Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > SeminaarKamer | Seminar Room > Nuusbrief: Vrye Woord

Die ANC se aanslag op skrif – 02/02/2011: Hoe die ANC bepaal wat leerlinge mag weet


Charles Malan - 2011-03-07

22.01.11

Hoe die ANC bepaal wat leerlinge mag weet

LitNet: Die boek in krisis

Charles Malan op LitNet

Die ANC se huidige bedreiging van spraakvryheid met wetgewing oor mediabeheer en inligtingbeperking is maar net die oortjies van ’n vet seekoei wat opvoeding betref. Die magsugtige regime is reeds besig om ’n ystergreep op die beheer van kennis en inligting vir toekomstige geslagte leerlinge te verkry.

Is dit vergesog dat skimagtige groepe in Luthuli-huis of waar ook al kan besluit wat kinders mag weet of leer? Kan hulle leerstof nie slegs sensureer nie, maar totaal oorneem? Kan hulle uitgewerye versmoor deur die opvoedkundige bedryf in te palm?

Die moontlikhede word erger. Kan hulle moedertaalonderrig van graad 1 af begin nek omdraai? Kan hulle ’n veelheid van stemme en perspektiewe tot ANC-speak verskraal? Kan hulle die geskiedenis verteken deur byvoorbeeld die Boererepublieke se hele vryheidstryd uit hul goedgekeurde geskiedenishandboeke weg te laat?

Dit is helaas geen versinsel nie, want dit gebeur reeds. Selfs die kritiese media het egter min om oor die groter prentjie te berig, waarskynlik omdat soveel belange ter sprake is en selfs die beleërde uitgewerye bang is om hulle posisie te benadeel.

In die skrywersdrukgroep Vrye Woord se poging om talle vorme van die ANC se aanslag op skrif bloot te lê het ons op ontstellende inligting oor hierdie “projek” van die ANC (hulle beskrywing) afgekom. Onder die individue wat die meeste gaan ly, tel naas leerlinge skrywers van allerlei aard – van fiksie sowel as opvoedkundige, historiese en ander tekste.

 

Die jongste skok vir belangegroepe is dat die nasionale Departement van Basiese Onderwys (DBO) pas begin het met die verspreiding van hul eie gratis pakkette leermateriaal aan leerlinge van graad 1-6.

Uitgewers wat miljoene rande bestee het aan die ontwikkeling van werkboeke, leesboeke en leesreekse word netjies uit dié mark gerangeer. Gaan daar enige haan na kraai? Sal dít uitgewers uit hul verstarring ruk terwyl hulle tans nie protesteer nie? En indien wel, wat sal dit hulle in hierdie (te) laat stadium baat?

Lees hier die volledige essay.

Die skrywer en letterkundige Charles Malan is die stigter-koördineerder van Vrye Woord en redakteur van hulle en WikiLigni se nuusbriewe; hy het ook sy eie klein uitgewery, Hermes.

 

Arabiese opstande, persvryheid, inligting via die internet en belange en beginsels

Herman Toerien

Die ou politiek-wetenskaplike spreekwoord lui dat ’n land geen vriende het nie, net belange. In hierdie opsig is Suid-Afrika se post-1994-regering dikwels ’n uitsondering, sodat ’n politieke leier al opgemerk het die eregaste by Suid-Afrika se aanbieding van die Sokker-wêreldbeker het soos ’n muishondgallery gelyk.

Soms kos die vestiging van belange ook ’n bietjie deeglike navorsing. Onlangs het die SABC groot gewag gemaak van Suid-Afrika se hoëvlakbesoek aan Tunisië en verskerpte bande. Kort daarna het die diktator-president die bevolking se skoen onder die sitvlak gekry.

Suid-Afrika neig ook om die Soedannese president, Omar al Bashir, teen vervolging deur die internasionale geregshof op aanklagte van volksmoord te beskerm. Die Christian Science Monitor, bekend vir sy gewoonlik hoogstaande joernalistiek,berig egter dat die onrus in Egipte na Soedan oorgeloop het, en dat die Soedannese regering met onluste te kampe het. Minstens een betoger is dood.

Dié keer is dit nie die suide wat in opstand is nie, dis die Arabiere self. In die suide, berig die CSM, vier die mense fees na dit bekend geword het 99% van die kiesers het ten gunste van afskeiding van die noorde gestem.

Vir die wêreld, en so ook Suid-Afrika, was vriendskap of minstens gesonde betrekkinge met die Moebarak-bewind in Egipte belangrik. Anders as baie Arabiese en Moslemstate het Egipte nie groot olierykdomme nie – of ten minste – groot olierykdomme is nog nie raakgeboor nie. Maar ongeveer die helfte van die wêreld se Arabiere is Egiptenare, en Egipte beheer die Seuz-kanaal. Die skerp styging in oliepryse sedert die Egiptiese onluste uitgebreek het toon hoe belangrik dit is. Oorspoelgeweld kan olieryke streke ook in gedrang bring.

Dit is moeilik om te bepaal hoe sterk enige Arabiese monarg of diktator nou staan. ’n Momentum het ontstaan, wat eintlik al ongesiens in lande soos Tsjad en Niger ontstaan het. Intussen smeul die vergete oorlog – dié van die Polisario en Marokko oor Wes-Sahara nog, en saam met Moslemradikalisme, speel faktore soos Berber-opstandigheid, kommunistiese radikalisme en doodgewone strewe na meer genormaliseerde demokrasie ’n allegaartjie wat nie meer maklik onder die knie gekry kan word nie.

’n Goeie leidraad dat ’n land sy mense onderdruk, en die potensiaal het om te ontplof, is om na die stand van persvryheid te kyk.  

Die Arabiese lande wat die beste op Verslaggewers Sonder Grense se persvryheidsindeks vaar, is die Verenigde Arabiese Emirate en Koeweit op ’n bedenklike 87ste plek. Jordanië is 120ste, gevolg deur ’n paar klein Golfstate, dan Egipte op 127ste, Irak 130ste, Algerië 133ste, Marokko 135ste, Saoedi-Arabië 157de, Libië 160ste, Tunisië 164de, Soedan 172de. Nog ’n Moslemstaat, maar nie ’n Arabiese staat nie, Eritrea, beklee met sy 178ste posisie die laaste plek. In die geheel is Moslemstate aan die onderste helfte van die persvryheidsindeks, met waarskynlik Albanië met sy 80ste posisie die Moslemstaat wat die beste vaar. Turkye, wat graag by die Europese Unie wil aansluit, beklee die 138ste posisie.

Hoe gebeur dit dan, dat terwyl inligting so ooglopend deur die owerheid gesmoor word, dit tog so gou by die publiek uitkom? Die antwoord is blykbaar die internet. Toe die onluste na Egipte begin oorloop, het die Egiptiese owerhede ook dadelik die internet geblok.

Vroeër, met die omtstrede presidentsverkiesing in Iran, was die owerhede minder suksesvol om die Iranse bevolking – en die buitewêreld, in die duister te hou. Twitter het ’n belangrike rol gespeel.

Die inligting loop, en die domino’s tuimel.

Die stand van persvryheid is egter nie al norm vir opstandigheid nie, anders sou ’n land soos Saoedi-Arabië ’n goeie kandidaat vir opstande wees. Soms is daar komplekse bindfaktore, soos historiese etniese inbinding en selfs onderdrukking wat bykans onaantasbaar geword het. Maar as die internet eers begin praat ...

 

SA Government makes huge profits from crime

 

This came in from the UK!    

Question:  "What is the influence of crime on the S.A. Govt?"
Answer:  Crime generates millions and millions of Rand's for the SA Government

Here are the facts ...

Example 1:

Take just one million home owners in Gauteng who pay for "armed crime reaction" (not crime prevention) where private security companies react AFTER the crime has taken place - no wonder they never make any arrests!

This service costs on average R250 p.m. Therefore 1,000,000 x R240.00 x 12 months x 14% VAT, generates R403 million in tax revenue for the SA Govt!

Example 2:

A car thief steals a R500,000 car and receives between R10,000 and R30,000 for his deed. The car owner is paid out by insurance and then purchases another similar vehicle, on which he pays 14% VAT of approx R70,000 as a direct result of crime. Who profited the most? The thief or the SA Govt?

We must begin with a mechanism whereby the SA Govt is forced to reconsider this unconstitutional and immoral practice of profiting from crime!

All South Africans should demand that all payments related to protection of life and property should be VAT free and Tax deductible!

This principle should also apply to replacement of stolen property as well as estate duty. If a person dies as a result of crime we should also demand that estate duty not be paid. How much do you think the SA Govt. has made out of estate duty from the murders of 1300 South African farmers?

The SA Govt likes to compare us to overseas. Well overseas your safety and security is covered by your income tax and is tax deductible!

It is time that South Africans stood together and made the Govt and public aware of the Govt's "income" from crime. In the meantime crime is the goose that lays the golden egg.

Is it also not unreasonable to expect victims of violence and hijackings to pay their own medical costs? The Govt. should pay for these expenses as well as family counselling for victims!

 

Terug na die nuusbrief-inhoudsopgawe | Back to newsletter index