Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > SeminaarKamer | Seminar Room > Afrikaans > Miniseminare

Miniseminare


<< 1 2 3 4 9 >>

Suid-Afrika op die praatbank: Kan ander mense my geluk verstaan?
Hans Ester - 2010-11-01
Ek gee nie om dat my maats dalk sal dink dat ek van my verstand af is nie. Of hulle dit as ’n probleem beskou, verander heeltemal niks aan my geluksgevoel nie. Dieretuine, klein of groot, is nie aan my bestee nie. Nee, dit is ook nie die paleiskleure van Cresta of die Tuinesentrum nie, hoewel ek in laasgenoemde enklave saam met Braam de Vries dikwels heerlike koffie gedrink en die wêreld aanmekaar gesels het. Dit is die strate wat ondefinieerbaar is wat my ’n gevoel gee dat ek deel...

The IST Reports and the proposed Protection of Information Bill
Anso Thom - 2010-10-19
It’s simple, really. Had the Protection of Information Bill been legislated as far back as 1999, I, and many of my health journalist colleagues, would have been jailed, or at the very least found ourselves on the wrong side of the law by now. Why specifically 1999? Well, that was the year Manto Tshabalala-Msimang was promoted to the position of health minister – and the rest, as they say, is history. Looking back it is turning out to be one of the saddest chapters in the history of our...

Enkele opmerkings oor die IST-verslae, beperk tot Noordwes
Claire van Deventer - 2010-10-13
As gevolg van ’n begrotingskrisis in die Departement van Gesondheid is daar in Februarie 2009 spanne byeengebring om hieroor ondersoek in te stel. Hulle is Integrated Support Teams (IST’s) genoem. Die verslag van die nasionale IST-bevindinge is baie volledig. Ek wil enkele opmerkings maak ten opsigte van die monitering en evaluasie wat aangespreek is en beperk myself tot Noordwes. Data as geheel, en hoe bestuurders daarmee omgaan, is inderdaad ’n groot probleem met van sy wortels...

Ons protesteer
Andries Visagie - 2010-09-22
Ek wil graag my stem voeg by diegene wat reeds protes teen die nuwe mediawetgewing aangeteken het. Die wese van ons demokrasie word aangetas indien die media nie kan voortgaan om onbelemmerd hulle waghondtaak te verrig nie. Indien hierdie wetgewing nie betyds afgeweer word nie, kan daar drakoniese stappe volg wat ons basiese vryhede net verder aan bande sal lê. Andries Visagie Also, please feel free to comment on LitNet’s letter page, SêNet, by sending a letter to webvoet@litnet.co.za....

Ons protesteer
Danie Keet - 2010-09-22
Die moontlike instelling van ’n mediatribunaal is ’n ernstige bedreiging vir vrydenkende en vryskrywende joernaliste. Joernaliste het deels die taak om as waghond op te tree in ons demokratiese samelewing en lesers in te lig oor die goeie en slegte wat gebeur, ook in regeringskringe. Met die toenemende vlae van korrupsie, wanbesteding van belastingbetalersgeld en meer ernstige misdade soos gepleeg deur ons voormalige kommissaris van polisie, is dit joernaliste se verantwoordelikheid...

Ons protesteer
Willie Adams - 2010-09-22
Teenkanting teen Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting Geagte Organiseerders Graag wil ek my ten sterkste uitdruk teen hierdie beoogde Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting. Slegs diegene wat "gutter"-politiek beoefen, vrees ’n vrye pers. Indien die ANC-regering voortgaan met hierdie beoogde wetsontwerp, moet ons poog om internasionale sanksies soortgelyk aan die sportboikot van destyds van stapel te stuur. Willie Adams Also, please feel free to comment on LitNet’s...

Ons protesteer: Leer die les
Erika Ochse - 2010-09-13
Wat die regering wil doen, is skrikwekkend. Dis oorduidelik dat hulle wegsteekplek vir korrupsie soek. Hulle is nie in staat of gewillig om verantwoordelikheid vir hulle take te aanvaar nie. Die maklikste is om die media wat hulle nog tot verantwoording roep te muilband. Maar as hulle nie die les uit die ou dae wil leer nie, hoef ons nie stil te sit nie. Skeur ’n bladsy uit hulle boek. Kyk wat het hulle liedjieskrywers en ander kunstenaars gedoen. Kyk wat het ons eie (tans ontnugterde)...

Ons protesteer
Helene de Kock - 2010-09-13


Ons protesteer: Ons praat omdat ons gehoor wil word
Frederik de Jager - 2010-09-13
Ons praat omdat ons gehoor wil word. Ons kan nie sien en niks sê nie. Ons is niks as ons nie kan sê nie. Ons is sinloos as ons nie kan sinne maak nie. Ons kan nie praat met ’n stok in die mond nie. Ons kan nie roep deur ’n muilband nie. Ons kan nie stilbly as ons moet skree nie. Ons kan nie word as ons nie kan verbeel nie. Ons kan nie verbeel as ons verbied word nie. Ons kan nie weet as ons nie weet wat verswyg word nie. Verswyging is verwurging, verhulling is halsmisdaad....

Ons protesteer: Daardie venster moet oopbly
Pieter Hugo - 2010-09-13
Sowat twee jaar gelede het ek vir 'n paar joernalisvriende gesê hulle werk in ‘n goue era. Suid-Afrika is een van die bitter min lande in die wêreld wat tegelykertyd feitlik totale mediavryheid én 'n lomp en korrupte regering het wat die koerante feitlik daagliks voorsien van opspraakwekkende opskrifte. Maar ek het ook vir hulle gesê hulle moet dit geniet solank dit hou. Nouja, intussen het die hofnar toe keiser geword en die regering se nare grappies het dramaties...

Ons protesteer
Talana Schoeman - 2010-09-13
Hiermee wil ek my ten sterkste uitspreek teen die nuwe voorgestelde sensuurmaatreëls in die beoogde Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting - dis 'n belemmering van elke landsburger se spraakvryheid! So 'n stap sou ons land se demokratiese stelsel, waarvoor so hard geveg is en waarvoor ons deur soveel ander lande bewonder word, totaal en al weerspreek! Dit is onvanpas in ons demokratiese stelsel! Talana Schoeman Also, please feel free to comment on LitNet’s letter page,...

Ons protesteer
Alzette Prins - 2010-09-13


Praat binne grense
Abel Pienaar - 2010-09-08
Met groot verwagting begin ek lees aan Praat verby grense. Dit is ’n gesprek tussen Laurie Gaum en sy pa, Frits, albei leraars in die NG Kerk. Pa en seun wat met mekaar gesels oor God, die lewe, dood, gesag van die Bybel en homoseksualiteit en ’n rits ander belangrike temas. Dit is in die styl van ’n klomp e-posse wat tussen April en Oktober 2009 tussen hulle gewissel het, ’n paar jaar ná die selfmoord van Douw Steyn, Laurie se lewensmaat. En natuurlik hul homoseksuele...

Aan die anderkant van die grens
Gys Loubser - 2010-09-07
As ouer vra mens: Hoe sal ek die wêreld aan my kinders verduidelik? Hoe sal ek my kinders leer wat dit beteken om mens te wees? ’n Vraag wat opvallend is in Praat verby grense is: Hoe sal ek my ouers opvoed tot ’n helder verstaan van wat dit beteken om ’n beliggaamde, spirituele wese te wees? Hoe sal ek my pa onderrig in die ontdekking van sy eie spiritualiteit? Laurie Gaum skrik nie vir hierdie uitdaging nie en soos dit ’n goeie teoloog betaam, voer hy hierdie gesprek...

Ons protesteer: Die keiser se nuwe klere
Anchien Troskie - 2010-09-04
Wette wat vryheid van spraak aan bande lê, druis juis in teen dit waarvoor die media in die eerste plek in die lewe geroep is: om gewone mense ingelig te hou. Die hele belaglikheid herinner my sterk aan die kinderverhaal Die keiser se nuwe klere. Jy mag sien. Jy mag weet. Jy mag net nie daaroor berig nie. Anchien Troskie Please feel free to comment on LitNet’s letter page, SêNet, by sending a letter to webvoet@litnet.co.za. << Terug na Mediavryheid-indeksblad...

Taaltrots vir almal
Anzil Kulsen - 2010-09-01
Afrikaans is jonk, veelkleurig en sexy. Afrikaanssprekendes uit alle geledere het ten minste een gemene deler: hul passie vir die taal wat hulle praat. Sprekers van ander variante van Afrikaans het by die konferensie hul kommer uitgespreek dat hulle dalk uitgesluit mag word by debatvoering rondom die taalkwessie. “Hoekom nog debatteer oor die taal?” wonder ek heimlik. Solank ek in staat is om te dink, praat en skryf in my taal, kan ander op hul kop staan. “Die gesprekvoering...

Ons protesteer: ’n Bietjie kritiese selfrefleksie sou dié (noodsaaklike) handhawing van beginsels meer morele gewig gee
Marianne de Jong - 2010-09-01
Ek ondersteun die verset teen die beoogde mediatribunaal van die ANC. My generasie, wat apartheid geleef en beleef het, ken die maniere waarop ’n staat sy dispositiewe formuleer as hy vryheid van spraak wil beheer en dissiplineer. Tog laat Hélène Passtoors se stuk die versetstryders ’n bietjie lyk na mannetjie wat vrolik op die “vryheid van spraak”- perdjie spring asof ’n beginsel ’n nuwe speelding teen die ANC is. ’n Bietjie kritiese selfrefleksie...

Ons protesteer: In die literatuur, joernalistiek en wetenskap word nasies gesmee
Ian Raper - 2010-09-01
President Die rol van die demokrasie is om regerings aan bande te lê, en die media is in die voorste linie. Anders is daar geen ontsag vir ander menings, andersdenke en andersgelowigheid nie. Die demokrasie met vrye media is die gesondste teenrevolusionêre middel wat ons al uitgevind het. In arenas soos die literatuur, die joernalistiek en die wetenskap word nasies gesmee. Huldig die Grondwet, asseblief, en laat ons in die Vrye Wêreld bly en gedy. Ian Raper Nasionale President...

Ons protesteer
Madri Victor - 2010-09-01
Hiermee voeg ek my stem by die protes oor die beoogde Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting. ’n Land wat sy media en skrywers só muilband, kan nooit werklik vry en onafhanklik wees nie. Ons het te lank vir hierdie voorreg en vryheid geveg om weer die pad na sensuur te stap. Madri Victor Please feel free to comment on LitNet’s letter page, SêNet, by sending a letter to webvoet@litnet.co.za. << Terug na Mediavryheid-indeksblad | Back to index << <<...

Kom ons doen wat ons moet doen! Dis tyd vir Aksie
Michael le Cordeur - 2010-09-01
’n Terugblik op die pasafgelope Onderwyskonferensie van die Afrikaanse Taalraad (ATR) wat aan die voet van Tafelberg in die KunsteKaap gehou is, is soos om wakker te word na ’n heerlike droom. Daar is egter een fundamentele verskil: hierdie droom kan ’n werklikheid word, maar dit sal harde werk kos. Gelukkig was die Afrikaanssprekende nog nooit skaam om sy moue op te rol nie. Vier aspekte het vir my na vore gekom: 1. Ons moet kennis neem dat die oorhoofse Afrikaanse landskap aan...

My indrukke van die pas afgelope ATR-beraad (26-28 Augustus 2010, KunsteKaap, Kaapstad)
Wannie Carstens - 2010-09-01
Die beraad was vir my ’n hoogtepunt vanuit ’n paar perspektiewe: Daar was duidelike groei in die betrokkenheid van die Afrikaanse taalgemeenskap by die aktiwiteite van die ATR. Dit word weerspieël in die “opdrag” aan die ATR-direksie om ’n strategiese taalplan te gaan saamstel, dan met die betrokke organisasies te konsulteer, en dit dan ten uitvoer te bring met die hulp van die lidorganisasies. Dit beteken dat die lidorganisasies nou medeverantwoordelikheid...

Hoekom het ek verkies om Afrikaans te leer, en wat beteken dit vir my?
Christiane Simon - 2010-08-31
Hoekom het ek verkies om Afrikaans te leer? Die eerste rede: omdat ek dit móés doen. Dit was een van die vereistes vir my nuwe werk, want dit is dikwels nodig vir ons eredienste of die kommunikasie met familielede wat nie Duitssprekend is nie. Maar daar was geen tydvoorgawe vir my nie en niemand het verwag dat ek dit binne ses maande sal praat nie. Maar daardie “plig” was vir my van die begin af ’n groot vreugde en ’n wonderlike kans. Ek het gevoel ek kan nou...

Ons protesteer: Waarvoor was ons struggle dan?
Willem Fransman - 2010-08-31
Uiteindelik is daar ’n kwessie waaraan ek my onvoorwaardelike steun wil gee. Ek was te jonk en glad nie ’n skrywer gedurende die sensuur-era nie. En nou, noudat ons langverwagte demokrasie gekom het en ons gereken het dat die tyd van oopskryf en uitskryf aangekom het, is hierdie drakoniese wette aan’t opmars. Dis mos genoeg om te vra: Waarvoor was ons struggle dan? Maar ons weet van ’n alternatiewe pers (lees “Grassroots” en “Ons Staan Saam”,...

Ons protesteer: Jakkalse klein en groot
Johann de Lange - 2010-08-30
Noem my sinies, maar ek kan nie glo dat enigiemand op hierdie forum verbaas of geskok kan wees oor die jongste verwikkelinge rondom spraak- en persvryheid nie. Dis ’n proses wat al in 1994 begin het, en daar is niks in die geskiedenis van hierdie kontinent wat my ’n ander uitkoms laat verwag nie. Ons het stelselmatig vryhede prysgegee: regstellende aksie was die eerste skuif, gevolg deur iets oënskynlik onskuldig soos die verander van streeks-, stads- en straatname. Later...

Ons protesteer: Die nagemmer moet hier stop
Charl-Pierre Naudé - 2010-08-30
Die selfvertroue waarmee die regering hierdie wetgewing nastreef, is nie vandag gebore nie. Ons – die burgers van hierdie land – het dit aan hulle gegee, deur ons stilswye op verskeie fronte - wat betref ander wettte wat ewe onkonstitusioneel is. Een voorbeeld: Media24, waarby hierdie forum, LitNet, inskakel, stuur aan medewerkers vorms uit waarin van hulle - die medewerkers, die skrywers, no less - vereis word om hulle identiteit in terme van apartheid se raskategorieë te...

Ons protesteer
Prof DR Schreuder - 2010-08-30
Ek maak hiermee ten sterkste beswaar teen die voorgenome Wetsontwerp op Beskerming van Inligting, aangesien dit gebruik kan word om skrywers te muilband, asook om die pers te sensor wanneer onreëlmatighede in die regering blootgelê word. Prof DR Schreuder Please feel free to comment on LitNet’s letter page, SêNet, by sending a letter to webvoet@litnet.co.za. << Terug na Mediavryheid-indeksblad | Back to index << << Terug na miniseminare | Back to...

Ons protesteer
Marié Heese - 2010-08-30
As skrywer, leser, kieser en landsburger steun ek van harte die weerstand teen die beoogde wetgewing rakende die media, asook die beplande mediatribunaal. Daar bestaan reeds voldoende opsies vir persone wat voel hulle is deur die media verontreg om protes aan te teken. Sou die beoogde maatreëls aanvaar word, sal ons soos John Milton in die sewentiende eeu kan weeklaag: “Hierdie beoogde onderdrukking van inligting en kritiese analise wat mag gee aan ’n oligargie van gulsiges,...

Ons protesteer
Pieter Strauss - 2010-08-30
Geagte Medeskrywers Ek ondersteun dié versoekskrif absoluut en ten volle. Die dreigemente rondom die skepping van ’n mediatribunaal forseer ons jong demokrasie in trurat. Mag ons en ons lesers hiervan gespaar bly tot in lengte van dae. Amen. Pieter Strauss Kontreiverhaalskrywer, digter, onderwyser en vryskutjoernalis Please feel free to comment on LitNet’s letter page, SêNet, by sending a letter to webvoet@litnet.co.za. << Terug na Mediavryheid-indeksblad...

Ons protesteer
Trisa Hugo - 2010-08-30
Aanvanklik het ek gedink ek is glad nie bang vir die inperking van mediavryheid nie, aangesien ons tegnologie aan ons kant het en sosiale netwerke kan gebruik om ons stemme te laat hoor. Die besef het stadigaan gekom dat ek bloot te bang was om aan die gevolge daarvan te dink. Ek protesteer. Trisa Hugo Please feel free to comment on LitNet’s letter page, SêNet, by sending a letter to webvoet@litnet.co.za. << Terug na Mediavryheid-indeksblad | Back to index << <<...

Ons protesteer
Nici Harmse - 2010-08-30


Ons protesteer
Pieter Bloem - 2010-08-30


Ons protesteer: Die onderskeid tussen gesonde openbare debat en swak beriggewing
Irna van Zyl - 2010-08-30
Gaan ons regering dan nou al die foute van die apartheidsregering een vir een herhaal? Is dit so moeilik om te erken dat ’n land sonder persvryheid nie meer ’n vrye land is nie? Hierdie beoogde wetgewing is die begin van die einde van wat so ’n gesonde demokrasie kan wees. Ons het ’n skitterende Wêreldbeker agter die rug – ene waarin Suid-Afrikaners soos lanklaas agter dieselfde doelwit verenig is. Nog ’n hoogtepunt om op te teken uit hoeveel meelewing...

Ons protesteer
Henning Snyman - 2010-08-27
Voeg asseblief my naam by die lys van protesteerders teen nuwe pogings om vrye mening en dus vrye denke aan bande te lê. Om magsbeheer oor die woord te soek, is die ergste miskenning van demokrasie. Moet ons vryheid weer van ons weggeneem word? Henning Snyman Also, please feel free to comment on LitNet’s letter page, SêNet, by sending a letter to webvoet@litnet.co.za. << Terug na Mediavryheid-indeksblad | Back to index << << Terug na miniseminare...

Ons protesteer
Wilfred Jonckheere - 2010-08-27
Hiermee wil ek my sterkste protes te kenne gee teen die beoogde Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting. Dié beknotting van basiese regte druis in teen alles waarvoor demokrasie staan. Die ANC-leiers het gerieflik hulle ou ideale vergeet. Hulle ware kleure begin verskyn. Groete Wilfred Jonckheere Also, please feel free to comment on LitNet’s letter page, SêNet, by sending a letter to webvoet@litnet.co.za. << Terug na Mediavryheid-indeksblad | Back to index...

Freedom of the press - National Party of South Africa
Connie Mulder - 2010-08-26
Connie Mulder, voormalige Nasionale Party minister. Uit die argiewe opgediep deur Robert Pearce. I do just want to dwell for a few moments on the matter before us. I want to state categorically that the bill does not encroach upon the freedom of the press. The contrary is true. It is of vital importance to know that it is being provided that a press code is to be applied in such a way that the freedom of the press in South Africa is to be upheld. This is stated in the bill. Never before has...

Ons protesteer: Trap eerder op tone, as om nie te trap
Beer Adriaanse - 2010-08-26
Ek wens al lank dat ek iets kontroversieel genoeg kan skryf dat ek in die moeilikheid daarvoor kom. As skrywer is dit jou maklikste kortpad na roem. Hier en daar het ek al op tone getrap met rubrieke oor geloof en seksualiteit, en ek het selfs een keer uitgevaar teen rassiste. Alles tevergeefs. Nie genoeg mense lees my rubrieke dat enige iemand kwaad genoeg kan raak om my die ombudsman aan te kla nie. Binnekort kan hierdie dalk verander. Die media is onder skoot van die regerende party, en...

Ons protesteer: Suid-Afrika en al sy mense verdien beter!
Marlene le Roux - 2010-08-26
Ek beskou die beoogde Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting as ’n verregaande vergryp teen die vrye pers en die vloei van inligting. As sodanig is dit ’n ernstige aantasting van ons jong en brose demokrasie. In die lig hiervan wil ek graag my solidariteit met al my regdenkende medelandsburgers, wat die vrye pers en die demokrasie lief het, betoon en hulle ook oproep om hulle ten sterkste teen die beoogde wetsontwerp uit te spreek. Suid-Afrika en al sy mense verdien beter! Marlene...

Ons protesteer: Daar moet ernstige vrae gevra word waarom
J Joubert - 2010-08-26
Hiermee wil ek ook my stem voeg by ander skrywers wat ten sterkste beswaar maak teen die sensuurmaatreëls in die beoogde Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting. Die deurvoer van so ’n stap sal verreikende gevolge hê, die hele prinsiep van demokrasie skaad en ook lei tot die onderdrukking van belangrike inligting waartoe elke landsburger die reg het om van kennis te neem. Die hele agenda rondom hierdie situasie, die redenasies van hulle wat dit verdedig en wil afdwing en propageer,...

Ons protesteer
Willie Esterhuyse - 2010-08-26


Ons protesteer
TT Cloete - 2010-08-26


Ons protesteer: Uitpluk van tonge
Karlien van der Merwe - 2010-08-26
Die mees positiewe gedagte waaronder ek onder die huidige bewind paniekerig kon vasklou, was die strooihalm-klein hoop van vryheid van spraak. Die voorgestelde wetgewing herinner sterk aan die 13de-eeuse uitpluk van die tonge van diegene wat teen die goewerneurs in Spanje en Florence kritiek gelewer het. Karlien van der Merwe Also, please feel free to comment on LitNet’s letter page, SêNet, by sending a letter to webvoet@litnet.co.za. << Terug na Mediavryheid-indeksblad...

Ons protesteer
Myicelie Pienaar - 2010-08-26


Ons protesteer
DJ Winterbach - 2010-08-26


Ons protesteer: "Just another slip of paper"
Kobus Victor - 2010-08-25
Ek is maar ’n gewone burger van die land en nie baie hoog op in die politiek en al hierdie hogere dinge nie. Maar ek het die debat oor die beoogde wetgewing oor die beheer van inligting en die moontlike instelling van ’n tribunaal nougeset gevolg. Van die begin af het dit by my ’n groot ongemaklikheid veroorsaak. Dit het my laat terugdink aan die era voor 1994 en hoe inligting toe deur die staat gemanipuleer is. Noodsaaklike inligting is van die gewone burger weerhou. Of inligting...

Ons protesteer: Demokrasie van die woord
Susan Smith - 2010-08-25
Die gevaarligte begin flikker wanneer vryheid van uitdrukking, soos tans in ons Grondwet verskans, onder druk kom. Die manier waarop skrywers, digters, joernaliste en alle penneswaaiers die geskrewe en gedrukte woord gebruik, is tans in gedrang. Ek voeg dus my stem by dié van ’n menigte ander om kapsie te maak teen die voorgenome Mediatribunaal, wat, soos André Brink dit stel, niks anders as “woordpolisie” is nie. Susan Smith Akademikus en digter Also,...

Ons protesteer
Idilette van Deventer - 2010-08-25
Beste LitNet Net om my stem te sit by die koor wat teen hierdie beplande wetgewing behoort op te staan. Dit is met afgryse dat ek, wat self ’n kind van die apartheidsjare is en weet hoe gevaarlik beperkte en gemanipuleerde inligting vir ’n volk kan wees, daarvan deur die media, beide Engels (SAFM) en Afrikaans (RSG), en TV-debatte kennis geneem het. Sterkte met hierdie poging. Vriendelike groete Idilette van Deventer Also, please feel free to comment on LitNet’s letter...

Hoekom leer ’n Hollander Afrikaans praat?
Almatine Leene - 2010-08-25
In 2004 het ek vir die eerste keer Suid-Afrika toe gekom. Terwyl ek als probeer reël het vir die reis, was dit vir my nuut om te hoor een van die land se tale is Afrikaans. Vyf maande voor ek Nederland verlaat het, het ek ’n Afrikaanse boek probeer lees. Na twee bladsye het ek ophou lees, dit het my baie deurmekaar gemaak. Tog het ek geweet dat dit oor ’n rukkie nie meer ’n probleem sou wees nie. Dit was vir my logies ek sou Afrikaans leer praat. Toe ek eenmaal in Suid-Afrika...

Meertalige universiteite werk nie
Christo van Rensburg - 2010-08-25
Net 32 persent Afrikaans! Die Universiteit van Pretoria was eens die trotse grootste Afrikaanse universiteit in Suid-Afrika. Trots op sy uitsette: op die meeste ingenieurs en medici in die land wat hierdie universiteit alma mater kan noem, asook duisende suksesvolle regspraktisyns, joernaliste, teoloë, ens. Noem maar op. Ook Afrikaanse skrywers en digters, en leiers op die gebiede van mynbou en ekonomie, en navorsers van naam. Elkeen van die fakulteite het presteerders gelewer op wie die land...

Ons protesteer: Laat die media toe om hul demokratiese reg uit te oefen
Elmarie Waltman - 2010-08-25
Ek ondersteun hiermee die petisie dat die media soos dit tans daar uitsien, onder geen vorm van sensuur geplaas moet word nie. Ons kan nie terug beweeg na argaïese vorme van dink nie, ons moet vorentoe beweeg! Internasionale medianetwerke stem saam! Laat die media toe om hul demokratiese reg uit te oefen. Mooi bly. Elmarie Waltman Also, please feel free to comment on LitNet’s letter page, SêNet, by sending a letter to webvoet@litnet.co.za. << Terug na Mediavryheid-indeksblad...

Ons protesteer: Ek’s te oud om te wonder, maar kan darem nog spring
Piet Steyn - 2010-08-25
My jong dae was ’n wonderlike tyd. Ons het altyd gewonder oor alles. Blou Willem Theron stel dit baie goed: hy skryf dat hy eers op sy wittebrood agtergekom het dat vrouens nie rêrig sterre op hulle borste se punte het nie. Ons gaan tog sekerlik nie terug na daardie dae nie! Hierdie planne van die regering gaan egter nie oor pornografie nie, maar eerder oor hulle onvermoë om te regeer, en dit is noodsaaklik dat die massas dit weet - nie wonder oor wat agter die blink sterretjies...


<< 1 2 3 4 9 >>