Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Ongepubliseerde digters

Kompetisie: sentimental friend


Izak van Rensburg - 2011-03-03

sentimental friend

speel vanaand ’n gekrapte kortspeelplaat,
afgemete teen vyf en veertig omwentelinge per minuut
sodat dit kan voel asof die tyd vinniger verbygaan.

lê en luister vanaand oor deurnagversoeke
of jy weer haar sagte asem in die golwe
teen die rotse kan hoor as die naald
deur jou sinne sny en die warm bloed
soetsappig oor jou wange rol.

verbeel jou die soel aand
is ’n skeertuig oor moerasse
in ’n vakuum waarin gedagtes
vashaak soos die ankers
van gebreekte skepe
aan ’n histeriese
verlede.






Klik hier vir die kompetisie-besonderhede