Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet > Bokomo-brekfisbrief

Bokomo-brekfisbrief


<< 1 2 3 4 22 >>

Bokomo-brekfisbrief; 06/01/2011: Arm man se huis en arm man se kos
Jakkie - 2011-01-05
So ’n ruk gelede staan en gesels ons eendag en sonder dat ek kan onthou hoe dit gekom het, praat ons van arm mense. Hier word bedoel arm en nie sukkelaars, slonskouse en slordige mense nie. Net mense wat arm is en ordentlik daarby. En net daar kom ’n soort herinnering by my op en sê ek dat ek na ’n arm man se huis en arm man se kos verlang. Toe moes ek verduidelik, maar ek kon nie. Hoe lyk en proe ’n arm man se kos en waaruit bestaan die kos. Dit lyk seker maar...

Bokomo-brekfisbrief;05/01/2011: Wense vir 2011
Geitjie - 2011-01-04
Aangesien ons in ’n siek en onvolmaakte wêreld bly, is ek realisties en is my wense vir 2011 net die volgende: Minder haat en nyd. Minder wreedaardige moorde, kapings en rooftogte. Minder kindermishandeling, molestering en verwoesting van kinderlewens. Minder selfsug en eie geregtigheid Minder valse mense en goedgelowige Christene wat met die Bybel onder die arm, ander veroordeel en afkraak (KdK) asof dit hul plig/reg is. Minder armoede en werkloosheid. Minder gebroke gesinne en...

Bokomo-brekfisbrief; 24/12/2010: Mossievroutjie se amperse ellendige einde
Perdebytjie - 2010-12-23
Onder die dak van ons huis is ’n mossienes wat al ’n hele paar seisoene deur dieselfde paartjie gebruik word. Waar ander mense met mag en mening die neste verwyder en gate toestop, ongeag of daar kleingoed in die nessie sit en vergaan van honger, volg ek ’n beleid van leef en laat leef. Mossies word oor die algemeen maar baie gering geskat en dis seker een van die min voëltjies op aarde wat deur elke Jan Rap en sy maat uitgeken word. Kyk egter mooi na hulle en sien wat ’n...

Bokomo-brekfisbrief; 23/12/2010: Om ’n mens te wees
Ellen Botha - 2010-12-22
Hier op die lessenaar staan ’n klein moderne keramiekpoppie met groot plat voete. Sy eienaardige gevreetjie fassineer jou, die ogies is kraletjies wat rond beweeg, maar is bo-op die kop geplaas, sodat hulle nét boontoe kan kyk. Saam met die figuurtjie is daar ’n getikte nota: "Everyone you love should have a star gazer. He will remind you to look up and smile. He will remind you that there is Someone up there who cares. You will never be lonely if you have a star gazer as a friend....

Bokomo-brekfisbrief; 22/12/2010: Gewigte sake of gewigsvoordeel?
Evie - 2010-12-21
Ek sukkel al ’n heel lange tyd met ’n paar ekstra strategies geplaaste rolletjies. Noem dit muffin tops of gerysde deeg net wat jy wil maar dit is botweg gestel, sommer net vet. Hoe dit ook al sy ... Feit bly staan ek is oorgewig! Ek kan die hele dag min eet maar van 15h00 gaan ek in ’n behoorlike 'feeding frenzy' in. Nes ’n uitgehongerde haai, vreet ek dan alles wat voorkom en as dit nie lekker is nie, versmoor ek dit met tamatiesous en wurg dit in. Ek het toe die liewe...

Bokomo-brekfisbrief; 21/12/2010: Grootfontein en Tsumeb in die ou Suidwes-herinneringe
Kolonie - 2010-12-20
Hier volg ’n paar los gedagtes oor my herinneringe aan Grootfontein, maar ook enkele gedagtes oor Tsumeb. In Desember 1979 verlaat ek Kaapstad, waar ek gebore is, en gaan vestig my in Pretoria. Dit het so gebeur: Gedurende September van dieselfde jaar, tydens my tweede diensplig-jaar, kry ek en ’n vriend spesiale vergunning by die weermag om tien dae spesiale verlof te neem en met die trein na Orkney te reis om te gaan werk soek op die myn wanneer ons aan die einde van daardie jaar...

Bokomo-brekfisbrief; 19/12/2010: Afrokreools
Jacobus Faasen - 2010-12-17
só onder baasskap, slawerny, apartheid, só onder die ferm bestuur van kolonis, só onder segregasie, afsonderlikheid, groei ek toe, van tong tot tong, onder baas se patri-oerdrang uit, onder ounooi se matri-aanvaarding in, onder wetenskaplikes se meet en pas, struktuurgeweldslaboratoriumproefkonyn g’n keer aan assimilasie, integrasie, groei my woordeskat, etimologies, soos ’n suiwer kreool, dinamies, uit die kombuis uit tot in gebedsplek, van eerste asem...

Bokomo-brekfisbrief; 20/12/2010: Men are from Mars ... the god of war?
pikanese - 2010-12-17
Jisou, hoekom is mans so kompeterend? Alles ontaard altyd in ’n kompetisie. Ek kan nog soort van verstaan met die sport. Die hele doel daarvan, sovêr ek kan aflei, is om te check wie die vinnigste, grootste, sterkste, slimste is (hoewel ek dit flippen skreeusnaaks vind dat mense om ’n baan hol om te sien wie doen dit die vinnigste). Maar ek het nou na ’n paar jaar met net mans vir geselskap gesien hierdie wen-ding is eintlik nie net as hulle ’n bal vashou of hol nie. Moes...

Bokomo-brekfisbrief; 18/12/2010: Ek praat die taal ... (Ngikhuluma izilimi ... )
Rytjie - 2010-12-17
Dis soos ’n baba wat leer praat. Eers vorm die vokale in jou mond, dan sit jy ’n konsonant of twee vooraan die vokaal en kry so per ongeluk ’n woord uit. Later is jy braaf genoeg om ’n regte woord te sê en jy kan wys na uSisi, uMama, uBaba en uButhi. Maar dit is nog net woorde. In my vierde Zoeloe-les heers daar ’n vreemde opgewondenheid. Almal het nou klaar mekaar uitgeruik en nader geskuif. Belangriker nog: Almal kan hulself voorstel en van hulself vertel. Dit...

Bokomo-brekfisbrief; 17/12/2010: Soutsnoek om ’n Sondag te draai
Jan Twak - 2010-12-15
Gisteroggend vang my oog die ousie wat in die glasbak met die soutsnoek rondkrap. Vir die wat dit nie ken nie, dit is nie die fancy gerookte snoek wat ’n mens in daai oranje boksies koop nie. Nee, hierdie is rou, grof gesoute snoek, wat in ons in grootmaat aankoop en in kleiner stukkies sny om te verkoop. Dit is ’n gewilde item onder my swart mark. Die vrou krap nou al ’n aansienlike tyd in die bak rond en sy pak soortgelyke grootte stukkies langs mekaar, terwyl sy kort-kort na...

Bokomo-brekfisbrief; 16/12/2010: Die see is (was) blou
Annemari - 2010-12-15
Drie donderstorms tref ons Sondag tussen Winburg en Bloemfontein. Dit reën baie hard en die wind waai hael in vlae teen die kar se ruite. Dit maak ons senuwees baie agtig. Later hou ons by ’n vulstasie stil. Die dameskleedkamer sit vol gestrande buspassasiers. Party sit op die wasbakke en eet toebroodjies. ’n Vrou sit op ’n stoel en grawe rustig in haar neus. Die eienares van die gastehuis verwelkom ons met drukkies – omdat dit die tweede keer is wat ons daar tuisgaan....

Bokomo-brekfisbrief; 15/12/2010: Google Zeitgeist 2010
Wouter - 2010-12-14


Bokomo-brekfisbrief; 14/12/2010: Waarheen gaan mense ...
PierrevL - 2010-12-13
Om (i) aan nuwe insiggewende mites of MEME blootgestel te word of om (ii) die mistieke weg te ondersoek? is ’n vraag in 2 dele wat deur Naas Ferreira in hierdie artikel gevra word – die byvoegings in hakies hierbo is myne. Hy gaan dan voort om die eerste deel volledig te antwoord. En daar is ook ’n paar ander persone se menings daaroor beskikbaar op LitNet. Ek wil vandag, soos ’n agteros ook in die kraal kom, en graag op die tweede deel ’n kort en kragtige antwoord...

Bokomo-brekfisbrief; 13/12/2010: Venus se vliegvanger
Altruïs - 2010-12-10
Ek het nou die dag vir my kinders ’n Venus Fly Trap gekoop. Ek ken die plant, het as kind ook ’n paar gehad, maar om weer hierdie wonderlike plantjie te beleef was ongelooflik. Destyds as kind het ek nie hierdie of daardie kant oor sulke dinge gedink nie. Nou was die her-kennisname met hierdie plantjie, met evolusie in my agterkop, baie interessant. Eerstens, die afwagting op my kinders se gesiggies toe ons wag vir die eerste vliegie prooi was priceless! Wel, naderhand moes ek ingryp...

Bokomo-brekfisbrief; 12/12/2010: Elamshal
Adriaan - 2010-12-10
Donderdagmiddag is ek en ou Swarie jagplaas toe. Die Waterberge word plek-plek persrooi puinhope met grasgoud stoppels baard. Gee vir my ’n vinger sodat ek vir die masjiene in die sand langs die pad die afdruk van ’n windskeef witwanguiltjie kan los. Van Northam tot reg voor Elamshal se hek vliet rooi spatsels seeroogblomme en die herinneringe aan ’n Wildflower Rescue op Roossenekal waar ’n dam beoog was: sleepwavragte pap, knoppiesaalwyne, groenes wat Akasias met koevoete...

Bokomo-brekfisbrief; 11/12/2010: Om lig te reis
Vega - 2010-12-10
In ons dae het mens swaar tasse skool toe gedra. My herinneringe aan my skooldae is van hoe ons elke oggend en middag swaar-dra-al-aan-die-eenkant ons tasse oor ons skouers agt blokke ver moes vervoer. Op hoërskool het ons ’n dik handboek en ’n skryfboek vir elke vak gehad. Dan was daar ook jou sportsak, want jy het gewoonlik LO of middagsport gehad. Vandag werk dit nie meer so nie. Die kinders weier om elke dag al hul boeke te bring. My dogter het in Graad 12 vir twee weke in revue-...

Bokomo-brekfisbrief; 10/12/2010: ’n Vlooi, die liefde en ’n bottel whisky
HJ - 2010-12-09
Voor enigiemand dink dat ek die kluts kwytgeraak het. Ja ek kan sentimeel raak. So met die nersderm langs. Sien, ’n bosluis het my gebyt. Nee, dit maak nie saak wáár die dêm ding my gebyt het nie. Magtag. In alle geval niks met julle uit te waai nie. Dis nou waar hy ... En dis nie die oorsaak van my sentimentaliteite nie. Die luis van ’n bosluis was ’n siek luis. Met pes onder lede. Laat my met pyne en koorse. En diep onder die indruk van die verganklikheid...

Bokomo-brekfisbrief; 09/12/2010: Boeke vir kindertjies
Anon - 2010-12-08
Ek lees dat die meerderheid kindertjies in hierdie land van ons nie eintlik kan lees nie. Daar is ’n skreiende tekort aan leesstof beskikbaar veral vir die plattelandse kinders. Ek behoort aan ’n boekklub en ons dames het besluit "one person can make a difference" en ons het woord by daad gevoeg. Ons het gebedel, gedreig, mooi gepraat en ’n hele R2000 ingesamel vir boeke. Probleem nommer een: die prys van gedrukte leesstof. Ons kan net soveel boeke bekostig en dit gaan nie eers...

Bokomo-brekfisbrief; 08/12/2010: Die wonderlike, ongelooflike avontuur
Annemarie - 2010-12-07
Verlede jaar in April is die man en vrou vanaf Knysna via die Prins Alfredpas op pad na Uniondale. Hulle het stilgehou en die vrou het pas vir oulaas 'n Podocarpus falcatus, beter bekend as 'n kalander, 'n drukkie gegee. Die boom is meer as 650 jaar oud. 'n Mens sou dink hy is alles gewoond, maar die vrou het tog sy wortels sien omkrul. Sy kon haar ook verbeel het. Dis Dalene Matthee se wêreld: Kom-se-Pad, Velbroeksdraai en Dieprivier. Die twee avonturiers ry rustig in hulle blou Subaru...

Bokomo-brekfisbrief; 07/12/2010: Beklee jouself volgens liggaamsbou, nie ouderdom nie
Jaco Fourie - 2010-12-06
Die polemiek oor kleredrag en ouderdom hier op LitNet, het betrekking. Daar is diegene wat glo jy moet klere dra in lyn met jou ouderdom. Die “trend setters” blyk anders te dink. Kyk na enige modetydskrif, en jy sal vind oud en jonk pronk in soortgelyke kleredrag namate die liggaamsbou en “looks” wat ook soortgelyk is. Reusedwerg sê: “ Die mammies wat ook Sussie se denims dra en die rolle wat lyk soos deeg wat te veel gerys het, wat oor die denim hang is ook...

Bokomo-brekfisbrief; 06/12/2010: Graffiti
oester - 2010-12-03
Sit en wonder, hier waar "kuns" teen mure (gekke en dwase skryf hul name op deure en glase) half aan't uitsterf is: Wat het geword van behoorlike graffiti? Nee, nie die tipiese Kaapse "jou ma se ..." nie. Behoorlike proteskuns teen mure en snelweë en prominente landmerke. En nee, ek praat nie van die Americans se gebiedafbakening soos ʼn spulse hond nie. Ek praat van behoorlike spuitverfkuns soos destyds teen die staat se geboue en snelweë en treinstasies. En nee, nie spuitverf bloot om...

Bokomo-brekfisbrief; 05/12/2010: Pille en my vrind J (bieg)(L)
oester - 2010-12-03
Sit en gesels met my vrind oor die kuber en hy vertel hoe hy verlang na ons hier in Wonderland. Die waters waar hy moet duik is warm en baie blou en die Arabiere betaal goed, al is dit vrek warm as jy uitkom en al mag jy nie eens ʼn koue bier drink nie. Hy kannie seg hy hettie geweet nie, want ons wat daar was het hom gewaarsku. Ons praat oor die lughawe en daai pub waar mens, as jy vir ʼn maand sonder ʼn behoorlike druppel was, sodanig kan ontspan dat jy jou vlug en sommer die volgende een huis...

Bokomo-brekfisbrief; 04/12/2010: Ouderdomsgekkigheite
Reusedwerg - 2010-12-03
Ouderdomsgekkigheite Ek stem heelhartig met Geitjie saam oor mense wat nie volgens hul ouderdomme optree en aantrek nie. Daar is niks so kommin soos Mammie wat 'n "p....iepelmit" (minirokkie) aanhet en soos kleinsus probeer aantrek nie. Gooi Pappie ook nie weg nie. Hy het sy sterkhempie, die sonder moue aan. Dit lyk hondkak. Daar sal diegene wees wat argumenteer dat 'n mens jonk van gees moet wees. Daar is 'n moerse verskil. Die dames wat lyk soos "mutton dressed as lamb" laat my nogal koud...

Bokomo-brekfisbrief; 03/12/2010: Johan Wiese en musiek 2
Kobus de Klerk - 2010-12-02
Johan Nee, dalk het ons musiekgewys meer in gemeen as wat op die oog af so mag blyk. Die 50’s se musiek is bepaald ook vir my ʼn mylpaal, want dit is ook die tyd van die bop, twist en rock-n-roll. Die musiek van daardie era is meestal vrolik, lewendig, soos ook die lirieke en die legendariese love songs (“liefdesliedjies” gaan net nie op vir dáái musiek nie) en laat mens selde in ʼn slegte bui. Wat jou plateversameling aanbetref, het jy ʼn baie kosbare besitting...

Bokomo-brekfisbrief; 02/12/2010: Kobus – Pille en skildkliere
Johan Wiese - 2010-12-01
Beste Kobus, Ek bedank jou vir die opregte navraag aanrakende my skildklier. Kyk, op my ouderdom is ʼn ooraktiewe skildklier eintlik maar ʼn vulletjie vergeleke met die ander pyne en ellendes waarmee mens opgeskeep moet sit. Ek is na dese van mening dat ooraktiewe skildklier blameer word vir alles waarvoor die medici nie ʼn antwoord het nie. So tien jaar gelede het ek eendag spontaan begin bewe en in die verskriklikste sweet uitgebars. Ons was nogal bekommerd dat ek Parkinson se siekte onder...

Bokomo-brekfisbrief; 01/12/2010: Dankie Francois
Sondaar - 2010-11-30
Hierdie jaar sal ek met my voorkop plat op die aarde en my arms voor my uitgestryk, aan elke hart wat in die slag van Bloedrivier gestryd het, in my hart voor God bring. Ek sal bid dat Hy ons almal sal vergewe. Ek sal my hele Katinka Heyns en Chris Barnard versameling al om die dag, tot volgende jaar lees en kyk. Ek sal my hele Eugene Marais-versameling van vooraf deurlees. Ek sal my Kinders van die Wêreld-ensiklopediestel weer heel bo pak, en my dogtertjie die voorreg gee om elke storie...

Bokomo-brekfisbrief; 30/11/2010: Wie is die Nuwe Afrikaner? Tien Gedagtes ...
Francois Williams - 2010-11-29
1 – Bloedrivier is banaal. Jy vier eerder Isandlhwana saam met die Zoeloes. 2 – Jy giggel vir meeste spook- en sprokie-stories in die Bybel, behalwe nou waar dit te dik raak vir ʼn daalder, en TE gruwelik ... dan gril jy ... jy gaan laaankal nie meer kerk toe nie, maar reik eerder direk uit na minderbevoorregtes. 3 – Om groen te leef is jou dodelike erns. 4 – Jy weet wat beteken termes soos, “yin en yang”, “karma”,”nirvana”, en...

Bokomo-brekfisbrief; 29/11/2010: Laaste dag
oester - 2010-11-26
As jy nou uitvind jy het nog 24 uur op hierdie aarde, wat sal jy eerste doen? Tot watter uiterstes sal jy gaan om jou laaste dag ʼn belewenis te maak? Wie sal jy bel? Waarheen sal jy gaan? Wat sal jy wens jou laaste daad moet wees? Wie wil jy hê moet langs jou sit of staan of lê in daardie oomblik? Ek wonder dikwels as ek die mense se grafte toegooi of hulle wense vervul is. Of hulle tevrede dood is. Ek wonder dikwels of hulle gesê het wat hulle wou en of daar mense was...

Bokomo-brekfisbrief; 27/11/2010: Grenskruisings in Afrika vir FW
Thomas - 2010-11-26
Dagsê Francois Dankie, vir die stukkie oor die reisigers wat in Brasilië gestrand geraak het. Iemand het vir my in ʼn e-pos daarvan vertel en dit was baie interessant om die koerantberig te lees. In ons omswerwinge is ons natuurlik deur verskeie grensposte en kan ek my net die frustrasie van die groepie mense in Brasilië indink. Ons ervaring deurgaans in Afrika was egter die teenoorgestelde. Ons is oral baie vriendelik behandel en alhoewel ons somtyds baie ure spandeer het...

Bokomo-brekfisbrief; 26/11/2010: My buurman
PlaasJaap - 2010-11-25
Noudat FW my in sy dronkenskap beskuldig het dat ek swartes haat, stuur ek toe vir my buurman ’n e-pos en vra hom sy mening. So bel hy my terug en kan nie ophou lag nie. En dit laat my toe dink dat ek ons huisgesinne se vriendskap kan deel. Alles het begin net nadat hulle ingetrek het. Soos ’n goeie buurman het ek myself gaan voorstel met twee yskoue biere in die hand, en daai was ’n foutjie want sien, sy vrou was ook dors. Dankie tog daar was darem koue voorraad in my yskas...

Bokomo-brekfisbrief; 25/11/2010: Ek het hulle omsingel generaal ... (Vervolg op ''Vrouekrygers'')
HJ - 2010-11-24
Daar is 'n skietstilstand in my huis. Die bulhonde steek al (huiwerig) hulle plat bekke by die kantoordeur uit, maar ek is meer versigtig. Die geskiedenis het geleer dat skietstilstande dikwels die voorloper is van groter ellende. Ek wag dat die vrede in sy geheel neerdaal. So skink ek nog 'n dop en lees maar verder aan Hillegas en sy wedervaringe. Dis nou van daardie oorlog. Die ene wat ek dink julle van weet. Kinders. Kinders en oorlog. Enige ouer beskerm syse kinders. Ek wonder dikwels...

Bokomo-brekfisbrief; 24/11/2010: Eenvoud
Perdebytjie - 2010-11-23
Ons is pas terug van 'n wonderlike toer na Kaokoland, in die Noordweste van Namibië. Dit was net ek, manlief en 'n toergids, gebore en getoë in Namibië. Op ons hele reis het ons net drie motors teëgekom en die gids was elke keer heel teleurgesteld daaroor. Daar is nog min plekke op aarde waar die sotlikste spesie ooit, (verskoon my sinisme) se pote nog nie sy sinnelose voetspore laat insink het nie! Kaokoland is een van hulle, maar dis seker ook net 'n kwessie van tyd, voordat...

Bokomo-brekfisbrief; 23/11/2010: Beide geslagte mag hul name gat maak
Anton B - 2010-11-22
Enige iemand wat my skrywes lees, sal besef dat ek 'n hele paar broertjies dood het aan politieke korrektheid. Nietemin voel ek myself genoop om as man kapsie te maak teen hierdie opskrif. Die opskrif van bostaande speel op die woord cougar. Cougar, synde 'n middeljarige vrou wat betrokke is by 'n katelknaap. Cougar se moer, man! Daardie is nog 'n beledigende term: Katelknaap. So al asof 'n ouer vrou en 'n katelknaap, 'n toy-boy, erger is as vir 'n 45-jarige man om by 'n 20-jarige bokkie ...

Bokomo-brekfisbrief; 22/11/2010: staat van Hoop
Jacobus Faasen - 2010-11-19
bestaan ons in ’n stad van ons eie, Moederstad, Hartstad, Oorsprong, byeenkoms-, bergberaad-, Parlements-, kgotla-stad, veilige hawe, skuiling, bres, teen “Duiwelspiek” se drosterdissipels, teen “ras”, “klas”-struktuurgeweldstruktuur, vals profete, pseudo-teoloë, skyngelowiges, proponente, Twee Ekonomie-eksponente, Self-destruksie van onkunde-ontkenning, verwydering van Gewete, Siel, Gees, ja kanti, Waarheid, ontluisterend, in 2010...

Bokomo-brekfisbrief; 21/11/2010: Hartbeespoortdam
Adriaan - 2010-11-19
’n Driebal boepense dobber tussen sandkuile en setperke. Die dam herinner aan Sjina se see. Rastas stormloop reisigers vanuit die pisreuk van die kraftmark en resiteer ’n spyskaart dwelms. Wie volg die bohaai as die singer net daar staan, oor en weer dans, die rigting wys en waai. Daar is geen sin meer daarbuite wat die digter met ’n veer in sy hol nog fataal kan fluit, nog ’n ietsie hier of daar te noteer, die lot ’n bietjie opnuut betreur. Kom besig eerder...

Bokomo-brekfisbrief; 20/11/2010: Verloor gewig ...
Ellen Botha - 2010-11-19
Liewe SêNetters Hier is 'n wonderlike eetplan vir dié wat sukkel met hulle gewig. Dit het 'n ruk gelede oor die Internet hier aangesweef gekom. Hoe om 20kg in een week te verloor! Maandag: Ontbyt: Halwe koppie flou tee Middag: Halwe pruimedantpit Aand: 1 mossieboud (oondgebak) Dinsdag: Ontbyt: Gekapte krummels van een roosterbrood Middag: 1 doughnut gaatjie (sonder suiker) Aand: Lees ’n resep vir gebraaide kalkoen deur Woensdag: Ontbyt: 1 duifeier (gekook) Middag: 6 papawersaadjies...

Bokomo-brekfisbrief; 19/11/2010: Pietertjie (SLP)
oester - 2010-11-19
Ons sê maar Pietertjie, nè? Pietertjie het hier aangekom met vroutjie en kind in die doeke. Vroutjie met plakkies wat skeef uitgetrap was van baie loop. Kind met doeke wat mens kon sien jare laas bleikmiddel gesien het. Maar ek moet sê, al was die doeke nie wit nie was hulle tog skoon. Want hulle het geken van swaarkry maar wou nie kom bedel nie, "Het jy nie vir my 'n werk nie, meneer?" Ek het hom maar beduie na Peter Hopkins toe wat ek vermoed het 'n handlanger nodig gehad het....

Bokomo-brekfisbrief; 18/11/2010: Die begrafnisgangers van Raithby
Bruinbroodkorsie - 2010-11-17
Dit was so hier met die draai van die eeu, toe ons op dié plekkie afkom, daar so knus genestel tussen die pragtige wynlandgoed net buitekant Somerset-Wes. Raithby is ’n klein gemeenskappie van bruin mense wat vir hulle ’n eie dorpie “gestig” het, kompleet met kerk en laerskooltjie en al. Dit was hoeka dié kerkie, wat in sy nuutheid soos ’n seer vinger uitgestaan het, wat ons aandag getrek het. Ons was besig om ’n uitgebreide voedingskema op...

Bokomo-brekfisbrief; 17/11/2010: Vrouekrygers
HJ - 2010-11-16
Myse Liefie is op die oorlogspad. So in die algemeen. Dit gaan oor die regering, die bure, die honde en ek. Nie dat dit belangrik is nie, maar ek verduidelik maar hoekom ek hierdie stukkie skrywe. As sy bedonderd is, vlug ek en die bulhonde na my kantoor. Dis die enigste veilige plek vir ons in die huis. So maak ek my tuis. Die bulle sug aan't slaap en ek gooi 'n dop. Bekyk ek my boekrak en trek een van my ou boeke nader. Hillegas se beskrywing van sy wedervaringe saam met die burgers tydens...

Bokomo-brekfisbrief; 16/11/2010: Terug in die mooiste, mooiste land
Thomas - 2010-11-15
Na meer as 47 000 kilometers is ons uiteindelik weer terug in Knysna en lyk die meer vir ons selfs mooier as toe ons hier weg is! Ons laaste skrywe het ons uit Lusaka gestuur vanaf ’n PostNet-internetkafee binne-in ’n splinternuwe winkelkompleks met ’n Game en ’n Shoprite – kompleet nes in Suid-Afrika. Om die prentjie mooi af te rond het daar, terwyl ons in die kompleks sit en iets eet, ’n jongerige dame verbygeloop en Afrikaans oor haar selfoon gepraat! Die...

Bokomo-brekfisbrief; 15/11/2010: g’nsins ’n agenda
Jacobus Faasen - 2010-11-13
wis of onwis, kennis of onkunde, solank Mens net nie, Self-minagtend, Self-hatend, Self-destruktiewelik, te werk gaan, opereer, kapitaliseer, hart, siel en gees geweldig te lyf gaan, oorspronklikheid uitwis, vernietig, soos met natuurlike hulpbronne, meedoënloos, een na die ander, besef ons nie hoe almal gaan leef, as almal net so welaf soos ons is, op dieselfde peil van welvaart, geletterdheid, IT-kundigheid, elkeen ’n ekspert, deskundige, opgelei, veral in wetenskap van net-genoeg-kry...

Bokomo-brekfisbrief; 14/11/2010: Kraam droppels
Adriaan - 2010-11-13
In die huis mengel die koms van die derde kind. Die vrou wens die man dood. Hy vra vir 'n teken. En die zombie wat eet in die bome het sewe sakke doppruime onder ontydige beeswagters se neuse weggedra. Die buurman trap die man se waghond in die stofpad; sy trokkie is klaar van al die gejaag om 'n nuwe masjien. Die fetus in die foto bring name op in die man. En die zombie wat eet in die bome het vyf sakke doppruime onder ontydige beeswagters se neuse weggedra. Laatnag hoor die man shhh haaa en...

Bokomo-brekfisbrief; 13/11/2010: a(w)u
Jacobus Faasen - 2010-11-13
ongeag Mens se strewe na suiwer mede-Menslikheid, al hunker Mens na volhoubaar Homo Sapiens Kwadraatskap, soos in Paradys, Jena, vir ewig en ewig kan voortbestaan, bly leef, mede-Mens liefhê, bemin, soos Mens Mens Self moet, inderdaad, almal egalitaristies, egalitêr, alles deel, niemand roof, moor of steel, enigste tronk dié vir Duiwelspiekdissipels, mugu’s, onkunde-ontkenners, vermyders, verwyderaars van Gewete, van Hart, Siel en Gees, Siel-rowers, nie tevrede om...

Bokomo-brekfisbrief; 12/11/2010: Ja ek kan
Adriaan - 2010-11-12


Bokomo-brekfisbrief; 11/11/2010: Platteland, FB
oester - 2010-11-10
Ek hou meer daarvan om met FB te praat al is jy en Francois een en dieselle. Klein dorpies is dikwels 'n nagmerrie vir baie. As iemand van buite kom is hy dikwels 'n "inkommer" wat vinnig wil kom geld maak of kom verloor. Klein kusdorpies is nie altyd so idillies soos mense dit maak nie. Deur die jaar spook dit vir baie mense om dinge bymekaar te hou of die wolf weg van die deur te hou. Want Piet sit dikwels in die kaggel en dan hoop en bid mense vir Desember wanneer die manne met die groot...

Bokomo-brekfisbrief; 10/11/2010: Maya: Fliek op Potch
Pieter - 2010-11-09
Nou moet ek eers seg dat my eerste ervaring van fliek tydens my laerskooljare in die Oos-Kaap was, my beste maatjie destyds se pa het die bioskoop besit … Ek dink my eerste herinnering aan fliek was met ’n Tarzan-fliek, die ouens loop deur die ruigtes en ’n wilde barbaar kom uit die takke aangeswaai, bespring hulle en bind hulle vas. Uit die gejuig om my kom ek agter ek ondersteun die verkeerde ouens, hulle is glo die bad guys. Die twee inry-teaters in Potchefstroom het ons...

Bokomo-brekfisbrief; 09/11/2010: Die weirdste troue waarop ek ooit was
oester - 2010-11-08
Troues en begrafnisse is mos maar vreemde goed wat mens probeer vermy. By die een moet jy geskenke aandra wat nie waardeer word nie en by die ander is die kluite op die kis baie finaal. As deel van mens se omstandighede en omdat ons die geslagtelange kennis en ervaring het om grafte te bou en toe te maak na die treurendes afskeid geneem het leer mens om met die einde saam te leef en dit te aanvaar as deel van die lewe. Troues is 'n ander besigheid. Veral die troue van, mmmmm, ek kan regtig...

Bokomo-brekfisbrief; 08/11/2010: Van Ethiopië tot in Zambië - deel 3
Thomas - 2010-11-05
Ons volgende stop was Entebbe wat aan die oewers van die Victoriameer geleë is. Entebbe is so 35 km vanaf Kampala en ons het telkens ’n vliegtuig hoor opstyg vanaf die bekende lughawe waar die Israeli’s die spul skakers se tjank destyds afgetrap het. Hier moes Stanley inderhaas die Cruiser se voorste skyfremkussings vervang omdat ons toe alreeds geruime tyd die geluid van staal op staal moes aanhoor elke keer as ons rem trap. Met die hulp van ons resident werktuigkundige, Coen,...

Bokomo-brekfisbrief; 07/11/2010: Van Ethiopië tot in Zambië - deel 2
Thomas - 2010-11-05
Lalibela is sonder twyfel die groot hoogtepunt van Ethiopië. Lalibela is ’n klein geïsoleerde dorpie bo in die Lasta berge en is veral bekend vir die kerke wat uit soliede rots gekap is. Die kerke is onder grondvlak uitgekap, wat die hele proses asook die dreinering van reënwater, ’n besondere prestasie gemaak het. Dis ’n absolute ongelooflike gesig. Axum was eweneens ’n wonderlike ervaring en kon ons die kerk sien waar die verbondsark bewaar word....

Bokomo-brekfisbrief; 06/11/2010: Van Ethiopië tot in Zambië - deel 1
Thomas - 2010-11-05
Ons ekspedisie is amper op ’n einde en ons is net noord van Lusaka in Zambië. Net gou ’n paar vertellings sedert ons vorige skrywe. Ethiopië is werklik ’n pragtige land. Na die woestynbelewenis in temperature van meer as 40º C was Ethiopië met sy groen velde en lande van bestaansboere werklik ’n wonderlike gesig en vir die eerste keer in ’n lang tyd het die Cruiser se temperatuurmeter weer onder 30º C gesak. Ek dink ons almal se indrukke...


<< 1 2 3 4 22 >>