die spontane minag nie” – René Bohnen oor Oopmond
Bibi Slippers - 2011-02-09
René Bohnen gaan vanjaar die Oopmond-bekgeveg by die Woordfees misloop, maar het ons meer vertel oor haar goeie herinneringe van vorige Oopmond-sessies. Haai René. Hoe lank is jy al betrokke by die Oopmond-bekgevegte en hoe het jy betrokke geraak? Haai Bibi, ek dink ek is min of meer van die begin af betrokke ... waarskynlik as gevolg van die vele Bekgevegte wat ek saam met Leon de Kock, Henning Pieterse, Johannes van Jerusalem en ander gedoen het sedert 2000. Dit was opwindend om...

Woordfees-onderhoud: “... hulle 'party' soms rowwer as rockers” – Nardus du Plooy skinder so bietjie oor die Oopmond-digters
Bibi Slippers - 2011-02-09
Nardus, vertel nou vir ons die kaalkop-waarheid: Hou jy van gedigte, en het jy nog altyd so daaroor gevoel? Ek hou en ek het ja! Digkuns is ongelukkig iets wat meestal nie baie effektief op skool aangebied word nie en dis tien teen een waar die meeste mense belangstelling verloor. Die great ding van Oopmond is dat die gehoor by die produksie betrek word. Die feit dat die gedigte dan in liedjies omgesit word, maak die impak van die gedig soveel groter vir die gewone ongekunstelde ou. Walt Whitman...

Woordfees-onderhoud: Ronel Nel/Ingrid Dronker gesels oor Oopmond
Bibi Slippers - 2011-02-09
Haai Ronel. Joe Moer beweer jy is die “hoofmeisie” van Hoërskool Oopmond. Vertel asseblief vir die oningeligtes wat Oopmond is en hoe die bekgeveg werk. Oopmond is ’n woord-en-musiek happening soos min. Die bestanddele vir dié ongewone stuk teater is eenvoudig: ses digters, vier musikante, ’n crazy seremoniekaptein en ’n pragtige skeidsregter. En, natuurlik, ’n pretbeluste, geïnspireerde gehoor. Drie digters en twee musikante ding as groep mee...

Woordfees-onderhoud: Melt Myburgh gesels oor die digterlike sy van die Woordfees
Bibi Slippers - 2011-02-09
Melt, buiten ’n “woordkunsprojekbestuurder” is jy, ná die verskyning van oewerbestaan verlede jaar, ook nou offisieel “digter”. As woordkunsprojekbestuurder, wat was die grootste uitdaging met die saamstel van die program, en na watter item op die program sien Melt-die-digter die meeste uit? Ek is spesifiek verantwoordelik vir die skrywersprogram van die US Woordfees. Mens wil so ver as moontlik ’n gebalanseerde, inklusiewe program saamstel waarin die jongste...

Woordfees-onderhoud: Niks op aarde is so slim én so dom soos mense nie – Cari Coetzee gesels met Karin Brynard
Cari Coetzee - 2011-02-03
Tydens die vele onderhoude en praatjies oor jou speurverhaal Plaasmoord kom jy gemaklik en selfversekerd oor. Geniet jy dit om vir ’n verandering aan die ander kant van die joernalistiek-lens te wees? Dis ’n bitter interessante ervaring. Ek besef nou eers hoe verdomp slinks die politici was toe ek nog ’n verslaggewer was. Want hulle kon lieg dat die klippe bars – sonder om ’n oog te knip. Vir die res is dit lekker om te sien hoe doen ander joernaliste dit. En ek raak...

LitNet Akademies: Louise Viljoen in gesprek met Hein Viljoen oor Leipoldt se Oom Gert
Hein Viljoen - 2011-02-02
Louise Viljoen gesels met Hein Viljoen oor sy artikel “Op soek na Leipoldt se Oom Gert – ’n studie in historiese resonansies”. Eerstens, baie geluk met ’n uiters boeiende artikel wat deur middel van toegewyde navorsing nuwe perspektiewe open op Leipoldt se beroemde gedig “Oom Gert vertel”. Jy het al meermale artikels gepubliseer oor die werk van Leipoldt. Vanwaar jou belangstelling in hom? Wat is dit wat jou die meeste prikkel in sy persoonlikheid...

Woordfees-onderhoud: Annemarie de Villiers gesels met Janie du Plessis oor haar onlangse biografie, ’n Keuse vir die lewe
Annemarie de Villiers; Janie du Plessis - 2011-02-01
Hoe sou jy die werksdinamika tussen jou en Martie Retief-Meiring beskryf? Martie het ’n paar boste hare uit haar kop moes ruk, want daar was ’n periode wat ek baie besig was by die werk en ek het gesukkel om werklik stil tyd te kry en die indringende vrae wat sy gevra het, te beantwoord. Van die vrae wat sy gevra het , was op skrif. Maar ons het meestal in die tuin van die Mount Nelson Hotel in Kaapstad ontmoet en daar gesels – weekliks – oor ’n tydperk van ’n...

Woordfees-onderhoud: Nicole Jaekel Strauss kou aan ’n paar vrae van Cari Coetzee
Cari Coetzee - 2011-01-27
Abraham H de Vries beskryf jou debuut-kortverhaalbundel Maal as “’n besonder belangrike debuutbundel, een van die bestes van die afgelope dekade”. Die meeste debuutskrywers voel oorstelp wanneer hulle werk gepubliseer word. Hoe voel dit om boonop súlke lof van ’n meester in hierdie oeuvre te ontvang? Natuurlik het die positiewe kommentaar my asem weggeslaan, maar dit was ook senutergend. Ek was bang Braam se lof lok kritici uit om met ’n selfs skerper oog as...


<< 1 2 3 4 13 >>