Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > SeminaarKamer | Seminar Room > Afrikaans > Miniseminare

Miniseminare


<< 1 2 3 4 9 >>

Ons protesteer
Douwleen Bredenhann - 2010-08-25
Ek skryf al my lewe lank allerhande ou goetertjies. Eers skoolopstelle, later werknuusbriewe en al die ander skryfwerk in werksverband waarvoor niemand anders kans gesien het nie. Twee jaar gelede begin ek toe geleidelik ernstiger skryf en ontdek opnuut hoe kosbaar dit is om jou te kan en mag uitdruk. Ten opsigte van wat ook al. Nooit het ek gedink dat voordat ek ’n tweede manuskrip kon voltooi, ek nodig sou hê om my stem te voeg by protes teen die bedreiging van mediavryheid nie. Ek...

Ons protesteer
Michelle Coetsee - 2010-08-25
Geagte medebesorgde Suid-Afrikaners Die voorgestelde wetgewings moet ernstig teengestaan word omdat ek oortuig is dat die motiewe daaragter selfsugtig en uiters gevaarlik is. Ek kan nie wetens deel wees van ’n proses wat Suid-Afrika op haar knieë kan dwing nie. Dit is nou die tyd om bo hierdie destruktiewe proses uit te styg deur te glo en te vertrou dat reg en geregtigheid sal seëvier. Michelle Coetsee Also, please feel free to comment on LitNet’s letter page,...

Ons protesteer
Martie Preller - 2010-08-25


Ons protesteer
Belinda Richards - 2010-08-25


Ons protesteer: ’n Wêreld sonder blou
Lucas Maree - 2010-08-25
Een van my verdigsels uit die vroeër dae van die ou sensuurraad: Die waarheid sal nog steeds bestaan al mag mens dit nie praat nie soos die wysheid nooit sal ondergaan ten spyte van die raat nie. Die skeppers is uiteindelik die siele wat sal rou want waar sou ou Picasso wees in ’n wêreld sonder blou? Lucas Maree 1977 Also, please feel free to comment on LitNet’s letter page, SêNet, by sending a letter to webvoet@litnet.co.za. << Terug na Mediavryheid-indeksblad...

Ons protesteer
Hanna Barkhuysen - 2010-08-25


Ons protesteer
Wihan Viviers - 2010-08-25
Dit is dom-onnosel van die regering om te wil voorgee dat die voorgestelde maatreëls nie daarop ingestel is om mediavryheid aan bande te lê nie. Het hulle dan niks by die apartheidsregering geleer nie? Dit lyk asof hulle hulself begin glo as hulle poog om te verduidelik. Wihan Viviers Also, please feel free to comment on LitNet’s letter page, SêNet, by sending a letter to webvoet@litnet.co.za. << Terug na Mediavryheid-indeksblad | Back to index << <<...

Ons protesteer
Nico Luwes - 2010-08-25
Die doelbewuste verdomming van die nasie deur middel van selektiewe weerhouding van inligting het by die SAUK begin en nou is dit stap twee, teen die pers gemik. Die woord “sensuur” smaak maar suurderig om die tong en maak geen “sense” nie. Nico Luwes Also, please feel free to comment on LitNet’s letter page, SêNet, by sending a letter to webvoet@litnet.co.za. << Terug na Mediavryheid-indeksblad | Back to index << << Terug na miniseminare...

Ons protesteer: Ons sal die euwels van die owerheid met ons woorde beveg, hetsy bo- of ondergronds
Chris Marnewick - 2010-08-25
Jare gelede het ek ’n bumper sticker op my Volksie gehad, maar nie vir lank nie: Peaceful Change Now. ’n Polisieman besoek my toe in my kantoor en sê ek moet die plakker dadelik afhaal. Ek vra hoekom. Dit is ’n verskuilde oproep om Nelson Mandela en ander gevangenes – wat hy terroriste genoem het – vry te laat, sê hy, nogal in die kol. Ek wou nog stry toe hy sê die ding is nie oop vir ’n debat nie, en as ek die plakker nie dadelik afhaal nie,...

Ons protesteer
Coenie K - 2010-08-25


Ons protesteer
Wilhelm Krger - 2010-08-24


Ons protesteer: Die hemel help ons
Dineke Volschenk - 2010-08-24


Ons protesteer
Johann P Boshoff - 2010-08-24


Ons protesteer: ’n Ernstige aanslag op die Suid-Afrikaanse Grondwet
Gerrit Olivier - 2010-08-24
Ek wil graag my stem voeg by die protes teen die regering se planne vir die instelling van ’n sogenaamde mediatribunaal, wat na bewering onafhanklik sal wees, maar sonder twyfel die onafhanklikheid van die pers in gevaar stel. Terselfdertyd het die regering vorendag gekom met ’n Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting wat in feite carte blanche gee aan amptenare om ongeveer enigiets “in nasionale belang” geheim te verklaar. Apart en gesamentlik dui hierdie twee verwikkelinge...

Ons protesteer: Verwerp die mediatribunaal met die minagting wat dit verdien
Henning Pieterse - 2010-08-24
1. “Van Kill de Blerk [Bill de Klerk - HJP] het ek onlangs ’n kommunikasie ontvang waarin hy my vra om my naam te teken aan ’n protesgeskrif gerig aan die Gowwermint i/s boeksensuur. Sinloos natuurlik, want die koeël is reeds deur die kerk. Die jare 30-40 was die tyd om die Afro-Dietse nasionalisme te demokratiseer, maar destyds was die intellektueles almal ’gesagstaters’ [...] Nou ja, nou het hul mos ’n soort gesagstaat, en een wat eerder harder sal word...

Ons protesteer: Eers die Skerpioene, nou die pers, volgende die regstelsel
Carel van der Merwe - 2010-08-24
Ek glo die argitekte van die beoogde mediatribunaal en Wetsontwerp op Beskerming van Inligting se eintlike oogmerk is om ’n uitgesoekte groep in staat te stel om Suid-Afrika ongestoord en op groter skaal te plunder as wat hulle dit tans doen. Eers die Skerpioene, nou die pers, volgende die regstelsel. Die media se beriggewing oor die wydverspreide korrupsie, tenderbedrog, wanbesteding, verdagte toekenning van mynregte en blatante diefstal deur politici, staatsamptenare en hul familie en vriende...

Broek op die voete moet ons sterk staan teen outfoxing
Maretha Maartens - 2010-08-24
Hélène Passtoors se skrywe rondom die beoogde Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting verdien vyf keer se lees, vyf keer se nadink, en daarna staande applous. Dit is inderdaad so dat ’n groot persentasie van ons wat die beoogde Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting teenstaan, groeihormone in ’n monster se keel afgedruk het – beriggewing gekenmerk deur “anonymous sources, ’ad hominem’ reporting and a tone of indignation and mistrust ... far...

Ons protesteer: Daar is geen manier dat julle my gaan kry om my bek te hou nie
Chris Chameleon - 2010-08-24
Geagte Wetmakers As julle wette maak wat vryheid van spraak aan bande lê, doen julle die ander wette skade aan, omdat julle dan ’n staat van anargie skep, want daar is geen manier dat julle of enigiemand anders my gaan kry om my bek te hou nie. Also, please feel free to comment on LitNet’s letter page, SêNet, by sending a letter to webvoet@litnet.co.za. << Terug na Mediavryheid-indeksblad | Back to index << << Terug na miniseminare | Back to mini-seminars...

Ons protesteer
Elsa Engelbrecht - 2010-08-24


Ons protesteer
George Louw - 2010-08-24
Hierdie mediaknyptang is om van te gru. Is dié dalk net die begin van nog ’n despotiese drukgang – ’n verreikende en dwase stap terug, ’n traumatiese verlede in? Die geskiedenis durf hom tog nie op so ’n bisarre wyse herhaal nie! Also, please feel free to comment on LitNet’s letter page, SêNet, by sending a letter to webvoet@litnet.co.za. << Terug na Mediavryheid-indeksblad | Back to index << << Terug na miniseminare |...

Ons protesteer
John Coetzee - 2010-08-24


Ons protesteer
Tjaart Erasmus - 2010-08-24


Ons protesteer: Die grootste skok ng wat die huidige regering die land nou wil toedien
Martie Retief Meiring - 2010-08-24
Hoewel die Grondwet ’n aanvanklike struikelblok kan wees teen die beoogde wet, sal die tribunaal deur politieke sette ingestel kan word. Soek ons weer stukke wit ruimtes in koerante? Weet ons dat ‘n tribunaal die regering se kragtigste wapen gaan wees om die pers en publiek tog oningelig te hou? Hierdie is die grootste skok nóg wat die huidige regering, ene wat op skoktegnieke floreer, die land nou wil toedien. Also, please feel free to comment on LitNet’s letter page,...

Ons protesteer: A, so ons is terug …
Johannes Prins - 2010-08-24
A, so ons is terug … Iemand gaan my in die middel van die nag wakker maak en beveel om my klere uit te trek. ’n Ander stem gaan ’n sokkie met ’n seep in my mond druk en my beveel om ’n das styf oor my oë te bind, my hande met ’n draadhanger agter my rug vasgemaak. Dan word ek staan gemaak en emmers water word oor my gegooi. Niemand sal ooit van my weet nie. Ek sal naamloos buk terwyl ’n besemstok in my opgedruk word. Ek sal bid dat dit moet ophou. Dat...

Ons protesteer
Elize Parker - 2010-08-24
Voeg asseblief my naam toe aan enige lys wat die Mediatribunaal troef. Die samestelling van die tribunaal sal so gemanipuleer word dat diegene wat daarop dien, die skuldiges sal beskerm en die onskuldiges vir die wolwe sal gooi. Die potensiaal vir misbruik is groot en is nie net ’n aanslag op demokrasie en persvryheid nie, maar op die regte van dié sonder ’n stem en die weerloses. Also, please feel free to comment on LitNet’s letter page, SêNet, by sending a...

Ons protesteer
Leon Rousseau, Marié Blomerus - 2010-08-24


Ons protesteer: ANC kan gerus ou toesprake weer gaan lees
Wilna Adriaanse - 2010-08-24
“An editor is the uncrowned king of an educated democracy.” – William Thomas Stead (1849-1912) Saam met hierdie voorreg kom egter verantwoordelikhede. Dit is geen geheim dat die media probleme met hulle beeld het nie. Halfwaar stories, verdraaide gerugte, facebook-skinderstories en dies meer word deesdae maklik vir die evangelie op voorblaaie verkoop. Daarom is dit beslis hoog tyd dat die leiers en voorlopers in die mediawêreld ernstig besin oor hulle uiters belangrike rol....

Ons protesteer: Suid-Afrika se demokrasie saag aan die stoelpote van sy veilige bestaan
Carina van der Walt - 2010-08-24
Die demokrasie in Suid-Afrika is ’n eksperimenterende tiener van sestien jaar wat graag kyk hoe ver hy kan saag aan die stoelpote van sy veilige bestaan. Die demokrasie se vier stoelpote – stemreg, menseregte, persvryheid en godsdiensvryheid – mag nie een knak onder sy grillige, hewige en soms uitgelate aanslag nie. Natuurlik moet die jongeheer Demokrasie nog sy verstand kry! Tot dan moet sy “Sturm und Drang” ferm, maar met ’n milde hand, in bedwang gehou word...

Ons protesteer
Anita de Kock - 2010-08-24
Voeg asseblief ook my naam op die proteslys teen die nuwe mediawetgewing. Dit is moeilik genoeg om die huidige onwettighede te bewys. Die nuwe wet sal beteken alles word toegesmeer en die regering kan doen net wat hy wil sonder om verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar. Also, please feel free to comment on LitNet’s letter page, SêNet, by sending a letter to webvoet@litnet.co.za. << Terug na Mediavryheid-indeksblad | Back to index << << Terug na miniseminare...

Ons protesteer
Petrovna Metelerkamp - 2010-08-24
Natuurlik moet ons alles moontlik in die stryd werp om vryheid van ons media te behou. Sal dit nie effektief wees as ons artikels en briewe aan die internasionale media stuur om te illustreer waarom die regering sensuur-wetgewing wil instel nie? Ek bedoel voorbeelde van inligting wat die regering wil verdoesel. Also, please feel free to comment on LitNet’s letter page, SêNet, by sending a letter to webvoet@litnet.co.za. << Terug na Mediavryheid-indeksblad | Back to...

Ons protesteer
André Swiegers - 2010-08-24
Ek kan verstaan dat die regering media- en spraakvryheid wil inperk – gemeet aan die agterstevoor manier hoe hulle steeds aanpiekel. Wat anders sou mens kon verwag van die ANC-leierskap wat iemand soos ’n Malema in hul midde verdra, wat steeds party-lojaliteit bó bekwaamheid stel, wat kwansuis besorgd is oor die burgers van die land, maar toesien dat miljarde rande spandeer word aan onder andere straatnaamveranderings – daar waar die armes steeds bakhand staan om te kan oorleef? Die...

Ons protesteer
JB (Koos) du Toit - 2010-08-24
Suid-Afrika het as gevolg van sy apartheidsbeleid ná die Tweede Wêreldoorlog die "muishondland" van die Westerse wêreld geword. Die mediawetgewing wat die ANC met sy mag- en rasbeheptheid op ons wil afdwing, kan ons weer in die oë van die wêreld as só ’n onderdrukker van vryheid van denke en spraak laat beland. Maar soos die Duitse skrywer/dramaturg Schiller gesê het: "Teen domheid veg selfs die gode tevergeefs." Ons is tans diep versink in "ideologiese...

Ons protesteer
Alida Potgieter - 2010-08-24
Ek wil my stem voeg by die protes teen die beoogde Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting. As ek terugdink aan die sensuurwette van apartheid in die sestiger- en sewentigerjare, en die ontstellende en verreikende gevolge van die destydse regering se belaglike vrese en bekrompenheid, is dit baie moeilik om te glo ons is terug waar ons was. Dat ons weer van voor af dieselfde stryd moet voer vir vryheid van spraak. Also, please feel free to comment on LitNet’s letter page, SêNet,...

Ons protesteer
Fransi Phillips - 2010-08-24


Ons protesteer
Lewies Botha - 2010-08-24
Ek is diep besorg oor die aanval wat op spraakvryheid gemaak word en die verreikende gevolge wat die sensuurmaatreëls in die beoogde Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting sal hê op spraakvryheid in Suid-Afrika. Ek voeg my stem by tot hierdie protesveldtog. Also, please feel free to comment on LitNet’s letter page, SêNet, by sending a letter to webvoet@litnet.co.za. << Terug na Mediavryheid-indeksblad | Back to index << << Terug na miniseminare...

Ons protesteer
Karin Brynard - 2010-08-24


Ons protesteer
Kasha Potgieter - 2010-08-24


Ons protesteer
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-08-24


Ons protesteer
At van Wyk - 2010-08-24


Ons protesteer: Vryheid van spraak: kom ons probeer uitvind wat die Grondwet werklik beteken
Pieter Fourie - 2010-08-23
In Tydskrif vir Geesteswetenskappe (49)1:62-85 (Maart 2009) se spesiale uitgawe oor vryheid van spraak is ’n artikel van my opgeneem getitel “’n Terugkeer na die onderdrukking van vryheid van spraak? Ooreenkomste tussen die apartheidsregering(s) en die ANC se optrede teen die media”. Hierin toon ek in ’n redelik gesistematiseerde vergelyking aan hoe die apartheidsregering(s) en nou die ANC die media geteister het en nou teister met onder meer (1) dreigemente van...

Ons protesteer: Wie interpreteer wat waardevol is vir wie?
Louwrens Pretorius - 2010-08-22
Dit is belangrik om te waak teen 'n onkritiese onderskeid tussen die algemene doelwitte van die ANC (en ander politieke organisasies) en 'n maatreël oor 'n besondere saak. Die ANC beoog hegemonie - en daardie doel vra vir beheer oor veel meer as die media. 'n Paar jaar gelede het ek geskryf - met aanhalings uit ANC-dokumente: Hegemony is not a co-incidental term in the ANC's lexicon. Besides the firm assertion that the pursuit of hegemony is a task for the state ... ANC documents contain many...

Ons protesteer: Die dae van Zamisdat is tog seker verby
Johann de Jager - 2010-08-22
Is plaaslike politieke magshebbers epigoonnnapraters van half vergete ideologieë - vergete omdat hulle nie effektief was nie; onthou omdat die geweld waarmee dit onderdruk was, steeds aanloklik lyk vir inisiatiefloses wat maar surrogate moet gebruik weens endemiese serebrale gebreke? Wie onthou die naam Zamisdat? Daar moes die pen ondergronds mol om die swaard te ontkom. En die swaard was uiteindelik die verloorder in dié Russiese-roelet-spel. Onderdrukking van meriete deur imbesiliteit...

Ons protesteer: Moenie my krap waa’ ekkie djukkie!
Anthony L Wilson - 2010-08-22
Kunstenaars is gevaarlike mense, soos die vorige minderheidsregering tot sy spyt ontdek het. Die klomp wat nou aan die stuur is, moet daai les nog leer. Moenie my krap waa’ ekkie djukkie! Dit was ons, die kunstenaars, wat die boodskap van Wit Nood (as ek nou sommer so vrylik van die digter Eugène Beukes mag leen) uitgedra het. Ons het dit op verhoë, in teaters, op die wye doek en klein kassie aan die wêreld bekend gemaak. Al wil sommige hier rond sê hulle’t nie...

Ons protesteer: Dit gaan 'n groot geveg wees wat ons nie durf verloor nie
Johan Botha - 2010-08-22
Om die woord aan te val is net die begin deur maghebbers wat meer en meer gaan inperk. Daarom is dit nodig om vroegtydig te besef dat die beperkings meer mense gaan raak as net woordsmede. As akteur wat ingehok was deur die vorige regering se lukrake besluite om opvoerings te kanselleer, voel ek my sterk deel van enige protes-aksie. Om maar een voorbeeld te noem: in die vroeë jare sewentig staan ons in Windhoek gereed om te begin toer met Chris Barnard se drama Taraboemdery. Ek blaai deur...

Ons protesteer: Die implikasies vir Suid-Afrika en al sy gemeenskappe is skrikwekkend
Eloise Wessels - 2010-08-22
Suid-Afrikaners het lank geveg om spraakvryheid te bekom. Dit word vasgelê in ons Grondwet en moet ten alle koste beskerm word om die behoud van 'n demokratiese bestel in Suid-Afrika te verseker – nou en in die toekoms. Die beoogde nuwe wetsontwerp het die stilmaak van protes en die weerhouding van inligting ten doel – die implikasies vir Suid-Afrika en al sy gemeenskappe is skrikwekkend. Ek voeg daarom my stem by die groeiende protes teen die beoogde nuwe Wetsontwerp op die Beskerming...

Ons protesteer: Mag die protesaksie teen die ANC se muilbandplanne 'n onstuitbare golf word
Theresa Papenfus - 2010-08-22
Die regering wil blykbaar die apartheidsregering se vergrype naboots of oortref. Vryheid van spraak is 'n voorvereiste vir demokrasie, en joernaliste is die wêreld se primêre (en dalk betroubaarste) geskiedskrywers. Mag die protesaksie teen die ANC se muilbandplanne 'n onstuitbare golf word. Theresa PapenfusUitgewer, oudjoernalis, skrywer Also, please feel free to comment on LitNet’s letter page, SêNet, by sending a letter to webvoet@litnet.co.za. << Terug...

Ons protesteer: Hierdie wet sal ons net verder verdoem tot 'n media-dieet van spookasem-celebrity
Sonja Loots - 2010-08-22
Die ANC se beoogde mediatribunaal en die wetsontwerp op die beskerming van inligting is die beste aanduiding nóg dat Suid-Afrika op pad is na 'n grondwetlike eenpartystaat. Dit maak mens bang. Baie bang. Die bepaling van die beoogde wet op die beskerming van inligting dat ANC-ministers die reg het om inligting van die publiek te weerhou as dit in "nasionale belang" is, is absurd. Ek was nog altyd onder die indruk dat "nasionale belang" presies die teenoorgestelde beteken: dat dit iets is...

Ons protesteer: Vryheid van uitdrukking is een van die hoekstene van 'n ware demokrasie
Marga Collings - 2010-08-22
Een van die regte wat deur die Suid-Afrikaanse Grondwet, in die Handves van Menseregte, beskerm word, is vryheid van uitdrukking. Hierdie vryheid, met verantwoordelikheid gebruik, is een van die hoekstene van 'n ware demokrasie. Suid-Afrikaners het hard geveg om hierdie vryheid te bekom, en dit moet ten alle koste beskerm word. Vir ons as woordmense en uitgewers staan die vryheid om onbelemmerd en eerlik kommentaar te kan lewer sentraal. Dit is bes moontlik die plig van die media, uitgewers, skrywers...

Ons protesteer: Korrupte regeerders se vyand
Andreas van Wyk - 2010-08-22


Ons protesteer: Anargie is ons voorland
Johann I de Jager - 2010-08-22
Daar is waarlik niks nuut onder die son nie. Het die ANC-beheerde regering vergeet van die dae toe ons as joernaliste nie eers toegelaat is om oor mnr Nelson Mandela te skryf of om sy foto te plaas nie? Ek het my loopbaan destyds by die Perskor-koerant Hoofstad in 1968 Pretoria begin en mooi "groot geword" voordat ek die eerste keer gesien het hoe mnr Mandela lyk. Wil die ANC diegene wat hulle "bevry" het, nou in die duister hou soos ons wittes destyds in die duister was - met tipiese NP-"meganismes"...


<< 1 2 3 4 9 >>