Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Ongepubliseerde digters

Fauvist-vlinders


Nic Steenekamp - 2011-03-03

Fauvist-vlinders

Fauvist-vlinders broei my wakker
en vlug weer dowwer terug in tyd.
Een bly en vergrys op my bed –

Die kleure rigor mortis
soos ’n wankanaal op TV;
die soepel skok in blokke
die gesuis stotter digitaal-
tydsaam voor my oë
vrek ’n era alleen.