Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > SeminaarKamer | Seminar Room > Afrikaans > Miniseminare

Die oplossing is eenvoudig


Paul C Venter - 2011-03-08

Kom ons hou op gorrel oor Media24 se one and only boekeredakteur. Die oplossing is eenvoudig: alle Afrikaanse skrywers staan saam en boikot Media24. Hulle kry nie meer ons boeke om te resenseer nie (kom ons sien hoe werk 'n nasionale boekeblad waarin daar geen resensies oor Afrikaanse boeke is nie) en ons koop nie 'n koerant of ander publikasie van Media24 nie. Dan dóén ons iets, mense!

Paul C Venter 

 

<< Terug na die “Een boekeredakteur”-miniseminaar <<