Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Rubrieke | Columns > Afrikaans

Afrikaans


<< 1 2 3 4 5 >>

Oor vakansie, tasse en bruide
Fanus Rautenbach - 2007-02-06
Was bietjie met vakansie. Toe my kinders klein was (kleiner was!), sê Mamma: “Ons gaan volgende week met vakansie!” Maak hulle beswaar: “Pa het gesê ons gaan met DIE BLOUTREIN!” ‘n Paar oorvertelbare dinge het in die vakansie gebeur … “Eet koedoes tjops?” Ons is in Marlothpark, net langs die Krugerwildtuin. Die vraesteller is ‘n sewejarige knaap wat by die heining staan en een van drie koedoebulle gisteraand se oorskiet-tjops voer....

Daar’s pêre ... groooot pêre
Fanus Rautenbach - 2007-01-22
ODE AAN DIE GROOT PERDE! Einde van passeerde jaar is daar ‘n Trekperdfees by Nelson’s Creek in die Pêre(l) gehou. Daar is die mooiste perde van ons land vertoon, van die vurige Friesperd tot by ons eie trotse Boerperd waarmee ons die Ingelse kafgedraf het en altyd ‘n kortkop voor was. Ter viering van hierdie geleentheid van die Perd en Wyn is spesiale wyn gebottel en ek was gelukkig genoeg om ‘n kis daarvan persent te kry. Ek drink nie eintlik wyn nie, maar wil...

Die verlokking van verlies
Deborah Steinmair - 2007-01-19
Pippi Langkous het gesê sy is ‘n dingsoeker. Ek is ‘n verloorder van dinge. Blink, kosbare goed wat ek hier en daar op my voetspoor strooi om te sê ek was hier, om die reis te karteer soos Hansie en Grietjie se broodkrummels deur die woud. Nadat ‘n mens goeters verloor het, kry hulle gewig en word hulle goedere. Verlore goedere. Ék dink daar‘s ‘n saal in my kop daarvoor maar ek het die sleutel verloor. Ek wonder soms laat in die nag oor die...

Moenie bruin Afrikaanses vir fools vat nie
Jason Lloyd - 2007-01-03
Nou, hier aan die einde van verlede jaar, sou die Kaapse Dokter ook sy draai by Matieland maak - en ’n wind met ’n vars reuk is daar agter gelaat. Liedere van werklike verandering sou dan vir die heel eerste keer oor die kampus van die Universiteit van Stellenbosch weergalm. En al sou voormalige rektore, en veral die laaste apartheidsrektor glad nie daarvan hou nie, sou niks hierdie gebeurtenis keer nie - want nou het dié historiese Afrikaner-instelling vir die heel eerste keer...

Radio net een eeu oud!
Fanus Rautenbach - 2006-12-12
My goeie vriend Hoefie Haupt verjaar op 19 September. ’n Ander goeie vriend, Martin Bothma, verjaar op 22 September. En ’n ander goeie vriend, Henk Bierman, verjaar op 26 September. My beste vriend – ek, Fanus – verjaar op 23 September. Elke jaar op een van ons verjaarsdae vier ons Kersfeesbabas ons geboortedae. Kersfeesbabas? Na die liefdesdaad neem dit mos nege maande vir die baba om gebore te word. My pa het altyd gesê ek is daar want hy het niks anders as liefde...

Ek soos in ... love jou!
Deborah Steinmair - 2006-12-12
Dis weer skoolvakansie. My dogtertjie, die een wat nie by my woon nie, het kom kuier. Op haar ouderdom, elf, verander kinders van maand tot maand. Sy is nou lank en dun met ‘n nors roosknopmond vol treinspoordraadjies en lip gloss. Sy hou van die Black Eyed Peas en sing lirieke soos: “My humps, my humps, my lovely lady lumps.” Sy dra meer grimering as ek en ek besef net weer dat vars, jong gesiggies met fluweelsagte blomblaarvel met grimering beplak baie beter lyk as middeljarige...

Pret is om ons
Fanus Rautenbach - 2006-11-28
Vandag is ek vir my halfjaarlikse gesondheidsondersoek na ‘n baie bekende hospitaal toe. Ek is na tien minute se ondersoek teen ‘n koste van R278,54 liggaamsgesond en by my volle positiewe verklaar. Ek het huppel-huppel uitgestap, en toe die vriendelike dametjie my oplaai om my terug te neem na my OUEHOF toe (is ouehof nie ‘n baie mooier en jonger woord as ouetehuis nie?), lag sy met wit tande en wys na ‘n DDM (DUUR DUITSE MOTOR) met die nommerplaat GYNAE 1 WP. In die...

Oom Totius en die grotes intimideer
Deborah Steinmair - 2006-11-21
Ag, ons dig almal so graag. Ek lees by die werk (ek arbei weer tot tyd en wyl voltyds as vertaler/herskrywer by Cape Son) in ‘n ou koerant Ronel Foster se raad aan aspirantdigters. Dis so lekker tewerig: Die meeste van hulle lees nie poësie nie, maar skryf wel ywerig, meestal om terapeutiese redes en dink dat elke enkele vers wat hulle skryf, iewers gepubliseer moet word. Hulle vergeet dat ‘n pianis jare lank vingeroefeninge moet doen voordat hy of sy in die openbaar kan optree....

Die Groot Krokodil
Fanus Rautenbach - 2006-11-14
Sy Edele PW Botha het die tydige met die ewige verwissel. Dit is baie onsmaaklik om ligsinnig hieroor te wees, tog is daar etlike humorpunte wat die verlies ligter maak. Om een of ander rede (ek kom daarby) was PW Botha bekend as Die Groot Krokodil. As daar nou humoristies verwys word na Shapiro se skitterende spotprent, word daar nie gespot nie, maar word daar gevra of mnr Botha dit ook sou geniet het. Die antwoord is "ja". Shapiro teken PW Botha, koud en nat, in ’n rivier, waar...

Nie ’n ''Rittelfees'' nie, maar ’n ''Rillerfees''
Koos A Kombuis - 2006-10-31
Koos Kombuis skryf ’n opspraakwekkende rubriek van agter die skerms van Vredendal se groot jaarlikse musiek-makietie Hierdie rubriek gaan oor baie dinge, want dit was ’n baie lang naweek. Dit gaan oor hoe ek amper vir Willem Botha gemoer het. Dit gaan oor rassisme, oor gayhuwelike, en oor Spruitdrift-wyn. Kom ons begin by die wyn. Daar is ’n urban legend oor Spruitdrift-wyn, en dit kom uit my eie familie. Daar is ’n urban legend dat, toe my skoonpa nog die enigste verspreider...

Die laaste basuin
Fanus Rautenbach - 2006-10-31
Daar is baie legendes oor “die laaste basuin” wat gaan blaas: legendes en ook die waarheid in die Bybel. Dit staan oa in 1 Kor 15:52: "In ’n oomblik, in ’n oogwenk, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word." En in Mattheus 24:31 verander die laaste basuin na trompetgeluid: "En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke...

So kan dit nie aangaan nie ...
Clinton V du Plessis - 2006-10-24
Die party het ons (en die land) gefaal. Nee, fok, so kan dit nie aangaan nie. Ek het in 1994 gaan stem – vir die eerste en ook die laaste keer. Ek het met die lys name en die foto’s voor my in die klein hokkie gestaan en die merk instinktief gemaak. In dieselfde week waarin daar wyd gerapporteer word oor die parlementslede wat betrokke was by die reisskandaal, verskyn daar ’n klein beriggie in Rapport (bl 13, Nuus, 22 Oktober 2006). Onder die opskrif “Tjoppie het hom in...

My pop val stukkend (Ingrid Jonker)
Deborah Steinmair - 2006-10-23
Ek is nog nooit werklik daarmee gekonfronteer nie: daardie oomblik wanneer alles stol soos ‘n yskastert, jou bene in jellie verander, jou hart sidderend aan jou borsbeen vasvries en elke nagmerrie waar word. O, in die kleine het ek dit al beleef, soos die meeste van ons: ek onthou die dag toe ek in ‘n dofverligte parkade uit die hel my draai verloor en die werk se splinternuwe minibus om ‘n pilaar gedrapeer het: tyd het verkorrel soos gesandsuikerde heuning, uitmekaargespat soos...

Hoe oorleef 'n mens jou beautiful woorde?
Deborah Steinmair - 2006-10-10
Ek kyk na die teësinnige kultusfiguur Gert Vlok Nel in Dorpstraat Teaterkafee. Hy staan agter die mikrofoon met kitaar en bekfluitjiestut om die nek. Stewig geplant in wit frokkie, swart leerbaadjie, swart denim en fabriekwerkerskoene. Grinterig is hy met ‘n tikkie takhaar in die tradisie van Etienne Leroux. Hy lyk ongemaklik. Hy lyk soos die sensitiewe lummel oor wie die hoofmeisie gefantaseer het op die skoolbus, soos my onstuimige neefs, ‘n vlesige, romantiese gesig met pruilmond,...

Oor plastiekblomme en so
Fanus Rautenbach - 2006-10-10
Die eerste plastiekblomme (kunsblomme?) wat in Suid-Afrika gemaak en verkoop is, is gedoen deur ’n sakeman wat ek in die sestigerjare in Bloemfontein leer ken het. Noudat Pote Human, die rugby-afrigter, weer in die nuus is, dink ek daaraan en verbeel my die blomme is destyds juis deur 'n Human gemaak. Daar was ook ’n motorhandelaar met dieselfde naam. Nou wonder ek of ek dit reg het. Is daar ’n leser wat kan help? * Daardie selfde tyd moes ek ook by ’n funksie van die Suid-Afrikaanse...

Van Trompie tot Fokofpolisiekar
Koos A Kombuis - 2006-09-19
Daar is twee soorte mense in die wêreld: dié wat lees, en dié wat nie lees nie. As jy iemand die vraag vra: “Wat lees jy op die oomblik?” sal die persoon wat lief is vir lees, dadelik vir jou kan sê: “Ek is op die oomblik besig met hierdie of daardie boek of boeke.” Mense wat graag lees, lees elke dag. Al is dit nie noodwendig ernstige boeke wat hulle lees nie – dit kan selfs net speurverhale wees – is lees vir sulke mense ’n gereelde...

Waarvandaan kom die Armeense grappe?
Fanus Rautenbach - 2006-09-12
Van Armenië af. Volgens David Marshall Lang, wat ’n boek oor Armenië geskryf het, Armenia, Cradle of Civilization (Londen: George Allen & Unwin 1978), hou die Armeniërs van argumente, maar het ook hierdie vreemde humorsin wat hulle, volgens oorlewering, by ’n denkbeeldige Radio Erevan aangeleer het. Lang skryf dat ’n man vertel dat hy by die Ottoman-weermag gaan aansluit. “Jy gaan in die Turkse Oorlog veg?” vra sy vriend. “Ja, ek gaan in...

As jy die klok hoor lui en wonder waar die bel hang ...
Deborah Steinmair - 2006-09-08
Ek moes ‘n hoogs suksesvolle loopbaan as musiekresensent inboet. Daar was een kleinigheidjie wat in die pad van my roem gestaan het: die feit dat ek aan ‘n rare sindroom ly. Op laerskool is ek as “toondoof” gediagnoseer. Dit was nadat ons die do-re-mi van onder tot bo en dan weer van bo tot onder moes sing, tuitmond, een vir een voor in die sangklas. Ek onthou die musiekjuffrou se boarm-vetjies wat soos brooddeeg by haar moulose crimplene-rok uitrys en empaties dril terwyl sy dirigeer en soms met...

Teletubbies en die likkewaanbrein
Deborah Steinmair - 2006-08-17
Op SêNet, daardie gladde virtuele seepkis, is daar onlangs na die Teletubbies verwys. Ene Zippy vertel dat haar Londense woonstelmaat, ‘n mal Kanadese raver, gereeld uitgeroep het: “Teletubbies is pure acid, man!” Tele bye bye! Hierdie oulike viermanskap was deel van my verwysingsraamwerk toe my kinders kleiner was. Ek het ‘n soort Teletubby-beheptheid ontwikkel en soms met groot vreugde ‘n pers of geel Tubby raakgevis met ‘n staalarm-masjien buite die...

Die Fransman
Fanus Rautenbach - 2006-07-21
Baie stories oor die Franse. Kan jy glo hierdie oom het nog nooit in sy lewe na ’n sokkerwedstryd gekyk nie, en hy besluit toe om darem na die eindwedstryd op Sondagaand, 9 Julie 2006 op TV te kyk. En daar gebeur die mees dramatiese insident van alle sporttye: Italië speel teen Frankryk, en dit lyk asof Frankryk gaan wen. Die Franse kaptein, Zidane, dink ook so. Maar toe loop een van die Italiaanse spelers agter Zidane en fluister iets sodat Zidane moet hoor. Zidane hoor nie net nie, maar...

Uithaal en Wys, Vroue van Suid-Afrika!
Koos A Kombuis - 2006-07-07
Dit was nou een van die mees sensible dinge wat Thabo Mbeki ooit kwytgeraak het. In ‘n toespraak verlede week kondig hy aan: “Die volgende president van Suid-Afrika moet ‘n vrou wees.” En, net daar, troef hy al sy teenstanders. Hy troef die hele Zuma-faksie. Want as julle mooi oplet, sal julle sien: Jacob Zuma is nie ‘n vrou nie. Die downside van Thabo se speech is natuurlik dit: hy het waarskynlik die een of ander boring vrou in gedagte soos dr Manto, minister van...

Exit
Clinton V du Plessis - 2006-07-07
Ek het nog nie Robin Sharma se The monk who sold his Ferrari gelees nie, maar vir my was dit makliker as wat ek ooit gedink het dit sou wees. Dit was weer net na middernag, soos die vorige keer … Ek het ongemaklik wakkergeskrik – amper soos Bruce Springsteen met daardie “freight train running through the middle of my head”-gevoel. Moeisaam het ek die skakelaar raakgevat – dit het gevoel asof die mure al hoe nader na mekaar beweeg; die kamer het ontsettend klein...

Geweld is nie ’n opsie nie
Jason Lloyd - 2006-07-07
Die fliek Underworld Evolution van die regisseur Len Wiseman is as ’t ware ’n beeld wat jou op ’n gewelddadige en bloeddorstige toer neem. Dit neem jou van toeka se dae, deur ’n hoëtegnologie-era tot by die hede – wat deurspek is met bloed en genadelose gevegte, waar dood aan die orde van die dag is. Dit laat jou gril en somtyds verbeel jy jou jy bevind jou binne so ’n werklikheid. Dit is reeds daarom dat ek nie dié fliek vir die sensitiewe fliekganger...

Gelyk en is
Deborah Steinmair - 2006-07-07
Ek blaai nou die dag deur ‘n geïllustreerde voëlboek. Dis altyd lekker om die lyfies wat ek in die tuin sien rondwip, vir ‘n slag van naderby in glansende waterverf te bestudeer. Om te lees oor hulle eet- en ander gewoontes. Ek is egter onkant betrap toe die retoriek na die eerste beskrywende paragraaf lostorring en in ‘n preek verander. Ja, ‘n preek. “Die bosduif vlieg altyd weer terug na die veiligheid van die rots. Net so moet die Christen ook …”...

Taxi-Gespraxi
Fanus Rautenbach - 2006-07-05
Die eerste stem wat ek hoor, is Elsa Olivier s’n: “Dit is die einde van jou onafhanklikheid en die begin van jou afhanklikheid …” Ek maak my oë oop, vee oor my voorkop … kyk na my vingers: klein bloeddruppeltjies … van die voorruit wat gebars het: ’n Toyota het my Merc ‘n dwarsklap gegee toe ek wou draai … van die Paarl af op pad terug Kaapstad toe. Waarheid: my onafhanklikheid daarmee heen. Nie rêrig nie. “Hoe word...


<< 1 2 3 4 5 >>