Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Rubrieke | Columns > Afrikaans

Afrikaans


<< 1 2 3 4 5 >>

Het die Hendrickse-familie die politieke-en-kerk-arena nou vaarwel geroep?
Jason Lloyd - 2009-06-19
Is dit miskien ook ʼn geval, soos met die Terblanche’e in die sepie 7de Laan wat een-vir-een van die kassie verdwyn, dat die destydse kleurryke Hendrickse-familie die politieke-en-kerk-arena nou vaarwel geroep het? Wyle eerw Allan Hendrickse (1927–2005), leier van die destydse Arbeidersparty, se aanvanklike politieke stryd vir die onderdrukte bruin mense in die apartheidsbestel en sy veelbewoë swem by Port Elizabeth se "Slegs Blankes"-Koningstrand in 1987 het aan hom internasionale...

Biduurtjie in die Oudehof
Fanus Rautenbach - 2009-06-04
Elke Woensdagoggend het ons in ’n biduurtjie in die Oudehof. (Dis eintlik ’n ouetehuis, maar wie wil nou erken dat hy in ’n ouetehuis woon? Toe verander ons die naam na Arkadia Oudehof!) Ek kry elke Woensdagoggend opdrag om halftien daar te wees. Wat ek ook doen. Die oggend lees die leraar voor uit Efesiërs, waar Paulus vir die gemeente skryf om nie dronk te word van wyn nie, maar van die Heilige Gees, en die dominee maak vergelykings tussen die verskillende dranksoorte:...

Wees stil, daar gaan ’n oomblik verby
Deborah Steinmair - 2009-06-03
Ek lees nie meer selfhelpboeke nie. ’n Ou vriendin het altyd gesê toe die ander kinders op skool begin uitgaan, het sy tuis huis gebly en Hou Op Kwel en Begin Lewe gelees. ’n Ander vriendin het ’n lewenslange seksuele letsel opgedoen deur op ’n teer ouderdom Te Vinnig Innig? (’n geestelike boek wat voorhuwelikse seks veroordeel) te lees. Mense stop graag vir my ’n selfhelpboek in die hand, seker omdat dit duidelik is dat ek nie my pad uit ’n papiersak...

’n Ope brief aan oom Abraham “Ronnie” Phillips
Jason Lloyd - 2009-06-02
Ek hoop my redakteur, Etienne van Heerden, gaan my toelaat om dié rubriek in die vorm van ’n ope brief aan die skrywer Abraham Phillips te rig. Terloops, ek het dié stuk alreeds in April verlede jaar (2008) in die vorm van ’n forum-artikel aan Die Burger gestuur, maar dit is nooit geplaas nie; geen redes is daarvoor verskaf nie. Ironies genoeg was dit die heer Heindrich Wyngaard, toe nog meningsredakteur van Die Burger, wat dié sensuur toegepas het. In ’n...

Oor Idols, 'De la Rey' en deesdae se jong rockers ...
Anton Goosen - 2009-05-26
Anton Goosen het hierdie toespraak gelewer tydens die opening van Rondebosch Boys' High se Afrikaans-week in Mei 2009. Op die foto regs verskyn hy saam met Adriaan Louw, voorsitter van RBHS se Afrikaans-klub, AFRRO.In May 2009 Anton Goosen delivered this opening address during Rondebosch Boys' High's Afrikaans Week. In the photo, Goosen appears with Adriaan Louw, chairman of RBHS's Afrikaans club, AFRRO. Good MorningOr rather, in more appropriate Mzansi-speak: Hello! Heita! How are...

Kom laat ons twit
Koos A Kombuis - 2009-05-19
Terwyl die tik-euwel oorneem in ons townships, is daar ’n erger verslawing wat chaos saai in die gegoede suburbs van Suid-Afrika. Gesinne word in twee geskeur, huwelike word bedreig, die geestesgesondheid van die volk ly skade as gevolg van … twit. Vergete is die dae toe Facebook die enigste internet-verslawing van middelklas whiteys was (benewens pornografie, wat ons altyd met ons sal hê, en MXit, wat basies ’n klomp tienderjariges met selfone is). Twitter is die nuwe...

Skrywers voed die siel
Jason Lloyd - 2009-05-19
My Kaapse vriendin, dr Scarlett Cornelissen – senior lektor in politieke studies by Maties en tans besoekende dosent in die buiteland – stuur die ander aand ʼn SMS uit Skotland: “Skrywers voed die siel”, skryf sy. Sy het ʼn skrywersvoorlesing bygewoon en wou dit graag met my deel. Vroeër vandeesmaand het Eben Venter, die skrywer van die roman Horrelpoot, ʼn paar interessante opmerkings gemaak tydens sy boekvoorlesing-sessie by Rhodes-universiteit. Maar...

Kakkerlakke en kunstenaars
Deborah Steinmair - 2009-05-13
Kakkerlakke is die taaiste insekte op die planeet; dit weet almal. Nie die sagmoediges nie, maar die kakkerlakke sal waarskynlik die aarde beërwe nadat die mensdom hulself in ’n kernontploffing uitgewis het. Hierdie gepantserde goggas kan vir ’n maand aktief bly sonder kos. Hulle kan vir 45 minute asem ophou en lank op beperkte reserwes, soos die gom agterop posseëls, oorleef. Dit lees ek op Wikipedia en dit laat my dink aan die ander k-woord, kunstenaars, ’n spesie...

Lelik is my offer – wat skort met Afrikaanse flieks?
Deborah Steinmair - 2009-04-15
Ek is ’n fliekvlooi, maar geen kenner nie. Tog steek iets my lankal dwars in die krop. Hoekom is Afrikaanse rolprente ná al die jare, selfs in die nuwe millennium, steeds so vol haai drama? Vol pregnante stiltes en dragtige waterskeidingsmomente. Dis asof akteurs in Afrikaanse flieks tonéél speel, met grynsende grimas, soos op die verhoog. Ek noem hulle in my kop "Moeder Hanna-momente", soos daardie oomblik in Barto Smit se drama toe die oubaas vir die verbitterde,...

Hoekom is onse mense tog so lief vir skinder?
Koos A Kombuis - 2009-04-01
Verlede Sondag, nadat ons die heeldag in die bed gelê het en deur die Sondagkoerante geblaai het, sit ek en my vrou in die sitkamer met ons glasies wyn, en ek vra vir haar: “Wat dink jy doen die Van der Westhuizens vanaand?” “Seker dieselfde as ons,” sê sy. “Gesels oor die dag se nuus.” “Kyk ’n ou video of twee,” voeg ek by. Ag, ek weet dit klink nou asof ek my verlustig in Joost en Amor se bad luck. Ek weet ook dis slegte maniere...

Sal iemand my laat weet of ek nog hier is?
Deborah Steinmair - 2009-03-24
Ek dink ’n mens kan deesdae ongesiens doodgaan. Solank jou profiel op Facebook pryk en mense jou soms poke en vir jou virtuele potplante stuur, sal niemand agterkom dat jy nie meer daar is nie. Ek het ’n dooie vriendin op Facebook. Ek het haar Friendship request eers ná haar dood aanvaar, uit skuldgevoel. Sy was my buurvrou in Gauteng, in ’n ander leeftyd. Sy was groot van lyf en persoonlikheid en meer lewend as enige mens wat ek ooit geken het. Saterdagoggende het sy...

Wit: ag, wat’s die punt?
Deborah Steinmair - 2009-03-10
My vriend Jasper, ’n esteet, het altyd gesê hy het ’n broertjie dood aan bruin. Ek het ’n hekel aan wit. Dit besef ek gisteroggend weer toe ek skoolsokkies met rou kneukels skrop. Huiswerk, en veral wasgoed, laat ’n mens besef dat die bose wel bestaan en immer gereed staan om jou te oorval soos ’n gewapende man, net soos armoede. Skoolsokkies in water en seep is ’n slymerige grysspul wat nimmer weer sal wit wees nie, tog bly dit die onmoontlike ideaal...

Om te toer voor die krieke kom
Anton Goosen - 2009-03-05
As die krieke kom, gaan die snoek loop, sê hulle hier by die see. Dit gaan inderdaad dus ʼn dik seisoen vir snoek wees.SkukuzaDie ystervoël kom terug.Corné en Stanley van Aardvark in Londen het in Skukuza getrou en die gaste het in Pretoriuskop gewoon.'n Buitengewone en ongewone troue. Die rit kerk toe in Skukuza met die ongelooflik groot groen koorsboom voor was ʼn uur en ʼn half lank, want daar was geweldig baie wild op die pad. Ook op pad terug. Die dominee van...

Die simboliek van hoop
Jason Lloyd - 2009-02-25
Daai klassieke foto op Die Burger se voorblad van waaiende hande wat skyn van hoop simboliseer, het my amper in trane gehad. Dit was 20 Januarie. Barack Obama en sy vrou, Michelle, staan op ’n gebou se trappe in Washington, in afwagting dat Obama die volgende dag ingehuldig moet word as Amerika se eerste swart (bruin?) president; Amerikaanse vlae wapper in die agtergrond en Obama en Michelle in jasse geklee om die snerpende koue in Washington af te weer. Toe hoor ek ’n kollega:...

Die wêreld is my woning wel
Deborah Steinmair - 2009-02-17
Ek het nog altyd geglo ons bewoon ’n vreemde planeet. Ek is in goeie geselskap. Totius reken die wêreld is ons woning nie en Paulus hou vol ons is vreemdelinge en bywoners op soek na ’n stad met fondamente. Hamlet meen wanneer die wind uit die suide waai, kan hy ’n valk van ’n handsagie onderskei, maar miskien is die versteurde Deen in ’n ander liga. My vermoede van wêreldvreemdheid word daagliks versterk. Ek neem ’n hysbak na die vierde vloer...

Die aand toe ek gedink het Stellenbosch brand af
Koos A Kombuis - 2009-02-11
Ek en my vrou het Woensdagaand baie vroeg gaan inkruip. Ons het elkeen in die loop van die dag ’n persoonlike krisis beleef, en ons was pootuit. Sy het gesukkel met ons nuwe hondjie wat ons die vorige week gekry het, maar wat toe siek geword het en die hele mat vol gekots het. Ek was betrokke in ’n hoogs geheime noodvergadering met sekere sleutelspelers van die Stormers-rugbyspan. Ons het strategie bespreek vir Saterdag se game teen die Sharks. Skaars was ons aan die slaap, of...

'n Lewe uitgestamp
Jason Lloyd - 2009-01-22
Toe ek in Desember by die huis was op Uitenhage, het ek gehoor sy is nie meer met ons nie: sy is dood gery iewers in Korsten in die Baai nadat sy uit ʼn taxi geklim het. Dit was op ʼn mistige dag en daar het ʼn ligte windjie vanaf die see se kant gewaai. En dit was omtrent dieselfde tyd in 2007. Sy was haastig om by haar "inslaap"-werk te kom. Die verkeerslig het groen vir voetgangers gewys; dit het egter nie haar lewe gered nie. ʼn Taxi het haar uit die straat tot op die...

UIF: die derde stasie van die hel
Deborah Steinmair - 2009-01-21
Almal kla oor die eerste werksweek in Januarie. Lywe wat net begin gewoond raak het aan die luukse van ongestruktureerde dae, moet skielik vir agt ure regop sit, nugter bly en fokus. Dit alles het ek vanjaar vrygespring. Ek stap doelloos deur die strate en herken die kyk in die oë van bergies wat met verrinneweerde plastieksakke en rooi gesigte loop en mompel. Dis ‘n wilde, paniekerige blik wat wonder wat die dag gaan bied, maar dis ook ‘n kinderlike, oop kyk wat gereed is...

Krismis is nie vir sissies nie
Deborah Steinmair - 2009-01-08
Die Feestyd het gekom en gegaan. Van lekker lag kom lekker huil, het die grootmense altyd gemaan wanneer ‘n mens sewe-uur die aand hoog op suiker en lewensvreugde soos ‘n mal haas gillend in die skemer tuin rondhardloop. Dié pretbederwers was maar verbeeldingloos. Daar is soveel ander permutasies waaraan hulle nooit gedink het nie: Wat as lag en huil gelyk gebeur, of die een gebeur wanneer die ander veronderstel is om te gebeur? Ek sukkel nog altyd om met die gepaste emosie...

Kô, lat ons sing tot eer van die plaaswerkers
Jason Lloyd - 2009-01-07
Miskien is dit hoog tyd dat Suid-Afrika ’n loflied vir alle plaaswerkers moet sing: vir hul onbaatsugtige diens aan die land en sy mense. Omdat hulle selde kla en nooit maklik opgee nie – slegte werksomstandighede (in die meeste gevalle) ten spyt. Ware landbouers is hulle beslis. “So, kô lat ons sing,” het die digter Adam Small lank gelede in ’n ander konteks gedig. Maar eers: verlede maand terwyl ek van Graaff-Reinet – op pad vanaf ’n openbare...

Suid-Afrika se Obama-oomblik
Jason Lloyd - 2008-12-18
Die oorwinning van senator Barack Obama in die Amerikaanse presidentsverkiesing vroeër vandeesmaand het denkende en gewone Suid-Afrikaners aan die dink en praat gekry. So het dié bepalende oomblik in Amerika se bestaan die uwe ook aan die dink gekry. Wat het Obama en Lewis Hamilton gemeen? Hulle is albei swart en vooruitstrewend. Obama is die magtigste nasie se eerste swart president; dit terwyl 40 persent van die land se bevolking uit minderhede bestaan. Wat ’n prestasie...

Testament
Fanus Rautenbach - 2008-12-18
(OPGESTEL 0M 16.54, SONDAG 14 DESEMBER 2008 DEUR STEFANUS PETRUS RAUTENBACH VAN ARKADIA-OUDEHOF 210, HOOFWEG 414, OBSERVATORY, KAAPSTAD) AAN MY FAMILIE Ek glo dat die Skepper my bederf het: En my geloof in Hom en my Liefde vir julle oorvloediglik Ver verby genoeg is wat Hy julle laat erf het. Ek dank die Skepper dat hy die tyd gevind het Om julle almal te skep en wedersydse Liefde in ons Harte geplant het. Ek dank Hom dat hy ook Humor vir ons in oorvloed gegee het ... sodat ons ...

''Ubuntu'' het ook ’n donker kant
Koos A Kombuis - 2008-11-27
Voor verlede Saterdag se glorieryke Bok-oorwinning op Twickenham, so hoor ek, het kaptein John Smit elkeen van die spelers opsy geneem en individuele spanpraatjies met elkeen gehou. Dit het meer gedoen vir die manne se samespel as ’n dosyn wedstrydplanne. Omdat John Smit elke speler se selfrespek ge-boost het, kon elke speler eindelik bo sy eie talente uitstyg om deel van iets groter te word. Daardie "groter ding" – as daar so iets is – is moeilik om te definieer....

ʼn Pasifis vir brekfis
Deborah Steinmair - 2008-11-18
Ek het amper Saterdag gemarsjeer teen geweld teen vroue en kinders. Ek is geen marsjeerder nie. Troppe ontsenu my en boonop is ek ewig uit gelid. My heldin Simone de Beauvoir het gereeld betoog - daar is baie foto's. Ek is eerder stilweg subversief. Buitendien bevraagteken ek my eie motiewe eindeloos. Waarom wou ek vir hierdie saak protesteer? Wou ek in die koerant verskyn met ʼn treffende plakkaat, BASTA BULLEBAK, triomfantelik omhoog? Voel ek wrokkig teenoor mans, die stereotipiese geweldenaars?...

Dada en ander komplikasies
Deborah Steinmair - 2008-11-03
Vanoggend het ek na my pa verlang. Hy leef nog, maar in ʼn ander provinsie wat dikwels soos ʼn ander land voel; soos herinnering of hunkering. Hy is 82. In die kamers in my kop is hy 35 in die vroegoggend, vars geskeer en vol entoesiasme. Sy skoene blink. Hy dra ʼn wit hemp met mansjetknope en sulke silwer rekke om die elmboë. Sy oë is liggroen soos pasgebore varings en hy maak vreugdevolle geluidjies onder sy asem terwyl hy sy palms teen mekaar vryf. Ons het dit babagansies...

Hoe meer haas
Fanus Rautenbach - 2008-10-29
Eers was daar robbe, toe noem hulle dit Robbeneiland. Ek het selfs ’n versie daaroor geskryf, wat so begin: Sewe robbe bobber om die baai; Hoeveel daar was kan mens net raai. Maar nou’t ek nie lus om oor ’n rob te tob nie En wie beweer die katte kies nie die hasepad ok nie? En daar was ’n duisternis katte. Hulle verwyder die katte, maar die kat kom weer. Hulle raak uiteindelik van die katte ontslae, maar toe kom die hase, en daar is koerante wat skryf...

Kan enige persoon bruines nog ernstig opneem?
Jason Lloyd - 2008-10-28
Die uwe sou in ’n hê-hê-hê-hê-hê Jacob Zuma-lag verval toe ’n vriendin van ’n Karoo-dorp my nou die dag oor die telefoon die grap van die jaar meedeel. En al het sy gekla dat ek in haar ore geraas het, kon ek dit nie verhelp nie. Ek moes my self tot bedaring dwing. En glo my, dit was moeilik. Kyk, my lag was geregverdig, wil ek in nederigheid verklaar. Die storie wat sy my vertel het, het my gedagtes teruggeneem. Professor Jakes Gerwel het op...

“Ons leen nie meer karkasse uit nie …”
Fanus Rautenbach - 2008-10-22
Dié kennisgewing is in ’n slaghuisvenster in Soeterland, ook bekend as Sutherland, Van Wyk Louw-wêreld. Daar is ook ’n reuse-sterrewag – seker om te kyk wie leen hulle Karoo-skape en bring dit nie terug nie! Nee, wag, wat gebeur is dit: die bekendste Karoo-slaghuis in Sutherland, genaamd Soeterland, het ook die mooiste en grootste Karoo-skape. Dit hang oopgevlek in die venster. Nou kom van die ander slagters, wat ook Karoo-karkasse het, maar nie so mooi soos Soeterland...

Calvyn, asyn en hardgekookte eiers
Deborah Steinmair - 2008-10-21
Vanjaar hóú ek van myself. Half-beskaamd onthou ek ʼn ou country-nommertjie:Oh Lord, it's hard to be humbleWhen you're perfect in every wayCan't bear to look in the mirrorI get better-looking each day.Ek weet nie of dit Christelik is om so goed oor jouself te voel nie - ek weet vir ʼn feit dis nie Calvinisties nie.Is dit betaamlik om jou eie geselskap soveel te geniet? Na dekades van skaaf is ek uiteindelik so uitgesorteer dat niemand meer op my verlief raak nie....

Die diktatorskap van apatie
Jason Lloyd - 2008-10-16
Glo my as julle wil - ek het onlangs vir my ‘n Bybel gekoop. Miskien sal sekere mense sê dit is nou te laat. Dat ek reeds van kleintyd af met die Woord vertroud moes gewees het. En dat ek nie in God geglo het nie; dat ek ‘n Duiwel is wat my nou eers wil bekeer. Maar ek was nog nooit ‘n hoogheilige nie; in die bestaan van God het ek egter altyd geglo. En aan die Woord is ek van kleintyd blootgestel; net nooit het ek my eie Bybel besit nie. Dit is nou behalwe vir die rooi Gideons-Bybeltjie...

Hoe het ek hier beland?
Deborah Steinmair - 2008-10-07
Reis is soos geheueverlies. Gisteraand kom ek tuis na twee weke op die pad. Ek voel soos Rip van Winkel wat stadig ontwaak. Dis asof ek arriveer by ‘n vreemdeling aan huis. Ek is nie mooi seker watter sleutel pas in die veiligheidshek en na watter kant om dit te draai nie. Ek is verras deur die interieur van die vrou wat hier woon. Alles is lukraak bont soos ‘n sigeunertent. Daar is skynbaar katte wat die kelims tot koeksisters omgewoel het. Die slaapkamer is groot en stil met ‘n...

Umfaanus se eerste 80
Fanus Rautenbach - 2008-09-30
Ek sou Ek wou In my 80 jaar My naaste dien Maar ai, my amper-eeu Het ampertjies sy dinges gesien! Presies nou 80 jaar Het ek geleef Gewerk Geloop Gery Gevry Gevlieg Gesweef Maar voor ek sterf Wil ek net dankie sê Want ek had net liefde en geluk en voorspoed En mag dié ná my dit erf, In heel my lewe: Loof Hom: die Skepper het my bederf! (KOM LAAT ONS SING, JA, KOM LAAT ONS SING!) Aaizieke-zoema-zoema-zoema Aaizieke-zoema-zoema-zei...

Oom Engel, ons onthou
Fanus Rautenbach - 2008-09-23
Oom Engel Angelbrecht is nie meer met ons op hierdie aarde nie. Dis nou oom Angle Engelbrecht wat sy hele lewe daaraan gewy het om ons beter, suiwerder Afrikaans te laat praat. Hy het jou sommer terwyl jy praat en ’n anglisisme gebruik, in die rede geval en jou sommer so woordeliks en mondelings geredigeer. “Nou vat jy ’n kans!” Oom Engel: "Jy bedoel seker: waag ’n kans?" “Goed, dan bel ek oom Engel op!” Oom Engel: "Jy bedoel seker...

Fokof, troebel tortel
Deborah Steinmair - 2008-09-16
What seas what shores what grey rocks and what islandsWhat water lapping the bowAnd scent of pine and the woodthrush singing through the fogWhat images returnO my daughter.- TS Eliot, "Marina" Totius se tortel het my van kindsbeen verlei om langs troewel waters te wei. Die wêreld, het hulle my vertel, is ons woning nie; ‘n hemelse stad met fondamente knipoog in ‘n lugspieëling anderkant die kim, maar eers ná geween en gekners van tande. Die gebroeders Grimm...

Kleur die dae in, dis alles so vaal ... sê Umfaanus
Fanus Rautenbach - 2008-09-10
Is jou dae vaal en kleurloos? Voel jy soms of jy jou kleurkryt verloor het?Kleur dit in.C Louis Leipoldt het al daarmee begin:Dit is die maand Oktober,die mooiste, mooiste maand:Dan is die dag so helder,so groen is elke aand,Viooltjies in die voorhuis,Viooltjies blou en rooi!Viooltjies orals op die veld,En orals, ai, so mooi!En dan na die tuiste van die Blou Bulle:Teen die blou van die Jakarandasis die blou van die lug maar bleek ...As ons weer 'n Springboktoets wil wen, moet ons terug na:Vat...

Waar bly Happiness?
Deborah Steinmair - 2008-08-29
Nou die oggend hoor ek in ‘n koffiewinkel die volgende selfoongesprek: "Hi! I'm just waiting for Happiness. Remember Happiness? Soon as she gets here, I'm coming." Waiting for Happiness klink soos ‘n titel van Milan Kundera.Onthou jy hoe dit voel om onbevange gelukkig te wees? Ek het ‘n prentjie in my kop, min of meer soos Marianne Faithfull se Ballad of Lucy Jordan: ek lag oopmond in ‘n oop motor wat oor die landskap skeer. Ek dra ou jeans oor my maer gat...

Justus-Umfaanus-Tsungu
Fanus Rautenbach - 2008-08-19
Hier is wêreldnuus en Umfaanus is die eerste koerant wat daaroor mag skryf!‘n Kollega van my by die SAUK was die baie bekende en geliefde Sotho-omroeper Justus Tsungu, wat ‘n spesiale taak gehad het, ‘n roeping: “En dit was om my mense wat net Sotho en Engels gepraat het, Afrikaans te leer praat – en om die Afrikaners wat net Afrikaans en Engels kon praat, Sotho te leer. Dit het ek op die Afrikaanse sender van Radio Suid-Afrika (RSA) gedoen." Twaalf jaar gelede...

The good, the bad and the ugly
Fanus Rautenbach - 2008-08-05
Wat is dit op Afrikaans? Ek dink: Die goeie, die gawe en die gagga!Daar word altyd neerhalend na Benoni, die dorp aan die Oosrand, verwys, maar daar was darem al ‘n paar regverdiges in die stad Nineve. Behalwe dié wat ek hier onder noem, was daar ook nog Flinkveria se assistentpresident en die limeriekkoning van die Republiek, Engeltjie Engelbrecht, wat in Leeudoringstad gaan aftree het, nou oorlede is, maar sy hele lewe lank in Benoni skoolgehou het en later hoof van Benoni Laerskool...

Viola en Freud se onderrok
Deborah Steinmair - 2008-08-04
Dis skuins voor vier. My kliënt, die eksbankrower, se sms biep my uit ʼn diepe slaap wakker. Ek redigeer bedags sy outobiografie. My ouma het altyd gesê ʼn mens het hare op jou tande nodig. Scottie Styles se sms is ʼn onsamehangende kreet vol eksistensiële angst: derduisende karakters wat van skerm na skerm swem. My oë verseg om te fokus. My wang rus op ʼn gladde, warm klippie. Seleniet, het die bleek man in die wierook- en kristalwinkel verduidelik: sit dit onder...

Sebastian Kloon gaan rugby kyk by Nat, die grapmaker
Fanus Rautenbach - 2008-07-28
Ek ry volgens ’n perfekte kaart Muizenberg toe. Tot by Lakeside. Ek draai regs in ’n keerweer en sien die OB-Mercedes Diesel. Ek parkeer agter hom. Nat is klaar daar. Hy probeer my deur oopmaak, maar ’n teef bestorm my, ruik aan my goeters, en slaat my met haar sweep. “Welkom, Sebastian! Hoe gaan dit met hom?” “Ek sal hom vra as ek hom weer sien.” Hy lag nie meer vir my ou grappies nie, is self te besig om iets snaaks uit te dink. Nat het ’n...

Ons dink aan Mike Schutte
Fanus Rautenbach - 2008-07-23
Een van ons gereelde Umfaanus-lesers vra waarom is oom Fanus dan so stil? Dit is Roelie van Jaarsveld van Radio Laeveld. Hy vra of ons nie ietsie soos ’n huldeblyk aan Mike Schutte in Umfaanus kan plaas nie. Hy skryf hy het dit die eerste keer in een van Fanus se boeke gelees en nou wil hy dit vir Mike Schutte leen. Dit is sy grafskrif: Hier lê Mike Schutte: vir die eerste keer in sy lewe is hy dood – ernstig. Eendag vra Kallie hom: Mike, het jy enige kinders?...

Vir tony g om te blog ...
Anton Goosen - 2008-07-17
Oftewel: “Wat maak vir Gansbaai lekker?”Dis ʼn wêreld van uiterstes daarbuite.Die duinekind kom in die maag van ʼn silwervoël terug.Van die Aardvark-shows in Londen na ʼn kunsuitstalling in Gansbaai.Toe ek by die kantoorvenster uitkyk, sien ek die tente op die hawe: die fees van die ganse. Die musiek styg op tot in my oor. Hier in die nok van die dak waar ek soos breyten se uil sit en tik. Hoe hoe.Die ou van die pub se backtracks haak vas. By die pub op Pearly Beach...

Die kleur van koffie en tee: slegs ʼn graadverskil?
Koos A Kombuis - 2008-07-16
Waarom die vestiging van ʼn kultuur van selfrespek onder bruines onontbeerlik is vir die volhoubare ontwikkeling van die Nuwe Suid-Afrika Miskien vir jou is dié plek lelikMaar vir my is dié plek mooiHoekom sal ons nou hier bly?Want die Here het ons hier gegooi (David Kramer, "Matchbox Full of Diamonds") Dit was met ʼn onbeskryflike gevoel van heimwee dat ek Jason Lloyd se woorde gelees het: “Bruin mense is hul eie grootste vyande.” Ek wil nie voorgee...

Bruines bly eenvoudig hul grootste vyand
Jason Lloyd - 2008-07-10
In die verlede, die onlangse verlede en die hede (en miskien gebeur dit ook nog in die toekoms) word daar gereeld gewag gemaak dat bruin mense hul eie (grootste) vyand is. Dat hulle marginaliteit ‘n direkte oorsaak is van hulle onderlinge verdeeldheid. Dat hulle opportunisties is en mekaar gereeld in die rug steek. Reeds daarom word hulle nie gesien as outonoom-funksionerende mense nie; dat veral (sommige) bruin intelligentsia “leen-deelnemers” is aan die (goeie) vrugte van...

Hoe om jou moer te strip
Deborah Steinmair - 2008-06-30
Ek was nooit skoorsoekerig nie, maar nou weet ek nie meer so mooi nie. Ek het eenkeer ʼn boek gelees wat begin met ʼn man wat op ʼn vliegtuig klim in ʼn baadjie wat hy verpes. Die rede waarom hy die baadjie dra, is dat vrede vir hom belangriker is as wat dit vir sy vrou is. Daar is altyd verdomp iemand wat min gespin is oor rus en vrede. ʼn Mens word moeg daarvoor. Nie vir vrede nie, maar om altyd gestoomroller te word deur skoorsoekers. As ʼn mens Calvinisties grootword en...

My eerste moord was morsig
Deborah Steinmair - 2008-06-09
In die ou dae het mense wat skipbreuk gely het, ‘n brief in ‘n bottel gesit en dit die golwe ingeslinger. So het hulle gehoop om iemand van hul lot bewus te maak. Vandag is ons almal eilande en probeer ook maar om iemand se aandag te trek. Vandag is daar ‘n see van virtuele branders om te plank, die internet. Dis in hierdie misterieuse dieptes waar ek gereeld my brief in ‘n bottel werp. Hier is ek al twee maal opgepik deur virtuele ridders wat helaas op die ou end maar blink...

Gletsers en daaglikse katastrofes
Deborah Steinmair - 2008-05-13
They hate you if you're clever and they despise a fool, Till you're so fucking crazy you can't follow their rules – John Lennon Soms val ʼn antwoord my by wanneer ek reeds vergeet het wat die vraag was. Vanoggend lui die foon op my lessenaar by die werk. Toe ek antwoord, prewel iemand skor en onheilspellend in my oor: “The Devil’s Chimney”. Na ‘n halfminuut se vervaarde geblaai deur die indeks in my kop besef ek dis die antwoord op hierdie week se vraag in die inbelkompetisie...

’n Kat-en-muis-speletjie
Fanus Rautenbach - 2008-05-13
In een of ander stadium van ’n kind se lewe wil hy of sy graag ’n troeteldiertjie hê. “Pappa, Jaydy het die mooiste hamstertjie by haar pa gekry. Dis nie reg nie – ek wil ook een hê!” “Wat is ’n hamster?” vra die pa gewoonlik. Dan gaan haal hy sy WAT en daar staan: “Enigeen van die knaagdiere van die Ou Wêreld. Behorende aan die familie, Crecitiniae. Hulle het kort stertjies, klein oortjies, knobbelrige kieste...

Oor gemoedelike lokale realisme
Clinton V du Plessis - 2008-05-06
Dit is die kort inskrywing onder “Erkennings” in Etienne van Heerden se In stede van die liefde wat my aan die soek gaan sit tussen die magdom ou tydskrifte in my buitekamer. Hy skryf daar: “Die hoofstuk 'Harare' put uit ‘n artikel van my wat in die vroeë jare negentig in (‘n haas onopspoorbare uitgawe van) De Kat gepubliseer is.”Ek spoor dié uitgawe op (Januarie 1992, jaargang 7, nommer 7, met wyle Koos Prinsloo as sub- en boekeredakteur) – snaaks...

Aag, dit Maki Sake
Deborah Steinmair - 2008-04-22
In die rolprent The Pillow Book noem die sentrale karakter telkens soos ʼn aftelrympie dinge op af waarvan sy hou, amper soos The Sound of Music se “My favourite things”. Synde Japannees, is die verteller in Pillow Book se gunstelinggoed visueel fraai, minimalisties en ritualisties gerangskik, soos kraletjies in kaleidoskoopspieëls. Ek sweer ek het ʼn druppel Japannese bloed: my oë skreef van kleins af volksvreemd skuins. Daardie druppel Oosterse bloed (ek visualiseer...


<< 1 2 3 4 5 >>