Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

My fantasie-kompetisie: Japannese fees


Charles Barnard - 2011-03-09

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Die Japannese vrou het orent op ’n kussing op die grond gesit. Haar lang swart hare was bo-op haar kop gebondel en vasgesteek met ’n Kanzasji-haarpen. Sy het haar hande agter haar rug vasgehou en haar linkerbeen was voor haar uitgestrek. Die regterbeen was in ’n regte hoek met die linkerbeen langs haar liggaam gebuig en haar mik was oopgesper. Haar poes was haarloos en glad.

Die mans, wat in ’n nou sirkel om haar geposisioneer was, het hulle gulpe afgetrek en hul penisse uitgehaal. Sommige het reeds tekens van ereksie getoon. Almal het begin om hulself met die hand op te werk. Ek het die vrou se liggaam skaamteloos van kop tot tone met my oë begin verken terwyl ek stadig my glans tussen duim en wysvinger gevryf het. Sy het ’n gladde vel gehad en al die dele van haar lyf was mooi en in goeie proporsie met mekaar. Haar vingers en tone was lank en slank. Haar tiete was klein en ferm, maar met pertinente tepels en groot, donker areolas. Die haarlose poesie en klein tiete het ’n byna adolessente indruk geskep alhoewel sy in haar middel twintigs was. Ek het haar oog gevang en sy het skaam geglimlag en haar kop laat sak. Teen dié tyd was my piel mooi groot en hard en ek kon sien dié van die ander mans ook. Langs my was ’n welgeskape Japannese besigheidsman met ’n spesifieke volronde glans alreeds besig om homself tot naby orgasme te dryf met kort, vinnige bewegings wat net op sy glans fokus.

Aangesien ek verkies om nader na die einde van die ritueel te kom, het ek besluit om vir ’n paar minute net my gladgeskeerde balle te masseer en hulle af en toe ferm na onder te trek tot dit seergemaak het. Terwyl ek dit doen, het die vrou koketterig na my gekyk en haar regterwenkbrou gelig. Presies op daardie stadium kon die vinnige sakeman langs my dit nie meer hou nie en skiet ’n skoot saad wat op die vrou se voorkop tereg kom en oor die geligte wenkbrou drup. Daarna het nog meer van die manne in sarsies gekom. Twee of drie het op haar tiete gekom, een op haar regtervoet en tone, maar verreweg die meeste het in haar gesig gekom. Een ook in haar hare. Op dié stadium het ek my piel met lang hale van die glans tot aan die end van die skag begin afwerk met my blik gefokus op haar gladde, haarlose poes. Die binnelippe het effens uitgepeul na buite, nou merkbaar klam en geswolle. Ek het effens vorentoe beweeg om nader aan haar te kom en toe drie sterk skote en twee kleineres oor haar mond en lippe geskiet. Sy het eweneens vorentoe gekom en toe die laaste saad van my geswolle glans gesuig-lek terwyl sy my dié keer stip en hovaardig in die oë gekyk het.

Daarna het ’n paar ouerige vrouens met skottels water en wasdoeke ingeskuifel gekom. Hulle het elke man se penis sorgsaam gewas en met ’n doek afgedroog. Die water het na jasmyn geruik.

Ek het uitgestap in die kleurvolheid van die jaarlikse Gion-fees in Kioto. ’n Rooi Hoko-vlot met ’n goue feniks het verby my beweeg. In die verbygaan het ’n groep jong vroue in somer-kimono’s skalks vir my geglimlag en my ’n papierwaaier aangebied om die hitte te verdryf.


 

• Klik hier vir die kompetisie-besonderhede.

• Lees nog kompetisie-inskrywings hier.