Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > SeminaarKamer | Seminar Room

SeminaarKamer | Seminar Room


<< 1 2 3 4 18 >>

’n Fokusverskuiwing van boekreklame: Francis Galloway reageer op Willie Burger
Francis Galloway - 2011-05-13
Willie Burger wys op moontlike redes waarom daar nie reaksie van die “gewone publiek” was op die besluit van Media24 om hulle boekeblaaie in te kort en een superredakteur aan te stel nie. Die afleiding kan gemaak word dat die “gewone publiek” nie resensies lees nie en dus nie ’n verskeidenheid sal mis nie. Hy vra hoe dit gebeur het. Aan die een kant is daar die veranderinge in die breër opvoedkundige en kultuursisteme waarbinne die letterkunde figureer en wat aanleiding...

LitNet Akademies: Herman Wasserman gesels oor godsdienstige verwysings in koerantberigte oor misdaad en ongelukke
Herman Wasserman - 2011-05-11
Herman Wasserman reageer op die artikel “’n Kritiese evaluering van godsdienstige verwysings in berigte oor misdaad en ongelukke in Beeld en Rapport” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Christo Lombaard en Johannes Froneman. Lombaard en Froneman se artikel is ’n tydige bydrae tot die mediastudies-literatuur in Suid-Afrika, aangesien dit twee onderwerpe kombineer waaraan daar tot op hede nog te min aandag gegee is in die akademiese diskoers rondom...

LitNet Akademies: Neels Jackson gesels oor godsdienstige verwysings in koerantberige oor misdaad en ongelukke
Neels Jackson - 2011-05-09
Neels Jackson reageer op die artikel “’n Kritiese evaluering van godsdienstige verwysings in berigte oor misdaad en ongelukke in Beeld en Rapport” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Christo Lombaard en Johannes Froneman. Is daar genoeg om enigiets te sê? Christo Lombaard en Johannes D Froneman se artikel “’n Kritiese evaluering van godsdienstige verwysings in berigte oor misdaad en ongelukke in Beeld en Rapport” roer twee kwessies...

LitNet Akademies: Cas Vos gesels oor godsdienstige verwysings in koerantberigte oor misdaad en ongelukke
Cas Vos - 2011-05-09
Cas Vos reageer op die artikel “’n Kritiese evaluering van godsdienstige verwysings in berigte oor misdaad en ongelukke in Beeld en Rapport” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Christo Lombaard en Johannes Froneman. Die wêreldbeeld is nie net ’n geslote werklikheid nie, maar daar is ook ruimte vir ’n “poreuse wêreldbeeld” (vgl die filosoof Charles Taylor in dié verband). In sy jongste werke gee die filosoof...

Energiebesparing: beleidsmaatreëls en persoonlike bewusmaking
Philip Fourie - 2011-05-03
Untitled Document Geluk aan LitNet dat u bereid is om ook geleentheid te gee vir die bespreking van aktuele sake buite die letterkunde en kunste; die "Two Cultures" van CP Snow is gelukkig iets van die verlede! In die prikkelende artikel van Koos Holtzhausen op LitNet toon hy aan hoe stygende lewenstandaarde (en in ’n mindere mate bevolkingsgroei) lei tot ’n steeds toenemende vraag na energie, in die besonder elektrisiteit. Sy gevolgtrekking is dat voorsiening in die verwagte toename...

Repliek op Willie Burger
Joan Hambidge - 2011-05-03
Untitled Document Die hele debat rondom boeke en boekresensies en die nasionalisering van boekeblaaie het ’n nuwe belangrike dimensie bygekry met Willie Burger se bydrae op LitNet (Seminaarkamer: “Eie Boesem”). Dit gaan om meer as die resepsie van ’n boek; dit gaan om ’n wyer kulturele belewenis. Tans gee ek ’n nagraadse kursus oor Nabokov se beroemde Cornell-lesings, en klassieke romans soos Madame Bovary, Anna Karenina, Ulysses word behandel. Ons kyk ook na...

“Enough is enough” - or is it?
Grace Kim - 2011-04-28
A male newsreader speaks about the recent service delivery strikes in Ficksburg as groups of people fill the TV screen. The camera zooms in on a banner with the words: “ENOUGH IS ENOUGH – WE WANT THE OFFICE KEYS NOW!!”. Seconds later, the camera moves to a shot of a bare-chested man surrounded by policemen in body shields and helmets. There’s a scuffle. As the camera pans out, it shows two, three, four, five, six, seven, perhaps more, police, surrounding him, striking...

To e-Book or not to e-Book
Janet van Eeden - 2011-04-26
Untitled Document I had four plane flights in 48 hours last week. To make good use of the time in transit I decided to plan a story based on one of Jane Austen’s heroines or villains. So I took my tattered copy of Pride and Prejudice along to while away the in-between hours and to get into the right linguistic state of mind. As I sat on the metal seats which are ubiquitous in boarding queues, I felt a need to be furtive when I took my yellowing paperback out of my bag. Alongside me people...

Die Van Riebeeck-erepenning aan Adriaan van Dis: Laudatio
Ena Jansen - 2011-04-26
Saterdag 23 April is Adriaan van Dis is deur die NZAV vereer met die Van Riebeeck-erepenning. Ena Jansen het die volgende huldigingswoord gelewer: Die voorsitter van die NZAV sal oor enkele minute die Van Riebeeck-erepenning oorhandig aan Adriaan van Dis, ’n markante skrywer, dokumentêr-maker en Afrika-kenner vir wie die vereniging wil vereer vir die boeiende, warm en positief-kritiese manier waarop hy Suid-Afrika in Nederland onder die aandag bring. Dit het hy onder andere gedoen...

Normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal. Jacques Fourie reageer
Jacques Fourie - 2011-04-26
Jacques Fourie van die metalgroep Mind Assault reageer op die artikel “Vervreemding in die ekstreem: ’n Oorsig oor normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Burgert A Senekal. Ek stem saam met die skrywer. Ek voel byvoorbeeld dat ek myself meer “waar” uitdruk in Afrikaans. Die woorde kom maklik na my wanneer ek in hierdie taal skryf en iets wil uitbeeld of oordra. Dis ’n growwe...

TEDx Cape Town from an undercover crew ninja’s perspective
Grace Kim - 2011-04-20
My aim with TEDxCapeTown was to give exposure to the opportunities in water and innovation. We achieved that in a fun yet professional way, but what we saw on the day, was that the sense of community we [Capetonians] have is phenomenal. We can achieve anything because we have each other. – Bernelle Verster, organiser TEDx Cape Town stage “Agh, it’s still too low. And now it’s slanted!” It’s just past 8 on a slightly chilly Saturday...

Nasionale Boekeredakteur (vervolg): Eie boesem
Willie Burger - 2011-04-20
Tim du Plessis se triomfantlike opmerking dat die “gewone publiek” nie van hulle laat hoor in hierdie hele debat nie, dat die klagtes net van ’n klompie skrywers en literatore af kom, spook by my en ek dink dit dwing ons ook om bietjie na te dink. En aan die een kant – hoe min simpatie ek ook al met Du Plessis se opmerking het – moet mens hom gelyk gee. Die aanwys van een almagtige boekeredakteur is kennelik ’n stap van Media 24 wat veel meer aanstoot gee aan...

LitNet Akademies: Helené van Tonder gee haar mening oor die veelduidigheid van tekste
Helené van Tonder - 2011-04-11
Helené van Tonder reageer op die artikel “Oor die veelduidigheid van tekste” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Bernard Lategan. Met die lees van Lategan se artikel het ek opnuut stomgestaan voor die wetenskap wat my altyd op my knieë hou (nederig én biddend): hermeneutiek. Die verskillende hoeke waaruit Lategan hermeneutiek benader (taalkundig, literêr-teoreties, historiografies en filosofies), belig weer die beduidende invloed...

LitNet Akademies: Nadia Marais gee haar mening oor die veelduidigheid van tekste
Nadia Marais - 2011-04-11
Nadia Marais reageer op die artikel “Oor die veelduidigheid van tekste” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Bernard Lategan. Fronese1 en die veelduidigheid van tekste Inleiding Bernard Lategan huldig in sy miniseminaar “Oor die veelduidigheid van tekste” die opinie dat die veelduidigheid van tekste “’n onomseilbare gegewe in die huidige opset is”, wat hy bespreek aan die hand van taalkundige, literêre, historiografiese...

YouTube-onderhoud: Hendrik Geyer gesels oor LitNet Akademies
Hendrik Geyer - 2011-03-25
Hendrik Geyer, 'n ereredakteur van LitNet Akademies, gesels oor sy loopbaan en navorsing, die behoud van Afrikaans as wetenskaptaal, en sy visie vir LitNet Akademies se Natuurwetenskappe-afdeling. In Deel 1 beantwoord Hendrik Geyer die vrae: Vertel ons waarvandaan jy kom en hoe dit gekom het dat jy fisika as ’n loopbaan beoefen. Watter interessante dinge het jy al in jou beroepslewe gedoen of ervaar? Vertel ons meer van die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing,...

Margaret Bakkes
Liesbeth Botha - 2011-03-24
Vir haar huldigingsfunksie in haar 80ste lewensjaar, by die Woordfees Stellenbosch, 7 Maart 2011 Ek onthou vir tannie Margaret sedert my laerskooldae, meer as 40 jaar gelede. Sy en oom Cas en hulle vier kinders het einde 1969 in Pretoria kom woon. Tannie Margaret het sedert kort na hulle aankoms in Pretoria die ereplek van my ma se “beste maatjie” beklee. En synde die oudste dogter van die seer geliefde en legendariese Elize Botha was ek altyd diep onder die indruk van die belangrikheid,...

Laat die jeug gesien en gehoor word
Ernst Roets - 2011-03-24
Kinders moet gesien en nie gehoor word nie ... Of so lui die oeroue sêding. Aanhangers van hierdie lewensbenadering se ore sou vir seker by die laaste ATR-beraad getuit het. Nou praat ek van die ATR-Jeugberaad wat gedurende die Woordfees in Stellenbosch aangebied is. Jongmense van uiteenlopende agtergronde het onder een dak vergader om die goed waaroor hulle op sosiale en/of politieke vlak van mekaar verskil, vir eers agter te laat en te praat oor dit waaroor hulle saamstem – Afrikaans!...

Afrikaans en 16 Junie (Jeugdag)
Virgilio Daniels - 2011-03-24
Afrikaans moet vrygemaak word van sy onnodige bagasie wat dit gekry het as gevolg van mense se onverantwoordelike sienswyses. Afrikaans is nie die hoofrede waarom die onluste van 1976 gebeur het nie. Dit was bloot die vonk wat die vuur aangewakker het. Die apartheidsregering het dit gebruik as ’n stuk gereedskap om die swart kultuurgroepe van die land nog verder te onderdruk. Die sosio-ekonomiese omstandighede van die onderdruktes en die onmenslikheid van die politieke stelsel van die tyd kan...

Die komplekse "Ek"
Paul Cilliers - 2011-03-24
Hierdie artikel het op 19 Maart in By (Beeld en Die Burger) verskyn. Mens kan nie jouself sien nie. Ek probeer nie laf wees nie, ek is heel ernstig. Jy is jou eie blinde kol. Jy kan jou voete en hande sien, jou arms en bene (jou bobene net van bo), jou bors (nie heeltemal tot bo nie) en jou maag, tot die mate wat jy daarna wil kyk. Maar jou gesig, die deel wat mens by uitstek assosieer met wie jy is, dié kan jy nie sien nie. As jy langs jou neus af loer, kan jy so ’n deurskynende pienkerige...

Normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal. Paul Blom reageer
Paul Blom - 2011-03-23
Paul Blom reageer op die artikel “Vervreemding in die ekstreem: ’n Oorsig oor normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Burgert A Senekal. Metaal-are Met ’n geskiedenis in ekstreme musiek wat tot die vroeë 1980’s terugstrek, sal ek hierdie stuk vanuit ’n meer persoonlike perspektief benader. Met ’n liberale siening en ’n duidelike wete van reg en verkeerd absorbeer...

Die energiekrisis: hernubare oplossings vir energieverbruik ’n noodsaak
Koos Holtzhausen - 2011-03-23
In ’n hoogs interessante artikel, “Prometheus se vloek” (By, 4 Desember 2010), maak Francois Durand onder andere die stelling dat die gode die mens straf omdat hy geleer het om die aarde te beheer en te benut. In die begin het die mens oënskynlik in volkome utopiese balans met die natuur geleef: eers net plante en vrugte geëet, later leer jag en is gejag deur wilde diere. Durand toon aan hoe die mens se intellek hom in staat gestel het om verdere hulpmiddels te ontwikkel...

Normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal. Martjie Bosman reageer
Martjie Bosman - 2011-03-23
Martjie Bosman reageer op die artikel “Vervreemding in die ekstreem: ’n Oorsig oor normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Burgert A Senekal. Burgert A Senekal lewer met hierdie artikel, soos met sy ander bydraes oor Afrikaanse protesmusiek (Senekal 2010; Senekal en Van den Berg 2010), ’n waardevolle bydrae tot die kartering van die steeds uitbreidende Afrikaanse musiektoneel. Die subgenre...

Wat is goeie wetenskap? Braam Roux en Fanie de Beer reageer
Braam Roux - 2011-03-17
Braam Roux en Fanie de Beer reageer op Wieland Gevers/Susan Veldsman en Melodie Nöthling Slabbert se reaksies op hulle artikel “Onderweg na goeie wetenskap 2: Die funksie van strategie, visie en beleid” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling. In die gewaardeerde reaksies op ons artikel “Onderweg na goeie wetenskap: Die funksie van strategie, visie en beleid” het twee perspektiewe uitgekom: een wat met beleidmaking te make het (alhoewel dié “party”...

Hoekom mens nié (moet) skryf nie
Francois Verster - 2011-03-16
Daar is al baie gepraat én geskryf oor waarom mens moet skryf. Een rede is die veronderstelde terapeutiese waarde van die skryfproses. Ek wil egter aanvoer dat, soos dit die geval is met medisyne, te veel van ’n goeie ding ook sleg, selfs dodelik, kan wees. Net so het die skrywer-uitgewer Leon Rousseau onlangs in ’n koerant geskryf dat ’n vriend opgemerk het dat drank, in matige hoeveelhede, tóg heilsaam is. Dit hang natuurlik ook af van wie die drinker is –...

Elf en die sander
Johan Hattingh - 2011-03-16
Ons het vanaand van ons span se kant af by herhaling beklemtoon dat die konsepte van die self en die ander hoogs problematies is, en dat ons diep in die moeilikheid is die oomblik as ons dink ons weet wie is die self en wat is die ander. Soos kollega Paul Cilliers tereg aangetoon het, is die self te dig om in ’n paar woorde te kan voorstel, wat my laat dink dat ons eintlik moet skrik as ons besef wat alles ingemeng is in dit wat ons die self noem; en soos kollega Vasti Roodt uitgewys het, is...

Beter sonder ander?
Vasti Roodt - 2011-03-16
Eintlik wil ek nie graag hier wees nie, en julle wil my ook nie graag hier hê nie. Julle wil ook nie graag hier wees nie, en ek wil julle ook nie graag hier hê nie. Maar hier sit julle en hier staan ek. As ons nie vanaand in mekaar se geselskap vasgevang was nie, was ons iewers anders, in die valstrik van ander mense se teenwoordigheid. Daar is geen uitkomkans nie: waar ek ook al gaan, sal daar altyd ander wees. Om ’n self te wees is om altyd met ander gepla te wees. In sy bekende...

Die essensiële “ek”
Hannes Smit - 2011-03-16
Goeienaand dames en here Ek hoor dat u dit sover geniet het om na die toesprake van my kollegas te luister. Ek is egter seker dat terwyl u daarna geluister het, baie van u nie anders kon doen as om te dink: “Dis alles goed en wel, maar wat ek eintlik wil weet is: Wat sal die Taalanalitiese filosofie sê oor hierdie kwessie?”. Ek wil u komplimenteer op sulke ingeligte denke en so ’n uitstekende vraag. Ek staan vanaand hier om hierdie vraag te beantwoord. Vir dié van...

Die ander kant
Servaas van der Berg - 2011-03-16
Ek lees nou die dag vir die eerste keer, op Hannes se aanbeveling, ’n deel van ’n sport-outobiografie en, tot my verbasing, geniet ek dit toe nogal. Dit het vir my duidelik gemaak dat daar eintlik nooit soveel rede was as wat ek gedink het om die saamgeflanste biografieë van politici of onlangse sport-ikone te vermy nie. Sien, my oorspronklike reaksie teen die genre het waarskynlik minder te doen gehad met die boeke se inhoud as met ’n irriterende neiging van hulle uitgewers...

Sê nou daar ís geen ander nie?
Anton van Niekerk - 2011-03-16
Ek wil met julle iets deel wat my van kleins af agtervolg. Ek weet nie regtig of dit ’n fobie of ’n fantasie is nie. Dit betrap my nou nog soms, tydig en ontydig – in my bed, in die badkamer, as ek voor ’n klas staan, as ek my skoene skoonmaak, wanneer ek by vriende kuier, wanneer ’n verkeersman my van die pad af trek, wanneer ek rugby kyk, ja, selfs wanneer ek die koerant lees: dis die moontlikheid dat ek alleen in die wêreld is. Veral dat ander mense, wat so...

Vrye Woord: Ope brief aan Media24 oor nasionale boekeredakteur, reaksies ingesluit
2011-03-16
Ope brief aan die bestuur van Media24 Aan: Mnr Francois Groepe cc: Mnre Abraham van Zyl, Peet Kruger, Tim du Plessis Beste mnr Groepe en ander bestuurslede Vrye Woord is ’n drukgroep skrywers wat die vrymoedigheid het om u vrae oor die enkele beoogde nasionale boekeredakteur vir u streekskoerante te vra nadat mnr Tim du Plessis reeds ’n basiese verduideliking vir die besluit gegee het en ons dit aan woordwerkers help deurstuur het. U is bewus van die wydverspreide ontevredenheid oor...

Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma. Hans Ester reageer
Hans Ester - 2011-03-15
Hans Ester reageer op die artikel “Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma: ’n Verkenning van Verkenning” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Cilliers van den Berg. Die funksie van taal en die rekbaarheid van die begrip trauma Cilliers van den Berg se teks oor die wedersydse betekenisgewing van trauma en postkolonialisme is ’n groot uitdaging vir die geesteswetenskaplike besinning en is besonder waardevol om met kollegas en gevorderde...

Debat oor nasionale boekeredakteur
Elna van der Merwe - 2011-03-15
Huisgenoot is doodgewoon vir ernstige lesers irrelevant, Afrikaanse sepies en films oor boeke is oulik, en mens sien nie neer op daardie mark nie, maar op watter vlak moet die diskoers nou eintlik beweeg? Beste Charles, as ’n mens sulke neerbuigende stellings soos bogenoemde maak, sou dit jou baat om eers jou feite reg te kry. Jy is duidelik onbewus van die feit dat Huisgenoot al bykans die afgelope twee jaar ’n maandelikse boekeseksie van 11 bladsye het. In die Maart-uitgawe, byvoorbeeld,...

Dit is die resensent wat sy/haar geloofwaardigheid moet handhaaf
Jeanette Ferreira - 2011-03-10
Ek sien nie juis probleme met ’n algemene boekeredakteur nie. Omdat ek self vir al die Media24-koerante resenseer sedert ek nie meer aan ’n uitgewery verbonde is nie, het ek die idee gekry etiek en onafhanklikheid is in ’n groot mate die resensent se verantwoordelikheid. (...) Andersyds resenseer ek boeke van uitgewerye vir wie ek as redakteur vryskutwerk doen en ek het nog nooit geskroom om negatiewe kritiek te gee as dit nodig was nie. Dit is die resensent wat sy/haar geloofwaardigheid...

Om te boikot of nie? ’n E-posgesprek
Gerrit Brand - 2011-03-08
Charl-Pierre Naudé skryf: Beste kollegas Dis situasie raak net verskrikliker. Ek is bevrees ek is nie oortuig deur die positiewe prentjie wat Tim geskets het nie. Ek vra die koerante, en spesifiek vir Tim du Plessis, wat iemand is wat die hoër funksies van taal op die hart dra: Besin weer! Die kardinale punt is die skeiding van "magte". Daar moet verskillende boekeredakteurs wees, wat elk verskillende resensente kan aanstel. Een boekeredakteur wat verskeie resensente mag aanstel...

Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma. Hennie van Coller reageer
Hennie van Coller - 2011-03-08
Hennie van Coller reageer op die artikel “Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma: ’n Verkenning van Verkenning” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Cilliers van den Berg. My gevraagde kommentaar op die uitstekende artikel van Cilliers van den Berg, “Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma: ’n Verkenning van Verkenning”, sal die vorm aanneem van kanttekeninge. Van den Berg definieer trauma (2) as...

Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma. Philip John reageer
Philip John - 2011-03-08
Philip John reageer op die artikel “Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma: ’n Verkenning van Verkenning” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Cilliers van den Berg. Die oorbodigheid van “traumateorie” Die aanname waarop my bydrae tot hierdie seminaar berus, is dat Cilliers van den Berg se artikel oor Verkenning ’n waardevolle ontwikkeling verteenwoordig van ’n debat wat nou al byna ’n dekade in die Afrikaanse...

Die oplossing is eenvoudig
Paul C Venter - 2011-03-08


Wat sal ’n boikot tog regkry?
Dawid van Lill - 2011-03-08
Ek verstom my oor die vurigheid waaroor die debat oor een boekeredakteur gevoer word. Dit voel amper asof sommige skrywers dit as een van die Tekens van die Tye beskou. En dit nogal só kort voor 2012? Laat ’n mens dink, of hoe? Ek moet ruiterlik erken dat ek nie die debat van die begin af gevolg het nie, maar die felheid daarvan het my tog opgeval. Alle partye het ’n deeltjie van die waarheid beet, so lyk dit my, maar misleiding van weerskante kan ook nie uitgesluit word...

Mens kan net hoop
Petrovna Metelerkamp - 2011-03-07


Die literêre aktiwiteit in die taal moet so dinamies en divers moontlik wees
Louise Viljoen - 2011-03-07
Afrikaans is ’n klein, maar potente, taal. Om die vitaliteit van Afrikaans te behou, moet die literêre aktiwiteit in die taal so dinamies en divers moontlik wees. Die gesprek rondom boeke (wat resensies insluit) speel ’n baie belangrike rol in die lewendigheid van ’n letterkunde en die volwassenheid van die intellektuele debatte wat in ’n taal gevoer word. Verskillende boekeblaaie onder die leiding van kundige boekeredakteurs in Afrikaanse koerante is nodig om...

Die doodsklok vir die Afrikaanse letterkunde
Nicol Stassen - 2011-03-07
Benewens Afrikaanse boeke is die gedrukte en elektroniese nuusmedia die belangrikste manier waarop Afrikaanse intellektuele en lesers kommunikeer. Die Afrikaanse intellektuele wêreld is oor dekades hierdeur in stand gehou en verruim. Agt jaar gelede was die boekeblaaie van Beeld, Die Burger, Die Volksblad, Rapport en Insig (later Boeke-Insig) nog hiervoor beskikbaar. Dit is aangevul deur radioprogramme van Daniel Hugo, televisieprogramme van onder andere Hettie Scholtz, en enkele letterkundige...

Een ontoelaatbare verschraling
Hans C ten Berge - 2011-03-07
Ik onderschrijf het verzoek aan Media24 om af te zien van de aanstelling van één boekredacteur ... Een ontoelaatbare verschraling en (mogelijk intimiderende) eenduidigheid zal het gevolg zijn. Daarvoor is de Afrikaanse literatuur in al haar verschijningsvormen te rijk en verscheiden van aard. Uniformering is altijd en overal desastreus! Als geïnteresseerde buitenstaander en Nederlandse auteur sluit ik mij aan bij het protest van mijn collega's in Zuid-Afrika. <<...

Natuurlijk is het een teken van marginalisering van de literatuur in het publieke discours
Laurens van Krevelen - 2011-03-07
Natuurlijk is het een teken van marginalisering van de literatuur in het publieke discours, en dus van het serieuze boek. Ik ben het dus eens met Marga Collings en de meeste anderen. Niet geschoolde lezers komen zo weer minder in contact met ideeën van een meer kansvolle groep in de maatschappij. Het plan is dus even schadelijk voor het literaire, relatief kleine publiek als voor het veel grotere, minder ontwikkelde publiek. << Terug na die “Een boekeredakteur”-miniseminaar...

Dat die forum vérder gaan verklein, is erg kommerwekkend
Alida Potgieter - 2011-03-04
Ek wil ook graag my kommer uitspreek oor een nasionale boekeredakteur vir die Afrikaanse koerante: In my lang uitgewersloopbaan het ek gesien hoe die forum vir boekbesprekings deur die jare verklein: daar verskyn soveel minder indringende resensies van ’n Afrikaanse boek as ’n dekade of twee gelede. Dat die forum vérder gaan verklein, is vir my erg kommerwekkend. En dat ’n boek en skrywer se sukses dalk gaan afhang van één resensie in die onderskeie Afrikaanse...

’n Veelheid van stemme is nodig
Andries Visagie - 2011-03-03
Die plan om ’n enkele boekeredakteur vir Beeld, Die Burger en Die Volksblad aan te stel, sal ongetwyfeld ’n verlies vir boekeliefhebbers beteken. ’n Veelheid van stemme is nodig om aan die leserspubliek ’n gebalanseerde siening van ’n boek te gee. Indien slegs een of twee resensies van ’n bepaalde boek verskyn, is dit goed moontlik dat net enkele aspekte van daardie boek aandag sal geniet. ’n Resensie open ’n gesprek oor ’n bepaalde boek en hoe...

Boeke-besluit is geen katastrofe
Johan Swarts - 2011-03-03
Gaats. Al wat ’n Afrikaanse skrywer is, is tans up in arms oor Media24 se besluit om die boekeredakteurs van Die Burger, Volksblad en Beeld se poste af te skaf en ’n oorhoofse redakteur in hulle plek aan te stel. Almal, van Breyten Breytenbach tot Joan Hambidge, reken hierdie skuif kan niks minder as katastrofiese nagevolge vir die Afrikaanse boekebedryf inhou nie. (As jy nie weet waaroor bogenoemde gaan nie – of glad nie hieroor omgee nie – hou onmiddellik op lees en gaan...

Diversiteit van resensies is van allergrootste belang
Kerneels Breytenbach - 2011-03-02
As een van Die Burger se oudboekeredakteurs is dit seker noodwendig dat ek nie sal dink dis ’n baie skrander skuif om een persoon verantwoordelik te maak vir ’n boekeblad wat deur Beeld, Volksblad en Die Burger gedeel sal word nie. Ek kan die gronde vir hierdie diepe oortuiging herlei na een gesprek wat ek in die vroeë jare tagtig gehad het met Danie van Niekerk, destyds besturende direkteur van Tafelberg-Uitgewers. Ons het in die kroegie van die Café Royal gesit en hy het...

Charles Malan skryf in reaksie op Marga Collings
Charles Malan - 2011-03-02
Charles Malan skryf in reaksie op Marga Collings Marga, jou woorde is musiek in die ore van baie van ons wat by julle publiseer. Jy wys op die gebreke in die belangrikste argumente om sentralisering te regverdig, in die besonder: Hoeveel word nou eintlik “bespaar” as die belange van die Afrikaanse letterkunde en geesteslewe opgeweeg word? Hoe kan die superredakteur seker wees dat die superresensent wat ’n enkele boek gewoonlik ’n enkele keer moet bespreek, die vermoë...

Resensies in die dagblaaie is ’n voedingsaar tot die diskoers
Marga Collings - 2011-03-02
Gerugte oor die vermindering van die drie boekeblaaie in die Afrikaanse dagblaaie – Beeld, Die Burger en Volksblad – tot een nasionale boekeblad is reeds lankal in omloop, en binne die groep is daar ernstige gesprekke oor die saak gevoer. Ek het dus gehoop dat daar van die plan afgesien is – totdat die pos vir die nasionale boekeredakteur geadverteer is. Media24 en Naspers het oor die jare heen groot geld uitgee aan borgskappe tot die voordeel van Afrikaans: die kunstefeeste,...

Verruiming of verskraling?
Gerrit Brand - 2011-03-02
Die volgende brief is ontvang van Eloise Wessels, uitvoerende hoof van NB-uitgewers. Charles Malan en Gerrit Brand se antwoorde volg daarna. Beste Charles Ons as uitgewers deel uiteraard die skrywers se besorgdheid oor enige verskraling van aandag aan Afrikaanse boeke, en daarom het ek, toe die advertensie vir die nasionale boekeredakteur onder my aandag gekom het, dadelik met Abraham van Zyl (hoof van Media24-koerante) gepraat. Hy het op sy beurt ’n gesprek gereël met my en...


<< 1 2 3 4 18 >>