Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Ongepubliseerde digters

Kompetisie: Vesting van staalbrûe


Susan Grobler - 2011-03-03

Vesting van staalbrûe

Wag vir my in Pittsburgh
en dra ’seblief jou goue ketting
waarop ons bloudrukke geëts is.

Daar’s nog net ’n paar brûe
wat oorgesteek moet word na
die broodboom van ons verlede

waar lang verdrinkte winters
in oopgebreekte skulphelftes
soos ’n Raka op ons wag.

Luister hoe die wind begin roep
na herinneringe wat onverbiddelik
deur onstuimige waters beur.

Wag vir my, want spoedig
sal my vingers in die kromming
van jou hande verstrengel raak,

want in Pittsburgh word ‘n dieper dors
onder die staalbrûe
van Sint Brandaan geles …






Klik hier vir die kompetisie-besonderhede