Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion

Menings | Opinion


<< 1 2 3 4 1443 >>

Raad vir traumabesering-rehab
Hans Richardt - 2012-01-04
Ek het ’n klein beseringtjie gehad in begin van Desember 2011. Die prognose was nie baie goed in hospitaal by ontslag, want my bloedtelling vir kans om infeksie te kry in die wonde. Wel, ek het in pyn by huis gesit, op Google rondgekrap en navorsing in rotte uit 1980's gekry. Dit het na Vitamien C, B-6, zink en magnesium verwys. Antibiotika werk infeksie teen, pynstillers vertraag die heling. So, my dilemma was dat niks voorgeskryf was vir die heling van die wond nie. 1 van my ekse het aangedring...

Soort taal, Cornelius
Steyn - 2012-01-04


Vinnige uitdagingtjie aan Jan Rap???
Francois Williams - 2012-01-04
Jy is net nog een van die intellektuele leuenaars hier par excellence! Jy seg: Wat jou bakermatbrief betref is jy natuurlik weer hard besig om jou maatjies se matelose onbekwaamheid in die kollig te plaas. Jy sê "Ons in SA leef binne vermoëns, ons het verantwoordelike regering wat intelligent te werk gaan ..." terwyl die koerantink nog nat is oor die minister wat in ’n paar maande oor die R10m aan huurvlugte bestee het, ’n vorige polisiehoof tronk toe gestuur is vir bedrog,...

Maya, voorspoedige 2012
Hans Richardt - 2012-01-04


Hans Richardt en sy menseregte
Kobus de Klerk - 2012-01-04
Hans Richardt My Christelike Godsdiensreëls oortree nie die wette van die land nie, maar wel jou agnostiese interpretasie daarvan. Jy moet ’n belangrike aspek ingedagte hou – as jy die Woord van God verstaan het soos dit verstaan behoort te word, sou jy nie ’n agnostikus wees nie. Jou interpretasie daarvan is dus ’n bespotting vir jou eie insig (en dui op die gebrek daaraan) en is nie die kuberpapier werd waarop dit geskrywe is, nie. Dit geld ook jóú persepsie...

7de Laan net vir wit kunstenaars!
Anthony “Speedo” Wilson I - 2012-01-04
Toe was die grootste letterkundige, die filosoof, digter en dramaturg Adam Small se 75ste verjaarsdag op 21 Desember 2011 nie eers genoem op 7de Laan nie. Want 7de Laan het ’n enklave vir kunstenaars geword ... solank hulle net wit is! Net hulle mag as hulselwers in die realiteit van Hillside verskyn. Ek praat nie hier van die huishoudelike name nie. My wortels is protesteater! Ek kom uit ’n era waar as jy nie betrokke was of geskryf het nie, was jy ’n nul op ’n kontrak....

DINSDAG; 03/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Maggie van Eeden - 2012-01-03


Vir Williams oor die bakermat en oor Afrikaans
Jan Rap - 2012-01-03
Jy sê jy het nog nooit enige kommentaar oor my kwansuise geweeklaag oor die agteruitgang van Afrikaans gelewer nie. Ek dink jy's reg want as jy iets wesenlik sou gesê het sou ek dit onthou het. Jou taktiek is mos om ’n wilde stelling te maak en dan op in die sand te druk; skiet af teen ’n tangent en praat oor iets anders. Jy sê die probleem met "Afrikaans is hoeka die probleem met AFRIKANERS soos Jan Rap homselwers!!" Met die eerste deel stem ek saam; dis mos wat ek...

Nuwejaarswense 2012
Erika Henn - 2012-01-03


Voorspoed in 2012 – as ons dit maak!
Coenie K - 2012-01-03


’n Nuwejaarsuitnodiging – die Christendom staan sterk!
Kobus de Klerk - 2012-01-03
Die mees onlangse Pew Research Center se bevindinge is dat die Christendom oor die afgelope 100 jaar of wat bykans vervierdubbel het – en alhoewel meer mense in Europa oënskynlik wegbeweeg het van die tradisionele Christelike kerke, word dié tydperk gekenmerk deur ’n ongekende Christelike groei in die ander wêrelddele, veral Suid-Amerika, sub-Sahara-Afrika en tradisioneel Oosterse lande soos Filippyne en baie sterk in Sjina. In Sjina, byvoorbeeld, is daar nou al meer...

Lywe in die vakansieson
Johan du Plooy - 2012-01-03
Jaco Ek bly in Nieu-Seeland, en alhoewel dit nou nie juis my stokperdjie is om na ander mense se lywe te kyk nie, kan ek jou verseker dat al die ouer Afrikaners wat hier bly, baie mooi na hulself kyk. Die mense is oor die algemeen baie gesondheidsbewus. Ek weet nie of dit net is omdat ons Afrikaners aanpas by die Nieu-Seelanders se manier van dinge doen nie, maar al die Afrikaners wat ek hier ken draf, gym en eet gesond. Die Suid-Afrikaners het dalk maar gewigsprobleme, maar kan jy hulle blameer....

Francois Williams se nonsens oor Nieu-Seeland en die Westerse beskawing
Johan du Plooy - 2012-01-03
Francois Jy skryf nou al weer so ’n spul twak oor hoe sleg die Weste is en hoe wonderlik Suid-Afrika is, dat geen mens dit kan hou nie. Jy is dalk effens reg om optimisties te wees oor Suid-Afrika. Ja, die land het baie potensiaal, veral omdat daar soveel Westerlinge in die land woon, wat vrek hard werk om die skip aan die dobber te hou. Tog is daar een groot probleem. Die misdaad en doodslag. Ek het jou al vertel dat my jong seun aangeval is. As jy ’n ouer was sou jy dit verstaan het....

Sê jy ek is ’n onderdrukker en ’n rassis, Francois Williams?
Maya - 2012-01-03


Bakermatjies moertoe in 2011?
Hans Richardt - 2012-01-03
Taalosse wat in manstoilette metaan afblaas en dan in Engels sing “love is in the air” was nog nooit die “redelik man op straat”-opinie nie. Jammer Wouter, jul Afrikaanse niksseggende bespreking van Engelse outeurs, is net so sinneloos soos jul opinies vol spelfoute oor ander. Ai Maggie het darem ’n ou paar vaal taalosse laat struikel in die Afrikason die afgelope tyd? Snaaks dat ou skrywers soos Oester en “koos sas" in 2011 my praktiese sienings voorgehou as die...

Zuma aan bewind tot Jesus kom
Chris - 2012-01-03
Ran Doodt Ek dink rêrig dat jy maar net is wat hou van sê. Helfte van jou brein is "doodt" en die ander helfte wil nie werk nie. Dalk is dit maar net dat jy gaan jou "Doodt Ran" as Hy vir jou kom. Dit mag dalk jou reg wees om jou opinie te lig, maar ek dink dit is uiters onchristelik en onsmaaklik. Ek wil ook nie met gelowige gesprekke begin nie. Maar mater as jy wil wag dat Hy eendag vir jou kom gaan jy baie lank wag. As jy al ooit sover gekom het in jou lewe om jou Bybel te lees met...

“Woord van God?” vir KdK
Hans Richardt - 2012-01-03
Is jou konsep van God nie nog in die “totale aanslag era”-godsdiens, met Satan as “terroris en kommunis” nie? Hoe sal jy jou “God” nou plaas in die menseregte-kultuur van die handves van fundamentele regte in SA, maw hoe gaan jy jou “woord van God” demokratiseer tot ’n menseregte-God? Jy sien, dis diè dilemma van kerke en sg gelowiges in SA tans. Jy kan tog nie meer mense met die “banvloed” van veroordeling en verbanning tref,...

Jan Rap as “taalos”
Hans Richardt - 2012-01-03


Wouter se gesofistikeerde Goolam?
Hans Richardt - 2012-01-03
Dis een uit metaan gebou. Solank ’n man vir maande oor die inhoud van een of ander Engelse outeur se Engelse boek maal, is jy nie banaal nie. Waag net om oor die werklike lewe in SA te skryf, is dit ongekunstelde banaliteit? Wel, jammer maar gewone mense sit nie in akademiese roomkoeke nie. Die lewe in SA is ongekunstelde banaliteit van dwelms, vuil seks, misdaad, gebroke drome en ekonomiese laste. Ek het nog nooit sin in Shakespeare gesien nie, behalwe dat hy vrot gerook was aan dagga. Met...

Vir Hans Richardt oor sy "produktiewe" brief
Jan Rap - 2012-01-03
Dag Hans Wat probeer jy nou eintlik sê? Wat die metaan betref, jy mag reg wees. Wys my 'seblief net waar en wanneer dat ek kan apologie aanteken en regstel. Of praat jy maar net weer omdat praat praat is? In ’n sekere opsig is die beestemetafoor wat jy gebruik het in die kol: Daar ís die wat die wa deur die drif trek en dan díe wat net lê en aanteel en gevoer moet word. As jy nou weer vir my wil skryf praat liewer oor baalkonstruksie of dagga of iets maar los die...

Angus, ek was ook ’n ateïs ...
Cornelius Henn - 2012-01-03
Beste Angus Jou geesdriftige teregwysing aan Kobus de Klerk, het my net weereens herinner hoe intellektueel en onberispelik ateïsme is. As kind het ek langs die groot pyp kerkorrel van die Gereformeerde Kerk Alberton-Noord groot geword. Ek het ’n bekoorlike liefde selfs binne in die orrel ervaar wanneer my pa ook in die week daarop geoefen het. Ek sien dit vandag in my dogtertjie. Nog nie drie jaar oud nie en sy verlang na die liturgie om voor in die kerk te kniel en seën te ontvang....

Duitswester; Vel ich, Sh'chine tsu dir kummen!
Cornelius Henn - 2012-01-03
Sjalom. Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid (2 Korinthe 3:17). Duitswester, ek jubel heelhartig saam dat SHEKHINAH, GOD ons MOEDER, die Heilige Gees, die een en dieselfde wese, majesteit en heerlikheid as ons Hemelse Vader en onse Messias is; ja, SY is waaragtig en ewige GOD! Ek deel met jou my kategese buite Protestante oogklappe. "Heilige Gees" is eintlik heel merkwaardig uit Hebreeus in Germaanse tale vertaal. SY word andersgesind in Abraham se nalatenskap...

Wouter, ongekunstelde risiko?
Hans Richardt - 2012-01-03


Geskiedkundige populêre leuens
Hans Richardt - 2012-01-03
Sit ek op nuwejaarsdag en luister 702. Beweer die omroeper en Kaapse klopse-verteenwoordiger dat “daar kom die Alabama” ’n “slaweskip” was. Kyk, ek is nou behoorlik gatvol vir blatante geskiedkundige leuens. Die CSS Alabama het tydens die Amerikaanse burgeroorlog in Augustus 1864 in Kaapstad aangekom. Die liedjie was een van blydskap van hawe prostitute oor die “boom” in besigheid, hul het seker nie ’n been toegemaak nie? Wat ek van skeepslogge kan...

FW en historiese dinasties
Hans Richardt - 2012-01-03
Vertel ons van die inherente etnosentrisme diskriminasie in Sjina. Al die ge-oe en -aa is oor net nog ’n etnosentriese dinastie in Oosterse styl, gekoppel aan ’n leier. So, ek glo min dat die wêreld gaan vergaan met ’n depressie in 2012. Net soos in Europa, is Suid-Afrikaners “ryk” aan tasbare bates, maar baat dit niks om geld te “spaar” by ’n bank nie, want kostes eet die kapitaal omdat die rente te min is op kapitaal. Met rentekoerse van banke...

liewe jimmeltjie
Jacobus Faasen - 2012-01-03
stap-vir-stap, illegitimisering, van “ras” en “klas”, sien Mens, so, optimaal, Mens-Wees, Siel en Vlees, eintlik ‘s’t al, waardeur Mens Mens Self kan g’nees, steeds dromend, vanne Hemel, Paradyslik, soos’t was al probeer Mens, mede-Mens, Gewete-loos, af te maai, status quo’s, quid pro quo, volgens Reg, sisonke, gelyk, sal Mens, via Waarheid, uiteindelik, ’n erken-punt bereik, verdeeldheid’s wyd gesaai, kapitalis kennie van omdraai maak...

VRYDAG; 23/12/11, ENIGSTE UITGAWE
2011-12-23


Unisa toe en nou
Johannes Comestor - 2011-12-23
Daar word dikwels geskryf oor die agteruitgang van Suid-Afrikaanse universiteite sedert 1994. In die geval van die Universiteit Stellenbosch word dit veral gekoppel aan die afskaling van Afrikaans as onderrigtaal. Maar dieselfde verskynsel doen hom voor aan die Universiteit Pretoria en die Universiteit Vrystaat, terwyl die trotse Afrikaanse tradisie aan die Randse Afrikaanse Universiteit feitlik heeltemal deur die Universiteit Johannesburg begrawe word. Hierdie inrigtings funksioneer almal...

Geseënde Kersfees
Boer in Beton - 2011-12-23


Duitswester leer ken die Godheid
Kobus de Klerk - 2011-12-23
Duitswester, Soms, wanneer iemand (soos jy, byvoorbeeld) nie genoeg insig en kennis het van ’n aangeleentheid (in hierdie geval die Wese van God Wie jy veronderstel is om te dien in stede van ’n klompie reëls) om sinvolle vrae te vra nie, dan is die beste antwoord juis sinvolle teenvrae – vrae waarvan die antwoorde óf die onduidelikheid wat jy het, vir jou sal opklaar, óf jou kwaadwillige vasklou aan irrelevante dogmatiek sal openbaar. Die vrae is dus ’n...

Cox & Forshaw oor die vakansie
Wouter - 2011-12-23
Hello Ran, Heeltemal korrek ek moes Brian Cox en Jeff Forshaw se The Quantum Universe: Everything That Can Happen Does Happen nie in die lys van persone wat die onderwerp probeer hanteer met metafore ingesluit het nie. My fout ek was lui met my frase en moes dit kwalifiseer het. Verskoning daarvoor. Die Economist se bespreking het juis melding gemaak daarvan dat Cox en Forshaw se boek juis die wiskunde onderliggend tot die onderwerp uitbring. Messrs Cox and Forshaw say they have included the...

Hoogtepunte op SêNet
Wouter - 2011-12-23
Hello, Die "koos sas"-kritiek van onlangs het betrekking waarin daar gepoog is deur hom as maatstaf die spontane ongekunstelde banaliteit van Hans Richard die norm te probeer maak, die enigste manier hoe ’n wit man in Suid-Afrika kan poog om te oorleef en sin te maak van alles hier. Vergelyk dit met die gedig wat deur Jakkie aangehaal is. Vergelyk dit met die gedig wat deur Jakkie aangehaal is. . Hoeveel waarde kan gevind word in ’n bespreking oor metaan uitgeskei deur die mens...

God vs wetenskap, sondeval en redding
Wouter - 2011-12-23
Hello Kobus, Hierdie is al voorheen aangeroer maar nog nie uitgevoer nie, toe ek in ‘n brief verwys het na programme wat ek geniet het en van die veronderstelling af uitgaan dat jy dit ook dalk waardevol sal vind. Die eerste program verwys na die volgende: God and Science: Andrew Marr discusses the wonders of the universe with cosmologist Lisa Randall, biologist and author Richard Dawkins and Chief Rabbi Jonathan Sacks en kan hier gevind word. Dit word veral ook aangebied aangesien...

Redheart en sy vrou moet op ’n porn site skryf
Piet - 2011-12-23
Dis wat so gemaklik is van die soort van program op die internet soos Redheart se vrou ... Niemand sien wie agter ’n maam hier skuil nie. RedHeart se vrou????? Dit klink meer na die ou RedHeart wat sy walglikheid wil regverdig deur te maak of dit sy vrou is. Ek stem saam dat die mense nie meer hier bieg nie, maar dat dit ontaart het in ’n gratis porn site. As Bieg sy lesers wil behou moet hul goed soos dit wat RedHeart, alias RedHeart se vrou hier kwytraak nie plaas nie. En voordat...

Die immoraliteit van die christelike god
Gilgamesh - 2011-12-23
Hello Christoffel Baie dankie vir die link wat jy verskaf het. Ek het die artikel van Loise M. Antony gelees en het nie die indruk gekry dat sy morele goedheid sien as die produk van die natuur of evolusie nie. Sy noem voorbeelde van wat sy beskou as ooglopend morele beslissings, beslissings wat nie altyd manifesteer in die natuur nie. Dis dus duidelik uit haar voorbeelde dat sy nie haarself skuldig maak aan die "naturalistic falacy" nie. Die nihilist ateïs, wie se posisie sy nie ondersteun...

2012
Francois Williams - 2011-12-23
Hierdie gaan een besonderse jaartjie wees, my lippe drip van lekkakry reeds, en my tone krul!! Ek meen, hierdie is die jaar waar almal gaan kan siend at OZ en NZ is twee muishondlandjies en boonop helemal bankrot ook ... OZ het ystererts, Chinese bedrieg en een moeder van moerse huis-prys borrels, enigiemand wat dus enigiets te doen het met OZ, vat jou goed en geld en vlug!! NZ het skape en verder bedrieg hule Chinese, dus geen wonder dat die Kiwis selwers op een streep vlug nie, ek wens...

Die bakermat van die beskawing, Wouter
Francois Williams - 2011-12-23
Vragies vir Wouter Ek verstaan steeds niks wat jy probeer sê nie. Die EU is gierig, die gulsige mense leef ver bo hulle se vermoëns, hulle word aangemoedig deur hul banke en aangehits deur hul regerings, nou is almal bankrot, deurie bank, maar hulle is die bakermat van die beskawing? Maw, die res van ons moet hul voorbeeld volg? Ons in SA leef binne vermoens, ons het verantwoordelike regering wat intelligent te werk gaan, maar ons is totaal gefok, want ons is Suid van die Sahara...

Wat produktiewe taalkoeie doen, Jan Rap
Hans Richardt - 2011-12-23


Bly maar in die buiteland
Francois Williams - 2011-12-23
Jakkie en Dirkie se probleem is dat hulle skiet die boodskapper omdat hulle nie die boodskap kan verteer nie. Ek sien nêrens in die tweetjies se skrywes dat hulle enigsins aandui waar my logika verkeerd is nie, nee, hulle speel eerder die man as die bal! Ek herhaal weer eens, Afrikaans en Engels het presies dieselfde wortels, en deel derduisende woordeskat. Omdat die Engelse wêreldwyd versprei het, het Engels veel groter gegroei as Afrikaans. Afrikaans is ook die taal van die...

Die einde van een moondheid en opkoms van ’n ander
Francois Williams - 2011-12-23
Selfs die grootste klierkop sal moet erken die ereldjie wat hulle ken wankel gevaarlik. Die Weste is gedoem, deur hulle eie gierige gegryp na grashalms verdoem, kyk na die VK!! Hulle staar hulself blind, skiet hulself in die knie, pootjie oor hul eie grootheidswaan en waansin!! Die einde is in sig, en dis bloot ’n verre val oor die kranse wat oorbly vir die VK en sy muishond vriende, die VSA, OZ, NZ en Kanada ... Ek gaan nie al die krediet vat nie, maar tog ... wanneer selfs ’n...

bevrydingsteologie
Jacobus Faasen - 2011-12-23


Die twee stories van Jan Mouton: Pieter Schoombee gaan drink tee by PSG se hoofkantoor
Pieter Schoombee, Jannie Mouton - 2011-12-23
Eerste indruk: Die voorsitter van PSG Group kom haal my self by Ontvangs; hy stuur nie sy sekretaresse nie. Tweede indruk: Goeie handdruk, geen glimlag nie. Hy groet met net: “Jan Mouton.” O, en ek het gedink dis “Jannie”. Dis wat daar staan, op die buiteblad van die boek oor hom wat Carié Maas geskryf het. (Jannie Mouton “en toe fire hulle my”, uitgegee deur Tafelberg en te koop teen R195.) Maar nouja, miskien is “Jannie” net vir sy vriende....

DONDERDAG; 22/12/11, ENIGSTE UITGAWE
Webvoet - 2011-12-22


Lywe in die vakansieson
Jaco Fourie - 2011-12-22
Ek kuier lekker in Amanzimtoti. Lieflike weer, heerlike see om in te swem en baljaar, maar die beste is wat vir die oog beskore is. Die pragtige jong lywe! Op die strand kry jy meerendeels die pragtige jong Afrikanerlywe, in teenstelling met die gestrande walvislywe van die ouer geslag. Jy kry pa en seun langs mekaar. Die seun ’n Adonis met ’n oogrekkende bultende swembroek, pa met pens wat as voorskoot vir sy geslagsdele dien en wat agteroor leuen om balans met die swaar boepens te...

Was daar ’n Kersvader ...
Yuri - 2011-12-22
.. dan het hy rede gehad om ’n traan oor Suid-Afrika te stort: Morele verval, armoede, korrupsie, misdaad; wan-administrasie, die gewortelde rassisme, kindermishandeling, dwelm en drank-misbruik om ’n paar dinge te noem wat hom sou afskrik. Dan sou hy dalk die Lina Spies gedig verstaan … Protes teen Kersfees Ek gaan my koes hou hierdie Kersfees: horende doof vir "Stille nag" in supermarkte, siende blind vir wattesneeu teen vensterrame. die sluipende...

Antonia Fraser: Must you go?
Johannes Comestor - 2011-12-22
Daar is Steven Pinker (gebore in 1954) wat eerder 'n kognitiewe wetenskaplike as 'n sielkundige genoem kan word. Hy is deur bv Noam Chomsky, Daniel Dennett en Richard Dawkins beïnvloed, maar hy slaag daarin om 'n eie stempel op sy werk af te druk. Dan was daar Harold Pinter (1930-2008) wat as dramaturg, draaiboekskrywer, regisseur, toneelspeler en orator bekendheid verwerf het. In 2005 is die Nobel-prys vir letterkunde aan hom toegeken. Hoewel sy literêre vermoëns nie betwyfel...

Nie wel ter tale nie, Francois Williams
Jakkie - 2011-12-22
Francois skryf dat die Santale die oudste is van die ganser mensdom en dat dit ’n feit is. Hy noem ook in sy brief dat ek dink hy het gesê Jan Rap moet meer oplees/navors/bykom of so iets. Nou wil ek vir Francois sê, en dis ’n feit, dat hy sy feite nie reg het nie. Miskien sal dit help as hy bietjie navorsing doen oor tale. Ek is nie lus om kennis vir hom sommer so aan te bied nie, want soos ek hom op hierdie forum leer ken het, glo hy net homself en vertrou niemand...

Francois Williams oor Afrikaans
Dirk D - 2011-12-22
Ek het nou al ’n hele paar jare my LitNet-ervaring verbeter deur Francois Williams briewe te vermy maar besluit toe in ’n verveelde oomblik om te loer wat hy te sê het oor Afrikaans. Francois, ek is redelik seker jy is intelligent genoeg om te weet watse pot snot jy geskryf het. Die vraag is hoekom jy op ’n redelike gevorderderde leeftyd ( ek weet nie hoe oud jy is nie, maar seker al ten minste laat dertigs ?) nog steeds die persona van ’n misbek “ kontroversiële...

Die tema van skuld, Francois
Wouter - 2011-12-22
Hello Francois, Kennis geneem van jou terugvoering, neem egter kennis die betrokkenheid van mense, hoe kan dit anders wees, is implisiet en eksplisiet deel van die vertelling en is aangedui in die volgende frase uit my brief. Dit was die tipiese bose kringloop en in hierdie geval, die wat dors na skuld en die wat die kapitaal kon voorskiet, was in perfekte harmonie. 'n Ander tema wat aangespreek kan word en nie net in die aspekte soos dit alreeds aangespreek is nie, is die belangrikheid...

Die ouetehuis- en weeshuisfiasko
Jaco Fourie - 2011-12-22
Werklikwaar. Dis hoog tyd dat hierdie karikatuur van ’n staatspresident vervang word. Hy ken beslis nie sy “job” nie. As dit nie die stortpetalje was nie, dan is dit sy mislukte pogings tot internasionale erkenning as middelaar, viz a viz die Gadafie fiasko; sy hooghartige en onkonstitusionele aanstelling van regter-president wat ge-boemerang het; die Heath aanstelling waar daar “ge-backpedal” was, en nou sy opmerkings dat voor die Weste se invloed op die inboorling...


<< 1 2 3 4 1443 >>