Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Rubrieke | Columns > Afrikaans > Jason Lloyd: Hotnotsgot

Jason Lloyd: Hotnotsgot


<< 1 2 >>

Die simboliek van hoop
Jason Lloyd - 2009-02-25
Daai klassieke foto op Die Burger se voorblad van waaiende hande wat skyn van hoop simboliseer, het my amper in trane gehad. Dit was 20 Januarie. Barack Obama en sy vrou, Michelle, staan op ’n gebou se trappe in Washington, in afwagting dat Obama die volgende dag ingehuldig moet word as Amerika se eerste swart (bruin?) president; Amerikaanse vlae wapper in die agtergrond en Obama en Michelle in jasse geklee om die snerpende koue in Washington af te weer. Toe hoor ek ’n kollega:...

'n Lewe uitgestamp
Jason Lloyd - 2009-01-22
Toe ek in Desember by die huis was op Uitenhage, het ek gehoor sy is nie meer met ons nie: sy is dood gery iewers in Korsten in die Baai nadat sy uit ʼn taxi geklim het. Dit was op ʼn mistige dag en daar het ʼn ligte windjie vanaf die see se kant gewaai. En dit was omtrent dieselfde tyd in 2007. Sy was haastig om by haar "inslaap"-werk te kom. Die verkeerslig het groen vir voetgangers gewys; dit het egter nie haar lewe gered nie. ʼn Taxi het haar uit die straat tot op die...

Kô, lat ons sing tot eer van die plaaswerkers
Jason Lloyd - 2009-01-07
Miskien is dit hoog tyd dat Suid-Afrika ’n loflied vir alle plaaswerkers moet sing: vir hul onbaatsugtige diens aan die land en sy mense. Omdat hulle selde kla en nooit maklik opgee nie – slegte werksomstandighede (in die meeste gevalle) ten spyt. Ware landbouers is hulle beslis. “So, kô lat ons sing,” het die digter Adam Small lank gelede in ’n ander konteks gedig. Maar eers: verlede maand terwyl ek van Graaff-Reinet – op pad vanaf ’n openbare...

Suid-Afrika se Obama-oomblik
Jason Lloyd - 2008-12-18
Die oorwinning van senator Barack Obama in die Amerikaanse presidentsverkiesing vroeër vandeesmaand het denkende en gewone Suid-Afrikaners aan die dink en praat gekry. So het dié bepalende oomblik in Amerika se bestaan die uwe ook aan die dink gekry. Wat het Obama en Lewis Hamilton gemeen? Hulle is albei swart en vooruitstrewend. Obama is die magtigste nasie se eerste swart president; dit terwyl 40 persent van die land se bevolking uit minderhede bestaan. Wat ’n prestasie...

Kan enige persoon bruines nog ernstig opneem?
Jason Lloyd - 2008-10-28
Die uwe sou in ’n hê-hê-hê-hê-hê Jacob Zuma-lag verval toe ’n vriendin van ’n Karoo-dorp my nou die dag oor die telefoon die grap van die jaar meedeel. En al het sy gekla dat ek in haar ore geraas het, kon ek dit nie verhelp nie. Ek moes my self tot bedaring dwing. En glo my, dit was moeilik. Kyk, my lag was geregverdig, wil ek in nederigheid verklaar. Die storie wat sy my vertel het, het my gedagtes teruggeneem. Professor Jakes Gerwel het op...

Die diktatorskap van apatie
Jason Lloyd - 2008-10-16
Glo my as julle wil - ek het onlangs vir my ‘n Bybel gekoop. Miskien sal sekere mense sê dit is nou te laat. Dat ek reeds van kleintyd af met die Woord vertroud moes gewees het. En dat ek nie in God geglo het nie; dat ek ‘n Duiwel is wat my nou eers wil bekeer. Maar ek was nog nooit ‘n hoogheilige nie; in die bestaan van God het ek egter altyd geglo. En aan die Woord is ek van kleintyd blootgestel; net nooit het ek my eie Bybel besit nie. Dit is nou behalwe vir die rooi Gideons-Bybeltjie...

Bruines bly eenvoudig hul grootste vyand
Jason Lloyd - 2008-07-10
In die verlede, die onlangse verlede en die hede (en miskien gebeur dit ook nog in die toekoms) word daar gereeld gewag gemaak dat bruin mense hul eie (grootste) vyand is. Dat hulle marginaliteit ‘n direkte oorsaak is van hulle onderlinge verdeeldheid. Dat hulle opportunisties is en mekaar gereeld in die rug steek. Reeds daarom word hulle nie gesien as outonoom-funksionerende mense nie; dat veral (sommige) bruin intelligentsia “leen-deelnemers” is aan die (goeie) vrugte van...

Die proporsionele kiesstelsel bly die beste medisyne
Jason Lloyd - 2008-02-28
In Rapport van 17 Februarie 2008 skryf dr Frederik van Zyl Slabbbert dat ’n “diepgaande herbesinning” oor ons kiesstelsel nodig is, want volgens hom is parlementslede geensins aan kiesers direk verantwoordelik nie, maar wel aan partybase. Ek deel die doktor se bekommernis want, soos hy skryf, die “gemiddelde kieser weet nie wie sy of haar parlementslid is nie”. Dit behoort nie so te wees nie, en alhoewel politieke partye ná verkiesings LP’s aan kiesafdelings...

Tussen die ''beste'' en die ''slegste''
Jason Lloyd - 2008-01-22
Generaal Jan Smuts het reeds lank gelede gesê in Suid-Afrika gebeur die beste en die slegste nooit nie. Ek neem aan hy het bedoel ons beweeg altyd in die middel: tussen die “beste” en die “slegste” – die “goed” sal nooit die “beste” word nie; en die “sleg” sal nooit die “slegste” word nie. Die klompie jare wat verby geflits het sedert die generaal dié woorde geuiter het, getuig van die waarheid wat daarin steek....

Kroeshare vs gladde hare
Jason Lloyd - 2007-10-15
Al was dit nie sy bedoeling nie, het die boek Afrikaners: Kroes, Kras, Kordaat van die skrywer en oudkoerantredakteur dr Willem de Klerk tog vir die radiojoernalis Chris Louw ’n paar jaar gelede die bliksem in gemaak. Louw was so kwaad vir FW de Klerk se broer dat hy ’n opspraakwekkende ope brief aan De Klerk se broer geskryf het, wat later tot die Boetman-debat gelei het. En al het die twee mekaar lelik in die hare gevlieg, het die woord kroes in die titel van De Klerk se boek...

Die toets vir die DA
Jason Lloyd - 2007-05-03
Groot gewag word daarvan gemaak om te sien wie die DA tans uit die “politieke wildernis” gaan lei om sodoende te probeer verseker dat – soos die DA-strateeg, mnr Ryan Coetzee, dit in ’n interne party-dokument stel – “kiesers hulle werklik met die DA moet kan vereenselwig”. Coetzee doen verder aan die hand dat die DA “net so diep moet omgee oor daardie ‘leweringkwessies’ wat swart Suid-Afrikaners raak soos oor daardie kwessies wat wittes...

Eerlike gespreksvoering oor die rassisme-pandemie
Jason Lloyd - 2007-04-12
Die protesoptog in Oudtshoorn teen rassisme, op die vooraand van die pas afgelope Absa KKNK, het weer eens bewys dat impetus verleen moet word aan die ontluikende openbare diskoers oor rassisme (en bygesê: verskeie rassevoorvalle) in Suid-Afrika.Bogenoemde het gevolg op ʼn voorval van beweerde rassegeweld by ʼn voormalige Model C-skool waartydens ʼn bruin leerder in die teenwoordigheid van ʼn (wit) onderwyser deur ʼn wit leerder aangerand is. Die leerkrag het glo niks gedoen...

Die diktatorskap van ellende
Jason Lloyd - 2007-03-08
Miskien is dit nodig om eers herinner te word aan iets wat baie ver in jou verlede afgespeel het om te besef in watter ellende jy jou bevind. En as die digter Loit Sôls nie sy tweede digbundel met die titel Die faraway klanke vanne hadeda onlangs bekend gestel het nie, sou die uwe dit miskien nooit besef het nie. Nou die aand spoor ek vir Sôls op sy selfoon op terwyl hy iewers in Piketberg aan die dwaal was. Ten spyte van ʼn dowwe selfoonlyn kon ek darem ʼn paar vrae in kry ter...

Verdeel Die Burger in twee uitgawes
Jason Lloyd - 2007-02-20
Miskien is dit tyd dat Die Burger verdeel word in twee uitgawes: een vir sy Afrikaner (wit) lesers en die ander vir sy bruin lesers. Die oggenduitgawe kan die wit uitgawe wees, omdat dit eerste sal verskyn en voldoen aan dié koerant se oënskynlike begunstiging van sy wit lesers. En soos altyd sal die bruines, soos in die dae van Ekstra-Beeld, Ekstra-Burger en Ekstra-Rapport, laaste in die ry moet staan – die laat uitgawe sal dan vir die “slegte” kleurlinge gereserveer...

Moenie bruin Afrikaanses vir fools vat nie
Jason Lloyd - 2007-01-03
Nou, hier aan die einde van verlede jaar, sou die Kaapse Dokter ook sy draai by Matieland maak - en ’n wind met ’n vars reuk is daar agter gelaat. Liedere van werklike verandering sou dan vir die heel eerste keer oor die kampus van die Universiteit van Stellenbosch weergalm. En al sou voormalige rektore, en veral die laaste apartheidsrektor glad nie daarvan hou nie, sou niks hierdie gebeurtenis keer nie - want nou het dié historiese Afrikaner-instelling vir die heel eerste keer...

Geweld is nie ’n opsie nie
Jason Lloyd - 2006-07-07
Die fliek Underworld Evolution van die regisseur Len Wiseman is as ’t ware ’n beeld wat jou op ’n gewelddadige en bloeddorstige toer neem. Dit neem jou van toeka se dae, deur ’n hoëtegnologie-era tot by die hede – wat deurspek is met bloed en genadelose gevegte, waar dood aan die orde van die dag is. Dit laat jou gril en somtyds verbeel jy jou jy bevind jou binne so ’n werklikheid. Dit is reeds daarom dat ek nie dié fliek vir die sensitiewe fliekganger...


<< 1 2 >>