Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > SeminaarKamer | Seminar Room > Afrikaans

Afrikaans


<< 1 2 3 4 13 >>

Normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal. Paul Blom reageer
Paul Blom - 2011-03-23
Paul Blom reageer op die artikel “Vervreemding in die ekstreem: ’n Oorsig oor normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Burgert A Senekal. Metaal-are Met ’n geskiedenis in ekstreme musiek wat tot die vroeë 1980’s terugstrek, sal ek hierdie stuk vanuit ’n meer persoonlike perspektief benader. Met ’n liberale siening en ’n duidelike wete van reg en verkeerd absorbeer...

Die energiekrisis: hernubare oplossings vir energieverbruik ’n noodsaak
Koos Holtzhausen - 2011-03-23
In ’n hoogs interessante artikel, “Prometheus se vloek” (By, 4 Desember 2010), maak Francois Durand onder andere die stelling dat die gode die mens straf omdat hy geleer het om die aarde te beheer en te benut. In die begin het die mens oënskynlik in volkome utopiese balans met die natuur geleef: eers net plante en vrugte geëet, later leer jag en is gejag deur wilde diere. Durand toon aan hoe die mens se intellek hom in staat gestel het om verdere hulpmiddels te ontwikkel...

Normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal. Martjie Bosman reageer
Martjie Bosman - 2011-03-23
Martjie Bosman reageer op die artikel “Vervreemding in die ekstreem: ’n Oorsig oor normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Burgert A Senekal. Burgert A Senekal lewer met hierdie artikel, soos met sy ander bydraes oor Afrikaanse protesmusiek (Senekal 2010; Senekal en Van den Berg 2010), ’n waardevolle bydrae tot die kartering van die steeds uitbreidende Afrikaanse musiektoneel. Die subgenre...

Wat is goeie wetenskap? Braam Roux en Fanie de Beer reageer
Braam Roux - 2011-03-17
Braam Roux en Fanie de Beer reageer op Wieland Gevers/Susan Veldsman en Melodie Nöthling Slabbert se reaksies op hulle artikel “Onderweg na goeie wetenskap 2: Die funksie van strategie, visie en beleid” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling. In die gewaardeerde reaksies op ons artikel “Onderweg na goeie wetenskap: Die funksie van strategie, visie en beleid” het twee perspektiewe uitgekom: een wat met beleidmaking te make het (alhoewel dié “party”...

Hoekom mens nié (moet) skryf nie
Francois Verster - 2011-03-16
Daar is al baie gepraat én geskryf oor waarom mens moet skryf. Een rede is die veronderstelde terapeutiese waarde van die skryfproses. Ek wil egter aanvoer dat, soos dit die geval is met medisyne, te veel van ’n goeie ding ook sleg, selfs dodelik, kan wees. Net so het die skrywer-uitgewer Leon Rousseau onlangs in ’n koerant geskryf dat ’n vriend opgemerk het dat drank, in matige hoeveelhede, tóg heilsaam is. Dit hang natuurlik ook af van wie die drinker is –...

Elf en die sander
Johan Hattingh - 2011-03-16
Ons het vanaand van ons span se kant af by herhaling beklemtoon dat die konsepte van die self en die ander hoogs problematies is, en dat ons diep in die moeilikheid is die oomblik as ons dink ons weet wie is die self en wat is die ander. Soos kollega Paul Cilliers tereg aangetoon het, is die self te dig om in ’n paar woorde te kan voorstel, wat my laat dink dat ons eintlik moet skrik as ons besef wat alles ingemeng is in dit wat ons die self noem; en soos kollega Vasti Roodt uitgewys het, is...

Beter sonder ander?
Vasti Roodt - 2011-03-16
Eintlik wil ek nie graag hier wees nie, en julle wil my ook nie graag hier hê nie. Julle wil ook nie graag hier wees nie, en ek wil julle ook nie graag hier hê nie. Maar hier sit julle en hier staan ek. As ons nie vanaand in mekaar se geselskap vasgevang was nie, was ons iewers anders, in die valstrik van ander mense se teenwoordigheid. Daar is geen uitkomkans nie: waar ek ook al gaan, sal daar altyd ander wees. Om ’n self te wees is om altyd met ander gepla te wees. In sy bekende...

Die essensiële “ek”
Hannes Smit - 2011-03-16
Goeienaand dames en here Ek hoor dat u dit sover geniet het om na die toesprake van my kollegas te luister. Ek is egter seker dat terwyl u daarna geluister het, baie van u nie anders kon doen as om te dink: “Dis alles goed en wel, maar wat ek eintlik wil weet is: Wat sal die Taalanalitiese filosofie sê oor hierdie kwessie?”. Ek wil u komplimenteer op sulke ingeligte denke en so ’n uitstekende vraag. Ek staan vanaand hier om hierdie vraag te beantwoord. Vir dié van...

Die ander kant
Servaas van der Berg - 2011-03-16
Ek lees nou die dag vir die eerste keer, op Hannes se aanbeveling, ’n deel van ’n sport-outobiografie en, tot my verbasing, geniet ek dit toe nogal. Dit het vir my duidelik gemaak dat daar eintlik nooit soveel rede was as wat ek gedink het om die saamgeflanste biografieë van politici of onlangse sport-ikone te vermy nie. Sien, my oorspronklike reaksie teen die genre het waarskynlik minder te doen gehad met die boeke se inhoud as met ’n irriterende neiging van hulle uitgewers...

Sê nou daar ís geen ander nie?
Anton van Niekerk - 2011-03-16
Ek wil met julle iets deel wat my van kleins af agtervolg. Ek weet nie regtig of dit ’n fobie of ’n fantasie is nie. Dit betrap my nou nog soms, tydig en ontydig – in my bed, in die badkamer, as ek voor ’n klas staan, as ek my skoene skoonmaak, wanneer ek by vriende kuier, wanneer ’n verkeersman my van die pad af trek, wanneer ek rugby kyk, ja, selfs wanneer ek die koerant lees: dis die moontlikheid dat ek alleen in die wêreld is. Veral dat ander mense, wat so...

Vrye Woord: Ope brief aan Media24 oor nasionale boekeredakteur, reaksies ingesluit
2011-03-16
Ope brief aan die bestuur van Media24 Aan: Mnr Francois Groepe cc: Mnre Abraham van Zyl, Peet Kruger, Tim du Plessis Beste mnr Groepe en ander bestuurslede Vrye Woord is ’n drukgroep skrywers wat die vrymoedigheid het om u vrae oor die enkele beoogde nasionale boekeredakteur vir u streekskoerante te vra nadat mnr Tim du Plessis reeds ’n basiese verduideliking vir die besluit gegee het en ons dit aan woordwerkers help deurstuur het. U is bewus van die wydverspreide ontevredenheid oor...

Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma. Hans Ester reageer
Hans Ester - 2011-03-15
Hans Ester reageer op die artikel “Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma: ’n Verkenning van Verkenning” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Cilliers van den Berg. Die funksie van taal en die rekbaarheid van die begrip trauma Cilliers van den Berg se teks oor die wedersydse betekenisgewing van trauma en postkolonialisme is ’n groot uitdaging vir die geesteswetenskaplike besinning en is besonder waardevol om met kollegas en gevorderde...

Debat oor nasionale boekeredakteur
Elna van der Merwe - 2011-03-15
Huisgenoot is doodgewoon vir ernstige lesers irrelevant, Afrikaanse sepies en films oor boeke is oulik, en mens sien nie neer op daardie mark nie, maar op watter vlak moet die diskoers nou eintlik beweeg? Beste Charles, as ’n mens sulke neerbuigende stellings soos bogenoemde maak, sou dit jou baat om eers jou feite reg te kry. Jy is duidelik onbewus van die feit dat Huisgenoot al bykans die afgelope twee jaar ’n maandelikse boekeseksie van 11 bladsye het. In die Maart-uitgawe, byvoorbeeld,...

Dit is die resensent wat sy/haar geloofwaardigheid moet handhaaf
Jeanette Ferreira - 2011-03-10
Ek sien nie juis probleme met ’n algemene boekeredakteur nie. Omdat ek self vir al die Media24-koerante resenseer sedert ek nie meer aan ’n uitgewery verbonde is nie, het ek die idee gekry etiek en onafhanklikheid is in ’n groot mate die resensent se verantwoordelikheid. (...) Andersyds resenseer ek boeke van uitgewerye vir wie ek as redakteur vryskutwerk doen en ek het nog nooit geskroom om negatiewe kritiek te gee as dit nodig was nie. Dit is die resensent wat sy/haar geloofwaardigheid...

Om te boikot of nie? ’n E-posgesprek
Gerrit Brand - 2011-03-08
Charl-Pierre Naudé skryf: Beste kollegas Dis situasie raak net verskrikliker. Ek is bevrees ek is nie oortuig deur die positiewe prentjie wat Tim geskets het nie. Ek vra die koerante, en spesifiek vir Tim du Plessis, wat iemand is wat die hoër funksies van taal op die hart dra: Besin weer! Die kardinale punt is die skeiding van "magte". Daar moet verskillende boekeredakteurs wees, wat elk verskillende resensente kan aanstel. Een boekeredakteur wat verskeie resensente mag aanstel...

Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma. Hennie van Coller reageer
Hennie van Coller - 2011-03-08
Hennie van Coller reageer op die artikel “Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma: ’n Verkenning van Verkenning” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Cilliers van den Berg. My gevraagde kommentaar op die uitstekende artikel van Cilliers van den Berg, “Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma: ’n Verkenning van Verkenning”, sal die vorm aanneem van kanttekeninge. Van den Berg definieer trauma (2) as...

Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma. Philip John reageer
Philip John - 2011-03-08
Philip John reageer op die artikel “Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma: ’n Verkenning van Verkenning” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Cilliers van den Berg. Die oorbodigheid van “traumateorie” Die aanname waarop my bydrae tot hierdie seminaar berus, is dat Cilliers van den Berg se artikel oor Verkenning ’n waardevolle ontwikkeling verteenwoordig van ’n debat wat nou al byna ’n dekade in die Afrikaanse...

Die oplossing is eenvoudig
Paul C Venter - 2011-03-08


Wat sal ’n boikot tog regkry?
Dawid van Lill - 2011-03-08
Ek verstom my oor die vurigheid waaroor die debat oor een boekeredakteur gevoer word. Dit voel amper asof sommige skrywers dit as een van die Tekens van die Tye beskou. En dit nogal só kort voor 2012? Laat ’n mens dink, of hoe? Ek moet ruiterlik erken dat ek nie die debat van die begin af gevolg het nie, maar die felheid daarvan het my tog opgeval. Alle partye het ’n deeltjie van die waarheid beet, so lyk dit my, maar misleiding van weerskante kan ook nie uitgesluit word...

Mens kan net hoop
Petrovna Metelerkamp - 2011-03-07


Die literêre aktiwiteit in die taal moet so dinamies en divers moontlik wees
Louise Viljoen - 2011-03-07
Afrikaans is ’n klein, maar potente, taal. Om die vitaliteit van Afrikaans te behou, moet die literêre aktiwiteit in die taal so dinamies en divers moontlik wees. Die gesprek rondom boeke (wat resensies insluit) speel ’n baie belangrike rol in die lewendigheid van ’n letterkunde en die volwassenheid van die intellektuele debatte wat in ’n taal gevoer word. Verskillende boekeblaaie onder die leiding van kundige boekeredakteurs in Afrikaanse koerante is nodig om...

Die doodsklok vir die Afrikaanse letterkunde
Nicol Stassen - 2011-03-07
Benewens Afrikaanse boeke is die gedrukte en elektroniese nuusmedia die belangrikste manier waarop Afrikaanse intellektuele en lesers kommunikeer. Die Afrikaanse intellektuele wêreld is oor dekades hierdeur in stand gehou en verruim. Agt jaar gelede was die boekeblaaie van Beeld, Die Burger, Die Volksblad, Rapport en Insig (later Boeke-Insig) nog hiervoor beskikbaar. Dit is aangevul deur radioprogramme van Daniel Hugo, televisieprogramme van onder andere Hettie Scholtz, en enkele letterkundige...

Een ontoelaatbare verschraling
Hans C ten Berge - 2011-03-07
Ik onderschrijf het verzoek aan Media24 om af te zien van de aanstelling van één boekredacteur ... Een ontoelaatbare verschraling en (mogelijk intimiderende) eenduidigheid zal het gevolg zijn. Daarvoor is de Afrikaanse literatuur in al haar verschijningsvormen te rijk en verscheiden van aard. Uniformering is altijd en overal desastreus! Als geïnteresseerde buitenstaander en Nederlandse auteur sluit ik mij aan bij het protest van mijn collega's in Zuid-Afrika. <<...

Natuurlijk is het een teken van marginalisering van de literatuur in het publieke discours
Laurens van Krevelen - 2011-03-07
Natuurlijk is het een teken van marginalisering van de literatuur in het publieke discours, en dus van het serieuze boek. Ik ben het dus eens met Marga Collings en de meeste anderen. Niet geschoolde lezers komen zo weer minder in contact met ideeën van een meer kansvolle groep in de maatschappij. Het plan is dus even schadelijk voor het literaire, relatief kleine publiek als voor het veel grotere, minder ontwikkelde publiek. << Terug na die “Een boekeredakteur”-miniseminaar...

Dat die forum vérder gaan verklein, is erg kommerwekkend
Alida Potgieter - 2011-03-04
Ek wil ook graag my kommer uitspreek oor een nasionale boekeredakteur vir die Afrikaanse koerante: In my lang uitgewersloopbaan het ek gesien hoe die forum vir boekbesprekings deur die jare verklein: daar verskyn soveel minder indringende resensies van ’n Afrikaanse boek as ’n dekade of twee gelede. Dat die forum vérder gaan verklein, is vir my erg kommerwekkend. En dat ’n boek en skrywer se sukses dalk gaan afhang van één resensie in die onderskeie Afrikaanse...

’n Veelheid van stemme is nodig
Andries Visagie - 2011-03-03
Die plan om ’n enkele boekeredakteur vir Beeld, Die Burger en Die Volksblad aan te stel, sal ongetwyfeld ’n verlies vir boekeliefhebbers beteken. ’n Veelheid van stemme is nodig om aan die leserspubliek ’n gebalanseerde siening van ’n boek te gee. Indien slegs een of twee resensies van ’n bepaalde boek verskyn, is dit goed moontlik dat net enkele aspekte van daardie boek aandag sal geniet. ’n Resensie open ’n gesprek oor ’n bepaalde boek en hoe...

Boeke-besluit is geen katastrofe
Johan Swarts - 2011-03-03
Gaats. Al wat ’n Afrikaanse skrywer is, is tans up in arms oor Media24 se besluit om die boekeredakteurs van Die Burger, Volksblad en Beeld se poste af te skaf en ’n oorhoofse redakteur in hulle plek aan te stel. Almal, van Breyten Breytenbach tot Joan Hambidge, reken hierdie skuif kan niks minder as katastrofiese nagevolge vir die Afrikaanse boekebedryf inhou nie. (As jy nie weet waaroor bogenoemde gaan nie – of glad nie hieroor omgee nie – hou onmiddellik op lees en gaan...

Diversiteit van resensies is van allergrootste belang
Kerneels Breytenbach - 2011-03-02
As een van Die Burger se oudboekeredakteurs is dit seker noodwendig dat ek nie sal dink dis ’n baie skrander skuif om een persoon verantwoordelik te maak vir ’n boekeblad wat deur Beeld, Volksblad en Die Burger gedeel sal word nie. Ek kan die gronde vir hierdie diepe oortuiging herlei na een gesprek wat ek in die vroeë jare tagtig gehad het met Danie van Niekerk, destyds besturende direkteur van Tafelberg-Uitgewers. Ons het in die kroegie van die Café Royal gesit en hy het...

Charles Malan skryf in reaksie op Marga Collings
Charles Malan - 2011-03-02
Charles Malan skryf in reaksie op Marga Collings Marga, jou woorde is musiek in die ore van baie van ons wat by julle publiseer. Jy wys op die gebreke in die belangrikste argumente om sentralisering te regverdig, in die besonder: Hoeveel word nou eintlik “bespaar” as die belange van die Afrikaanse letterkunde en geesteslewe opgeweeg word? Hoe kan die superredakteur seker wees dat die superresensent wat ’n enkele boek gewoonlik ’n enkele keer moet bespreek, die vermoë...

Resensies in die dagblaaie is ’n voedingsaar tot die diskoers
Marga Collings - 2011-03-02
Gerugte oor die vermindering van die drie boekeblaaie in die Afrikaanse dagblaaie – Beeld, Die Burger en Volksblad – tot een nasionale boekeblad is reeds lankal in omloop, en binne die groep is daar ernstige gesprekke oor die saak gevoer. Ek het dus gehoop dat daar van die plan afgesien is – totdat die pos vir die nasionale boekeredakteur geadverteer is. Media24 en Naspers het oor die jare heen groot geld uitgee aan borgskappe tot die voordeel van Afrikaans: die kunstefeeste,...

Verruiming of verskraling?
Gerrit Brand - 2011-03-02
Die volgende brief is ontvang van Eloise Wessels, uitvoerende hoof van NB-uitgewers. Charles Malan en Gerrit Brand se antwoorde volg daarna. Beste Charles Ons as uitgewers deel uiteraard die skrywers se besorgdheid oor enige verskraling van aandag aan Afrikaanse boeke, en daarom het ek, toe die advertensie vir die nasionale boekeredakteur onder my aandag gekom het, dadelik met Abraham van Zyl (hoof van Media24-koerante) gepraat. Hy het op sy beurt ’n gesprek gereël met my en...

Ope brief aan Tim du Plessis
Charles Malan - 2011-03-01
Tim, dankie dat jy die oorwegings van ’n enkele redakteur met skrywers deel. Ek het nou jou uiteensetting van die nuwe situasie gelees (dit is ook op LitNet), en ek is bevrees dit is nie gerusstellend nie – inteendeel. Ek aanvaar graag dat jy die heil van die letterkunde op die hart dra en die beste bedoelings het, maar niks wat jy skryf, besweer die beswaarmakers se ergste vrese nie. Ja, ja, vir verskeidenheid en meer blootstelling, maar wat van die kernbesware: minder stemme oor die...

Sentralisering is die weg na totale beheer
Ampie Coetzee - 2011-03-01
Een boekeredakteur kan dan alles besluit oor resensies: die persone wat kan skryf, die lengte, die strekking daarvan. Wat dan uiteindelik sal uitloop op die kanonisering (as dit nog van toepassing is) van dit wat deel word van die “Afrikaanse letterkunde”. Wat van plasing in Groot verseboek, byvoorbeeld? Sê nou die hoofredakteur dink 'n bundel is te swak en laat dit nie resenseer nie. Sê nou net daar's een goeie gedig daarin? Sentralisering is die weg na totale beheer. ...

Die minagting vir die boekeblad by Media24
Willie Burger - 2011-03-01
Natuurlik sal daar goeie en mooi verduidelikings wees dat hierdie eintlik ’n verbetering is. Maar die punt is dat hierdie saak eintlik nou al ’n baie lang aanloop het. Destyds, toe Peet Kruger weg is by Beeld om na al die koerante oorhoofs om te sien, was daar al sprake daarvan dat al meer dele van die koerante saamgevoeg gaan word. As ’n mens mooi nadink oor die bestaande boekeblaaie oor die afgelope klompie jare, kan mens sien dat die minagting vir die boekeblad by Media24 nou...

Die verhaal van vervlakking en agteruitgang
Crito - 2011-03-01
’n Bietjie meer as ’n maand gelede het Heindrich Wyngaard ’n verdoemende resensie van sy boek Ons in Rapport op die lyf geloop. Die bespreking, deur Jason Lloyd, was van só ’n aard dat dit die boek se kanse op ’n goeie ontvangs by die publiek sou vernietig het as dit die enigste resensie was wat daarvan verskyn het. Vandeesweek het Die Burger ’n positiewe bespreking daarvan deur Michael le Cordeur geplaas – ’n korrektief wat die...

’n Verruiming eerder as verskraling
Tim du Plessis - 2011-02-28
Tans het Die Burger, Beeld en Volksblad elk ’n “eie” boekeblad – maar geeneen van dié drie publikasies kan ’n heeltydse boekeredakteur met ’n ruim begroting vir resensente en medewerkers bekostig nie. Twee van hierdie boekeblaaie word tans deeltyds behartig deur mense buite die kunsredaksie; die derde een is ’n lid van die kunsredaksie, maar met ander kunsverpligtinge buiten net boeke. Ons reken ons kan beter vaar met saamgegooide hulpbronne....

’n Doelbewuste strategie van “afdomming”
Gerrit Brand - 2011-02-28
Die probleem lê nie soseer by die mag van die een boekeredakteur nie, maar eerder by die blote feit dat minder resensies sal verskyn – minder menings oor en perspektiewe op ’n boek. (As voormalige boekeredakteur weet ek die argument in die maatskappy is dat die een boekeredakteur ook meerdere mense kan vra om een boek te resenseer, maar in die praktyk is dit heeltemal onhaalbaar, gewoon omdat dit ’n onmoontlike werklading op die boekeredakteur sal plaas.) Dit gebeur...

’n Superredakteur vir superbesluite by Media24?
Charles Malan - 2011-02-28
Kan ’n mens glo dat juis die “vrye” Media24 besig is om ’n byna diktatoriale beheer oor ’n bespreking van Afrikaanse publikasies in te stel? Dat een persoon namens alle streke en belangegroepe kan besluit byvoorbeeld wie watter boek moet bespreek en watter publikasie meer of minder aandag moet kry? Die drukgroep Vrye Woord wil onomwonde sy teenkanting teen hierdie uiters beperkende maatreël betuig. Watter ander motivering as moontlike “besparing”...

Boekskandaal
Joan Hambidge - 2011-02-28
Ek het in my lewe al verskeie boekeredakteurs sien kom en gaan. Sedert 1980 skryf ek al resensies vir Beeld, Die Burger, Die Vaderland (saliger), LitNet, Die Volksblad en Rapport en lees ek vir FineMusicRadio besprekings voor. Ek het resensies begin skryf vir wyle Anita Lindenberg, die kundige Aletta Pakendorf beleef wat ons toegelaat het om lang TLS-resensies in Die Vaderland te skryf. Hierna was daar ander, soos oa Elfra Erasmus, Herman Wasserman, Francois Smith. Kundiges nou soos Adéle...

Die dwaasheid van die base
Breyten Breytenbach - 2011-02-28
Nou, juis nou wanneer diversiteit en veelduidigheid en veelvuldigheid bevorder moet word ter wille van die behoud en groei van Afrikaans – want die taal as prototipe en lewende produk van Suid-Afrikaansheid sal slegs funksioneel oorleef solank sy die draer kan bly van die uiteenlopendhede en die geskiedenisse en al die vergestaltings en versugtinge van haar sprekers en lesers – kom Media24 met hulle bykans monopolistiese beheer oor publikasies in Afrikaans en besluit dat die keuse...

Waarom een boekeredakteur verkeerd is
Charl-Pierre Naudé - 2011-02-28
Die funksie van meervoudige boekeblaaie is integraal vir die goeie funksionering van die letterkunde. Dit is kardinaal belangrik vir die aktiwiteit van resepsie, wat ’n kultureel-intellektuele aktiwiteit is, en dit is kardinaal belangrik vir uitgewers om hul boeke by lesers uit te bring. Maar wat juis die laaste punt betref, ’n boekeblad se oortuigendheid lê daarin dat dit kritiese keuses maak – vir of teen boeke, vir of teen standpunte, vir of teen bepaalde idees. Die...

YouTube-onderhoud: Jannie Hofmeyr gesels oor LitNet Akademies
Jannie Hofmeyr - 2011-02-24
Jannie Hofmeyr, ’n ereredakteur van LitNet Akademies, gesels oor sy loopbaan, sy liefde vir Afrikaans en die behoud van Afrikaans as wetenskaptaal, en sy visie vir LitNet Akademies se Natuurwetenskappe-afdeling . In Deel 1 beantwoord Jannie Hofmeyr die vrae: Vertel ons waarvandaan jy kom en hoe dit gekom het dat jy biochemie as ’n loopbaan beoefen. Wat beskou jy as die hoogtepunt in jou loopbaan tot dusver? Vertel ons meer oor die navorsingsprojek(te) waarmee...

Die krisis rondom seksualiteit in die Rooms-Katolieke Kerk
Laurie Gaum - 2011-02-24
’n Memorandum (sien hier) wat nou reeds deur heelwat meer as 200 Duitse Katolieke teoloë onderteken is, het dié kerk aan die gons. Die ondertekenaars verteenwoordig meer as ’n derde van alle Duitse professore in Katolieke teologie. Die memorandum vra vir hervorming wat betref sake soos die selibaat, vrouepriesters en homoseksualiteit, maar ook wat betref gewetensvryheid, lekebemagtiging, kerkstrukture en kerklike leierskap. Die dokument kan waarskynlik gesien word as...

Die krisis rondom seksualiteit in die Rooms-Katolieke Kerk
Louise Du Toit - 2011-02-24
In hulle memorandum van 4 Februarie 2011 doen meer as 200 teoloë ’n beroep op die Katolieke Kerk in Duitsland om konstruktief en proaktief te reageer op die krisis waarin daardie kerk op die oomblik verkeer as gevolg van die gebeure van ’n jaar gelede by die vooraanstaande Canisius-skool in Berlyn. Voormalige skoliere van hierdie Jesuïet-instelling het onthul dat hulle in die sewentiger- en tagtigerjare seksueel gemolesteer is by die skool, waarna die huidige hoof in ’n...

Die krisis rondom seksualiteit in die Rooms-Katolieke Kerk
Amanda Gouws - 2011-02-24
Die verklaring wat die professore van teologie onderteken het oor die krisis rondom seksualiteit in die Rooms-Katolieke Kerk en die beroep op seksuele moraliteit behoort verwelkom te word. Die ontkenning van pedofilie en die molestering van kinders deur priesters in die Katolieke Kerk is ’n ope geheim, maar iets wat die Kerk blykbaar nie wil erken of uitroei nie. Die skade wat aan kinders (en later as hulle volwassenes is) gedoen word, vernietig lewens. Dit is haas onmoontlik om te verstaan...

Die boek in krisis: Boeke, krisisse en opwinding
Izak de Vries - 2011-02-22
Laurens van Krevelen het op 18 Desember 2010 die jaarlikse Nederlandse PEN-lesing by De Balie in Amsterdam gehou (http://www.debalie.nl). Lees Francis Galloway se Afrikaanse verwerking van die lesing hier. Ons hoop dat die plasing van hierdie lesing ’n gesprek sal stimuleer oor die stand van die (Afrikaanse) boekbedryf. Is daar ook hier by ons tekens van die wêreldwye impak van winsbejag en marksensuur? Is daar ’n afname in die verskeidenheid en geskakeerdheid van die boek-aanbod?...

Wat is goeie wetenskap? Danie Strauss reageer
Danie Strauss - 2011-02-17
Danie Strauss reageer op die artikel “Onderweg na goeie wetenskap 2: Die funksie van strategie, visie en beleid” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Fanie de Beer en Braam Roux. Ek het met belangstelling en met globale instemming die uitvoerige artikel van twee van my jare lange goeie filosofievriende, Fanie de Beer en Braam Roux, gelees. Ter wille van die voortgesette gesprek wat hierdie artikel behoort te genereer wil ek slegs by enkele gesigspunte wat...

Staatsrede 2011
Alana Bailey - 2011-02-16
Die Suid-Afrikaanse staatsrede van 2011 het gekom en gegaan soos ’n klippie in ’n dam. Aanvanklik was daar ’n paar rimpels, maar nou lyk die oppervlak van die dam weer net dieselfde ... ’n Staatsrede is veronderstel om ’n gereelde geleentheid aan ’n staatshoof te bied vir terugvoer oor die stand van sake in die land, sy regering se wetgewende agenda en nasionale prioriteite. Die nuwe tradisie om die Suid-Afrikaanse staatsrede in die aand te hou, maak dit vir meer...

Jacob Zuma se 2011-staatsrede
Stan du Plessis - 2011-02-14
Ek onthou nog Nasionale Energiejaar in 1979. My graad 1-klas het ’n tafel gebou met prentjies wat ons uit die Huisgenoot geknip het en ’n stukkie steenkool bo-op vasgemaak, want juffrou Van Rensburg het vermoed dat steenkool en Sasol die oplossing was vir die energiekrisis van die 1970’s. Die graad eentjies van Laerskool Impala sal nut hê vir ons tafel vanjaar – al wat hulle moet doen is om die steenkool te vervang met ’n prentjie van die ontwikkelingstaat...

Die rol van Afrikaanse poniekoerante soos die Son in die ontsluiting van die sosiale, opvoedkundige en ekonomiese waarde van Kaapse Vernakulêre Afrikaans
Christo van der Rheede - 2011-02-10
Inleiding Talle nuwe koerante en tydskrifte het sedert Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing in 1994 die lig gesien. Dit sluit in Afrikaanse poniekoerante soos die Son, wat spesifiek geskep is om laer-inkomste Afrikaanse gemeenskappe van inligting te bedien. Van meet af is informele spreektaal en sensasionele beriggewing as die vernaamste drywers ingespan om potensiële laer-inkomste-lesers te prikkel en hulle aan te moedig om die koerant daagliks te koop. Ondanks kritiek uit talle...


<< 1 2 3 4 13 >>