Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion

Menings | Opinion


<< 1 2 3 4 1443 >>

Ek is nie anargisties nie
Hans Richardt - 2012-01-09
Ek skryf oor goed wat ‘n wrang smaak oor “Europa en VSA” by die swart bevolking gelaat het. In baie opsigte is die term “demokrasie” in SA ‘n oksimoron, met bv die “snoerwet”, vroueregte vir selfs nie voorheen benadeeldes en werkreservering vir diè “designated” groep, nl “politieke swart vroue”. Demokrasie het ‘n hol klank tot so ‘n mate gekry in SA, dat die ANC-Jeugliga ‘n paleisrewolusie in 2011...

“No business in South Africa”?
Hans Richardt - 2012-01-09
Dit was die gewilde slagspreuk van “Afro-Americans” vanaf 1972 tot 1994. Tog lyk dit vir my dat daar nou bokkerol gedoen word deur dieselfde “Afro-Americans” en ander Europese ondersteuners om besigheid en tasbare beleggings na “demokratiese SA” te bring met dieselfde passie nie. Is dit hoekom FW nou so “teleurgesteld en bitter” oor ANC buitelandse ondersteuners skryf? Dis nog steeds die bittereinder apartheid buitelandse beleggers in SA. “I...

Die paradoks van die “christenDOM”?
Hans Richardt - 2012-01-09
Christene belowe ‘n wonderlike “hiernamaals”, maar vrees die dood. Is dit omdat die “totale aanslag God” hul dan na die “hel” gaan verban? As die hiernamaals dan so wonderlik is, hoekom dan nie ‘n gulsigheid om daarheen te verhuis, weg van diskriminasie, inflasie en geweld? Tog bekommer hul met wilde spekulasie voortdurend wat binne eerste 5 minute na afsterwe gebeur. Seker bang dat die kwartiermeester uit voorraad is van hul grootte halo en vlerke? Hans...

KdK en geite?
Hans Richardt - 2012-01-09


Ek verstaan nie, Hans
Dup - 2012-01-09


“isiBhulu” se ma se “pee”
Jacobus Faasen - 2012-01-09
“you ANC nothing yet”, ‘s noggie “uhuru”, Sello Malema wil mos eers uitwis, “isiBhulu”, “taal van Boer”, soos toe opgeteken, in 1976, naam wat geld vir Afrikaans, ons moedertaal, terwyl Joemat, Van Schalkwyk, Nel, mensig, mede-Afrikaanses oor superboerse “Boersheid”, aan aaklig etiket, Verwoerd se ultra-apartheid, kopknikkend net als b’aam, in hul ampt’lik taal, “op gelyke status geregtig, nes elk vannie...

VRYDAG; 06/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Maggie van Eeden - 2012-01-06


Die lang Generaal – Jan-Jan Joubert se resensie
Lientjie Luwes - 2012-01-06
Goeiedag Ek het Die lang generaal gelees. Aanvanklik (ongeveer die eerste 30 – 40 bladsye) het die boek vir my moeilik gelees, maar daarna kon ek dit nie neersit nie. Ek het die boek heeltemaal te vinnig gelees – net om so gou as moontlik by die einde te kom. Ek het dus geen historiese feite nagevors nie en aanvaar dat Jan-Jan Joubert se kritiek op historiese feite geldig is. Ek is egter daarvan oortuig dat die verhaal nie vergesog is nie. Ek het intussen met heelwat mense gepraat...

Matriekuitslae en onderwys
Stefan - 2012-01-06
Partymaal kan ek net my hande saamslaan in ongeloof oor party mense se onnoselheid. Hier praat ek nou nie van FW nie, maar wel van een of ander “slim” mens op die TV (of is dit nou radio). Die was van mening dat die privaatskole met hulle uitstekende uitslae moet hande vat met die ander hoofstroomskole, sodat die wenresep van privaatskole uitgevoer kan word deur die ander. Liewe aarde mens maar rerig, is daar dan geen realiteit tussen jou ore nie? Geen drank en dwelms word in privaatskole...

Universiteitstoelating in die VSA en Suid-Afrika
Johannes Comestor - 2012-01-06
’n Joernalis van Associated Press, Jesse Washington, het onlangs interessante inligting oor universiteitstoelating in die VSA gepubliseer. Tydens hierdie proses probeer die universiteite op allerhande maniere vasstel wat die etnisiteit van die kandidate is omdat dit ’n deurslaggewende rol by toelating kan speel. Daar word in die aansoekvorm inligting hieroor gevra, maar kandidate kan nie verplig word om op hierdie manier hulle etnisiteit te openbaar nie. Kandidate het dus die opsie om...

Afrikaanse vertaling van Shakespeare se Seven Ages of Man
Marianne Botha - 2012-01-06


Panda en die godsdiens
Kobus de Klerk - 2012-01-06
Panda Ek weet nie so mooi van die toename van die Islam nie … Dit is so dat die Islam waarskynlik sal toeneem in sekere geïsoleerde gebiede, maar die Christendom sal steeds oral toeneem. Daardie punt van jou kom dus tot niks. Die enigste manier hoe die Islam noemenswaardig elders sal toeneem, is as julle agnostici en die klomp Boeddhiste besluit om die Islam aan te neem. As jy behoorlik oplet, sal jy sien dat die Christendom gróót kepe begin sny in tradisionele Islam-gebiede...

premeditatief
Jacobus Faasen - 2012-01-06
‘s’t nou, of nooit, dese deng, Gewete-herwinning, t’n minste, wat daarvan, fisies, eksisteer, b’staan, want sedert banvloek over Mens, Verbatim g’Uiter, man en vrou, kaalgat, uit Oerparadys uit Verdryf, deur Heerser na vervlakking g’Ekskommunikeer, nes toentertyd, Mens, yt Distrik Ses, Koffiefie yt is, nes Kaaps bergleeu, te lief vir inkommervee, prooi, opgestop, afgestof, oulikies verpak, aan kurioïs gepos, nes Sarah Baartman, op ’n struktuurgeweldsirkustoer,...

Jan Rap, in lyn met “verfynde sjarme”?
Hans Richardt - 2012-01-06


Nelson Mandela se woorde?
Hans Richardt - 2012-01-06


Golem, golem, vi groys bisto; ’n Joodse verhaal van liefde en musiek ...
Cornelius Henn - 2012-01-06
Sabbat Sjalom. Om enige aspek in die kultuur van ’n groep te verstaan, moet jy minstens ietwat bekend met hul geskiedenis wees. Dis veral waar in die geval van die Jode. Menige taal en kultuur word tussen die Jode geleef. Deur die eeue het hul middelpunt oor verskeie geografiese punt op ons aardbol geskuif. Hul hele geskiedenis het die Jode hulself in verskeie vorme van musiek en dig uitgeleef; van dreunsang tot koorsang, eenvoudige melodie tot meerstemmige begeleiding, in gelyke en ongelyke...

Hans Richardt en Godsdiens
Kobus de Klerk - 2012-01-06
Richardt Die rede waarom ek nie veel moeite doen met jou nie, is oor die matelose snert wat jy kwytraak. Kom hoor hier – as jy met my verder wil diskoers voer, motiveer en bewys dan eers vir my hierdie onsamehangende, basislose sarsie stellings van jou – ek haal die vir jou gerief aan: die totale aanslag “GOD” van die bybel se “ewige” onwettige wette wat alles verban of van “ongelowiges” se natuurwette wat al die aksies volgens Bybel verban, ontban? Dit...

Jaco?
Hans Richardt - 2012-01-06


Sportboikotte in “apartheid”?
Hans Richardt - 2012-01-06
Ek dink diè wat geboikot het toe, moet nou die toeskouer hekgelde betaal vir “heropbou” van sport in SA. As jy ’n gif maak, het jy sekerlik die teengif-resep ook? Tyd vir ’n paar kopskuiwe by die “apartheid strydosse” wat chronies nou verbale diarree op TV kry as “helde van bevryding”? Sekerlik stop jou stryd nie na bevryding nie en hoef die “wittes” nie nou te help nie, synde hul rassiste was? Nou moet daar aanmekaar “gesoen”...

Ironie van “bevrydingstryd”
Hans Richardt - 2012-01-06
Dit gaan voort, onverpoosd. Bly jy Afrikaans, bly jy ’n teiken vir openlike onderdrukking in SA. Snaaks genoeg dat Malema juis in 2011 ’n “bevrydingstryd” teen die ANC as bevrydingsorganisasie begin het. ANC bevry hulself nou van die ANC? Waarom moet kinders na 1994 die “vergelding” van die erwe van die vaders dra, tot in die 3de en 4de geslag? FW uit Upington, wat deur Jan Rap die potloodtoets geslaag het, is ’n goeie voorbeeld. Die bruines het lankal hul...

Perfeksie van ’n volmaakte voedselketting
Hans Richardt - 2012-01-06
“God” moes op die “7de dag” werklik aan stress of depressie gely het, na hy ’n volmaakte selfonderhoudende voedselketting geskep het en toe sy “beeld” daarop losgelaat het op die “6de dag”, om dit tot by vernietiging op te foeter. Waar pas die “mens” in as deel van die voedselketting? Mens kan nie ’n nag oorleef buite in die winter, sonder klere nie, op die natuur alleen nie. Die mens is ’n “alien” wat parasiteer...

“Agtergeblewenes”?
Hans Richardt - 2012-01-06
’n Derde van 48jaar, nl 16 jaar, is verby. Die “ongelowige” “designated group only” blameer nog steeds “apartheid” wat al in 1985 amptelike gestop het vir bruin en Indiër. As man as “wit” vir hul sê dat nie al die wit deur apartheid bevoordeel was nie, praat man stront? So as jy onder 30 is en deel van die “designated group” is, politiek het eie dinamika wat massas nie verstaan nie. Net soos die Xhosas nog steeds elke feestyd...

Ironiese demokratiese diskriminasie?
Hans Richardt - 2012-01-06


Ek verstaan nie?
Hans Richardt - 2012-01-06
Moes die bruin “versetteater” nie juis op Colour TV gewees het nie? 7de Laan het wat met “protesteater” te maak? Protesteater uit 80's was sekerlik teen insluiting van bruin en Indiër in die driekamerparlement, met uitsluiting toe van die “darkies”? Ek werk sedert apartheid in “swart township” en ken al diè politieke nuanses, tans is “versoen” in SA, net op die “soen”-deel gemik! Nou ja, watter deel van die handves...

Maya, 7de laan, sies poe
Hans Richardt - 2012-01-06


Jan Rap, jy is ’n “jintelman”
Hans Richardt - 2012-01-06
Ek het baie waardering vir jou. Feit is dat ek hierdie jaar gaan kners, omdat my dogters na ’n Engelse dubbelmediumskool toe moet gaan, vir hul eie veiligheid en vir geestesgesondheid sonder sosiale druk. Die bruin deel van die samelewing in ’n baie bekende Wes-Kaapse kusdorp, het hul bende huislike agtergrond in die “voorheen model C”-hoërskool ingesleep. So, met ’n seun het ’n man net 1 om oor te bekommer, met tiener dogters die hele Kaapse vlakte. Soms...

So sprak Maplottering
Adriaan - 2012-01-06
’n Komedie. Daar gaan ’n geklapper van tande en gestotter van trane wees. Almal sal kwa-ha-ha. Dit verg ’n groot gees om ’n arm een uit te kak. (Party heelalle beskik ook oor al die sterretjies ...) As daar nou een ding is wat die bloed laat kook is dit voodoo-poppies wat nie hul plek op die krismisboom ken nie. En as iemand vir jou 6151111156 sê: Die drie vlakke van in die kak wees is diep, dieper, en kiep-kiep. Solank dit mielies reën kraai die hoender koning....

Marx’s op pad terug
Jacobus Faasen - 2012-01-06
noulat COPE hul oud-neo-Stalinis verloor’t, ANC uit Mangaung, Lawaaihoek gat lawaai, SABC als agitproplik, eeufeeslik, uit gat saai, vrye pers, vir ’n wyle, vry in en uit kan asem, Moeder Afrikaans “isiBhulu”-mantel af wil skud, taalgelykheidsbeleid, ’n nastrewenswaardigheid, Afrikaanses uiteindelik tot Kontinent toegewyd, Moederlandliefhebbend, altruïsties-patrioties keer Marx, sowaar, skimagtig, terug, warm teorieë van “ras” en “klas”...

DONDERDAG; 05/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Maggie van Eeden - 2012-01-05


Dis nuwe djaar ...
Reusedwerg - 2012-01-05
Genugtig, ek het 2011 gemaak. Mag voorspoed almal in 2012 verveel. Ek hoop van harte dat die inhoud van die Net sal verbeter en dat sekere korrespondente kennis van verstand kry. Ek lees nie die Net meer so baie soos ek wil nie om die volgende redes, ek hardloop bietjie in die rooi en het nie tyd nie en tweedens dieselfde sotlike argumente teen al wat beskawing en blankes is, is nou al holrug gery. Ek glo nie aan Nuwejaarsvoornemens nie maar ek gaan probeer om my te weerhou om oor die politiek...

Sjaka en Zuma se opvolgstryde
Ran Doodt - 2012-01-05
Beste Elbe Shaka was ook gewikkel in opvolgstryd, en is uiteindelik vermoor. Daarna was Dingaan in opvolgstryd gewikkel, wat gelei het tot die eerste Zoeloe-burgeroorlog. Pretorius het Mpande se kant gekies en hom na Bloedrivier en Maqongqe gekroon. Uiteindelik is Dingaan vermoor. President Mbeki was gewikkel in opvolgstryd – hy wou president van die ANC bly – en ’n party-staatsgreep het binne die ANC plaasgevind, genaamd die Polokwane-rewolusie. Alhoewel Zwelenzina Vavi verlede...

Antwoord aan Hans Richardt
Jan Rap - 2012-01-05
Jy verwar my met iemand anders; ek het nog nooit Engelse skrywers en Engelse boeke op LitNet bespreek nie. Maar indien my geheue my in die steek laat, plaas ’n skakel soontoe dan sal ek apologie aanteken want dan was jy reg. Maar al sou ek Engelse skrywers en boeke iewers bespreek het, hoe maak dit my onsamehangend soos jy beweer, en hoe diskwalifiseer dit my om kommentaar op die agteruitgang van Afrikaans te lewer? Ek het al gesien Johannes Comestor Engelse skrywers en boeke hier bespreek...

Kobus de Klerk en die Christendom
Panda - 2012-01-05
In jou nuwejaarsuitnodiging om by die Christendom aan te sluit, beweer jy dat ander religieë en die agnostiese bewegings met rasse skrede agteruitgaan terwyl dieselfde Pew, wat jy as bron aanhaal – jy moes net verder gelees het – beweer dat ’n studie deur hulle, voorspel dat Islam wat tans die tweede grootste godsdiens en kort op die hakke van die Christendom is, in die volgende twee dekades met 35% sal groei. Dit is volgens Pew, dubbel die groeikoers van die nie-Moslem bevolking....

Antwoordjie op Williams se uitdaginkie!!!
Jan Rap - 2012-01-05
Hoe werk jou kop? Jy noem my ’n leuenaar en in dieselfde asem vra jy in watter land gebeur die dinge wat ek genoem het NIE. So jy weet hierdie dinge gebeur in die NSA en jou verskoning is dat dit oral gebeur en tog noem jy my ’n leuenaar. So waaroor lieg ek nou? Maar dit nou daar gelaat want jy sal tog nie daarop kan antwoord nie. Hoekom vra jy hoegenaamd die vraag in elk geval? Maak vergrype in ander lande vergrype hier verskoonbaar? Kan ’n veearts wat hier by renosterstropery...

Vir Williams oor die "top"-lande (Waarskuwing: Francoiswilliamsiaans)
Jan Rap - 2012-01-05
Ek sien jy sê SA " ... is reeds in die Top 3 lande ter wêreld, en fluks op pad boontoe ..." Top drie ten opsigte waarvan? Korrupsie? Misdaad? Verval? Menseregteskendings? Julle gespuis en julle maatjies het die paaie en strate opgefok, hospitale opgefok, Hillbrow opgefok, volksgesondheid opgefok, munisipale dienste opgefok, die boerderybedryf opgefok, landbougrond opgefok, Sunnyside opgefok, polisiedienste opgefok, Departement Openbare Werke opgefok, skole opgefok, universiteite opgefok,...

Vir Williams oor rassisme en wortels
Jan Rap - 2012-01-05
Ek sien jy sê “... Afrikaans en Engels het presies dieselfde wortels." Presies? Soos ek al vir jou gesê het, Engels se klassifikasie (Ethnologue of Languages) is Indo-Europees – Germaans – Wes-Germaans – Engels en Afrikaans s’n is Indo-Europees – Germaans – Wes-Germaans – Laersaksies-Laerfrankies – Laerfrankies – Afrikaans Dit hang af van hoe ver mens teruggaan. As mens teruggaan na Indo-Europees is daar oor die 400 tale...

“Regstelaksie” kort net “geel ster”
Hans Richardt - 2012-01-05
Die kenmerk van Fascistiese Duitsland voor 1938, was regstelaksie met wetlike definisie van die bevoordeelde etniese groep. Dit gebeur nou in SA, maar word voorgehou as “demokratiese gelykheid”? As jy ‘n Jood was, moes jy ‘n “pasboek” dra. Was jy ‘n “kommunis” was jy soos ‘n “Jood” as ‘n “persona non grata” hanteer? “Versoening” klink meer en meer na geforseerde etniese “amalgamasie-soen”...

“Swart” vs “wit” in SA?
Hans Richardt - 2012-01-05


Jaco, jy en vroue?
Hans Richardt - 2012-01-05
Wonder of jy al by vroue betrokke was en aan watter kant jy was by vrou ... Gelukkig is impotensie nie ‘n probleem nie, want daar is hordes “vasculators” vrylik betrokke, tog skryf ek my banaliteite oor feitlikhede rondom vroue tans in SA, bv Paulus se Bybelteks vs wetlike vroueregte in konflik, ‘n wesenlike dilemma in gemeenskap as jy “wedergebore” is en by my kom kla. Dis darem lekker om oor man se eie eiendomme te kan skryf? Jy is reg, ek is ‘n ouer...

KdK, skryf jy dalk anargisties?
Hans Richardt - 2012-01-05
Praat jy van die totale aanslag “GOD” van die bybel se “ewige” onwettige wette wat alles verban of van “ongelowiges” se natuurwette wat al die aksies volgens Bybel verban, ontban? Jy as mens met wetlike agtergrond behoort te weet jy praat van hoorsê van Bybel, wat in geen hof as feitlike getuienis aangebied kan word nie vs feitlikheid van natuurwette. Waar staan jy nou, in jou Bybelse geloof of in die “hippie-kamp” van glo aan natuurwette....

Liewe Danie van 7de Laan
Maya - 2012-01-05


eeu van verskrikking
Jacobus Faasen - 2012-01-05
‘s of Mens, wragtig, skaamteloos, genot perbeer put, uit aanhang, promoveer, intra-doktrineer, transfuseer, van struktuurgeweld, wyse waarop Mens mede-Mens, mede-Wese, besoedel, vermoor, beblog, beswadder, besmet, uitwis, vernietig, verdobbel, verslaaf, bestry, Kind van God, nes Mens, Naaste, Selwers ok, daarby feit is vas, onkunde-ontkenningskunde, wetenskap, saamgeflans deur fisici, akademici, politici, etici, “Duiwelspiek”-dissipelskring se room, verenig, in navolging van...

WOENSDAG; 04/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Maggie van Eeden - 2012-01-04
Dag SêNetters! Vir die van julle wie se kleingoed nog skoolvakansie hou (en wie regtig wens vakansie-roomys-“ek is verveeld”-tyd was reeds klaar) het ek vandag goeie nuus. ’n Propvol kinderboekpakkie van Lapa kan in die volgende week gewen word en al wat jy hoef te doen om in te skryf is om vir my ’n e-pos te stuur met jou posbesonderhede. Die boekpakkie bestaan uit hierdie vyf boeke (vir meer inligting kan jy bloot op die boek klik): boekeprentjie Die...

Zille op Twitter
Charl Linde - 2012-01-04
Wat soek Zille op Twitter, behalwe moeilikheid? Konteks: Helen Zille se soveelste Twitter bekgeveg. Na nog ’n belaglike, onnodige en heel moontlik rassistiese Twitter-uitval met plaaslike “sterre” Simphiwe Dana en Lindiwe Suttle kan ’n mens net wonder hoekom die DA as party Zille nie vra om op te hou met hierdie belaglike en kinderagtige gedrag nie. Is Zille dan die party? Kan Zille doen wat sy wil ten koste van die party se beeld? Was DA MP Masizole Mnqasela (wat nou tugstappe...

Jason Lloyd oor ’n nuwe Afrikaanse universiteit
Johannes Comestor - 2012-01-04
Die idee van ’n nuwe, private en selfs "gratis" Afrikaanse universiteit is ’n hele aantal jare oud. Die skrywer Piet Haasbroek het voorkeur aan ’n nuwe Afrikaanse universiteit bo die hedendaagse meertalige Universiteit Stellenbosch (US) gegee, met as alternatief dat studente eerder aan beter Engelstalige universiteite in die buiteland of aan Nederlandse universiteite studeer (SêNet, 5.10.2009). Om finansiële redes is buitelandse studie vir die meeste Suid-Afrikaners egter...

Krieketknoeiery?
Jacobus - 2012-01-04
Beste Webvoet Ek is nie ’n vreeslike krieketentoesias nie, maar ek ruik ’n rot. Die Proteas speel deesdae gereeld net 3 toetse. As span A die eerste twee toetse wen, sou daar min belangstelling vir die laaste toets wees. Nogal interessant dat die patroon ABA of ABB deesdae ontwikkel het. Heel dikwels vaar die span wat die eerste toets met vlieënde vaandels gewen het, power in die tweede toets. Ek hoop maar net dat nie ’n geval is van die krieketindoenas wat hekgeld (sakebelange)...

Afrikaners in hulle huise vasgevang? – Johan du Plooy
Jaco Fourie - 2012-01-04
Beste Johan Dankie vir jou response op my skrywe “Lywe in die vakansieson”. Jy skryf: “Die Suid-Afrikaners het dalk maar gewigsprobleme, maar kan jy hulle blameer. Hulle is feitlik vasgevang in hulle huise. Dit is mos soos tronke daar by julle.” Die gemiddelde middeljarige Afrikaner het gewigsprobleme as gevolg van sy eetgewoontes vir die afgelope 370 jaar. Hy wil eenvoudig nie van sy vet vleise afsien nie. Die gemiddelde middeljarige Suid-Afrikaanse Engelsman het ’n...

Onse Wouter kabouter
Jaco Fourie - 2012-01-04
Beste Wouter Dit wil vir my voorkom dat jy dit reggekry het om ’n klompie vyande hier op die Net te gemaak het as gevolg van jou skryfstyl tot enige vak onder bespreking. Jou benadering tot enige betrokke onderwerp kom vir my voor, kalm, klinies analities, met betroubare bron verwysings en aanhalings om jou standpunte te staaf. Jou aanvallers (detractors) huldig ’n onwrikbare standpunt, en indien nie met logiese teevoeters dit kan regkry om jou te kan uitoorlê nie, ressorteer...

Zuma
Elbe Erasmus - 2012-01-04


“’n Ware kersverhaal”
Elbe Erasmus - 2012-01-04



<< 1 2 3 4 1443 >>