Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Ongepubliseerde digters

Kompetisie: liefde soene harte sterre duiwe blomme mooi oë lippe drukkies sag bemin voel ewig lief


Frederik de Jager - 2011-03-08

liefde soene harte sterre duiwe blomme mooi oë lippe drukkies sag bemin voel ewig lief

Hier is vir jou ’n gedig maar jy weet die L-woord is ’n oortreding.
Want ons bedryf het te maak met die versinkte pomp wat maar net skop
om meer bloed na ons versteekte kop te jaag. Saans staan ons verstar
onder swyspunte wat aan die heelal vreet; ek sien gate in jou gesig – jy’s God se konka! –
wat ek net toe wil stop. Ons maak saad maar dit bloei nie en dit vrug nie, so sluit
ons die siklus kort. En watter saak maak dit? Ons word hard en ek weet nou
dat ek jou méér kan maak en steeds geen el by jou lengte voeg, maar tog.









Klik hier vir die kompetisie-besonderhede