Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Rubrieke | Columns > Afrikaans

Afrikaans


<< 1 2 3 4 5 >>

As ek De la Rey was, het ek jou ge-sue!
Koos A Kombuis - 2008-04-14
Ope Brief aan Deon Opperman van Koos Kombuis Liewe Deon Party ouens fok Australië toe, party ouens blaas hulle breins uit met drugs, party ouens is in denial en sê alles sal vanself regkom, en party ouens probeer iets positiefs doen en reik uit om ander Suid-Afrikaners deel van hulle protes te maak. Dit is alles verstaanbare opsies. Want ons lewe in ’n tyd waarin dit moeilik is om de regte keuses te maak, en selfs al maak jy die regte keuse, het mens geen waarborg dat dit...

Aan al die ultra-ver-regses en die Flat Earth Society
Anton Goosen - 2008-03-26
Kom ons begin by Paashaas. Iets het seker skeefgeloop by die uitbroei van die eier, want in sy / haar / dit se oorspronklike skrywe sê dit baie duidelik "Musiek en liriek". Net om hom/haar/ditself later te weerspreek en te wil verklaar dat sy / haar / dit se brief eintlik aan ʼn ander ultra-ver-regse, ene Anton B, gerig was! Bwah! Ek het geantwoord, maar jy skryf toe terug en verklaar. Hoekom op godsaarde sou jy Anton B met Musiek en liriek wou verbind? Om van jou verspotte statement...

Al wat ek het, is mental notes
Deborah Steinmair - 2008-03-18
Ek het geen houvas op woorde nie.Die beroemde Afrikaanse popster Chris Akkedis het onlangs ʼn rubriek saamgeflans uit sy verhewe en filosofiese dagboekinskrywings, onder meer oor die toekoms van die Afrikaner en die begrafnis van sy tuinier. ʼn Jonger muso wat soos ʼn nadenkende engel lyk, Hunter Kennedy, het eenkeer sy notaboek in my woonstel vergeet. Ek kon nie die versoeking weerstaan om dit aandagtig te bestudeer … ek bedoel vlugtig daardeur te loer nie. Daar was pensketse...

“Someone’s braaiing, my Lord, Kumbaya ...”: Waarom die idee van ’n reënboognasie skadelik geword het vir ons kollektiewe psige
Koos A Kombuis - 2008-03-04
Hoe ouer mens word, hoe meer mites ontgroei jy. Toe ek in my tienerjare was, het ek baie mites geglo. Ek het geglo mens kan al die onregte van die wêreld oplos met harde rockmusiek. Ek het geglo moffies gaan hel toe. Ek het geglo ek en Susanna Zeeman gaan eendag mekaar warm vry. Noudat ek 53 jaar oud is, ontgroei ek ander mites. Ek weet vandag dat as ’n loodgieter of sleutelmaker “24 uur diens” adverteer in die Geel Blaaie, hy nie noodwendig sy selfoon beantwoord as...

Die proporsionele kiesstelsel bly die beste medisyne
Jason Lloyd - 2008-02-28
In Rapport van 17 Februarie 2008 skryf dr Frederik van Zyl Slabbbert dat ’n “diepgaande herbesinning” oor ons kiesstelsel nodig is, want volgens hom is parlementslede geensins aan kiesers direk verantwoordelik nie, maar wel aan partybase. Ek deel die doktor se bekommernis want, soos hy skryf, die “gemiddelde kieser weet nie wie sy of haar parlementslid is nie”. Dit behoort nie so te wees nie, en alhoewel politieke partye ná verkiesings LP’s aan kiesafdelings...

Blik wurms is oppie tafel!
Dirk Uys - 2008-02-25
Baie welkom, liewe lesers en mede-Afrikaners, by die seremoniële oopmaak van die Afrikaner-blik! Wees asseblief gewaarsku dat hierdie beeldmateriaal nie geskik is vir sensitiewe kykers nie en veral nie vir Afrikaners met vergulde oogklappe nie! In my estimasie is slegs twee persent van mense enigsins geïnteresseerd in die waarheid, werklikhede en feite, want die res sal eerder “The Beautiful Lie” glo, hoofsaaklik omdat dit vir jou skatte op hierdie aardbol sal verseker...

Misdaad
Anton Goosen - 2008-02-25
Agter op die hotel se ID-kaartjie wat jy by Ontvangs kry, staan: IN THE STREET:Avoid ostentatious displays of expensive jewellery, cameras etc.Don’t carry large sums of money.At night, steer clear of dark isolated areas.Die Departement van Justisie het my in die Protea-hotel, Sunnyside ingeboek. Ek moes gaan getuig in die saak teen Jose Fineche, die een gewapende rower wat gevang is na die aanval verlede jaar. Vier rowers wat uit hul sug na greed opgetree het soos hul opgetree het en met ʼn...

Is ons op die Mad Hatter se teeparty?
Deborah Steinmair - 2008-02-18
You live your life as if it’s realA thousand kisses deep – Leonard CohenOmdat ek nou en dan uit die bus val, het ek geleer om op my voete te land, katvoet. Ja, ek trippel weer flink al in die rondte, ʼn rotjie in die trapmeule. Ek woon in ʼn een-en-ʼn-halfslaapkamer-woonstel in die Moederstad en werk voltyds. Ek betaal weer belasting. Ek behoort aan Virgin Active en spoedloop verbete op een plek. Ek roei kilometers ver op droë grond en trap ʼn fiets na nêrens....

Skrywers en kunstenaars kan nog ’n verskil maak
Dirk Uys - 2008-02-13
Ja, skrywers en kunstenaars kan nog ’n verskil maak, maar die strategie van versetkuns sal ’n radikale “overhaul” moet ondergaan. Ek het Jaco Botha se stuk besonder insiggewend gevind in die sin dat dit mens ’n grepie gee van die dilemma waarin ’n skrywer hom vandag bevind, selfs al het hy miskien begin as ’n rebel of agent vir progressie of verandering. Ek haal graag vir Jaco aan: "Soos die skrywer, die charismaat, die revolusionêr se boodskap...

Die primitiewes
Koos A Kombuis - 2008-01-29
Op die rand van ’n woestyn. Etlike eeue voor Christus. Josua en die Israeliete val die Beloofde Land binne. Die heidene se afgode word afgebreek en verbrand. Een na die ander marsjeer hulle die vreemde stede binne, dood vroue en kinders, maak selfs die vee en troeteldiere van kant. Hulle is op ’n heilige sending. Een oggend vroeg, terwyl die Leviete nog hul oggendgebede sê, daal daar ’n helikopter neer in die middel van die Joodse kamp. Josua val op sy knieë neer...

''Die Bybel is kinderspeletjies!'' sê Henk Bierman vir Umfaanus
Fanus Rautenbach - 2008-01-28
Henk Bierman, wat voorheen by die SAUK ’n baie bekende omroeper was en onder andere die besonderse program “Wat sê Die Bybel?” aangebied het, het op Stilbaai gaan uitspan, en sommer so ewe stilweg ‘n besonderse boek geskryf en sommer self uitgewer gespeel ook. Ek sê uitgewer “gespeel”, want die titel van die boek is Leer die Bybel speel-speel ken. Dusver het niemand nog teen die boek se titel beswaar gemaak nie, en dis goed so, want niemand het nog...

Tussen die ''beste'' en die ''slegste''
Jason Lloyd - 2008-01-22
Generaal Jan Smuts het reeds lank gelede gesê in Suid-Afrika gebeur die beste en die slegste nooit nie. Ek neem aan hy het bedoel ons beweeg altyd in die middel: tussen die “beste” en die “slegste” – die “goed” sal nooit die “beste” word nie; en die “sleg” sal nooit die “slegste” word nie. Die klompie jare wat verby geflits het sedert die generaal dié woorde geuiter het, getuig van die waarheid wat daarin steek....

Thelma en Louise, Murakami en Lucy Jordan
Deborah Steinmair - 2008-01-17
TT Cloete het geskryf: Die dinge is sonder verbandhoegenaamd. ‘n Storm steek voor die son oor berg en bosop. Haar hare hang los. Die Feestyd is vreemd. Ledige dae vol los oomblikke sonder samehang. Soms skuif die son agter ‘n wolk in, die landskap glim radioaktief, deurskynende blare ritsel in die wind, sonbesies verstil, die sekondewyser haak vas, jou armhare staan orent en swaartekrag is nie meer verpligtend nie. Die toeval val oop. Wanneer jy op ‘n road trip gaan, torring...

Treurwilg? Nie Umfaanus nie!
Fanus Rautenbach - 2008-01-14
In die fliek in die Nouveau draai op die oomblik ‘n buitelandse rolprent, The Willow Tree (miskien moes die naam The Weeping Willow (treurwilg) gewees het, maar dis nie ‘n treurige fliek nie, dog wel ‘n hartseer ene, eintlik ‘n treurspel. Die "weeping willow" is so genoem want volgens die Oxford verwys die "weeping" na die voorkoms van die boom, nl "drooping" (soos in "drooping moustache", hang-snor); daarom word ‘n tragedie ‘n...

Almanak
Fanus Rautenbach - 2007-12-13
Die nuwe jaar is voor die deur en ek het nog nie my almanak van die apteek of die SAUK af gekry nie. Hoe gaan ’n mens ’n nuwe in sonder ’n almanak? “Het jy die almanak gebring?” Mammie was baie erg oor haar almanak. Pappie moes sorg dat dit vroeg in Desember van die vorige jaar al in die huis is. Ons het gewoonlik so drie almanakke, of kalenders, persent gekry. Een was van Hugo & Van der Merwe, die kruideniers, wat elke jaar, gereeld, ’n...

Ek skrik nie vir Boney M en rendiere nie
Deborah Steinmair - 2007-12-12
Ons is weer in die Ander Tyd. My vriend Attie praat altyd van die Pestive Season. Ek mik ook vir sinisme, maar ek hóú van Kersfees. Ek glo in die “willing suspension of disbelief” en word so graag begogel. Ek kry ‘n knop in die keel as ek by GrandWest Casino opkyk na die plafon van geskilderde pienk wolke, ewig dragtig met die aandstonde. Sjoe, hulle het soveel moeite gedoen, dink ek verruk. Ek het die heidense hart van ‘n kraai en hou van gekleurde tinfoelie...

Badwater
Fanus Rautenbach - 2007-12-10
Dis amper alweer Kersfees – tyd vir my om weer te bad. Die badgewoonte kom doer uit die 1500’s van Engeland af: die meeste Engelse het in Junie getrou, want hulle het hul jaarlikse bad in Meimaand geniet. En tog het hulle nog lekker geruik in Junie, die troumaand. Maar ingeval hulle in Junie begin ruik het, het die bruid ’n ruiker blomme gedra. Vandaar die ruikergewoonte. Die baddens was ook maar soos dié wat ons gebruik het: sinkbaddens. Die pa (ook...

Ek verkies Sterfgevalle en Sterrekyk
Deborah Steinmair - 2007-11-27
Ek werk vir Media24 en ek haat die nuus. Ek wou liewer nie geweet het nie. Maar as jy vir ‘n poniekoerant werk, word jou geestesoog gebombardeer met beelde wat jy nooit vrywillig sou oproep nie. Die menslike brein met al sy groewe en chemikalieë bly verbysterend, selfs vir die dromerige sjirurge van Grey’s Anatomy. Niemand weet presies waar die “delete”- en “empty recycle bin”- knoppies sit nie. Daar is so ‘n oorvloed Random Access Memory dat ons maar...

Die Uur van die Blindes
Koos A Kombuis - 2007-11-19
My "inside man" by Die Son stuur nou die dag vir my ‘n dringende e-pos. “Volg jy die Deon Maas-sage?” vra hy. Ek antwoord dadelik, want ek het toevallig op daardie oomblik klaar ge-Facebook vir die dag en ek het niks om te doen nie. “Nee,” skryf ek. “Is dit belangrik?” My inside man by Die Son stuur vir my die hele kaboedel: Deon Maas se oorspronklike Satanisme-artikel, die redakteur van Rapport se persverklaring, en al die jongste nuusberigte...

Die edelman
Fanus Rautenbach - 2007-11-05
Nou kry ek met my verjaarsdag by Petrovna Metelerkamp die jongste boek van Robert Young, 'n Harde turksvy om te kraak – herinneringe van 'n uitsaaier. Na 'n paar weke kry ek 'n vonkpos van Petrovna waarin sy na Turksvy verwys en meld dat dit jammer is dat ek en Robert Young mekaar nie beter geken het en minder saamgewerk het nie. Na aanleiding daarvan vertel ek toe die volgende: Op 'n dag lui my foon. "Faans? Dis Robert Young hier. Soos jy weet, het ek nou die Afrikaanse Drama-afdeling...

Dis nie kinderspeletjies nie!
Deborah Steinmair - 2007-10-30
Tolstoi sê in die openingsreëls van Anna Karenina dat alle gelukkige families ooreenkomste met mekaar toon, terwyl elke ongelukkige familie op sy eie manier ongelukkig is. Hierdie vereenvoudiging laat die roman met ‘n disnis-uitkloplyn afskop. Ek het weer aan die Rus se beroemde woorde gedink toe ek onlangs met ‘n hoogspring-ikoon oor haar kinderjare gesels het: dit was die gewone mikstuur van liefde, aggressie, drank, sielkundige speletjies in ‘n spoorweghuis. Ek glo...

"Die stokvel-partytjie is verby ..."
Anton Goosen - 2007-10-23
“Klink my die stokvel-party hier langsaan is verby,” sê Lizzie toe sy die voordeur toemaak en die fyn stokkies wat sy onder die melkhoutbome opgetel het, kaggel toe dra. Sy verwys na die bure hier agter. Hulle hou partytjie en die een kind sing oor ʼn mikrofoon wat by die hi-fi ingeplug is. Tuning is nie haar sterkpunt nie, maar aan die ander kant kan ek vreugde en entoesiasme hoor. Al is die pa ʼn wynvlieg wat gereeld naweke teen twaalfuur oor die muur hang om my te probeer...

Kroeshare vs gladde hare
Jason Lloyd - 2007-10-15
Al was dit nie sy bedoeling nie, het die boek Afrikaners: Kroes, Kras, Kordaat van die skrywer en oudkoerantredakteur dr Willem de Klerk tog vir die radiojoernalis Chris Louw ’n paar jaar gelede die bliksem in gemaak. Louw was so kwaad vir FW de Klerk se broer dat hy ’n opspraakwekkende ope brief aan De Klerk se broer geskryf het, wat later tot die Boetman-debat gelei het. En al het die twee mekaar lelik in die hare gevlieg, het die woord kroes in die titel van De Klerk se boek...

Alfabet-spaghetti: ek vergryp my aan lettergrepe
Deborah Steinmair - 2007-09-26
Syfers het my nog altyd in rooi kolle laat uitslaan; dis ‘n eenheid wat glad nie met my akkordeer nie. In graad twee het ek in die middel van ‘n hoofrekene-toets my potlood neergesit en snotterig begin grens. Al waarmee ek ooit kon hond haaraf maak, was storiesomme. As ‘n probleem in woorde aan my gestel word, kan ek dit visualiseer, scenario’s rondskuif, orde skep en rondspeel met moontlikhede. Ek is verlief op woorde. Syfers is vyandig. Ek kan geen jaartalle en nie eens...

'n Wildtuinstorie
Fanus Rautenbach - 2007-09-18
Ons vertrek om 10 vm op 26 Augustus per kulula.com ("either Jan Smuts OR OR Tambo Airport"), waar ons 'n Honda huur – wat nie so gerieflik soos Frans se Merc is nie, met die gevolg dat my boude beginne seer word en ek verskuif na die agtersitplek waar ek langbeen kan sit. Die enigste nadeel is dat Frans die diere eerste sien! Ook maar gelukkig, want so ontdek ons die non, suster Hondisia: van waar ek agter sit, lyk die swart nekskermskut net soos 'n non van agter af.Ek en seun Frans...

Geheime van die Grys Tuisland
Koos A Kombuis - 2007-08-21
My skoonpa is ’n baie slim man. Hy is sestig jaar oud, en hy het al alles gesien. Hy weet waar om die beste braaivleishout in Namibië te kry. Hy het al saam met hoofmanne van Afrika-stamme om die vuur gesit. Hy vang gereeld vis in Angola. En hy kan ’n hele skaap opsaag binne ’n halfuur; hy weet presies waar elke stuk vleis sit, wat dit genoem word, en hoe om dit gaar te maak. Maar hy kan nie drie knoppies na mekaar op ’n computer druk nie. Vir ’n maand lank...

Kom ons haka ons eie, eie Haka!
Fanus Rautenbach - 2007-08-21
Dit is al baie jare aan die gang – 'n poging tot ons eie Haka-haka! Op laerskoolbyeenkomstes, met sportgeleenthede, het ons uit volle bors geskreeu:Ons is, ons is, weet julle wie?Ons is, ons is, kan julle raai?Ons is, ons is, sonder lawaai – Ons is, ons is, glo julle my –Ons is die skool van Generaal de la Rey!En dit was lank voor die liedjie van Bok van Blerk.Later het ons variasies op ons eie Haka gemaak:Jêmblikke, visblikke, een twee drie!Ons is, ons is, weet julle wie?Ons...

Hier volg die nuushooftrekke
Deborah Steinmair - 2007-08-21
Ek skakel soms in die oggend die TV aan terwyl ek koffie drink. Gemotiveeer deur ‘n soort masochisme stel ek my bloot aan ontbyt-TV. Dis ‘n brutale aanslag op die sinne, wat nog teer en verkreukeld geslaap is. Alles is skel op die ontvanklike gemoed wat maar pas na die oppervlak geswem het. Een van die kanale wy ure aan lewensversekeringspolisse. Mans in donker pakke maan vernaam oor waardigheid na die dood. Is hierdie bloot ‘n goedkoop advertensiegleuf, of het hulle deeglik navorsing...

Vrede
Anton Goosen - 2007-08-07
Ek het 'n positiewe reaksie van oor die hele wêreld gekry "Ja, 'n mens moet maar geduldig wees, Meneer," sê die bergie terwyl ek vir Skye vir 'n stappie neem in Dorpstraat. Geduld, inderdaad. Daar is baie nuwe inligting vir haar in die strate. Die honde-underground. Met geduld en tyd kan baie dinge gebeur en regkom. Maar eers: Facebook is regtig wonderlik. Almal is nice met mekaar. Met die eerste teken van onmin kan enige van die partye net 'n link kliek wat sê "remove...

Here’s looking at you, Babe
Deborah Steinmair - 2007-07-23
Resensent, denker en rolprent-aficionado William Pretorius is Cinema Paradiso toe en saam met hom bioskope vol flieks. Toe die laaste credits rol en die huisligte aangaan, het hy die projektor saam met hom gevat. Met ‘n vonkel in die oog en sy onweerstaanbare chuckle. Daar is iets so elegant aan iemand wat kinematografies geletterd is. Ek ken sulke mense. Hulle het ʼn oog vir hoek, lyn en komposisie. Hulle verstaan negatiewe ruimtes en die gevoelswaarde van kleur. Hulle interpreteer elke...

Net so: een ... twee ... drie!
Fanus Rautenbach - 2007-07-17
"Toe ek op universiteit was …" Oeee, hoe baie het ek nie gedroom van die dag wat ek presies hierdie woorde sou kon sê nie! Op 'n keer in standerd 7 (graad 9 vandag) vra die leerkrag in Engels wat ons eendag wou word. Nadat elkeen sy beurt gekry het om te spog met "advokaat", "rekenmeester", "geneesheer", "veearts" en "predikant", kom die onnie by R, alfabeties. "En wat gaan jy word, Rautenbach?" vra hy op sy...

breyten – die groot Onvoltooide
Koos A Kombuis - 2007-07-16
Koos Kombuis besoek weer ’n vergete kamer in die huis van die dowe Vir die eerste keer is daar weer ‘n breyten-digbundel wat ek kan lees. Lees, terwyl die reën van buite af teen my ruite hamer. Lees, soos iemand wat in die geheim sondebrood eet. Lees, want lees, op sy beste, is beter as meditasie of slaap. breyten, die tronk-breyten, die taal-breyten, die bitter breyten kon ek nie lees nie. Net hier en daar by wyse van uitsondering het ‘n gedig, of ‘n deel van...

My gunstelingdinge
Fanus Rautenbach - 2007-06-11
1 Oktober 2006 het die sangster, Julie Andrews, 69 geword. Toe het sy haar ou-ou bekende en geliefde liedjie herskryf, en spot met die ouderdom. Eers gee ek die oorspronklike woorde in Engels, en probeer dit dan in Afrikaans verwerk. Die Engelse weergawe waarin sy met haarself spot: Maalox and nose-drops and needles for knittingWalkers and handrails and new dental fittingsBundles of magazines tied up in stringsThese are a few of my favourite things. Cadillacs and cataracts, and hearing aids...

Ons is nie diep genoeg nie, Ingrid
Deborah Steinmair - 2007-06-05
Ek het na Helena Nogueira se dokumentêr oor Ingrid Jonker gaan kyk. Een foto wat telkens gebruik is, bly by my spook: van die grootoog Ingrid, soos ‘n bokkie in jou brights, soos ‘n brandende mot wat verlief is op die kers. Dit laat my dink aan Irma Stern se aangrypende skildery Die Ewige Kind. En aan Frida Kahlo se skildery van die Fridahgesig-bokkie met haar lyf vol pyle. Partykeer dink ek Ingrid is ‘n soort nasionale aanklag teen ons. Soms dink ek almal van ons, selfs...

Is DIT die sonde van die moderne wêreld?
Koos A Kombuis - 2007-05-23
Nog ’n vinnige klip in die bos deur Koos Kombuis As kind was ek gefassineerd deur die verhale in my Kinderbybel. Veral die epiese stories uit die Ou Testament: Moses, Josef, en die wedervaringe van die Israeliete. Vandag leef ons in die 21ste eeu. Die eeu van die internet, Sky News en selfone. Tog: elke keer wanneer iets soos 11 September gebeur, elke keer wanneer ons hoor van nog ’n skermutseling tussen Israel en Hisbollah, besef ons opnuut dat ’n baie groot deel van...

Ek smaak Valiant al is hy nie zef nie
Deborah Steinmair - 2007-05-09
Ek was weer by die KKNK. Onder die blou hemel van die Klein Karoo het ek my fragiele siel blootgestel aan lirieke soos: “Oudshoring, grootvoëlparadys, laat jou budgie by die huis, kom speel met my volstruis” en “Soen my op my boepie, soen my op my watsenaam”. Op ‘n voorafvervaardigde beat. Dit en “De la Rey” het op ‘n herhalende CD uit elke taxi geblêr. Maar daar was groot oomblikke. Die heel snaaksste ding op vanjaar se KKNK was ‘n...

Die toets vir die DA
Jason Lloyd - 2007-05-03
Groot gewag word daarvan gemaak om te sien wie die DA tans uit die “politieke wildernis” gaan lei om sodoende te probeer verseker dat – soos die DA-strateeg, mnr Ryan Coetzee, dit in ’n interne party-dokument stel – “kiesers hulle werklik met die DA moet kan vereenselwig”. Coetzee doen verder aan die hand dat die DA “net so diep moet omgee oor daardie ‘leweringkwessies’ wat swart Suid-Afrikaners raak soos oor daardie kwessies wat wittes...

kobus! en kettings in die kelder van my psige
Deborah Steinmair - 2007-04-24
My agterkleinniggie (ons oeroupagrootjies was ou Piet Retief en sy broer onderskeidelik) Sonia Cabano het op SêNet die volgende oor swaarmetaalmusiek geskryf: Swaarmetaal is 'n ripoff – die hele musiekgenre. Dis dalk lekker om daarna te luister wanneer mens bang/kwaad/bedonnerd voel, maar dit is ten slotte 'n uiters beperkte genre. Swaarmetaal teer op menslike alienation en vrees, urban angst, godsdiens en geloof, en die hele kaboedel wat daarmee gepaard gaan. Met dieselfde ou riffs...

Eerlike gespreksvoering oor die rassisme-pandemie
Jason Lloyd - 2007-04-12
Die protesoptog in Oudtshoorn teen rassisme, op die vooraand van die pas afgelope Absa KKNK, het weer eens bewys dat impetus verleen moet word aan die ontluikende openbare diskoers oor rassisme (en bygesê: verskeie rassevoorvalle) in Suid-Afrika.Bogenoemde het gevolg op ʼn voorval van beweerde rassegeweld by ʼn voormalige Model C-skool waartydens ʼn bruin leerder in die teenwoordigheid van ʼn (wit) onderwyser deur ʼn wit leerder aangerand is. Die leerkrag het glo niks gedoen...

Woorde wat (nog) nie in die woordeboek is nie
Fanus Rautenbach - 2007-04-12
Ek kry heelwat navrae van lesers wat die vertaling van Engelse woorde in Afrikaans soek; of lesers wat wil weet: Wat beteken dié woord en waar kom dit vandaan? Amore Bekker, wat saam met my die oggend van 3 Maart 2007 oor RSG uitgesaai het, vra of ek saam met haar op 31 Augustus 2007 op Bredasdorp se Fees sal optree, en as ek wil, of ek vir haar ’n kiekie sal stuur. “’n Tiekie?” vra ek. Sy lag haar lekker-bekker-lag. “Nie 'n tiekie nie, ’n kiekie...

Die lewe is (uiteindelik) net maar ‘n dag
Clinton V du Plessis - 2007-03-30
Dit is nou net langer as ‘n jaar dat ek skoon is en ek sukkel ook nie so erg as wat ek verwag het met die onttrekkingsimptome nie. Word wel nog af en toe in die middel van die nag wakker, ongemaklik met ‘n gevoel van verlies, en staan dan liewers op as om rond te bly rol. (Dit was Dale Carnegie se raad: “If you can’t sleep, then get up and do something instead of lying there and worrying. It’s the worrying that gets to you, not the loss of sleep.”) Aanvanklik het...

Wat sou Aldous Huxley van die tik-generasie gedink het?
Koos A Kombuis - 2007-03-21
Tot sowat twaalf jaar gelede was ek ’n dwelmgebruiker. Dit was nie ’n besonder goeie tyd in my lewe nie en as ek daardie tye sou kon oor hê, sou ek beslis nie naby enige vorm van onwettige dwelmmiddel kom nie; nie net omdat dit onwettig is nie, maar omdat alle dwelms in ’n mindere of meerdere mate ongesond is, sielkundig gevaarlik, en antisosiaal. Wanneer ek egter kyk na die dwelmkultuur wat in Suid-Afrika vandag ontstaan het, moet ek erken: dit lyk vir my erger as enigiets...

'n Troudagherdenking is meestal ‘n onding
Fanus Rautenbach - 2007-03-20
Maar nie die 50ste troudag van Henk en Joey Bierman van Stilbaai nie. Waarom? Daar was nie een toespraak nie ! Jakob Jordaan, die skoonseun, het begin deur voor te lees van die gelykenis van die verlore muntstuk. In die Bybelse dae het die vroue muntstukke in hulle hooftooisels gedra. Toe verloor sy een, en dit was so goed soos ’n vrou wat vandag haar trouring verloor. Almal het gesoek en toe hulle dit kry, het hulle fees gevier. (Laat my dink aan die klassieke verhaal van die jonge man...

Die neukery met nostalgie
Clinton V du Plessis - 2007-03-14
I haven’t fucked much with the past, but I’ve fucked plenty with the future. Over the skin of silk are scars from the splinters of stations and walls I’ve caressed. – Patti Smith, Babelogue. Ons wil almal terugneuk na daar waar ons dink ons ankers lê, na die veilige hawe van die bekende tuiste, terug na die warmte van die baarmoeder van ‘n eens beskutte bestaan.En die meeste van ons wil selfs eendag begrawe word in dáárdie omgewing waar ons wortel...

Ek neem verlief ... ek is ‘n digter
Deborah Steinmair - 2007-03-14
In hierdie lewe word ‘n mens baie name genoem. Byvoorbeeld: elke keer as ek my kar se flikkerlig aansit, klik dit beskuldigend in my oor: DOM chick, DOM chick. Oor en oor. Ek kyk maar anderpad, met skreefoë. Ek is skaam om myself ‘n digter te noem, maar in ‘n koerant het die boekeredakteur nou die dag na my verwys as ‘‘'n digter van Kaapstad". Ek was verlig, want al die ander dinge wat ek probeer doen is te lank en lomp om op te noem. Dig is ‘n...

Die diktatorskap van ellende
Jason Lloyd - 2007-03-08
Miskien is dit nodig om eers herinner te word aan iets wat baie ver in jou verlede afgespeel het om te besef in watter ellende jy jou bevind. En as die digter Loit Sôls nie sy tweede digbundel met die titel Die faraway klanke vanne hadeda onlangs bekend gestel het nie, sou die uwe dit miskien nooit besef het nie. Nou die aand spoor ek vir Sôls op sy selfoon op terwyl hy iewers in Piketberg aan die dwaal was. Ten spyte van ʼn dowwe selfoonlyn kon ek darem ʼn paar vrae in kry ter...

We will sing our own song
Clinton V du Plessis - 2007-02-20
Ek is ‘n reluctant patriot. Om die waarheid te sê, ek verafsku patriotisme. Samuel Johnson het mos hoeka al gesê: “Patriotism is the last refuge of a scoundrel.” As die politici begin droogmaak of die gepeupel die rat voor die oë draai, val hulle tog te graag terug op patriotisme. Kritiseer die spul en jy is ‘n slegte patriot; hou jou bek en jy is dié brulpadda in die patriotiese koor. Om ‘n goeie patriot te wees is een van die voorvereistes...

Verdeel Die Burger in twee uitgawes
Jason Lloyd - 2007-02-20
Miskien is dit tyd dat Die Burger verdeel word in twee uitgawes: een vir sy Afrikaner (wit) lesers en die ander vir sy bruin lesers. Die oggenduitgawe kan die wit uitgawe wees, omdat dit eerste sal verskyn en voldoen aan dié koerant se oënskynlike begunstiging van sy wit lesers. En soos altyd sal die bruines, soos in die dae van Ekstra-Beeld, Ekstra-Burger en Ekstra-Rapport, laaste in die ry moet staan – die laat uitgawe sal dan vir die “slegte” kleurlinge gereserveer...

Die Struggle het weer begin
Koos A Kombuis - 2007-02-13
Hoe lank lê daai ou hopie Vrye Weekblaaie nou al onder in my laai? Ek weet nie. Ek weet net dit is een van my kosbaarste besittings. So twee of drie maal per jaar haal ek hulle uit, blaai daardeur, en dan vat die nostalgie my. Die nostalgie en die walging. Want dis ’n tyd waaraan ek nie graag terugdink nie. Anders as party van my ou Voëlvry-tjomme, leef ek nie graag in die verlede nie. Tot nou toe kon ek myself nog nie so ver bring om Pat Hopkins se boek behoorlik te lees of eers...

Woorde is my tik
Deborah Steinmair - 2007-02-12
In my middeljare wonder ek skielik of my eksman se oordeel oor my reg was: as iemand net móói genoeg met my praat, het hy gereken, sal ek by hulle slaap. Partykeer voel my lewe soos daardie low-budget spanningsflieks oor ‘n vliegramp … Dis ‘n mooi agtermiddag. Die vliegtuig klief seepglad deur ‘n wolklose hemel – wanneer iets, iewers, onverwags ingee. Dit begin met ‘n onheilspellende geratel in een van die enjins, ‘n paar geweldige...


<< 1 2 3 4 5 >>