Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet > Bokomo-brekfisbrief

Bokomo-brekfisbrief


<< 1 18 19 20 21 22 >>

Bokomo-brekfisbrief; 29/05/08: Karre op Corfu
Kleinboer - 2008-05-28
My broer was vir meer as 'n week op die Griekse eiland Corfu. Hy en sy vrou het 'n kar gehuur. Hy vra toe vir die Griekse vrou waar en hoe moet hulle die kar terughandig aan die einde van die vakansie. Die vrou sê hy moet die kar net op die lughawe se parkeerterrein los, en dit nie sluit nie, en die sleutels binne-in die kar onder die sonskerm indruk, waar die personeel dit later sal kry. "Is dit nie gevaarlik nie?" vra my broer (hy kom van Gauteng).Die Griekse vrou kyk hom puzzled...

Jou Welgevonden-wyne Sundowner-brief; 28 Mei, 2008: Te´sme, ate´sme en sielkunde
Chigurh - 2008-05-28
Neels,Vriend Melt plaas jou briewe so mooi bo-aan dat mens moet reageer, maar hierdie onderwerp is reeds goed deurtrap.My benadering verskil van die van Thomas en Klaas. Ek ervaar geen kloof of weerspreking tussen die skeppingsverhaal en evolusie nie. Dit is jammer dat gelowiges so 'n bohaai daaroor maak, want alhoewel dit streng gesproke steeds 'n teorie is, is bewyse vir die korrektheid daarvan legio. Gelowige ontkenners mag hul in dieselfde posisie as plat-aarde entoesiaste bevind wat eers tot...

Bokomo-brekfisbrief; 28/05/08: Jou kunsmis werk nie altyd so lekker op 'n ander tipe gras nie
Arno - 2008-05-27
Ai, al die geskrifte aan die mure wat almal in groener gras gebou is ... oom Daan en FW, en al die ander wat so aangaan oor die Ozzers dít en die Kiwi’s dát en die Pommies só en die Yanks sus:Ek is nou nie juis ervare as dit kom by die plekke waarna meeste ekspat-Saffers hulle wend by die horde nie; ek vermy maar daardie (bogenoemde) bestemmings van massa-leemte (die groteske gebrek aan kultuur), en behalwe vir 'n kuier of wat (en twee jaar in Engeland) kan ek my nie veel...

Bokomo-brekfisbrief; 27/05/08: Die Duitser, die hek en die ou Landrover
NAMIB - 2008-05-26
Doer uit die jare van die Duitse regering in ons land, het van die ou Schutztruppe besluit om eerder in die land aan te bly as om terug te gaan Duitsland toe [ons woestyn het steeds hierdie effek op meeste mense] en het plaasgrond by die regering aangekoop om daarop te gaan boer. So het oom Heinz se ou pappie hulle grond bekom en stelselmatig begin om 'n werkbare beesplaas uit te kap in die berge van die Khomas Hoogland. Drade is gespan, berg op en berg af. Alle pale en draadrolle is met behulp van...

Bokomo-brekfisbrief; 26/05/08: Aan Francois Williams: Die Kiwi-psige
Oom Daan - 2008-05-23
Die effek van inteling op die Kiwi-psige is redelik waarneembaar, so as jy dalk eendag (soos ek) gedwing word om NZ te besoek, kyk maar uit vir die volgende:Opgesoepte karre met groot uitlaatpype, 'spoilers' en 'whale tails': Die goed word deur besete tieners gery wat in die volksmond as 'boy racers' bekend staan. (Buiten vir Amerikaanse tieners is hulle die laagste vorm van lewe.) Jy sal dink jy is in Pretoria in die vroeë sewentigs – net sonder die kafees met die 'pinballs' op die sypaadjies.Graffiti:...

Bokomo-brekfisbrief; 25/05/08: Vroue wat hulle laat sny vir mans se ydelheid
Pierre van Niekerk - 2008-05-23
Ek sien die vrou nogal taamlik gereeld hier by ons in die winkelsentrum. Sy lyk “something 40”, altyd prim en proper aangetrek met so ʼn presiese stappie. Die kere wat sy naby was of by die teller gestaan het, sien ek daar is nie ʼn haartjie verkeerd nie. “Dirty thirty at a distance en sexy sixty within a meter.” Die gesiggoeters is dik aangeplak. Die kosse anderdag in die mandjie was soos vir ʼn tinktinkie: 2 wortels, 1 klein murgpampoen, 2 aartappels en koolsnipsels...

Bokomo-brekfisbrief; 24/05/08: Meerlust-katembas en eisbein by Diaz Tavern
Krokodil - 2008-05-23
Diaz Tavern. Bestaan die plek so wragtag nog? Party van die ouens het dit die Portugese ambassade gedoop. Jy kon tien jaar terug die allerverskriklikste chillisous daarso in wynbottelformaat vir R20 koop. Een van my mooiste herinneringe is Vrydae-middae saam met my grootste maat, Jimmy: katembas en eisbein by Diaz Tavern vir lunch en dan kuier-kuier oor die berg om sundownertyd by die Chapmanspeak Hotel Remy Martin saam met Costas te drink of soms anderkant om vir 'n paar vinniges by die Brass Bell...

Bokomo-brekfisbrief; 23/05/08: Hoe om met ʼn aartsbiskop vrinne te maak – ook vir jou, Afrikaan
oester - 2008-05-22
Ons redigeer hierdie weergawe ter wille van spasie: Jan Smuts-lughawe. Internasionale vertrekke. Laaste sekuriteitspunt voor jy hierdie land verlaat. Hier geld my woord, al is ek ʼn doodgewone man as ek op straat is. Hel, as ek terugdink aan al die strepe wat ons vir soveel mense getrek het, dan kry ek soms skaam. Ek onthou hoe die uitsondering-lugwaardinne nie rubber tools (dis nou die soort wat die manlike orgaan vervang) in hul bagasie gehad het nie. Veral die SAL girls het maar die rubberhulpmiddels...

Bokomo-brekfisbrief; 22/05/08: Kolonie ... en die ou Kolonie
Swys - 2008-05-21
Hallo, Kolonie!(Jou eerste naam is nie dalk "Olie" nie?) ;-)Toe jy die uitseensetting gegee het van die Boland en die noordelike en suidelike voorstede het ek daaraan gedink dat geografiese benaminge soms nogal vloeibaar kan wees. ("Vloeibaar", by wyse van spreke – niks met die brandewyngordyn te doen nie!)Toe ek jare gelede vanuit die Boland in Natal gaan werk het, was ek skoon verbaas om te ontdek wat húl interpretasie van "die Kaap" was. Die ouens het...

Bokomo-brekfisbrief; 21/05/08: Jesus
oester - 2008-05-20
Nee, nie Jesus wat vir so baie mense die weg tot saligheid is nie. Ivan Jesus. Vir sommige ook op sy manier ʼn weg tot ʼn sekere saligheid. Altans, toe hy nog in die posisie was. Ivan is rietskraal. En lank. Met lang hare net soos Jesus s'n op die prentjies. Maar iets wat Jesus nooit gehad het nie, altans, ek dink nie so nie, is tattoos. Oral op sy lyf, maar die belangrikste een is die een met die nommer op hier onder sy adamsappel. Aangebring soos ʼn regte strikdas. Want sien, Ivan het...

Bokomo-brekfisbrief; 20/05/08: Die leeus en die gat in die draad
NAMIB - 2008-05-19
So tussen die rooi son wat oor die Namib se woestynvloer sak, die lekker kameeldoringvuur wat knetter en 'n yskoue Suidwesbier in die hand, dan praat die manne mos stories wat hulle van doer ver se kant af gaan haal. Seg hierdie een ou oom met 'n glinster in sy oog dat sy plaas grens aan die Etosha-wildtuin doer noord van Outjo. Nou is dit so dat 'n leeu wat anderkant die draad sy blyplek het en hy doen 'window shopping' al teen die draad af en sien al die lekker sawwe, stadige beeste van die boer,...

Bokomo-brekfisbrief; 19/05/08: Ratatouille en Wallenaar: Amsterdam
Afrikaan - 2008-05-16
Julle manne wat waardering vir die rooiligdistrik :-) en Amsterdam in sy geheel het, sal weet dat dit ook een van die wêreldstede is wat jou lank kan besig hou. My vriende, wat al jare hier woon, ontdek nog gereeld nuwe dinge, wat al 100de jare hier is!Hier waar ek nou sit en skryf is ek vier meter onder seevlak. Hier kan seker 'n sondvloed in die kleine plaasvind, en dit kan die 300 coffee shops in 'n oogwink verwoes. Die rare ding met coffee shops is dat hulle wettiglik dagga mag verkoop,...

Bokomo-brekfisbrief; 18/05/08: Logika speel ʼn rol in geloofsake
Neels (Husky) Visser - 2008-05-16
Hi almal,Soos julle seker sal weet, is die eeue-oue stryd tussen goed en kwaad nog steeds aan die gang.Gelowiges en ongelowiges se argumente het net in naam verander.Slim wetenskaplikes is deesdae in hoofsaaklik twee kampe verdeel, sover dit die ontstaan van die heelal betref. Een groep glo basies dat daar ʼn Oerknal (Big-bang) was en dat alles daarna deur Evolusie (Darwinisme) verder gevorder het tot waar ons nou is. Hulle glo dus dat alles toevallig kon gebeur het. Die ander groep glo weer...

Bokomo-brekfisbrief; 17/05/08: Jy wil nie nou al kinders hê nie, Charl Linde
Anneke Barnard - 2008-05-16
Charl,Ek het lekker gelag en gefrons toe ek jou briefie lees. Nee ou, wag so tot anderkant 2010. Klink of jy heel oopkop is, so sou dit dan nou so per ongeluk gebeur, sou ek dink jy sal dit maak. Jy het darem nou al bietjie op die honde geoefen. Kinders grootmaak en opvoed is voorwaar ʼn tamaai verantwoordelikheid en jy moet borshare hê vir dié dinge. Na aanleiding van jou observasies kan ek vir jou bevestig dat ek ook baie observeer en het al menigmaal jongmense gesien met kleintjies...

Bokomo-brekfisbrief; 16/05/08: Soos Sol en Gobelet
Dementor, die digter - 2008-05-15


Bokomo-brekfisbrief; 15/05/08: Om kinders te kry – 'n ope vraag
Charl Linde - 2008-05-14
Party mense moet kinders hê, ander moet nooit eers daaraan dink nie. In watter groep val jy? En nog belangriker, in watter groep val ek? Daar is dinge wat vir jou ʼn vooruitskouing kan gee oor hoe jy as ouer sal optree. Ek kyk hiernaas na my eie oomblikke van waarheid. As honde party mense se kinders is, dan spreek my hantering van die dierasies boekdele oor my vermoë as ʼn toekomstige vader.My ouers is weg vir die langnaweek. Ek is opgekommandeer om na die honde in die huis te...

Bokomo-brekfisbrief; 15/05/08: Om kinders te kry – 'n ope vraag
Charl Linde - 2008-05-14
Party mense moet kinders hê, ander moet nooit eers daaraan dink nie. In watter groep val jy? En nog belangriker, in watter groep val ek? Daar is dinge wat vir jou ʼn vooruitskouing kan gee oor hoe jy as ouer sal optree. Ek kyk hiernaas na my eie oomblikke van waarheid. As honde party mense se kinders is, dan spreek my hantering van die dierasies boekdele oor my vermoë as ʼn toekomstige vader.My ouers is weg vir die langnaweek. Ek is opgekommandeer om na die honde in die huis te...

Bokomo-brekfisbrief; 14/05/08: The Dating Game: 'n middeljarige perspektief
Katryn - 2008-05-13
Nes geen mens by hul volle positiewe sou kies om homoseksueel of 'n Dopper te wees nie, sal niemand willens en wetend-wat-op-hulle-wag in hul middeljare skei en die 'dating scene' betree nie. So. Jy is geskei, met of sonder skrapnelwonde, met of sonder aanhangsels (die soort wat veeartseny- en/of skoolfondsrekeninge behels). Dis 'n gegewe dat jou bankbalans, of jy nou die klaer of die respondent was in jou saak, tot die droesem geledig is. Jy is derhalwe nou algeheel 'broke' en ook relatief brokenhearted,...

Bokomo-brekfisbrief; 13/05/08: Byname
Mahanaba - 2008-05-12
Kolonie hoor graag van byname. Nou ja, so byna dertig jaar gelede het elke standerd agt-outjie daarvan gedroom om met sy “fifty” te kom waar hy wou wees. Geen uitsondering in ons jaargroep wat daai jaar die rype ouderdom van sestien sou bereik nie. Die groep manne wat elke oggend met ʼn oorverdowende lawaai by die skool se hek ingery het, het stadig maar seker groter geword. Fifties kon nie vinniger of stadiger ry nie, alleen maar harder en sagter, want daar waar jy die petrol gereguleer...

Bokomo-brekfisbrief; 12/05/08: Nuusflits aan almal met oogklappe aan
Benna - 2008-05-11
Onlangs het ek so bietjie navorsing gedoen oor die aantal moorde per populasie. En omdat ek ʼn statisties-gedrewe persoon is, het ek dit nogal interessant gevind. Top 10 lande – Aantal moorde in 2007 (vanaf hoogste): Indië (37,170), Rusland (28,904), Colombië (26,539), Suid-Afrika (21,995), Mexico (13,829), VSA (12,658), Venezuela (8,022), Thailand (5,140), Oekraïne (4,418), Indonesië (2,204). Top 10 lande – Persentasie vermoor van totale bevolking in 2007,...

Bokomo-brekfisbrief; 11/05/08: Spesiaal vir Fransie van China
Observer - 2008-05-09
Ek was vandag skoon pootuit gewees;moes so baie van Fransie se briewe lees. Is die outjie dan nou so verveeldmet sy Chinese dames, uhm, effe onderbedeeld? Duidelik is die werksure heel kort in daardie land.Miskien moet hy bietjie verder blaai in die koeranten loer onder die kolom ... VAKANT. As ek die dag oopslaan en ek sien sy naam,dan hoes en proes ek en kan nie verstaan dat ʼn man met so baie tyd op hande,en nog koerante deursoek met sy tande, vir ons kom staan en mooitjies vertel, waar hy...

Bokomo-brekfisbrief; 10/05/08: Byname, vir Kolonie
Drommetjie - 2008-05-09
Liewe KolonieJy sal hierdie byname dalk funny vind: In 1971, toe die patriarg en ek altwee een jaar lank skoolgehou het in Johannesburg, is ons verplaas na die Hoëveldse Hoër Landbouskool op Morgenzon, Oos-Transvaal. Ons het altwee Engels gegee, en ek boonop nog sang en klasmusiek, biologie en aardrykskunde. As deel van my musiekklasse het ek ʼn A-klas seuns-kadetorkes afgerig. Daar is niks unieks aan nie, behalwe dat ek die enigste vroulike gekwalifiseerde Kapelmeester in Suid-Afrika...

Bokomo-brekfisbrief; 09/05/08: Help!!!!!! Ek is ʼn LitNet-verslaafde!
Vega - 2008-05-08
Meltie Smeltie-innie-montie, Ek het jou raad nodig! Laat ek by die begin begin. ʼn Rukkie terug (OK, lank terug) het my man rekenaarspeletjies ontdek, strategiese speletjies wat jou brein stimuleer en “baie goed is vir jou.”Dis ontspannend, hy wil tog ook bietjie wegkom van die stres en alles. Eers so ʼn uurtjie of wat. Toe die hele aand, toe die hele naweek en toe elke dag. Ek, wat nou nie wil neul nie, want ʼn neulende vrou is “soos ʼn druppende kraan” skryf...

Bokomo-brekfisbrief; 08/05/08: Melt se lagwekkende droom
Anneke Barnard - 2008-05-07
Ek kan nou vir jou ʼn paar verduidelikings vir jou droom gee en wat heel eerste in my gedagte kom is dat Kobus de Klerk vir jou sal verklaar dat dit ʼn teken van die eindtyd is.“Mense sal drome droom en gesigte sien.” WHA! My uitleg is egter dat jy op dié stadium in jou lewe besig is om na ander horisonne te kyk, maar nie ’n daadwerklike besluit kan neem nie. (Daarom dat die totempale heeltyd beweeg.) Die digteres vir wie jy baie respek het, is iemand in jou lewe...

Bokomo-brekfisbrief; 07/05/08: Boeke en skrywers, vir Doortjie van Delmas
Anita de Kock - 2008-05-06
Beste Doortjie Ek het jou brief aan prof Hambidge gelees en hoewel ek nie met haar kan meeding mbt tot literêre kennis nie (sal dit nie waag nie!) kan ek dalk, omdat ekself 'n byna fanatiese leser is, dalk 'n wenk of twee gee. Eerstens, jy hoef nie alleen te voel omdat jy ernstig en selektief lees nie; daar is baie mense wat dit doen. Tweedens, jy is reg; baie skrywers soos Maretha Maartens se werk word oor een kam geskeer en dis 'n groot jammerte. Jakoba Afrikaner was 'n uitstekende boek en...

Bokomo-brekfisbrief; 06/05/08: Kruger
Izak de Villiers - 2008-05-05
Die skielike veroordeling van Paul Kruger uit sekere oorde ... is dit maar deel van die sirkelgang van die geskiedskrywing en herskrywing: dat Hitler dalk in die toekoms 'n held kan word en Moeder Teresa 'n skynheilige skurk? Ek verbeel my dié prosesse het reeds effe begin? Oor Paul Kruger - My pa, 'n kampkind op Irene (waar die gesin klippe gekou het en 'n broertjie dood is), het altyd gesê: “Hulle het die ‘arme ou man’ (Oom Paul) oorsee gestuur om te gaan hulp soek....

Bokomo-brekfisbrief; 05/05/08: Joan Hambidge – die kritikus en die kanon
Chigurh - 2008-04-30
Beste Prof Hambidge, Eerstens 'n "disclaimer". Ek moet sommer hier aan die begin bieg dat ek 'n outodidak is, en soos dit met selfgeleerdes gaan, huldig mens soms wanopvattings met toenemende selfvertroue. Kennis van die onderwerp word maklik ondergeskik tot passie vir die onderwerp.U "Kwessies van kanonisering" het betrekking.Het die kritikus of literêre pryse enigsins die vermoë om 'n werk in die kanon in te olie of die deur toe te slaan? As die kritici aan genoeg...

Bokomo-brekfisbrief; 04/05/08: Ra Mavenster
oester - 2008-04-30
Dit is hoe die "gewone" mense hierdie man gegroet het. Omdat hy deur vensters gekyk het. Want sien, Mavenster het brille gedra (hy kyk deur vensters). Swartraam. Outyds. Ek onthou hoe Die Sir hom kom koebaai sê het toe Mavenster die paradys van Botswana gegroet het. "No, sir, I must go back." En Sir Seretse het verstaan. Mens moet mos maar teruggaan na jou wortels, al is die afskeid ook hoe hard. Ek onthou die breek in sy stem toe hy vir hierdie klong vertel: "Nee,...

Bokomo-brekfisbrief; 03/05/08: Swaeltjie, kuns kan ook onvoorspelbaar wees ...
Mike Olivier - 2008-04-30


Bokomo-brekfisbrief; 02/05/08: Kitsbanke en kasregisters
Anton B - 2008-04-30
... en nou vir iets heeltemal anders as my gewone klagtes oor die inkonsekwente behandeling van blankes, plaasmoorde of regstellende aksie.My eerste klagte is 'n versigtige een teenoor Hulle Wat Gehoorsaam Moet Word - die skoner geslag. Spesifiek hulle gedrag by kitsbanke. Die tou is lank en jy is haastig. Sy staan voor in die tou. Sy kry haar geld. Die masjien spoeg die strokie uit. Sy bestudeer die strokie in fyn besonderhede en jy kan sien hoe die wielietjies draai terwyl sy ʼn volledige...

Kitsbanke en kasregisters
Anton B - 2008-04-30
... en nou vir iets heeltemal anders as my gewone klagtes oor die inkonsekwente behandeling van blankes, plaasmoorde of regstellende aksie.My eerste klagte is 'n versigtige een teenoor Hulle Wat Gehoorsaam Moet Word, die skoner geslag. Spesifiek hulle gedrag by kitsbanke. Die tou is lank en jy is haastig. Sy staan voor in die tou. Sy kry haar geld. Die masjien spoeg die strokie uit. Sy bestudeer die strokie in fyn besonderhede en jy kan sien hoe die wielietjies draai terwyl sy ʼn volledige breinrekonsiliasie...

Bokomo-brekfisbrief; 01/05/08: Afrikaan se swart dikwiel
Bart Nel - 2008-04-30
'n Week gelede kom Afrikaan met 'n moerse spoed om die draai gejaag. Hy hang aan die swart dikwiel Raleigh en trap vir 'n vale terwyl sy hempspante agter hom wapper in die plattelandse oggendson.Die lewe is mooi.Hy vat die draai by die konsistorie en mis net-net die sypaadjie. In die verbygaan sing die wiele en braaf gil Afrikaan vir almal wat wil hoor: "Duitsland wys hóé met Holocaust se erflating!!!" voor hy al trappende buite hoorafstand is.'n Rustende Blou Makou skrik...


<< 1 18 19 20 21 22 >>