Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet > Bokomo-brekfisbrief

Bokomo-brekfisbrief


<< 1 2 3 4 22 >>

Bokomo-brekfisbrief; 15/04/2011: Oor Riana Scheepers
Douwlina du Plessis - 2011-04-14
Riana Scheepers ek dink niks minder van jou as voorheen oor jou gruwelike woord nie. Ag natuurlik is dit ’n vieslike woord en ek voel net soos jy daaroor, maar selfs vir my is dit in konteks net eenvoudig soms so snaaks. Per toeval is dit sommer spreektaal in sekere dele van die gemeenskap. Ekself moes nou die dag ingryp toe ’n boetie en sussie in die spreekkamer haaks raak oor die speelgoed wat ons voor in my spreekkamer verskaf. Die goedjies kan skaars praat en Sussie lispel nog maar...

Bokomo-brekfisbrief; 14/04/2011: En daar lê hy nou ...
Namib - 2011-04-13
Hierdie storie kon eintlik maar op enige van ons ou land se klein plekkies gebeur het. Oral kry jy mos hierdie besondere plaaslike karakters wat ’n groot invloed op hulle gemeenskap gehad het en so ’n man was Johannes Bok. Soos dit egter maar met almal van ons gaan, en sal gaan, hy kom op ’n oggend te sterwe en hy moet begrawe word en die's mos ’n groot gebeurtenis. Op die gehuggie was daar g’n predikant nie en hulle het op so ’n afstand beginne reël vir hulle...

Bokomo-brekfisbrief; 13/04/2011: So van waens gepraat
2011-04-12
Onlangs van die wa afgeval? Roep hokaai en kyk wat gebeur. Alvorens jy jouself optel, afstof en die wa probeer inhardloop oorweeg bietjie daardie wa. Hoekom, byvoorbeeld, is die vrag nie genoegsaam beveilig nie? Maar belangriker nog, waarheen donder die dekselse ding in elk geval? Daar’s verskeie waens. Die wa waarop die jellytot-volk hulle tans bevind, die “free-ride-wagon”, beweeg nie eers nie. Die wa staan onklaar in die teater van die lewe. Net die geverfde agtergrond word...

Bokomo-brekfisbrief; 12/04/2011: Die Valcro-fiasko
Perde-Wit-Dwergie-Bytjie - 2011-04-11
My naam is Valcro en ek is net agt wekies oud. Ek woon saam met my ouers in ’n kompleks. Ons posseëltuintjie met sy lekker plante is vir my soos die hemel, veral wanneer ek die groen goedjies so uitgrawe, dat jy net grond sien spat. My pappie is natuurlik nie daarmee beïndruk nie en ook nie as ek die hele grasperk vol sponsdorings los nie! My ou laventel-plassies is blykbaar ook nie gewild nie. Ons twee katte moet soms bontstaan en dit lyk soos ’n boksgeveg wanneer hulle my...

Bokomo-brekfisbrief; 11/04/2011: Voëlverskrikkers
Adriaan - 2011-04-08
My prediker my hoogleraar in fiksie het my gewaarsku teen vrypostige voëls wat op niksvermoedende koppe kom kak in die skadu & skuilte van bome & inbreek op die orde om nes te skop in ’n strooikop- vlieg voëls, loop & swem voëls gek(lik), dwaas, getik, in die bol gepik niksbeduidende raas voëls, aas & baas voëls klaar die heil by kerktorings ingewag, klaar gesuf voor selfbeheersde buddhas wat bid & bewe soos vet kerse...

Bokomo-brekfisbrief; 10/04/2011: Nog snaakse taal
2011-04-08
Ek het vandag uitgevind dat die Afrikaans vir ‘n mop, dweil is en ‘n tjop is ‘n kotelet. Gebruik enige iemand OOIT daardie snaakse woorde? Mooi woorde is rondomtalie en kakofonie en lelike woorde is trassie en tros. Ek moet sê dat die mense in die Noord-Kaap ‘n interessante en vreemde Afrikaans praat. Ek sal een van die dae skryf oor hulle snaakse uitdrukkings. Iets wat ek baie vreemd vind is as hulle van ‘n meisie praat as hom of syne. ‘n Vriendin van...

Bokomo-brekfisbrief; 09/04/2011: Moenie stoot nie – vir Riana Scheepers
Johan Smit - 2011-04-08


Bokomo-brekfisbrief; 08/04/2011: Groot vreugde!
Perdebytjie - 2011-04-07
Verlede week het die Swakoprivier afgekom en sy sandgevulde mond skoon gewas en uitgespoeg in die koue Atlantiese Oseaan. Laatmiddag toe ons vanaf Johannesburg in ons tweede tuisdorp aankom, het elke bekende wat ons raakloop, opgewonde vertel dat ons ’n draai by die rivier moet maak. Moeg van ons reis, het ons nie vreeslik aandag gegee nie, maar tog teen sononder gou rivier toe gery. Wat ’n lekkerte! Die oewer staan geparkeer met enige denkbare ding met wiele. Kameras flits en ’n...

Bokomo-brekfisbrief; 07/04/2011: Mooi tye
Gerrida - 2011-04-06
Gisteroggend werskaf ek hier in die pakkamer en hier kom ek af op Boeta se speelgoedwa waarmee hy kleintyd menige toktokkie, reëngogga, koringkriek, ruspes en selfs bosluise vervoer het. Die wa is agter aan die groen trekker gehaak en dan is paaie uitgery, gedreun en alleen-gesels. Anders as sy ander speelgoed het dié twee voertuie die toets van die tyd deurstaan, en wie weet, miskien kom daar nog eendag ’n nuwe klein witkoppie wat met hulle sal wil verder gaan. Maar waaraan ek...

Bokomo-brekfisbrief; 06/04/2011: Beleefd, honnekak en ’n randsnyer
HJ - 2011-04-05
Sommige van julle sal seker onthou van Beleefd. Dis nou my tuinier. Die een wat deur die Tante platgewetter was. Beleefd is soos die aanhef van die tien gebooie. Hy saai waar hy nie gemaai het nie. Hy is jaloers en ken nie sy mate nie. Jy sê vir hom maak so en hy maak anders. Wat jy haaks wil hê maak hy skeef. En wat jy in hobbels wil maak hy glad. Net hy ken sy kop. Sy enkele onderskeidende vaardigheid is dat hy nie luister nie. Maar met die dat ek nie belangstel om die geruigte wat...

Bokomo-brekfisbrief; 05/04/2011: Stomp
oester - 2011-04-04
Die ou mense het mos geglo aan ’n stomp. Nee, nie die soort wat jy in die vuur gooi of voor wie jy in jou onnoselheid neerkniel nie. ’n Stomp, man. Een vir jou kies. Ene wat jy direk by jou "slams"-kontak gekry het. Hy moes hom self bewerk het. Eintlik nie ’n stomp nie, meer ’n stokkie. Vir die kies. En as hy jou met ’n kombers en ander goete op ’n bad laat uitsweet het werk hy nog beter. Die badjie water met die sweet word mos weggeneem om jou te help. Jy moet...

Bokomo-brekfisbrief; 04/04/2011: Toegewyde rekenaars
CM - 2011-04-01


Bokomo-brekfisbrief; 03/04/2011: Donkiekarre doer in Kaokoveld
Namib - 2011-04-01
As daar nou een ryding in Afrika is wat 'n standbeeld verdien, dan is dit die donkiekar. Mense wat gerieflik lewe het nie 'n idee hóé belangrik so 'n donkiekar is vir 'n man en sy familie wat ver weg in die veld op 'n stuk grond bly en hulle moet ook maar in die dorp kom om te gaan kos koop en kinders by die skole kry nie. As 'n man dan ook so arm is, is die donkie baiekeer nie die groot probleem nie, want mamma- en pappadonkie maak darem vir jou uiteindelik trekdiere, maar...

Bokomo-brekfisbrief; 02/04/2011: Bruinbrood
oester - 2011-04-01
Hier in ons geweste is daar twee tipes bruinbrood. Soms, so sê die mense, was sommige manne liewer vir die bruin- as die witbrood. Loop steeds rond, in hierdie eeu van kwasi-verdraagsaamheid met die stigma wat aan hul kleef. Oor die brood. Die anner soort brood. Maar dan het jy die gewone brood. Die ene met die semels in. Die arm man se kos. Die stories loop mos dik oor hoe arm mense destyds was. Van die uitgetrapte skoene wat moes hou vir die tweede en derde kind en met gelap aan die...

Bokomo-brekfisbrief; 01/04/2011: Relieke afstof
Adriaan - 2011-03-31
Daar het jy nou jou susplek gekry. Een volmaakte handbreedte buite begrip. ’n Komma naas die repeterende res. Apart. Nie die kalbas waarin die sorghumbier hande wissel nie maar Afrikaans se heilige graal. ’n Reliek vir stof. ’n Mot weggeruk en vasgespeld, die oopgespalkte vlerke en nagapie-oë ’n strak masker agter glas. Ek kon sweer jy’t eens in ’n droom vir my gefluister dat gedigte soos blomme van die na-bye toekoms is handbestuif ... Binnekort sal...

Bokomo-brekfisbrief; 31/03/2011: Loopdop: Bella en die soeke na die lewe
HJ - 2011-03-30
Sit ek hier en onthou. Ek is geneig om sekere datums te onthou. Die bulhonde lê om my voete en gee nie om nie. Ek is stadig maar verseker besig om gekletter te raak. Dit is waarvoor hulle nie omgee nie. Honde doen dit. Hulle aanvaar jou. Met jou dinge. Sit en luister na klettermusiek. ’n Mengsel van klassiek en 60’s. Myse liefie het die pad gevat want sy reken sy kan dit nie aanskou nie. Dis miskien hoekom ek lief is vir haar. Sy vat my soos die bulhonde. Met skete en skeute...

Bokomo-brekfisbrief; 30/03/2011: Donkies die rus......
Namib - 2011-03-29
Hier bokant toe, so net so doer duskant Twyfelfontein se wêreld daar in Damaraland, op 'n Saterdagmiddag, ry die manne met hulle Cruiser op pad na êrens en kom by 'n toe plaashek aan en voor die hek staan 'n donkiekar met donkies en agterop lê die twee manne uitgepass en snork dat die aarde dreun. Hulle klim toe maar uit en skuif die donkies so eenkant toe, maak die hek oop en ry deur. Toe hulle egter die hek toemaak, toe kry die een ou die gedagte en hulle span die donkies soort...

Bokomo-brekfisbrief; 29/03/2011: Viniel
oester - 2011-03-28
As jy ooit iets met Oesterland of hierdie geweste te doen gehad het sal jy weet van Rob. Rob van Rooyen. As jy jou lewe of jou vrou s’n wou verseker het jy mos maar na Rob toe gekom. Hy het jou geken van jou eerste voorsaat af en het genoeg belang gestel om jou nageslag op hul naam te noem. Altyd beduie dat die kommissie wat hy verdien nie so baie is nie. En dit was nooit baie nie. Want lank voor makelaars verplig was om alles te openbaar het ou Rob vir jou elke sent beduie wat hy gaan verdien...

Bokomo-brekfisbrief; 28/03/2011: Doer in die Kaokoveld ...
Namib - 2011-03-25
Ou Willem kon sy dop gooi en hy kon hom vat ook. So haak hy daar by Welwitschia die dag vas en gaan aan't suie tot dit toemaakuur is en toe is hy in sy bakkie daar weg plaas toe ... maar hy ry omtrent alles raak en op die ou end trap die sersant van die dorp hom vas en vat hom eerstens hospitaal toe sodat hulle sy bloed kan trek om bewyse te kry. Die dokter trek sy bloed en sê grappenderwys: "Jinne Oom Willem, maar jy't meer alkohol as bloed!" Blitsvinnig: "Gee, dat ons drink!" So het hy...

Bokomo-brekfisbrief; 27/03/2011: Stagneer
Shantelle - 2011-03-25
Ek sit aan tafel by die skool-reünie. Almal om my spog met hul grade en avonture van ’n leeftyd, man van die soort wat jy net van lees in daai adventure magazines op die CAN-rakkie. Dit voel asof my keel toetrek en die wynfontein lyk nou heeltemal te vêr van waar ek sit. Ek is nou maar net die vaal vervelige mannetjie wat op skool gematrikuleer het, nooit gaan studeer het nie, maar sommer dadelik begin werk het. Ek was net vir ’n jaar oorsee want ek het my geldjies soos ’n...

Bokomo-brekfisbrief; 26/03/2011: Loutere dwaasheid?
Johannes Comestor - 2011-03-25
Zero het soggens met haar Tata werk toe gegaan. In die biblioteek het sy agter die skerms verdwyn. As jy in ’n biblioteek werk, so is gesê, moet jy lief vir mense wees. Sy was nie. Sy was lief vir boeke. By die werk het masjiene al hoe meer die pret bederf. Sy het nie van woorde op skerms gehou nie. So kan ’n mens brokkies inligting naslaan, maar om intens te lees, moet dit gedrukte teks wees. By die werk en tuis het sy meelewend gelees. Sy het sonder televisie en met min meubels...

Bokomo-brekfisbrief; 25/03/2011: Die trein en die skouhaan
Namib - 2011-03-24
Wie van julle ken van treinry in ou Suidwesterland? Dis nou in die jare vóór die mensdom vir mekaar kwaad geword het en die goeie GE-diesels geruil is vir Sjinese drek wat meer staan as loop? Die treindienste was mos maar fyn uitgewerk vir effektiwiteit en as jy vroeg saans op 'n trein in Swakopmund klim, dan klim jy vroegoggend in Windhoek af. So ook van die Suide se kant af. Vroegaand by Mariental en vroegoggend in Windhoek. Vir naweek hou, of sportgebeurtenisse was dit natuurlik...

Bokomo-brekfisbrief; 24/03/2011: Meidjie
Adriaan - 2011-03-23
Tyd se gang het van jou ’n winkelhaak gemaak. Jou agterkleindogter Neleha was net te laat vir jou slaaptydstories. Deur die geslagte heen het ons jou oë verloor. Jou agterkleinseun Armandt se oë kan amper praat as sy wenkbroue die woorde so teen sy voorkop plooi. Maar jou oë Helena het soos ’n Hoëveldstorm die hart se aardskuddende bliksems gegee. Miskien het die oorlog se bomfabrieke ons van meer as jou vlegsels geroof, ons met dieper letsels gelaat as net jou...

Bokomo-brekfisbrief; 23/03/2011: Hoender-staking (Loftus se geheim)
Yuri - 2011-03-22
Die Clydesdale-gemeenskap, wat bekend staan as The Village in the City, is in rep en roer. Vir die wat weet, is dit die woonbuurt regoor Loftus. Jy kan van Loftus se eetplek ‘n been oor Kirkness-straat gooi en jou hond daarmee voer. Die roeringe in Clydesdale gaan oor die Bulls se twee agtereenvolgende neerlae. Nou volgens mite en feite is die dun lugdruk van die Hoëveld klaarblyklik die Bulls se bondgenoot. Maar daar is manne in lang jasse, donkerbrille en hoede wat in Clydesdale...

Bokomo-brekfisbrief; 22/03/2011: Vir Jan Maarschalk oor die boekeredakteur en sommer ‘n breinboelie
Jan Rap - 2011-03-18
Beste Jan My skoonpa het altyd gesê die Transvaal is tweekeer binnegeval; die eerste keer deur die Engelse en die tweede keer deur die Kaap (laasgenoemde nou verwysende na die koerantwese). Ek stem saam met hom, ek sou dit net meer spesifiek maak deur te sê die tweede keer weer deur die Engelse via die Kaapse Afrikaanse koerante. Ek is bly ek is in goeie geselskap, naamlik dr G D Scholtz s’n want Dawie se stories is soos Max du Preez s’n; dit maak jou so die moer in...

Bokomo-brekfisbrief; 21/03/2011: Vir Wouter oor dialekte en aksente
Angus - 2011-03-18
Beste Wouter Waarom verskil Australiese Engels van Nieu-Seelandse Engels? Waarom verskil dit van die Engels (of is dit al Amerikaans?) wat in die VSA gepraat word? En dit verskil weer van Suid-Afrikaanse Engels. Daar bestaan so iets soos Stellenbosse Engels (soos bv gepraat deur Jan Smuts). Prof Higgins kon vir Liza Doolittle presies sê waar sy vandaan kom. Transvalers sê “My mo en po koak lekker kos,” en as ’n Kapenaar bry-praat, sal ek hom nie verwar met iemand wat...

Bokomo-brekfisbrief; 20/03/2011: Motorfiets deur Afrika
Jan Maarschalk - 2011-03-18
Karin se Brekfisbrief oor haar motorfietsrit deur Afrika, laat my nostalgies terugdink aan my sentraal-Afrika-dae veel langer gelede. Dit was Mau-Mautyd (1954 -6), 6000 Afrikaners, drie NG-gemeentes, Van Riebeeck-skool in Thomson's Falls (nou Kwa-Uhuru) en Arusha (toe Tanganyika). Ek het vir Thomson's Falls (Die Valle) se 1ste rugbyspan gespeel (daar was net een span!). Jaarliks het Thomson's Falls teen Arusha gespeel. Een jaar pak Die Valle se mense Vrydagmiddag op en ry al wat leef en beef...

Bokomo-brekfisbrief; 19/03/2011: Jan Rap en die taal wat ons praat
Vega - 2011-03-18
Ek het ook die RSG-program geluister waar die een dame so Engels tussen die Afrikaans gepraat het. Dit klink vir my aaklig wanneer mense so oor die radio praat. En tog meng ek self my taal en kan nie ’n rede gee waarom ek dit doen nie, behalwe dat ek 15 jaar by ’n Engelse skool gewerk het. Daar is dinge wat ek nie so lekker in Afrikaans kan sê nie en ander woorde wat mens nie na Engels kan vertaal nie. Jy sal dalk ’n hartaanval kry as jy by my huis moet kuier wanneer ons familie...

Bokomo-brekfisbrief; 18/03/2011: w(RR)oema!
Karin - 2011-03-17
Op ouderdom 40 was ek Oppikoppi toe (vir die eerste keer) ... nou, op 45 saal ek toe weer ’n wilde perd op ... ’n wilde ysterperd om presies te wees (BMW 650 GS ... nou al ’n paar duike ryker en een flikker en spieëltjie armer). Ietsie in kort oor my epiese toer deur Afrika – 2000 km later en ek was behoorlik vodde! Let wel, ek het die ding gekoop en die volgende dag opgeklim en gery (darem met ’n leerlinglisensie). Nogal stresvol (understatement) om ’n 200...

Bokomo-brekfisbrief; 17/03/2011: Arm dae
Namib - 2011-03-16
Die ou vertel vir my van die ou dae doer in die Kaokoveld toe almal mos maar vrek arm was en daar nie geld was vir luukses nie ... ook nie vir dinge wat dalk vandag as noodsaaklik beskou word nie. So sit die twee ou broers, beide wewenaars, op die winkel se stoep en hulle het ’n lekker vetrug stuk biltong in die hande gekry. Nou sit die een man met sy Joseph Rogers en hy kerf netjiese skyfies en die gee hy aan vir sy broer want die het valstande in en hy kou behaaglik. So vyf skyfies later,...

Bokomo-brekfisbrief; 16/03/2011: Paradys!
Perdebytjie - 2011-03-15
Verlede week was ek in die Paradys … die Okavango-moeras. Dis een van die ongelooflikste plekke op aarde en ek dink enige mens wat dit beleef het, se siel is driedubbel verryk daardeur. Ons eerste verblyf was op Duba Plains, waarheen ons vanaf Maun gevlieg het. Die vlug was redelik stabiel, in ’n tien sitplek “Caravan”, maar die landing was rof. Ons het net na ’n harde reënbui op ’n grond-aanloopbaan neergeplons, deur poele gejaag, met modderwater wat soos...

Bokomo-brekfisbrief; 15/03/2011: ’n Surrealistiese gim-gesprek
Anton B - 2011-03-14
Ek swoeg kreunend, as deel van my reeds-verlore en futiele stryd teen die vetsug, op die been-boudmasjien by die Virgin Active. Een van my mede-oefenaars, wat ek gereeld daar sien, sien dat ek ’n Vrystaat-hempie dra. My gespreksgenoot is kort en dra ’n brilletjie. Ek het hom al voorheen ook by die Standard Bank hier naby ons gesien. Hy is heel vriendelik en begin uit die bloute met my gesels. Ek het om ook al voorheen gesprekke sien voer met ander lede van die Virgin Active. Duidelik...

Bokomo-brekfisbrief; 15/03/2011: ’n Surrealistiese gym-gesprek
Anton B - 2011-03-14
Ek swoeg kreunend, as deel van my reeds-verlore en futiele stryd teen die vetsug, op die been-boudmasjien by die Virgin Active. Een van my mede-oefenaars, wat ek gereeld daar sien, sien dat ek ’n Vrystaat-hempie dra. My gespreksgenoot is kort en dra ’n brilletjie. Ek het hom al voorheen ook by die Standard Bank hier naby ons gesien. Hy is heel vriendelik en begin uit die bloute met my gesels. Ek het om ook al voorheen gesprekke sien voer met ander lede van die Virgin Active. Duidelik...

Bokomo-brekfisbrief; 14/03/2011: Skielik raak ons Stihl
Adriaan - 2011-03-11
Vrydag vertel ’n man my dat ek sy planeet besoedel. Dit breek sy hart om “groen mense” te sien rook. Ek word daar en dan sommer gedruk om die tweede gebod te resiteer. Julle sien, om myself lief te he is waar my probleme begin. Ek vra hom wat hy doen en dit kom uit dat hy werkloos is maar in diens van die Here. En daar sit ek by die Nasionale Boom Ekspo omring deur my kratte vol boomsaailinge en bewe van die woede. Ek bly eers ordentlik. Ek kyk hoeveel kamele ek kan eet voor my...

Bokomo-brekfisbrief; 13/03/2011: John Stuart Mill: Goeie opvoedkundige saad ontkiem
Johannes Comestor - 2011-03-11
John Stuart Mill (1806-1873) was die oudste seun van die Skotse filosoof James Mill (1773-1836). Albei het Jeremy Bentham (1748-1832) se utilitarianisme uitgebou. Daarvolgens behoort ’n indiwidu altyd op so ’n manier te handel dat dit die grootste mate van geluk vir die grootste getal mense meebring. John Stuart Mill het dit met "binne redelike perke" gekwalifiseer. Hy het Harriet Taylor (1807-1858) in 1830 ontmoet. Haar eerste man, John Taylor, is in 1849 oorlede. In 1851 is sy met...

Bokomo-brekfisbrief; 12/03/2011: Ou briewe
Faansie - 2011-03-11
Die afgelope naweek toe die familie weer bymekaar was dink ek toe weer aan dié storie. Op ’n stadium, so ’n paar jaar gelede, kom ek af op n pak briewe wat dateer uit 1970/71 uit. Ek was in die army en twee van my broers op skoolkoshuis en ons het heelwat briewe verwissel destyds. Toe sit ek die briewe in datum volgorde en begin lees. Party kon ek nie in volgorde sit volgens datum nie want my jonger broer het nie altyd sy briewe dateer nie. Maar ek het my by die dood gelag....

Bokomo-brekfisbrief; 11/03/2011: Rigtingbedonderde Lafras
Lynt - 2011-03-10
Dit was nou vir my interessant om van jou ervaring te lees. Ek het presies dieselfde ondervind so paar jaar terug in die einste Parys. My man was hopeloos verward met al die boulevards en kon glad nie wis of hy hom nou eintlik aan die linker-of-regterkant van die Seine bevind nie! Hier plaaslik weet hy gewoonlik instinktief waar hy moet heen. Sal nou nie my eie sin vir rigting hopeloos noem hier ter plaatse nie, maar dit was voorwaar ook asof iets net ingeskop het in die Noordelike halfrond wat my...

Bokomo-brekfisbrief; 10/03/2011: As ’n man die slag Republiek toe gaan ...
Namib - 2011-03-09
Hier by ons langs praat die mense mos nie van Suid-Afrika nie, nee, dis die Republiek. Die teerpaaie wat deesdae so reguit deurloop, het ook nie vir altyd bestaan nie. Daar was tye wat die mense van Suidwes eerder hulle karre op die trein gelaai het tot by Britstown en vandaar af die Republiek gekuier tot hulle dan weer by die terugkomslag weer die kar op die trein laai. Maar as ’n man dan nou meer in die Suide van ons land boer, dan is jy darem self ver weg van die spoorlyne af en al wat jy...

Bokomo-brekfisbrief; 09/03/2011: Díe meisie is hupse ding
HJ - 2011-03-08
Haar naam is Afrikaans. ’n Mooie meisie. Sag op die oor en ... Sy is jonk nog. Haar Pa en Ma was Hollanders en sy is as ’n probleemkind beskou. Sy is dikwels ’n “kombuiskind” genoem. Haar familie is deesdae darem lief vir haar. Haar groot- en oerouers was Wes-Germane. Sy het vroeg reeds rooi hakskeentjies gekry en het ’n hele paar minnaars gehad. Wyl sy meesal Hollanders gevry het, het sy ook skelm verkeer met ’n Maleier, Portugees, Engelsman, Duitser en...

Bokomo-brekfisbrief; 08/03/2011: Vrugte steel en die gevolge ...
Namib - 2011-03-07
Op een van ons noordedorpe was daar die ou onderwyser wat baie lief was vir tuinmaak en sy vrugtebome wat sy werf volgestaan het, was sy trots. Hy het hulle reg en gereeld gesnoei en as die weer te straf vir hulle was, dan het hy net omgetrek om sy bome te beskerm. Die vrugte wat hy in hierdie droogteland van ons gekweek het, was ongelooflik mooi, baie soet en lekker. Sy vrugteboord was natuurlik soos ’n magneet vir die koshuisbrakke van die plaaslike hoërskool. Hy het nog uitstekende...

Bokomo-brekfisbrief; 07/03/2011: Voete (weereens) (L)
oester - 2011-03-04
Ons sit en gesels oor Voete en soos ons gesels so kom die onthou weer terug. Want met die tyd saam vervaag dinge mos en sit mens soms, as jy na my Geliefde Blou Dam sit en kyk met ’n varse glimlag sonder om regtig te besef hoekom jy glimlag. Want niemand praat van ou Voete sonder ’n glimlag op sy gesig nie. Ek het al tot vervelens toe gepraat oor Voete, die legende van Witsand, en, soos dit mos met legendes gaan raak die stories nooit op nie, hulle raak net beter. Hierdie het egter werklik...

Bokomo-brekfisbrief; 06/03/2011: Ken julle van warm kry?
Namib - 2011-03-04
As 'n mens hier by ons warm kry, dan kry jy sommer rondom warm! In die Kaokoveld raak dinge mos sommer maklik oor die 50ºC en as die wind ook nog stilsaaan, dan ly jy. Genadiglik is dit 'n droë hitte en verdamp hy ook weer die sweet en kan jy hom vat, soort van. Tot laat in die mirrag as die westekant se windjie van die kus se kant kom oorstoot, dan's hy weer só lekker jy vergeet gou weer van die dag se brand. Hierdie oom en antie het so 'n vet worshond gehad wat maar swaar gekry...

Bokomo-brekfisbrief; 05/03/2011: Suiwer taal vir Jan Rap
Angus - 2011-03-04
Beste Jan Rap Ek hou nog vol: Afrikaans met ’n Engelse aksent is nie Afrikaans nie. ’n Persoon mag dalk grammatikaal korrek praat, maar enige aksent verbreek kommunikasie tot ’n sekere mate. Engels het ’n verbasende invloed op Afrikaans – meer, baie meer as wat selfs die Afrikaanssprekende, wat spog dat hy suiwer Afrikaans praat, dink. Jy het dit teen Engelse woorde wat in Afrikaans gebruik word. Jy bedoel seker dat iemand sommer ’n oorkonkel behoort te kry as...

Bokomo-brekfisbrief; 04/03/2011: Van sterk mense en hulle dinge ...
Namib - 2011-03-03
Nou die dag reken ’n jongerige toeris met groot arms en ’n baie nou T-hemp vir my op Swakopmund by ’n diensstasie dat hy eintlik baie teleurgesteld is in die Van Zyl's-pas in die Kaokoveld en was dit maklik om die ding af te ry, hy had sommer lus en ry hom sommer uit ook. Weet glo nie waaroor al die “hype” gaan nie. Toe ek hom vra of hy die pas sal aanvat in 2x4, toe reken hy vir my ek is seker laf? Hoekom sal hy dit wil doen? Ek sê toe vir hom dat die mense van...

Bokomo-brekfisbrief; 03/03/2011: Niekie van den Bergh …
Jan Rap - 2011-03-02
… het op ‘n kol ‘n briljante voorstel gehad; hy het gesê Afrikaners moet Engels in die Skotse aksent leer. Voer Skotse onnies in of stuur van ons onderwysers in die vak Engels soontoe of so-iets sodat ons uiteindelik hier, as ons Engels praat, met ‘n Skotse aksent praat. Sal dit nou nie oulik wees nie? Opgelos is dan daardie probleem van die snaakse Engelse “r” wat in Afrikaans pas soos varkstront op ‘n toebroodjie. Luister maar na daardie aanbieders...

Bokomo-brekfisbrief; 02/03/2011: Volkswagen Kombi
oester - 2011-03-01
Vertel P vir my van die dag toe hy by sy voertuig kom, en ek weet regtig nie of hy besig was om net nog ’n stadslegende te begin nie: Want P ry ’n voertuig wat gesog is waar dit die vervoer van massas mense aanbetref: Volkswagen Kombi. Sonder tekkies maar steeds ’n kombi. Hy beduie vir my dat hy moes in by ABSA (dit kon FNB of enige van die ander skelm banke ook wees) vir ’n transaksie. Wat uitgedraai het op ’n uur of twee se staan en sit by mense wat nie wil of kan...

Bokomo-brekfisbrief; 28/02/2011: Delwery
oester - 2011-02-25
Oom S is ’n legende in sy geweste. Om verskeie redes waarop ons nie in detail gaan ingaan nie. Een van die redes egter is dat hy ken van die vroulike viagra: diamante. Hy het grootgeword as ’n delwerskind en ek het ’n vermoede sy pa en die se pa ook. Kan sommer so met gevoel vir jou sê waar om te loop grawe as jy die vrou wil laat glimlag. Oom S kom hou mos maar hier vakansie elke jaar. Eers gekamp en later erf gekoop en self huis gebou. So kom die spul smokkelaars hier...

Bokomo-brekfisbrief; 27/02/2011: Maar Jaco ...
Jan Rap - 2011-02-25
... dis ‘n feit! Die feit dat daar elf amptelike tale is, is ‘n grap. Jare gelede, met ‘n politieke gestryery gedurende ‘n braai (wat is nuut?) op ‘n vriend se plaas, en waar ek weer die enigste sogenaamde verkrampte was, het ek gesê dat, sou die nuwe bedeling realiseer, Afrikaans geteiken gaan word en definitief gaan verdwyn as amptelike taal. Hoe anders, ‘n swart regering sal mos nooit Afrikaans as amptelike taal wil hê nie. Die ouens en hulle vrouens...

Bokomo-brekfisbrief; 26/02/2011: Englikaaps
FB - 2011-02-25
Ek het verlede week ’n wyle in die Kaap deurgebring. Ek was die meeste van die tyd by ’n paar kampusse en spesifiek die Universiteit van die Wes-Kaap gewees. Aangesien ons so rukkie gelede ’n indiepte gesprek oor Afrikaaps op SêNet gevoer het, het ek nogal my oor op die grond gehou om so bietjie van hierdie unieke dialek te hore te kry. Groot was my verbasing om bykans nêrens eers ’n Afrikaanse woord te hoor nie. Ek het geen probleem om in Engels te kommunikeer...

Bokomo-brekfisbrief; 25/02/2011: heita
Jacobus Faasen - 2011-02-24
sonner’m koddig, snaaks te wees, t’leef, vitaliseer, t’probeer Leef, ‘s ’n groot Saak, Geskied’nis, kort storie oor ’n lang Storie, vrae, veel meer as antwoorde Mens se rot-resies, toeg’wydheid, aan b’reidheid, Self so prys t’gee, uiters domnooslik, ongeërg, dikvellig, koelbloedig, immoreel, onpatrioties, “Duiwelspiek”-georiënteerd, stip, onkunde-ontkenningsvererend, in Azania se amnesia-akademies, lofprysinge...


<< 1 2 3 4 22 >>