Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet > Bokomo-brekfisbrief

Bokomo-brekfisbrief


<< 1 2 3 4 22 >>

Bokomo-brekfisbrief; 24/02/2011: Loopdop – Profetiese redes
HJ - 2011-02-23
"640K ought to be enough for anybody." (Bill Gates 1981) Ter wille van agtergrond: Die maandelikse braaiery op my agterstoep. "(Hik) Ek (hik) sheg nou vi-jou (hik) hie-komme-deng ... " Vuil Piet se tong sleep ’n brannewynsleep om die spasies van sy sinne. Vuil Piet beskou homselwers as ’n profeet van vele voorspellings. Daar is min gebeure wat hy reken hy nie voorspel het nie. Om te profeteer is ’n Afrikaanse taalneiging. ’n Nersderm ingesteldheid. ’n Koppige kopgeraas....

Bokomo-brekfisbrief; 23/02/2011: Een van daardie dae – nog meer
Perdebytjie - 2011-02-22
Nadat ek reeds my brief aangestuur het, was dit nog nie die einde van my dierbare Donderdag nie! Twee duiwe wat gereeld my hondjie se kosbak in die kombuis takel, (dis nou wanneer die agterdeur oopstaan) het geskrik toe ek skielik op hulle afkom. Die een het op die dakbalk in ons sitkamer hom gaan tuismaak en ’n wyle later op die rusbank stelling ingeneem om moed bymekaar te skraap vir die vlug by die oop deur uit. Natuurlik los die knaap toe ’n allemintige pers dankiesê blommetjie...

Bokomo-brekfisbrief; 22/02/2011: Gaan uitgewers, boekwinkels en die boek oorleef?
Klaas - 2011-02-21
Australië se reuse boekwinkel Angus and Robertson is onder administrasie geplaas. Lees: Bankkrot. Twee sustersgroepe, Borders en Whittcoulls in Nieu-Seeland, is ook onderdeur. A&R het 260 takke in Australië met ongeveer 2600 werknemers. A&R se verlies was $43m (ongeveer R300m) die afgelope jaar. Dis ’n hartseer dag. Gaan boekwinkels en die boek soos ons dit ken oorleef? Is dit bloot ’n bemarkingsverskuiwing? A&R meen dat meeste van hul ou klante nou boeke aanlyn...

Bokomo-brekfisbrief; 21/02/2011: Een van daardie dae!
Perdebytjie - 2011-02-18
Vandag was een van daardie dae! Vroegoggend wemel ons stil straatjie van de motors en paneelwaens. Dis die voorspan van ’n TV-advertensiemaatskappy wat ’n oefenlopie kom doen. Môre gaan hulle van sesuur die oggend tot elfuur die aand ’n advertensie skiet. Die spulletjie loop op en af en die koppies knik, die handjies beduie en penne griffel instruksies neer. Ek worstel om met my klein motortjie deur die skare te beur sonder om een te laat teer vreet. Mense loop om een of ander...

Bokomo-brekfisbrief; 20/02/2011: Suidland?
oester - 2011-02-18
Babs vertel vir my annerdag van die naweek wat hy in die bosse en berge moes spandeer. Koud en nat en sonder kos en min water. Hy vloek dik stukke want hier in Oesterland is spoorsnyers mos skaars en as hulle iemand soek wat weet hoe ’n spoor werk dan moet hy verdomp, net sodra hy lekker warm gelê is op en uniform aantrek agter een of ander sot wat kak gemaak het aan. Maar Babs kla eintlik nie regtig nie, want hy is een van daardie manne wat kleintyd, toe die ooms hom gevra het wat hy...

Bokomo-brekfisbrief; 19/02/2011: Jojo en Yalo
Yuri - 2011-02-18
Vir die wat weet en koerantspotprente gevolg het, was Jojo ’n uiters humoristiese karakter in The World as spotprent-karakter. Ofskoon The Sowetan die tradisie van Jojo voortgesit het, het die nimlike ou man stilletjies gesterf. JoJo was alles – sokkerondersteuner, eggenoot, maaifoerie, taxi-bestuurder … Die afgelope ruk het Yalo, die spotprentkunstenaar van The Sowetan op ’n soortgelyke manier die storie van die townships vertel. Vandag se spotprent waar ’n Orlando...

Bokomo-brekfisbrief; 18/02/2011: Ware Suid-Afrikaners – Nedine Blom
Yuri - 2011-02-17
Nedine het my verstom. Op een van OneGospel se programme (dit was iewers verlede jaar) verskyn sy waar sy haar top tien gospelliedjies kon kies. My verbasing was groot oor haar kennis van swart gospel-kunstenaars en hul liedjies. Seker so drie of vier liedjies is deur swart kunstenaars opgevoer. Gisteraand op Kwêla laat sy my tone krul van plesier. Sy en die agterkleinseun van een van die Voortrekkerleiers (ek dink Potgieter) gaan saam met die Soweto Gospel Choir ’n liedjie vir Suid-Afrika...

Bokomo-brekfisbrief; 17/02/2011: Athos
oester - 2011-02-16
Vra hom ander aand hoe lank hy al hier in Oesterland is en hy praat met sy swaar Griekse aksent: "Don know, too long ago ..." Groot man, altyd soos die stereotipiese Griek aangetrek: Swaar kettings om die nek en arms en dalk om ander plekke ook. Kettingroker. Week terug oorgeslaan na die nuwe Camels toe. Die swart pakkie. "Virginia's, try some, it better than that rubbish" beduie hy na my pakkie Dunhill Menthols. Trek sy oge op skrefies as hy aan die Kameel suig, en kyk altyd ver. Asof die ding...

Bokomo-brekfisbrief; 16/02/2011: Die wonder van Afrikaans!
Jaco Fourie - 2011-02-15
Dagsê Jan. Dankie vir die regstelling ivm die outeur van “Engels, Engels, orals Engels”, nl Hoogenhout, en nie Langenhoven nie. Ek het kortpad gevat en staat gemaak op my gebrekkige geheue. ’n Paar veralgemenings in jou brief: Miskien lees ek verkeerd, maar die indruk wat ek van jou kry is dat die Engelsman in jou oë ’n beter persoon is as die Afrikaner viz a viz sy voorliefde en suiwerheid vir sy taal wat in die Afrikaner blykbaar volgens jou ontbreek. Gesien...

Bokomo-brekfisbrief; 15/02/2011: Haka en gesange by rugby
Koos Smit - 2011-02-14
Geagte Webvoet Iets van ’n heel ander aard as godsdiens en politiek. Ek het onlangs in ’n brief aan een van die Afrikaanse koerante ’n opinie oor twee nie-rugbysake uitgespreek, maar omdat ek blykbaar die status van persona non grate in daardie kringe bereik het, vanweë ander uitgesproke opinies oor die politiek en regeerders van die dag, twyfel ek of ek hond haaraf sal maak. Ons staan aan die begin van ’n propvol rugby-seisoen waarna baie uitgesien word. As rugbyliefhebber...

Bokomo-brekfisbrief; 14/02/2011: Vrae oor Gauteng se tolpaaie
Yuri - 2011-02-11
Vergeet van die debat rondom tolgelde, tolpaaie en die hele pad-warboel in Gauteng. Die vraag is of die hele ontwikkeling moontlik tot ’n nuwe demografie in Pretoria kan lei. Sal jong getroude paartjies met nuwe oë kyk na woonbuurte nader aan die middestad en in die Moot-gebiede. Ons het in Julie getrek, en my vrou het opgemerk dat ons ten minste twee tolhekke (op die N4) nou vryspring net om in Pretoria rond te ry. Indien ’n mens na die jongste konstruksie-ontwikkelinge in Hatfield...

Bokomo-brekfisbrief; 13/02/2011: ‘n Woordelike staptog terug – Steeds spoorloos
Sue - 2011-02-11
Heelwat jare later bedink ek weer my rede hoekom ek destyds op SêNet begin skrywe het. Diegene wat my ken, weet dat Engels my huistaal is. Ek het destyds stadig maar seker in Afrikaans begin skrywe, in die hoop dat ek darem bietjie van my herkoms kon red. Danksy die gewillige webvoete het niemand anders geweet dat ekke nie kon spel nie, en soms ‘n ander manier gehad om myself uit te druk, maar nietemin, het Webvoet dit alles so mooi reggeruk voor hulle ‘n briefie geplaas het. Ek...

Bokomo-brekfisbrief; 12/02/2011: Engels, Engels oral Engels (C P Hoogenhout) vir Jaco Fourie (en Yuri sommer ook)
Jan Rap - 2011-02-11
Gegroet Jaco Jy vra hoekom dit vir my meer aanvaarbaar is dat woorde uit enige taal behalwe Engels in Afrikaans opgeneem word. Was dit nie logies uit my verduideliking dat Engels geen gevaar loop om deur Afrikaans oorgeneem te word as Engels Afrikaanse woorde oorneem nie? Laat ek dit dan uitspel: Met die dat Engels alomteenwoordigend is, oral soos die aanhaling in jou brief se opskrif, EN gegee dat die TV- en radiostasies saam met die regering werk om Afrikaans uit te roei, kan Afrikaans nie BEKOSTIG...

Bokomo-brekfisbrief; 11/02/2011: Pampoenkoekies
oester - 2011-02-10
Jy kannie op jou oudag jou klogoete beduie om mooi te loop as jy klaar die voorbeeld gestel het nie. Want dan gaan hulle vir jou beduie: "Ja, maar pa het dan sus of so gemaak." En dan sit jy met jou hanne in jou hare. So het ek vir neef Piet bekyk hoe hy sy klogoete grootmaak, en dikwels gewonder oor die dag as hulle self groot genoeg is om in die donker rond te loop en katjies te knyp. Want sien, Piet het mos ’n ander manier van dink oor vrouens en vroumense en hoe mens met hulle te werk...

Bokomo-brekfisbrief; 10/02/2011: Die boom se naam is ...
Lavinia - 2011-02-09
Die winde van verandering het die saad opgetel en daarmee gespeel. Dit het uiteindelik die saad gelos en dit het in vrugbare aarde wortel geskiet. Die saailing was tenger en het baie ontberings oorleef maar dit het uitgehou en aangehou en het mettertyd tot ’n reus gegroei. Dit is vertroetel en versorg deur die mense van die kontrei en vandag staan dit trots en onbeskaamd. Dit is ’n baken en ’n lewende monument vir dit wat vooruit gegaan het. Die stam is groot en bonkig en sterk,...

Bokomo-brekfisbrief; 09/02/2011: Piet en die Groot Koue
HJ - 2011-02-08
Hierdie is ’n ou storie met vele variasies. Daar iewers in die Kgalagadi is daar ’n groep Boesmans. Vredeliewende spul. Hulle jag nou en dan ’n bokkie en grawe vir uintjies en so. Hol weg vir leeus. En vir volstruise as hulle die se eiers steel. Leef hulle kultuurlike lewe voluit en vreugdevol en in vrede met die natuur en die wind en die weer. Die kindertjies aap die grootmense na en is te oulik. Die oues van dae gooi saans om die vuur wyshede rond en vertel stories wat hulle...

Bokomo-brekfisbrief; 08/02/2011: Twee wêrelde
Perdebytjie - 2011-02-07
Verlede Donderdag durf ek en manlief Gauteng se vroegoggend-verkeer aan. Die motors beweeg snoet-aan-stert teen ’n slakkepas en kom eindelik effens aan die beweeg op die snelweg. Ons beur deur die malende ystergedoentes (meestal net een of twee wesens per voertuig) en beland uiteindelik op die pad na ons naaste Gautrein-stasie. Ons slaan ten minste drie moewiese slaggate voordat ons by die wêreldklas, splinternuwe parkeerterrein indraai. Binne tien minute sink ons weg in die luukse treinstoele...

Bokomo-brekfisbrief; 08/02/2011: Twee wêrelde
Perdebytjie - 2011-02-07
Verlede Donderdag durf ek en manlief Gauteng se vroegoggend-verkeer aan. Die motors beweeg snoet-aan-stert teen ’n slakkepas en kom eindelik effens aan die beweeg op die snelweg. Ons beur deur die malende ystergedoentes (meestal net een of twee wesens per voertuig) en beland uiteindelik op die pad na ons naaste Gautrein-stasie. Ons slaan ten minste drie moewiese slaggate voordat ons by die wêreldklas, splinternuwe parkeerterrein indraai. Binne tien minute sink ons weg in die luukse treinstoele...

Bokomo-brekfisbrief; 07/02/2011: Oom Jan en Oom Jaco oor Die Taal
Verushca Joubert - 2011-02-04
Ek het laas jaar matriek geskryf en stiedeer nou by die ienieversiteit van Stellenbosch vir my graat en nearly die helfte van my subjects is in Afrikaans. Ek weet nie hoekom almal altyd so wroeg en worry oor Die Taal nie after all almal wat ek ken praat dit want Afrikaans is deesdae cool. Vat maar die Afrikaanse mesiek soos van Kurt Darren en Bobby van Jaarsveld en almal by Hysgenoot se shows by Sun City en die movie Liefling. My ma se favourite soaps is almal Afrikaans en my pa kyk die Afrikaanse...

Bokomo-brekfisbrief; 06/02/2011: Vroegoggend in die straat
Jakkie - 2011-02-04
Dit raak nou reeds vroegoggend lig. Hier so van kort na vyf in die oggend is daar al beweging in die straat. Ek is nie ’n vroegopstaner nie, maar was nuuskierig. Klim toe een oggend op my fiets en ry so paar strate op en af om te sien wat in die straat aangaan. Hier kom ’n man vinnig by ’n hek uit. Lyk vir my na ’n sluipslaper. Hy kyk nie links of regs nie en is reguit oor die straat. Stap vinnig en verdwyn om die hoek. Toe wonder ek. Werk sy vrou by die huis of huur hy ’n...

Bokomo-brekfisbrief; 05/02/2011: Wat is ’n e-reader in Afrikaans?
Vega - 2011-02-04
Vrydag op pad Johannesburg toe, het ek ’n bespreking gehoor oor die vrystelling van die iPad in Suid-Afrika. Ek het vreeslik geskimp vir een, maar my familie wat almal een begeer, dink nie my tegnologiese vaardighede regverdig so ’n groot uitgawe nie. Man, dit klink vir my ideaal vir iemand wat baie reis, baie lees en op die internet boer. Later die dag loop ek Exclusive Books se GROOT uitverkoping raak. Ek word op heterdaad betrap met arms vol boeke. Hoe kan ek ’n boek los wat...

Bokomo-brekfisbrief; 04/02/2011: Afrikaaps
Yuri - 2011-02-03
Afrikaans het ’n toekoms in die land. Dit is spekvet en gesond. Soos Mike van Graan so ’n jaar of wat al opgemerk het – wat is daar te kla oor Afrikaans. Boeke en koerante word in die taal publiseer, daar is webwerwe, kunsfeeste en so voorts. ’n Vinnige blik op Afrikaaps (‘’n TV-program) toon dat Afrikaners dink dat Afrikaans op ’n Calvinistiese wyse gepraat moet word. Enigiets anders as wit word nie as Afrikaanssprekend beskou nie. Maar die taal is eintlik...

Bokomo-brekfisbrief; 03/02/2011: Vir Jaco Fourie oor sy taalevolusie
Jan Rap - 2011-02-02
Hallo Jaco Dit is jammer dat jy dink dat ek aggressief was; daar is geen rede daarvoor nie want jy was nog altyd ordentlik. Ek was miskien ongeduldig maar verstaan asseblief my posisie: Hier sit ek, Jan Rap, die gewone alledaagse Afrikaanse man en in my eie land, die enigste land waar Afrikaans gepraat word, kan ek nie my eie taal praat nie en onder sekere omstandighede MAG ek nie my eie taal praat nie. Ek mag nie Afrikaanse memo’s vir my Afrikaanse kollegas stuur nie, ek mag nie Afrikaans...

Bokomo-brekfisbrief; 02/02/2011: Rou vis, Jouga en Taaiboks
Tant Alie - 2011-02-01
Sedert my kinders na Nieu-Seeland verhuis het, het my lewe nogal ’n ander rigting ingeslaan. Ek het skielik meer tyd vir myself, en dan ook vir vriendinne wat ek in die verlede maar min gesien het. Nou is dit ’n weeklikse gekoek en tee, ’n fliek hier en daar en allerlei ander sosiale aktiwiteite wat my kalender volmaak. So kom een van my beste vriendinne met die voorstel dat ek saam met haar by die gimnasium moet aansluit. Sy is heelwat jonger as ek en vreeslik wêreldwys en...

Bokomo-brekfisbrief; 01/02/2011: Advokate en strippers en wyn en kurwes en nog wat
oester - 2011-01-31
So sit ons en teug na ’n lang dag se mark hou en wonder of die note in die blikkie die moeite werd is vir die kostes aangegaan en jy beraam alreeds planne om te verduidelik wat jy gaan sê aan jou boekhouer. Maar Paul Marais se beste vloei soos water en die skare kom nader vir die beste uit my geliefde Blou Dam. Die fundi's mmmmmm en aaaaaahhhh en wow en gaan tekere en ons begin om op te pak want dinge raak laat en daar is nog baie werk wat wag. En sowaar as vet, hier kom sit ’n...

Bokomo-brekfisbrief; 31/01/2011: Afrikaners vir Jan Rap
Thomas - 2011-01-28
Dagsê Jan Rap Ek het jou skrywe aan Raed-na-Gael oor sy dwepery met Engels baie geniet. Jy raak ’n paar belangrike punte aan wat baie geldig is. Ek dink nie jy moet jou veel steur aan Raed-na-Gael se teregwysings nie, want ons het hom al hier op die Sê leer ken as ’n persoon wie se opinie oor homself nie strook met die inhoud van sy skrywes nie. ’n Paar jaar gelede het ek hier op die Sê gereageer op Ruda Landman se bedanking uit die Afrikanerdom oor heimlik...

Bokomo-brekfisbrief; 30/01/2011: Agbaarheid (vir almal) ...
Cornelius Henn - 2011-01-28
In duplo William Shakespeare het in sy spel Richard II, die volgende bekende woorde in Thomas Mowbray se mond tydens betoog met Koning Richard II se nefie geplaas: Mine honour is my life, both grow in one. Take honour from me, and my life is done. Then, dear my liege, mine honour let me try; In that I live, and for that I wil die. Dis betekenisvol hoe ekstensief eerbaarheid in die antieke tye was; diep gesetel in Antieke Egipte en Rome; in Antieke Griekeland waar Socrates met lof daarvan geskryf...

Bokomo-brekfisbrief; 29/01/2011: Cornelius, gelukkig ...
Vega - 2011-01-28
... vind die belangrikste deel van ’n kind se opvoeding by die huis plaas. Dit wat ’n mens nodig het om ’n suksesvolle, gelukkige mens te word, word selde in die skool geleer. Dinge soos ’n liefde vir lees en die natuur, ’n honger na kennis, goeie werketiek, sosiale vaardighede, entrepreneurskap, integriteit, koördinasie, tydsbeplanning en goeie taalvaardigheid en getalbegrip word tuis geleer. Ses ,sewe of agt onderskeidings is baie oulik, jy kry ’n geldelike...

Bokomo-brekfisbrief; 28/01/2011: Twee huisvrouens se onderonsie met Murphy's Law
Perdebytjie - 2011-01-27
Vir die eerste keer in ’n jaar besluit ek en my boesemvriendin om te gaan fliek. Ons trek toe vanoggend hier weg in slegs ’n ligte motreëntjie, wat skaars ’n ruitveër regverdig. Pretoria is in ons fisier ... lekker kunsfliek en ete agterna is die plan. Opgewonde en al kletsende trotseer ons die vroegoggend-verkeer deur die dorp tot op die snelweg noorde toe. Hier en daar lewer ons kommentaar oor die klomp “sotte” op die pad, se gedrag. Die pad lê oop...

Bokomo-brekfisbrief; 27/01/2011: Wiskunde-onderrig en om buite die boks te dink
Vega - 2011-01-26
Die vraag wat ek myself baie dikwels vra is watter tipe onderwyser is ’n goeie wiskunde onnie. My dogter en ander slim kinders kies snaaks genoeg die kwaaiste onderwyser. Die tipe mens wat nooit smile nie en die kinders mag nie piep terwyl sy/hy praat nie. Ongelukkig ken sy/hy nie die kinders se name nie, nevermaaind hulle omstandighede. Dié onderwysers kry uitstekende resultate elke jaar. Miskien moet ’n wiskunde onnie so kwaai wees sodat die kinders net werk. Volgens Malcolm...

Bokomo-brekfisbrief; 26/01/2011: Tikkies verklaarde onkruid
Adriaan - 2011-01-25
(Vrydag) Op die hv Kwartel en Ceres is die oorblyfsels van ‘n wattel. ‘n Dooie grys stomp wat verbrokkel onder die son. Die einste akasia was eens die trapleer tot ‘n droomuitsig in my woonbuurt. In die vêrte meander die bont beplakte kloof nog in die rigting van die stad. My eerste skoolmaat het nader aan die stad langs dieselfde kloof gewoon. Die vriendskap gemessel met krappe, kurpers en likkewane was van korte duur. Cassie se ma het besluit ons voete het te veel gestink...

Bokomo-brekfisbrief; 25/01/2011: Kultuur aangewend as spektakel
Perdebytjie - 2011-01-24
Met ons onlangse besoek aan Kaokoland, waaroor ek reeds geskryf het, het ek diep nagedink oor hoe nuuskierige toeriste ander mense se waardigheid kan aantas. Ons het byvoorbeeld besoek gaan aflê by ’n Himba-kraal by Purros, diep in Kaokoland. Die Himbas is ’n nomadiese volk wat nog steeds leef soos hul voorvaders. Hulle trek gereeld met hul beeste na beter weiding en laat hul ru geboude hutte met ’n klip op die drumpel agter, om te wys dat hulle terugkom. Die vrouens smeer...

Bokomo-brekfisbrief; 24/01/2011: Afrikaans, is dit ons erns?
Raed-na-Gael - 2011-01-21
Jan Rap het mooi begin met sy stukkie oor die erns van Afrikaans, maar toe raak hy platvloers en maak my die donner in. Was dit vir hom nodig om die mooi taal met platvloersheid te besmet? Is dit nie dalk waar die fout by meeste van ons lê nie. Ek en my vrou het gister in Gordonsbaai se hawetjie by die restourant daar aangedoen. Heerlik rustig na die vakansie gewoel en gesuipte Afrikaanse (Afrikaner) binnelandse vakansiegangers wie se platvloersheid ons kort na Kersfees genoop het om die bestelling...

Bokomo-brekfisbrief; 23/01/2011: (Wan) Persepsies
Andries Wolmarans - 2011-01-21
Maandag staan ek op OR Tambo Internasionaal by die sigaretafdeling van die “Duty Free”-winkel. Ek was reeds daar maar hulle het nie Chesterfield verkoop nie. Het toe na die Cosmic Candy-winkel geloop om te koop, maar hulle vra R35 ’n pakkie. Kom toe maar terug en rook nou Camel vir die volgende paar dae. ’n Ou kom staan langs my en ons raak aan die praat. “Waarheen gaan jy” vra hy. “ Kinshasa, DRK” sê ek. “O nee, dis ’n dump. Maak...

Bokomo-brekfisbrief; 22/01/2011: Diep teleurgesteld in Pouveer
Ellen Botha - 2011-01-21


Bokomo-brekfisbrief; 21/01/2011: ’n Silwer sigaartjie vir Papkop
Pouveer - 2011-01-20
Heito, Papkop! Ek is skoon van my voete geslaan deur jou gulde verwelkoming! Miskien moet ons weer ’n slag met die Silwer Sigaar ’n ekspedisie onderneem. Ek het net vanoggend ontdek dat Meneer Suikerberg van die gesigboek-faam miljoene uitdeel. Miskien kan ons daai virtuele printer gaan skaai om die beursie vir ’n ekspedisie te laat bult. Ek gaan net nie weer Alfa Draconis toe nie. Dis te gevaarlik daar. Mind you, miskien kan ons die geloof-debatteerders daar gaan aflaai in die...

Bokomo-brekfisbrief; 19/01/2011: ’n Knap meisie
Yuri - 2011-01-19
Ofskoon ek eNuus ’n bietjie lig in die broek vind, dink ek dat Emma de Villiers ’n knap meisie is met buitengewone talent. Sy is duidelik ’n steunpilaar wat haar sout voor en agter die kamera werd is. Ek sal so ver gaan deur haar onder die top vyf TV-verslaggewers in die land te beskou omdat sy duidelik kwessies verstaan wat haar maklik laat inpas by stories wat sy doen. En sy verdien ’n kompliment vir haar aanbieding van die sportnuus so ’n paar weke gelede. Dit is...

Bokomo-brekfisbrief; 19/01/2011: Aanskaffing van ’n toy boy
Evie - 2011-01-18
Daar is stories en gerugte in die rondte van ’n dame wat blykbaar ’n toy boy aangeskaf het. Nou die saak staan so: Ek is min of meer dieselfde ouderdom as die dame maar definitief nie in dieselfde geldklas nie. As ek nou sou besluit om een van hierdie blykbaar gesogte modelle aan te skaf, hoe sal ek dan weet of dit ’n bargain gaan wees? Kry ’n mens hierdie kommoditeit op huurkoop of is dit ’n kontanttransaksie? Kan ek darem die kopie toets voor die tyd – jy...

Bokomo-brekfisbrief; 18/01/2011: Ek stem saam met Swaeltjie …
Jan Rap - 2011-01-17
… se opskrif van haar brief “Afrikaners ondermyn Afrikaans”. Die brief self, waarin sy, lyk dit my, beweer Afrikaners ondermyn hulle taal deur wyn te suip, kan ek nou nie heeltemal mee saamstem nie; ek weet nie hoe sy die kloutjie by die oor bring nie. Tensy, natuurlik, sy te kenne wil gee mens ondermyn Afrikaans as jy wyn koop met Engelse etikette op die bottels. Daarmee kan ek saamstem; hulle moes eintlik brandewyn gedrink het en wel Oloff Bergh; jy kry blykbaar nie wyn...

Bokomo-brekfisbrief; 17/01/2011: Yuri se nostalgie-wolke skitter van Diamonds
Pouveer - 2011-01-14
Ek het heerlik geskater oor Yurie se lakonieke nostalgie-trip oor die groot hero van ons jeug. Diep songs. "Jonathan Livingston Seagull" dra steeds my siel op die vleuels van die winde. Ag, en "Cracklin' Rosie", "Porcupine Pie", "Play Me", "Sweet Caroline", "I am I said", "Brooklyn Bridge", "Song Sung Blue" ... Ek weet vrind Herman Lategan sal seker weer mompel "heerlik kitsch" of "kommin" maar ek gee nie ’n duit om nie. Neil Diamond, Boney M, Abba, Bob Nylon, Leonard Cohen ... Daai ouens...

Bokomo-brekfisbrief; 16/01/2011: Four Yorkshiremen en arm blanke huise
Anton B - 2011-01-14
Reusedwerg se brief het my herinner aan Monty Python se skets by name Four Yorkshiremen. Menere Cleese, Idle en kie spog met hoe arm hulle was kleintyd, iets soos: "We used to live in a shoebox in the middle of the road." Dit is natuurlik vandag besonder polities-korrek om alle blankes as histories-bevoorreg te beskou, maar dit was uiteraard nog nooit waar nie, en word by die dag minder akkuraat. Daar was twee groot plekke waar ek agtergekom het hoe relatief-benadeel ek grootgeword het, en ook,...

Bokomo-brekfisbrief; 15/01/2011: Kafgenaai
Adriaan - 2011-01-14
Rondrits: slender withoute in opdrifsels gerok- Hokaai! Die aarde sluk die wieg van die mensdom in, Afonder sleur die sleep van ’n reëngodin. Daar’s ’n surplus tragedies aan afvlerkvoëltjies wat dit betreur of volbring teen die erdvarkuur sal skemermense soos ’n grasuil kraak: tussen uit en uitwys is uiting oop en baar skade en skande het hy iemand vandag hoor sê eerbetoon gesoek in die dekonstruksie van sy moeder ’n kat begeer om sy eiersak te lek te...

Bokomo-brekfisbrief; 14/01/2011: Lykwaak
Gerrida - 2011-01-13
My broer vertel my hy het op ’n tyd in Windhoek ’n bastervrou as sekretaresse gehad. Ja, hulle wil so op hul ras genoem word. Sy het baie dikwels met ’n blou oog of snywond by die werk opgedaag, want haar man, asook haar broer, was groot drinkers en molesmakers en dan moes hul vroue dit ontgeld. Haar pa was bitter ongelukkig met die toedrag van sake. Hy wou die vroueslaners straf, en maak toe ’n plan. Op ’n dag kom sê Beverley haar pa is oorlede en sy moet help...

Bokomo-brekfisbrief; 13/01/2011: Die Ingels darem ...
FB - 2011-01-12
Dit was nogal snaaks om te verneem dat Maggie se wederhelfte na haar Engels as Eliza Doolittle-agtig verwys! Ek het al vele beskrywings na Engels-gestremde Afrikaners gehoor, maar dit is nogal ’n nuutjie! Ek en ’n spul vriende het juis die vakansie gesit en vir ure geklets oor die flaters wat mens soms in Engels maak. Daar is so baie dinge wat ’n Afrikaner maklik weggee, selfs al het hulle van die swaar Afrikaanse - aksent ontslae geraak. "I will throw you with a rock!" is darem...

Bokomo-brekfisbrief; 12/01/2011: Op reis maar oornag in die Karoo
Jakkie - 2011-01-11
Hierdie stukkie moes ek dalk eerder gestuur het voor die vakansie. Dalk sou dit iemand beïnvloed het om sy/haar vakansie te geniet van dag een af en om die reis na die see of binneland ook te geniet en nie te sien as ’n stuk dooie pad nie. Daardie stop langs die pad om te eet en dan vir al die karre wat verby kom te waai, was nogal anders as vandag. Soms was die persoon by wie jy verby ry baie plesierig en waai nie net as jy toeter druk nie, maar gee so paar “danspassies”...

Bokomo-brekfisbrief; 11/01/2011: Haskwaan (L)
oester - 2011-01-10
Jy weet mos maar hoe dit gaan as jy by ’n drankwinkel in- of uitstap. Alewig is daar ’n rondhanger wat jou sleeptong voorkeer vir kleingeld. Mens gee liewer nie want jy weet waar die geld heengaan en buitendien: Allpay gee sommer baie vir gesonde mense om leeg te lê op die belastingbetaler se onkostes. Moet sê, die regime het heelwat gedoen om mense nie meer skuldig te laat voel oor die bietjie wat hulle het nie. Maar ons praat nie nou van bose mense of politici nie....

Bokomo-brekfisbrief; 10/01/2011: Dina se katjie
Bobbejaan - 2011-01-07
Hi Dina Ek is bly jy is so gelukkig met jou Kersgeskenk. Die dingetjie is baie cute. My dogtertjie het so maand terug besluit sy soek ’n troeteldier. Ma wil ’n hamster kry of ’n puppy of ’n kat. Ek soek nie ’n hamster nie want dit is ook maar net ’n veldmuis met ’n mooi naam, ek hou nie van katte nie, en ek het klaar twee pragtige volbloed Duitse Herders. Ek poog juis al die laaste 3 jaar tevergeefs om my wyfie by my mannetjie swanger te kry. Ek spot nogals...

Bokomo-brekfisbrief; 09/01/2011: Leeus en jakkalse
Annemari - 2011-01-07
Dit was ’n plesier om deur die stil strate van Johannesburg en Pretoria terug huis toe te ry. Die bossies en gras op die sypaadjie oorkant ons is so hoog dat ’n leeu daar kan skuil. Na ’n middagslapie het ons motors in die straat voor ons huis deur water hoor spat. Die water kom uit die munisipaliteit se pyp wat tydens ons slapie reg by ons meter gebars het. ’n Dik stroom water spuit in die straat af. ’n Wakker oom van die mislike-paliteit het nou net dadelik die...

Bokomo-brekfisbrief; 08/01/2011: ’n Skoon bladsy
Joanna - 2011-01-07
Dis stil ... Daardie vakansietyd-is-verby-stilte wat neerdaal wanneer die laaste tranerige koebaai gesê is, die laaste gas gery het, en die laaste koppie gewas en weggepak is. Weliswaar het ons hierdie jaar meer van die kuierwerk gedoen. Nietemin. Die gevoel is dieselfde. Dis ’n stilte waarin ’n mens die voëls hoor. Elke verskillende roep. En die enkele brommer wat sy pad deur die oop venster gekry het. Die son bak genadeloos neer op ons Karoodorpie. Ek sug dankbaar omdat...

Bokomo-brekfisbrief; 07/01/2011: Les opsê
Tiens - 2011-01-06
My oorlede ou moeder (1910-2001) het ’n hele aantal sêgoed gehad wat sy soms gebruik het. Daar was ook ’n versie wat ek darem nog min of meer onthou, wat sy seker op skool in Sub A (graad 1) geleer het. Dit is in Hollands, want in daardie jare was dit nog Nederlands of Engels op skool en dit gaan, sover ek onthou, soos volg: Er waren twintig kikkertjesal in een watersloot,ze moes ze lesje leren,wat ze waren al te groot. Nou ja, my Hollands is maar karig, ek kan nie instaan...


<< 1 2 3 4 22 >>