Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > SeminaarKamer | Seminar Room > Nuusbrief: Vrye Woord

Die ANC se aanslag op skrif – 02/03/2011: Why the Protection of Information bill should err in favour of transparency over classification


2011-03-07

02.03.2011

Why the Protection of Information bill should err in favour of transparency over classification

Adv Nikki de Havilland
Centre for Constitutional Rights

Excerpts

The Protection of Information Bill currently being considered by Parliament aims to protect sensitive state information by providing for a system of classification and declassification. It is an extremely important piece of legislation, as the existing legislative framework which governs the protection of sensitive information emanates from the apartheid era where secrecy was the norm and parliamentary sovereignty trumped constitutional supremacy. It is thus essential that the final version approved by the Ad Hoc Committee is constitutionally compliant.  If not, the Bill will certainly be challenged in the Constitutional Court since in its present form, it carries the danger of making serious inroads on an open, accountable and democratic order.

Although the Committee has made many concessions regarding the Bill during its deliberations, consensus has not been reached on critical areas which, if left unchanged, will render the Bill unconstitutional. These include the draconian penalties for disclosing classified information, the absence of a public interest defence, the appointment of an independent review body, the reviewing powers of the Courts and the application of the Bill to all organs of state. Much of the continuing public debate and criticism has focussed on the first three issues and the over-broad reach of the Bill has been largely overlooked.

At the heart of the debate are the competing interests of promoting access to information, whilst simultaneously barring access to sensitive information. The central question which thus arises is to what extent will a limitation on the right to access of information pass constitutional muster?

The preamble of our Constitution lays the basis for an open and democratic society in which the government is based on the will of the people. It therefore asserts the right of all citizens to access to information about the activities of the government so that they may both participate in governance and hold the government of the day accountable. In short, the will of the people can not be heard or known if the people are smothered in ignorance about the affairs of government. Most important, section one of the Constitution prescribes open and accountable governance as a foundational value. In addition, the Bill of Rights expressly guarantees the right of citizens to access to information. Transparency is thus the cornerstone of our new democratic order.  What is more, it is also the leitmotif of the Bill of Rights since an individual cannot exercise a right in the Bill of rights unless there is transparent governance. Thus for example, the right to claim basic education is premised upon access to educational policies and practices; the right to make political choices presupposes access to governmental policy, government tenders and service delivery contracts. In addition, transparency is also expressly and implicitly repeated throughout the entire Constitution. It is expressly provided for in the provisions governing co-operative governance and intergovernmental relations. It is also asserted in the provisions governing the conduct of Parliament, the National Assembly, the National Council of Provinces, Provinces and the Public Administration.  The question of transparency is thus not simply a feel good provision; it is a founding value that permeates our total constitutional order and, indeed, distinguishes democratic government from autocracy. Openness and transparency is a safeguard against totalitarianism.

Admittedly, unbridled access to information could encroach upon other rights guaranteed in the Bill of Rights, especially the rights to dignity and privacy. However, the Promotion of Information Act already prohibits such an encroachment.


(. . .)

The question which consequently arises is whether such broad application is justifiable and reasonable?  Clearly, in order to meet this threshold, the policy informing the extent of the Bill’s application must be founded on sound constitutional principles. The first such principle is the promotion of accountability and openness, which requires enabling access to information wherever possible and restricting classification to that which is strictly necessary for the protection of state security.

The second guiding principle is the promotion of constitutional legality.  This principle of legality mandates legislation to be clear and unambiguous. It requires a clear understanding of what must be classified and specifically by which organ of state. The third principle is the promotion of good governance and just administrative action. The latter requires that the exercise of discretionary powers is clearly defined and circumscribed.

 To conclude: In its present form any organ will have the power to restrict access to information.  In so doing, the Bill facilitates a culture of opacity and its corollary, the abuse of power. It therefore has the effect of undermining the Constitution’s founding values of accountability and transparency. The over-broad reach as found in the Bill is neither reasonable nor justifiable, since it is not compatible with the requirement of an open and democratic society.

For the Bill to pass constitutional muster, its application will have to be severely narrowed so as to ensure only absolutely necessary inroads into the free-flow of information. This requires containing its application to security departments the duty of which it is to safeguard information that has a potential to impact on matters of intelligence and security. Other organs of state will still be able to withhold information they deem sensitive on the many grounds sanctioned in the Promotion of Access to Information Act. These include information which could cause prejudice to the defence of the Republic, the security of the Republic and international relations of the Republic or would endanger the safety of a person or building.

Protection of information which is constitutionally sound imposes a heavy responsibility on the Committee and it is hoped that this responsibility will not be shirked.


Vergeet vrees vir fundamentaliste?

Leopold Scholtz

Beeld 2011-03-01

Een van die grootste verrassings van die huidige reeks volksopstande in die Midde-Ooste is die byna totale afwesigheid van fundamentalistiese Moslems. Was die Weste verniet bang daarvoor? Leopold Scholtz soek na ’n antwoord. Hier volg uittreksels.

Meeste betogers se ideale is sekulêr-demokraties

Toe die huidige reeks volksopstande in die Midde-Ooste einde verlede jaar op gang kom, was talle Westerse regerings en politieke kommentators se haas instinktiewe reaksie vrees. Vrees dat fundamentalistiese Islamiste die opstande kan kaap, die lande waar die diktators verdryf is tot Moslem-teokrasieë kan omskep en terreur na die Weste uitvoer.

(. . .)
Toe die opstand in Tunisië uitbreek, was die afwesigheid van Moslem-fundamentaliste opvallend. Maar dit is verklaar deurdat Tunisië ’n baie sekulêre land is, diep beïnvloed deur die Westerse – en veral Franse – kultuur (hy was tot die 1950’s onder Franse heerskappy).

Die eintlike toets was in Egipte en tans in Libië. Maar, tot baie kommentators se absolute verrassing, speel fundamentaliste feitlik geen rol nie.

In Libië het kol. Moeammar Ghaddafi se swaar hand enige georganiseerde fundamentalisme gekeer, maar ondanks pres. Hosni Moebarak se outoritêre bewind was die Moslem-Broederskap in Egipte taamlik goed georganiseer.

En tog, toe die wêreld op TV deelgenoot van die gebeure op die Tahrir-plein in Kaïro en in ander stede was, was dié beweging net ’n skaduwee êrens op die agtergrond.

Onlangs het die TV-kanaal Al-Jazeera ’n fassinerende dokumentêr uitgesaai waarin die Egiptiese revolusie gerekonstrueer is. Dit blyk nou dat, ofskoon die Tunisiese opstand die vonk was, die kruitvat sorgvuldig voorberei is.

Die mense wat dit gedoen het, was die sogenaamde 6 April-beweging onder leiding van Ahmed Maher, ’n student wat die groep gestig het na aanleiding van ’n staking in Egipte op 6 April 2008. Met gebruikmaking van selfone, e-pos, Twitter, Facebook en YouTube is die klimaat vir ’n opstand stelselmatig voorberei.

En toe Tunisië uitbars, was die Egiptiese bedding vrugbaar. Moebarak het geen kans gehad nie.

Die 6 April-beweging word deur veral twee sake gekenmerk.

Eerstens is hy sekulêr.

Die mense soek geen Islamitiese teokrasie nie; hulle soek ’n liberale veelpartydemokrasie met ’n skeiding tussen moskee en staat en godsdiensvryheid, ook vir Christene. (Trouens, baie van hulle het in Desember sy aan sy met die Christene die Koptiese kerke landwyd beskerm teen die bedreiging van nog terreuraanslae ná die aanval op ’n kerk in Alexandrië.)

(. . .) Hulle soek vryheid en materiële vooruitsigte. Hulle het ’n hekel aan die fundamentaliste omdat dié hul vryheid sal inperk.

(. . .) Dit word bevestig deur ’n onlangse peiling van Tesev, ’n Turkse navorsingsinstituut, wat bevind het dat 75% van alle Arabiere die sekulêre Turkye sien as “’n suksesvolle voorbeeld van die naasbestaan van die Islam en die demokrasie”.

Die tweede kenmerk is die beweging se geweldloosheid. Ofskoon die Moebarak-regime beperkte geweld teen die opstandelinge gebruik het, is dit nie beantwoord nie.

Om die waarheid te sê, die betogers is goed opgelei in die moeilike kuns van geweldlose verset. Wanneer hulle bedreig is, het hulle soos een man gekniel en begin bid. Of hulle het die soldate en die polisiebeamptes wat hulle geslaan het omhels, gesoen en as “ons broers” aangespreek.

Dit het ’n groot rol gespeel om veral die weermag van geweld te weerhou.

In Libië, waar Ghaddafi nie terugdeins vir uiterste geweld teen die betogers nie, is sake natuurlik aansienlik moeiliker, veral omdat daar geen ekwivalent van die 6 April-beweging is nie. Maar in Bahrein, Jemen, Marokko en Oman, wat almal tans deur opstande geskud word, word die Egiptiese voorbeeld nougeset nagevolg.

Ook dáár is die opstandelinge se politieke ideale sekulêr-demokraties en hul metode geweldloos. Tot in Libië se bevryde gebiede gebeur iets soortgelyks.

Dit alles wil nie sê dat dinge tog nie skeef kan loop nie. In sowel Tunisië as Egipte is daar elemente van die ou regime wat maar alte graag soveel moontlik van die ou stelsel sal wil handhaaf en voortdurende waaksaamheid kort om die druk op hulle vol te hou.

Waaksaamheid kort ook om te keer dat die fundamentaliste die vakuum vul.

Maar soos sake nou staan, is die reeks opstande ’n yslike nederlaag vir Al-Kaïda en die breë fundamentalistiese rigting in die Islam.

Hierdie kommentator is aanvanklik ook aangesteek deur die algemene vrees in die Weste vir die fundamentaliste. Al is die oorwinning nog geen voldonge feit nie, begin dit stadigaan lyk of die vrees sonder gronde is.

Dit begin al hoe meer lyk of 2011 die Arabiese ekwivalent van die gebeure van 1989 in Sentraal- en Oos-Europa kan wees. En vir sowel die Arabiese streek as die hele wêreld kan dit – mits dit slaag – slegs positief wees.

Vrye Woord-kommentaar: Lees die tekens, ANC!

Die ANC kan vir seker nie bloot hulle dwase planne met die inligtingswet en mediatribunaal laat vaar nie; beloftes by die Polokwane-staatsgreep moet nagekom word. Hulle, en die land, sit boonop met ’n leier wat direk onder inligtingsopenbaring en mediablootstelling gely het. Sy manipulasie om uit sy dilemma te kom sal altyd ’n klad op sy naam wees.
Ons stryd teen die ANC se aanslag mag geen oomblik verslap word nie. Dit is dus verblydend dat De Havilland hierbo beklemtoon hoe sterk die Grondwet aan die kant van ons as beswaarmakers is. Mens wonder of die ANC se regsadviseurs en enkele denkers ook sulke dinge lees of besef.

Waaroor mens ook kan wonder, is of Zuma-hulle enige gevaartekens sien in dit wat bo in Afrika gebeur. Dit is gewone burgers wat sonder die hulp van fundamentaliste teen hulle onderdrukkende regerings in opstand gekom het, volgens Scholtz se oorskouing. Voordat ons na die strate gedryf word, kan ’n mens by die 6 April-beweging leer: geweldlose en selfs “vriendelike” dog goed-beplande en gedissiplineerde verset werk. Elke tweede betoger het ’n wapen in die hand en dit is nie ’n klip nie, maar ’n selfoon.
Elke hond kry sy dag en die ANC is moontlik veel nader as wat hy dink. Vrye Woord het deur WikiLignie onthul watter ooglopende korrupsie van miljarde by die instelling van ’n staatsuitgewery vir skole ter sprake is, maar geen haan het daarna gekraai nie. Dit sal ook nie gebeur nie. Die ANC verkeer in die salige waan dat hulle onaantasbaar is.

 

 

 

Terug na die nuusbrief-inhoudsopgawe | Back to newsletter index