Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans > Ongepubliseerde skrywers

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Geveg


RS Mostert - 2011-03-09

Geveg

Op die hoek van Langstraat, waar staal en beton op die blikke en barse frons, veg ’n kappertjie die dapper stryd. Krygend teen die rook wat om die hoeke brul, buig sy heen en weer tot ’n onbewuste skoensool finaal ’n einde aan haar lyding bring. Daar waar sy eers een van duisende was tot vooruitgang alles kom verbeter het.