Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Ongepubliseerde digters

Kompetisie: Einde


Renier Palland - 2011-03-03

Einde

Ek pluk die sonlig uit jou hare,
en jou arm spoeg is dor in my nek.

Jou verbleikte buik bars op my
En ek rook tik op jou bors.

Die ruite na jou mond is kaal en koud,
soos silwer in sneeu.

Jou blad weef tepels in die lakens,
En ek hang my lippe in jou ribbekas.

Jou koel hande kleef aan my ken,
Soos nat maanlig na ‘n storm.

Die omlope in my stem word genees,
sodra jou asem ontbind in my oor.
Vir altyd en altyd,
Sal ek my bitter in jou wil spuit.

Spyt is ek nou,
dat jy sal vrot in my doodsbedgeheue.







Klik hier vir die kompetisie-besonderhede