Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Ongepubliseerde digters

Kompetisie: Poppalap


Roual Deetlefs - 2011-03-08

Poppalap

Poppalap
My kammakind
Pappaslak
Kon jou nie vind
En die lappiesbers
Wat die nelgies maak
So suutjies siek
Wil traantjies maak
En lappapop
My kinnekant
Weg is jy
In die winde-land
En poppakind
Ek sal jou vind
In ’n goue kis
... waar Mamma is ...

 






Klik hier vir die kompetisie-besonderhede