Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Ongepubliseerde digters

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Sal ons?


Marie Cloete - 2011-03-09

Sal ons?

Sal ek en jy
én jy
Wat in dié sonland bly
Besef ons erfenis is raar
En stry om alles te bewaar:
Hetsy boom of voël of dier
Sodat oorlewing hier kan seëvier?
Dan sal ek en jy
én jy
Wat in dié sonland bly
Weet ’n droom word rêrig waar.