Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion

Menings | Opinion


<< 1 2 3 4 1443 >>

Die ANC ’n nasionale onheil
2012-01-11
Hallo Jaco en Francois het in hulle briewe kommentaar gelewer oor die eeufees van die ANC en ’n bestekopname gebied. Hierdie lewer nie kommentaar daarop nie. Comestor in ’n vorige brief het veel te skryf gehad oor die donker nag waarin Suid-Afrika homself bevind en die was opgevolg met Yuri se Kersvader wat treur en ’n traan stort. Laasgenoemde is ’n gewilde tipe van brief en het altyd aftrek. Dit is soveel dieper om pessimisties te wees. In die lig daarvan is RW Johnson...

Hippies ens
Maya - 2012-01-11


FB en die hippies
Kobus de Klerk - 2012-01-11
FB Jy het nogal ’n baie raak opsomming van die hedendaagse spirituele milieu aan die einde van jou brief. Die hippie beweging was ’n baie belangrike ontwikkeling in die groei van die Westerse beskawing sedert die Middeleeue. Hierdie mense het baie verborge dinge oopgevlek. Ons, wie uit daardie era kom, weet van die geweldige gebrek aan raakvlakke tussen die jeug van die tyd en die ouer garde van die tyd. Hierdie tendens was verwoord met die term “the generation gap”. Baie...

Dankie Kobus en FB
Jaco Fourie - 2012-01-11


Wouter, is dit “ongekunsteld” om te leef?
Hans Richardt - 2012-01-11
Ek skryf soos ek leef. As jy dink my lewenswyse is “ongekunsteld spontane banaliteit”, dan is jy reg, want dis die ongekunstelde spontane banale wêreld waarin ek leef en my ervarings kry. Lees jou dagblad om dit as joernalistiek verwoord te sien, daagliks. Ek is nie “politieke korrekte met n sak metaan oor n onderwerp” nie en sien nie die lewe deur een-of-ander obsessiewe bril, as ’n selfaangestelde wagter van ’n opinie in die bakermat vesting van akademiese...

Wouter en PEW oor die Christendom
Kobus de Klerk - 2012-01-11
Wouter PEW stel hom nie ten doel om in besonderhede die Christelike Godsdiens in sy volle dinamika te dissekteer nie – PEW is ’n bestekopnemer. Dit is dit. Jou steun op PEW om my verwysing na ware gelowiges te wil afmaak, is dus nie aanvaarbaar nie en is maar power. Maar, laat my weer herhaal wat ek nou die dag aan Panda geskrywe het – dit baat jou nie om die Christendom te wil dissekteer nie – as selfgeïnduseerde agnostikus laat jy jouself nie toe om die dinamika daarvan...

Oom OuKoos Voorkamer wil eiehandig debat stop
Perdebytjie - 2012-01-11
Welkom hier Oom OuKoos Voorkamer. Jy steek net ongelukkig jou kop in ’n perdebynes met hierdie brief aan onse Kobus. Ek sien jy het al klaar deurgeloop onder sy venynige skerp tong, waarmee hy dag vir dag baklei vir die Christendom! Hierdie “debat” duur al etlike jare en soms word daar werklik interessante gedagtes gewissel en het ek alreeds baie hier geleer. Partymaal stagneer dinge so ’n bietjie, maar dan kom iemand weer met iets interessants, wat die ander aan die brand...

Vir Oom Koos Voorkamer
Ellie - 2012-01-11


Vergewe my asseblief Dirk D
Cornelius Henn - 2012-01-11
Beste Dirk D Baie dankie vir jou belangstelling. Jy vra: Ek (Dirk D) probeer steeds redelik wanhopig om jou versoening van verskillende religieë te verstaan en het besluit om hierdie moeilike taak stappie vir stappie te nader, soos die leeuloop. Kan ek jou vra om die vragies, so ver moontlik, met net ’n ja of nee te antwoord? Eerste vraag: Glo jy aan die Joodse geloof? Dirk D, ek sou wat wou gee om jou vrae met ’n eenvoudige JA of NEE te antwoord. Ek moet jou egter by voorbaat...

Flapman Williams
Maya - 2012-01-11


DINSDAG; 10/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Maggie van Eeden - 2012-01-10


LitNet nou op Nuus24!
FB - 2012-01-10
Beste Maggie, Etienne en span Ek het sopas opgemerk dat LitNet nou voldoende skakels op die Nuus24.com-webwerf aangebring het. Ek is onseker hoe lank hierdie verandering reeds bestaan, maar dit is nogal indrukwekkend. Ek glo beslis dat dit nuwe lesers sal lok na SêNet sowel as die Blogs en LitNet Akademies. Hopelik sal dit voldoende verkeer na die webbladsy teruglok en kan ons weer begin om nuwe gedagtes met nuwe deelnemers uit te ruil! Ek is baie gaande oor die grafika wat tesame...

Vir Lientjie Luwes oor Die Lang Generaal
Jan Rap - 2012-01-10
Jan-Jan is reg; die boek is ’n klomp twak. Ek het die boek ’n ruk terug gelees (gelukkig omtrent alles al vergeet) en is gelaat met dieselfde gevoel as wat ek van ou Russiese wetenskapfiksieflieks kry – die wêreld is leeg behalwe vir die paar karakters waarmee die hoofkarakter interaksie het, hetsy vriend of vyand. Die hele storie gee ’n geforseerde indruk, so al asof die ding in opdrag geskryf is, soos The Covenant van Michener. Dit is maar net weer een van daardie...

Vraestel II
Jan Rap - 2012-01-10
Peet, ’n ou vriend van my van die Sombrerostelsel (baie ligjaar hiervandaan; ek kan nie sy naam uitspreek nie so ek noem hom maar Peet) het hierdie vraag vir my in Afrikaans vertaal; hy wil hê ek moet hom help. Hy is van die Koninklike Verkennerskorps van een van die planete van een van die sonnestelsels daar en dis vir sy bevordering na pieringbevelvoerder. Hy sê die res van die vraestel was maklik, dis net met hierdie vraag 7 wat hy sukkel. Kan iemand dalk help: Vraag 7 Jy...

Afrikaners in hul huise vasgevang – Jaco Fourie
Johan du Plooy - 2012-01-10
Beste Jaco Dankie dat jy teruggeskryf het. Ek is nou nie juis seker hoekom jy so half bitsig reageer nie. Ek het bloot, nes jy, my eie opinie gegee hoekom sommige Afrikaners vir jou dalk oorgewig voorkom. Ek stem glad nie met jou saam dat die Afrikaners noodwendig dikker is as die Engelse mense, omrede hulle meer vetterige vleis verkies nie. Ek glo dat die rede ’n tekort aan oefening is, en die redes het ek mos nou mooi vir jou gegee. Hier in Nieu-Seeland eet ons ook lekker sappige steaks....

Francois en die slaggate
FB - 2012-01-10
Hello Francois Voorspoedige nuwe jaar vir jou! As jy goeie paaie wil sien, kan jy gerus maar die TransKalahari-snelweg vanaf Botswana tot by Swakopmund aandurf. Behalwe vir die verskriklike aantal beeste en donkies wat die pad bewei, is dit beslis wêreldstandaard! Ek dink nie ek het selfs ’n klein slaggat die hele pad teëgekom nie. Tog moet mens in ag neem dat daar nie soveel reën val of soveel verkeer die pad gebruik nie. Toe ek terugkom in Suid-Afrika was dit duidelik dat...

Jaco: Die laksman en ’n hippie apart beskou
Wouter - 2012-01-10
Hello Jaco Baie dankie vir die brief van jou kant af. Om te begin, ’n voorspoedige nuwe jaar vir jou en jou kring. In verband tot die gesprek oor die doodstraf alhoewel die gesprek nie gevorder het nie, was die aard van die brief deur my geskryf volgens my oordeel versigtig aangebied en geensins om jou te probeer oortuig nie. Dit was grootliks ’n poging om die alternatief ook ’n spreukbeurt te gee, aangesien die begeerte vir doodstraf met soveel sekerheid aangebied is deur jou...

Is die ANC die pad byster?
Wouter - 2012-01-10
Hello Jaco Hier kom weer ’n geleentheid om te verskil en veral wanneer jy met punt nommer sewe beweer dat “Hulle kon die nodige aanpassings maak met die verandering in die politieke klimaat”. Hierdie is juis ’n party wat nie die uitdagings wat die land in die gesig staar nie die hoof kan bied nie en ’n gevaar vir van die vryhede in die land is. Onthou die onlangse oproer oor die snoerwet en die implikasies daarvan, net soos die geluide oor die ondersoek van hoe die...

hoe durf Mens?
Jacobus Faasen - 2012-01-10
hoe durf Mens, mede-Mens, Naaste, onderwerp aan mega-struktuurgeweld, haat, nyd, lis, onuitblusbaar oorlogsug, hoekom geniet Mens’t, Sélf, heel Eie, overt-kovert, “Duiwelspiek”-sieklik, Gewete-loos, in magsnaam t’verniel? hoe durf Mens, mede-Mens, Naaste, te “ras”, te “klas”, te ‘kwerekwere”, te “Bushie”, te “Lawu”, “umLungu”, hoekom’s so min San oor “Boesman”, ampt’lik...

Oom OuKoos Voorkamer
Gilgamesh - 2012-01-10
Hello Oom OuKoos Voorkamer Ek dink jy noem wat ons almal weet die waarheid is: Skel en venyn verhoed dat ’n konstruktiewe debat kan gebeur. Dit verhoed dat aanknoping gevind kan word oor sekere aspekte en verhard eenvoudig elkeen se eie wêreldbeskouing. Wouter het my tevore tereggewys oor presies dit, maar ’n tweede stem dryf dit nou goed tuis. Baie dankie vir jou goeie raad. Dit gesê, die volgende stelling van jou, gerig aan Kobus oor die sogenaamde geleentheid wat hy bied...

Angus: Christen- en ateïs-humanisme
Gilgamesh - 2012-01-10
Hello Angus Ek sal miskien nie so ver gaan soos jy en Christene ateïste noem nie, maar ek kan definitief saamstem met jou dat hulle selde doen wat voorgeskryf word in hulle heilige boeke. Victor Stenger beskryf jou gedagtes (?) soos volg in God, The Failed Hypothesis – How Science Shows that God Does Not Exist (p.207-209): Few modern Christians take the commands of the Bible literally. While they claim to appeal to scriptures and the teachings of the great founders and leaders of their...

Tyd en pyn bring sober denke
Hans Richardt - 2012-01-10
Ek dink dat die ervaar en deurleef van fisieke pyn, kalmte en sobere denke bring. Ek het die afgelope tyd darem baie gewonder oor die lewe en emosionele pyn van ander. Binne 1 week was daar 2 kleuters dood by die kliniek oorkant die werk. Die 1ste agv siekte “behandel” met “tradisionele medisyne”, die volgende omdat sy verstik het aan pap wat in haar mond geforseer was. Nou ja, die pa's het verskriklik gehuil, die jong ma's het verstarde uitdrukkings op hul gesigte gehad....

Vir Jaco oor sy gelukwensing
Jan Rap - 2012-01-10


Vir Williams oor die bakermat van die beskawing
Jan Rap - 2012-01-10
Jy reken Afrika is die bakermat van die beskawing. Daar is ’n paar dinge wat jy uit die oog verloor: Die eerste kenmerk van ’n beskawing is riolering. Afrika het nie riolering nie. Ook is daar ander dienste soos lopende water, elektrisiteit, gas ens na huise, hotelle en herberge. Afrika het dit nie. Nog ’n kenmerk is waterpas vloere en loodregte mure, goed soos haaks, ewewydig en reguit. Afrika het nie waterpas vloere en loodregte mure nie. Haaks, ewewydig en reguit bestaan nie...

Oom OuKoos Voorkamer en die einde van debat
Wouter - 2012-01-10
Hello Oom OuKoos Voorkamer Indien dit aanvaar word dat jy ’n nuweling op die internet is, dan sal die “snydende geskel op mekaar”, inderdaad vir jou nuut en vreemd wees, maar die “snydende geskel” is juis die norm op die internet, dit is hoe “debat” op die internet geskied. Daarom SêNet se pogings om dit te probeer bekamp en ’n gesprek daar te probeer stel wat op die onderwerpe sal fokus in plaas daarvan om gedurig tot ’n “snydende...

Hans Richardt
Wouter - 2012-01-10
Hello Hans As sodanig het ek nie ’n probleem met jou nie en was dit “koos sas” wat jou in die gemors gedompel het, met sy besluit om jou as die verteenwoordigende deelnemer of as riglyn van die standaard-deelnemer te probeer verhef. ’n Ander deelnemer het egter reg deur “koos sas” se motiverings gesien wat as doelwit die sensuur van Jan Rap gehad het van “koos sas” se kant af. Met dit as die agtergrond is jy op die voorgrond geskuif sonder enige...

Christendom en Islam: Dis vinkel en koljander (die een is soos die ander)
Angus - 2012-01-10
Van die drie Abraham-gelowe is Islam die jongste. As ’n mens die Koran lees, is dit duidelik dat Mohammed se kennis van die Bybel gelykstaande is aan die van die hedendaagse Christen: beperk tot ’n paar predikant-uitgesoekte stukkies, geskik vir heel klein kindertjies en boekevat. Tog het hy genoegsame kennis gehad om swaar te steun op Judaïsme en die Christelike religie met die formulering van hierdie nuwe geloof. En natuurlik het sy “logika” so van jaar tot jaar verbeter....

Vir Cornelius oor Kobus de Klerk se skewe verslag oor die uitdeiende Christendom
Panda - 2012-01-10


Afrika die bakermat van beskawing volgens die intellektuele reus Williams
Dirk D - 2012-01-10
Francois sê onder andere dat die wittes van SA apartheid wil terugbring en in die algemeen vermomde Nazi's is. Fransie, as dit so was sou die meerderheid wittes seker vir die AWB gestem het, nie waar nie? Jou stelling is dus, soos amper alles wat jy kwytraak, ’n leuen. Dan beskuldig jy ander van intellektuele oneerlikheid!! Begin jy nie jou self al irriteer nie? Is jy so vêr heen dat dit jou nie eers pla dat jy op ’n daaglikse basis jou naam op ’n openbare forum weggooi...

Kobus en sy hippies
FB - 2012-01-10
Beste Kobus Dankie vir die oulike stukkie oor die hippies. Ek het nie die gesprek tussen jou en Hans gevolg nie, maar ek het jou informasie leersaam gevind. Ek het die afgelope jare al na ’n paar dokumentêre oor die hippies gekyk, en ek vind veral die progressie in die hippies se religieuse uitkyk interessant. Jy is reg dat die hippies besonder na aan die natuur geleef het en dan ook die natuurwette in ag geneem het. Dit was nie asof die hippies wegbeweeg het van spiritualiteit nie,...

Jaco Fourie en die hippies
Kobus de Klerk - 2012-01-10
Jaco Ware hippies was destyds baie opregte mense, so op hulle aweregse manier. Hulle het naarstig gesoek na hulle spiritualiteit en dit op allerlei wyses uitgelewe. Hulle was vir die beste part vredeliewende mense, “flower children”. Hulle het nie ander mense skade berokken nie, maar tragies genoeg, vanweë hulle gewoontes en persoonlike lewenstyl dikwels hulself. Hulle groot musiekfees, Woodstock ’69, het bewys dat hulle nie net oppervlakkig só vredeliewend en meelewend...

Panda
Kobus de Klerk - 2012-01-10
Panda Net vinnig. Eintlik is alles reeds deur my gesê wat gesê kan word oor jou nonsens. Dit help nie jy herhaal skool rekeningkunde vir my nie – ons ken dit almal. Maar oor wiskundige en rekenkundige filosofie, weet jy regtig niks nie en dit is duidelik – jou byvoeglike naamwoorde vir my sal jou mos nou ook nie daarmee help nie. Julle agnostiese ingesteldheid inhibeer julle só dat julle nie meer vrydenkend kan wees nie. Oor die Sceptics South Africa-webblad waarvan...

Oom OuKoos Voorkamer
Kobus de Klerk - 2012-01-10
Oom Oukoos Jy raai my aan om, soos jy, eerder stil te bly as om moeite te doen om die Waarheid teenoor die leuen te stel. Mense wil nie betrokke raak nie. Jy ook nie? Waarom nie? Wat sou van ons geword het as die HERE óók nie betrokke wou raak nie? Nee, Sy opdrag aan ons is juis om betrokke te raak (Mattheus 28:19) – lees dit – sonder of's of maar's. Ons raak betrokke deur die Waarheid, soos ons dit aantref en in welke omstandighede dit toepassing vind, uit te hou. Dit...

Hemp se gebruike
Hans Richardt - 2012-01-10


Universitêre studiebeurse
Johannes Comestor - 2012-01-10
In 1994 het Unisa ’n nuwe era in die nuwe Suid-Afrika betree. Uitdrukking is aan die entoesiasme vir die nuwe politieke bedeling gegee deur bv ’n brosjure saam te stel met inligting oor die groot getal beurse wat vir universitêre studie beskikbaar is. Wat opgeval het, is hoe baie beurse daar was (en steeds is) wat wit applikante uitdruklik uitsluit. Kader Asmal het hierna die minister van onderwys geword. Toe ’n studiebeurs onder sy aandag kom wat deur die skenker uitsluitlik...

Vragie aan Cornelius Henn
Dirk D - 2012-01-10


Francois en toeristegetalle
Dirk D - 2012-01-10
Err, Francois, volgens jou kleuterlogika is die wit mense in die algemeen, en Afrikaners in besonder dan seker die beste groep mense in die wêreld aangesien dit tog ons is wat die septer hier in die Kaap swaai? Hoe rym dit met jou aanvalle op wittes en Afrikaners elders? Dirk D NS Jy het my nie geantwoord op die vraag wanneer jy gaan ophou om soos ’n rebelse tiener op te tree nie. Herder tog, wil jy nie maar die stupid aanmerkings los nie? As jy eendag kinders sou hê, sou jy gemaklik...

MAANDAG; 09/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Maggie - 2012-01-09


Kobus de Klerk
Oom OuKoos Voorkamer - 2012-01-09
As ’n nuweling op die internet volg ek nou vir ’n paar weke die debat tussen jou en ’n paar geesgenote, aan die een kant, en Wouter en sy paar geesgenote, aan die ander kant. Miskien oorgradeer ek die spul om dit “debat” te noem. Dis meer in die gees van ’n snydende geskel op mekaar. En dit oor iets waaroor julle nooit ooreenstemming sal bereik nie. Die mees nuttelose oefening wat daar ooit kan wees. Kobus, spesifiek tot jou. Waarom gaan jy voort hiermee? Jy gee...

My “goals” in die lewe
Maya - 2012-01-09


Vir die rekenkundige filosoof en wiskundige ploeteraar Kobus de Klerk
Panda - 2012-01-09
Ek wonder nou al geruime tyd of jou Wiskunde darem al effens verbeter het en wou net toets. Klaarblyklik nie – wat ’n teleurstelling‼ Jou argument oor 2 x 0 laat seker teen dié tyd almal op die Sê skaterlag. In Wiskunde word geleer dat optel (+) en vermenigvuldiging (x) kommutatiefis. Om ’n voorbeeld te noem: 2 x 3 = 6 en omdat vermenigvuldiging kommutatief is, sal 3 x 2 ook 6 wees maar aftrekking is nie kommutatief nie want 3 – 2 is nie dieselfde as 2 –...

Die ANC 100 jaar oud!
Jaco Fourie - 2012-01-09
’n Fenomenale prestasie vir ’n politieke beweging, en hiermee wil ek my persoonlike gelukwensing aan hulle uitspreek, ten spyte daarvan dat ek teen die huidige bewind van die ANC gekant is. Hier in SA oor dieselfde termyn het vele politieke partye en bewegings gekom en gegaan (die magtige NP inkluis) met die gedurig veranderende politieke klimaat. Wat sê dit vir ons, en waaraan is dit te wyte? Ek analiseer dit as gevolg van die volgende redes, nl: 1. Die swartes, nieteenstaande...

Redes hoekom Afrika die bakermat is ...
Francois Williams - 2012-01-09
Kaunda het in Bloem oa geseg. Volgens hom is Afrikane mense met oortuigings en waardes wat wil deel wat hulle het. Bevrydingsbewegings se gemeenskaplike stryd in Mosambiek, Zimbabwe, Namibië en Zambië was teen rassisme. Ons stryd was nie teen ’n ras nie, maar teen idees wat mense hul waardigheid ontneem. En verder in VB: Die refrein in Pohamba, ander huidige en voormalige Afrika-leiers en ander sprekers se toesprake was dat Afrika se stryd daarop gerig was om sy waardigheid...

Christene is ook maar ateïste
Angus - 2012-01-09
Die mens het die vermoë om nie net ander te mislei nie, maar ook homself. ’n Ambisieuse politikus mag dalk werklik vas daaraan glo dat hy ’n sekere saak bevorder, maar in werklikheid het hy die politiek betree om sy honger na mag en status te stil. ’n Dief mag dalk iemand se geld steel en vas glo dat hy daardie persoon ’n guns bewys het. Hierdie menslike vermoë om homself te bedrieg speel ’n baie groot rol in religieuse geloof. Met vroom gesigte prewel Christene:...

Wanneer die intellektuele leuenaars klaar hulle kots uitgekak het, dan bly slegs die waarheid oor.
Francois Williams - 2012-01-09


Stemme van jong SA, en die taalbulle bliksem uit die bus uit!!
Francois Williams - 2012-01-09


Die wêreld stem vir SA!!
Francois Williams - 2012-01-09
Ek het voorspel dat SA is reeds onder die top 3 lande ter wêreld, dit blyk asof almal met MY saamstem, so lees ek in Rapport: Nie minder nie as 3,7 miljoen toeriste het verlede maand deur Suid-Afrikaanse lughawens en grensposte gestroom. Dit is 2% meer as in Desember 2010. Altesame 2,5 miljoen van die toeriste was buitelanders. Dit was ’n voortsetting van die goeie oplewing in toerismegetalle in die Wes-Kaap in November verlede jaar. Dit blyk dat die Wes-Kaap en sy besienswaardighede...

Het SA die beste paaie in die wêreld???
Francois Williams - 2012-01-09
Blyk of 'n joernalis by BBC so dink: http://www.bbc.co.uk/news/world-africa-16412909 I have just got back from a few days on South Africa's Wild Coast – a remote stretch of spectacular coastline about four hours' drive south of Durban. I will not bore you with the holiday snaps, but here are a few random reflections before I race off to Bloemfontein for the governing African National Congress's upcoming centenary celebrations. This is a preposterously beautiful country. There is no...

Panda: En toe het Satan, Dawid aangehits om Israel te tel
Cornelius Henn - 2012-01-09
Beste Panda Dawid tel die volk. GOD straf deur pes oor Israel te bring. In die Protestante se 2 Samuel 24 staan dis die HERE wat Dawid aanhits. In 1 Kronieke 21 is dit weer Satan wat onder die toelatende wil van GOD, Dawid in dieselfde verhaal aanhits. 'n Telling van die volk as sodanig is nie verkeerd nie (Num 1:2). As die motief van pronk en spog egter daaragter sit, is dit 'n gruwel voor GOD. Dawid besef te laat dat GOD nie slaap nie en dat hy die volkstelling met die verkeerde motief...

Kobus en die “hippies”
Jaco Fourie - 2012-01-09
Beste Kobus Jy skryf die volgende oor ons plaaslike sogenaamde “hippie”. Wat op aarde weet jy van “hippie” af, so terloops? … Moet jy van álles ’n verwronge beeld probeer skep, omdat jy self so vol verwronge persepsies, wat jy gedurig uitbasuin, is? ... So, oningeligte mens, die hippies het nie geglo aan jou soort natuurwette nie, maar aan natuurlik lewe en liefde – back to the land, back to nature” soos hulle gesê het. ... Jou...


<< 1 2 3 4 1443 >>