Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans > Ongepubliseerde skrywers

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Hart van steen


Bruno FA Andries - 2011-03-07

Hart van steen

Heuningbye het heengegaan
treurwilge stort 'n traan
Moeder Natuur word verkrag,
sterf 'n bietjie elke dag

Kreef, renoster en selakant
luiperd, goud en diamant
Ons het die aarde slegs geleen
die mensdom het 'n hart van steen

Wat gaan jy eendag sê
as jou kinders vra
Wat op aarde het julle gedoen
met die ysbere en perlemoen?