Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > SeminaarKamer | Seminar Room > Afrikaans > Miniseminare

Dat die forum vérder gaan verklein, is erg kommerwekkend


Alida Potgieter - 2011-03-04

Ek wil ook graag my kommer uitspreek oor een nasionale boekeredakteur vir die Afrikaanse koerante: In my lang uitgewersloopbaan het ek gesien hoe die forum vir boekbesprekings deur die jare verklein: daar verskyn soveel minder indringende resensies van ’n Afrikaanse boek as ’n dekade of twee gelede. Dat die forum vérder gaan verklein, is vir my erg kommerwekkend. En dat ’n boek en skrywer se sukses dalk gaan afhang van één resensie in die onderskeie Afrikaanse koerante, dít vind ek baie onthutsend.

<< Terug na die “Een boekeredakteur”-miniseminaar <<