Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet

SêNet


<< 1 1340 1341 1342 1343 1344 >>

Landdroste en aanklaers
Jana - 2006-09-20
Ek voel ek moet hierdie brief skryf, eerstens na aanleiding van die landdros wat na 16:00 misdadigers loslaat, en tweedens na gisteraand se Fokus op SABC 2 waar die polisie weereens die skuld vir alles kry. Ek is reeds die afgelope sewe jaar 'n koerant-joernalis in die Noordwes. My "beat" is hofverslaggewing vir verskeie gemeenskapskoerante in die provinsie, Suid-Gauteng en Oos-Vrystaat. Ek kan met oortuiging praat van aanklaers wat nie hulle huiswerk doen nie, nie moeite doen om dossiere...

Good news SA, short and sharp facts...
Francois Williams - 2006-09-19
Steeds kom die goeie nuus soos 'n sneeu-storting deur! Hier is nog, spesiaal opgedra aan ons smartvraat-suurgat-blanke-boef-verloopte-hensopper-verdraaier-verraaiers koud verkluim en uitgeweke in hulle kille-skrille-bekontraste-derde-wereldse-wanna-be-first-world-hole...kry vir julle!!! South Africa is ranked 29th out of 175 countries for ease of doing business - ahead of Austria, France, Spain, Brazil and India - according to Doing Business 2007, a joint publication of the World Bank and the International...

Antwoorde op Francois Williams se “vragies”!
Jan Rap - 2006-09-19
Terloops, hoekom het jou opskrif ‘n vraagteken? Vra jy toestemming of jy vragies mag vra? Dis verkeerd man; jou opskrif is die titel van ‘n klomp vrae en nie self ‘n vraag nie. Nou antwoordjies op jou vragies maar eers: Jou relaas oor Errol het niks met jou argument te doen nie, ek het jou reeds gesê jou stelling oor Joost se Afrikaans was net ‘n systap, ‘n poging om die aandag af te lei van jou infantiele gekweel oor die Afrikaner en Apartheid (ek hoop jy’t...

Kan 'n sangoma gays regruk of andersom? - Coenie, Bobbejaan, slimmes.
Afrikaan - 2006-09-19
Vriende, sangomas en bure My vriend, Lesiba, en ek ry oor die naweek op Johannesburg toe, ons het albei vergaderings daar Dinsdag en ek moet boonop sangoma-probleme uitsorteer by 'n huis wat ek verhuur in Westdene. Hy kan my sommer so in die ry adviseer oor sangomas, maar sê hom niks op hierdie stadium. Netnou 1time hy my! Ons gaan oa oorslaap in ons geliefkoosde Karoodorp, Nieu Bethesda. Ons gaan en route kyk na eiendom in my ou familiedorp, Beaufort-Wes en in Victoria Wes. Dis hoekom ons...

Vir Bobbejaan
Coenie K - 2006-09-19


Kaapstad na Kairo
Afrikaan - 2006-09-19
Die boek wat Webvoet aanbeveel het, het ek gelees. Dit is 'n great boek en Holgate se skryfstyl maak dit maklik leesbaar. Regdeur die boek het hy ook sketse, foto's en persoonlike briewe wat die storie meer interessant maak. Die "maklikste" roete is via Soedan, Ethiopië, Kenia, Tanzanië, Zambië, Zimbabwe en dan is jy tuis. Jy reis dan deur die relatief droë en veilige dele van Afrika en daar is selfs openbare vervoer die hele roete. Jy hoef dus nie 'n Land Rover te...

'n Reënboog, 'n olyftak en 'n glasie wyn
Afrikaan - 2006-09-19
Jy vra of ek hom geken het... Toe ek vroegoggend by my huis uitstap in Woodstock het ek oudergewoonte opgekyk Tafelberg toe. Daar was 'n breek in die wolke en 'n reënboog het gevorm voor die berg. Ek het na Fanie Smit se “Loof die Here” op RSG geluister soos ek uitry Paarl toe. Vanoggend, Sondagoggend, is sy as saam met die van sy ma ter ruste gelê is. Sy ma is al in 1982 oorlede, destyds toe hulle in Bloemfontein gewoon het. Hy was maar 11 jaar oud. Ons was so 30 mense...

Landrover vs Landrover
CR de Wet - 2006-09-19
Geagte Man op die straat, Ek stem volkome saam met jou dat die Freelander nie ‘n haarkapster se voertuig is nie. Elke Landrover model is doelgebou om aan n sekere segment van die 4X4 motor mark te voldoen maar elke Landrover model is steeds ook n 4X4 en Landrover maak seker dar sy modelle wel basiese veldry toestande kan bemeester. Ek self het geen ondervinding van ‘n Freelander nie, maar kan maar net weergee wat ek self in Mosambiek gesien het. My Defender V8, Danie se Discovery...

A Minerva! – Op pad vanaf Kansas...
Kobus de Klerk - 2006-09-19
A Minerva! Met dié dat jy juis ‘n probleem het om die vuur te “hoor” of te sien aankom… Kom staan eerder by Drolpeer, dan staan jy glad nie die risiko saam met Bloekom, Wattel en Pinus om op die uitheemse brandvuur te beland nie… en ek sal nie daar wees om die vlam aan te steek nie... wil natuurlik ook nie, nie my funksie nie, nie my plek nie, nie my doel nie, maar jy het dalk self die vuurklip in jou hand... nie geweet nie? Kansas?! Dis sal goed wees as...

Die Wêreld leer by SA
Francois Williams - 2006-09-19
Van die Good news SA webblad: Addressing a joint sitting of the South African Parliament yesterday, the Secretary-General of the United Nations Kofi Annan praised South Africa’s achievements over the past decade and outlined how South Africa is ‘pointing the way’ for other developing nations and the rest of the world. Speaking of the challenges facing Africa today, Annan said that it was easy to blame the ills of poverty, hunger, AIDS, conflict and corruption on the “depredations...

Good news SA!!!
Francois Williams - 2006-09-19
Die goeie nuus uit SA is besig om in 'n onstuitbare Tsoenami te verander, geen wonder LitNet word so oorval deur suurgat-hensoppers wat nou bitterlik boos is waar hulle krepeer in hul oorsese hole, omdat hulle natuurlik in retrospek, die dwaashede van hulle onverstandige besluit agterkom... SA se wyn uitvoere het bykans verdubbel, en ek lees dat drinkers verdien heelwat meer as nie-drinkers! Verder haal ek graag aan van die Goodnews SA webblad: Almost 7,4 million tourists contributed more than...

Vir Pierre van Niekerk
Odi - 2006-09-19


Aan Afrikaan – ‘n Direkte perspektief
Kobus de Klerk - 2006-09-19
Afrikaan, Ek verwys direk na jou brief aan Zandes, oor selfde geslag “pare” en hoe hulle in die samelewing behoort in te pas. Vir jou is die verkeerde… reg. Dus, by mense soos jy, ís daar gewoon geen verkeerde nie, soos dit in die New Age verkondig word. Maar, dit het niks te make met die objektiewe “reg” of “verkeerd” nie. Jy toon klaarblyklik géén begrip vir die onderskeid nie. Die enigste maatstaf, waaruit die werklike “reg”...

My 10 tien bands en liedjies
Mia Nagtegaal - 2006-09-19
Hier volg my eie top tien: Bands en sangers: Parlotones Red Hot Chili Peppers Airship Orange (R.i.p) Arcade Fire Ryan Adams (elke CD is 'n masterpiece op sy eie manier.) White Stripes Arno Carstens Interpol Foo fighters Black Rebel Motorcycle club Liedjies “Dreams and Troubles” van Perez “Reason I” van Wickhead “Headlights look like diamonds” van Arcade Fire “Charmless young man” van Magerets Daughter “Motivated” van Parlotones “Regular...

Geagte Mnr Kraamsaal
Mia Nagtegaal - 2006-09-19


Ek het twee vaders
Coenie K - 2006-09-19


Namib, oor die geskokte diere
Andries Wolmarans - 2006-09-19
Hello Namib Man, ek sien jy word aangevat hier oor skokke of so iets. Het nou nie alles gevolg nie, maar ek wil jou tog hierdie storietjie vertel. Ek ontmoet so ruk terug 'n ou wat vir die Bophuthatswana se parkeraad gewerk het. Jis, die ou is ongelooflik interessant en ek het my verluister aan hom. Hy vertel my hy was betrokke by die totstandkoming van die Madikwe Park, jy weet seker, maar die een daar naby die grens met Botswana. So het hulle op 'n stadium glo 'n klomp hiënas soontoe...

Gezina
Andries Wolmarans - 2006-09-19
Hello Gezina Mens, ek het met verbasing die brief van tannie Elsie aan jou gelees. Ek dink, dit gebeur maar met my ook so dan en wan, het sy miskien maar net 'n erg slegte dag gehad, en was jy op die verkeerde tyd op die verkeerde plek. Miskien het ek nie haar geheue nie, maar ek vind jou briewe lekker om te lees, en ek is bly ek kan hoor van die shows wat jy so bywoon. Het jy kaartjies vir Skouspel? Nee, ek het nie. Sal probeer kyk of ek daar kan uitkom, maar dinge is erg besig en deurmekaar....

Cornelius Henn
Bobbejaanboer - 2006-09-19


Waarhede vir Francois Williams
Zandes - 2006-09-19
Francois Ek is nie die een wat 'n reality check nodig het nie. Ek dink nie 'n mens se herkoms en gedrag kan aan mekaar gekoppel word nie. Ek het goeie mense ontmoet in Saudi Arabië en slegte mense in Engeland. Ek ken goed gemanierde Afrikaners asook Afrikaners wat my in skaamte in die openbaar my kop laat sak. In my brief aan jou het ek doelbewus gemeld die bagasiewerkers by Heathrow oorwegend immigrante is (dalk ook Afrikaners), aangesien ek weet jy glo dat alles wat wit is sleg is en alles...

Vir Gatvol Ray oor Kropvol
Wynand - 2006-09-19
Ja Ray, mens raak gatvol vir getroude mans se kaskenades met ander vroue se getroude mans... Die eerste twee het my laat regopsit, maar die gewroeg oor dieselfde geslag seks raak ook vir my ook 'n bietjie oordrewe (en ek het 'n vermoede dis dalk overrated). Maar, ek moet jou sê, na "Bieg" is niks meer dieselfde nie. Een van twee dinge gebeur nou: Jy begin amper voel, "Nou wat is dan fout met my dat die buurman of golfmaat my nog nie kom betas het nie!" of jy raak paranoïes...

Aan Puntjie – dankie vir die lig
Kobus de Klerk - 2006-09-19
Hallo Puntjie, Baie dankie vir daardie openlike bemoediging. En jy weet, dit het netsoveel durf van jóú gekos om dit hier openlik aan my te skryf, want iedereen wie my ondersteun (eintlik die Here se Woord, want dit is Wie ek bring) word geteiken. Wys maar net, die ware Godsdienaars swymel of swig nie voor druk nie, maar floreer daarop. Wanneer dit soms op die ergste gaan, voel dit vir my ek staan reg aan die begin van die Krag wat my motiveer, en hoe meer druk, hoe meer motivering...

Bankkoste
Namib - 2006-09-19
Ek lees dat FNB die afgelope jaar, in Namibië, N$31 miljoen se bankkoste geoes het net uit die inbetaling van kliënte se geld in hulle eie rekenings! Die totale inkomste uit bankkoste die afgelope jaar was N$101 miljoen. Dan reken die banke hulle doen eerlike besigheid. Wat van eiendomsverbande? Net om die verband te registreer, vra hulle 10% en die rente is primakoers verbonde. Verder wil hulle assuransie hê op die verband én as jy die eiendom nie kan betaal nie, dan het die...

Land Rovers ...eh..ehim
Pierre van Niekerk - 2006-09-19
Kan ek myself nou nie verhelp as om diep in my hebefreniese mou te lag nie, skielik is hier heelwat bydraes te maak ook 'n sekere E IQ trots... eh ehimmmm... Maar sal ek, die Groot Nederige enige iets se? Nee, ek sal nie, ek sal nie, ek sal niks sê nie...ek sal maar net sê, Mnr die Gekwesde, die pelletgun skrywer...dit was nie ek wat hierdie keer oor LR geskryf het nie. Kry ek die ingenieur wat my fondasies ontwerp, besadigde mens, goeie mens, Christenmens...laat vir die eerste keer......

Vir Swys
Dirk D - 2006-09-19


Vir Sonia
Dirk D - 2006-09-19


Vir Evert en Petriesja
Dirk D - 2006-09-19


Francois Williams en Irak
Namib - 2006-09-19
Dis die verskil tussen ons argumente...ons loop bymekaar verby en jy weet van g'n sout of water nie! Of die oorlog in Irak verkeerd is, of reg is, maak nie saak vir jou nie, 'n mens kan geen kommentaar daarop lewer net oor jy nie van die oorlog hou nie? Dat jy nie van die lewensverlies hou nie. Ek sal egter graag wil weet of jy net so veroordelend is teenoor wat die vliegtuie wat die geboue in New York getref het en die gevolglike lewensverlies? Wat stel jy voor moes die Amerikaners gedoen het? Omrol...

Landrovers
Die Gemaskerde Sopbeen - 2006-09-19
Dawie Malan: Jy verstaan duidelik nie waaraan kwaliteit gemeet word deur die rakkers wat saak maak nie. Jy sê: "Landrovers is by verre die swaks ontwerpte, krakende, eenvoudige, ongemaklike, raserige, oorverhittende verskoning vir vervoer wat die Engelse nog ooit uitgedink het. Ek dink nie eers die goed is geskik vir ‘n brandsiek plaashoenner om daarin te slaap nie." Jy is reg. Doodreg. MAAR! Ding is. Mens kry Landies die wêreld vol. Elke land in die wêreld. Mense...

Tibet: Cry of the snow lion
Charl Cornelissen - 2006-09-19
Ek het reeds vir jare ’n affiniteit vir Tibet. Eerstens oor die ongelooflike mooiheid van die land, die ruwe berge, ’n stille ongenaaktheid. En dan spesifiek ook vir die mense, hul tradisies, hulle klere en kleure, hul toegewyde uitoefening van hulle geloof en hul nastrewing van vrede. Tibet het nog altyd vir my ’n gevoel van natuurlike minimalisme gegee. So half of net ou siele daar kan woon. Ek koester steeds die wens om eendag daar tyd te gaan deurbring. ’n Kenner van...

Armoede is skoonheid?
Kleinboer - 2006-09-19
Francois, jy’t geskryf: “Boeddha het gesê armoede is jou grootste vriend.” Mao Zedong (het dit uit die hart gekom of was dit kommunistiese propaganda?) het ook in ‘n gedig kwytgeraak dat armoede skoonheid is. Dis bes moontlik waar ('n sjebien is vir my byvoorbeeld mooier as 'n Wimpy Bar), maar gaan vertel dit vir ‘n Afrikaan wat werkloos op die straathoek sit, en hy sal jou uitlag. Armoede is vir ryk mense mooi. Armoede is dalk vir arm mense ook mooi, maar dis...

Erika Henn – oor verliese / oor die insig en die Gees van God
Kobus de Klerk - 2006-09-19
Hallo Erika Dankie vir die antwoord. Ja, die “vergeet” waarvan ons praat , is nie die geheueverlies tipe nie, maar die vergeet van die kwaad-en-verwyt tipe terugdink. Laasgenoemde is die verkeerde… maar daar is sovele dinge wat mens agterna maar weer aan die verliese van die lewe herinner, maar in mens self, deur die helende krag van God, dink mens terug aan die dierbare, en alhoewel die dierbare ook maar seker soms minder dierbaar was in lewe, dink mens selfs nie eens weer...

Die nuwe LitNet
Etienne van Heerden - 2006-09-19
Beste lesers LitNet beweeg hierdie week oor na sy nuwe platform. Ja, die ou moederskip vir Afrikaans, soos ‘n SêNet-skrywer hom ‘n keer genoem het, kry ‘n nuwe lyf en nuwe oemf. Dis vir ons groot tye, die span het hard geswoeg, en ons is baie nuuskierig oor wat julle gaan sê. Ons het ‘n spesifieke dag en uur in die oog wanneer ons wil loods, maar so nou en dan trek daar nog ‘n rilling deur die Web en dan kyk ‘n geek op en sê vir my: “Hy’s...

Toets
Neville Alexander - 2006-09-15


Winde van verandering waai
Etienne van Heerden - 2006-08-17
Beste LitNetters Onverwagse winde waai dikwels oor die dak van hierdie boekehuis met baie wonings. Gelukkig knetter die kaggelvuur, die hart van die huis, warm en bly die mure stewig staan. Skaars is Marius Swart as nuwe SêNet-webmeester aangestel of hy moet die handdoek ingooi weens akademiese verpligtinge. `n Sterk vrou skuif in sy plek in: Madri Victor. Sy is geen vreemde op ons drumpel nie en het al stilletjies in `n agterkamer gewerk. Nou bring ons haar voorhuis toe - ook as versorger...

Meervoud-Afrikanerisme in die Engelse taal
Presipiteerder - 2006-07-20
Dit is vir my verblydend om te rapporteer dat daar ’n Afrikanerisme (Afrikaanse weergawe van ’n Anglisisme) deesdae orals te bespeur is wat betref meervoude in Engels. Ek bevind my tans in ’n werksomgewing waar ek daagliks Tegniese Navrae en Spesifikasies moet opstel vir tenderaars ten bate van voornemende projekte. Uiteraard word ons gedwing om alles in Engels te pleeg. Nietemin, my Engelssprekende kollega’s fouteer ELKE KEER deur afkappingstekens te gebruik wanneer hulle...

Pleitgebede vir my ma
Minerva - 2006-06-28
My ma word hierdie week sewentig. Sy bly saam met haar honde, het geweier om ooit weer na `n man te kyk na my pa oorlede is, sê sy sien nie kans om met `n ou omie te trou wat na samboksalf ruik, en heeldag vir hom pille aan te dra nie. My ma se huis is relatief veilig, diefwering, staalhekke, kettings met slotte en dan help die keffers seker ook om die ongewenste elemente weg te hou, maar ek is bekommerd, baie bekommerd. Sy raak deesdae vergeetagtig, herhaal haarself baie en tree partymaal...

Voe(d)bal vir seuntjies?
Lamé Ebersöhn - 2006-06-28
Wat ‘n uiters ontstellende ervaring – ‘n rugbywedstryd op ’n hoërskoolveld waar laerskoolkinders kompeteer vir ’n streeksbeker. Aggressiewe krete, aanhitsende gille, uitjou buldering, kru skelwoorde, patetiese paaierey. Nee! Dit moet stop! Waar is die opvoedkundiges, maatskaplike werkers, kinderartse en skoolhoofde? Diegene wat kinders versorg, wat moet toesien dat hulle in ’n beskermde omgewing grootword? Vaardighede kan oordra wat selfvertroue en sosiale...


<< 1 1340 1341 1342 1343 1344 >>