Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Ongepubliseerde digters

Kompetisie


Antoinette Klein - 2011-03-09

toe ek honger was
het jy suiwer woorde
in my bord kom skep

toe ek alleen was
het jy saam met my
op die strand gaan loop

met die sak van die son
en die opkoms van die maan
in verbyvlug
die voëls na hul neste
vir oulaas in die skemerte
sien gaan

toe dit koud was
en klappertand my lyf aanraak
het jy hout
met ’n byl gekloof
en in die kaggel vir ons
’n vuur brandgemaak

veel later
vir my van jou verse gesê
my lyf gereed
vir jou geblom
toe jy versigtig
jou arms rondom
teen my lyf kom lê
en sag gevra
of jy daarin mag kom 










Klik hier vir die kompetisie-besonderhede