Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Ongepubliseerde digters

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Simba


Tilla Diedericks - 2011-03-08

Simba

Statig stap hy deur die bome,
die maanhare welig
om die trotse gesig,
die geel oë rustig.

By die watergat heers daar stilte –
’n voëltjie tjirp kordaat op die wal.
Hy suip rustig tonge vol water,
skud ’n nat poot af.

’n Oomblik staan hy peinsend
draai dan om
knik sy kop asof in ’n buiging
en stap langsaam
die groen bos in.