Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > SeminaarKamer | Seminar Room > Afrikaans

Afrikaans


<< 1 2 3 4 13 >>

Wat is goeie wetenskap? Wieland Gevers en Susan Veldsman reageer
Wieland Gevers - 2011-02-09
Wieland Gevers (hoofskrywer) en Susan Veldsman reageer op die artikel “Onderweg na goeie wetenskap 2: Die funksie van strategie, visie en beleid” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Fanie de Beer en Braam Roux. Die uitgebreide artikel deur Braam Roux en Fanie de Beer getiteld “Onderweg na goeie wetenskap 2: Die funksie van strategie, visie en beleid” is een van die mees deurdagte onlangse bydraes tot wesentlike kwessies rakende wetenskapsbeleid...

Wat is goeie wetenskap? Melodie Nthling Slabbert reageer
Melodie Neethling Slabbert - 2011-02-09
Melodie Nöthling Slabbert reageer op die artikel “Onderweg na goeie wetenskap 2: Die funksie van strategie, visie en beleid” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Fanie de Beer en Braam Roux. Braam Roux en Fanie de Beer se bespreking oor die strewe na goeie wetenskap in ’n reeks van vier artikels (“Onderweg na goeie wetenskap”), waarvan twee reeds op LitNet Akademies verskyn het, nl “Ewekniebeoordeling: betroubare weegskaal of vyfde...

Jannie Pretorius reageer op die miniseminaar oor sy artikel in LitNet Akademies wat die pedagogiese hoedanighede van ’n goeie onderwyser op waarderende wyse ondersoek
Jannie Pretorius - 2011-02-09
Jannie Pretorius reageer op die miniseminaarbydraes oor sy artikel “’n Waarderende ondersoek na die pedagogiese hoedanighede van Gerhardus P.V. Bosch” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling. Ek wil eerstens my opregte dank uitspreek teenoor LitNet Akademies, Wolhuter en Berkhout vir die waarde wat hulle tot my artikel toevoeg deur die aanlyn-seminaar daaroor. Dit verskaf my onverdunde plesier dat die debat binne die relatief nuwe veld van Waarderende Ondersoek (WO)...

Die boek in krisis: 'n Reaksie op ''Die onsigbare voet van marksensuur'' deur Laurens van Krevelen
Nicol Stassen - 2011-02-08
Laurens van Krevelen het op 18 Desember 2010 die jaarlikse Nederlandse PEN-lesing by De Balie in Amsterdam gehou (http://www.debalie.nl). Lees Francis Galloway se Afrikaanse verwerking van die lesing hier. Ons hoop dat die plasing van hierdie lesing ’n gesprek sal stimuleer oor die stand van die (Afrikaanse) boekbedryf. Is daar ook hier by ons tekens van die wêreldwye impak van winsbejag en marksensuur? Is daar ’n afname in die verskeidenheid en geskakeerdheid van die boek-aanbod?...

Die boek in krisis: Hoe die ANC bepaal wat leerlinge mag weet
Charles Malan - 2011-01-31
Die ANC se huidige bedreiging van spraakvryheid met wetgewing oor mediabeheer en inligtingbeperking is maar net die oortjies van ’n vet seekoei wat opvoeding betref. Die magsugtige regime is reeds besig om ’n ystergreep op die beheer van kennis en inligting vir toekomstige geslagte leerlinge te verkry. Is dit vergesog dat skimagtige groepe in Luthuli-huis of waar ook al kan besluit wat kinders mag weet of leer? Kan hulle leerstof nie slegs sensureer nie, maar totaal oorneem? Kan hulle...

Die boek in krisis: 'n Reaksie op ''Die onsigbare voet van marksensuur'' deur Laurens van Krevelen
Riana Barnard - 2011-01-26
Laurens van Krevelen het op 18 Desember 2010 die jaarlikse Nederlandse PEN-lesing by De Balie in Amsterdam gehou (http://www.debalie.nl). Lees Francis Galloway se Afrikaanse verwerking van die lesing hier. Ons hoop dat die plasing van hierdie lesing ’n gesprek sal stimuleer oor die stand van die (Afrikaanse) boekbedryf. Is daar ook hier by ons tekens van die wêreldwye impak van winsbejag en marksensuur? Is daar ’n afname in die verskeidenheid en geskakeerdheid van die boek-aanbod?...

Die boek in krisis: 'n Reaksie op ''Die onsigbare voet van marksensuur'' deur Laurens van Krevelen
Kerneels Breytenbach - 2011-01-18
Laurens van Krevelen het op 18 Desember 2010 die jaarlikse Nederlandse PEN-lesing by De Balie in Amsterdam gehou (http://www.debalie.nl). Lees Francis Galloway se Afrikaanse verwerking van die lesing hier. Ons hoop dat die plasing van hierdie lesing ’n gesprek sal stimuleer oor die stand van die (Afrikaanse) boekbedryf. Is daar ook hier by ons tekens van die wêreldwye impak van winsbejag en marksensuur? Is daar ’n afname in die verskeidenheid en geskakeerdheid van die boek-aanbod?...

Die boek in krisis: Die onsigbare voet van marksensuur
Laurens van Krevelen - 2011-01-18
Laurens van Krevelen het op 18 Desember 2010 die jaarlikse Nederlandse PEN-lesing by De Balie in Amsterdam gehou (http://www.debalie.nl). Francis Galloway het die lesing in Afrikaans verwerk. Ons hoop dat die plasing van hierdie lesing ’n gesprek sal stimuleer oor die stand van die (Afrikaanse) boekbedryf. Is daar ook hier by ons tekens van die wêreldwye impak van winsbejag en marksensuur? Is daar ’n afname in die verskeidenheid en geskakeerdheid van die boek-aanbod? Watter teenvoeters...

’n Alternatiewe mening oor Max du Preez se Dwars – Mymeringe van ’n gebleikte Afrikaan
Schalk de Beer - 2011-01-06
Du Preez beweer onder andere in Dwars dat vroe‘ Afrikaners hulle slawe sleg behandel het, die Voortrekkers “’n rowwe ingeteelde lot” was (“Ossewa Trash”) wat die grond wat hulle beset het, “gesteel” het (51), dat die Suid-Afrikaanse regering besig was om “weens hulle eie arrogansie en onkunde ’n spel te speel wat nie in belang van die mense in Namibi‘ was nie” (123), en in besonder dat hulle regering ’n verskriklik onregverdige beleid...

WikiLeaks se lekkasie is reeds by ons
Charles Malan - 2010-12-24
WikiLeaks laat konings sidder en kan koninkryke laat verkrummel. Geen ander fenomeen het nog so duidelik die ongekende mag van die internet getoon nie. Die klikbekwebblad het bevestig dat ’n verstommende revolusie plaasgevind het, byna so omvangryk as die verskynsel van die internet self. Die houvas van byna elke magsugtige heerser, regering, mafiabaas, BBP-burokraat, tenderpreneur, korporatiewe knoeier of selfs kleiner kraaiende haantjies op hulle mishopies word ernstig bedreig. Wat hier...

WikiLeaks: Waar trek mens die streep?
Arrie Rossouw - 2010-12-24
As redakteur van Beeld, Die Burger, News24 en 24.com was my benadering deurgaans dat ons as redaksie in die eerste plek ’n “opdrag” het om inligting aan die breë publiek te verskaf. En dit het beslag gekry in verskeie berigte en ondersoekende artikels oor onderwerpe of persone wat in die openbare oog was of aan die hoof gestaan het van instellings wat deur die belastingbetalers gefinansier is, of geldelike en/of morele steun van die publiek ontvang het. Soms was die fokus...

Politeogie
Murray Hofmeyr - 2010-12-22
Die Evangelie is ’n mag, sê Paulus. Die woord wat hy vir mag gebruik, is ook die woord vir moontlikheid (dunamis). ’n Mens sou van die mag van die moontlikheid kon praat. Hierdie mag is werksaam in die wêreld. Die wêreld is samelewing en geskiedenis. Dis ’n spesifieke manier van saam lewe wat geword het wat dit is. Konstantyn het ’n groot rol gespeel in die maak van ons wêreld. Dat dit anders kan word, is nie buite die kwessie nie. Nog ’n gebeurtenis...

Moet ons Konstantyn blameer?
Bram van de Beek - 2010-12-22
Goosen en Brand, aangespoor deur ’n artikel van Milbank, het die debat oor godsdiens en politiek ’n hupstoot gegee. Ek meng my in hierdie diskussie met ’n paar oorwegings wat ek ontwikkel het in ’n klomp konferensies oor die tema, waarby my gedagtes veral gevoed is deur Christlike denkers van voor die tyd van Konstantyn. Ek ontwikkel my gedagtes aan die hand van ’n paar stellings. 1. Politieke mag kan nie sonder godsdiens nie. Die moderne idee van ’n strikte...

Watter mag? Wie se vrede? Ter verdediging van ’n kerk en teologie wat nie vir Konstantyn wil verdedig nie
Robert Vosloo - 2010-12-21
In sy belangrike artikel “Mag is noodsaaklik vir vrede: Ter verdediging van Konstantyn” nooi Danie Goosen ons uit om opnuut oor die figuur van Konstantyn, en sy impak op die kerk en die kultuur, te besin. Maar die uitnodiging sny ook dieper: dit vra na duidelikheid oor wat Goosen as die “teologies-politieke probleem” benoem – ’n saak wat inderdaad indringende besinning verg. Goosen begin sy artikel deur sy dosente se negatiewe reaksie op Konstantyn in herinnering...

Suid-Afrika op die praatbank: “Ma, sien Ma dan nie dat ek aan die brand is nie?”
Benda Hofmeyr - 2010-12-17
Sy lê op die praatbank en ek sit soos ’n kranige psigoanalitikus en luister. Nie dat ek ’n iets weet van psigoanalise af of dat sy al ’n woord gerep het nie. Sy lê en staar en ek sit en kyk. Ek kyk na haar welgevormde liggaam, haar lenige ledemate en krampagtig ineengevlegde vingers. Dis die enigste teken dat sy op ’n praatbank eerder as op ’n branderplank lê. Dit is haar vingers wat tot my spreek soos net Levinas se gelaat tot ’n ander kan spreek....

Is die hand van Suid-Afrikaanse kritici te sag?
Francois Verster - 2010-12-08
Die debat op LitNet oor Suid-Afrika se resensente (“Is die hand van Suid-Afrikaanse kritici te sag?”) is nogal interessant, al dien dit grootliks as versterking van mens se vermoedens. Sommige mense het nogal goeie kommentare te lewer – ook Crito se stelling dat resensente meer skeppend kan skryf. Uiteraard is dit meer toepaslik op LitNet, waar daar ruimte is om dit te doen – en hier is dit iets wat nogal soms misgekyk word: jy kan nie ‘n 500-woord-, in-‘n-resep-vasgekettingde...

Mag is noodsaaklik vir vrede: Ter verdediging van Konstantyn
Danie Goosen - 2010-12-07
Vandat ek kan onthou, het ’n afkeurende trek om die mondhoeke van my dosente verskyn as die naam Konstantyn die Grote (c 274-337) ter sprake gebring is. Hulle was – en is na alle waarskynlikheid steeds – daarvan oortuig dat dié Romeinse keiser die Christelike godsdiens ’n enorme onguns bewys het deur dit tot “staatsgodsdiens” uit te roep. As rede vir hulle afkeurende houding het my dosente aangevoer dat Konstantyn die jong en dinamiese kerk vir politieke...

Is die hand van Suid-Afrikaanse kritici te sag? Oor resensies
JB Roux - 2010-12-07
In ’n onlangse resensie verwys ek ’n skrywer terug skryfskool toe. Sy krabbel ’n boodskappie op my Facebook-muur en maak my af as “venynig”. Ek skrik my koud vir dié graffiti: sê nou my slotsom wás te kras? Net daar stuur ek vir haar ’n e-pos en oortree so die eerste reël vir resensieskrywers: moet nooit ’n oordeelsfout erken nie, nie eens teenoor God nie. En die tweede wat hiermee gelyk staan: ’n resensent vra nooit...

Is die hand van Suid-Afrikaanse kritici te sag?
Malene Breytenbach - 2010-12-03
Kritiek is nodig, maar dit moenie smoor nie. Dit is veel makliker om te kritiseer as te skep. By al die kunste is daar resensente/kritici wat hulle aanmatig om ander se werk te beoordeel. Soms sit hulle die stoel skoon mis. Ongenadige kritiek kan so kwetsend wees dat ’n mens oor jou eie vermoëns twyfel. Dit is nie bevorderlik vir skep nie. Kritiek ten opsigte van ons kuns is nie te sag nie. Soms is dit striemend. Hou net in gedagte dat dit onmoontlik is om uiteenlopende smake tevrede...

Is die hand van Suid-Afrikaanse kritici te sag? Ons sagte hande
Izak de Vries - 2010-12-03
Spasie in ons koerante is só beperk dat die essensie van ’n boek baie vinnig in ’n resensie moet oorkom. Alle Suid-Afrikaanse uitgewers is boonop afhanklik van die “advertensiewaarde” van ’n resensie. As ons ’n digbundel stuur aan elke Afrikaanse koerant in die land, praat ons soms van twee persent van die drukoplaag wat weggegee word. Lesers van boeke is intelligent. Daar is subtiele maniere om ’n leser opgewonde te maak oor ’n teks, of af...

Is die hand van SA kritici te sag? Oor literatuurkritiek
Joan Hambidge - 2010-12-02
Waarskynlik het die Afrikaanse literatuurkritiek sagter geword vergeleke met die tagtigerjare toe ons noodtoestande beleef het en daar selfs van skrywers verwag was om “betrokke” te skryf. Nou beleef ons die keerkant van die munt: ’n nuwe politieke geweld met skrywers wat in opstand kom. Felle kritiek was daar in die tagtigerjare, en waarskynlik word boeke aangeprys binne hierdie nuwe politieke klimaat met die vrees dat Afrikaans sal uitsterf – om Jameson se “political...

Is die hand van Suid-Afrikaanse kritici te sag?
Crito - 2010-12-02
Mens hoef eintlik nie eers te wonder oor die antwoord op só ’n vraag nie. Ja! Die dae toe LI Bertyn en Kees Konyn sirkulasiesnellers was, is verby. Ek het al begin vir lief neem met die feit dat die meeste boekresensente in die akademie staan en goedhartige mense is wat nie graag aanstoot gee nie. Ten minste kry mens dan ingeligte vakkundige menings. Wat my wel kwel, is dat daar bitter min resensente is wat goeie ou retoriese middele soos metafoor, ironie, sarkasme, satire en gewoon...

Suid-Afrika op die praatbank: Die pasiënt tussen wanhoop en hoop
Pieter Kapp - 2010-11-24
Die pasiënt is diep gekwel en verkeer op die rand van skisofrenie of depressie. Sy gemoedstoestand wissel tussen idealistiese hoop en demoraliserende uitsigloosheid op ’n toekoms wat vir hom skynbaar niks meer bied nie. Die pole kan omskryf word as groot idealisme aan die een kant wat glo dat die goeie waardes in die Grondwet en die goeie trou van die heersende magte in die land redelik gemaklik gewen kan word as ons met die maksimum instemming en samewerking by hulle belange kan aansluiting...

Suid-Afrika op die praatbank: Vaderland Suid-Afrika
Joan Hambidge - 2010-11-23
Nou onlangs skryf Jerry Aline Flieger in Is Oedipus online? Sitting Freud after Freud (2005) oor ons verhouding met rekenaars, e-pos en al sy avatare. In Rapport van 14 deser skryf Nina Overton-De Klerk (“Facebook en Twitter sal die land bevry”) oor die impak van die tegnologiese verandering (soos blogs en Facebook) op sowel die individu as die politiek. Sy maak tereg die opmerking dat Facebook oa ons kan bevry van onderdrukking; die Woolworths-sage en die sensurering van Christelike...

Suid-Afrika op die praatbank: Semigrant (God in SA)
Christo Lombaard - 2010-11-23
Ek het gesemigreer. Maar ek dog dan U is orals? Ek is waar Ek is. En in Suid-Afrika wil Ek nie wees nie. Al glo só baie mense hier in U? 80%-plus Christene, en dan nog Jode, en Muslims, en ...? Wat tel statistiek? Dink jy nommers som my op, jobsvriend? Laat ek enetjie jou kant toe gooi. 17 000. Dit was die goeie nuus van verlede jaar in Suid-Afrika: dat die moordsyfer ter 17 000’s neergedaal het. Dít word dan met trótse fanfare aangekondig! Wie wil nou onder sulke mense...

Suid-Afrika op die praatbank: Die lyf ly
Albert Venter - 2010-11-23
Ek is die politieke lyf van die geliefde land. Die lyf ly. Sy ly omdat politici vir die afgelope 65 jaar in my lyf die politiek van geloof bedryf. Pleks dat hulle die politiek gebruik om te regeer, om dit wat prakties uitvoerbaar is te doen, wil hulle my in die keurslyf van ’n politieke geloofsbelydenis indruk. Eers was dit die Natte wat ’n apartheid-Kokanje vir die Boere-Afrikaners probeer bou het. Nou is dit die Drieparty-Alliansie wat in die naam van die vryheidstryd en die Nasionale...

Suid-Afrika op die praatbank: Sonder luister – die geesteswetenskappe in Suid-Afrika
Desmond Painter - 2010-11-17
In ’n opstel wat nou reeds kanonieke status in die geesteswetenskappe verkry het, vra Gayatri Spivak (1993) hierdie steeds dwingend relevante vraag: “Can the subaltern speak?” Die “subaltern”-verwysing hier is na die stilgemaakte en andersins stemlose subjekte van die (veral koloniale) geskiedenis; na hulle wat die produkte is van imperialistiese projekte van subjektivering en wat voortdurend onderhewig bly – wanneer hulle wel objekte van kennis word; wanneer daar,...

‘‘Die middag is een en al herinnering.’’ Aan SV Petersen
Danie Botha - 2010-11-16
Ien en out de wiendou, êes jou hef dan biefô … My opskrif vir hierdie teks is ’n aangepaste aanhaling uit SV Petersen se gedig “Ballade van die eenling” (Die kinders van Kain): ”Die aand is een en al herinnering”. Die motto kom uit dieselfde gedig. Toe ek begin werk het aan hierdie teks, het ek kort-kort met my geheue gestry. Was dit nou so, of was dit nie? Wat was die redes, die motiewe agter seker gebeure? Ek het ongelukkig nie indertyd dagboek...

Suid-Afrika op die praatbank: Godsdiens op die rusbank
Cas Vos - 2010-11-16
Van die begin af het God en die mens vasgesit. Al het alles edel en skoon begin. Twis het gou uitgebreek. God en die mens is van mekaar vervreem. Vervreemding is in die mens se bloed. Maar daar het nóg ellende gewag. Die een broer het die ander doodgeslaan. En dit was die begin van die een moordslag na die ander. Die geskiedenisboeke is met bloed geskryf. Van 1652 af tot vandag toe. Verskillende gode het deur die eeue om die besit van mense se harte gebie. Soos op ’n vendusie,...

Suid-Afrika op die praatbank: My land se mond praat pront
Zandra Bezuidenhout - 2010-11-16
Suid-Afrika lê op die pynbank en sy braak. Ek hoor haar aan terwyl sy stik aan die viesigheid wat by haar strot, neus en ore uitkom; aan alles wat sy altyd teruggesluk het ter wille van skynordentlikheid – en behendig ook, want dis hoe sy gepekel is, oor geslagte heen, as pure biltongland. Luister na haar stotterspraak uit haar diepste gedermte: “Ek is op van maak of dit oukei is met my en my vodderige volk. Want ek is tot kotsens toe naar van die soort mense wat ons is: kuddes...

Suid-Afrika op die praatbank: Haar lyf is seer
Bert Olivier - 2010-11-16
Wat maak die mense hier op my lyf? Hierdie wesens wat eers geboë was, en later regop leer loop het in Moeder Afrika, is besig om droog te maak hier in die suide. Ek kan huil as ek sien hoeveel van my diere, voëls, visse en plante reeds uitgeroei is deur wat die kortsigtige mensdom so misleidend “ontwikkeling” noem. Die ironie is dat dit reëlreg teen alles indruis wat lewensbevorderlik is vir die miljoene wesens wat deur die millennia van die aarde se natuurlike ontwikkeling...

Ons protesteer
Pierre van Niekerk - 2010-11-16
Ek wil hiermee die sterkste moontlike protes aanteken teen die inperking van die media om hul werk te doen en die reg tot vryheid van spraak en mening. Dis grens werklik aan gekheid onbeskryflik. Ek sal aan enige aksie van protes hierteenoor my steun gee. Pierre van Niekerk Also, please feel free to comment on LitNet’s letter page, SêNet, by sending a letter to webvoet@litnet.co.za. << Terug na Mediavryheid-indeksblad | Back to index << << Terug na miniseminare...

Ons protesteer: Protes teen die beoogde inperking van mediavryheid
Corlia Fourie - 2010-11-16
Ek wil my naam voeg by die lys van protesteerders teen die beoogde mediawetgewing. Ons mag nooit weer terugkeer na 'n tyd waarin daar vir ons voorgeskryf word wat ons mag dink, lees, sê of skryf nie. Ons sal daarteen moet veg en aanhou veg ... sodat ons as vrye burgers in 'n vrye demokrasie kan fungeer. Corlia Fourie Also, please feel free to comment on LitNet’s letter page, SêNet, by sending a letter to webvoet@litnet.co.za. << Terug na Mediavryheid-indeksblad | Back...

Avatar: ’n Mitologie vir ons tyd? Gustav Barnard reageer
Gustav Barnard - 2010-11-11
Gustav Barnard reageer op die artikel “Avatar: ’n Mitologie vir ons tyd” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Naas Ferreira. Met sy artikel oor Avatar maak Ferreira ’n belangrike toevoeging tot die begrip van die mens op hierdie stadium van sy evolusie. Dit hou verband met sy insigte in mites en hul aard in die algemeen, asook sy kennis van die tegniese en onderliggende werklikhede van films en hul vervaardiging. Dit kwalifiseer hom uniek om diepte...

Bert Olivier reageer op die artikel “Avatar: ’n Mitologie vir ons tyd” in LitNet Akademies
Bert Olivier - 2010-11-09
Bert Olivier reageer op die artikel “Avatar: ’n Mitologie vir ons tyd” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Naas Ferreira. Naas Ferreira se artikel is interessant en tydig, vir sover die kerke – alle kerke – myns insiens al lankal uit tred is met die behoeftes van die tyd. Eintlik sou ek sover teruggaan as Nietzsche, en selfs Kierkegaard, in die 19de eeu, wat albei op hul eie manier die irrelevansie van die kerk aangetoon het. Nietzsche se...

Christo Lombaar reageer op die artikel “Avatar: ’n Mitologie vir ons tyd” in LitNet Akademies
Christo Lombaard - 2010-11-09
Wat mite kan: Christo Lombaar reageer op die artikel “Avatar: ’n Mitologie vir ons tyd” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Naas Ferreira. Die verklaring vir mites is dat hulle verklaar. Mites – en hier nie die algemene gebruik van “mite” as, plus-minus, “leun” nie, maar die tegniese gebruik van “mite” as, breedweg, “betekenisgewende meta-narratief” – is op ’n manier soos wetenskaplike...

Avatar: ’n Mitologie vir ons tyd? Christo Lombaard reageer
Christo Lombaard - 2010-11-09
Wat mite kan: Christo Lombaard reageer op die artikel “Avatar: ’n Mitologie vir ons tyd” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Naas Ferreira. Die verklaring vir mites is dat hulle verklaar. Mites – en hier nie die algemene gebruik van “mite” as, plus-minus, “leun” nie, maar die tegniese gebruik van “mite” as, breedweg, “betekenisgewende meta-narratief” – is op ’n manier soos wetenskaplike...

Avatar: ’n Mitologie vir ons tyd? Bert Olivier reageer
Bert Olivier - 2010-11-09
Bert Olivier reageer op die artikel “Avatar: ’n Mitologie vir ons tyd” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Naas Ferreira. Naas Ferreira se artikel is interessant en tydig, vir sover die kerke – alle kerke – myns insiens al lankal uit tred is met die behoeftes van die tyd. Eintlik sou ek sover teruggaan as Nietzsche, en selfs Kierkegaard, in die 19de eeu, wat albei op hul eie manier die irrelevansie van die kerk aangetoon het. Nietzsche se...

“In die vyand se kraal”. Die rol en ervaring van Afrikanervroue in die Women’s National Coalition.
2010-11-05


YouTube-onderhoud: Francis Galloway gesels oor LitNet Akademies
Francis Galloway - 2010-11-05
Francis Galloway, mederedakteur van LitNet Akademies, ’n geakkrediteerde Afrikaanse aanlynjoernaal vir die natuur- en geesteswetenskappe, gesels oor verskillende skrywers van artikels in die Geesteswetenskappe-afdeling en die vakgebiede wat gedek word. Sy deel haar toekomsplanne vir hierdie dinamiese tydskrif en bespreek ook haar eie navorsing oor aanlyn- akademiese joernale. Klik op die skakels vir nog onderhoude op YouTube: Dirk Laurie gesels oor LitNet Akademies Martin Kidd gesels...

Ons protesteer: Demokrasie – “Use it or lose it”
Manie Bosman - 2010-11-03
Die storm wat uitgebreek het in reaksie op die Regering se poging om persvryheid in Suid-Afrika in te perk, is moontlik een van die belangrikste “maak of breek”-oomblikke in ons geskiedenis sedert 1994. Nogtans lyk dit asof baie Suid-Afrikaners passief staan hieroor en nie werklik die belangrikheid van die debat besef nie. Die rede hiervoor is dalk tweeledig: Aan die een kant het Suid-Afrika waarskynlik ’n agterstand wat mediageletterdheid betref, en aan die ander kant is baie...

Ons protesteer: Die onderliggende toestand van vryheid in SA
Waldemar Gouws - 2010-11-02
Beste Bestuurder(s) Die ANC in die kussings het nie so langsamerhand nie ontaard in ’n nasionaal-gevaarlike bedorwe brokkie. Die Uitvoerende Raad van die Party se selfsugtige en eiegeregtige houding manifesteer in die Regering se neerbuigende, hovaardige en dus oneerbiedige blik op die volk (die people eintlik) van ons land. Sonder jou burgerlike regte lyk mens nogal op ’n haar na soos ’n slaaf. Die aantasting van persvryheid moet deur ons almal wat nie ideologiese maagde of nepotistiese...

Ons protesteer: Inperking van spraakvryheid
Bruno Andries - 2010-11-02


Ons protesteer: Mediatribunaal en skolevryheid
Coenraad Walters - 2010-11-02
Die instelling van die mediatribunaal en die glibberige afgly na ’n toestand in Suid-Afrika wat na iets uit George Orwell of die fantasieë van Malan en Verwoerd gaan lyk, gaan ook op die onderwys ’n spoor laat. Ek het die voorreg om Afrikaans op huistaalvlak aan te bied by ’n Engelsmedium- privaat skool. Die kurrikulum wat ons volg, is gebaseer op die nasionale Onderwysdepartement se voorskrifte, maar bied my baie vryheid ten opsigte van keuses (voorgeskrewe tekste, byvoorbeeld,...

Ons protesteer
Chanette Paul - 2010-11-02
Vryheid van spraak, met die uitsondering van haatspraak, is ’n basiese mensereg, en geheimhouding, die broeiplek van baie sondes. Ons kan nie weer gemuilband en in die duister gehou word soos in die verlede nie. My hart is vandag (10-10-28) by die protesgangers, al kan my bene nie daar wees nie. In die gees dra ek rooi en blaas ek my vuvuzela. Chanette Paul Also, please feel free to comment on LitNet’s letter page, SêNet, by sending a letter to webvoet@litnet.co.za. <<...

Ons protesteer: Spraakvryheid
Kobus Smit - 2010-11-02
Is dit nie maar in enigiets so dat wanneer jy dit tot jou voordeel kan aanwend, alles goed en aanvaarbaar is nie? Die Regering wil die media gebruik of soms misbruik om sy ideale te bereik, maar wanneer daar negatiewe blootstelling van die Regering is, dan moet dit aan bande gelê word. Die woord “demokrasie” is soos die woord “apartheid” – gebruik dit net as dit jou pas of solank dit jou pas. Die ANC het die media optimaal en, met respek, soms as propagandamiddel...

Ons protesteer
Johan A van der Merwe - 2010-11-02
Goeie dag! Hoe langer mense wag om te besluit of hulle deel wil wees van die aktiewe protes teen die voorgestelde wetgewing, hoe kleiner word die geleentheid vir hulle om iets in hierdie verband te kan en mag doen. Eers het hulle gekom vir die joernaliste – maar ek was nie ’n joernalis nie en het daarom stilgebly. Toe het hulle gekom vir die skrywers en digters – maar ek was nie ’n skrywer of digter nie en het daarom stilgebly. Toe het hulle gekom vir die ouens in die...

Implementering van die IST- (GOS-) verslae: ’n gesondheidsplan en nasionale gesondheidversekering
Marije Versteeg - 2010-11-01
Nadat 'n aantal provinsies in erge skuld beland het, het die destydse minister van gesondheid, Barbara Hogan, in 2009 die sogenaamde Integrated Support Team (IST; Geïntegreerde Ondersteuningspan, of GOS) in die lewe geroep. GOS het bevind dat daar teen April 2009 reeds R7,5 miljard rand aan oorbestee is. Ernstige probleme ten opsigte van politieke en burokratiese leierskap is ook geïdentifiseer, insluitend: ontoepaslike finansiële bestuurstelsels onvoldoende monitering en...

Suid-Afrika op die praatbank: ’n Brief oor Suid-Afrika van ’n dogter aan haar pa
Koot Reinecke - 2010-11-01
Stellenbosch 9 Desember 2009 Liewe Pa Van die oomblik af dat ek weer in Suid-Afrika terug is, het ek momenteel so wonderlik tuis gevoel tussen my vriendelike mense. Momenteel, totdat ek na ander luister en die plaaslike koerante lees. Neerdrukkende nuus. Toe besef ek opnuut dat alles hier nie pluis is nie. Onder hierdie vriendelikheid skuil daar ook ’n monster wat jou genadeloos, gewetenloos en sonder skaamte vir minder as ’n selfoon sal doodmaak. Die monster was nie altyd daar...

Suid-Afrika op die praatbank: Kan ander mense my geluk verstaan?
Hans Ester - 2010-11-01
Ek gee nie om dat my maats dalk sal dink dat ek van my verstand af is nie. Of hulle dit as ’n probleem beskou, verander heeltemal niks aan my geluksgevoel nie. Dieretuine, klein of groot, is nie aan my bestee nie. Nee, dit is ook nie die paleiskleure van Cresta of die Tuinesentrum nie, hoewel ek in laasgenoemde enklave saam met Braam de Vries dikwels heerlike koffie gedrink en die wêreld aanmekaar gesels het. Dit is die strate wat ondefinieerbaar is wat my ’n gevoel gee dat ek deel...


<< 1 2 3 4 13 >>