Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > SeminaarKamer | Seminar Room > Afrikaans

Afrikaans


<< 1 9 10 11 12 13 >>

Opname van gesprek tussen vier vriende te Greengate Organiese Koffiehuis, Stellenbosch, 8 Februarie 2007
Loftus Marais - 2007-02-09
Getranskribeer deur Loftus Marais Dramatis personae: Cornel (siniese filosofiestudent), Derrick (sobere sielkundedosent), Franco (flambojante homofiel), Kelner (generiese kelner), en Manus (jong geskiedenisstudent). CORNEL: Ek was hierdie vakansie by vele Afrikanertroues. Wynlandgoedonthale. Desember in die Boland: o, seisoen van geskeurde maagdevliese! Die vrouens verswelg in ’n oordaad chiffon, die jong seuns met ’n jagse ariese vonkel in die oë. Hulle het natuurlik...

''De la Rey'' and the search for the Afrikaner identity
Richard de Almeida - 2007-02-09
The first problem with this issue is that the so-called “Boere” cannot agree among themselves on what to call themselves: Afrikaners, Boere or even Afrikaanses: and then there are those who reject all these terms and simply choose to call themselves (South) African. Similarly there is no agreement on their culture, traditions, their identity – essentially on who they are. The Afrikaans nation can best be described as a fragmented nation. The default definition or understanding...

Lees eers die fynskrif voor jy by die gym aansluit
Eileen Snyders - 2007-02-09
Ek is 'n bok vir 'n catchy tune. "Lees tussen die lyntjies" het vir my weinig betekenis. As jy iets moes raaklees, sou dit juis op die lyntjies gewees het. Ek sou sowaar nie die een gewees het wat die Randall Wicomb-langspeler agteruit speel om die potjiekosresep af te skryf nie. En so ook het ek my nie veel gesteur aan die ondergrondse Beëlzebul-boodskappe van AC/DC en ander bands wat Nataniël se make-up soos au de natural laat lyk nie. Dit is nie moeilik om 'n dieper boodskap...

Die De la Rey-seminaar begin!
2007-02-08
Die De la Rey-seminaar De la ReyDe la Rey Sal jy die boere kom lei … Hoe dikwels klink dié refrein nie deesdae op uit Suid-Afrikaanse luidsprekers nie. En hoe sterk weergalm die menings, die ontledings en die bespiegelinge oor juis wáárom dié lied van Bok van Blerk so gewild is nie! Jong Afrikaners (reeds 'n gelaaide term, ja) staan in kroeë en om braaivleisvure, en vuis-teen-die-bors word die woorde uitgeroep: “De la Rey, De la Rey …”...

Die hele ''De la Rey''-sage word nou heeltemal uit verband uit geruk en onnodig voor ons neuse gehou!
Corneil Muller - 2007-02-08
My bloed begin kook en my are krimp, so bedonnerd raak ek vir die meerderheid van ons mense, die Afrikaners, wat tog so eenvoudig, konserwatief en op hul plek is. Alles is altyd tog so mooi, vreedsaam en omring met liefde … Nonsens man! Die helfte van hulle kan nie eers die woord liefde spel nie! Die hele "De la Rey"-sage word nou heeltemal uit verband uit geruk en onnodig voor ons neuse gehou! Wat op aarde het dit met die Afrikaners te doen wat op soek is na ‘n leier?!...

As ’n mens in Potchefstroom bly, maar van ’n stad af kom ...
Corli de Kock - 2007-02-08
As ’n mens in Potchefstroom bly (die plek waar mense in kakie en met klappende swepe protesteer teen ’n naamsverandering, Vierkleure op mure verf, die slag van Amajuba gedenk, en langarm en bruin eerstejaars uit kerke uitgejaag word), maar van ’n stad af kom, is dit nogal moeilik om nie Boeremaglede om elke hoek en draai te sien nie. Almal hier hou van Poena, baie meer as van Fokofpolisiekar. Inteendeel, almal hier hou so min van Fpk dat daar al pogings aangewend is om hulle...

Zandra Bezuidenhout en die digkuns van vroue: ‘n knippie Lacan-sout met ‘n knypie Derrida-peper
Joan Hambidge - 2007-02-08
I Die verskyning van ‘n studie waarin die feminisme of postfeminisme in die digkuns bespreek of onder die loep geneem word, is altyd ‘n belangrike gebeurtenis in ‘n oorwegend manlik-gedomineerde letterkunde. Hierom het ek Zandra Bezuidenhout se proefskrif Sosio-literêre perspektiewe op die eietydse digkuns van vroue in die Afrikaanse en Nederlandse taalgebiede (US, Maart 2005) uitgeneem. Bezuidenhout skryf gereeld kritiese kommentaar op ander digters, dikwels vanuit ‘n...

Die euwel van bewonderaars
Christiaan J de Swardt - 2006-12-05
Daar is niks vreemd, onverwags, verrassend, vernuwend of skokkend aan Koos Kombuis se stuk oor sy ervaring van die Rittelfees en ene Adam se verdediging van die Idols-naaswenner Willem Botha nie. Dis eerder voorspelbaar. Die Kombuis-stuk is, soos verwag, skerp, kreatiewe skryfwerk deur ’n sanger en liedjieskrywer wat ook joernalis, digter en skrywer is. Dit is sy riller-ervaringstuk wat verby die grense van ’n musiekfees strek – wrang, humoristiese en nadenkende reguit-sê....

Dis ’n wals, Willemiena, maar dit is vals, is dit nie?
Christiaan J de Swardt - 2006-12-05
In musiek, soos in die politiek, móét die verlede verrinneweer word. Daar móét letsels wees. Dit flirt met die hede en koer oor wat die toekoms behoort – of nie – te wees. Voëlbeskyte, groengruis standbeelde bak hittige, lewendige debatte en hou politici (ongelukkig) lewend. Vinielbekrapte plate, suisende, digitaalhermeesterde laserskywe en vergeelde FAK-bladmusiek en die Groot Verseboek is beginners en die bittereinders se musiekbybels. Musikale wandelinge...

Die verskil tussen orgideë en sonneblomme
Dawid Kahts - 2006-12-05
My persoonlike oortuiging oor wat werklik as kuns bestempel kan word, het eendag in die Johannesburgse kunsgalery tot my as kunsstudent deurgedring. Terwyl ek niksvermoedend daar rondgedwaal het, het ’n kunswerk skielik vanuit die muur gespring en my genadeloos ingesluk. Die punt is: ware kuns het die vermoë om die toeskouer met die meedoënloosheid van ’n swart kolk in te suig in die driedimensionele wêreld wat binnekant die raam skuil. Ek het helaas die kunstenaar en...

Die geheim lê opgesluit en die sleutel is weg
Toast Coetzer - 2006-11-29
Ek gee nie om in watter taal dit is nie: ek is mal oor musiek – enige musiek – maar nie alle musiek nie. Ons almal het ingeboude sensors wat ons vertel waarvan ons hou en waarvan nie. Ek vind "Leeuloop" heel amusant, die video's ook – dis soos Ricky Martin vir die Vrystaat. En daarin lê humor en ’n uniek Suid-Afrikaanse (en dus ook Afrikaanse) weirdgeid. Fokkit, dis op youtube, you know. Ek gee veel meer aandag aan Suid-Afrikaanse musiek, bloot omdat...

Bok van Blerk en die bagasie van veertig jaar
Koos A Kombuis - 2006-11-28
Koos Kombuis in gesprek met die nuwe musiekheld van jong Suid-Afrika ’n Paar weke gelede hoor en sien ek die eerste keer Bok van Blerk se liedjie “De la Rey” op die MK89-kanaal. My eerste ervaring van die liedjie is uiters teenstrydig. Eerstens besef ek dat dit een van die beste liedjies is wat ek nog ooit in Afrikaans gehoor het. Tweedens besef ek dat ek myself nie polities met die liedjie kan vereenselwig nie. Dit lyk, met eerste oogopslag, asof die lirieke en ook die beeldmateriaal...

A view from the ivory tower
David Kramer - 2006-11-27
Earlier this year I participated in a forum titled “Is musiek 'n groter deurbreker van grense as ander media in Suid-Afrika?” which was presented as part of the Suidoosterfees in Cape Town. Adam Haupht of UCT, Mr Fat of Brasse Vannie Kaap, and I argued, amongst other things, that barriers were not being broken down as suggested, but were perhaps becoming more entrenched. Those in attendance told us that we were being too harsh on ourselves and that “Afrikaans” music was playing...

''Trippe trappe trone, die volk is in die kak''
Dirk Jordaan - 2006-11-24
Buckfever Underground het byna tien jaar gelede so gesing. Vandag kan hulle net sowel sê die volk is “deur die kak”. Beslis wat musiek betref. Maar dit is nie noodwendig hul eie skuld nie. Of nét hul skuld nie. Histories het ons nog altyd die maklike, onthoubare, saamsingbare opsie gekies. Hoekom dink jy is "Die padda wil gaan opsit" nou al vier eeue met ons? (Dit het begin as die prettige Skotse volksliedjie "The froggy went a-courting”.) Populêre...

Om jaloers te wees
Jak de Priester - 2006-11-22
Ek onthou toe ek op skool was. In 'n plattelandse dorpie, Parys, in die Vrystaat. Dit was in die vroeë negentigs, toe het ek eers bewus geraak van Afrikaanse musiek en dat dit actually deur reisende sangers gesing word. Daar was toe min voorbeelde ... Bles Bridges het rose uitgedeel in die Superbowl, saam met Rina Hugo uitverkoop, en Steve Hofmeyr het met lang hare en kopbande die eerste tekens van 'n popster getoon. Ek het my (as kind) verkyk aan die langhaar-sanger wat 'n American Flag (as...

Plastiekblomme en Afrikaanse musiek
Derrich Gardner - 2006-11-22
Ek onthou die dae toe Afrikaanse musiek opgeneem is met regte instrumente. Dit was nie altyd mooi nie. Die Briels as voorbeeld. Sing kan hulle nie, maar die boodskap in die liedjie roer die hartsnare. Trane maak jou seker toondoof. Groep Twee en kunstenaars in die ou dae het opgeneem met groot orkeste. Luister maar na "Dink jy darem nog aan my?". Die ou regime se ondersteuning het seker gehelp om met net die beste tevrede te wees. Gert Potgieter, Gé Korsten, en die klomp Engelse...

die vrou het kgopani eerste gewaar ("patatvat")
Anton Goosen - 2006-11-22
die likkewaan vir wie sky geblaf en gejaag het, was in die blinkblaar wag-'n-bietjie. mooi kleure in die son. "die vroue het hom eerste gewaar." sky blaf onophoudelik en sy hou hom stip dop. likkewaan gee die boom prys en vat kortpad rivier toe. dus toe nie 'n berglikkewaan nie. ek het gedink aan jare gelede met "daar's 'n honger krokodil in mpanzaville" tydens die soweto-onluste. daar was 'n voorstel dat die naam verander word na mpanzaville om een van die eerste stadsvaders...

Musiek loop deur ons are
Katvrou - 2006-11-21
Wanneer ek deur Look & Listen of Musica stap, wil één kyk na die Afrikaanse CD-rak my onmiddellik laat braak. Aangesien dit ’n vermorsing van tyd is om oor die lae standaard en infantiele belaglikheid van vandag se Afrikaanse hoofmarkmusiek te wroeg, gaan ek ook nie verder daaroor teem nie. Dis egter ’n feit soos ’n koei dat wanneer jy vir ’n aanhanger durf sê jy dink Jurie Els / Patricia Lewis / Bok van Blerk / Nicholis Louw / Kurt Darren / Juanita...

Enkele stellings oor Afrikaanse musiek nou
Johann Rossouw - 2006-11-20
As ek hier enkele stellings oor Afrikaanse musiek nou maak, word dit waarskynlik met 'n hoë mate van onkunde gedoen, aangesien die aantal Afrikaanse musikante na wie ek gereeld luister, nie gegroei het saam met die aantal Afrikaanse musikante nie. Verder volg ek die debatte oor Afrikaanse musiek nie getrou nie, sodat my reaksie op dié debatte onvermydelik gebrekkig sal wees. 1. Dit val my op – en ek mag verkeerd wees – dat die meeste debatte oor Afrikaanse musiek fokus op...

Tyd vir introspeksie
Sunette Bridges - 2006-11-20
Die eerste stuk wat ek gelees het oor die onderwerp was die onderhoud met Abel Kraamsaal. Wat 'n stunning onderhoud! Ek kon nie anders nie as om sy CD Wonder jy ook soms? te gaan koop nie. Dit sou onregverdig wees om te reageer as ek nie eers na sy musiek geluister het nie. Die album is GREAT! ... Maar ek gaan nie my CD's van Steve Hofmeyr, Kurt Darren of Bles weggooi nie! Die groot vraag by my is dit: Waarom "label" Abel en sy trawante hulself? Waarom staan hulle nie net elkeen op hulle...

Musiek en intellek
Kerneels Breytenbach - 2006-11-15
Spruitdrift – ja, ek ken hom, ken hom goed. Moenie mossels daarin opkook nie – dit vreet die skulpe weg en verniel dan die vlees. Spruitdrift – die wyn wat die waarheid terugplaas in die opmerking “Alkohol het hare om.” Geen wonder Koos Kombuis het in diep Vredendal hom oorgegee aan die ironiese distansie nie. Probeer jou dit indink: Koos Kombuis donner vir Willem Botha. Maar word dan gered. Deur ’n polisieman wat eens op ’n donker en maanlose aand ’n...

Van Voëlvry tot Idols
Ilza Roggeband - 2006-11-15
Ek moet bieg dat ek nou moes Google om te sien wanneer die Voëlvry-toer was. Dit was die eerste keer wat ek vir Koos Kombuis op ’n verhoog gesien het. Ook vir Johannes Kerkorrel en Bernoldus Niemand. Dit was in ’n basement iewers op die RAU-kampus en as dit 1989 was, was ek 27 jaar oud. Skielik klink dit vir my so oud. Het ek het toe eers regtig Afrikaanse musiek begin luister? Want daar was tog niks voor dit nie, was daar? "Die Lappop" en Min Shaw en Groep Twee dalk....

''Is PW dan nou in die hel?''
Jaco Botha - 2006-11-03
Drie-uur Woensdagoggend maak my vrou, Ingrid, my wakker (sy het op die bank voor die TV aan die slaap geraak). "PW is dood," sê sy. Ek staan vyfuur op om die nuus oor die radio te luister. Hoe sal die mense reageer? wonder ek. PW is deur baie gehaat en hy was net so sinoniem met Apartheid as Vorster en Verwoerd. (Terloops, Apartheid is waarskynlik die enigste Afrikaanse woord wat wêreldwyd bekend is – die taal gaan, soos die ou Groot Krokodil, nog swaar aan daai een...

Treursang vir PW Botha
Etienne Britz - 2006-11-03
PW Botha was 'n Afrikanerleier wat my met 'n soort aweregse simpatie en bewondering kon vul. 'n Gevoel so onduidelik as die woorde waarmee ek dit probeer stel. Sy eerste vrou, Elize, was 'n jeugkennis van my ma, iets ouer as sy. In die twintiger- en dertigerjare was hulle saam kinders in dieselfde straat op Swellendam. My ma is gefassineer deur die manier waarop Elize “met haar skoene doodstil langs mekaar” in die kerk gesit het op Sondae. Ek is destyds diep getref deur my ma se herinnering,...

PW Botha is dood
Jackie Nagtegaal - 2006-11-03
Dit laat my koud, dit laat my vriende koud, dit laat 'n hele generasie koud ... Ek het grootgeword in 'n huis waar protespolitiek soos mince op toast geëet is. Ek loop in die gang af kamer toe en hoor Johnny K "Sit dit af, sit dit af" op ons HiFi blêr. Ek hoor PW Botha se naam wanneer die parentals se stemme hard word wanneer hulle met vriende stry laat in die nag oor vol asbakke en baie vuil glase. Ek sien my ouers en peetouers huil van die lag vir Pieter-Dirk Uys se PW-imitations....

PW is dood op 'n lamppaal
Ruan Kemp - 2006-11-02
PW is dood op 'n lamppaal en ek skiet nog 'n stompie by die ruit uit. "PW is dood!" roep Benji. "Haai?!" skrik Nicolene. Haar maag draai. "Ek kry sommer so 'n koue gevoel." "… maar dit maak nie saak nie," sing Karen Zoid oor die karradio. Ek probeer "PW is dood" in die liedjie inwerk, maar ek sukkel. Ek is so musikaal soos 'n vis. Én ek voel skuldig. Omdat ek altyd in die oggend skuldig voel. Omdat ek 'n mislukking is. Omdat...

Die Skim
Karin Eloff - 2006-11-01
Die eerste ding wat in my kop opduik toe ek hoor dat PW Botha dood is, is Johannes Kerkorrel se "Sit dit af!" Ook hoe ek sedert skooldae gehoop het om hom (Johannes ) eendag te ontmoet, en natuurlik dat hy straight sou wees. Dit het toe nie gebeur nie … Tydens PW Botha se bewind van 1978 tot 1989 het ek van ’n sensitiewe kleintjie van vyf ontwikkel tot ’n beserkte bedonnerde tiener van sestien wat graag kwaad was vir god, die kerk, die skool, die regering en wat ook...

Ten spyte van PW Botha
Chris Brunette - 2006-11-01
Êrens in die laat tagtigerjare ry ek op een van Johannesburg se snelweë met een oog op die pad en ’n halwe oor op die radio. Ek is pas terug van die grens, waar ek ses maande lank as welsynsoffisier in Oshakati gewerk het. Ek het nog ’n jaar se diensplig wat voorlê en my gedagtes draai rondom my geldsake. Ek is finansieel in ’n verknorsing: voordat ek opgeroep is vir diensplig, het ek ’n goeie inkomste verdien en my eerste eiendom gekoop. Maar nou verdien...

Die voorvinger en die Rubicon
Jeanette Ferreira - 2006-11-01
PW Botha was nou wel nie geseën met die gawe van grammatika nie ... maar sy ongenaakbare boodskap was altyd duidelik: Ek laat my nie vertel wat om te doen nie. Mens dink aan BJ Vorster se siniese humorsin en sy intellek, nè; aan FW de Klerk se insig en ja, sy vermoë om te erken; aan Nelson Mandela se menslikheid en sy skerpsinnige filosofie. Toegegee, Botha het werk gemaak van die gehate wette oor passe (’n jaar tevore het hy egter die passtelsel teenoor ’n buitelandse...

By die dood van PW Botha: Betyds ontsetel, maar nie sonder verdienste
Bertie du Plessis - 2006-11-01
Daar is een feit wat ’n (wit) mens in gedagte moet hou as jy jou eie gevoelens oor PW Botha peil. Dit is ’n feit wat hedendaags so goed as geen erkenning geniet nie. Om die waarheid te sê, dit lyk of die meeste mense aan totale geheueverlies oor die saak ly. Ek verwys na die feit dat daar regtig kommunistiese regerings in die wêreld was toe PW Botha aan bewind was. Die ou Nasionale Party onder PW Botha mag ’n kommunis onder elke bos gesoek het, maar die feit dat hulle...

Die afsterwe van PW Botha
Obie Oberholzer - 2006-11-01
Dis vroegoggend. Ek lê op die couch en kyk BBC News nadat ek Rasta, my Weimaraner-hond, om die blok gastap het. My vrou woerel in die kombuis rond en praat luit met iemand. Ek luister nie na haar nie, en probeer luister na die mooi nuusleserin op die boks. Skielik sê sy dat PW oorlede is. "Fôk!" skree ek, "PW is dood." My vrou hoor niks. 'n Kort, vinnige rilling flits deur my liggaam. Vinnig, omdat my are nog half vol wyn is. So 'n HappySad gevoel welm in my...

Die afsterwe van PW Botha kan jou nie koud laat nie
Quintus van der Merwe - 2006-11-01
Of jy wil of nie, die afsterwe van PW Botha kan jou as jong blanke in Suid-Afrika nie koud laat nie. Talle mense het direk of indirek onder apartheid gely, maar ek het eers as eerstejaarstudent wakker geword uit die illusie wat aan ons voorgehou is. Die meeste blankes was danksy die regeringsbeleid en die invloed van die Broederbond deur die kerk en skool salig onbewus van en onbetrokke by wat in die land gebeur het. As kind was mens net kind en het die gebrek aan rugby speel teen niewittes, of leliewit...

Nooit hoef jou kinders wat trou is ...
Melt Myburgh - 2006-11-01
Snaaks hoe die dood sigself aanmeld met die aantog van jare. Verraai die lewervlekke op die hande 'n onwilligheid van organe wat stram voortklop in die binnewerkings van 'n gedane lyf? Word mens se skouers 'n draadhanger waaraan jou liggaam los begin hang? 'n Gekreukelde kardoes waarbinne jou halsstarrige niere toegeknoop en terugbesorg word aan die aarde? Hoekom trek jou gesigvel stywer teen jou skedel saam, só opvallend in Sharief Jaffer se foto van PW Botha in Rapport van 22 Oktober? Verklap...

Die dood het die manier om mense te heilig
Johan Pienaar - 2006-11-01
Die dood het die manier om mense te heilig – of soos my ma altyd reken: daar is nie slegte mense in die begraafplaas nie. Ek vermoed egter dat die dood maar net ’n manier het om die skynheiligheid in die oorlewendes uit te bring. Ek sou seker kon sê dat PW Botha se dood my koud laat, maar dis nie waar nie. My oorweldigende gevoel is dat hy weggekom het met moord en daarom is my oorweldigende emosie een van gefrustreerde woede. Nie eers grappe oor daai vinger laat my beter voel...

Geen nut vir krokodiltrane nie
Izak de Vries - 2006-11-01
PW Botha is dood, lig Kobus Bester my vanoggend in op Monitor en speel summier ’n pasklaar huldeblyk aan die Groot Krokodil. En raai? Daar is ek aangedaan! Ek het regtig gedink ek gaan bly wees as ek die dag hoor die Vinger is dood, en nou is ek nie. Ek kan nie sê ek sit en tjank hier voor my skootrekenaar nie, maar ... ek is nie opgewonde nie. Hoekom nie? Dis die vraag wat ek aan myself probeer stel. Ek dink dis dalk omdat ek moet erken ’n deel van my verlede is dood. My pa...

Die Groot Stilte
Koos A Kombuis - 2006-11-01
Toe ek die nuus hoor van PW Botha se dood, was dit soos die geluid van ’n honderd watervalle in die verte. En daarna: stilte. Dit was anders as die dood van enigiemand anders wat ek geken het of van geweet het. Ek het gehoor daarvan toe Etienne van Heerden van LitNet vir my ’n sms stuur kort na sewe-uur die oggend. Ek was besig om ProNutro met melk te meng vir my sesjarige seun voor ek hom aantrek en na sy preprimêre klas toe neem. Pienk ProNutro. En toe: die sms. En toe: dis...

PW Botha – ’n Persoonlike reaksie
Joan Hambidge - 2006-11-01
Die dood van PW Botha beteken die dood van ’n era. PW Botha is ’n teken. ’n Vingerwysing na die Noodtoestande wat ons beleef het tydens die tagtigerjare toe apartheid sy laaste doodsnikke beleef het. Dit was ’n tyd van sensuur. Van telefoonoproepe en intimidasie. Van pryse wegruk van ’n skrywer omdat ’n ironiese opmerking nie begryp is nie. Ja, die hemel help ons. Dit was ’n tyd van militarismes van die gees. Toe almal benoud en paranoïes was. Toe...

Om dubbel-gemarginaliseer te wees
Joan Hambidge - 2006-10-04
I Om gay/lesbies te wees, maak jou deel van 'n marginale groep, 'n subkultuur, 'n onsiende bestaan, 'n stereotiep. Van kleins af leer jy hoe dit is om anders te wees. Jy weet wat Van Wyk Louw bedoel het toe hy geskryf het van pyn wat oop en buite bakens is. In die VSA word daar geweldig baie navorsing gedoen oor die queer-kind en oor elke aspek van hierdie bestaan. Die afgelope vyf en twintig jaar het die gay mens – veral in die Afrikaanse letterkunde – van hom- en haarself laat hoor....

Globalisering en die Afrikaanse letterkunde
Joan Hambidge - 2006-09-18
Ons leef in ‘n tyd van globalisering wat, veral met die aanwesigheid van die internet, grense laat vervaag of selfs laat verbrokkel. Marshall McLuhan se “global village” het ‘n harde werklikheid geword. Internet, e-pos, fakse, selfone, sms’e - die grense vervaag en gemeenskappe beweeg nader aan mekaar. Tog is dit paradoksaal so dat die partikuliere of spesifieke letterkunde juis oor die eiesoortigheid van die ervaring of belewenis gaan. Stel jou ’n letterkunde...

GŁnter Grass se SS-onthulling
Loammi Wolf - 2006-09-05
Saterdagoggend, met die geur van die eerste môrekoffie dralend in my neus, bars die bom van Günter Grass se onthulling op die voorblad van die Frankfurter Allgemeine Zeitung (FAZ): Hy was as 17-jarige in 1944 vir enkele maande lid van die Waffen-SS gewees voordat hy in krygsgevangeskap gekom het. Die eksklusiewe onderhoud met Grass dek twee volblaaie en lees lekker, so met ’n beker koffie as nagedagte in die hand. Spannend, en tegelykertyd ook ontredderend! Die 78-jarige skrywer...

Oppervlakkigheid: Mozart is ’n ringtone
Ilza Roggeband - 2006-08-09
Ons kan tog so wroeg. Behoede jou as Kurt Darren jou wil laat dans of as jy nie kan wag vir die nuwe Huisgenoot nie. Wee as daar ’n liedjie of twee of twintig van Steve Hofmeyr is waarvan jy hou of as jy jou kan verlustig aan die jongste skinderstorie in die wêreld van vermaak/sport/politiek. Dan is jy vlak, dom, kommin. Jy drink brandewyn en Coke, jy het ’n T-hemp met ’n ou Suid-Afrikaanse vlag op en daar is ’n ossewawiel in jou voortuin. Blykbaar is daar deesdae...

Oppervlakkigheid: Die nuwe oppervlakkigheid en trourokke: 'n requiem
Andries ''Roof'' Bezuidenhout - 2006-08-09
In swart of wit getooi, in 'n stoet of in konvooi, wonder elkeen hoe lank alles nog sal duur. En leef holderstebolder, want die kis wag op die solder. Die lewe is ’n skadu teen die muur.- Koos du Plessis Soms sukkel ek om my gedagtes agtermekaar te kry. Ek wou eintlik twee argumente maak. Die een is dat ’n mens die “nuwe oppervlakkigheid” deels kan verklaar as die gevolg van die feit dat die sprekers van Afrikaans in Suid-Afrika al hoe minder word. Die taalgemeenskap...

Oppervlakkigheid: Viagra God
Theo Geyser - 2006-08-09
As ek gedagtes griffel oor oppervlakkigheid, dan is dit nie vanuit die ondeurgrondelike dieptes waarin ek tans leef nie, maar eerder vanuit my soeke na en gebrek aan diepte, “soul” en ’n ware konneksie. Hierdie soektog het my in godsdiens laat eindig, waar ek vandag as predikant bedien. Ek het my as jong seun uit ’n gebroke gesin, seker soos die verlore seun om baie selfsugtige redes met ’n honger maag, na godsdiens gewend. Al my verdraaide motiewe en passies –...

Oppervlakkigheid: Oor INSIG en oppervlakkigheid
Izelle Venter - 2006-08-09
Verlede Woensdagaand by sy vertoning het Koos Kombuis sy “Longdrop-song” (wat hoeka gaan oor verandering) aan die INSIG-span opgedra. Want hy sê hy hoor die mense kla dat ons nie depressief genoeg is nie en as hierdie song ons nie onderkry nie, dan weet hy nie. Ons kon nie help om ’n bietjie lekker te kry nie. Ons het die tydskrif inderdaad hernu en dit het sekerlik van ons vorige lesers ontstem, maar hier verduidelik ek hoekom ek as redakteur (oftewel redakteurtjie, soos...

Oppervlakkigheid: Om diepsinnig te wees in oppervlakkigheid
Joan Hambidge - 2006-08-09
Oscar Wilde het geweldig baie mense op sy dag laat skeef opkyk oor sy klem op die speelse. Die klem op “camp” en Susan Sontag in haar beroemde essay "Notes on Camp" – opgeneem in Against interpretation (1966) – huldig “camp", en meer spesifiek Oscar Wilde se puntige, speelse opmerkings oor die weggooi-opmerking. Trouens, dit was mos die einste Wilde wat opgemerk het dat net die diepsinnige persoon op sy baadjie getakseer kan word ... "Notes on camp"...

Oppervlakkigheid: Die verskil tussen populariteit en oppervlakkigheid
Herman Wasserman - 2006-08-09
Die debat oor die veronderstelde vervlakking van die (Suid-) Afrikaanse media berus op minstens een foutiewe aanname: dat die media in die eerste plek ’n baie ernstige instelling is wat ernstige werk verrig. Die media beweer dikwels dat hulle absoluut onmisbaar is vir demokrasie, dat hulle die sg. ‘Vierde Stand’ is wat die regering op sy tone hou en waarsonder die demokrasie nie kan funksioneer nie, dat hulle inligting verskaf waarsonder die samelewing nie kan klaarkom nie en...

Oppervlakkigheid: Goeie nuus uit die kombuis
Sonia Cabano - 2006-08-09
Soms sien mens foto’s van jammerende familielede en ondersteuners buite ’n hof met die byskrif: “Ons bly lief vir haar, al het sy die pad byster geraak.’’ “Is dit die Suid-Afrikaanse kombuis waarvan gepraat word?’’ wonder ek. As ek vonnis kon uitspreek oor ons plaaslike kookkuns en -kennis, sou korrektiewe toesig en streng rehabilitasie moontlik sterk figureer. Dis bykans onmoontlik om oor ’n verdere vervlakking van die Suid-Afrikaanse kookkuns...


<< 1 9 10 11 12 13 >>